# History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2019 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/cd85a881-a4d3-449a-9d05-3df4ec2df862
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/cd85a881-a4d3-449a-9d05-3df4ec2df862)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — Addendum · 2019 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

       GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                 VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                2019
                                10792

                          GESKIEDENIS

                           VRAESTEL 2

TYD:     3 uur

PUNTE:   150

10 bladsye + ŉ addendum van 14 bladsye

                                            b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                        GESKIEDENIS                                  2
                                        (Vraestel 2)                   10792/19

                    GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                             VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                                               GESKIEDENIS
                                                               (Vraestel 2)
                                                               TYD: 3 uur
                                                               PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe
     inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

      AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

      VRAAG 1:      BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

      VRAAG 2:      DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                    AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

      VRAAG 3:      DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ŉ NUWE WÊRELDORDE,
                    1989 TOT DIE HEDE

      AFDELING B: OPSTELVRAE

      VRAAG 4:      BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
                    DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

      VRAAG 5:      DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                    AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

      VRAAG 6:      DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE:
                    1989 TOT DIE HEDE

2.    AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig is om
      hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.

3.    AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.    Beantwoord DRIE vrae soos volg:

      4.1   Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ŉ
            opstelvraag wees.

      4.2   Die DERDE vraag kan όf ŉ brongebaseerde vraag όf ŉ opstelvraag wees.

                                                                                         b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                        GESKIEDENIS                                       3
                                        (Vraestel 2)                       10792/19

5.   Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.   In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas.

7.   Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik word.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                              b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                                     4
                                         (Vraestel 2)                       10792/19

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie.
Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
gevind word.

VRAAG 1:       HOE HET DIE FILOSOFIE VAN DIE SWARTBEWUSSYNSBEWEGING DIE
               SOWETO-OPSTANDE VAN 1976 BEïNVLOED?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1   Lees Bron 1A.

      1.1.1       Wat, volgens die bron, het met die leiers van die
                  bevrydingsbeweging in die laat 1960's gebeur?                (3 x 1) (3)

      1.1.2       Hoe, volgens die bron, het die Swartbewussynsbeweging swart
                  Suid-Afrikaners gedurende die 1970's gehelp?              (1 x 1) (1)

      1.1.3       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
                  redes waarom swart werkers in die 1970's geprotesteer het. (2 x 2) (4)

1.2   Verwys na Bron 1B.

      1.2.1       Defineer die konsep Swartbewussyn in jou eie woorde.         (1 x 2) (2)

      1.2.2       Waarom was dit, volgens jou, nodig dat die Swartbewussynsfilosofie
                  die onderdrukker se beleid van verdeel en oorheers teenstaan?
                                                                              (1 x 2) (2)

      1.2.3       Kies TWEE bewyse in die bron wat daarop dui dat die onderdrukker
                  swart Suid-Afrikaners opsetlik geestelik en sielkundig minderwaardig
                  laat voel het.                                                (2 x 1) (2)

      1.2.4       Lewer kommentaar op wat deur die frase 'die sielkundige revolusie'
                  in die konteks van die filosofie van Swartbewussyn geïmpliseer
                  word.
                                                                             (2 x 2) (4)

                                                                                             b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                                         5
                                         (Vraestel 2)                         10792/19

1.3   Gebruik Bron 1C.

      1.3.1       Hoe, volgens die bron, het die Swartbewussynsfilosofie jong swart
                  Suid-Afrikaners beïnvloed?                                    (3 x 1)      (3)

      1.3.2       Verduidelik hoekom jy dink Afrikaans as die taal van die
                  onderdrukker gesien is.                                          (2 x 2)   (4)

      1.3.3       Haal bewyse uit die bron aan wat suggereer dat baie studente by die
                  optog in Soweto aangesluit het.                              (1 x 1)       (1)

      1.3.4       Op watter manier, volgens die bron, het die studente op die polisie
                  gereageer?                                                     (2 x 1)     (2)

      1.3.5       Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in die bron
                  vir ŉ historikus wat die invloed van die filosofie van Swartbewussyn
                  op swart Suid-Afrikaners in die 1970's bestudeer.                (2 x 2)   (4)

1.4   Bestudeer Bron 1D.

      1.4.1       Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word.        (2 x 2)   (4)

      1.4.2       Lewer kommentaar op die betekenis van die studente se gebalde
                  vuiste in die bron.                                        (1 x 2)         (2)

1.5   Vergelyk Bronne 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse in
      Bron 1D ondersteun ten opsigte van die filosofie van Swartbewussyn.       (2 x 2)      (4)

1.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf
      van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin verduidelik word hoe die
      filosofie van die Swartbewussyn die Soweto-opstand van 1976 beïnvloed het.             (8)
                                                                                             [50]

                                                                                                 b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                                       6
                                         (Vraestel 2)                         10792/19

VRAAG 2:        HOE HET DIE WAARHEID- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE
                MOORD OP GRIFFITHS MXENGE HANTEER?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1   Verwys na Bron 2A.

      2.1.1      Hoe, volgens die bron, is Griffiths Mxenge vermoor?                (1 x 2) (2)

      2.1.2      Definieer die konsep van versoening in jou eie woorde.             (1 x 2) (2)

      2.1.3      Lys die DRIE mense in die bron wat aan die moord op Griffiths
                 Mxenge skuldig bevind is.                            (3 x 1) (3)

      2.1.4      Lewer kommentaar op hoekom jy dink Mxenge se moordenaars vir
                 amnestie aansoek gedoen het.
                                                                          (2 x 2) (4)

2.2   Bestudeer Bron 2B.

      2.2.1      Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat Coetzee Mxenge vermoor
                 het.                                                         (2 x 1) (2)

      2.2.2      Waarom, dink jy, het die Waarheid-en Versoeningskommissie aan Dirk
                 Coetzee, David Tshikalange en Almond Nofemela amnestie vir die
                 moord op Griffiths Mxenge toegestaan?                        (2 x 2) (4)

      2.2.3      Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ŉ historikus wat die
                 amnestieproses van die WVK ondersoek.                              (2 x 2) (4)

      2.2.4      Watter inligting in die bron vertel jou dat Coetzee, Nofemela en
                 Tshikalange nie vir Griffiths Mxenge geken het nie?                (1 x 2) (2)

                                                                                               b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                                         7
                                         (Vraestel 2)                         10792/19

2.3   Lees Bron 2C.

      2.3.1       Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word.
                                                                                (2 x 2) (4)

      2.3.2       Lewer kommentaar op hoekom jy dink die spotprenttekenaar
                  'TRUTH' (WAARHEID) en 'RECONCILIATION' (VERSOENING) met
                  ŉ gaping tussen hulle uitgebeeld het.                    (2 x 2)           (4)

2.4   Raadpleeg Bron 2D.

      2.4.1       Hoeveel steekwonde, volgens die bron, is op Mxenge se liggaam
                  gevind?                                                     (1 x 1) (1)

      2.4.2       Hoekom, dink jy, was die Mxenge-familie teen die amnestie-aansoek
                  van Coetzee, Nofemela en Tshikalange gekant?                 (2 x 2) (4)

      2.4.3       Hoe, volgens die bron, het die Mxenge-familie hul ontevredenheid oor
                  die toekenning van amnestie aan Griffiths Mxenge se moordenaars
                  getoon?                                                       (1 x 2) (2)

2.5   Vergelyk Bronne 2B en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die bewyse in
      Bron 2D ondersteun ten opsigte van die moord op Griffiths Mxenge.         (2 x 2) (4)

2.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf
      van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin verduidelik word hoe die
      Waarheid- en Versoeningskommissie die moord op Griffiths Mxenge hanteer het.           (8)
                                                                                             [50]

                                                                                                 b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                          GESKIEDENIS                                         8
                                          (Vraestel 2)                         10792/19

VRAAG 3:       WATTER IMPAK HET GLOBALISERING OP DIE KLERE- EN
               TEKSTIELBEDRYF IN SUID-AFRIKA IN DIE 21STE EEU GEHAD?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1   Lees Bron 3A.

      3.1.1   Definieer die term globalisering in jou eie woorde.                   (1 x 2)   (2)

      3.1.2   Noem TWEE faktore in die bron wat globalisering beïnvloed het.        (2 x 1)   (2)

      3.1.3   Wanneer, volgens die bron, het verskeie regerings besluit om ŉ vryemark
              ekonomiese stelsel aan te neem?                                    (2 x 1)      (2)

      3.1.4   Verduidelik in die konteks van globalisering wat deur die frase 'vryemark
              ekonomiese stelsel' geïmpliseer word.                                 (1 x 2)   (2)

      3.1.5   Waarom, volgens die bron, is globalisering as 'diep omstrede' beskou?
                                                                                 (1 x 2)      (2)

      3.1.6   Wat, volgens die bron, was die 'hoofdryfveer' van globalisering?      (1 x 1)   (1)

3.2   Bestudeer Bron 3B.

      3.2.1   Hoe het die Mededingingsprogram vir Klere en Tekstiel, volgens die bron,
              tot Suid-Afrika se tekstielbedryf bygedra?                          (2 x 1) (2)

      3.2.2   Identifiseer die handelsooreenkoms in die bron wat ontwikkeling van die
              tekstielbedryf in minder ontwikkelde lande bygestaan het.        (1 x 1) (1)

      3.2.3   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom die
              Departement van Handel en Nywerheid die Mededingingsprogram vir Klere
              en Tekstiel geskep het.                                                (2 x 2) (4)

      3.2.4   Lewer kommentaar op hoekom jy dink die tekstielbedryf uitdagings ervaar.
                                                                                 (1 x 2) (2)

      3.2.5   Gee die naam van die plan wat daarop gemik was om die
              vervaardigingsbedryf in Suid-Afrika te herleef.                        (1 x 1) (1)

3.3   Raadpleeg Bron 3C.

      3.3.1   Verduidelik die boodskap wat in die spotprent oorgedra word. Gebruik die
              visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun.        (1 x 2) (2)

      3.3.2   Lewer kommentaar op hoe China in die bron uitgebeeld word.            (2 x 2)   (4)

                                                                                                  b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                           GESKIEDENIS                                       9
                                           (Vraestel 2)                         10792/19

3.4   Vergelyk Bronne 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse in
      Bron 3C ondersteun ten opsigte van die uitdagings waarmee Suid-Afrika se
      tekstielbedryf gekonfronteer word.                                          (2 x 2) (4)

3.5   Verwys na 3D.

      3.5.1    Identifiseer die vakbond wat COSATU besluit het om te ondersteun. (1 x 1) (1)

      3.5.2    Verduidelik die impak wat die kwota-ooreenkoms op Suid-Afrika se
               tekstielbedryf in 1996 gehad het.                                (1 x 2) (2)

      3.5.3    Lewer kommentaar op hoe invoer uit China Suid-Afrika se tekstielbedryf
               geraak het.                                                       (2 x 2) (4)

      3.5.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoekom ŉ
               historikus hierdie bron nuttig sal vind wanneer COSATU se reaksie op die
               globalisering van Suid-Afrika se tekstielbedryf ondersoek word.        (2 x 2) (4)

3.6   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf van
      ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) wat die impak wat globalisering op die
      kleding- en tekstielbedryf in Suid-Afrika in die 21ste eeu gehad het, verduidelik.      (8)
                                                                                              [50]

                                                                                                 b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                           GESKIEDENIS                                        10
                                           (Vraestel 2)                        10792/19

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:         BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s:
                 SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

Sanksies en disinvesterings deur die Internasionale Anti-Apartheidsbeweging was die
mees effektiewe strategieë wat tot die uiteindelike einde van die apartheidsregering in die
1980's gelei het.

Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou argument met relevante bewyse.              [50]

VRAAG 5:         DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                 HANTERING VAN DIE VERLEDE

Die geboorte van ŉ demokratiese bedeling in Suid-Afrika was nie ŉ produk van oorlog
nie, maar ŉ produk van onderhandelinge.

Verduidelik tot watter mate die geweld wat in die 1990's in verskillende dele van Suid-
Afrika uitgebreek het, byna die geboorte van ŉ demokratiese land in 1994 ontspoor het.

Ondersteun u argument met relevante bewyse.                                                   [50]

VRAAG 6:         DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE:
                 GEBEURE VAN 1989

Die disintegrasie van die Sowjetunie in 1989 het politieke veranderinge in Suid-Afrika in
die 1990's versnel.

Bespreek hierdie stelling krities in die konteks van Gorbatsjof se hervormingsmaatreëls
en die impak daarvan op die politieke veranderinge wat in Suid-Afrika plaasgevind in die
1990's het.                                                                                   [50]

                                                                                 TOTAAL: 150

                                             EINDE

## Related documents

- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr
- [History P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-afr/6c023d25-b98b-4410-a87a-3b83e0ddc8b2) — History · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-preparatory-2017-question-paper/badeb23c-1096-472f-a56c-66498abe1e7b) — History · QP · 2017
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
