# Life Orientation Grade 12 Gauteng Mock 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Life Orientation question paper from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-orientation-x10-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/8293bcdb-1708-4f6a-8d90-7365cd6f6e64
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Orientation
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Orientation](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-orientation) › [Life Orientation Grade 12 Gauteng Mock 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-orientation-x10-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/8293bcdb-1708-4f6a-8d90-7365cd6f6e64)

## About this document

Life Orientation · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIORSERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                LEWENSORIËNTERING

                          ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK

                                  8 SEPTEMBER 2017

                                                                        PUNTE: 80

                                                                        TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n voorblad.

         3

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                                 2                             DBE/September 2017
                                   NSS – Algemene Assesseringstaak

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit drie afdelings, naamlik AFDELING A,
         AFDELING B en AFDELING C.

2.       Die vrae in AFDELING A en AFDELING B is VERPLIGTEND.

3.       Beantwoord enige TWEE vrae in AFDELING C.

4.       Lees AL die vrae aandagtig deur.

5.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

6.       Skryf netjies en leesbaar.

         LET WEL:

                   'n Voorblad verskyn agter op die vraestel.
                   Vul al jou besonderhede in op die spasies wat verskaf word.
                   Maak die voorblad los.
                   Kram jou los antwoordvelle aan hierdie voorblad vas.
                   Handig in by die toesighouer aan die einde van die eksamensessie.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                              3                                DBE/September 2017
                                 NSS – Algemene Assesseringstaak

AFDELING A (VERPLIGTEND)

Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

         1.1.1        'n Werkskontrak moet die volgende insluit:

                      A    Tipe werk, werksure en betaling
                      B    Betaling, werksure en gelykheid
                      C    Tipe werk, salarisonderhandelinge en verlof
                      D    Beëindiging, salarisonderhandelinge en gelykheid

         1.1.2        Kardiorespiratoriese fiksheid kan met die … gemeet word.

                      A    12-minute-hardlooptoets en sit-en-strektoets
                      B    hardloop-op-een-plek-toets en 12-minute-hardlooptoets
                      C    halwe opsitte en hardloop-op-een-plek-toets
                      D    skouerstrek en 12-minute-hardlooptoets

         1.1.3        'n Munisipaliteit kan munisipale regulasies vir ... hê.

                      A    nooddienste, straathandel en waterdienste
                      B    straathandel, padverkeer en nooddienste
                      C    waterdienste, landbou en padverkeer
                      D    landbou, behuising en straathandel

         1.1.4        Jou visie het 'n invloed op jou aksies en optrede. Dit sal ...
                      A    jou toegewyd maak om jou ouers se ambisies vir jou te bereik.
                      B    verseker dat jy slegs op 'n spesifieke loopbaankeuse fokus.
                      C    jou hard laat werk om sukses op alle gebiede van die lewe te
                           bereik.
                      D    slegs jou besluite rakende jou loopbaan beïnvloed.

         1.1.5        'n Persoon pleeg bedrog wanneer hy/sy ...

                      A    vir familie en vriende werksgeleenthede gee.
                      B    geld of gunste deur dwang of dreigemente bekom.
                      C    spesiale gunste aan mense gee wat dit nie verdien nie.
                      D    sy/haar werkgewer oor sy/haar kwalifikasies mislei.    (5 x 1)              (5)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                             4                          DBE/September 2017
                                NSS – Algemene Assesseringstaak

1.2      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         woord/term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK
         neer.

         1.2.1        Die studiestyl wat prente, kaarte en kleure gebruik om inligting te
                      organiseer                                                                 (1)

         1.2.2        'n Beplande reeks projekte, gebeurtenisse en aksies om
                      diskriminasiekwessies en menseregteskendings te beveg,
                      verander of bevorder                                                       (1)

         1.2.3        'n Tipe stressor wat ontstaan as gevolg van destruktiewe
                      verhoudings met ander                                                      (1)

         1.2.4        'n Ontspanningsaktiwiteit waarmee jy binne 'n spesifieke tyd jou
                      pad van punt tot punt in vreemde plekke vind                               (1)

         1.2.5        'n Regstellingsaksie wat poog om ongelyke toegang tot basiese
                      dienste te herstel                                                         (1)

1.3      Beantwoord die volgende vrae deur die antwoord langs die vraagnommer
         (1.3.1–1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK te skryf. Skryf jou antwoorde in
         volsinne.

         1.3.1        Bespreek kortliks enige funksie van die Kommissie vir Versoening,
                      Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA).                                          (2)

         1.3.2        Waarom is tydsbestuur 'n belangrike aspek wat by 'n studieplan
                      ingesluit moet word?                                                       (2)

         1.3.3        Onderskei tussen diskriminasie en xenofobie.                 (2 x 2)       (4)

         1.3.4        Behalwe geen betaling vir dienste gelewer nie, verduidelik 'n
                      nadeel van vrywillige werk as 'n manier om werkloosheid teë
                      te werk.                                                                   (2)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:             20

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                              5                               DBE/September 2017
                                 NSS – Algemene Assesseringstaak

AFDELING B (VERPLIGTEND)

Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling. Skryf jou antwoorde in volsinne.

VRAAG 2

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

               MIDDELMISBRUIK VERNIETIG SUID-AFRIKA SE JEUG

Middelmisbruik kan 'n wye verskeidenheid kort- en langtermyn, direkte en indirekte
effekte op 'n persoon se fisiese, geestelike en emosionele gesondheid hê. Hierdie
gesondheidseffekte kan ná slegs een keer se gebruik voorkom.

Studies toon dat al hoe meer jongmense in Suid-Afrika gesondheidsverwante
probleme weens middelmisbruik ervaar.

Een van die hooffaktore wat middelmisbruik onder jong mense kan beïnvloed, is die
beskikbaarheid van middels in ons gemeenskappe en die ondoeltreffendheid van
dwelmhandelwette.

[Aangepas uit www.fanews.co.za/healthcare, www.drugabuse.gov/nida. Toegang op 5 Mei 2017 verkry.]

2.1      Identifiseer 'n leefstylsiekte wat deur middelmisbruik veroorsaak word en
         verduidelik hoe dit tot swak gesondheid lei.                       (1 + 2)                    (3)

2.2      Bespreek EEN sielkundige faktor wat tot middelmisbruik kan lei.                 (1 x 2)       (2)

2.3      Noem 'n ingrypingstrategie vir jongmense en dui aan hoe dit hulle kan
         verhinder om middels te misbruik.                              (1 x 2)                        (2)

2.4      Evalueer hoe fisiese deelname aan sport die emosionele welstand van 'n
         rehabiliterende dwelmverslaafde positief kan beïnvloed.         (2 x 2)                       (4)

2.5      Stel TWEE maniere voor waarop gemeenskappe hulle griewe oor
         dwelmhandel op 'n wettige en verantwoordelike wyse kan oplos. (2 x 2)                         (4)
                                                                                                       [15]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                          6                             DBE/September 2017
                             NSS – Algemene Assesseringstaak

VRAAG 3

Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      'SELFGESENTREERDE' WERKSETIEK HOU JONG WERKNEMERS TERUG

Sommige deskundiges, wat spesialiseer in die oorbrugging van die gaping tussen die
verwagtinge van verskillende generasies, sê dit is nie dat jonger generasies geen
werksetiek het nie. Cam Marston sê hulle het 'selfgesentreerde werksetiek'.

Hy het dit gesê nadat 'n jong werker nie daarin kon slaag om sy verpligtinge na te kom
nie omdat hy meer oor sy persoonlike sake begaan was. 'Dit is net nie gerieflik nie.'
Dit was die presiese woorde wat 'n jong kontrakwerker gebruik het toe hy aan sy
werkgewer verduidelik het waarom hy nie 'n projek, wat die vorige dag voltooi moes
gewees het, klaargemaak het nie. Ter verdediging het die werker gesê: 'Dit was nie so
maklik soos wat ek gedink het dit sou wees nie. Ek het met die verloop van tyd 'n paar
probleme ondervind. Boonop is daar baie dinge wat aangaan. Ek het 'n lewe, jy weet.
Dit is my reg. My vakbond sal my beskerm.'

Die werkgewer het dit nie aanvaar nie. 'Ek gee nie om aan watter generasie jy behoort
nie, daar is iets soos werksetiek. Dit gaan nie daaroor of dit gerieflik is of nie.'

                                            [Aangepas uit Career Consultant deur Andrea Kay]

3.1      Noem EEN beginsel van werksetiek en verduidelik kortliks hoe die
         kontrakwerker in die scenario hierbo dit nie nagekom het nie. (1 + 2)                    (3)

3.2      Verwys na die werker se woorde: 'My vakbond sal my beskerm'. Verduidelik
         hoe die vakbond in hierdie geval tussenbeide kon tree.           (1 x 2)                 (2)

3.3      Beskryf EEN kommunikasievaardigheid wat belangrik is om 'n positiewe
         verhouding tussen 'n werkgewer en 'n werknemer te bou.       (1 x 2)                     (2)

3.4      Evalueer hoe die werkskontrak die belange en regte van die werkgewer in die
         scenario hierbo beskerm.                                            (2 x 2)              (4)

3.5      Gee die jong werker raad oor hoe hy die situasie anders kon hanteer het in
         plaas daarvan om verskonings aan te bied oor hoekom sy werk nie voltooi is
         nie.                                                               (2 x 2)               (4)
                                                                                                  [15]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                              7                             DBE/September 2017
                                 NSS – Algemene Assesseringstaak

AFDELING C

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

Jou antwoorde moet in die vorm van 'n KORT OPSTEL wees. Punte sal slegs
toegeken word vir antwoorde wat in volsinne geskryf is.

VRAAG 4

Lees die uittreksel hieronder.

              MUNISIPALITEIT TREE TEEN ONWETTIGE STORTING OP

Die Langeni-munisipaliteit het 'n onwettigestorting-bewustheidsprojek bekend gestel.
Hierdie projek volg nadat gemeenskapslede 'n hele klomp vullis in die strate en
markterreine gestort het.

Sommige ouers het aan die munisipaliteit gerapporteer dat hulle gesien het hoe hulle
kinders met vuil naalde, gebruikte verbande en medisynebottels, waarvan die inhoud
verval het, gespeel het. Dit is buite die gesondheidskliniek gestort.

                       [Aangepas uit www.thenewage.co.za. Toegang op 14 Februarie 2017 verkry.]

Skryf 'n kort opstel oor die gemeenskap se verantwoordelikheid om omgewings en
dienste daar te stel wat 'n veilige en gesonde leefwyse bevorder.

Gebruik die volgende as 'n riglyn:

•   DRIE moontlike faktore wat tot die probleem van afvalstorting, soos hierbo beskryf,
    kon gelei het
•   DRIE gevolge van afvalstorting vir die gemeenskap
•   DRIE strategieë wat die munisipaliteit kan gebruik om te verseker dat die
    onwettigestorting-bewustheidsprojek suksesvol is                                                 [15]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                                8                                  DBE/September 2017
                                   NSS – Algemene Assesseringstaak

VRAAG 5

Lees die uittreksel hieronder.

                BESTUUR EN TEKSBOODSKAPPE STUUR ('TEXTING')

Die Nasionale Hoofweg- Verkeersveiligheidsadministrasie sê dat selfoongebruik
tydens bestuur jaarliks tot 1,6 miljoen ongelukke lei.

*'Texting' of die maak van selfoonoproepe terwyl daar bestuur word, is by verre die
gevaarlikste aktiwiteit wat noodlottige/dodelike ongelukke onder tienerbestuurders
veroorsaak. 'n Gemiddeld van 11 tieners sterf elke dag op Suid-Afrikaanse paaie as
gevolg van hierdie sosiale faktor.

       [Aangepas uit Driver Electronic Device Use. Traffic Safety Facts: National Highway Traffic Safety
                                                Administration. Toegang op 12 Februarie 2017 verkry.]

*'Texting' beteken om 'n teksboodskap met 'n selfoon te stuur.

Skryf 'n kort opstel oor menslike faktore wat tot ongelukke lei.

Gebruik die volgende as 'n riglyn:

•   Definisie van die term sosiale faktor en verduidelik hoekom die stuur van
    teksboodskappe ('texting') terwyl jy bestuur, geklassifiseer kan word as 'n sosiale
    faktor wat ongelukke veroorsaak
•   DRIE redes hoekom tieners aanhou om hulle selfone te gebruik terwyl hulle
    bestuur, ten spyte van die risiko wat dit inhou
•   DRIE praktiese maniere om tienerbestuurders van die gevare van die stuur van
    teksboodskappe ('texting') terwyl hulle bestuur, bewus te maak                                           [15]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                               9                               DBE/September 2017
                                 NSS – Algemene Assesseringstaak

VRAAG 6

Lees die uittreksel hieronder.

                     VRYHEID VAN UITDRUKKING EN DIE MEDIA

Alhoewel die Muilbandwet (Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting)
nasionale veiligheid beskerm, kan dit ons vryheid van uitdrukking beperk.
Fluitjieblasers en ondersoekende joernaliste kan soos misdadigers hanteer word
omdat hulle hulle werk doen. Oral in die wêreld, selfs in lande wat as van die mees
demokratiese lande beskou word, word nasionale veiligheid as 'n verskoning gebruik
om inligting wat van uiterste belang vir die publiek is, geheim te hou.
       [Aangepas uit Challenges To Media Freedom in South Africa. Toegang op 22 April 2017 verkry.]

Skryf 'n kort opstel oor die rol en verantwoordelikheid van die media in 'n demokratiese
samelewing.

Gebruik die volgende as 'n riglyn:

•   DRIE grondwetlike beperkings op die reg tot vryheid van uitdrukking
•   DRIE rolle van die media en bespreek die negatiewe uitwerking van die beperking
    van ELK van hierdie rolle in 'n demokratiese samelewing
•   DRIE verantwoordelike stappe wat die media kan neem om burgers te betrek om
    die media se reg tot vryheid van uitdrukking te beskerm                                           [15]

                                                                       TOTAAL AFDELING C:             30
                                                                           GROOTTOTAAL:               80

Kopiereg voorbehou

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

LET WEL:

     'n Voorblad verskyn agter op die vraestel.
     Vul al jou besonderhede in op die spasies wat verskaf word.
     Maak die voorblad los.
     Kram jou los antwoordvelle aan hierdie voorblad vas.
     Handig in by die toesighouer aan die einde van die eksamensessie.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com     September 2017

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
                                                                                                                                                                                                                   NSC Answer Book
                                                                                                                                                                                                                  NSS Antwoordeboek

                                                                                                                                                                                                    National Senior Certificate/Nasionale Senior Sertifikaat (Grade 12/Graad 12)

                                                                                                                                                                                                   CENTRE NUMBER
                                                                                                                                                                                                   SENTRUMNOMMER                                                                                            Sequence no. on marksheet:
                                                                                                                                                                                                                                                                                                             Volgnommer op puntestaat:

                                                                                                                                                                                                   LEARNER'S NAME
                                                                                                                                                                                                   LEERDER SE NAAM

                                                                                                                                                                                                   EXAMINATION NUMBER
                                                                                                                                                                                                   EKSAMENNOMMER

                                                                                                                                                                                                   DATE                                                                          BOOK NUMBER          OF            BOOKS
                                                                                                                                                                                                   DATUM                            8 September 2017                             BOEKNOMMER           VAN           BOEKE

                                                                                                                                                                                                   SUBJECT CODE
                                                                                                                                                                                                   VAKKODE

                                                                                                                                                                                                                                                                           MODERATOR’S INITIALS IN
                                                                                                                                                                                                                                              MARKER
                                                                                                                                                                                                                                                                              RELEVANT BLOCK
                                                                                                                                                                                                                                                        Marker's Code
                                                                                                                                                                                                                                 Question      Marks                     Marks      SM    DCM    CM
                                                                                                                                                                                                                                                          & Initials

                                                                                                                                                                                                                                    1

                                                                                                                                                                                                                                    2

                                                                                                                                                                                                                                    3

                                                                                                                                                                                                                                    4

                                                                                                                                                                                                                                    5

                                                                                                                                                                                                                                    6

                                                                                                                                                                                                                                                           TOTAL

                                                                                                                                                                                                                        Staple all loose answer sheets to the back of this cover page./
                                                                                                                                                                                                                     Kram alle los antwoordblaaie aan die agterkant van hierdie voorblad.

                                                                                                                                                                                                   CONTROLLED AND CERTIFIED CORRECT
                                                                                                                                                                                                   (SURNAME AND INITIALS OF MARKER)

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                            September 2017

       MULTIPLE-CHOICE ANSWERS / MEERVOUDIGEKEUSE-ANTWOORDE

CENTRE NUMBER
SENTRUMNOMMER

EXAMINATION NUMBER
EKSAMENNOMMER

QUESTION/VRAAG:                 1.1

                      Subquestion no.          Indicate your choice with an ‘X’
                        Subvraagnr.              Dui jou keuse aan met ‘n ‘X’

                         1.1.1          A            B              C             D

                         1.1.2          A            B              C             D

                         1.1.3          A            B              C             D

                         1.1.4          A            B              C             D

                         1.1.5          A            B              C             D

                         1.1.6          A            B              C             D

                         1.1.7          A            B              C             D

                         1.1.8          A            B              C             D

                         1.1.9          A            B              C             D

                        1.1.10          A            B              C             D

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Orientation (Afrikaans) 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-orientation-afrikaans-2019-preparatory-examination-question-paper/01f25f0e-98d4-4c22-8f6c-6d4e56a46820) — Life Orientation · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Orientation (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-orientation-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/8aebc5a4-b1bd-45aa-996a-694038bb618d) — Life Orientation · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Orientation (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-orientation-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/9204025c-2d0f-433b-8653-bcedbacbe345) — Life Orientation · QP · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Orientation X10 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-orientation-x10-preparatory-2017-question-paper/ca489661-f6c7-4e44-88e9-69ea4416e4ae) — Life Orientation · QP · 2017
- [Grade 12 NSC Life Orientation (Afrikaans) 2019 Preparatory Examination Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-orientation-afrikaans-2019-preparatory-examination-answer-book/851567c2-e990-4563-9c2e-4e3620fc28c7) — Life Orientation · Addendum · 2019 · Afr
- [2024 LO CAT Last Push Strategy 2024](https://www.hlayiso.com/library/2024-lo-cat-last-push-strategy-2024/30aeecd3-3c95-441b-b0e6-7d23261b60fe) — Life Orientation · QP · 2024

## More from Grade 12 Life Orientation

- [Gr 12 Teacher s Guide (moderated)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-teacher-s-guide-moderated/edfad90f-26e9-4c9a-8675-fb4b70efa861) — Guide
- [Gr 12 LO ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-lo-atp-2023-24/589ac481-b8bd-47bf-8f5f-622e6c43559a) — ATP
- [Life Orientation Survival Kit](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-survival-kit/d44546d3-bbeb-4310-83d2-878410571d70) — Guide
- [Life Orientation September 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-2025-nsc-november-exam-memorandum/3eb9235f-a07f-4bed-bb32-8316c569d9a4) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Orientation September 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-2025-nsc-november-exam-memorandum/b8c3fc57-e7ff-493a-ba1a-3786633b3d49) — Memo · 2025 · Eng
- [GDE Grade 12 Revision Pack - Life Orientation 12 June 2024](https://www.hlayiso.com/library/gde-grade-12-revision-pack-life-orientation-12-june-2024/a681cba3-646a-452f-9964-21940371ede6) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
