# Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p1-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/1f7d5bd6-0163-4f04-9d2d-79be7d995304
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p1-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/1f7d5bd6-0163-4f04-9d2d-79be7d995304)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                      VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                               2017
                               10831
                        LEWENSWETENSKAPPE
                         EERSTE VRAESTEL

TYD:       2½ uur

PUNTE:     150

16 bladsye

       M

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                             2
                                         (Eerste Vraestel)                  10831/17

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                               VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                               LEWENSWETENSKAPPE
                                                               (Eerste Vraestel)

                                                               TYD: 2½ uur

                                                               PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.      Beantwoord AL die vrae.

2.      Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK neer.

3.      Begin die antwoorde vir ELKE vraag bo-aan ŉ NUWE bladsy.

4.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

5.      Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.      Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.

7.      Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.      Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
        NIE.

9.      Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.     Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.

11.     Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                           b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                             LEWENSWETENSKAPPE                                 3
                                             (Eerste Vraestel)                      10831/17

AFDELING A
VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
      die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
      (1.1.1 – 1.1.7) in die ANTWOORDBOEK neer.

      1.1.1   Die voortplantingstrategie waar die uitbroei van ŉ bevrugte eier binne die
              liggaam van ŉ vroulike dier, sodat die kleintjies “lewendig” gebore word,
              word ... genoem.

              A   uitwendige bevrugting
              B   ovipaar
              C   ovovivipaar
              D   vivipaar

      1.1.2   Een van die funksies van die amnion is om ...

              A   te dien as ŉ reserwe voedselbron.
              B   oorsprong te gee aan die plasenta.
              C   te verhoed dat die ontwikkelende fetus rondbeweeg.
              D   die vloeistof wat die embrio beskerm teen besering, te omsluit.

      1.1.3   Watter van die volgende pare liggaamsfunksies is gewoonlik ŉ
              onwillekeurige aksie, maar kan ook beheer word deur willekeurige aksies
              vir ŉ kort tydperk?

              A   Hartklop en bloeddruk
              B   Knip van die oog en asemhalingsmeganisme
              C   Sametrekking van die skeletspiere en pupilgrootte
              D   Beheer van liggaamstemperatuur en bewe

      1.1.4   Die funksie van die pinna is om ...

              A   die klankgolf te versterk.
              B   die timpaniese membraan klam te hou.
              C   klankgolwe na die timpaniese membraan te lei.
              D   klankgolwe in meganiese vibrasies te verander.

      1.1.5   Watter van die volgende is funksies van adrenalien?

              A   Beïnvloed die pupilgrootte en beheer die hoeveelheid water wat verlore
                  raak deur die niere
              B   Verhoog die bloedglukosevlakke en bloeddruk
              C   Afname in metaboliese tempo en bloedglukosevlakke
              D   Affekteer groei en toename in spiertonus

                                                                                                   b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                            LEWENSWETENSKAPPE                                 4
                                            (Eerste Vraestel)                   10831/17

      1.1.6   Eutrifikasie in damme word veroorsaak deur...

              A   oortollige nitrate en fosfate van riviere.
              B   ŉ toename in die hoeveelheid vis spesies in die dam.
              C   warm water wat in riviere vrygestel word.
              D   die vermindering in beskikbaarheid van water toevoer van riviere.

      1.1.7   Die korrekte wyse waarop kernafval verwyder moet word is om dit ...

              A   diep onder die grond in verseëlde houers te begrawe.
              B   in stortingsterreine te stort.
              C   in groot verbrandingsoonde te verbrand.
              D   in die see te stort.
                                                                                      (7x2)   (14)

1.2   TERMINOLOGIE

      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
      die term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.9) in die ANTWOORDBOEK neer.

      1.2.1   ŉ Plantgroeistof wat se hoofeffek op plante is om die ontkieming van sade
              te stimuleer

      1.2.2   Buis wat ovariums aan die uterus verbind in vrouens

      1.2.3   Die tydperk van bevrugting tot geboorte

      1.2.4   Die deel wat die fetus aan die plasenta heg

      1.2.5   Die plek waar jong onvolwasse spermselle tydelik gestoor word tot hulle
              volwassenheid bereik het

      1.2.6   Die hormoon wat die konsentrasie water in die bloed beheer

      1.2.7   Die hormoon wat die hoeveelheid sout in die bloed reguleer

      1.2.8   Term wat gebruik word vir ŉ menslike baba in die eerste sewe weke van
              bevrugting

      1.2.9   Die proses waar die blastosist in die endometrium anker en vasheg
                                                                                      (9x1)   (9)

                                                                                                  b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                         5
                                         (Eerste Vraestel)              10831/17

1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
      SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
      slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
      (1.3.1 – 1.3.4) in die ANTWOORDBOEK neer.

                     KOLOM I                                KOLOM II
      1.3.1   Uitgebroeides kan beweeg       A.   Vroegselfstandig
              direk na geboorte              B.   Altrisiële
      1.3.2   Hipertiroïdisme                A.   Onderafskeiding van ADH
                                             B.   Toename in metaboliese tempo
      1.3.3   Die menslike testis word       A.   Skrotum
              beskerm hierdeur               B.   Prostaatklier
      1.3.4   Die voordeel van die           A.   Verskaf voeding
              amniotiese eier                B.   Beskerm teen dehidrasie
                                                                           (4x2)   (8)

                                                                                       b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE                               6
                                          (Eerste Vraestel)                    10831/17

1.4   Bestudeer die onderstaande diagramme en beantwoord daaropvolgende vrae.

                                                                         C
                        B

                                                                         D

                                                                         E

       A                                                                 F

                                                                         G
                    Struktuur van ŉ deel van die menslike oor en ŉ
                    deel van die mens se sentrale senuweestelsel

      1.4.1   Skryf die LETTER neer van die deel van die brein / oor wat ...

              (a)      asemhaling beheer.                                                 (1)
              (b)      lugdruk tussen die uitwendige en inwendige oor balanseer.          (1)

      1.4.2   Gee EEN funksie van die byskrif ...

              (a)      B.                                                                 (1)
              (b)      C.                                                                 (1)

      1.4.3   (a)      Noem die endokrieneklier wat gevind word by die basis van die      (1)
                       brein, byskrif G.

              (b)      Noem die hormoon wat dié endokrieneklier afskei, genoem in
                       VRAAG 1.4.3. (a), wat die leë Graafse follikel in ŉ geel massa
                       weefsel laat verander.                                             (1)
                                                                                          (6)

                                                                                              b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                           7
                                         (Eerste Vraestel)                10831/17

1.5   Die onderstaande diagramme stel twee verskillende fases van meiose in
      dieselfde sel voor.

                                     A                                    B

                                            C

                    Diagram 1                                 Diagram 2

      1.5.1   Voorsien die name van die dele met byskrifte:

              (a)   A                                                                (1)
              (b)   B                                                                (1)
              (c)   C                                                                (1)

      1.5.2   Identifiseer die fase wat voorgestel word in:

              (a)   Diagram 1                                                        (1)
              (b)   Diagram 2                                                        (1)

      1.5.3   Gee die getal chromosome in die oorspronklike moedersel.               (1)

      1.5.4   Benoem die proses in profase 1 wat verantwoordelik is vir die
              voorkoms van die chromosome wat in Diagram 1 geïllustreer word.        (1)

      1.5.5   Hoeveel chromosome sal in elke sel voorkom aan die einde van dié
              seldeling wat in Diagram 1 getoon word?                                (1)

      1.5.6   Watter fase het voor die fase wat in Diagram 2 geïllustreer word,
              plaasgevind?                                                           (1)

      1.5.7   Gee TWEE maniere, behalwe vir genetiese variasie, waarom meiose
              belangrik is.                                                          (2)

      1.5.8   Noem EEN plek waar meiose plaasvind in ...

              (a)   vrouens.                                                         (1)
              (b)   mans.                                                            (1)
                                                                                     (13)

                                                              TOTAAL AFDELING A:     50
                                                                                         b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                            LEWENSWETENSKAPPE                              8
                                                            (Eerste Vraestel)                 10831/17

AFDELING B
VRAAG 2

2.1             Die onderstaande grafiek toon die konsentrasie van estrogeen, progesteroon,
                FSH en LH in die bloed van ŉ volwasse vrou in ŉ 28 dae siklus.

                   Die hormoonvlakke van ŉ volwasse vrou in ŉ 28 dae siklus

                                                                               Progesteroon

Hormoonvlakke
                            Estrogeen

                            Level
                                             LH

                                                                   FSH

                        2       4    6   8        10   12   14    16   18   20 22   24   26 28

                                                            Dae

                2.1.1       Op watter dag vind ovulasie plaas volgens die grafiek?                       (1)

                2.1.2       Gee EEN sigbare rede vanaf die grafiek vir jou antwoord in VRAAG
                            2.1.1.                                                                       (2)

                2.1.3       Wat het die toename in estrogeenvlakke veroorsaak, soos getoon in
                            die grafiek van dag 8 tot 14?                                                (2)

                2.1.4       Wat is die funksie van estrogeen in die uterus van dag 8 tot 14 van
                            dié siklus?                                                                  (2)

                2.1.5       (a) Het bevrugting gedurende dié 28-dag siklus soos in die grafiek
                                geïllustreer, plaasgevind?                                               (1)

                            (b) Gee EEN verduideliking vir jou antwoord in VRAAG 2.1.5 (a)               (2)
                                                                                                         (10)

                                                                                                                b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                              9
                                         (Eerste Vraestel)                 10831/17

2.2   Bestudeer die onderstaande diagram van ŉ menslike spermsel.

                                C                        Nukleus

                                B

                                A

      2.2.1 Gee ŉ funksie van die ensieme wat voorkom in die struktuur wat deel
            C omsluit.                                                                (1)

      2.2.2 Verskaf ŉ naam vir byskrif A.                                             (1)

      2.2.3 Verduidelik hoe die struktuur A, aangepas is vir sy funksie.              (2)

      2.2.4 Gee die naam en funksie van die organel wat in deel B gevind word.        (2)

      2.2.5 Hoe verseker die manlike liggaam dat die spermselle nie vernietig
            word deur suur uriene wat deur die uretra vervoer word nie?               (2)

      2.2.6 Watter temperatuur is die gunstigste vir die produksie van sperm?
                                                                                      (1)
                                                                                      (9)

                                                                                            b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                               10
                                        (Eerste Vraestel)                  10831/17

2.3   Die onderstaande tabel toon die hoeveelheid vaste-afval wat deur ŉ dorp
      gegenereer is oor ŉ tydperk van 6 jaar. Bestudeer die onderstaande tabel en
      beantwoord die vrae wat volg.

                         Jaar          Totale Vaste-afval (ton)
                         1999                     255
                         2000                     276
                         2001                     300
                         2002                     330
                         2003                     388
                         2004                     428

      2.3.1   Teken ŉ lyngrafiek om die data in die bogenoemde tabel voor te stel.    (6)

      2.3.2   Wat is die verskil in die hoeveelheid afval wat gegenereer is in die
              dorp tussen 2001 en 2003? Toon alle berekeninge.                        (3)

      2.3.3   Noem TWEE strategieë wat die dorp kan implementeer om die
              toename in vaste afvalstowwe te bestuur en verduidelik hul impak
              op die omgewing.                                                        (4)
                                                                                      (13)

2.4   2.4.1   Verduidelik hoe ŉ oortollige koolstofdioksiedkonsentrasie in die
              atmosfeer kan lei tot klimaatsverandering.                              (3)

      2.4.2   Beskryf hoe akwatiese indringerplante beide die beskikbaarheid van
              water en die watergehalte kan verminder.                                (5)
                                                                                      (8)

                                                                                      (40)

                                                                                            b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                               11
                                        (Eerste Vraestel)                   10831/17

VRAAG 3

3.1   Bestudeer die onderstaande diagram van die oog.

                  A
                                                                            J

                  B                                                         I
                                                                            H
                  C
                                                                            G
                  D
                                                                            F
                  E

      3.1.1 Skryf die LETTER en die NAAM van die deel waar die duidelikste
            beeld gevorm word.                                                   (2)

      3.1.2 Noem die dele in die korrekte volgorde waardeur lig beweeg om
            struktuur H te bereik. (Noem die letter van die diagram en die
            naam van elke struktuur in jou antwoord.)                            (3)

      3.1.3 Beskryf die veranderinge wat plaasvind in strukture E, G en J
            wanneer dit fokus op ŉ voël wat in die verte in vlieg.               (7)
                                                                                 (12)

3.2   3.2.1 Definieer ŉ negatiewe terugvoermeganisme.                            (2)

      3.2.2 Beskryf hoe die menslike liggaam tiroksienkonsentrasie in die
            bloed kan herstel, wanneer dit bo normale vlakke styg.               (5)
                                                                                 (7)

                                                                                         b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                                   12
                                        (Eerste Vraestel)                      10831/17

3.3   Die onderstaande skets is ŉ diagramatiese voorstelling van die vel. Dit toon ŉ
      dwarsnit deur die bloedvate onder verskillende omgewingstoestande.

                                    veloppervlak

              bloedvate                                     bloedvate

      3.3.1   Wat sal die omgewingstoestande wees soos in B geïllustreer?                 (1)

      3.3.2   Beskryf die proses wat plaasvind         in    A   om     ŉ   konstante
              liggaamstemperatuur te handhaaf.                                            (3)
                                                                                          (4)

                                                                                                b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                            LEWENSWETENSKAPPE                               13
                                                                            (Eerste Vraestel)                    10831/17

3.4                                   Die onderstaande grafiek wys die effek van glukosekonsentrasie op
                                      insulienproduksie, voor en na ŉ maaltyd, gemeet vir ŉ gesonde persoon oor
                                      ŉ tydperk van 2½ uur.

                                                           Effek van glukose verbruik op die
                                                          insulienkonsentrasie oor ŉ tydperk
                                     100

      Konsentrasie van glukose/ insulien
                                           90

                                           80

                                           70

                                           60

                                           50

          in bloed (mg per 100ml)
                                           40

                                           30

                                           20

                                           10

                                            0
                                                07:00 07:15 07:30 07:45 08:00 08:15 08:30 08:45 09:00 09:15 09:30

                                                                      Glukose
                                                                       Glukose            Insulin
                                                                                           Insulien

                                      3.4.1        Gedurende watter tydperk was die persoon se bloedglukosevlakke
                                                   konstant?                                                                 (1)

                                      3.4.2        Wat sal die glukosevlakke in die bloed wees, teen 09:00?                  (1)

                                      3.4.3        Verduidelik die effek van insulien na ontbyt wat teen 08:00 geëet is.     (4)

                                      3.4.4        Beskryf die verwagte veranderinge in insulienvlakke, indien die
                                                   persoon ŉ diabeet is en nie behandeling ontvang nie.                      (1)
                                                                                                                             (7)

                                                                                                                             b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                              14
                                         (Eerste Vraestel)                  10831/17

3.5   Graad 12 leerders het ŉ ondersoek gedoen om vas te stel wat die effek van
      swaartekrag op die groeirigting van jong wortels (kiemworteltjies) van jong
      saailinge is. Die ondersoek is volgens die onderstaande metode opgestel.

      •       Ses ontkiemende saailinge is op die roterende skyf van die klinostaat
              geplaas, soos getoon in diagram A.
      •       Hulle het die saailinge op die klinostaat met ŉ wye-mond glasbeker (A)
              bedek.
      •       Hulle het ses ontkiemende saailinge op die kurkskyf geplaas, soos getoon in
              diagram B.
      •       Hulle het die kurkskyf op sy kant neergesit en toegemaak met ŉ wye-mond
              glasbeker (B).
      •       Die saailinge in B was nie geroteer nie.
      •       Hulle het die klinostaat in A aangeskakel, sodat die saailinge aanhoudend
              kan draai.
      •       Hulle het die saailinge vir twee dae gelos.

      3.5.1      Identifiseer die:

                 (a)    Onafhanklike veranderlike                                           (1)
                 (b)    Afhanklike veranderlike                                             (1)

      3.5.2      Noem TWEE maniere hoe die leerders kan verseker dat die ondersoek
                 geldig is, anders as wat alreeds in die ondersoek aangedui word.           (2)

      3.5.3      Noem EEN manier hoe die leerders die betroubaarheid van die
                 ondersoek kan verhoog.                                                     (1)

                                                                                            b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                LEWENSWETENSKAPPE                              15
                                (Eerste Vraestel)                   10831/17

3.5.4   Hoekom het die leerders die draaiende klinostaat in diagram A
        opgestel?                                                               (2)

3.5.5   Wat kan waargeneem word ten opsigte van die groei van die
        kiemworteltjies in diagram B?                                           (2)

3.5.6   Stel ŉ gevolgtrekking voor wat gebasseer is op die waarnemings in
        VRAAG 3.5.5.                                                            (1)
                                                                                (10)

                                                                                (40)

                                                     TOTAAL AFDELING B:         80

                                                                                b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                               16
                                        (Eerste Vraestel)                  10831/17

AFDELING C
VRAAG 4

OPSTELVRAAG

ŉ Persoon loop kaalvoet en trap in ŉ doring met sy linkervoet. Hy het onmiddelik sy
linkervoet teruggetrek en hy balanseer homself op sy regtervoet. Beskryf die refleks-
aksie wat plaasvind en ook hoe die persoon sy balans en liggaamsposisie kon
handhaaf.

                                                                             Inhoud:     (17)
                                                                             Sintese:    (3)
                                                                                         (20)

       LET WEL:      Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
                     vloeidiagramme of diagramme nie.

                                                             TOTAAL AFDELING C:          20

                                                                           TOTAAL:       150

                                          EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Science P1 (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p1-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-possible-answers/846bf94c-4e3c-4745-a5fe-37416d2bc053) — Life Sciences · Memo · 2015 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
