# Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2018 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p1-afrikaans-preparatory-2018-question-paper/a6e97342-4069-4f43-b11f-2c03805ba0c4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p1-afrikaans-preparatory-2018-question-paper/a6e97342-4069-4f43-b11f-2c03805ba0c4)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 12 NSC Life Science P1 (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p1-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                    VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                             2018
                             10831
                      LEWENSWETENSKAPPE
                          VRAESTEL 1

TYD:     2½ uur

PUNTE:   150

22 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                             2
                                         (Vraestel 1)                       10831/18

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                               VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                               LEWENSWETENSKAPPE
                                                               (Vraestel 1)

                                                               TYD: 2½ uur

                                                               PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.      Beantwoord AL die vrae.

2.      Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK neer.

3.      Begin die antwoord vir ELKE vraag bo-aan ŉ NUWE bladsy.

4.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

5.      Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.      Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.

7.      Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.      Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
        NIE.

9.      Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.     Jy MOET ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
        waar benodig.

11.     Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                           b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                             LEWENSWETENSKAPPE                               3
                                             (Vraestel 1)                       10831/18

AFDELING A
VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
      die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
      (1.1.1 – 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

      1.1.1   Watter reaksies sal plaasvind wanneer ŉ persoon bang is,?

              A    Adrenalien word vrygestel, hartklop neem toe, oë se pupille vergroot.
              B    Adrenalien word vrygestel, bloedglukose neem toe, urienproduksie
                   neem toe.
              C    Insulien word vrygestel, asemhalingstempo neem toe, peristalse stop.
              D    Insulien word vrygestel, oog se pupille vergroot, speeksel word nie
                   meer afgeskei nie.

      1.1.2   Die diagramme toon ŉ enkel paar homoloë chromosome in verskeie fases
              van meiose I en II.

                      1.                         2.                  3.              4.

                  Watter van die volgende kombinasies is die korrekte volgorde vir meiose?

                  A    3,4,1,2
                  B    4,3,1,2
                  C    2,3,4,1
                  D    4,3,2,1

                                                                                                 b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                                4
                                       (Vraestel 1)                         10831/18

1.1.3    Die onderstaande diagram toon die menstruele siklus van ŉ vrou
         gedurende Septembermaand aan.

        Sondag     Maandag Dinsdag        Woensdag    Donderdag    Vrydag    Saterdag
                      1        2              3           4           5          6
           7          8        9             10          11          12          13
          14         15       16             17          18          19          20
          21         22       23             24          25          26          27
          28         29       30

         Sleutel
                          = Ovulasie
                          = Menstruasie

         Die rede hoekom bevrugting nie kan plaasvind indien sperms in die
         vagina vrygelaat word op die 10de September nie, is dat ...

         A       sperms uitgewas word uit die vroulike uterus tydens menstruele
                 vloei.
         B       sperms slegs in die vroulike voortplantingstelsel kan oorleef sodra
                 ovulasie plaasgevind het.
         C       ovulasie nog nie plaasgevind het nie.
         D       die endometriumwand uit die vroulike liggaam geskei word
                 gedurende menstruasie.

                                                                                            b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                      LEWENSWETENSKAPPE                                   5
                                      (Vraestel 1)                          10831/18

 1.1.4   Die onderstaande grafiek toon die konsentrasie opgeloste suurstof by
         verskillende punte langs ŉ rivier.

                   1                 2

Konsentrasie                                                           4
opgeloste
suurstof

                                                     3

                                    Afstand langs die rivier

         By watter punt op die grafiek is riool heel waarskynlik in die rivier gestort?

         A     1
         B     2
         C     3
         D     4

 1.1.5   Die onderstaande diagram toon fases in die ontwikkeling vanaf ŉ sigoot
         tot ŉ fetus.

         Watter van die prosesse in die tabel hieronder vind plaas in die stadiums
         van ontwikkeling getoon.

                - Proses vind plaas
               × - Proses vind nie plaas nie

                Bevrugting          Groei           Ontwikkeling
         A                          ×                   
         B                          ×                   ×
         C          ×                                   ×
         D          ×                                   

                                                                                              b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                        LEWENSWETENSKAPPE                           6
                                                        (Vraestel 1)                     10831/18

1.1.6   Die grafiek toon veranderinge in ŉ persoon se liggaamstemperatuur wat
        uitgestip is teenoor tyd.

                                                                            X
                                          38

        Liggaamstemperatuur ( C)
        o

                                           37

                                                                                 Y
                                           36

                                           35
                                                0          20         40        60       80
                                                                 Tyd (minute)

        Wat veroorsaak die verandering in temperatuur tussen X en Y?

        A                          Toename in lugtemperatuur
        B                          Toename in verdamping van sweet
        C                          Vermindering in bloedvloei deur oppervlak kapillêre
        D                          Bewe

                                                                                                        b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                   LEWENSWETENSKAPPE                               7
                                   (Vraestel 1)                       10831/18

1.1.7   Die onderstaande diagram toon ŉ fetus in die uterus.

                                                       1

                                                       2

                                                       3

        Watter deel / dele genommer 1, 2 of 3 verwyder metaboliese afval van die
        fetus gedurende swangerskap?

        A     1 alleenlik
        B     1 en 2
        C     2 en 3
        D     1, 2 en 3

                                                                                       b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                   LEWENSWETENSKAPPE                              8
                                   (Vraestel 1)                      10831/18

1.1.8   Die onderstaande diagram toon dele van ŉ persoon se senuweestelsel
        wat by X gesny is.

                            Sensoriese
                            neuron

             By               Motoriese
                              neuron

        ŉ By steek die persoon se vinger, soos getoon in die bostaande diagram.
        Wat is die effek van die bysteek op die persoon?

         A    Die persoon voel geen pyn nie en beweeg nie sy / haar arm weg
              nie.
         B    Die persoon voel geen pyn nie en beweeg sy / haar arm weg.
         C    Die persoon voel die pyn en beweeg nie sy / haar arm weg nie.
         D    Die persoon voel die pyn en beweeg sy / haar arm weg.

                                                                                      b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                                 9
                                       (Vraestel 1)                           10831/18

1.1.9     Die onderstaande diagram toon ŉ ontkiemende boontjiesaad met ŉ
          horisontale worteltjie. Dit word op ŉ stadig roterende skyf geplaas en vir
          drie dae gelos.

        Elektriese motor           Stadig roterende skyf

                                                                         Worteltjie

                                                                        Boontjiesaad

         Watter diagram toon die voorkoms van die worteltjie na drie dae?

1.1.10 Die onderstaande diagram toon ŉ neuron wat ŉ impuls dra.

                                   Impulsrigting

          Identifiseer die tipe neuron en die rigting van die impuls.

           A    ŉ Motoriese neuron, die impuls beweeg na die rugmurg toe.
           B    ŉ Sensoriese neuron, die impuls beweeg na die rugmurg toe.
           C    ŉ Motoriese neuron, die impuls beweeg weg van die rugmurg af.
           D    ŉ Sensoriese neuron, die impuls beweeg weg van die rugmurg af.
                                                                           (10x2) (20)

                                                                                             b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                           LEWENSWETENSKAPPE                                   10
                                           (Vraestel 1)                        10831/18

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
      die term langs die vraagnommer (1.2.1 to 1.2.7) in die ANTWOORDBOEK neer.

      1.2.1    Die buitenste membraan wat gevind word om die embrio / fetus.

      1.2.2    Die hormoon wat die melkkliere stimuleer om melk af te skei.

      1.2.3    Die klier wat die hormoon afskei wat waterkonsentrasie in die bloed
               beheer.

      1.2.4    Die bron van energie wat verkry word uit die gefossileerde oorblyfsels van
               plante en diere.

      1.2.5    Die meting van die totale hoeveelheid koolstofdioksiedvrystelling per
               individu, bevolking of maatskappy per jaar.

      1.2.6    ŉ Gas wat geproduseer word by stortterreine wat gebruik kan word vir
               kook, verhitting en beligting.

      1.2.7    Die hormoon wat die konsentrasie sout in die bloed reguleer.                    (7)

1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
      SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
      slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
      (1.3.1 –1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer.

                           KOLOM I                                       KOLOM II
       1.3.1     Dra die impuls vanaf die sensoriese neuron na die A. Interneuron
                 motoriese neuron in die grysstof.                 B. Rugmurg

       1.3.2     Ontvang die stimulus en skakel dit om in ŉ          A: Effektor
                 senuwee impuls.                                     B: Reseptor
                                                                     A. Akson
       1.3.3     Dra die impuls na die selliggaam.
                                                                     B. Dendriet
       1.3.4     Die jongeling ontwikkel binne die uterus van die    A. Altrisiële
                 ma.                                                 B. Vroegselfstandig
       1.3.5     Die struktuur wat voedingstowwe verskaf aan die     A. Chorion
                 embrio.                                             B. Dooiersak
       1.3.6     Eiers word gelê en hulle broei buite moeder se      A. Ovovivipaar
                 liggaam uit.                                        B. Ovipaar
                                                                                       (6x2)     (12)

                                                                                                 b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                           LEWENSWETENSKAPPE                           11
                                           (Vraestel 1)                    10831/18

1.4   Bestudeer die onderstaande diagram wat die endokriene kliere van die mens voorstel.

      1.4.1   Identifiseer die letter van die endokriene klier wat …

              (i)     glukagon afskei.                                                       (1)

              (ii)    metaboliese prosesse beheer.                                           (1)

              (iii)   adrenalien afskei.                                                     (1)

      1.4.2   Noem TWEE hormone wat deur A afgeskei word.                                    (2)
                                                                                             (5)

                                                                                            b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                   12
                                         (Vraestel 1)                             10831/18

1.5   Die onderstaande vloeidiagram toon die beheer van tiroksienvlakke in die
      menslike liggaam.

                              Normale tiroksienvlakke

                  Tiroksienvlakke                        Tiroksienvlakke 1
                     neem toe                                   …..

                Die 4 … klier stel                      Die 2 … klier stel meer
                5 … tiroksien vry                              3 … vry

      1.5.1   Watter meganisme word deur die bostaande vloeidiagram voorgestel?                   (1)

      1.5.2   Som die veranderinge in die tiroksienvlakke op soos aangetoon in
              bostaande vloeidiagram. Skryf slegs die NOMMER en korrekte WOORD
              in jou antwoordboek neer.                                                        (5)
                                                                                               (6)
                                                                                              [50]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               50

                                                                                              b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                            13
                                         (Vraestel 1)                     10831/18

AFDELING B

VRAAG 2

2.1    Die onderstaande diagram toon ŉ diersel wat meiose ondergaan.

                                                   A

                                                             B

                                                                     C

      2.1.1   Gee die aantal chromosome in sel …

              (i)    A                                                                     (1)

              (ii)   B                                                                     (1)

      2.1.2   Waar in ŉ soogdier kan die sel moontlik gevind word?                         (1)

      2.1.3   Teken ŉ diagram wat die chromosome aandui wat moontlik in die sel wat
              C gemerk is, gevind kan word. Onderskei tussen die verskillende
              chromosome deur skakering en hul grootte, soos in die diagram gegee.         (4)

      2.1.4   Gee TWEE redes hoekom meiose biologies belangrik is.                         (2)
                                                                                           [9]

                                                                                       b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE                              14
                                          (Vraestel 1)                        10831/18

2.2   Die onderstaande diagram toon ŉ sy-aansig van die manlike geslagstelsel.

                                                              A

      2.2.1   Verduidelik hoekom struktuur A buite die liggaam aangetref word.                (2)
      2.2.2   Gee TWEE funksies van die hormoon wat in struktuur A geproduseer
              word.                                                                           (2)
                                                                                              (4)
2.3   Die onderstaande diagram toon ŉ menslike sperm en ovum. Die diagram is nie
      volgens skaal geteken nie.

                                                            Ovum

                        Sperm

      2.3.1   Tabuleer EEN verskil tussen die struktuur van ŉ ovum en ŉ spermsel.             (3)

      2.3.2   Die kop van die sperm bevat ŉ proteïenverterende ensiem. Verduidelik
              die belangrikheid van die ensiem gedurende bevrugting.                          (2)

      2.3.3   ŉ Aktiewe en gesonde spermsel kan 4 mm per minuut swem. Indien die
              afstand vanaf die serviks na die einde van die Fallopiese buis 20 cm is,
              hoe lank sal dit die sperm neem om die ovum aan die einde van die
              Fallopiese buis te bereik? Toon alle berekeninge.                               (3)

      2.3.4   Semen het ŉ pH van 7.5. Spermselle het ŉ hoë sterftesyfer in suur
              toestande. Hoe verseker die manlike liggaam dat die spermselle nie deur
              die suur uriene wat deur die uretra beweeg doodgemaak word nie?              (2)
                                                                                          (10)
                                                                                          b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                           LEWENSWETENSKAPPE                              15
                                           (Vraestel 1)                        10831/18

2.4   Die onderstaande diagram toon hoe die ovarium en die uteruswand verander
      word deur verskeie hormone gedurende die menstruele siklus. Die onderstaande
      diagram is nie volgens skaal geteken nie.

                Dag 1                                              Dag 28
                                   Pituïtêre klier

                                      ovarium

                                  Endometriumwand

      2.4.1   (i)     Benoem hormoon V.                                                        (1)

              (ii)    Beskryf die effek wat hormoon V op die endometriumwand het.              (1)

              (iii)   Verduidelik die belangrikheid van die endometriumwand.                   (2)

      2.4.2   Met verwysing na die bostaande diagram:

              (i)     Benoem hormoon X.                                                        (1)

              (ii)    Gee die funksies van hormoon X in die menstruele siklus.                 (2)

      2.4.3   Gee TWEE sigbare redes vanaf die diagram wat aandui dat bevrugting
              nie plaasgevind het tydens die menstruele siklus nie.                            (2)
                                                                                               (9)

                                                                                           b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                                    LEWENSWETENSKAPPE                                16
                                                                    (Vraestel 1)                          10831/18

2.5   Die onderstaande grafiek toon normale insulienproduksie oor ŉ 24 uur tydperk.

          Insulienkonsentrasie (mµ/ℓ)

                                                                    Tyd (ure)

      2.5.1                             Wat is die funksie van insulien?                                              (1)

      2.5.2                             Watter tyd van die dag is die insulienkonsentrasie die hoogste?               (1)

      2.5.3                             Wat is die insulienkonsentrasie teen 16:00?                                   (1)

      2.5.4                             Beskryf die werking van insulien wanneer ŉ persoon 07:00 ontbyt eet.          (5)
                                                                                                                      (8)
                                                                                                                      [40]

                                                                                                                      b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                               17
                                        (Vraestel 1)                        10831/18

VRAAG 3

3.1   Die onderstaande diagram toon die interne struktuur van die oog.

               B                                                 C

               A

      3.1.1   Die retina is die ligsensitiewe laag van die oog waar beelde gevorm
              word. Verduidelik hoekom geen beeld by C kan vorm nie.                         (2)

      3.1.2   Met verwysing na strukture A en B, verduidelik hoe akkomodasie sal
              plaasvind indien ŉ persoon ŉ voorwerp van naby af sien.                        (3)

      ŉ Ondersoek is gedoen om die verhouding tussen die dikte van die lens en die
      fokusafstand van die lens te ondersoek. Die data in die onderstaande tabel gee
      die fokusafstand van ses lense wat dieselfde deursnit, maar verskillende diktes
      het.

              DIKTE VAN DIE LENS (mm)        FOKUSAFSTAND (cm)
                        10                         12.5
                         9                         14.0
                         8                         15.5
                         7                         18.0
                         6                         21.0
                         5                         25.0

      3.1.3   Teken ŉ lyngrafiek om die data van die bogenoemde tabel te illustreer.         (6)

      3.1.4   Gee die verband tussen die lensdikte en die fokusafstand.                      (2)

                                                                                         b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                              18
                                         (Vraestel 1)                        10831/18

      3.1.5   Die onderstaande diagram toon twee eksterne aansigte van die oog.

                                        Verander na

      Noem en verduidelik hoe die verandering getoon in die diagram hierbo
      plaasvind.                                                                          (5)
                                                                                         (18)

3.2   Die onderstaande diagram toon ŉ snit deur die menslike oor.

      3.2.1   Gee die gepaste byskrifte vir:

              (i)     A                                                                      (1)
              (ii)    B                                                                      (1)
              (iii)   D                                                                      (1)

      3.2.2   Gee die funksie van die dele genommer:

              (i)     C                                                                      (1)
              (ii)    E                                                                      (1)

                                                                                         b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                              19
                                        (Vraestel 1)                        10831/18

      3.2.3   Deel A skei oorwas wat serumen genoem word af. Sommige kere vorm
              die was ŉ soliede prop teen deel B.

              (a)   Gee TWEE funksies van serumen.                                          (2)

              (b)   Verduidelik die effek op gehoor indien die wasagtige prop teen
                    deel B vorm.                                                         (3)
                                                                                        (10)

3.3   Die onderstaande diagram toon ŉ deursnit van die vel tydens twee verskillende
      omgewingstoestande, A en B.

         Vel in omgewingstoestand A                Vel in omgewingstoestand B

      3.3.1   Wat is die omgewingstoestand wat deur diagram B voorgestel word?              (1)

      3.3.2   Gee TWEE sigbare redes vanaf die diagram vir jou antwoord in VRAAG
              3.3.1.                                                                        (2)
                                                                                            (3)

                                                                                        b.o.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                           20
                                         (Vraestel 1)                     10831/18

3.4   Lesego, ŉ Graad 12 leerder, ondersoek die effek van planthormone op groei.
      Die volgende metode is gebruik.

      Metode:

      •   Sy gebruik twee lote, wat sy loot A en B merk.
      •   Sy sny die punt van Loot A af.
      •   Sy sny die punt van Loot B af en sit dit weer terug.
      •   Sy los die apparaat vir ŉ paar dae.
      •   Na ŉ paar dae neem sy die resultate van Loot A en Loot B waar, soos
          getoon in die onderstaande diagram.

                                                  Tydens die begin van die
              Tydens die begin van die
                                                        ondersoek
                    ondersoek
                                                            Punt van loot afgesny
                                                            en teruggesit
                              Punt van loot
                              afgesny

                     Loot A                              Loot B

                     Resultate                          Resultate

                                                                    Groei gaan
                                                                      voort

                     Loot A                               Loot B

      3.4.1   Identifiseer die …

              (a)    onafhanklike veranderlike.                                           (1)

              (b)    afhanklike veranderlike.                                             (1)

                                                                                      b.o.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                 LEWENSWETENSKAPPE                              21
                                 (Vraestel 1)                        10831/18

3.4.2   Bespreek die redes vir die resultate wat in die ondersoek waargeneem
        is.                                                                          (4)

3.4.3   Stel EEN manier voor hoe Lesego die betroubaarheid van die
        ondersoek kan verbeter.                                                      (1)

3.4.4   Gee TWEE redes hoe sy kan verseker dat haar ondersoek geldig is.          (2)
                                                                                  (9)
                                                                                 [40]

                                                  TOTAAL VIR AFDELING B:             80

                                                                                 b.o.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                 22
                                         (Vraestel 1)                          10831/18

AFDELING C

VRAAG 4

Voedselsekerheid kan deur baie faktore beïnvloed word. Definieer die term
voedselsekerheid. Bespreek hoe swak boerderymetodes, indringerplante en
klimaatsveranderinge Suid-Afrika se voedselsekerheid negatief beïnvloed het.

                                                                                Inhoud:     (17)
                                                                                Sintese:     (3)
                                                                                            (20)

                                                              TOTAAL AFDELING C:                20

                                                                               TOTAAL:      150

                                           EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-possible-answers/846bf94c-4e3c-4745-a5fe-37416d2bc053) — Life Sciences · Memo · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Science P1 Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p1-preparatory-2018-possible-answer/ef5b118c-f250-4bd1-b98a-e6b935b9c562) — Life Sciences · Memo · 2018
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
