# Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2018 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p2-x5-afrikaans-preparatory-question-paper-2018/8b6a586a-dc5f-4cba-ad14-f9e57b8c8fe6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p2-x5-afrikaans-preparatory-question-paper-2018/8b6a586a-dc5f-4cba-ad14-f9e57b8c8fe6)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                    VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                             2018
                             10832
                      LEWENSWETENSKAPPE
                          VRAESTEL 2

TYD:     2½ uur

PUNTE:   150

15 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                             2
                                        (Vraestel 2)                       10832/18

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                              VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                              LEWENSWETENSKAPPE
                                                              (Vraestel 2)

                                                              TYD: 2½ uur

                                                              PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.     Beantwoord AL die vrae.

2.     Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK neer.

3.     Begin die antwoorde vir ELKE vraag bo-aan ŉ NUWE bladsy.

4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

5.     Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.     Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.

7.     Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
       NIE.

9.     Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.    Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.

11.    Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                          b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                 3
                                         (Vraestel 2)                       10832/18

AFDELING A

VRAAG 1

MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
      die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
      (1.1.1 – 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

      1.1.1   Watter EEN van die volgende kan ŉ enkele RNS-nukleotied voorstel?

              A    Deoksiribose-adenien-timien
              B    Adenien-ribose-fosfaat
              C    Deoksiribose-timien-fosfaat
              D    Urasiel-deoksiribose-fosfaat

      1.1.2   Indien ouers twee seuns het, wat is die kanse vir hulle om ŉ dogter te hê,
              indien hul ŉ derde kind het?

              A    66%
              B    75%
              C    50%
              D    25%

      1.1.3   Watter EEN van die volgende beskryf die selle wat deur meiose gevorm
              word, KORREK?

                             SELLE GEPRODUSEER DEUR MEIOSE
                     Chromosoom kompliment      Genetiese samestelling
              A    Haploïed                Verskillend
              B    Diploïed                Identies
              C    Diploïed                Verskillend
              D    Haploïed                Identies

      1.1.4   Die basisvolgorde van ŉ komplementêre string van ŉ DNS-molekule is
              GTG SSA TTS. Die ooreenstemmende kodons op die RNS-molekule wat
              deur transkripsie gevorm word, sal …wees.

              A    SAS GGU AAG
              B    SAS GGT TTS
              C    GUG SSA UUS
              D    GUG SSA AAS

                                                                                               b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                            LEWENSWETENSKAPPE                    4
                                            (Vraestel 2)             10832/18

1.1.5   Gedurende ŉ ondersoek het navorsers die grootte van ŉ sekere spesie
        vinke se snawels gemeet op die Galapagos Eilande. Die tipe voedsel wat
        beskikbaar was voor en na ŉ droogte was ŉ faktor in die studie van
        evolusie in vinksnawels.

                                                 Droogte

                 Gemiddelde snawelgrootte

                                            Tyd (jare)

        Watter faktor is die afhanklike veranderlike?

        A    Die hoeveelheid reën
        B    Die tipe voedsel beskikbaar
        C    Die grootte van die vinksnawels
        D    Die jaar

1.1.6   Die fase waarin DNS replikasie plaasvind word ... genoem.

        A    Profase
        B    Interfase
        C    Metafase
        D    Anafase

                                                                                     b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                     LEWENSWETENSKAPPE                               5
                                     (Vraestel 2)                       10832/18

1.1.7   ŉ Plant met rooi sade (RR) kruis met ŉ plant met wit sade (rr). Wat is die
        resultaat van die kruising in die vorm van die genotipe?

        A     RRrr
        B     rr
        C     RR
        D     Rr

1.1.8   Watter persentasie adenienbasisse is teenwoordig in ŉ DNS-molekuul van
        2000 basisse, indien 400 basisse sitosien is?

        A     20
        B     40
        C     30
        D     60

1.1.9   Die twee weergawes van ŉ geen wat dieselfde eienskap op verskillende
        maniere beïnvloed, word ... genoem.

        A     genotipes
        B     fenotipes
        C     mutasies
        D     allele

1.1.10 Watter een van die volgende dien as ŉ bewys vir kulturele getuienis /
       evolusie in vroeë Homo spesies?

        A     ŉ Skedel van Homo erectus gevind naby aan ŉ Homo sapien skelet
        B     Oorblyfsels van eertydse gereedskap
        C     Manlike en vroulike skelette in dieselfde area
        D     Baie Homo skelette in ŉ area
                                                                        (10x2)           (20)

                                                                                         b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE                                6
                                          (Vraestel 2)                       10832/18

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
      slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK
      neer.

      1.2.1   Die teling van plante en diere om voordelige eienskappe te produseer

      1.2.2   Die tipe genetiese kruising tussen twee fenotipies verskillende ouers wat
              nakomelinge met ŉ intermediêre fenotipe produseer wat van beide die
              ouers verskil

      1.2.3   Die stikstofbasis wat altyd met adenien bind in DNS

      1.2.4   ŉ Groep van dieselfde organismes waarvan die lede onder mekaar kan
              teel en vrugbare nakomelinge kan produseer

      1.2.5   Die proses waardeur organismes beter aangepas is by hul omgewing en
              geneig is om te oorleef en meer nakomelinge te produseer

      1.2.6   ŉ Teorie wat evolusie beskryf as ŉ aanhoudende lang periode van min of
              geen veranderinge, afwisselend met kort periodes van baie vinnige
              veranderinge

      1.2.7   Spesie naam vir ‘Mev. Ples’

      1.2.8   Variasie wat lei tot ŉ duidelike fenotipe
                                                                                   (8x1)        (8)

1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
      SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
      slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
      (1.3.1 – 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer.

                          KOLOM I                                   KOLOM II

      1.3.1   ŉ Verskil tussen mense en die Afrika-       A   Teenoorstaande duime
              ape                                         B   ŉ Plat gesig

      1.3.2   Stel variasie in ŉ spesie bekend            A   Ewekansige teling
                                                          B   Mutasies

      1.3.3   ŉ Verduideliking hoekom sommige             A   Charles Darwin
              skilpaaie lang nekke en ander kort          B   Watson en Kriek
              nekke het is vanaf die teorie van …
                                                                                  (3x2)        (6)

                                                                                               b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                           LEWENSWETENSKAPPE                            7
                                           (Vraestel 2)                      10832/18

1.4   Twee pasgebore babadogters was omgeruil in ŉ kraamsaal van ŉ hospitaal.
      Baba X het bloedgroep O en baba Y het bloedgroep A. Beide moeders glo dat die
      baba met bloedgroep O aan hulle behoort. Mev Kale is bloedgroep AB en haar
      man Mnr. Kale is bloedgroep O. Mev. More is bloedgroep A en haar man Mnr.
      More is bloedgroep B.

      1.4.1 Gee die hoeveelheid:

             (a)   Allele wat bloedgroepe beheer                                             (1)
             (b)   Gene wat bloedgroepe beheer                                               (1)

      1.4.2 Identifiseer die tipe dominansie wat voorkom in die oorerwing van
            bloedgroepe.                                                                     (1)

      1.4.3 Identifiseer:

             (a)   Die resesiewe alleel                                                      (1)
             (b)   Die twee dominante allele                                                 (2)

      1.4.4 Skryf die genotipe neer van:

             (a)   Baba X                                                                    (1)
             (b)   Baba Y                                                                    (1)
             (c)   Mr More                                                                   (1)

      1.4.5 Is dit moontlik vir Mev Kale om die moeder van Baba X te wees?                   (1)
                                                                                            (10)

                                                                                            b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                           LEWENSWETENSKAPPE                            8
                                           (Vraestel 2)                      10832/18

1.5   Die onderstaande diagram toon die DNS-profiel van ses verskillende mense.

           A             B             C             D            E               F

      1.5.1 Gee die letters van die TWEE mense wat identiese tweelinge is.                  (2)

      1.5.2 Gee die letters van die ouers van persoon B.                                    (2)

      1.5.3 Gee TWEE voorbeelde van hoe forensiese wetenskaplikes DNS-profilering
            kan gebruik.                                                                    (2)
                                                                                            (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:           50

                                                                                            b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                           LEWENSWETENSKAPPE                                        9
                                           (Vraestel 2)                               10832/18

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   Die onderstaande tabel toon die hoeveelheid landbougrond waar verskeie
      GM-gewasse aangeplant word in verskillende lande.

               Land               Landbougrond                           Gewasse
                                      (Hektaar)
        Brasilië               44 miljoen                    sojabone, mielies, katoen
        Kanada                 11 miljoen                    mielies, sojabone, suikerbeet
        China                  4 miljoen                     katoen, papaja
        Indië                  12 miljoen                    katoen
        Suid-Afrika            2 miljoen                     mielies, sojabone, katoen
                          [Aangepas uit: http://www.isaaa.org/resources/publications/pocketk/16/]

      2.1.1 Meld wat bedoel word met genetiese modifikasie.                                              (2)

      2.1.2 Wat was die grootste gebied landbougrond wat gebruik is vir
            GM-gewasse?                                                                                  (1)

      2.1.3 Watter land het die minste hoeveelheid GM-gewasse aangeplant?                                (1)

      2.1.4 Noem EEN van die GM-gewasse wat in die tabel gelys word wat nie
            voedselsekerheid sal verhoog nie.                                                            (1)

      2.1.5 Gee DRIE voordele van die gebruik van genetiese gemodifiseerde
            gewasse.                                                                                     (3)

      2.1.6 Teken ŉ staaf- / kolomgrafiek wat die hoeveelheid landbougrond wat
            gebruik word vir die aanplanting van genetiese gemodifiseerde gewasse
            vir ál die lande aandui.                                                                     (6)
                                                                                                        (14)

                                                                                                        b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                              10
                                         (Vraestel 2)                       10832/18

2.2   Die onderstaande diagram toon ŉ proses wat in ŉ sel plaasvind.

                                                                                  V

                                                        Proses A

                                                                                  W

      2.2.1 Wat word die segment van DNS genoem wat kodeer vir ŉ proteïen?                   (1)

      2.2.2 Noem die fase van proteïensintese wat plaasvind soos getoon.                     (1)

      2.2.3 Identifiseer die volgende molekules.

              (a)   V                                                                        (1)
              (b)   W                                                                        (1)

      2.2.4   Noem die tipe proteïen wat proteïensintese beheer.                             (1)

      2.2.5   Lees slegs die blootgestelde en benoemde stikstofbasisse van molekule W
              van links na regs, vir hoeveel aminosure word gekodeer?                        (1)

      2.2.6   Noem en beskryf die deel van proteïensintese wat plaasvind in die
              sitoplasma na proses A plaasgevind het.                                     (6)
                                                                                         (12)

                                                                                         b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                     11
                                         (Vraestel 2)                           10832/18

2.3   In ŉ sekere ertjieplant-spesie is lank (T) dominant teenoor kort (t) en groen (G)
      sade is dominant teenoor geel (g) sade. ŉ Ertjieplant is homosigoties vir beide
      lank en groensade en word gekruis met ŉ ertjieplant wat homosigoties is vir
      beide kort en geelsade.

      2.3.1 Lys AL die moontlike genotipes van die:

             (a)     P1 generasie                                                               (2)
             (b)     F1 generasie                                                               (2)

      2.3.2 Lys al die moontlike gamete van die F1 generasie wat genoem is in
            VRAAG 2.3.1.                                                                        (2)
                                                                                                (6)

2.4        “Brachidaktilie is ŉ eienskap waar die vingers en tone korter is as gevolg
           van ongewone kort bene. Die toestand is oorerflik en word beheer deur ŉ
           dominante alleel. In meeste gevalle veroorsaak dit geen probleme vir ŉ
           persoon wat dit het nie.”
                                                           [Aangepas uit www.healthline.com]

      Genotipes van ŉ familie wat dié toestand het, word in die onderstaande tabel
      getoon.

                      Generasie                  Naam                Genotipe
            1      Ma                      Thandi
            2      Pa                      Simon                bb
            3      Seun                    Brian                Bb
            4      Dogter                  Zola                 Bb
            5      Dogter                  Lindi                bb
            6      Lindi se man            Bongani              Bb
            7      Kleindogter             Tumi                 bb

      2.4.1 Gee die fenotipe van:

             (a)     Zola                                                                       (1)
             (b)     Tumi                                                                       (1)

      2.4.2 Gee die genotype van Thandi.                                                        (1)

      2.4.3 Verduidelik hoekom Lindi nie die toestand geërf het nie.                            (4)

      2.4.4 Wat is die kanse dat Lindi en Bongani ŉ kind sal hê met brachidaktilie?             (1)
                                                                                                (8)
                                                                                               [40]

                                                                                                b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                               LEWENSWETENSKAPPE                                        12
                                                                               (Vraestel 2)                              10832/18

VRAAG 3

3.1                                         Analise van mitochondriale DNS word gebruik as bewys vir menslike evolusie.

                                            3.1.1 Watter tipe bewys stel mitochondriale DNS voor?                                        (1)

                                            3.1.2 Beskryf kortliks hoekom mense mitochondriale DNS slegs van hul
                                                  moeders af erf.                                                                        (3)

                                            3.1.3 Beskryf kortlik hoe die analise van mitochondriale DNS, fossiel en
                                                  kulturele bewyse die “uit Afrika-hipotese” kan ondersteun.                             (5)
                                                                                                                                         (9)

3.2                                         Bestudeer die onderstaande filogenetiese stamboom wat ŉ moontlike
                                            voorstelling van menslike evolusie van vroeë menslike voorouers voorstel.

      Gemiddelde kraniale kapasiteit (cc)

                                                                        Miljoene jare gelede
                                                          ŉ Filogenetiese stamboom wat menslike evolusie
                                                                              voorstel

                                                                       [Aangepas van Biology: Understanding Life, Sandra Alter, 1995]

                                            3.2.1   Volgens hierdie filogenetiese stamboom, wanneer het die menslike
                                                    voorouers eerste verskyn?                                                            (1)

                                            3.2.2   Watter spesie is die naaste verwant aan Homo erectus?                                (1)

                                            3.2.3   Watter spesie het dieselfde tyd geleef as beide Australopithecus
                                                    afarensis en Homo habilis?                                                           (1)

                                            3.2.4   Bereken die persentasie toename in breinkapasiteit van Australopithecus
                                                    africanus tot Homo sapiens.                                                          (3)

                                            3.2.5   Stel ŉ rede voor hoekom Homo habilis wat “handige man” beteken,
                                                    hierdie naam gegee is.                                                               (1)
                                                                                                                                         (7)
                                                                                                                                         b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                           LEWENSWETENSKAPPE                                     13
                                           (Vraestel 2)                            10832/18

3.3   Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

      Pikkewyne is arktiese voëls met klein vlerke wat nie gebruik word om te vlieg
      nie. Hulle kan wel tot 450 m diep in die water duik om vir vis te jag en te eet.
      Pikkewyne kan nie onder water asemhaal nie en moet hulle asem vir meer as
      20 minute ophou terwyl hulle jag vir kos.
                                             [Aangepas uit: National Geographic, Mei 20, 2013]

      3.3.1 Verduidelik hoe die klein vlerke van die pikkewyn voordelig kan wees om
            voedsel te verkry.                                                                        (2)

      3.3.2 Gebruik Lamarck se teorie(wette) om die klein vlerke van moderne
            pikkewyne te verduidelik.                                                                 (6)
                                                                                                      (8)

3.4   Wetenskaplikes het ŉ opname gedoen om die verhouding tussen die ouderdom
      van moeders en die risiko om ŉ baba met Down-sindroom te hê, te ondersoek.
      Hulle het die aantal babas wat met Down-sindroom (per 5 000 geboortes) en die
      ouderdomme van die moeders oor ŉ een jaar tydperk aangeteken. Hulle
      bevindinge word in die onderstaande tabel opgesom.

              Ouderdom van moeder            Risiko van ŉ Down-sindroom baba
                     (jare)                         (per 5 000 geboortes)
                       25                                     10
                       35                                     15
                       45                                    300

      3.4.1 Watter ouderdom van die moeders het die grootste risiko om ŉ baba te hê
            met Down-sindroom?                                                                        (1)

      3.4.2 Beskryf VIER beplanning stappe vir hierdie opname.                                        (4)

      3.4.3 Gee die:

             (a)   Onafhanklike veranderlike                                                          (1)
             (b)   Afhanklike veranderlike                                                            (1)

      3.4.4 Gee EEN manier waarop die betroubaarheid van die resultate verbeter kan
            word.                                                                                     (1)

      3.4.5 Gee ŉ gevolgtrekking vir hierdie ondersoek.                                            (2)
                                                                                                  (10)

                                                                                                  b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                                       14
                                       (Vraestel 2)                           10832/18

3.5   ŉ Nuwe paddaspesie is in die Weskaap ontdek. Hierdie padda lyk baie soos ŉ
      aarbei en word die Aarbeipadda genoem. Dit is nou-verwant aan ŉ groep paddas
      wat bekend staan as die Gifpylpadda, wat in Sentraal en Suid-Amerika gevind
      word en daar word geglo dat hulle ŉ gemeenskaplike voorvader in gemeen het.
                                               [Aangepas uit: http://www.tourismtattler.com]

      Beskryf spesiasie van hierdie paddas.                                                      (6)
                                                                                                [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:                    80

                                                                                                b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                           LEWENSWETENSKAPPE                                 15
                                           (Vraestel 2)                        10832/18

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf die eienskappe van die skedel van Homo sapiens (mense) wat hul onderskei van
Afrika ape. Verduidelik ook hoe die verskille tussen die menslike skelet en diè van Afrika
ape lei tot verskillende maniere van beweging.

                                                                                  Inhoud:    (17)
                                                                                  Sintese:    (3)

NOTA:    GEEN punte word toegeken vir ŉ antwoord in die vorm van ŉ vloeidiagram,
         diagramme of tabelle nie.

                                                                  TOTAAL AFDELING C:              20

                                                                                TOTAAL:       150

                                             EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f) — Life Sciences · QP · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Science P1 (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p1-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [Gr12 Life Sciences P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10) — Life Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2019 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2019-preparatory-examination-possible-answers/89cacd47-ed47-476c-8c59-15b63c491262) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
