# Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2016 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

              GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                        VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                 2016
                                 10831
                          LEWENSWETENSKAPPE
                           EERSTE VRAESTEL

TYD:         2½ uur

PUNTE:       150

18 bladsye

         3

                                                    b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                               2
                                        (Eerste Vraestel)                 10831/16

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                          VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2016

                                                               LEWENSWETENSKAPPE
                                                               (Eerste Vraestel)

                                                               TYD: 2½ uur

                                                               PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDBOEK neer.

3.   Begin die antwoorde vir elke vraag bo-aan ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik is.

5.   Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.   Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.

7.   Teken diagramme, tabelle en vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.

8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

9.   Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.

10. Jy mag ŉ nie- programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.

11. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                            b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                             3
                                       (Eerste Vraestel)                  10831/16

AFDELING A

VRAAG 1
KORT VRAE

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
      vraagnommer (1.1.1. – 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld
      1.1.11 D.

      1.1.1     ŉ Toename in ontbossing lei tot ...

                A      ŉ afname in die hoeveelheid kweekhuisgasse afgegee.
                B      ŉ afname in biodiversiteit.
                C      ŉ toename biodiversiteit.
                D      ŉ afname in die verlies van vrugbare bogrond.

      1.1.2      Watter EEN van die volgende pare is deel van die pupilmeganisme
                in die oog?

                A      Choroïed en retina
                B      Lens en suspensoriese ligamente
                C      Kringspiere en radialespiere
                D      Silliêre spiere en suspensoriese ligamente

      1.1.3     Watter EEN van die volgende aspekte het nie ŉ impak op die
                waterkwaliteit in Suid-Afrika nie?

                A      Wegdoen van afvalwater
                B      Wegdoen van industriële afval
                C      Wegdoen van mynbouafval
                D      Geneties gemanipuleerde voedsel

      1.1.4     Watter EEN van die volgende is ŉ bedreiging vir vleilandskappe?

                A      Die bou van ŉ dam om waterbeperkinge teen te werk
                B      ŉ Styging in die voëlbevolking
                C      Herwinning van plastiek wat in die vleilandskap gevind is
                D      Bou van ŉ natuurreservaat

      1.1.5     Die hormoon gibberelliene …

                A      bevorder apikale dominansie.
                B      beheer die rigting van spruitgroei.
                C      bevorder ontkieming van sade.
                D      bevorder die val van ryp vrugte van die plant.

                                                                                         b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                    LEWENSWETENSKAPPE                           4
                                    (Eerste Vraestel)               10831/16

1.1.6    Hoe verseker meiose variasie tussen lede van ŉ spesie?

         A       Deur identiese dogterselle te vorm
         B       Deur oorkruising en onafhanklike sortering
         C       Deur twee nukleêre verdelings
         D       Verseker dat die chromosoomgetal konstant bly

1.1.7    Watter EEN van die volgende beskrywings is korrek vir mense wat
         nie ver kan sien nie omdat die beeld voor die retina gevorm word?

         A       Bysiendheid
         B       Versiendheid
         C       Astigmatisme
         D       Katarakte

1.1.8     Die volgende lys bevat voorbeelde van menslike aktiwiteite wat ŉ
          impak het op die omgewing.

         (i)     Verbranding van fossielbrandstowwe
         (ii)    Afkapping en verbranding van bome
         (iii)   Kunsmis wat in riviere en strome vloei
         (iv)    Verstedeliking

         Watter EEN van die volgende kombinasies veroorsaak ŉ toename
         in die gemiddelde konsentrasie van koolstofdioksied in die
         atmosfeer?

         A       Slegs (ii), (iii) en (iv)
         B       (i), (ii), (iii) en (iv)
         C       Slegs (i), (ii) en (iv)
         D       Slegs (i) en (iv)

1.1.9    Watter EEN van die volgende is die hormoon wat geproduseer
         word deur die pituïtêre klier, wat die produksie van melk stimuleer?

         A       ADH
         B       Prolaktien
         C       Oksitosien
         D       Relaksien

1.1.10   Die planthormoon absissiensuur ...

         A       bevorder wortelgroei.
         B       bevorder apikale dominansie.
         C       stimuleer blomontwikkeling.
         D       bevorder afval van blare.                             (10x2) (20)

                                                                                    b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                                5
                                        (Eerste Vraestel)                    10831/16

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
      slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.10) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

      1.2.1     ŉ Deel van die oor wat klankgolwe in senuwee-impulse omskakel

      1.2.2     Kliere wat stowwe direk in die bloedstroom uitskei

      1.2.3     Die hormoon wat afgeskei word wanneer bloedglukosevlakke laer
                is as normaal

      1.2.4     Die verbindingsbuis tussen die middeloor en die farinks

      1.2.5     Die struktuur waarteen die stiebeuel / stapes druk in die menslike
                oor uitoefen

      1.2.6     Die groei van ŉ deel van ŉ plant in reaksie op swaartekrag

      1.2.7     Die handhawing van ŉ konstante interne omgewing ten spyte van
                die veranderinge in die eksterne omgewing

      1.2.8     Die deel van die brein wat die asemhalingspiere stimuleer om
                saam te trek wanneer die koolstofdioksiedkonsentrasie in die bloed
                bo normaal styg

      1.2.9     Die onwettige jag / lokval stel vir diere

      1.2.10    Areas waar water die grond bedek of dit is onder of naby die
                oppervlak van die grond die hele jaar of vir wisselende periodes
                tyd, gedurende die jaar
                                                                                        (10)

                                                                                             b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                            6
                                       (Eerste Vraestel)                10831/16

1.3     Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
        SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
        slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
        (1.3.1 – 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer.

                    KOLOM I                          KOLOM II
      1.3.1 Groeihormoon                    A: Adrenale klier
                                            B: Pituïtêre klier
      1.3.2 Eutrofikasie                    A: Koolstofvoetspoor
                                            B: Verwoestyning
      1.3.3 Opbouing van kweekhuisgasse     A: Kommersiële plantasies
                                            B: Radioaktiewe afval
                                                                            (3x2) (6)

                                                                                        b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                     LEWENSWETENSKAPPE                                7
                                     (Eerste Vraestel)                   10831/16

1.4   Die onderstaande diagram toon die interaksie tussen die hormone wat deur
      die pituïtêre klier en die tiroïedklier afgeskei word.

                             PITUÏTÊRE KLIER

              Hormoon A                            Hormoon B

                               TIROÏEDKLIER

      1.4.1    Wat word die interaksie tussen die twee hormone genoem wat
               deur die kliere afgeskei word?                                       (1)

      1.4.2    Noem die hormoon A wat deur die tiroïedklier afgeskei word.          (1)

      1.4.3    Noem die hormoon B wat deur die pituïtêre klier afgeskei word.       (1)

      1.4.4    Gee die respons by die pituïtêre klier wanneer die vlakke van
               hormoon A laag is.                                                   (2)

      1.4.5    Watter effek het hoë vlakke van hormoon A op
               liggaamstemperatuur?                                                 (1)
                                                                                    (6)

                                                                                          b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                              8
                                         (Eerste Vraestel)                 10831/16

1.5   Die onderstaande diagram toon dele van die vroulike voortplantingstelsel.

                                                                       B
              A                                                        C

                                                                       D

                                                                       E

      Gee die LETTER en die NAAM van die struktuur wat ...

      1.5.1       dien as ŉ termoregulerende orgaan.                                  (2)

      1.5.2       dien as ŉ suiweraar.                                                (2)

      1.5.3       fetale bloed dra.                                                   (2)

      1.5.4       verwyd gedurende geboorte.                                          (2)
                                                                                      (8)

                                                           TOTAAL AFDELING A: [50]

                                                                                            b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                 LEWENSWETENSKAPPE                                       9
                                                                                 (Eerste Vraestel)                      10831/16

 AFDELING B

 VRAAG 2

2.1   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                  PERSENTASIE DOWN SE SINDROOM GETAL
                                                                GEBOORTES VAN AFWISSELENDE OUDERDOMME
                                                                               VAN MA’S

                  Down-sindroom voorvalle

                                       per per
                                               aantal

          Down se sindroom  voorvalle      aantal

                            geboortes (%)

                     geboortes (%)

                                                                             Ouderdom van ma (jare)

                                                         [Aangepas uit: http://www.uic.edu/classes/bios/bios100/lectures/mitosis.htm]

      2.1.1                                             Volgens die grafiek, wat is die verhouding tussen die ouderdom
                                                        van die moeder en die Down se sindroom voorvalle?                         (2)

      2.1.2                                             Met hoeveel het die Down se sindroom voorvalle toegeneem
                                                        vanaf die ouderdom van 40 tot die ouderdom van 48 jaar? Toon
                                                        alle berekeninge.                                                         (2)

      2.1.3                                             Noem die tipe abnormale meiose waar een paar chromosome
                                                        dalk nie skei gedurende metafase nie.                                     (1)

      2.1.4                                             Wat sal die chromosoomgetal wees in menslike gamete as die
                                                        verskynsel genoem in Vraag 2.1.3 sou plaasvind?                           (2)

      2.1.5                                             Watter raad sal ŉ genetiese berader gee vir ŉ vrou, ouer as 40
                                                        jaar, wat dit oorweeg om ŉ kind te hê?                                    (3)
                                                                                                                                  (10)

                                                                                                                                             b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                      LEWENSWETENSKAPPE                               10
                                      (Eerste Vraestel)                  10831/16

2.2   Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg.

                                           B

                     A

                                       C

      2.2.1    Identifiseer die meganisme soos in die bogenoemde diagram
               getoon.                                                          (1)

      2.2.2    Skryf SLEGS die LETTER neer wat die volgende voorstel:

               (a)   ŉ Sensoriese neuron
               (b)   ŉ Interneuron                                              (2)

      2.2.3    Verduidelik die belangrikheid van die meganisme in Vraag 2.2.1
               genoem.                                                          (2)

      2.2.4    Beskryf die effek van die meganisme soos getoon in die diagram
               as deel C beskadig word.                                         (2)
                                                                                (7)

                                                                                       b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                  11
                                         (Eerste Vraestel)                     10831/16

2.3   Die onderstaande diagram toon ŉ duifeier.

                                                                      X

        [Aangepas uit: http://www.biology-resources.com/drawing-bird-embryo.html]

      2.3.1    Definieer die term ovipariteit.                                            (1)

      2.3.2    Struktuur X op die skets stel die dooiersak voor wat eiergeel/dooier
               bevat. Wat sal die ekwivalente struktuur in soogdiere wees?                (1)

      2.3.3    Verduidelik die voordele wat dié tipe eier gee vir duiwe.                  (3)

      2.3.4    Watter tipe bevrugting vind plaas in duiwe?                                (1)
                                                                                          (6)

                                                                                                b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                                 12
                                       (Eerste Vraestel)                    10831/16

2.4   Bestudeer die onderstaande diagram wat twee plantstingels onder
      verskillende ligkondisies voorstel en beantwoord die vrae wat volg.

                             Lig
                                                               Eensydige
                                                               lig

                              A            B

      2.4.1     Noem die plantgroeistof wat deur die pyle binne die twee
                plantstingels getoon word.                                             (1)

      2.4.2     Beplan ŉ ondersoek om die bogenoemde verskynsel te illustreer,
                deur die volgende apparaat te gebruik:

                – twee eenderse potplante
                – een kartonboks en
                – ŉ skêr

                Skryf ŉ eksperimentele metode neer vir die ondersoek.                  (5)
                                                                                       (6)

                                                                                             b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                      LEWENSWETENSKAPPE                                    13
                                      (Eerste Vraestel)                     10831/16

2.5   Lees die onderstaande uittreksel oor hongersnood statistiek en beantwoord
      die vrae wat volg.

                                    Statistiek: Hongersnood

               Omtrent 795 miljoen mense in die wêreld het nie genoeg kos om ŉ
               gesonde en aktiewe lewe te lei nie.

               ŉ Groot meerderheid van die wêreld se honger mense leef in
               ontwikkelende lande. Die Afrika-kontinent het 42 lande wat ŉ risiko
               loop van voedselonsekerheid, terwyl Asië 24 lande het wat ŉ risiko
               van voedselonsekerheid het. Sub-Sahara Afrika het die hoogste
               voorkoms van hongersnood. Een persoon in vier in dié deel is
               ondervoed.

                             [Aangepas uit http://www.wfp.org/hunger/stats?gclid=CNDZ]

      2.5.1   Definieer die term voedselsekerheid.                                       (2)

      2.5.2   Volgens die bogenoemde inligting, watter kontinent het die grootste
              risiko van voedselonsekerheid?                                             (1)

      2.5.3   Noem DRIE swak boerderypraktyke wat ŉ impak het op
              voedselsekerheid.                                                          (3)

      2.5.4   Volgens jou mening gee DRIE redes behalwe boerderypraktyke,
              hoekom Sub-Sahara Afrika die hoogste persentasie honger mense
              het.                                                                       (3)

      2.5.5   Noem enige TWEE faktore wat kan lei tot die verlies in biodiversiteit.     (2)
                                                                                         (11)
                                                                                         [40]

                                                                                               b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                                  14
                                        (Eerste Vraestel)                     10831/16

VRAAG 3

3.1       Die onderstaande tabel toon die aantal kinders wat per 1000 vrouens van
          verskeie ouderdomme in die VSA in 2013 gebore is. Bestudeer die tabel
          en beantwoord die vrae wat volg.

                          Ouderdomsgroep           Geboortekoers per
                               (jare)                1 000 vrouens
                              10 – 14                        0.3
                              15 – 19                      26.5
                              20 – 24                      80.7
                              25 – 29                     105.5
                              30 – 34                         98
                              35 – 39                      49.3
                              40 – 44                      10.4
                                 [Aangepas uit: http://www.childtrends.org]

          3.1.1   Teken ŉ kolomgrafiek deur die data in die bogenoemde tabel te
                  gebruik.                                                               (6)

          3.1.2   Meld die volgende vir die data in bogenoemde tabel:

                  (a)   Die onafhanklike veranderlike
                  (b)   Die afhanklike veranderlike                                      (2)

          3.1.3   Vanaf die bogenoemde tabel meld watter ouderdomsgroep wat die
                  hoogste geboortekoers per 1000 vrouens het.                            (1)

          3.1.4   Beskryf die tendens vir die aantal kinders wat gebore is van           (2)
                  vrouens van verskillende ouderdomsgroepe.                              (11)

                                                                                               b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE                                     15
                                          (Eerste Vraestel)                         10831/16

3.2   Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg.

         A
                                                   B

                                                          C

                         D
                                          X

                             [Aangepas uit:http://slideplayer.com/slide/3622072/]

      3.2.1   Voorsien ŉ opskrif vir bogenoemde diagram.                                       (2)

      3.2.2   Noem die proses wat by punt X plaasvind.                                         (1)

      3.2.3   Identifiseer struktuur C.                                                        (1)

      3.2.4   Noem die hormone:

              (a) A
              (b) B                                                                            (2)

      3.2.5   Beskryf die interaksie tussen hormoon A, hormoon B en struktuur D
              wat lei tot proses X.                                                            (7)

      3.2.6   Gee TWEE observasies vanaf die grafiek wat aandui dat bevrugting
              nie plaasgevind het nie.                                                         (2)
                                                                                               (15)

                                                                                                     b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                    16
                                         (Eerste Vraestel)                    10831/16

3.3   Lees die onderstaande leesstuk en beantwoord die vrae wat daarop gabaseer
      is.

      Dagga staan ook bekend as marijuana of kannabis.

      Wanneer ŉ persoon dagga rook, beland chemikalieë in die bloed en word vinnig na
      die brein vervoer. THC (“tetrahydrocannabinol”) heg aan reseptore van neurone wat
      gebruik word vir korttermyn geheue, denkvermoë, konsentrasie en tyd- en
      afstandpersepsie. THC vervang normale neurontransmitters in ŉ sinaps, maar word
      nie vinnig afgebreek of verwyder nie. Die effek is ŉ gevoel van genot gevolg deur
      geheueverlies, persoonlikheidsteurnis, depressie en angstigheid. Dit verlaag ook
      fisiese vaardighede. Dit kan dae en selfs weke neem om die effek van THC uit die
      liggaam te verwyder, om toe te laat dat neurone normaal kan funksioneer.

                                                  [Geneem uit: SS Life Sciences Grade 12]

      3.3.1        Gee TWEE newe-effekte wat dagga het op iemand wat dit                    (2)
                   gebruik.

      3.3.2        Noem die kragtigste chemikalieë wat in dagga gevind word.                (1)

      3.3.3        Verduidelik hoekom dit gevaarlik sou wees om dagga te gebruik
                   en te bestuur.                                                           (3)

      3.3.4        Wat is die funksie van ŉ sinaps?                                         (1)

      3.3.5        Gee EEN strategie wat die regering gebruik of kan gebruik om
                   mense te verhoed om dagga te gebruik.                                    (1)
                                                                                            (8)

                                                                                                  b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                   LEWENSWETENSKAPPE                                 17
                                   (Eerste Vraestel)                      10831/16

3.4   Die diagramme A en B hieronder toon ŉ toestand van bloedkapillêre van die
      vel onder verskillende omgewingstoestande. Bestudeer die diagramme en
      beantwoord die vrae wat volg.

                                                              Epidermis

                                                              Kapillêre

      3.4.1   Wat dui die pyle wat deur die epidermis, vanaf die bloedkapillêre
              vloei, aan?                                                            (1)

      3.4.2   Verduidelik hoekom die bloedkapillêre van die vel in die toestand
              wat deur A geïllustreer is sal wees.                                   (1)

      3.4.3   Verduidelik die effek wat verwyde kapillêre sal hê op sweetkliere.     (3)

      3.4.4   Onder watter tipe omgewingstoestand sal die bloedkapillêre van
              die vel in die toestand wat deur B geïllustreer word, wees?            (1)
                                                                                     (6)
                                                                                     [40]

                                                         TOTAAL AFDELING B: 80

                                                                                       b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                               18
                                         (Eerste Vraestel)                    10831/16

AFDELING C

VRAAG 4

In ŉ situasie waar ŉ persoon deur ŉ kwaai hond gekonfronteer word, reageer sy
liggaam deur die “veg-of-vlugreaksie”. Skryf ŉ opstel waarin jy verwys na die rol wat
die outonome senuweestelsel en die hormoon, adrenalien, speel tydens die reaksie.

                                                                               Inhoud (17)
                                                                               Sintese (3)
                                                                                       (20)

LET WEL: Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
         vloeidiagramme, diagramme of tabelle nie.

                                                              TOTAAL AFDELING C: 20

                                                                             TOTAAL: 150

                                            EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Science P1 (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p1-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-possible-answers/846bf94c-4e3c-4745-a5fe-37416d2bc053) — Life Sciences · Memo · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 Preperatory 2016 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-preperatory-2016-possible-answers/50ce4246-0838-4cbe-b09f-90f3db8d2e0c) — Life Sciences · Memo · 2016
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
