# Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-2015-preparatory-question-paper/20007fbc-3ddf-4b7e-9929-39eea1c6fd25
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-2015-preparatory-question-paper/20007fbc-3ddf-4b7e-9929-39eea1c6fd25)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-possible-answers/846bf94c-4e3c-4745-a5fe-37416d2bc053) — Memo · 2015 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                  VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                            2015
                            10831
                       LEWENSWETENSKAPPE

                     EERSTE VRAESTEL

PUNTE: 150
TYD:   2½ uur

Bladsye 18

         3

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                             2
                                        (Eerste Vraestel)                  10831/15

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                               VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                 LEWENSWETENSKAPPE
                                                 (Eerste Vraestel)

                                                 TYD: 2½ uur

                                                 PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.      Beantwoord AL die vrae.

2.      Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

3.      Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

5.      Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.      ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte in blou of swart
        ink.

7.      Teken diagramme of vloeidiagramme slegs indien dit gevra word.

8.      Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
        NIE.

9.      MOENIE grafiekpapier gebruik nie.

10.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, ŉ gradeboog en ŉ passer
        gebruik.

11.     Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                          b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                      LEWENSWETENSKAPPE                             3
                                      (Eerste Vraestel)                  10831/15

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
      (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

      1.1.1    Watter van die volgende is KORREK oor meiose?

               A   ŉ Haploïede sel gee oorsprong aan twee haploïede selle
               B   ŉ Diploïede sel gee oorsprong aan twee haploïede selle
               C   ŉ Haploïede sel gee oorsprong aan vier haploïede selle
               D   ŉ Diploïede sel gee oorsprong aan vier haploïede selle

      1.1.2    ŉ Koolstofvoetspoor kan gedefinieer word as die hoeveelheid
               koolstof …

               A   wat deur plante vrygestel word in ŉ jaar.
               B   wat gebruik word vir menslike aktiwiteite in ŉ jaar.
               C   wat geproduseer word tydens menslike aktiwiteit in ŉ jaar.
               D   wat deur plante gebruik word in ŉ jaar.

      1.1.3    Watter term beskryf die ontwikkeling in voëls, waar die jong voëls
               beweeglik is onmiddellik na uitbroeiing, die beste?

               A   Prekosiële ontwikkeling
               B   Altrisiële ontwikkeling
               C   Oviparie
               D   Ovoviviparie

      1.1.4    Watter van die volgende selle ondergaan meiose?

               A   Spermselle in die seminale buisies
               B   Diploïede selle in die seminale buisies
               C   Diploïede selle in die fallopiese buise
               D   Somatiese selle in die uterus

                                                                                        b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                  LEWENSWETENSKAPPE                              4
                                  (Eerste Vraestel)                   10831/15

VRAAG 1.1.5 TOT 1.1.7 IS OP DIE ONDERSTAANDE SKETS GEBASEER

                                                      C
        D

                                                          B
                                                               A

                                  E

                              F

1.1.5       Die diagram verteenwoordig …
            A   ŉ refleksboog.
            B   ŉ selliggaam.
            C   ŉ struktuur van ŉ motoriese neuron.
            D   die corpus callosum.

1.1.6       Die strukture A, B, C en F in die KORREKTE volgorde is:

            A   Sensoriese neuron, grysstof, witstof en interneuron
            B   Sensoriese neuron, witstof, grysstof en effektor
            C   Effektor, motoriese neuron, sensoriese neuron en interneuron
            D   Sensoriese neuron, motoriese neuron, interneuron en effektor

1.1.7       ŉ Sinaps kom voor tussen struktuur …

            A   B en C.
            B   C en D.
            C   D en E.
            D   A en B.

                                                                                     b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                                5
                                       (Eerste Vraestel)                     10831/15

      1.1.8     Watter van die volgende oor ŉ stimulus en geassosieerde reseptor
                is KORREK?

                A   Die retina is die reseptor vir lig
                B   Die timpaniese membraan is die reseptor vir vibrasie
                C   Die medulla oblongata is die reseptor vir kopbeweging
                D   Makula is die reseptor vir die posisie van die kop
                                                                              (8 x 2)   (16)

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
      slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      1.2.1     Die gesamentlike naam vir die membrane wat die brein beskerm

      1.2.2     Die deurskynende membraan wat die kornea beskerm

      1.2.3     ŉ Struktuur in die brein wat aptyt, dors en slaap reguleer

      1.2.4     Die eindproduk van meiose in ŉ vrou

      1.2.5     Die vetlaag wat die akson van ŉ neuron isoleer

      1.2.6     ŉ Planthormoon wat ontkieming van sade aanmoedig

      1.2.7     Die vroulike hormoon wat ovulasie veroorsaak

      1.2.8     Die praktyk om enkelgewasse herhaaldelik op groot stukke grond
                aan te plant                                                            (8)

                                                                                            b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                      LEWENSWETENSKAPPE                             6
                                      (Eerste Vraestel)                 10831/15

1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
      SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
      slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
      (1.3.1–1.3.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                   KOLOM I                                KOLOM II
      1.3.1 Berei die liggaam voor vir ŉ     A: Simpatiese senuweestelsel
            noodsituasie                     B: Adrenalien

      1.3.2 ŉ Fase in meiose waar            A: Metafase I
            chromosoompare op die            B: Metafase II
            ewenaarsvlak in die sel lê
      1.3.3 ŉ Afwyking in die                A: Alzheimer se siekte
            senuweestelsel wat lei tot       B: Veelvuldige sklerose
            geheueverlies
      1.3.4 Vorm deel van die perifêre       A: Spinale senuwees
            senuweestelsel                   B: Kraniale senuwees

      1.3.5 ŉ Senuwee wat impulse na die A: Optiese senuwee
            serebrum gelei               B: Gehoorsenuwee

      1.3.6 ŉ Struktuur wat op ŉ             A: Sentromeer
            chromosoom gevind word           B: Sentrosoom

      1.3.7 ŉ Behandeling vir oorinfeksies   A: Kogleêre inplantings
                                             B: Katarakke

      1.3.8 Vind plaas tydens meiose II      A: Homoloë pare lê op ewenaarsvlak
                                                van die sel
                                             B: Oorkruising
                                                                          (8 x 2)   (16)

                                                                                        b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                                7
                                       (Eerste Vraestel)                  10831/15

1.4   Die diagram hieronder toon strukture in die menslike oog.

                           STRUKTURE IN DIE MENSLIKE OOG

               A                              B

               C                                     D

                                           Pupil

               E                                         F

                           Suspensoriese                          Suspensoriese
                           ligamente (styf getrek)                ligamente (verslap)

      1.4.1     Identifiseer die oogdefekte wat verteenwoordig word deur diagram:

                (a) A                                                                   (1)

                (b) B                                                                   (1)

      1.4.2     Gee slegs die LETTER van die diagram wat die oog voorstel:

                (a) In toestande van skerp lig                                          (1)

                (b) Wanneer na ŉ voorwerp nader as ses meter gekyk word                 (1)

                (c) Wat reggestel kan word met ŉ konkawe lens.                          (1)

                                                                                            b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                             LEWENSWETENSKAPPE                              8
                             (Eerste Vraestel)                  10831/15

1.4.3   Gee die NAAM van die spier wat saamtrek in diagram:

        (a) C                                                               (1)

        (b) D                                                               (1)

        (c) F                                                               (1)

1.4.4   Noem die vloeistof wat in die oog gevind kan word tussen die lens
        en retina.                                                          (1)

1.4.5   Noem die meganisme verantwoordelik vir die verandering van die
        vorm van die lens.                                                  (1)
                                                                            (10)

                                                 TOTAAL AFDELING A:         50

                                                                                b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                          9
                                       (Eerste Vraestel)               10831/15

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   Die onderstaande diagram toon ŉ deel van die menslike vel.

                           SNIT DEUR DIE MENSLIKE VEL

                                                                   A

                                                                   B

      2. 1.1    Identifiseer die deel genommer A.                                 (1)

      2.1.2     Verduidelik die rol van:

                (a)    Deel A in termoregulering op ŉ warm dag.                   (2)

                (b)    Deel B in termoregulering op ŉ koue dag                    (2)
                                                                                  (5)

                                                                                      b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                      LEWENSWETENSKAPPE                               10
                                      (Eerste Vraestel)                    10831/15

2.2   Die vloeidiagram hieronder toon die interaksie tussen twee kliere (X en Y) in
      die menslike liggaam.

                       INTERAKSIE TUSSEN TWEE KLIERE

                Hoë                             Lae
                tiroksienvlakke                 tiroksienvlakke
                in die bloed                    in die bloed

                                    Klier X

         Verlaagde                                        Verhoogde
         afskeiding van                                   afskeiding van
         hormoon A                                        hormoon A
                                    Klier Y

              Skei minder                         Skei meer
              tiroksien af                        tiroksien af

                                    Tiroksienvlakke
                                    keer terug na
                                    normaal

      2.2.1      Noem TWEE funksies van tiroksien.                                    (2)

      2.2.2      Identifiseer:

                 (a) Klier X

                 (b) Hormoon A                                                        (2)

      2.2.3      Verduidelik wat met die vlakke van hormoon A sal gebeur, indien
                 klier Y nie in staat was om tiroksien te produseer nie.              (4)
                                                                                      (8)

                                                                                       b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                               LEWENSWETENSKAPPE                            11
                                               (Eerste Vraestel)              10831/15

2.3     Insulien is die hormoon wat die bloedglukosevlakke reguleer. Sommige
        pasiënte het ŉ siektetoestand en kan nie insulien vervaardig nie en daarom
        moet hulle gereeld insulieninspuitings kry. Twee tipes insulien word gebruik,
        NPH-insulien en LANTUS-insulien.

        Wetenskaplikes wou vasstel watter van die twee tipes insulien
        bloedglukosevlakke vir langer periodes beheer in insulien-afhanklike pasiënte.

           Hulle het 20 pasiënte in twee groepe van 10 pasiënte elk verdeel.
           Die een groep is met NPH-insulien ingespuit en die ander groep met
            LANTUS-insulien.
           Al die pasiënte het dieselfde hoeveelheid en dieselfde konsentrasie
            insulien ontvang.
           Die glukose-opname deur die selle is elke uur oor ŉ tydperk van 24 uur
            gemeet en die gemiddelde is bereken.

        Die insulien is as effektief beskou indien die opname deur die selle bo
        0,4mg/kg/min is.

        Die grafiek hieronder toon die resultate verkry uit die ondersoek.

            GEMIDDELDE GLUKOSE ABSORPSIE DEUR SELLE OOR TYD
                     3.5
                      3.5

                      33

                     2.5
                      2.5

      Glukose-        22
      absorpsie
      deur selle                                                             NPH insulien
                     1.5
                      1.5
      (mg/kg/min)
                                                                             LANTUS-
                      11                                                     insulien

                     0.5
                      0.5

                      0
                            0
                            0   22   4
                                     4   6
                                         6   88 10
                                                10 12
                                                    12 14
                                                        14 16
                                                           16 18
                                                              18 20
                                                                 20 22
                                                                    22 24
                                                                       24

                                     Tyd na inspuiting (ure)

                                                                                             b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                              LEWENSWETENSKAPPE                                12
                              (Eerste Vraestel)                    10831/15

2.3.1   Voorsien ŉ geskikte hipotese vir hierdie ondersoek.                    (2)

2.3.2   Noem die toestand wat ontstaan wanneer die liggaam nie insulien
        kan produseer nie.                                                     (1)

2.3.3   Noem TWEE faktore wat nie hierbo genoem is nie, wat konstant
        gehou moes word tydens hierdie ondersoek.                              (2)

2.3.4   Beskryf hoe die gemiddelde glukose-absorpsie vir ŉ groep bereken
        sal word.                                                              (2)

2.3.5   Hoe lank na die inspuiting het die insulien effektief geblyk met
        LANTUS?                                                                (1)

2.3.6   Watter insulien het gelei tot die hoogste glukose-absorpsie deur die
        selle?                                                                 (1)

2.3.7   Watter insulien sal vir insulienafhanklike pasiënte aanbeveel word?    (1)

2.3.8   Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 2.3.7.                            (1)

2.3.9   Verduidelik hoe insulien te werk gaan om die bloedglukosevlakke
        te verlaag.                                                            (2)
                                                                               (13)

                                                                                b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                              13
                                       (Eerste Vraestel)                   10831/15

2.4   Die diagram hieronder stel die menslike, manlike voortplantingstelsel voor.

                     MANLIKE VOORTPLANTINGSTELSEL

      2.4.1   Gee slegs die LETTERS van DRIE kliere.                                  (3)

      2.4.2   Wat is die funksie van die struktuur genommer G?                        (1)

      2.4.3   Verduidelik hoe vrugbaarheid     geaffekteer sal word indien klier C
              verwyder word.                                                          (2)

      2.4.4   Verduidelik hoe swangerskap verhoed word indien die deel
              genommer A gesny en verseël word aan beide kante.                       (2)

      2.4.5   Sal die operasie genoem in VRAAG 2.4.4 die verspreiding van
              seksuele oordraagbare siektes verhoed?                                  (1)
      2.4.6   Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 2.4.5                              (1)

      2.4.7   Verduidelik hoe die manlike voortplantingstelsel aangepas is vir
              interne bevrugting.                                                     (2)

      2.4.8   Gee EEN voordeel van interne bevrugting.                                (2)
                                                                                      (14)
                                                                                      [40]

                                                                                       b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                      LEWENSWETENSKAPPE                             14
                                      (Eerste Vraestel)                 10831/15

VRAAG 3

3.1   Die onderstaande diagram toon strukture wat deel vorm van die menslike oor.

                                                       B

                                                                   C

                                     STRUKTURE IN DIE OOR

      3.1.1     Identifiseer:

                (a)    Die gehoorbeentjie A                                         (1)

                (b)    Struktuur C                                                  (1)

      3.1.2     Verduidelik hoe elk van die strukture in die uitwendige oor
                aangepas is om hul funksies uit te voer.                            (4)

      3.1.3     Die struktuur genommer B kan deur ŉ virus geïnfekteer word en
                op so ŉ manier beskadig word. Verduidelik die effek wat dit op ŉ
                persoon sal hê.                                                     (2)
                                                                                    (8)

                                                                                     b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                           LEWENSWETENSKAPPE                           15
                                           (Eerste Vraestel)                10831/15

3.2   Grassaailinge is in ŉ eksperiment gebruik om die rol van ouksiene in die
      groeirespons op lig te ondersoek.

      Die volgende prosedure is gevolg:

         Gedeeltes van die punte van die saailinge (koleoptiele) is met swart
          papier bedek.
         Lig kon nie die dele wat met papier bedek was, bereik nie, maar kon wel
          die onbedekte dele van die koleoptiele bereik.
         Die verskillende toestande is genommer A tot E.

                     Koleoptiel
                                      Papierbedekking
                                                                Eensydige
                                                                beligting

                        A         B        C        D   E

      3.2.1     Wat word die groeirespons van plante op lig genoem?                    (1)

      3.2.2     Gee slegs die LETTERS van die punte wat na die lig sal buig.           (3)

      3.2.3     Verduidelik jou antwoord in VRAAG 3.2.2.                               (3)

      3.2.4     Wat is die doel van die opstelling in A?                               (1)

      3.2.5     Voorspel ŉ gevolgtrekking vir hierdie eksperiment.                     (2)
                                                                                       (10)

                                                                                        b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                            LEWENSWETENSKAPPE                                      16
                                            (Eerste Vraestel)                      10831/15

3.3       Lees die artikel hieronder.

      Swak boerderytegnieke, eerder as droogte, was die rede waarom ŉ hektaar vrugbare
      grond (grond wat geskik is vir boerdery) in Afrika minder as die helfte van die oeste
      gelewer het as die res van die ontwikkelende wêreld.

      Terwyl wispelturige weerpatrone as ŉ bydraende faktor geïdentifiseer is wat bydra tot
      voedselonsekerheid, is dit nie voldoende om die hoë vlakke van wanvoeding te verklaar
      nie.

      Navorsers beweer dat twee basiese, maar noodsaaklike boerderytegnieke nie wyd
      genoeg toegepas word in Afrika nie – besproeiing en die toediening van kunsmis.

      Die probleem is dat besproeiing duur is vir ŉ kontinent wat die armste ter wêreld is. Dit is
      ook uitgewys dat boerdery in Afrika belemmer word deur ŉ gebrek aan groot rivierstelsels
      wat benodig word vir besproeiing.

      Die gewasopbrengste vir Sub-Sahara-Afrika sal verdubbel moet word om hongersnood
      en wanvoeding op die kontinent te elimineer.

                                                                    [http://www.iol.co.za/news/africa]

          3.3.1      Na aanleiding van die artikel, noem TWEE maniere waarop
                     voedselsekerheid in Afrika verbeter kan word.                                 (2)

          3.3.2      Behalwe swak boerderypraktyke, noem EEN ander faktor, uit die
                     artikel, wat ŉ moontlike oorsaak is vir die dalende gewasproduksie
                     in Afrika.                                                                    (1)

          3.3.3      Gee EEN rede, na aanleiding van die artikel, waarom daar ŉ
                     afname in die waterbeskikbaarheid vir plase in Afrika is.                     (1)

          3.3.4      Verduidelik hoe die gebruik van kunsmis dalk kan lei tot ŉ
                     verlaagde waterkwaliteit.                                                     (4)
                                                                                                   (8)

                                                                                                     b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                   17
                                         (Eerste Vraestel)                        10831/15

3.4   Herwinning is een manier om die koolstofvoetspoor te verminder. Die tabel
      hieronder toon die massa van verskillende materiale wat herwin is in 2004 en
      2010.

              Massa van verskillende materiale herwin in 2004 en 2010.

                                        MASSA ( IN MILJOENE TON)
         TIPE MATERIAAL
                                        2004               2010
       Papier                            2,5                3,0
       Glas                              1,0                1,7
       Plastiek                          0,4                0,6
       Hout                              0,8                0,9
                  Aangepas uit: http://sawic.environment.gov.za/documents/1567.docx

      3.4.1   Gebruik die inligting in die tabel en trek twee kolomgrafieke op
              dieselfde assestelsel.                                                         (7)

      3.4.2   Bereken die persentasie toename in die massa papier herwin tussen
              2004 en 2010.                                                                  (2)

      3.4.3   Watter materiaal is die minste in beide jare herwin?                           (1)

      3.4.4   Gee TWEE moontlike verduidelikings vir die verskil in die getal
              herwinning vanaf 2004 tot 2010.                                                (4)
                                                                                             (14)
                                                                                             [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:           80

                                                                                              b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE                               18
                                          (Eerste Vraestel)                   10831/15

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf hoe die verskillende dele van die vroulike voortplantingstelsel funksioneer om
die ontwikkelende embrio en fetus te beskerm en te voed.

                                                                               Inhoud:    (17)
                                                                               Sintese:    (3)
                                                                                          (20)

LET WEL:      GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
              vloeidiagramme, diagramme of tabelle NIE.

                                                               TOTAAL AFDELING C:         20
                                                                   GROOTTOTAAL:           150

                                            EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f) — Life Sciences · QP · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Science P1 (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p1-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
