# Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/3078ab35-a077-4b77-a609-df2ba6cda302
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/3078ab35-a077-4b77-a609-df2ba6cda302)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                    VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                             2020
                             10831

                      LEWENSWETENSKAPPE

                           VRAESTEL 1

TYD:     2½ uur

PUNTE: 150

17 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                             2
                                        (Vraestel 1)                       10831/20

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK neer.

3.   Begin die antwoorde vir elke vraag bo-aan ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

5.   Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.   Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.

7.   Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
     NIE.

9.   Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.

10. Jy KAN ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
    waar nodig.

11. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                      b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE                              3
                                          (Vraestel 1)                        10831/20

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
      vraagnommer (1.1.1. tot 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld
      1.1.11 D.

      Vraag 1.1.1 en 1.1.2 is gebaseer op die onderstaande diagram van ŉ jong haai
      wat te vroeg gebore is.

                                         dooiersak

      1.1.1   Watter van die volgende is die beste beskrywing vir die tipe bevrugting
              en metode van voortplanting, soos in haaie gesien?

              A     Inwendige bevrugting en ovipaar
              B     Uitwendige bevrugting en vivipaar
              C     Inwendige bevrugting en ovovivipaar
              D     Uitwendige bevrugting en ovipaar

      1.1.2   Die funksie van die dooiersak is …

              A     om die ontwikkelende embrio te beskerm.
              B     om die ontwikkelende embrio te voed.
              C     om afval te stoor, van die embrio.
              D     om die liggaamstemperatuur van die embrio te reguleer.

                                                                                         b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                      LEWENSWETENSKAPPE                            4
                                      (Vraestel 1)                      10831/20

1.1.3   Indien geen individu van ŉ spesie bestaan nie, dan word daar gesê die
        spesie is …

        A        bestaande.
        B        bedreigd.
        C        uitgesterf.
        D        kwesbaar.

1.1.4   Die korrekte volgorde van die dele waardeur spermatosoa beweeg is ...

        A        vas deferens → epididimis → ureter.
        B        vas deferens → semenale vesikel → uretra.
        C        epididimis → vas deferens → uretra.
        D        epididimis → vas deferens → ureter.

VRAAG 1.1.5 en 1.1.6 is gebaseer op die onderstaande grafiek wat bekend staan as ŉ
spirometeruitslag en word gebruik om die volume lug wat ŉ persoon inasem en
uitasem, sowel as hul asemhalingstempo (die aantal asemhalings oor ŉ tydperk) te
bepaal.

                                    Oefening

        Volume

                                        Tyd

1.1.5   Die spirometeruitslag toon dat oefening veroorsaak dat die...

        A        asemhalingstempo toeneem, terwyl die asemhalingsdiepte
                 konstant bly.
        B        asemhalingstempo toeneem, terwyl asemhalingsdiepte afneem.
        C        asemhalingstempo afneem, terwyl asemhalingsdiepte toeneem.
        D        asemhalingstempo en asemhalingsdiepte toeneem.

1.1.6   Watter van die volgende is verantwoordelik vir die verandering in die
        spirometeruitslag, gedurende oefening?

        A        Afname in respirasie in spierselle.
        B        Toename in die pH-vlakke van bloed.
        C        Toename in energie nodig vir spierselle.
        D        Afname in koolstofdioksiedvlakke in die bloed.

                                                                                     b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                    LEWENSWETENSKAPPE                             5
                                    (Vraestel 1)                       10831/20

1.1.7   Waterkwaliteit word verminder deur…

        A       eutrifikasie.
        B       suiwering.
        C       ontsouting.
        D       verdamping.

VRAAG 1.1.8 en 1.1.9 is gebaseer op die onderstaande diagram wat die
refleksboog toon.

1.1.8   Bestudeer die onderstaande lys eienskappe.

        (i)       Vorm deel van die perifere seunuweestelsel.
        (ii)      Bevat die akson van ŉ motoriese neuron en dendriete van ŉ
                  sensoriese neuron.
        (iii)     Bevat die akson van ŉ sensoriese neuron en dendriete van ŉ
                  motoriese neuron.
        Watter van die eienskappe wat bo gelys is, is van toepassing op
        Deel B?

        A       i, ii en iii
        B       i en ii
        C       i alleenlik
        D       ii en iii

                                                                                  b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                               LEWENSWETENSKAPPE                                      6
                                               (Vraestel 1)                           10831/20

      1.1.9     Die interneuron.....

                A      is geleë in die grysstof van die rugmurg.
                B      stuur ŉ impuls van die motoriese neuron na die sensoriese neuron.
                C      stuur die impuls vanaf die reseptor direk na die effektor toe.
                D      is ŉ effektor.

      1.1.10    Om die ontwikkeling van sytakke in ŉ plant te stimuleer, moet ŉ persoon
                die bokant van die plant gereeld snoei.

                Die rede hoekom meer sytakke vorm, is as gevolg van...

                A      apikale dominansie.
                B      die teenwoordigheid van Ouksiene.
                C      die afwesigheid van apikale dominansie.
                D      die teenwoordigheid van Absisiensuur.                           (10 x 2)     (20)

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
      Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.7) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

      1.2.1    Die aanplant van dieselfde tipe gewas spesie, jaar na jaar

      1.2.2    ŉ Leë bal van selle wat in die fallopiusbuis gevorm word, na bevrugting

      1.2.3    Selle in die retina wat sensitief is vir lig

      1.2.4    Die hormoon wat verantwoordelik is vir ŉ toename in bloedglukosevlakke

      1.2.5    Die onwettige verwydering van plante of diere uit hul natuurlike
               omgewing

      1.2.6    ŉ Verskeidenheid lewende organismes op aarde

      1.2.7    Vloeistof wat die ontwikkelende fetus in die uterus omring                (7 x 1)     (7)

1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op slegs A, slegs B,
      beide A en B of geeneen van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B,
      beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

                              KOLOM I                                    KOLOM II
      1.3.1    Veroorsaak dat plante hul blare laat val       A   Absisiensuur
                                                              B   Gibberelliene

      1.3.2    Jong voëls word gebore met hul oë oop          A   Altrisiële ontwikkeling
                                                              B   Vroegselfstandige
                                                                  (prekosiële) ontwikkeling
      1.3.3    Respiratoriese beheersentrum                   A   Hipotalamus
                                                              B   Hipofise
                                                                                          (3 x 2)    (6)
                                                                                                      b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE                               7
                                          (Vraestel 1)                         10831/20

1.4   Die onderstaande diagram toon die groeireaksie op ŉ jong loot, na lig toe.

                               ŉ Loot van ŉ plant of
                               stingel

      1.4.1   Wat word die groeireaksie hierbo genoem?                                    (1)

      1.4.2   Noem die hormoon wat verantwoordelik is vir die groeireaksie in dié loot.   (1)

      1.4.3   Op watter kant (A of B) van die loot sal die meeste hormone versamel?       (1)

      1.4.4   Watter kant (A of B) van die loot sal die minste selverlenging ervaar?      (1)

      1.4.5   Noem EEN ander groeireaksie, wat veroorsaak word deur die hormoon
              wat in VRAAG 1.4.2 genoem is.                                               (1)

      1.4.6   In watter plantorgaan is die groeireaksie soos genoem in VRAAG 1.4.5
              positief?                                                                   (1)

      1.4.7   Indien die punt van die loot met foelie bedek word, hoe sal dit die groei
              van die loot beïnvloed?                                                     (1)
                                                                                          (7)

                                                                                           b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                              8
                                         (Vraestel 1)                        10831/20

1.5   Die onderstaande diagram toon die interne struktuur van die brein.

       Skryf die LETTER van die deel neer, wat:

       1.5.1     Betrokke is by hoër denkprosesse                                       (1)

       1.5.2     Die sentrum bevat wat spiertonus en balans beheer                      (1)

       1.5.3     Die sentrums het wat bepaal watter emosies ons ervaar (wat ons
                 voel)                                                                  (1)

       1.5.4     Witstof aan die buitekant en grysstof aan die binnekant bevat          (1)

       1.5.5     Die twee hemisfere van die brein aan mekaar verbind                    (1)
                                                                                        [5]

                                                                                        b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                             9
                                         (Vraestel 1)                       10831/20

1.6   Die onderstaande foto’s toon verskeie bedreigings vir die omgewing.

                                                              Foto 1

                                                              Foto 2

                                                              Foto 3

      1.6.1   Wat is die oorsake van gronddegradasie (grondagteruitgang) soos
              getoon in ...

                 (a) Foto 1?
                 (b) Foto 2?
                 (c) Fotot 3?                                                          (3)

      1.6.2   Noem EEN kweekhuisgas wat vrygestel word deur die aktiwiteite
              getoon in Foto 1 en 2, onderskeidelik .                                  (2)
                                                                                       (5)

                                                             TOTAAL AFDELING A:        50

                                                                                        b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE                                   10
                                          (Vraestel 1)                          10831/20

AFDELING B

VRAAG 2

2.1    Diabetes insipidus(verdunde uriene) is ŉ siekte wat veroorsaak word deur ŉ
       tekort aan ADH afskeiding, binne-in plasma.

       Wetenskaplikes wil die effek van die siekte op die volume uriene wat ŉ persoon
       per dag produseer, bepaal. Die ondersoek word uitgevoer op 5 manlike
       deelnemers, oor ŉ tydperk van 30 dae. Die mans was van dieselfde ouderdom
       en gewig. Hulle gemiddelde urienproduksie was bereken en in die
       onderstaande tabel aangeteken.

       NOTA: Normale daaglikse produksie van uriene is tussen 600 mℓ – 1800 mℓ.

                                              Gemiddelde volume uriene
                          Individu
                                                geproduseer in ℓ/day
                              1                         2,9
                              2                         1,5
                              3                         1,3
                              4                         1,0
                              5                         1,2

      2.1.1   Watter individu sal wetenskaplikes vermoed, het Diabetes insipidus?             (1)

      2.1.2   Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 2.1.1.                                     (1)

      2.1.3   Wat vertel die woord “plasma” jou van die tipe klier, wat ADH vrystel?          (1)

      2.1.4   Identifiseer die afhanklike veranderlike in dié ondersoek.                      (1)

      2.1.5   Identifiseer TWEE faktore wat konstant gehou moet word, gedurende
              dié ondersoek.                                                                  (2)

      2.1.6   Verskaf EEN voorsorg (veiligheidmaatreël) wat wetenskaplikes moet
              neem wanneer hulle die ondersoek uitvoer.                                       (1)

      2.1.7   Noem TWEE maniere waarop die wetenskaplikes die betroubaarheid van
              hul ondersoek, verbeter het.                                                    (2)

      2.1.8   Teken ŉ sirkelgrafiek, deur die inligting in die tabel te gebruik. Toon ALLE
              berekeninge.                                                                    (6)
                                                                                             (15)

                                                                                               b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                             11
                                         (Vraestel 1)                       10831/20

2.2    Die onderstaande diagram toon die manlike en vroulike voortplantingstelsels.

      2.2.1   Wat is die funksie van die struktuur, wat D gemerk is?                    (1)

      2.2.2   Noem die hormoon wat deur ... afgeskei word.

              (a) A
              (b) F                                                                     (2)

      2.2.3   Tabuleer TWEE verskille tussen strukture gemerk C en E.                   (5)

      2.2.4   Verduidelik TWEE maniere hoe deel B, struktureel aangepas is om sy
              funksie te verrig, gedurende gestasie.                                    (4)

      2.2.5   ŉ Vasektomie is ŉ chirurgiese prosedure vir manlike sterilisasie of
              permanente voorbehoeding. Gedurende die prosedure, word die manlike
              vas deferens geknip en afgebind of geseël.

              Verduidelik hoe ŉ vasektomie, manlike vrugbaarheid beïnvloed (vermoë
              om nakomelinge te produseer).                                             (2)
                                                                                       (14)

                                                                                        b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                           LEWENSWETENSKAPPE                                12
                                           (Vraestel 1)                         10831/20

2.3   Die onderstaande diagramme toon verskillende fases van meiose.

                    A                                B                           C

                    Diagram 1           Diagram 2              Diagram 3          Diagram 4

      2.3.1   Verskaf byskrifte vir dele A tot C.                                           (3)

      2.3.2   Wat word die proses genoem waar ova’s geproduseer word                        (1)

      2.3.3   Watter diagram (1, 2, 3 of 4) dui ŉ proses in meiose aan, wat lei tot
              genetiese verskillende ova’s??                                                (1)

      2.3.4   Noem en beskryf die proses wat in VRAAG 2.3.3 geïdentifiseer is.              (4)

      2.3.5   Indien die fases in die bogenoemde diagramme, meiose in mense
              voorstel, wat sal die chromosoomgetal wees in ...

              (a)    Diagram 1?
              (b)    Diagram 2?                                                             (2)
                                                                                           (11)

                                                                                           [40]

                                                                                              b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                             13
                                        (Vraestel 1)                      10831/20

VRAAG 3

3.1   Die onderstaande diagram toon dele van die oor.

      3.1.1   Identifiseer die strukture wat A en C gemerk is.                        (2)

      3.1.2   Gee EEN moontlike behandeling vir ŉ bakteriese infeksie in deel D.      (1)

      3.1.3   Verduidelik hoe beskadiging van deel B, ŉ persoon se gehoor en balans
              kan beïnvloed.                                                          (4)
                                                                                      (7)

                                                                                       b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                              LEWENSWETENSKAPPE                      14
                                              (Vraestel 1)              10831/20

3.2    Die onderstaande spotprent toon boere wat plaagdoders op hul plase gebruik

                               Metieljodied

                                in gebruik

      3.2.1   Watter tipe plaagbeheermeganisme word deur die bogenoemde
              spotprent uitgebeeld?                                                  (1)

      3.2.2   Noem EEN ander beheer meganisme wat boere kan gebruik om die
              plaagbevolking te verminder.                                           (1)

      3.2.3   Definieer die volgende terme:

              (a) Voedselsekerheid
              (b) Indringerplante                                                    (4)

      3.2.4   Verduidelik hoe die gebruik van plaagdoder:

              (a) Voedselsekerheid kan laat afneem
              (b) Biodiversiteit kan laat afneem                                     (4)

      3.2.5   Beskryf hoe die gebruik van geneties gemodifiseerde gewasse die
              boere se plaagdoder gebruik kan beïnvloed.                             (3)
                                                                                    (13)

                                                                                      b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                            LEWENSWETENSKAPPE                               15
                                                            (Vraestel 1)                      10831/20

3.3    Die onderstaande grafiek toon die spoed wat ŉ impuls deur neurone van
       verskillende deursnitte beweeg. Die deursnit van die neurone was in mikrometer
       of µm gemeet. Die spoed van ŉ senuwee-impulse was gemeet in meter per
       sekonde of m/s.

                                        Spoed van ŉ impuls in neurone van verskillende
                                                          deursnee
                                 70

          Spoed van impuls m/s
                                 60
                                                                                              65
                                 50                                                 60

                                 40
                                                                         45
                                 30                           40

                                 20
                                                   25
                                 10
                                  0     10
                                         2          4          6         8          10        12
                                                        Deursnit van neurone (µm)

      3.3.1                       Gebruik die grafiek en bereken die persentasie toename in die spoed van
                                  ŉ impuls, tussen ŉ neuron met ŉ deursnit van 6 µm en een met ŉ
                                  deursnit van 8 µm. Toon ALLE berekeninge.                                  (3)

      3.3.2                       Watter ander struktuur in ŉ neuron kan die spoed waarteen ŉ impuls
                                  beweeg laat toeneem?                                                       (1)

      3.3.3                       Wat is die verhouding tussen die deursnit van ŉ neuron en ŉ
                                  refleksaksie?                                                              (2)

      3.3.4                       Noem die funksionele gaping wat gevind word tussen twee
                                  aangrensende neurone, waaroor impulse chemies oorgedra kan word.           (1)

      3.3.5                       Teken ŉ benoemde diagram van ŉ sensoriese neuron en dui ook die
                                  rigting aan wat die impuls beweeg.                                         (5)
                                                                                                            (12)

                                                                                                              b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                                 16
                                        (Vraestel 1)                        10831/20

3.4   Bestudeer die onderstaande diagram van die oog van voor gesien, en
      beantwoord die vrae wat volg.

      3.4.1   Gee die naam en funksie van deel C.                                         (2)

      3.4.2   Verduidelik hoe deel A en B betrokke is in die pupilmeganisme, wanneer
              ŉ persoon in ŉ huis instap, nadat hulle buite in helder sonlig was.         (4)

      3.4.3   ŉ Dronkbestuurder was een aand deur ŉ polisieman afgetrek. Die alkohol
              in die drywer se sisteem, inhibeer die funksie van ŉ chemiese neuro-
              oordragstof genaamd asetielcholien, wat ŉ chemiese impulse van een
              neuron na die volgende oordra.

              Verduidelik wat ŉ polisieman sal observeer, indien hy ŉ skerp lig in die
              dronk bestuurder se pupille skyn.                                           (2)

                                                                                          (8)

                                                                                         [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:            80

                                                                                            b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                             17
                                         (Vraestel 1)                      10831/20

AFDELING C

VRAAG 4
              Die geslagshormone, estrogeen, speel ŉ dubbele rol

ŉ Vrou se uterus- en ovariale siklus vorm deel van haar menstruele siklus. Volgens
navorsing, speel estrogeen ŉ rol om ŉ vrou se liggaamstemperatuur te verlaag, wat
voorkom wanneer ŉ vrou ŉ toename in liggaamstemperatuur ervaar gedurende en na
ovulasie. Estrogeen beïnvloed die outonome beheer van die vel, bloedvloei en sweet.

Noem en beskryf die rol wat verskillende hormone speel gedurende die uterus- en
ovariale siklus, vanaf die tyd wat menstruasie tot ovulasie plaasvind.

Beskryf ook hoe estrogeen kon bewerkstellig dat daar ŉ verlaging in ŉ vrou se
liggaamstemperatuur gedurende ovulasie is.

                                                                           Inhoud     (17)
                                                                           Sintese     (3)
                                                                                      (20)

NOTA:     GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van ŉ
          vloeidiagram, diagramme of tabelle nie.

                                                           TOTAAL AFDELING C:          20

                                                                         TOTAAL:      150

                                           EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Science P1 (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p1-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-possible-answers/846bf94c-4e3c-4745-a5fe-37416d2bc053) — Life Sciences · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
