# Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2019 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/8bc43b46-ab59-4ac7-873b-e2f7aff86566
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/8bc43b46-ab59-4ac7-873b-e2f7aff86566)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

       GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                  VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                          2019
                          10831
                    LEWENSWETENSKAPPE
                       VRAESTEL 1

TYD:     2½ uur

PUNTE:   150

18 bladsye

                                            b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                 LEWENSWETENSKAPPE                2
                                                 (Vraestel 1)      10831/ 19

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                 VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                                LEWENSWETENSKAPPE
                                                                (Vraestel 1)

                                                                TYD: 2½ uur

                                                                PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK neer.

3.   Begin die antwoorde vir elke vraag bo-aan ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

5.   Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.   Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.

7.   Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
     NIE.

9.   Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.

10. Jy KAN ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
    waar nodig.

11. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                    b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                   LEWENSWETENSKAPPE                        3
                                                   (Vraestel 1)      10831/ 19

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
      vraagnommer (1.1.1. – 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld
      1.1.11 D.

      1.1.1   In watter deel van die vroulike voortplantingstelsel vind bevrugting plaas?

              A       Ovarium
              B       Buis van fallopius
              C       Serviks
              D       Vagina

      1.1.2   ŉ Uittreksel vanuit ŉ klier van ŉ volwasse aap was ingespuit in die
              bloedstroom van ŉ jong aap. Dit het veroorsaak dat die aap abnormaal
              lank groei.

              Vanuit watter klier was dié uittreksel verkry?

              A       Hipotalamus
              B       Pituïtêre
              C       Adrenale
              D       Tiroïed

      1.1.3   Bestudeer die onderstaande sisteme.

              (i)     Gaswisseling
              (ii)    Spysvertering
              (iii)   Uitskeiding

              Watter van die bogenoemde sisteme is nie-funksioneel in die menslike
              fetus nie?

              A       (i) en (ii) alleenlik
              B       (ii) en (iii) alleenlik
              C       (i), (ii) en (iii)
              D       (i) en (iii) alleenlik

                                                                                            b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                            LEWENSWETENSKAPPE                                4
                                                            (Vraestel 1)      10831/ 19

1.1.4   Die onderstaande diagram toon die strukture wat betrokke is in die
        refleksaksie.

                                        Warm pan

        Wat is die volgorde waarin diè strukture betrokke is?

        A      P →Q →R →S
        B      P →S →R →Q
        C      Q →R →S →P
        D      Q →S →P →R

1.1.5   Watter grafiek toon die effek van besoedeling deur rioolafval op die
        hoeveelheid opgeloste suurstof in ŉ rivier?

            Opgeloste                                       Opgeloste

            suurstof                                        suurstof
                                         Afstand stroomaf                                 Afstand stroomaf
             Rioolafval vloei in                                    Rioolafval vloei in
                die rivier in                                          die rivier in

             Opgeloste                                      Opgeloste

             suurstof                                       suurstof
                                         Afstand stroomaf                            Afstand stroomaf
                        Rioolafvalvloei in                  Rioolafval vloei in die
                           die rivier in                           rivier in

                                                                                                             b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                       LEWENSWETENSKAPPE             5
                                                       (Vraestel 1)      10831/ 19

1.1.6   Watter EEN van die volgende sluit die uitbroei van bevrugte eiers in die
        vroulike liggaam in, sodat die kleintjies lewendig gebore word?

        A              Uitwendige bevrugting
        B              Ovipaar
        C              Vivipaar
        D              Ovovivipaar

1.1.7   Die deursnit van ŉ persoon se pupil is gemeet oor ŉ tydperk. Die
        resultate word hieronder getoon.

            Deursnit van pupil

                 (mm)

                                                      Tyd(sekondes)

        Gedurende watter tydperiode neem die ligintensiteit die vinnigtse toe?

        A               5 – 10 s
        B              15 – 30 s
        C              35 – 45 s
        D              55 – 60 s

1.1.8   Monokultuur moet vermy word omdat dit …

        A                   bestaande plae se bevolkingsgrootte laat toeneem.
        B                   biodiversiteit laat toeneem.
        C                   gewasopbrengste laat afneem.
        D                   grondvoedingstowwe laat toeneem.

                                                                                     b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                 LEWENSWETENSKAPPE                6
                                                 (Vraestel 1)      10831/ 19

1.1.9   Die vlakke van tiroksien in die liggaam word beheer deur die…

        A       hipotalamus en pituïtêreklier.
        B       tiroïdklier en hipotalamus.
        C       adrenale- en tiroïdklier.
        D       pituïtêre- en tiroïdklier.

1.1.10 Bestudeer die onderstaande diagram.

            1                                                 2

                                                              3
                                                              4
             7

                                                      6 5

        Watter EEN van die volgende verteenwoordig die korrekte byskrifte?

        A        3 –blinde vlek; 4 - choroïed
        B        2 –glasvog; 1 – suspensoriese ligament
        C        5 –optiese senuwee; 7 - pupil
        D        6 –konjuktiva; 3 – geelvlek
                                                                        (10 x 2) (20)

                                                                                   b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                    LEWENSWETENSKAPPE                        7
                                                    (Vraestel 1)      10831/ 19

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
      Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.7) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

      1.2.1   Die tipe ontwikkeling in voëls waar die nakomelinge nie op hul eie kan
              beweeg nie

      1.2.2   ŉ Chemiese stof wat deur endokriene kliere afgeskei word

      1.2.3   Die proses waartydens volgroeide, haploïede sperm geproduseer word
              van die kiemepiteel in die testes gedurende meiose

      1.2.4   Die mislukking van chromosome wat nie skei en segregeer in dogterselle
              gedurende meiose nie

      1.2.5   Die tipe bevrugting wat met vivipaar geassosieer word

      1.2.6   Die groei van dele van ŉ plant wat reageer op swaartekrag

      1.2.7   Die deel waar die oorkruising in chromosome voorkom gedurende
              meiose
                                                                                 (7 x 1)    (7)

1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op slegs A, slegs B,
      beide A en B of geeneen van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B,
      beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.3) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

                           KOLOM I                             KOLOM II

      1.3.1   Oorkruising vind plaas                 A     Profase I
                                                     B     Profase II

      1.3.2   Embrio gevoed van dooier wat in die    A     Ovipaar
              eier gevind word                       B     Ovovivipaar

      1.3.3   Bevorder reabsorpsie van soute in      A     ADH
              die niere                              B     Aldosteroon

                                                                                  (3 x 2)   (6)

                                                                                             b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                  LEWENSWETENSKAPPE               8
                                                  (Vraestel 1)      10831/ 19

1.4   Bestudeer die onderstaande diagram.

      1.4.1   Identifiseer deel:

              (a)    D                                                                (1)
              (b)    G                                                                (1)

      1.4.2   Noem die sisteem van membrane wat die brein omring.                     (1)

      1.4.3   Identifiseer die LETTER alleenlik van die deel van die brein wat:

              (a)    Liggaamstemperatuur beheer
              (b)    Prolaktien produseer
              (c)    Onwillekeurige aksies soos hartklop beheer
              (d)    Geheuestoor beheer en willekeurige aksies                        (4)
                                                                                      (7)

                                                                                  b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                                        LEWENSWETENSKAPPE                                     9
                                                                                                        (Vraestel 1)      10831/ 19

1.5   Die onderstaande grafiek toon die hoeveelheid afval wat van verskillende
      produkte af ontwikkel het en die tyd wat dit elke produk neem om af te breek.

                                                          Die hoeveelheid afval wat ontwikkel van verskillende produkte en die tyd
                                                                                wat dit neem om af te breek.

                 Hoeveelheid afval (tonne)

       Tyd wat dit neem vir afval om af te breek (jare)           Batterye      Aluminiumblikkies    Plastieksakke       Nylonvesels            Leerskoene

                                                                                                    Produkte

                                                                      Hoeveelheid afval (tonne)     Tyd wat dit neem vir afval om af te breek (jare)

      1.5.1                                               Vanaf die grafiek identifiseer EEN biodegradeerbare produk.                                        (1)

      1.5.2                                               Volgens die grafiek, hoe lank neem dit plastieksakke om af te breek?                               (1)

      1.5.3                                               Bereken die persentasie bydrae van plastieksakke tot die totale
                                                          hoeveelheid afval wat vanaf die produkte soos getoon ontwikkel het.
                                                          Toon ALLE berekeninge.                                                                             (3)
                                                                                                                                                             (5)

                                                                                                                                                              b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                 LEWENSWETENSKAPPE                 10
                                                 (Vraestel 1)      10831/ 19

1.6   Bestudeer die onderstaande diagram.

                                               Verhoog bloedglukose
                        Verlaag bloedglukose

      1.6.1   Identifiseer:

              (a)   Orgaan A                                                       (1)
              (b)   Hormoon 2                                                      (1)
              (c)   Orgaan B                                                       (1)

      1.6.2   Noem die siekte wat moontlik kan ontwikkel van ŉ onderafskeiding
              van hormoon 1.                                                       (1)

      1.6.3   Hoe word hormoon 1 en 2 na teikenorgaan A vervoer?                   (1)
                                                                                   (5)

                                                              TOTAAL AFDELING A:   50

                                                                                   b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                            LEWENSWETENSKAPPE                  11
                                                                            (Vraestel 1)      10831/ 19

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   Die onderstaande grafiek toon die veranderinge in die konsentrasie van hormone
      in die bloed van ŉ vrou gedurende haar menstruele siklus.

                                                                       LH

           Hormoonvlakke in die bloed                                             Progesteroon

           (arbitrêre eenhede)
                                                      Estrogeen

                                                                       FSH

                                        Dag 1                          Dag 14                         Dag 28
                                                               Tyd (dae)

      2.1.1                             Verduidelik hoekom die konsentrasie FSH in die bloed toeneem na Dag
                                        1.                                                                      (3)

      2.1.2                             Meld wat sal gebeur met die estrogeenvlakke in die bloed wanneer die
                                        LH vlakke toeneem.                                                      (1)

      2.1.3                             Verduidelik hoekom die estrogeenvlakke afneem na Dag 14.                (2)

      2.1.4                             Met verwysing na hormoonbeheer, beskryf wat menstruasie veroorsaak
                                        tussen Dae 1 – 4.                                                       (2)

      2.1.5                             Beskryf die proses oögenese.                                            (5)

                                                                                                               (13)

                                                                                                                b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                               LEWENSWETENSKAPPE               12
                                               (Vraestel 1)      10831/ 19

2.2   Die onderstaande diagram toon die manlike voortplantingsorgaan.

      2.2.1   Identifiseer:

              (a) A                                                            (1)

              (b) C                                                            (1)

      2.2.2   Verduidelik EEN funksie van deel D.                              (2)

      2.2.3   Verduidelik EEN gevolg vir reproduksie indien B teen dieselfde
              temperatuur was as die res van die liggaam.                      (2)

      2.2.4   Verduidelik TWEE aanpassings van sperm om te verseker dat
              bevrugting suksesvol is.                                          (4)
                                                                               (10)

                                                                                b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                 LEWENSWETENSKAPPE                      13
                                                 (Vraestel 1)      10831/ 19

2.3   Die onderstaande diagram toon ŉ fase in meiose.

      2.3.1   Watter fase van meiose word deur die diagram voorgestel?                  (1)

      2.3.2   Gee ŉ sigbare rede vir jou antwoord in Vraag 2.3.1.                       (2)

      2.3.3   Noem deel A.                                                              (1)

      2.3.4   Hoeveel chromosome …

              (a)   was teenwoordig in die ouersel voor dié sel meiose ondergaan het?   (1)

              (b)   sal teenwoordig wees in elke sel aan die einde van meiose?          (1)

      2.3.5   Gee EEN biologiese belangrik van meiose.                                  (1)
                                                                                        (7)

                                                                                        b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                     LEWENSWETENSKAPPE                      14
                                                     (Vraestel 1)      10831/ 19

2.4   Maria wou ŉ ondersoek instel oor die effek van lig wat van een rigting af kom,
      op die groei van saailinge. Sy het boontjiesade in twee saadbakke geplant en
      dit toegelaat om te ontkiem. Toe die jong saailinge begin verskyn bo die
      grondvlak, is hulle vir drie dae aan lig van alle rigtings blootgestel.

      Na drie dae, het die saadbakke die volgende verskillende behandelinge
      ontvang:

      •       Saadbak A: Die saailinge is blootgestel aan lig vanuit alle rigtings.
      •       Saadbak B: Die saailinge is blootgestel aan lig vanuit slegs een rigting.

      Die onderstaande diagram toon die effek van die behandelinge.

                                                                Lig vanuit een
                 Tydens        Lig vanuit
                                                                rigting
                 begin         alle rigtings     Tydens
                                                 begin

      2.4.1     Verduidelik hoekom dit belangrik is om Saadbak A deel van die
                ondersoek te maak.                                                           (2)

      2.4.2     Verduidelik die resultate wat verkry is in Saadbak B in terme van die rol
                van ouksiene.                                                                (6)

      2.4.3     Gee TWEE faktore wat konstant gehou moes word tydens dié
                ondersoek.                                                                   (2)

                                                                                            (10)
                                                                                            [40]

                                                                                             b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                LEWENSWETENSKAPPE                        15
                                                (Vraestel 1)      10831/ 19

VRAAG 3

3.1   Beskryf hoe akkommodasie plaasvind in die oog vir ver visie.                        (5)

3.2   Motorbestuurders het vinnige reaksies nodig om ongelukke te vermy. ŉ Leerder
      gebruik ŉ rekenaar om die reaksietyd te meet. Die rekenaarskerm wys ŉ
      verkeerslig wat rooi is. Die verkeerslig verander dan na groen. Die onderstaande
      diagram toon die veranderinge wat die persoon op die rekenaarskerm sien.

                  Rooi lig

                                                                     Groenlig

      Wanneer die verkeerslig na groen verander moet die persoon die rekenenaar se
      muis so vinnig as moontlik druk. Die rekenaarprogram werk die tyd uit wat dit
      neem om te reageer as die lig van kleur verander.

      Die leerder het elke afmeting drie keer gedoen om die gemiddelde waarde te
      bereken. Die onderstaande tabel toon die resultate.

                             Ouderdom in         Gemiddelde reaksietyd
                                jare                (millisekondes)
                                 30                        182
                                 45                        221
                                 60                        258
                                 75                        364
                                 90                        526

      3.2.1 Teken ŉ lyngrafiek om die resultate in die bostaande tabel te toon, in jou
            ANTWOORDBOEK.                                                                 (6)

      3.2.2 Sommige mense dink dat ouer mense, wat in die ouderdomsgroep
            75 – 90 nie toegelaat moet word om ŉ motor te bestuur nie.

             Gebruik die inligting van die tabel om te verduidelik hoekom dit meer
             gevaarlik is vir ouer mense om ŉ motor te bestuur.                           (2)

      3.2.3 Gee EEN manier hoe die leerder die betroubaarheid van die resultate kan
            verhoog.                                                                      (1)
                                                                                          (9)

                                                                                         b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                LEWENSWETENSKAPPE                         16
                                                (Vraestel 1)      10831/ 19

3.3   Die onderstaande diagram toon ŉ deel deur die menslike oor.

      3.3.1   Verskaf die LETTER ALLEENLIK van die deel van die oor waar die
              volgende ingesit sal word:

              (a)   ŉ dreineringsbuisie                                                    (1)
              (a)   ŉ kogleêre inplanting                                                  (1)

      3.3.2   Verduidelik hoe die funksionering van die oor geaffekteer sal word indien
              die bene by C versmelt is.                                                   (2)

      3.3.3   ŉ Doelwagter duik om ŉ bal te keer wat na die doelhok geskop word.

              Verskaf ŉ beskrywing oor hoe sy ore en senuweestelsel sy balans
              beheer terwyl hy duik om die bal te keer.                                    (6)
                                                                                          (10)

                                                                                           b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                               LEWENSWETENSKAPPE                        17
                                               (Vraestel 1)      10831/ 19

3.4   Globale verwarming en osoonvernietiging is twee omgewingsuitdagings.

      3.4.1   Wat word met die term koolstofvoetspoor bedoel?                             (2)

      3.4.2   Gee TWEE maniere hoe ons, ons koolstofvoetspoor kan verminder om
              sodoende globale verwarming te laat verminder.                              (2)

      3.4.3   Gee TWEE moontlike gesondheidseffekte op die menslike liggaam,
              indien die osoonlaag verder vernietig word.                                 (2)

      3.4.4   Meeste van Suid-Afrika se elektrisiteit word van steenkool geproduseer.
              Beskryf die impak van die gebruik van dié energiebron op globale
              verwarming.                                                                 (4)
                                                                                         (10)

3.5   Lees die onderstaande leesstuk en beantwoord die vrae wat volg.

       HOEKOM AFRIKA SE GEWASBOERE PLAAGDODERS MOET
          BALANSEER MET ANDER PLAAGBEHEERMETODES
       Wanneer ŉ insekplaag gewasse bedreig, sal baie kleinboere plaagdoders
       gebruik. Dit verminder die plaagvoorvalle direk, wat gewasse erg beskadig.
       Dit beteken hoër opbrengste, hoër inkomste vir boere en minder
       wanvoeding.

       Op die lange duur, is die gebruik van plaagdoders nie volhoubaar nie, want
       baie insekte raak baie gou weerstandig. Die aanhoudende gebruik van
       plaagdoders veroorsaak groot skade aan die natuurlike omgewing.

      3.5.1   Verduidelik wat met die term voedselsekerheid bedoel word.                 (2)

      3.5.2   Gee TWEE voordele met verwysing na die artikel, van die gebruik van
              plaagdoders om plae dood te maak.                                          (2)

      3.5.3   Verduidelik ŉ meer gepaste alternatief, om plae dood te maak.              (2)
                                                                                         (6)
                                                                                        [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:          80

                                                                                          b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                  LEWENSWETENSKAPPE                      18
                                                  (Vraestel 1)      10831/ 19

AFDELING C

VRAAG 4

Simphiwe het deelgeneem aan die Comrades Maraton, wat ŉ langafstand resies is wat
op ŉ vroeë, koue wintersoggend begin.

Beskryf die effek van adrenalien op sy liggaam en hoe sy liggaamstemperatuur
gereguleer was is terwyl hy gewag het om die resies op die koue dag, te begin. Beskryf
ook die veranderinge wat plaasgevind het in sy oë sodat dit kon aanpas by die
toenemende lig, soos die son opgekom het.

                                                                               Inhoud    (17)
                                                                               Sintese    (3)
                                                                                         (20)

NOTA:    GEEN punte sal toegeken word vir ŉ antwoord in die vorm van ŉ vloeidiagram,
         diagramme of tabelle nie.

                                                               TOTAAL AFDELING C:         20

                                                                             TOTAAL:     150

                                             EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2019 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2019-preparatory-examination-possible-answers/89cacd47-ed47-476c-8c59-15b63c491262) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Science P1 (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p1-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
