# Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2016 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/d093546f-02f8-40c8-a592-73cd3859b08b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/d093546f-02f8-40c8-a592-73cd3859b08b)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                      VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                               2016
                               10832

                        LEWENSWETENSKAPPE

                         TWEEDE VRAESTEL

PUNTE:     150

TYD:       2½ uur

19 bladsye

       3

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                             2
                                         (Tweede Vraestel)                  10832/16

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                 VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                                LEWENSWETENSKAPPE
                                                                (Tweede Vraestel)

                                                                TYD: 2½ uur

                                                                PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK neer.

3.   Begin die antwoorde vir elke vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

5.   Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.   Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.

7.   Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

9.   Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.

10. Jy mag ŉ nie- programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.

11. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                           b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                             3
                                        (Tweede Vraestel)                  10832/16

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
      die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
      (1.1.1. to 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

      1.1.1 Watter van die volgende is die korrekte basispaar-volgorde in DNS?

            A      G-S, A-T
            B      T-U, A-G
            C      G-T, A-S
            D      G-S, A-U

      1.1.2 ŉ Navorser het ŉ stamboom (familieboom) saamgestel om genetiese
            siektes in ŉ familie op te spoor.

                                                      SLEUTEL
                                                      ŉ Man met ŉ genetiese siekte

                                                      ŉ Vrou met ŉ genetiese
                                                      siekte

                                                      ŉ Vrou met geen genetiese
                                                      siekte

            Hoe kan die alleel wat die toestand veroorsaak die beste beskryf word?

            A     Ko-dominant
            B     Dominant
            C     Resessief
            D     Geslagsgekoppeld

      1.1.3 Hoeveel geslagschromosome sal ŉ normale menslike vrou erf van haar
            ma?

            A     1
            B     2
            C     23
            D     46

                                                                                          b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                    LEWENSWETENSKAPPE                              4
                                    (Tweede Vraestel)                  10832/16

1.1.4 Watter van die volgende stellings is waar ten op sigte van ŉ mutasie wat ŉ
      dominante alleel sal produseer?

      A      Dit word verwag om dood te veroorsaak.
      B      Dit sal glad nie ŉ populasie beïnvloed nie.
      C      Dit sal ŉ waarneembare funksionele fenotipe in ŉ heterosigotiese
             genotipe gee.
      D      Dit sal ŉ waarneembare funksionele fenotipe in ŉ homosigotiese
             genotipe gee.

1.1.5 Die onderstaande diagramme is ŉ kunstenaar se afdrukke van die
      voorkoms van talle mens of verwante spesies. Die diagramme is nie
      volgens skaal geteken nie.

                 1              2              3               4

      Lys die diagramme in volgorde van mees primitief tot minder primitief.

      A      3, 1, 2, 4
      B      2, 3, 4, 1
      C      3, 2, 1, 4
      D      3, 4, 2, 1

1.1.6 Deur wie en waar was die beroemde fossiel Australopithecus sediba
      gevind?

      A      Lee Burger by die ‘Wieg van die Mensdom’
      B      Robert Broom by die ‘Wieg van die Mensdom’
      C      Raymond Dart by Taung
      D      Louis en Mary Leaky in Tanzanië

                                                                                       b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                    LEWENSWETENSKAPPE                                 5
                                    (Tweede Vraestel)                      10832/16

1.1.7 Die diagramme stel een paar homoloë chromosome gedurende meiose
      voor. Oorkruising is besig om plaas te vind.

                1        2      3    4

                                             Sleutel:
                                                        Oorkruisingspunt

      Die genotipes wat geproduseer is in chromatiede 1 – 4 na oorkruising
      plaasgevind het is... .

      A      ABC, abC, ABc, abc
      B      ABC, aBC, Abc, abc
      C      ABC, ABC, abc, abc
      D      ABC, aBc, Abc, abc

1.1.8 ŉ Wetenskaplike wat die oorerwing van pelskleur in ŉ trop korthoring
      beeste bestudeer het, het die volgende kruising uitgevoer:

                                         X

      Die resultate van dié kruising word in die onderstaande tabel getoon.

                    Fenotipe                    Hoeveelheid
                                                nakomelinge
      Witpels                                        0
      Rooipels                                       0
      Rooi en wit pels                              157
      Totaal                                        157

      Van watter tipe oorerwing was die rooi en wit pelskleur ŉ resultaat?

      A      Onvolledige dominansie
      B      Volledige dominansie
      C      Heterosigotiese ouers
      D      Ko-dominansie

                                                                                          b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                              LEWENSWETENSKAPPE                               6
                                              (Tweede Vraestel)                 10832/16

      1.1.9 Die onderstaande lys toon fossiele wat in Suid-Afrika ontdek is:

               1.       Taung kind
               2.       Klein Voet
               3.       Karabo
               4.       Mevrou Ples

               Watter van die bogenoemde fossiele word geklassifiseer onder die genus
               Australopithecus?

               A        1, 2 en 3
               B        1, 3 en 4
               C        2, 3 en 4
               D        1, 2, 3 en 4

      1.1.10        Noem die fase van meiose wat deur die onderstaande diagram
                    voorgestel word.

                    A   Metafase I
                    B   Anafase I
                    C   Telofase II
                    D   Anafase II
                                                                                     (10x2) (20)

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
      die term langs die vraagnommer (1.2.1 to 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer.

      1.2.1         Plek van DNS replikasie en transkripsie

      1.2.2         Oorblyfsels van organismes wat miljoene jare terug bestaan het

      1.2.3         ŉ Stukkie DNS op ŉ chromosoom wat kodeer vir ŉ sekere eienskap

      1.2.4         ŉ Gesig te hê waar die kake uitwaarts projekteer

      1.2.5         Rangskikking van tande in ŉ kaak
                                                                                                  b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                7
                                         (Tweede Vraestel)                   10832/16

      1.2.6    ŉ Individu met twee kopieë van dieselfde alleel van ŉ spesifieke
               eienskap

      1.2.7    Die aksie om op vier bene te kan loop

      1.2.8    Geen skeiding van chromosome gedurende meiose nie
                                                                                  (8x1) (8)

1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
      SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
      slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
      (1.3.1 – 1.3.4) in die ANTWOORDBOEK neer.

                         KOLOM I                                 KOLOM II
       1.3.1   Bestaan uit dié nukleotied basisse:
                                                       A: DNS
               Adenien, Guanien, Sitosien en
                                                       B: RNS
               Urasiel
       1.3.2   ŉ Geslagsgekoppelde kondisie waar       A: Hemofilie
               bloed nie behoorlik kan stol nie        B: Albinisme

       1.3.3   ŉ Wit blom word met ŉ rooi blom         A: Onvolledige dominansie
               gekruis en produseer pienk blomme       B: Volledige dominansie
                                                       A: Kunsmatige seleksie
       1.3.4   Die omgewing is die selektiewe krag
                                                       B: Natuurlike seleksie
                                                                                  (4x2) (8)

                                                                                              b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE                                8
                                          (Tweede Vraestel)                   10832/16

1.4   Vaderskap toetse sluit TWEE prosedures in wat gebruik kan word om die
      biologiese pa van die kind te bepaal.

      Prosedure 1: ABO bloedgroepe

      Prosedure 2: DNS-profilering

      Die volgende data toon die resultate van twee verskillende prosedures wat
      aangewend word om die biologiese pa van die kind te identifiseer. Die ma van
      die kind is bevestig.

             Prosedure 1: ABO bloedgroep data

                   Ma         Kind        Man 1      Man 2          Man 3
                   A           O           O          A              B

             Prosedure 2: DNS-profilering data

                 Ma      Kind     Man 1     Man 2    Man 3

      1.4.1 Vanaf die ABO bloedgroep data, identifiseer watter man(s) moontlik die
            biologiese pa van die kind kan wees.                                         (1)

      1.4.2 Vanaf die DNS-profiel, identifiseer watter man(s) moontlik die biologiese
            pa van die kind kan wees.                                                    (1)

                                                                                               b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE                                        9
                                          (Tweede Vraestel)                       10832/16

      1.4.3 Gee die genotipe van die bloedgroep:

            (a)     Van die kind                                                             (1)

            (b)     Van die ma                                                               (1)

      1.4.4 Kies TWEE gebruike (anders as vir vaderskaptoetsing) vir DNS-
            profilering vanuit die onderstaande lys. Skryf slegs die toepaslike
            nommers neer.

            (i)     Toets vir spesifieke allele wat ŉ genetiese siekte kan veroorsaak
            (ii)    Groei van weefsels vir orgaanoorplantings
            (iii)   Data navorsing in populasie verspreiding
            (iv)    Identifisering van kriminele                                             (2)
                                                                                             (6)

1.5   Die onderstaande diagram toon ŉ deel van ŉ bRNS- molekuul wat vasgeheg is
      aan ŉ organel in die sitoplasma.

                                                   Aminosuur

                                                       Organel X

                                                          Molekuul Y
       bRNS molekuul

      Die kort lengte van bRNS-volgorde word hieronder getoon:

                    AUG    GSS     USG    AUS    ASG     GSS    AUS    AUG

      1.5.1 Waar in ŉ sel word bRNS gevorm?                                                  (1)

      1.5.2 Meld die maksimum hoeveelheid van aminosure in dié polipeptied
            waarvoor die bogenoemde stuk bRNS kan kodeer.                                    (1)

      1.5.3 Gee die DNS-stikstofbasis drietal vir die bRNS-kodon USG.                        (1)

      1.5.4 Watter proses van proteïensintese stel bogenoemde diagram voor?                  (1)
                                                                                                       b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                  LEWENSWETENSKAPPE                                   10
                                  (Tweede Vraestel)                  10832/16

1.5.5 Benoem:

      (a)   Organel X                                                           (1)

      (b)   Molekuul Y                                                          (1)

1.5.6 Bepaal hoeveel verskillende tipes van Molekuul Y soos getoon in die
      diagram, gebruik sal word om ŉ polipeptied van dié stuk bRNS te
      produseer.                                                                (1)

1.5.7 Indien die bRNS-kodon AUS is. Gee die antikodon volgorde in Molekuul
      Y wat sal bind met die bRNS by die bindingsplek.                          (1)
                                                                                (8)

                                                     TOTAAL AFDELING A: 50

                                                                                       b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                              11
                                         (Tweede Vraestel)                   10832/16

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   Hemoglobien word gemaak van twee tipes polipeptiedkettings. In mense met
      sekelsel anemie, sal een polipeptiedketting een aminosuur hê wat verskillend is
      van die normale volgorde. Dit is as gevolg van ŉ mutasie wat die basisvolgorde
      SAT produseer in plaas van STT in die DNS-molekule.

      Die tabel hieronder toon die bRNS-kodon vir sommige aminosure.

                       bRNS basis       Aminosuur
                         kodon
                          SAU           histidien
                          SAA           glutamien
                          GUA           valien
                          GAA           glutamiensuur
                          SUU           leusien
                          GAU           aspartiensuur

      2.1.1 Meld wat met ŉ mutasie bedoel word.                                          (1)

      2.1.2 Is die bogenoemde mutasie ŉ voorbeeld van ŉ geenmutasie of ŉ
            chromosomale abberasie?                                                      (1)

      2.1.3 Verduidelik jou antwoord in Vraag 2.1.2.                                     (2)

      2.1.4 Gebruik ALLE bogenoemde inligting sowel as die tabel om die volgende
            te bepaal:

            (a)    Aminosuur teenwoordig in normale hemoglobien                          (1)

            (b)    Aminosuur teenwoordig in sekelsel hemoglobien                         (1)
                                                                                         (6)

2.2   Beskryf die proses van hoe ŉ polipeptied gevorm word in die ribosoom
      gedurende proteïensintese.                                                         (6)
                                                                                         (6)

                                                                                         b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                        LEWENSWETENSKAPPE                                12
                                                                        (Tweede Vraestel)                     10832/16

2.3     In twee afsonderlike eksperimente word bloedgroep frekwensie in mense en
        eiergrootte in hoenders ondersoek. Die volgende data is ingesamel en die
        resultate word grafies voorgestel.

                                                   Grafiek A                                      Grafiek B
                                                Bloedgroep frekwensie                          Eiergrootte frekwensie

      Bloedgroep getalle in ŉ populasie
                                                                              Getal hoenders

                                                    Bloedtipe                                      Eiergewig (g)

         2.3.1 Identifiseer watter grafiek die volgende voorstel:

                                          (a)    Kontinue (deurlopende) variasie                                          (1)

                                          (b)    Diskontinue variasie                                                     (1)

        2.3.2 Beskryf die verskille tussen die grafieke, ondersteun jou antwoord met ŉ
              beskrywing van kontinue en diskontinue variasie.                                                            (4)
                                                                                                                          (6)

                                                                                                                          b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                 LEWENSWETENSKAPPE                                     13
                                                 (Tweede Vraestel)                      10832/16

2.4   ŉ Ondersoek is opgestel om die effek van ŉ antibiotika op drie stringe bakterieë
      (A, B en C) te bestudeer. Agar borde is opgestel soos hieronder getoon.

                   Agar bord 1    Agar bord       Agar bord 3        SLEUTEL
                                                                                    Skyf met
                                                                                    dieselfde
                                                                                    antibiotika x
                                                                                    wat op elke
                   Area bedek     Area bedek      Area bedek                        bord

       Metode
                   met            met             met                               geplaas is
                   bakterium A    bakterium B     bakterium C
                                                                                    Helder area
                                                                                    met geen
                                                                                    bakterieë

                                                                                    Bakteriële
                                                                                    groei
                   Ure inkubasie by 37oC vir 48 uur

       Resultaat

                                                      [Aangepas uit 2004 HSC NSW: Afdeling I - Deel B Q27]

Die borde is geïnkubeer by 37oC vir 48 uur. Die diagram van borde 1, 2 en 3 in die
onderste ry toon die resultate van dié ondersoek.

      2.4.1 Formuleer ŉ hipotese vir die ondersoek.                                                      (2)

      2.4.2 Gee die afhanklike veranderlike vir die ondersoek.                                           (1)

      2.4.3 Skryf ŉ gevolgtrekking vir die eksperiment.                                                  (2)

      2.4.4 Gee TWEE ander faktore, wat nie in die vraag gegee is nie, wat konstant
            gehou moet word gedurende die ondersoek.                                                     (2)

      2.4.5 Identifiseer EEN veilige werkpraktyk wat gebruik kan word om risiko’s
            geassosieer met die hantering of identifisering van bakterieë te veminder.                   (1)

      2.4.6 Gee EEN manier waarin die betroubaarheid van die resultate verbeter kan
            word.                                                                                        (1)

      2.4.7 Die wydverspreiding van die gebruik van antibiotika vir behandeling van
            bakteriële infeksies het gelei tot die ontwikkeling van weerstand in
            sommige bakteriële spesies. Gebruik jou kennis oor evolusie en
            verduidelik hoe weerstand in bakteriums ontwikkel het.                                       (5)
                                                                                                        (14)

                                                                                                         b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE                               14
                                          (Tweede Vraestel)                    10832/16

2.5   Kloning is ŉ tegniek wat gebruik kan word om die getalle te verhoog van
      bedreigde spesies.

      2.5.1 Verduidelik watter effek kloning het op die genetiese diversiteit van ŉ
            spesie.                                                                        (2)

      2.5.2 Beskryf TWEE maniere waar kloning in diere of plante voordelig kan wees
            vir die mens.                                                                  (2)
                                                                                           (4)

2.6   Beskryf TWEE maniere waarin gepunktueerde ekwilibrium verskil van Darwin se
      Teorie van natuurlike seleksie.                                                      (4)

                                                                                          [40]

                                                                                           b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                             15
                                         (Tweede Vraestel)                  10832/16

VRAAG 3

3.1   Kleurblindheid is ŉ geslagsgekoppelde oorerwende kondisie wat die
      fotoreseptore van die oog beïnvloed. Dit word veroorsaak deur ŉ resessiewe
      alleel. Die onderstaande diagram toon die oorerwing van kleurblindheid in een
      familie.

                                1         2

       3          4        5        6         7        8         9

       10         11
                                                  12        13        14        15

       SLEUTEL:

             = Kleurblinde man

             = Normale visie man

             = Kleurblinde vrou

             = Normale visie vrou

      3.1.1 Gee bewyse vanaf die diagram wat voorstel dat kleurblindheid:

            (a)    Geslagsgekoppeld is                                                      (1)
            (b)    Veroorsaak word deur ŉ resessiewe alleel                                 (1)

                                                                                        b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                 16
                                         (Tweede Vraestel)                      10832/16

      3.1.2 Gebruik die volgende simbole.

            XD = ŉ X chromosoom wat die normale alleel dra
            Xd = ŉ X chromosoom wat die alleel vir kleurblindheid dra

            Identifiseer al die moontlike genotipes vir die volgende persone:

            (a)    5
            (b)    7
            (c)    8                                                                            (4)

      3.1.3 Neem aan dat Persoon 14 ŉ draer is van die kleurblindheid alleel.
            Sy het onlangs met Persoon 15 getrou.

            Gebruik ŉ genetiese kruising om vas te stel wat die waarskynlikheid is
            dat die eerste kind met kleurblindheid gebore kan word.                          (6)
                                                                                            (12)

3.2   Indiese mielies het vier graan tipes wat kombinasies van kleur en voorkoms
      insluit. Vier allele is betrokke, wat op twee pare homoloë chromosome (elke
      geen op ŉ aparte chromosoom) geleë is. Die allele is:

      B = swart    b= geel       R = rond     r = gerimpeld

      Die onderstaande tabel toon die resultate van ’n kruising tussen twee hibried
      Indiese mielieplante.

                                              Waarneembare hoeveelheid
                   Graan Fenotipe
                                                    nakomelinge
             Swart en rond                                    144
             Swart en gerimpeld                                48
             Geel en rond                                      48
             Geel en gerimpeld                                 16
             TOTAAL                                           256

      3.2.1 Gee die tipe genetiese kruising wat deur bogenoemde tabel voorgestel word.          (1)

      3.2.2 Gee die fenotipe van die ouers.                                                     (2)

      3.2.3 Bepaal die genotipes van die geel en ronde nakomelinge.                             (2)

      3.2.4 Voorspel die moontlike gamete wat deur die ouers geproduseer word.                  (2)

      3.2.5 Gebruik die data en bereken die fenotipiese verhouding van dié kruising.            (2)
                                                                                                (9)

                                                                                            b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                             LEWENSWETENSKAPPE                                 17
                                             (Tweede Vraestel)                  10832/16

 3.3   Bioloë glo dat Mense, Gorillas en Sjimpansees ŉ gemeenskaplike voorvader
       deel. Hulle stem nie altyd saam oor hoe die gemeenskaplike voorvader
       geëvolueer het in dié drie spesies nie.

       Die diagram toon drie modelle wat die evolusionêre verhouding tussen die drie
       spesies en voorvader toon.

       Model 1                         Model 2                       Model 3
       Mense is nou verwant aan        Mense is nou verwant aan      Sjimpansees en gorillas
       gorillas                        sjimpansees                   is nou verwant

               Mense                         Mense                        Mense

                                                         Voorvader

                Gorillas                      Sjimpansees                 Sjimpansees
Voorvader                   Voorvader

               Sjimpansees                   Gorillas                     Gorillas

                                                         [Aangepas uit AQA-AHSH.20-QP-NOV07]

       Die tabel hieronder is ŉ opsomming van sommige beskikbare bewyse van die
       verhouding tussen dié drie spesies.

       Eienskap            Gorillas        Mense          Sjimpansees Model
                                                                      aanwysing
       Ledemaat            Bene korter     Arms korter    Bene korter
                                                                           3
       lengte              as arms         as bene        as arms
       Duime               Kort            Lank           Kort            A
       Molekules                           Nie van
       Menslike            Klein verskil   toepassing     Identies              B
       hemoglobien                         nie

       3.3.1 Gee die relevante evolusionêre verhouding van:

             (a)     A                                                                   (1)

             (b)     B                                                                   (1)

                                                                                                b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                            LEWENSWETENSKAPPE                                        18
                                            (Tweede Vraestel)                   10832/16

       3.3.2 Tabuleer die anatomiese verskille van die skedelrif en werwelkolom
             tussen die Afrika aap en die mens.                                                       (4)

       3.3.3 Baie bewyse van menslike evolusie kom van bestudering van fossiele.
             Stel TWEE maniere voor hoekom fossielbewyse soms moeilik is om te
             interpreteer.                                                                            (2)

       3.3.4 (a)       Definieer die term oorgangspesie.                                              (2)

             (b)       Verduidelik hoekom Australopthecines as die oorgangsspesie
                       tussen Ardipithecus en Homo spesies geag word met betrekking
                       tot die posisie van die foramen magnum.                                        (3)
                                                                                                     (13)

3.4.   Gebruik die inligting in die onderstaande diagram en verduidelik die vorming
       van ŉ nuwe paddaspesie.

            Moddderbank                  Oorstroming veroorsaak
                                         ŉ modderstorting

                                                                             Modderbank
                   Geenvloei

         Populasie and Spesie          Populasie   Populasie      Spesie X                Spesie Y
                                          A          B
               Diagram 1                     Diagram 2                  Diagram 3

                                                                                                      (6)
                                                                                                     [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:                           80

                                                                                                      b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE                               19
                                          (Tweede Vraestel)                   10832/16

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf hoe meiose, mutasies, willekeurige bevrugting en willekeurige paring bydra tot
variasie tussen individue van dieselfde spesie.

                                                                               Inhoud: (17)
                                                                               Sintese: (3)
                                                                                        (20)

LET WEL: Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
         vloeidiagramme, diagramme of tabelle nie.

                                                              TOTAAL AFDELING C: 20

                                                                             TOTAAL: 150

                                            EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f) — Life Sciences · QP · 2015 · Afr
- [Gr12 Life Sciences P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10) — Life Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2019 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2019-preparatory-examination-possible-answers/89cacd47-ed47-476c-8c59-15b63c491262) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
