# Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                   VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                             2015
                             10832
                        LEWENSWETENSKAPPE

                      TWEEDE VRAESTEL
PUNTE: 150
TYD:   2½ uur

Bladsye 19

             3

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                                 2
                                        (Tweede Vraestel)                      10832/15

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                               VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                              LEWENSWETENSKAPPE
                                                              (Tweede Vraestel)

                                                              TYD: 2½ uur

                                                              PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.      Beantwoord AL die vrae.

2.      Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.      Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

5.      Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.      Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.      Teken diagramme, vloeidiagramme en tabelle slegs wanneer dit gevra word.

8.      Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
        NIE.

9.      MOENIE grafiekpapier gebruik nie.

10.     Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
        waar nodig.

11.     Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                          b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                      LEWENSWETENSKAPPE                                  3
                                      (Tweede Vraestel)                  10832/15

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Verskeie keuses word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
      (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11D.

      1.1.1     Die enigste verskil tussen die DNA van een lid van ŉ spesie en ŉ
                ander lid van dieselfde spesie, is die …

                A   volgorde waarin hulle basisse in hulle chromosome voorkom.
                B   bindingstipe teenwoordig tussen die basisse.
                C   getal stringe wat die DNA vorm.
                D   posisie van die fosfaat- en suikergedeelte in die DNA.

      1.1.2     Indien 20% van die basisse in ŉ DNA-molekuul sitosien is, wat is
                die verhouding van guanien tot timien in dieselfde molekuul?

                A   1:1
                B   3:1
                C   3:3
                D   2:3

      1.1.3     Die nakomelinge van ŉ eggeteelde bruin perd wat gekruis is met ŉ
                eggeteelde wit merrie (vroulike perd), is ingeteel. Bruin is dominant.
                Die verwagte persentasie van dié nakomelinge is ...

                A   50% bruin en 50% wit.
                B   100% bruin.
                C   25% bruin en 75% wit.
                D   75% bruin en 25% wit.

                                                                                         b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                     LEWENSWETENSKAPPE                       4
                                     (Tweede Vraestel)           10832/15

1.1.4   Die onderstaande diagram verteenwoordig ŉ fase in meiose.

        Die volgende gebeurtenisse vind plaas in meiose.

        (i)     Chromosome is in metafase I.
        (ii)    Oorkruising het plaasgevind.
        (iii)   Chromosome is in die metafase II stadium.
        (iv)    Chromosome is gerangskik in homoloë pare.

                Watter stellings aangaande die bostaande diagram is
                WAAR?

        A       (i),(ii) en (iii)
        B       (ii),(iii) en (iv)
        C       Slegs (i) en (ii)
        D       (i),(ii) en (iv)

1.1.5   Die natuurlike vorm van ŉ DNA-molekuul is …

        A       ŉ enkel gedraaide string.
        B       ŉ dubbelheliks.
        C       dieselfde as die van tRNA.
        D       dieselfde as die van mRNA.

1.1.6   In DNA, as die volgorde van die basisse AGG TTA CCG op die
        een string is, sal die ooreenstemmende basisse op die ander string
        … wees.

        A        ACC       GGA       TTC.
        B        TAA       CCG       CCT.
        C        TCC       AAT       GGC.
        D        CTT       GGT       CCT.

                                                                             b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                               LEWENSWETENSKAPPE                              5
                               (Tweede Vraestel)                  10832/15

1.1.7    ŉ Tentatiewe verduideliking vir ŉ waarneming staan bekend as
         ŉ…

         A   hipotese.
         B   teorie.
         C   wet.
         D   feit.

1.1.8    Darwin het die meeste van sy waarnemings aangaande evolusie
         op die eilande van … gemaak.

         A   Hawaii
         B   Indonesië
         C   Galapagos
         D   Phi Phi

1.1.9    Homoloë chromosome word beskryf as ...

         A   dieselfde in struktuur en kodeer vir dieselfde eienskappe.
         B   ŉ produk van die verdeling van chromosome.
         C   identiese dogterchromatiede wat gevorm is deur DNA-
             replisering.
         D   twee chromosome wat vir verskillende eienskappe kodeer.

1.1.10   Vier verskillende fenotipes is moontlik in die F1-generasie indien
         die ouers se bloedgroepe ... is.

         A   B en B.
         B   A en B.
         C   O en AB.
         D   AB en AB.                                             (10 x 2)   (20)

                                                                              b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                      LEWENSWETENSKAPPE                              6
                                      (Tweede Vraestel)                  10832/15

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
      slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      1.2.1     Die voorstelling van die DNA van ŉ persoon as ŉ reeks van ligte en
                donker bande

      1.2.2     ŉ Gedeelte van ŉ DNA-molekuul wat vir ŉ spesifieke eienskap
                kodeer

      1.2.3     Die verandering van die genetiese materiaal van ŉ organisme,
                deur die mens, om verlangde veranderinge te verkry

      1.2.4     Die verduideliking dat spesies lang periodes van geen fisiese
                verandering ondervind, gevolg deur kort periodes van vinnige,
                fisiese verandering

      1.2.5     Die fase van meiose waar homoloë chromosome skei en begin
                beweeg na die teenoorgestelde pole

      1.2.6     Die fout in seldeling wat lei tot Downsindroom

      1.2.7     Die struktuur wat gevorm word deur twee chromatiedes wat deur ŉ
                sentromeer verbind word

      1.2.8     ŉ Groep organismes met soortgelyke eienskappe wat kan inteel en
                vrugbare nakomelinge kan voortbring
                                                                                     (8)

                                                                                     b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                      LEWENSWETENSKAPPE                              7
                                      (Tweede Vraestel)                10832/15

1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
      SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
      slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
      (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                    KOLOM I                               KOLOM II
      1.3.1   Het die vorm van die DNA-     A:   Francis Crick
              molekuul ontdek               B:   James Watson
      1.3.2   Bewys vir evolusie            A:   Biogeografie
                                            B:   Genetika
      1.3.3   Darwin se waarnemings         A:   Variasies in bevolkings
                                            B:   Produsering van meer
                                                 nakomelinge as wat nodig is
      1.3.4   ŉ Voorbeeld van ŉ             A:   Spesie-spesifieke hofmakery
              voortplantingsisoleringsme-   B:   Onvrugbare nakomelinge
              ganisme
      1.3.5   Fossielterrein/e in Afrika   A:    Sterkfontein
                                           B:    Groot Skeurvallei
      1.3.6   ŉ Tipe seldeling wat         A:    Meiose
              plaasvind in gameetproduksie B:    Mitose
                                                                           (6 x 2)       (12)

                                                                                     b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                   LEWENSWETENSKAPPE                            8
                                                                   (Tweede Vraestel)                 10832/15

1.4   ŉ Ondersoek is uitgevoer oor ŉ periode van 32 weke om die hipotese dat
      muskiete ŉ weerstand teen DDT ontwikkel, te toets. Die resultate van die
      ondersoek word hieronder gegee. Bestudeer die onderstaande grafiek en
      beantwoord die vrae.

                                              Aantal muskiete wat oorleef het nadat DDT gespuit is
                                          11000

        Aantal muskiete wat oorleef het
                                          10000
                                           9000
                                           8000
                                           7000
                                           6000
                                           5000
                                           4000
                                           3000
                                           2000
                                           1000
                                              0
                                                  0   4     8     12    16   20    24        28      32
                                                           Tyd (weke) wat DDT gespuit is

      1.4.1                                   By watter tydsperiode nadat bespuiting plaasgevind het, het die
                                              muskiete begin om ŉ weerstand teen DDT te ontwikkel?              (2)

      1.4.2                                   Hoeveel muskiete was moontlik nie bestand teen DDT tydens die
                                              eerste bespuiting nie? (Toon alle bewerkinge)                     (2)

      1.4.3                                   Hoe lank het dit die muskietbevolking geneem om hulle maksimum
                                              getal te bereik?                                                  (1)
                                                                                                                [5]

                                                                                                                b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                       9
                                         (Tweede Vraestel)                         10832/15

1.5   Lees die onderstaande paragraaf oor die ‘Afkomstig uit Afrika’-hipotese.

                                 Oorsprong van die moderne mens
              Die ‘Afkomstig uit Afrika’-hipotese stel voor dat die moderne mens slegs
              uit Afrika afkomstig is; daarna het hulle migreer en omtrent 1 000 000
              jaar gelede bevolkings van Homo in Asië en Europa gevestig.
                                                  [Aangepas uit: Biologie, 6de uitgawe, p.359]

      1.5.1        Watter kontinent word beskou as die ‘moederland’ van die Homo
                   spesie?                                                                       (1)

      1.5.2        Noem TWEE tipes bewyse wat gebruik kan word om die ‘Afkomstig
                   uit Afrika’-hipotese te ondersteun.                                           (2)

      1.5.3        Gee die naam van die oudste hominied wat in Afrika gevind is.                 (2)
                                                                                                 [5]
                                                               TOTAAL AFDELING A:                50

                                                                                                 b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                     LEWENSWETENSKAPPE                             10
                                     (Tweede Vraestel)                  10832/15

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   Die volgende diagram toon ŉ belangrike proses wat tydens seldeling
      plaasvind.

                                   PROSES IN SELSIKLUS

                                          Diagram A

      2.1.1    Gee die naam van die proses wat in die bostaande diagram
               voorgestel word.                                                    (1)

      2.1.2    Gedurende watter fase in die selsiklus vind die proses genoem in
               VRAAG 2.1.1 plaas?                                                  (1)

      2.1.3    Beskryf die proses wat geïllustreer word in diagram A.              (3)
                                                                                   (5)

                                                                                   b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                               11
                                       (Tweede Vraestel)                    10832/15

2.2   Mense toon variasies in eienskappe soos hulle vingerafdrukke. Die mens het
      vyf hooftipes vingerafdrukke, soos getoon word in die onderstaande diagram.

      Gepunte boog       Gewone             Lus         Dubbele lus        Gewone
                          boog                                              krans

      Leerders het ŉ ondersoek uitgevoer wat gebasseer was op die volgende
      hipotese wat hulle geformuleer het:

                  “Meeste leerders het die gewone boogtipe vingerafdruk.”

      2.2.1   Gee TWEE beplanningsstappe wat deur die leerders oorweeg moet
              word voordat die ondersoek gedoen word.                                  (2)

      2.2.2   Verduidelik EEN voorsorgmaatreël wat die leerders moet neem om te
              verseker dat die resultate geldig is.                                    (2)

      2.2.3   Gee TWEE maniere hoe die betroubaarheid van die ondersoek
              verbeter kan word.                                                       (2)

      2.2.4   Die resultate van die ondersoek word in die onderstaande tabel
              getoon.

                 Hooftipes vingerafdrukke                Aantal leerders
                       Dubbele lus                             60
                       Lus                                    126
                       Gepunte boog                           115
                       Gewone boog                            120
                       Gewone krans                           159

              (a) Identifiseer die onafhanklike veranderlike in hierdie ondersoek.     (1)

              (b) Identifiseer die afhanklike veranderlike in hierdie ondersoek.       (1)

              (c) Verduidelik of die leerders se hipotese in terme van die
                  aangetekende resultate in die tabel, aanvaar of verwerp sal word.    (2)
                                                                                       (10)

                                                                                       b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                     LEWENSWETENSKAPPE                              12
                                     (Tweede Vraestel)                  10832/15

2.3   Twee paleoantropoloë het dieselfde fossieldata gebruik om ŉ model van ŉ
      evolusionêre hominiedstamboom te teken. Die twee modelle deur hulle
      vervaardig word hieronder getoon. Bestudeer die modelle en beantwoord die
      vrae wat volg.

              FILOGENETIESE STAMBOOM WAT MENSLIKE EVOLUSIE TOON

                  Aangepas vanuit ‘Advanced Biology’, M Kent, 2000

      2.3.1     Gee die naam van die gemeenskaplike voorouer, in beide modelle,
                van alle hominiede.                                                 (1)

      2.3.2     Hoeveel miljoen jaar gelede het Homo erectus in beide modelle die
                eerste keer op aarde verskyn?                                       (1)

      2.3.3     Tabuleer TWEE verskille aangaande die evolusie van Homo
                erectus en Homo habilis in beide modelle.                           (5)

      2.3.4     Gee EEN rede waarom Homo ergaster in Model 1 beskou sal word
                as ŉ ‘oorgangsfossiel’.                                             (1)

      2.3.5     Noem TWEE fossiele wat in Suid-Afrika gevind is wat kenmerke
                van Australopithecus africanus gehad het.                           (2)
                                                                                    (10)

                                                                                    b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                                 13
                                       (Tweede Vraestel)                  10832/15

2.4   In 1997, het wetenskaplikes van die Roslininstituut in Skotland aangekondig dat
      hulle ŉ lam gekloon het van ŉ sel wat geneem is uit die melkklier van ŉ skaap. Die
      lam is ‘Dolly’ genoem en sy was baie bekend omdat sy die eerste soogdier was wat
      gevorm is vanuit ŉ nie-reproduktiewe sel.

      Die onderstaande diagram toon ŉ opsomming van die proses wat die
      wetenskaplikes gebruik het.

                                                      Aangepas vanaf James Torrence

      2.4.1   Is Sel A gevorm deur mitose of meiose? Gee ŉ rede vir jou antwoord.         (2)

      2.4.2   Gee EEN rede waarom die nukleus van die eiersel van die ‘ander skaap’
              weggegooi is.                                                               (1)

      2.4.3   Verduidelik waarom die woorde ‘bevrugte eiersel’ in aanhalingstekens is.    (1)

      2.4.4   Gee EEN rede waarom sommige mense gekant kan wees teen kloning.             (1)
                                                                                          (5)

                                                                                         b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                                14
                                        (Tweede Vraestel)                   10832/15

2.5   Daar is gevind dat in ŉ sekere papegaaitipe rooi oogkleur (R) dominant is oor
      swart oogkleur (r), terwyl grys stertvere (G) dominant is oor wit stertvere (g).

      ŉ Papegaaiteler het ŉ wyfie wat homosigoties is vir rooi oë en grys stertvere
      gekruis met ŉ mannetjie wat homosigoties is vir swart oë en wit stertvere.

      2.5.1   Gee die genotipe van die:

              (a)    Papegaaiwyfie                                                       (1)

              (b)    Papegaaimannetjie                                                   (1)

      2.5.2   Skryf die genotipes van die gamete van die wyfie neer.                     (2)

      2.5.3   Gee die fenotipe van ŉ nakomeling wat die volgende genotipe het:

              (a)    rrGg                                                                (1)

              (b)    RrGg                                                                (1)
                                                                                         (6)

2.6   Onderskei tussen:

      2.6.1   Kontinue en                                                                (2)

      2.6.2   Diskontinue variasie                                                       (2)
                                                                                         (4)
                                                                                         [40]

                                                                                         b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                               15
                                       (Tweede Vraestel)                   10832/15

VRAAG 3

3.1   Die volgende diagram illustreer die evolusionêre seleksieproses vir lang
      slurpe in olifante. Die mees waarneembare eienskap van alle olifante is ŉ
      lang slurp, wat vir verskeie doeleindes gebruik word, veral asemhaling, opsuig
      van water en die gryp van voorwerpe.

                                                              B

                        A

                                            C

      3.1.1   Gebruik die bostaande diagramme en verduidelik hoe Darwin
              rekenskap sou gee vir die lang slurpe van olifante.                      (6)

      3.1.2   Gee TWEE wette van Lamarck.                                              (2)
                                                                                       (8)

                                                                                       b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                    LEWENSWETENSKAPPE                             16
                                    (Tweede Vraestel)                  10832/15

3.2   Mense word geklassifiseer as primate, ŉ groep wat sjimpansees insluit.
      Alhoewel daar verskille is tussen mense en lewende primate, deel ons ook
      baie kenmerke met hulle, wat ŉ gemeenskaplike voorouer impliseer.

      Bestudeer die onderstaande diagramme wat die pelvis van Pan troglodyte
      (sjimpansee) en Homo sapiens voorstel en beantwoord die vrae wat volg.

      3.2.1    Wat word bedoel met die term bipedalisme?                          (2)

      3.2.2    Verduidelik TWEE voordele van bipedalisme.                         (4)

      3.2.3    Verskaf TWEE redes waarom die pelvis van Homo sapiens in
               vergelyking met sjimpansees beter aangepas is vir bipedalisme.     (4)
                                                                                  (10)

                                                                                  b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                     LEWENSWETENSKAPPE                             17
                                     (Tweede Vraestel)                 10832/15

3.3   Die onderstaande diagram toon die skedels van twee verskillende hominiede.
      Gebruik die diagramme en beantwoord die vrae wat volg.

      3.3.1     Watter een van die diagramme verteenwoordig ŉ Australopithecus
                sp.?                                                               (1)

      3.3.2.    Tabuleer TWEE waarneembare verskille tussen die kranium en
                wenkbrouriwwe van A en B wat aandui dat daar ŉ evolusionêre
                tendens is in homoniede.                                           (5)

      3.3.2     Beskryf EEN manier waarop die skedel van A aangepas is vir ŉ
                dieet van rou, harde voedsel.                                      (2)
                                                                                   (7)

                                                                                   b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                               18
                                       (Tweede Vraestel)                   10832/15

3.4   Die onderstaande stamboomdiagram toon die oorerflikheid van kleurblindheid
      in ŉ familie. Die normale alleel word verteenwoordig deur XD en die alleel wat
      kleurblindheid veroorsaak deur Xd.

                    STAMBOOMDIAGRAM OM DIE OORERFLIKHEID VAN
                            KLEURBLINDHEID TE TOON

      3.4.1   Bepaal die :

              (a)   Fenotipe van individu D                                            (1)

              (b)   Genotipe van individu A                                            (2)

      3.4.2   Gee EEN rede waarom kleurblindheid             beskou   word   as   ŉ
              geslagsgekoppelde afwyking.                                              (1)

      3.4.3   Verduidelik waarom vrouens ŉ kleiner kans het as mans om aan
              kleurblindheid te lei.                                                   (3)

      3.4.4   Stel ŉ genetiese kruising voor om aan te dui wat die persentasie kans
              is vir individue B en C om nog ŉ kleurblinde seun te hê.                 (7)
                                                                                       (14)
                                                                                       [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:          80

                                                                                       b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                              19
                                         (Tweede Vraestel)                  10832/15

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf die proses waartydens proteïene vervaardig word in die selle van die menslike
liggaam en verduidelik hoe geenmutasies lei tot veranderde eienskappe wat hemofilie,
albinisme en kleurblindheid tot gevolg het.
                                                                              Inhoud:   (17)
                                                                             Sintese:    (3)

LET WEL:    GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
            vloeidiagramme, diagramme of tabelle NIE

                                                             TOTAAL AFDELING C:         20
                                                                 GROOTTOTAAL:           150

                                           EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-possible-answers/846bf94c-4e3c-4745-a5fe-37416d2bc053) — Life Sciences · Memo · 2015 · Afr
- [Gr12 Life Sciences P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10) — Life Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2019 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2019-preparatory-examination-possible-answers/89cacd47-ed47-476c-8c59-15b63c491262) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
