# Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                    VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                             2020
                             10832

                      LEWENSWETENSKAPPE

                           VRAESTEL 2

TYD:     2½ uur

PUNTE: 150

17 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE
                                                                                       2
                                         (Vraestel 2)                       10832/20

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK neer.

3.   Begin die antwoorde vir elke vraag bo-aan ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

5.   Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.   Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.

7.   Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
     NIE.

9.   Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.

10. Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
    waar nodig.

11. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                       b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE
                                                                                      3
                                       (Vraestel 2)                        10832/20

AFDELING A
VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
      vraagnommer (1.1.1 tot– 1.1.9) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld
      1.1.10 D.

      1.1.1   Watter van die volgende stellings ondersteun die teorie van evolusie?

              A     Alle lewe op aarde het op land ontstaan.
              B     Rotse word gedateer deur radiometriese datering.
              C     Genotipes en fenotipes van individue van dieselfde spesie is
                    almal identies.
              D     Fossiele toon dat lewe, ŉ lang geskiedenis het.

      1.1.2   Watter van die volgende is die KORREKTE definisie van ŉ spesie?

              A     ŉ Groep soortgelyke organismes, wat in dieselfde habitat op
                    dieselfde tyd leef
              B     ŉ Groep soortgelyke organismes wat dieselfde
                    chromosoomgetal het
              C     ŉ Groep organismes wat soortgelyke groottes, vorm en kleur
                    het
              D     ŉ Groep soortgelyke organismes wat kan kruisteel om vrugbare
                    nakomelinge te produseer

      1.1.3   In konyne, is grys pelskleur dominant oor wit pelskleur.
              ŉ Heterosigotiese gryskonyn paar met ŉ witkonyn.
              Wat is die persentasie kans dat die nakomelinge grys is?

              A     50
              B     100
              C     0
              D     25

      1.1.4   Die volgende is die DNS-basisvolgorde kode vir ŉ deel van ŉ
              spesifieke proteïen:

                               GTT TAC TAC TCT TCT TCT TTA

              Hoeveel soorte aminosure word gekodeer deur dié volgorde?

              A     3
              B     7
              C     4
              D     5

                                                                                      b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE
                                                                                   4
                                         (Vraestel 2)                   10832/20

1.1.5   ŉ Filogenetiese stamboom verteenwoordig. ..

        A       die hoeveelheid spesies op aarde.
        B       moontlike evolusionêre verwantskappe.
        C       slegs organismes wat nou uitgesterf het.
        D       slegs spesies wat aan dieselfde genus behoort.

1.1.6   In meervoudige allele …

        A       is daar meer as een geen wat ŉ eienskap beheer.
        B       is daar meer as twee allele wat voorkom vir dieselfde geen.
        C       kodeer baie gene vir dieselfde allele.
        D       is daar slegs twee allele vir ŉ spesifieke geen.

1.1.7   Wetenskaplikes wou ondersoek instel wat die effek van insekdoders
        op muskiete is.

        Hulle het enkele van die volgende stappe uitgevoer, hoewel dit nie
        noodwendig in hierdie volgorde was nie:

        (i)         Die eerste monster muskiete is versamel.
        (ii)        Die data is in ŉ tabel aangeteken.
        (iii)       Daar is besluit waar om die muskiete te versamel.
        (iv)        ŉ Metode is gekies, oor hoe om die muskiete te vang.
        (v)         Die konsentrasie van die dosis insekdoders, is bepaal.

        Watter van die volgende kombinasies stel die beplanningstappe van
        dié ondersoek voor?

        A       (i), (ii), (iii), (iv) en (iv)
        B       (ii), (iii), (iv) en (v) alleenlik
        C       (ii), (iii) en (iv) alleenlik
        D       (iii), (iv) en (v) alleenlik

                                                                                   b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE
                                                                                    5
                                          (Vraestel 2)                   10832/20

VRAAG 1.1.8 is gebaseer op die onderstaande inligting, diagram en tabel.

Drie verwante insekspesies is bestudeer in drie afsonderlike liggings. Die
insekte kan grys of swart in kleur wees en kan vlerke hê of hulle is vlerkloos.
Wetenskaplikes gebruik hul fenotipe, ligging en fossielouderdom as bewys vir
spesiasie.

                               Eiland A

                                                                    Afrika-kus

                                      Eiland B

                                                             Ouderdom van
                Ligging               Eienskappe
                                                             fossielbewyse
        Eiland A              Grysliggaam, vlerkloos    100 000 jaar gelede

        Eiland B              Swartliggaam, vlerkloos   100 000 jaar gelede

        Afrika-kus            Grysliggaam, met vlerke   1 000 000 jaar gelede

1.1.8    Hieronder is ŉ lys met moontlike verklarings rakende hul spesiasie:

         (i)        Die Afrika-kus is minder winderig as die ander twee eilande.
         (ii)       Die gemeenskaplike voorouers migreer van eiland A na die
                    Afrika-kus.
         (iii)      Eiland B het donkerder grond.
         (iv)       Die insekte op die twee eilande evoleer as gevolg van
                    identiese omgewingstoestande.
         (v)        Spesiasie het plaasgevind as gevolg van geografiese isolasie.

         Watter EEN van die volgende is die korrekte kombinasie as ŉ
         verduideliking, van dié spesiasie?

          A          (i), (ii), (iii), (iv) en (v)
          B          (i), (iii) en (v) alleenlik
          C          (iii) en (iv) alleenlik
          D          (ii), (iii) en (iv) alleenlik

                                                                                    b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE
                                                                                          6
                                       (Vraestel 2)                       10832/20

      1.1.9   ŉ Seun is kleurblind. Wat kan die moontlike genotipe van sy ma
              wees?

              A     bb
              B     XbY
              C     XBXb
              D     XBXB
                                                                               (9 x 2) (18)

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
      Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.9) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

      1.2.1    Die tipe oorerwing wat lei tot ŉ intermediêre fenotipe in die
               heterosigotiese toestand

      1.2.2    Die mislukking van ŉ paar homoloë chromosome om normaal te skei
               gedurende meiose

      1.2.3    Die tipe vinger aan die hand in mense wat voorsiening maak vir beter
               greep en manipulasie van gereedskap

      1.2.4    ŉ Genetiese afwyking wat gekenmerk word deur die afwesigheid van
               ŉ bloedstollingsfaktor

      1.2.5    Die plek waar meiose voorkom in mans

      1.2.6    Die fase van meiose waartydens homoloë chromosome pare vorm

      1.2.7    Die genus waaraan mense behoort

      1.2.8    Ongedifferensieerde selle wat aan enige tipe liggaamsel oorsprong
               kan gee

      1.2.9    ŉ Verduideliking van ŉ waarneming wat ondersteun word deur feite,
               modelle en wette
                                                                         (9 x 1)        (9)

                                                                                          b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE
                                                                                        7
                                         (Vraestel 2)                        10832/20

1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
      SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
      slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
      vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer.

                         KOLOM I                             KOLOM II
          1.3.1 Bewyse vir evolusie             A: Modifikasie deur afstamming
                                                B: Biogeografie
          1.3.2 Die vorming van haploïede selle A: Meiose
                                                B: Mitose
          1.3.3 Voorbeeld van diskontinue       A: Lengte
                variasie                        B: Haarkleur
                                                                             (3 x 2)     (6)

1.4   Die onderstaande tabel toon die ouderdom en ontdekkingsterreine van sommige
      hominiene fossiele aan.

                                      Ouderdom van
              Fossielspesies                                  Fossielterrein
                                       fossiel (mjg)

       Ardipithecus ramidus               5–4          Noordoos-Ethiopië

       Australopithecus afarensis        4 – 2,7       Ethiopië, Kenia, Tanzanië

       Australopithecus africanus         3–2          Taung: Sterkfontein

       Homo habilis                      2,2 – 1,6     Tanzanië

      1.4.1     Noem die hoof wêrelderfenisterreine waar die volgende fossiele gevind
                is.

                (a)   Australopithecus africanus                                        (1)

                (b)   Ardipithecus ramidus                                              (1)

      1.4.2     Noem die genus van die fossiel wat in Ethiopië ontdek is en as die mees
                onlangse voorvader van alle Australopithecines beskou word.             (1)

      1.4.3     Watter ANDER spesies het dieselfde tyd bestaan as:

                (a)   Ardipithecus ramidus?                                             (1)

                (b)   Homo habilis?                                                     (1)

                                                                                         b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                             LEWENSWETENSKAPPE
                                                                                            8
                                             (Vraestel 2)                      10832/20

      1.4.4        Noem EEN eienskap van Australopithecines se ruggraat wat geskik is
                   vir tweevoetige beweging.                                          (1)

      1.4.5        Noem TWEE fossiele van Australopithecus africanus, wat in of naby die
                   Sterkfonteingrotte gevind is.                                         (2)

      1.4.6        Watter ander spesie van Australopithecus is onlangs ontdek, wat
                   vermoedelik ŉ oorgangsfossiel is?                                        (1)
                                                                                            (9)

1.5   Die onderstaande diagram toon twee chromosome in ŉ menslike sel wat meiose
      ondergaan.
      Die letters op die chromosome dui die allele aan vir haarkleur en sproete, as volg:
      swart hare (B); blonde hare (b); sproete (F) en geen sproete (f).

               X

                                                b     b B B

               Y

                                                F     F f   f

               Z

       1.5.1       Identifiseer die fase van meiose wat in die diagram getoon word.         (1)

       1.5.2       Verskaf byskrifte vir X, Y en Z.                                         (3)

       1.5.3       Noem TWEE prosesse in meiose wat verseker dat genetiese variasie
                   voorkom in die geproduseerde gamete.                             (2)

      1.5.4.       Gee die:

                   (a)   Resessiewe fenotipe vir haarkleur                                  (1)
                   (b)   Genotipe van die individu                                          (1)
                                                                                            (8)

                                                                   TOTAAL AFDELING A: 50
                                                                                             b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE
                                                                                        9
                                       (Vraestel 2)                        10832/20

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   ŉ Genetiese toestand in beeste, wat spierhipertrofie of dubbel-spier fenotipe
      genoem word, wat lei tot ŉ toename in die hoeveelheid spiervesels. Die toestand
      word veroorsaak deur ŉ resessiewe alleel en veroorsaak probleme om te kalf
      (geboorte gee), verminderde spanningsverdraagsaamheid, verminderde
      vrugbaarheid en verminderde kalfoorlewing.

      Wanneer vleisbeeste kunsmatig geselekteer word weens hul vleisproduserende
      eienskappe, is dit waargeneem dat die toestand meer gereeld voorgekom het.

      2.1.1    Wat is kunsmatige seleksie?                                              (2)

      2.1.2    Gee TWEE negatiewe gevolge van spierhipertrofie.                         (2)

      2.1.3    Hoekom sou wetenskaplikes voortgaan met kunsmatige seleksie,
               alhoewel dit die kanse vir die toestand wat voorkom sal verhoog? (3)

      2.1.4    Gebruik ŉ genetiese kruising om aan te toon dat ŉ normale koei en ŉ
               normale bul nakomelinge met dié toestand kan produseer. Gebruik die
               letter (N) om normale spierproduksie aan te dui en (n) vir dié dubbel-
               spier toestand.                                                        (6)

      2.1.5    Gebruik die genotipiese verhouding van die F1 generasie in
               VRAAG 2.1.4 om te verduidelik waarom kruisteling van individue van die
               F1 generasie die herhaaldelike voorkoms van die toestand sal verhoog.    (3)
                                                                                        (16)

                                                                                         b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                           LEWENSWETENSKAPPE
                                                                                                10
                                           (Vraestel 2)                            10832/20

2.2   Bloedgroepe in mense word bepaal deur drie allele, van ŉ enkele geen. Elke
      alleel kodeer vir ŉ antigeen op ŉ rooibloedsel, wat ŉ spesifieke vorm het. Die
      allele, antigene en bloedgroepe word in die onderstaande tabel getoon.

                   Allele                 IA         IB          i         IA IB

                 Antigeen                 A          B         Geen       Beide

              Antigeenvorm                                     n.v.t.      en

         Fenotipe (bloedgroep)            A          B           1             2

              Rooibloedsel se
                voorkoms                                         X          Y

      2.2.1     Identifiseer die vermiste bloedgroepe 1 en 2 onderskeidelik.                  (2)

      2.2.2     Teken ŉ skematiese diagram van die twee rooibloedselle X en Y, wat
                bloedgroep 1 en 2 onderskeidelik, voorstel.                        (5)
                                                                                   (7)

                                                                                                    b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                           LEWENSWETENSKAPPE
                                                                                               11
                                           (Vraestel 2)                       10832/20

2.3   ŉ Man beweer dat hy die vader van ŉ kind is. Die ma ontken dat hy die
      biologiese pa is en vra ŉ DNS-vaderskaptoets aan.

      Die DNS-profiel van die ma, kind en beweerde vader word hieronder getoon.

                                                           Sleutel:
                                                           M: Ma
                                                           C: Kind
                                                           AF: Beweerde Pa

      2.3.1     Is dié man die biologiese pa?                                            (1)

      2.3.2     Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.3.1.                                 (3)

      2.3.3     Gee TWEE ander gebruike vir DNS-profilering.                             (2)
                                                                                         (6)

2.4     In eekhoringapies, is daar twee allele vir kleurvisie wat op die X chromosome
        gevind is.
        XR kodeer vir rooi kleurvisie en XG kodeer vir groen kleurvisie.
        Manlike apies kan die genotipe XR Y of XG Y alleenlik hê.

        2.4.1     Watter gevolgtrekking rakende MANLIKE eekhoringapies kan
                  gemaak word deur bogenoemde inligting, rakende hulle kleurvisie? (2)

        2.4.2     Eekhoringapies woon in bome en voed grotendeels op vrugte en
                  insekte. Stel EEN rede voor waarom die vermoë om te onderskei
                  tussen rooi en groen, relevant kan wees vir hul oorlewing.    (1)

        2.4.3     ŉ Vroulike eekhoringapie kan ook rooi of groen kleurblindheid hê.
                  Verduidelik hoe dit moontlik is.                                  (2)
                                                                                    (5)

                                                                                               b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE
                                                                                          12
                                       (Vraestel 2)                      10832/20

2.5   ŉ Outosomale genetiese afwyking, bekend as Marfan-sindroom affekteer die
      bindweefsel van die liggaam en word veroorsaak deur ŉ dominante alleel (T).

      Die onderstaande stamboomdiagram toon die oorerwing van dié afwyking, in ŉ familie.

                 SLEUTEL:

                 Man met Marfan-sindroom

                 Man sonder Marfan-sindroom

                 Vrou met Marfan-sindroom

                 Vrou sonder Marfan-sindroom

                                      A           B

                          C       D         E          F        G

                          H       I         J      K        L       M

      2.5.1   Gee die genotipes van individue A en B onderskeidelik.                (2)

      2.5.2   Gee die letter/s van AL die moontlike heterosigotiese individu/e, in
              die tweede generasie.                                                (1)

      2.5.3   Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 2.5.2.                           (2)

      2.5.4   Individu M is getroud met ŉ vrou wat heterosigoties is, vir dié
              afwyking. Watter persentasie van hul nakomelinge sal sonder
              Marfan-sindroom wees?                                           (1)
                                                                              (6)
                                                                              [40]

                                                                                          b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                           LEWENSWETENSKAPPE
                                                                                             13
                                           (Vraestel 2)                        10832/20

VRAAG 3

3.1   Lees die onderstaande uittreksel.

              Pikkewyne is voëls wat nie kan vlieg nie. Dit maak hulle nie goeie kandidate
              vir oorlewing nie. In Antarktika, en ander plekke waar pikkewyne woon, is
              daar slegs ŉ paar natuurlike predatore op land. Daar is ook meer prooi
              beskikbaar in die water, as op land. Om hul vliegvermoë te verloor is dus
              nie ŉ groot nadeel vir die pikkewyne nie.

              Egter, in plaas daarvan om te vlieg, is pikkewyne aangepas om meester
              swemmers te wees. Dit bevoordeel hulle baie om voedsel te vind en te
              ontsnap van predatore in die water. Die vlerke is kort met swaar bene, wat
              hulle beter geskik maak vir swem, as om te vlieg. Die fossiele van
              pikkewynvoorouers toon dat hul vlerke groter was en hul bene baie ligter.

      3.1.1       Noem EEN rede hoekom die pikkewyne nie benadeel word as hulle,
                  hul vliegvermoë verloor nie.                                               (1)

      3.1.2       Lys TWEE maniere waarom pikkewyne baat vind by verbeterde
                  akwatiese beweging.                                                        (2)

      3.1.3       Gebruik Darwin se teorie van natuurlike seleksie om te verduidelik hoe
                  al die pikkewyne geëvolueer het, om kort vlerke met swaar bene te hê.
                                                                                             (6)
                                                                                             (9)

3.2    Die onderstaande diagram toon evolusie oor ŉ tydperk en is kenmerkend van
       gepunte ewewig.

                         Evolusie
                                           A      B

                                                        Tyd

      Gebruik die byskrifte A en B op die grafiek om gepunte ewewig te verduidelik.          (5)

                                                                                               b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE
                                                                                        14
                                       (Vraestel 2)                         10832/20

3.3   ŉ Meer was eens vol water en ŉ visbevolking kon vrylik deur die meer beweeg. ŉ
      Erge droogte het veroorsaak dat die watervlakke in die meer daal, sodat die
      visbevolking geskei is, soos in die diagram hieronder getoon.
      Baie jare later is ontdek, dat spesiasie plaasgevind het.

      3.3.1   Beskryf die soort spesiasie wat in die diagram geïllustreer word.         (6)

      3.3.2   Verskillende visspesies broei op verskillende tye van die jaar. Beskryf
              hoe die voortplantingsisolasiemeganisme help, om spesies apart te hou.
                                                                                        (3)
                                                                                        (9)

                                                                                        b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                      LEWENSWETENSKAPPE
                                                                                        15
                                      (Vraestel 2)                     10832/20

3.4   Die onderstaande diagramme toon die skelet van ŉ moderne mens en ŉ
      Afrika-aap. Die diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE.

                                A

                                                         B

      3.4.1   Watter organisme A of B, het ŉ bekkengordel gepas vir
              tweevoetigheid?                                                     (1)

      3.4.2   Verduidelik jou antwoord in VRAAG 3.4.1.                            (2)

      3.4.3   Tabuleer TWEE verskille tussen die skedel van organisme A en
              organisme B.                                                        (5)
                                                                                  (8)

                                                                                        b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                      LEWENSWETENSKAPPE
                                                                                                                      16
                                                      (Vraestel 2)                                       10832/20

3.5   Die onderstaande kaart illustreer ŉ moontlike teorie oor hoe die moderne
      mens na alle wêrelddele gemigreer het.

                                           35,000 – 25,000
                                           jare gelede
                          40,000
                          jare gelede

                                                                                          12,000?
                                                                                          jare gelede
                                 100,000 –                             1,400
                                 90,000 jare gelede                    jare
                                                             60,000 –  gelede
                                                             50,000
                                                             jare gelede   3,000 –
                150,000 – 100,000 jare gelede                              2,000

                                                                           jare
                                                                                         1,500
                                                                           gelede
                                                                                         jare
                                                                                         gelede
                                                                                1,000
                                                                                jare
                                                                                gelede
                                                                                           11,000
                                                                                           jare gelede

      3.5.1    Noem die hipotese wat dié teorie ondersteun.                                                         (1)

      3.5.2    Beskryf die genetiese bewyse wat die hipotese in VRAAG 3.5.1 sal
               ondersteun.                                                                                          (4)

      3.5.3    Beskryf die fossielbewyse van hominiede wat in Afrika gevind is, wat
               die migrasie van moderne mense ondersteun, soos op die kaart
               getoon.                                                              (4)
                                                                                    (9)
                                                                                    [40]

                                                                                 TOTAAL AFDELING B: 80

                                                                                                                          b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE
                                                                                          17
                                        (Vraestel 2)                       10832/20

AFDELING C

VRAAG 4

“ ŉ Geen kan beskryf word as die volgorde van basisse op ŉ DNS-molekule wat kodeer
vir die sintese van ŉ spesifieke proteïen.”

Bespreek die proses van transkripsie en translasie en verduidelik hoe ŉ geenmutasie die
proteïen wat gevorm moet word, kan verander.

                                                                               Inhoud:    (17)
                                                                               Sintese:    (3)
                                                                                          (20)

NOTA: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme,
      tabelle of diagramme nie.
                                                            TOTAAL AFDELING C:            20

                                                                             TOTAAL:      150

                                           EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f) — Life Sciences · QP · 2015 · Afr
- [Gr12 Life Sciences P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10) — Life Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2019 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2019-preparatory-examination-possible-answers/89cacd47-ed47-476c-8c59-15b63c491262) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
