# Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/36399e4a-ae8a-485a-8c6d-db1ab4ddaa5e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/36399e4a-ae8a-485a-8c6d-db1ab4ddaa5e)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                          2017
                  NASIEN RIGLYNE

               LEWENSWETENSKAPPE (V2) (10832)

12 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10832/17

                    GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                             VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                               LEWENSWETENSKAPPE
                                                               (Tweede Vraestel)

                                                               MEMORANDUM

BEGINSELS MET BETREKKING TOT DIE NASIEN VAN LEWENSWETENSKAPPE – 2017

1.    Indien meer inligting as die puntetoekenning gegee word
      Hou op merk nadat die maksimum punte verkry is en trek ŉ kronkellyn en dui
      'maks'-punte in die regterkantse kantlyn aan.

2.    Indien, byvoorbeeld, drie redes vereis en vyf word gegee
      Merk net die eerste drie, ongeag of almal of sommige korrek/nie korrek is nie.

3.    Indien die hele proses beskryf word terwyl slegs ŉ deel vereis word
      Lees alles en krediteer die relevante dele.

4.    Indien vergelykings vereis word, maar beskrywings word gegee
      Aanvaar indien die verskille/ooreenkomste duidelik is.

5.    Indien tabulering vereis word, maar paragrawe word gegee
      Kandidate sal punte verbeur indien nie getabuleer nie.

6.    As geannoteerde diagramme aangebied word, terwyl beskrywings vereis word
      Kandidate sal punte verbeur.

7.    Indien vloeidiagramme i.p.v. beskrywings aangebied word
      Kandidate sal punte verbeur.

8.    Indien die volgorde vaag is en skakelings nie sin maak nie
       Krediteer waar volgorde en skakelings korrek is. Waar volgorde en skakelings nie
       korrek is nie, moenie krediteer nie. As die volgorde en skakelings weer korrek is,
       gaan voort om te krediteer.

9.    Onherkenbare afkortings
      Aanvaar indien dit aan die begin in die antwoord omskryf is. Indien dit nie omskryf is
      nie, moenie die onherkenbare afkorting krediteer nie, maar krediteer die res van die
      antwoord indien dit korrek is.

10.   Verkeerd genommer
      Indien die antwoord die regte volgorde van die vrae pas, maar die verkeerde
      nommer word gegee, is dit aanvaarbaar.

11.   Indien taal wat gebruik word, die bedoelde betekenis verander
      Moenie aanvaar nie.

                                           2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                  10832/17

12.   Spelfoute
      Aanvaar as dit herkenbaar is, mits dit nie iets anders in Lewenswetenskappe
      beteken nie of as dit buite konteks is.

13.   Indien gewone name gegee word in terminologie
      Aanvaar, mits dit by die nasionale memobespreking aanvaar is.

14.   Indien slegs die letter vereis word, maar slegs die naam word gegee (en
      andersom)
      Moenie krediteer nie.

15.   As eenhede nie in mate aangedui word nie
      Kandidate sal punte verbeur. Memorandum sal afsonderlik punte vir eenhede
      aandui.

16.   Wees sensitief vir die betekenis van die antwoord, wat soms op verskillende
      maniere aangebied kan word

17.   Opskrif
      Alle illustrasies (diagramme, grafieke, tabelle, ens.) moet ŉ opskrif hê.

18.   Vermenging van amptelike tale (terme en konsepte)
      ŉ Enkele woord of twee wat in enige amptelike taal voorkom anders as die leerder
      se assesseringstaal waarin die meeste van sy/haar antwoorde aangebied word,
      moet gekrediteer word, indien dit korrek is. ŉ Nasiener wat in die relevante
      amptelike taal vaardig is, moet geraadpleeg word. Dit geld vir alle amptelike tale.

19.   Veranderinge aan die memorandum
      Geen veranderinge mag aan die goedgekeurde memorandum aangebring word
      sonder dat daar met die provinsiale interne moderator beraadslaag is nie.

                                            3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                      10832/17

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    1.1.1   B

       1.1.2   B

       1.1.3   B

       1.1.4   D

       1.1.5   D

       1.1.6   B

       1.1.7   C

       1.1.8   D
                                              (8x2)      (16)

1.2    1.2.1   Foramen magnum 

       1.2.2   Kodominansie 

       1.2.3   Gepunktueerde ekwilibrium 

       1.2.4   Monohibried 

       1.2.5   Hipotese 

       1.2.6   Dubbel heliks

       1.2.7   Lokus 

       1.2.8   Kleurblindheid 
                                              (8x1)       (8)
1.3.   1.3.1   B alleenlik 

       1.3.2   A alleenlik                              (4)

1.4    1.4.1   Australopithecus Africanus                (1)

       1.4.2   2.8 / 3 tot 1 mjg                        (2)

                                        4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                        10832/17

      1.4.3   5                                                            (1)

      1.4.4   Plat gesig / skuins gesig
              geen wenkbrourif / wenkbrourif
              geen prognatisme / prognatisme
              ontwikkelde ken / geen ken
              kranium grootte
              MERK SLEGS DIE EERSTE EEN                  (Enige 1)          (1)

      1.4.5   Homo erectus 
              Homo sapiens 
              Homo neanderthalenis 
              MERK SLEGS EERSTE TWEE                     (Enige 2)
                                                                            (2)
      1.4.6   Little foot
              Mev. Ples
              Taung kind
              MERK SLEGS DIE EERSTE EEN                  (Enige 1)          (1)

      1.4.7   Fossiel 
              Geneties / mtDNS 
              Kulturele bewyse
              MERK SLEGS DIE EERSTE TWEE                                   (2)
                                                                          (10)

1.5   1.5.1   (a) grys                                                     (1)
              (b) vestigiaal                                               (1)

      1.5.2   Dihibried                                                    (1)

      1.5.3   (a) BbWw                                                     (1)
              (b) grys liggaam, normale vlerke                             (1)
              (c) BW Bw bW bw(Al vier moet korrek wees om die punte
                  te kry.)                                                  (2)

                                                                            (7)

1.6   1.6.1   nukleus                                                      (1)

      1.6.2   (a) aminosuur                                                (1)
              (b) peptied                                                  (1)

      1.6.3   (a) UAU                                                      (1)

              (b) ACA                                                      (1)

                                                                            (5)
                                                 TOTAAL AFDELING A:         50

                                    5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10832/17

AFDELING B

VRAAG 2

      2.1.1   Histogram                                                                  (1)

      2.1.2   Toon variasie oor ŉ volledige veld van metingswat inskakel / verbind      (2)

      2.1.3   1.6 m                                                                      (1)

      2.1.4   5                                                                          (1)
                                                                                          (5)

2.2   2.2.1   (a)       tRNA / oordrag RNS                                               (1)

              (b)       translasie                                                       (1)

      2.2.2         -   dubbelstring DNS draai af
                    -   wanneer waterstofbindings breek skei die twee stringe/ rits oop
                    -   een string word as ŉ templaat gebruikom bRNS/mRNA te vorm
                    -   dit word transkripsie genoem
                    -   vry RNS nukleotiedes word gebruikvan die nukleoplasma
                    -   die bRNS / mRNA is komplimentêr aan die DNS 
                                                                            Enige 5 punte (5)

      2.2.3   28 + 28 = 56 
              100 – 56 = 44 
              44 ÷ 2  = 22 % 
              Enige 2 punte vir die berekeninge + 1 punt vir die korrekte antwoord        (3)

      2.2.4     Die volgorde van die stikstofbasisse op die DNS sal verander. 
              − Dit sal ŉ ooreenstemmende verandering veroorsaak in bRns /
                kodons. 
              − ŉ Verskillende aminosuur sal deur die oRNS aangebring word
              − Dit sal lei tot ŉ verandering in die volgorde van aminosure in die
                polipeptiedketting
              − ŉ Ander proteïen / oneffektiewe proteïen sal dus vorm. 
                                                                          Enige 4 punte (4)
      2.2.5
                                DNS                                RNS
                Suiker is deoksiribose                Suiker is ribose 
                Basisparing kom voor                  Geen basisparing 
                Bevat ŉ swak waterstofbinding         Geen waterstofbinding 
                Lang ketting                          Kort ketting 
                Dubbelstring molekuul                 Enkelstring molekuul 
                Stikstofbasis timien ATCG             Stikstofbasis urasiel /
                                                       AUGC
                                                       Enige 2 x 2 = 4 punte Tabel + 1     (5)
                                                                                          (19)

                                               6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10832/17

2.3   2.3.1   (a)    sentriool
              (b)    homoloë chromosome/ bivalent                                         (1)

      2.3.2   Metafase I                                                                  (1)

      2.3.3   Homoloë chromosome teenwoordig
              Chromosome is op die ewenaar gerangskik                        (Enige 1)    (1)

      2.3.4   Homoloë chromosome teenwoordig / pare chromosome
              teenwoordig                                                                (2)

      2.3.5   2 / twee                                                                    (1)

2.4   –       Genetiese variasie veroorsaak variasie in die fenotipe / eienskappe van
              organismes
      –       sommige is meer gepas / het meer gunstige eienskappe
      –       Verwysing na natuurlike seleksie van meer gepaste organismes
      –       Seleksie van verskillende fenotipes in verskillende omgewings
      –       lei tot spesies wat verander / verandering in die geenpoel / verandering
              in geen frekwensies                                            (Enige 2)    (2)
                                                                                           (9)

2.5   2.5.1   Die manipulering van genetiese materiaal van ŉ organisme om
              verlangde veranderinge te kry /proses waar gene op die DNS
              verander, gemanipuleer om ŉ nuwe organisme te vorm.  (Enige 2)             (2)

      2.5.2   Kies spesifieke vrae om die navorsingsvraag aan te spreek
              Reël ŉ tyd vir die opname om plaas te vind
              Ontwerp ŉ tabel om die resultate aan te teken
              Kies gepaste areas vir die opname om plaas te vind
              Identifiseer ŉ monster wat verteenwoordigend is van die Suid-
              Afrikaanse bevolking om te ondervra
                                                                              (Enige 2)    (2)

      2.5.3   (a)    Voordele
                     Produseer medisyne / hulpbronne goedkoop. 
                     Beheer peste met spesifieke gene wat in oeste gesit word. 
                     Gebruik spesifieke gene om oes-opbrengste /
                     voedselsekerheid te verhoog
                     Kies gene om die rakleeftyd van produkte te verhoog. 

                                      (Enige Twee)           Merk slegs eerste twee        (2)
              (b)    Nadele
                     Duur / navorsingsgeld kan vir ander behoeftes gebruik word 
                     Inmenging met die natuur / affekteer biodiversiteit / immoreel /
                     teen God se plan 
                     Potensiële gesondheidsgevare
                     Langtermyn gevolge is onseker
                                                                              (Enige 1)    (1)
                                                                                           (7)
                                                                                          (40)

                                            7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                         10832/17

VRAAG 3

3.1   3.1.1   Onvolledige dominansie                                                      (1)

      3.1.2   Sommige varke het ŉ pienk kleur pels / ŉ nuwe / derde fenotipe kom
              voor nie wit of rooi in die fenotipe is dominant nie                       (2)
      3.1.3   (a)      1 = RR 
                                                                                           (2)
              (b)      2 = RW 
      3.2.3         P1 / ouers   fenotipe        Rooi          x Pienk pelskleur
                                               pelskleur         vroulik 
                                                manlik
                                 genotipe         RR           x            RW
                                 Meiose
                                 G / gamete    R;     R        x         R;      W

                                 Bevrugting

                    F1 / nako-
                                  genotipe
                    melinge                    RR ;       RW ;     RR ; RW
                                  fenotipe     2 rooi : 2 pienk 
                                               *50% of 2 in 4 / 1 in 2 / half 

              Ouers en Nakomelinge  / P1 en F1
              Meiose en bevrugting                      Enige 5 + 1*(Verpligte punt)

                                                    OF

                    P1/ouer       fenotipe           Rooi          x Pienk pelskleur
                                                   pelskleur         vroulik 
                                                    manlik
                                  genotipe          RR             x        RW 
                                  Meiose
                                  G / gamete         R ; R         x    R;    W
                                                 Gamete                 R      R
                                                    R                  RR    RR
                                      Bevrugting
                                                    W                  RW    RW
                                                                            
                    F1 /nako-     genotipe     RR ; RR; RW; RW
                    melinge
                                  fenotipe     2 rooi : 2 pienk
                                               *50% of 2 in 4 of 1 in 2 / half 

              Ouers en nakomelinge/P1 en F1
              Meiose en bevrugting                       Enige 5 + 1*(Verpligte punt)     (6)
                                                                                          (11)

                                               8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                              10832/17

3.2 3.2.1   (a) met OF sonder kunsmatige seleksie                                                  (1)

            (b) aantal plante met meer hare op blare                                               (1)

    3.2.2   - Dieselfde aantal plante gebruik in beide generasies
            - Dieselfde spesie plant
            - Dieselfde grootte pot waarin sade geplant word
            - Dieselfde hoeveelheid en tipe grond
            - Dieselfde hoeveelheid water is gebruik om die plante te besproei
            - Dieselfde omgewingskondisies vir die ondersoek
            Merk slegs die eerste TWEE                                       (Enige 2)              (2)

    3.2.3   Met kunsmatige seleksie was daar meer plante met meer hare op hul
            blare                                                                                 (2)

    3.2.4   Herhaal die ondersoek  en neem ŉ gemiddeld
            Vergroot die monstergrootte                                                            (2)

    3.2.5                       Aantal plante met hul gemiddelde hoeveelhede hare op blare

              Aantal plante

                                    Gemiddelde hoeveelhede hare
                                                                                                    (6)

            Rubriek vir assessering van die grafiek

                                                                                Punte toekenning
            Korrekte tipe grafiek                                                       1
            Opskrif vir grafiek
            Korrekte byskrif vir die X-as en byskrif vir die Y-as               1
            Korrekte skaal vir die X-as en skaal vir die Y-as                   1
            Stipping van punte                                      1 (1 tot 4 punte korrek)
                                                                    2 (Al 8 punte korrek)
            Nota: Indien die verkeerde grafiek geteken is, sal punte verloor word vir
                die “korrekte tipe grafiek”. Indien asse omgeruil is, sal punte verloor
                word vir die byskrifte van die X-as en die Y-as.

                                                      9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10832/17

    3.2.6              Kunsmatig                                       Natuurlik
            Mense is die selektiewe krag,         Die omgewing is die selektiewe krag
            Seleksie is daar om menslike           Seleksie is in respons met ŉ gepaste
            behoeftes te bevredig,                omgewing vir die organisme 
            Kan een of meer spesie betrek         Gebeur binne in ŉ spesie
            Gebeur oor ŉ kort tydperk.            Gebeur oor ŉ lang tydperk
                                                                               Enige 2x2
                                                           Merk slegs die eerste TWEE       (4)
            Tabel is nie noodwendig nie.                                                   (18)

3.3 3.3.1 Alle kameelperde het kort nekke. 
          Die kameelperde het gereeld hul nekke gerek.
          Hulle het dit gedoen om by die blare hoog bo in die bome by te kom.
          Dus het hul nekke langer geword. 
          Die eienskap vir lang nekke is op die manier opgedoen (verworwe
          eienskap) en oorgedra na die volgende generasie.
          Uiteindelik het alle kameelperde lang nekke gehad. 
                                                                             (Any 3)        (3)

    3.3.2 Daar is geen bewyse dat verworwe eienskappe geërf word nie /
          Daar is geen bewyse dat strukture wat meer gebruik word meer ontwikkel
          sal word nie en omgekeerd/
          ŉ verandering in die fenotipe lei nie tot ŉ verandering in die genotipe nie     (2)
                                                                                            (5)

3.4 3.4.1 Bevat dieselfde chromosome omdat die embrioniese sel deur mitose
          verdeel het / hulle word almal geproduseer van die nukleus van die
          skenkerskaap  wat vermeerder / verdeel deur mitoses daarom het dit
          dieselfde DNS.                                                                   (2)

    3.4.2 Die nukleus en die genetiese materiaal het hul oorsprong van ŉ ander
          skaap / die nukleus van die surrogaatskaap was nie gebruik nieen het
          nie dieselfde genetiese materiaal bevat nie / die ovum wat gebruik is het nie
          ŉ nukleus bevat niedit is die nukleus wat die genetiese materiaal bevat         (2)

    3.4.3 Diere of plante met uitstekende / beter / meer gepaste eienskappe  kan
          geproduseer word om voedselproduksie te verbeter  / biotegnoglogie.              (2)
                                                                                            (6)

                                                                                           [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:          80

                                              10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10832/17

AFDELING C

VRAAG 4

Darwin se teorie van evolusie deur natuurlike seleksie
• Organismes produseer ŉ groot hoeveelheid nakomelinge. 
• Die nakomelinge toon ŉ groot mate van variasie. 
• Sommige het gunstige eienskappe(voordelige kenmerke)
• en sommiges het nie. 
• Indien daar ŉ verandering in omgewingtoestande is / of daar is kompetisie
• dan sal organismes met gunstige eienskappe (voordelige kenmerk), oorleef 
• terwyl organismes met eienskappe wat hulle minder geskik maak sal sterf.
• Die organismes wat oorleef sal kan voortplant
• So sal hulle voordelige eienskappe na hul nakomelinge oorgedra word. 
• Die volgende generasie sal dus ŉ hoër aantal individue hê wat die voordelige eienskappe
   besit
                                                                                  ENIGE 8
Spesiasie deur geografiese isolasie:
• As ŉ populasie van ŉ enkele spesie
• geskei word 
• deur ŉ geografiese versperring, bv. bergreeks, kontinentale verskuiwing, rivier ens. 
• veroorsaak dit dat die populasies skei in twee populasies. 
• Daar vind dus nie geen-vloei tussen die twee populasies plaas nie. 
• Omdat elke populasie aan verskillende omgewingstoestande blootgestel kan word / is die
   seleksie druk verskillend. 
• Natuurlike seleksie vind onafhanklik plaas in elk van die twee populasies
• sodat individue van die twee populasies baie verskillend van mekaar word
• genotipies en fenotipies. 
• Al word die twee populasies weer gemeng,
• kan hulle nie weer met mekaar voortplant nie. 
• Die twee populasies het nou verskillende spesies geword. 
                                                                                 ENIGE 9
                                                                                   Inhoud: (17)
                                                                                    Sintese: (3)

                                             11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10832/17

ASSESSERING VAN DIE AANBIEDING VAN DIE OPSTEL

Kriteria     Relevansie (R)             Logiese volgorde (L)            Volledigheid (C)
Algemeen     Alle inligting gegee wat   Idees gerangskik in ŉ logiese   Alle aspekte wat in die
             relevant is ten opsigte    volgorde / oorsaak-effek        opstelvraag genoem is,
             van die onderwerp.         orde.                           is suksesvol gedek

In hierdie   Slegs inligting relevant   Die beskrywing van              Korrekte punte sluit in:
opstel       t.o.v.:                    natuurlike seleksie en          - Natuurlike seleksie
             - Natuurlike seleksie      spesiasie deur geografiese         (5/8)
             - Spesiasie deur           isolasie is logies en           - Spesiasie deur
                 geografiese isolasie   opvolgend.                         geografiese isolasie
                                                                           (5/9)
Punt         (R)      1                (L)       1                     (C)  1

                                                              TOTAAL AFDELING C:             20

                                                                             TOTAAL:        150

                                            12

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [Gr12 Life Sciences P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10) — Life Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2019 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2019-preparatory-examination-possible-answers/89cacd47-ed47-476c-8c59-15b63c491262) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Science P2 Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p2-preparatory-2017-possible-answers/7cdfe52c-6c5b-4229-879b-4720a39713a9) — Life Sciences · Memo · 2017
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [Life Sciences Grade 12 NSC QP March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-qp-march-2025-kzn/b1598f8e-58e0-4c09-b513-b9f61ae73c47) — QP · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/17b4cc42-641c-4d7d-9c53-6bac113ce83c) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/be917127-6071-4190-b900-3c475d5bfdd4) — QP · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 QP September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-north-west/9dc29799-a675-40eb-9573-df7341b3572f) — QP · 2025
- [Life Sciences P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2025-afr/f068fe02-7f70-4bf4-91ad-4ead880d1a88) — QP · 2025 · Afr
- [Life Sciences MEMO May June 2024 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-memo-may-june-2024-free-state/f64294e8-cf5e-4480-84f9-3737ae031041) — Memo · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
