# Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/3c76dd4d-9ea1-4807-847e-52127e6edae1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/3c76dd4d-9ea1-4807-847e-52127e6edae1)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                      VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                               2017
                               10832
                        LEWENSWETENSKAPPE
                         TWEEDE VRAESTEL

TYD:       2½ uur

PUNTE:     150

18 bladsye

       M

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                              2
                                         (Tweede Vraestel)                   10832/17

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                 VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                                LEWENSWETENSKAPPE
                                                                (Tweede Vraestel)

                                                                TYD: 2½ uur

                                                                PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK neer.

3.   Begin die antwoorde vir ELKE vraag bo aan ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik is.

5.   Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.   Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.

7.   Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

9.   Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.

10. Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik waar
    nodig.

11. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                            b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                             3
                                         (Tweede Vraestel)                  10832/17

AFDELING A

VRAAG 1

MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
      die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
      (1.1.1. – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

      1.1.1 Die onderstaande diagram stel ŉ deel van ŉ DNS-molekuul voor.

                      stikstofbasis             stikstofbasis

            Die korrekte byskrifte vir dele X, Y en Z is onderskeidelik …

            A     deoksiribose suiker, fosfaat en ŉ waterstofbinding.
            B     fosfaat, deoksiribose suiker en ŉ waterstofbinding.
            C     ribose suiker, stikstofbasis en ŉ peptiedbinding.
            D     fosfaat, ribose suiker en ŉ waterstofbinding.

      1.1.2 Bestudeer die onderstaande lys.

            1     Fossiele
            2     Modifikasie volgens afstamming (Homoloë strukture)
            3     Biogeografie
            4     Genetika

            Watter van die bogenoemde kombinasies kan as bewyse van evolusie
            dien?

            A     1, 2 en 3 alleenlik
            B     1, 2, 3 en 4
            C     2, 3 en 4 alleenlik
            D     1, 3 en 4 alleenlik

                                                                                           b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                         4
                                        (Tweede Vraestel)              10832/17

1.1.3 In mense, is ligte haarkleur resessief teenoor donker haarkleur. In een
      familie het die ma donker hare en die pa het ligte hare, hulle het twee
      dogters, een met ligte hare en een met donker hare.

      Watter EEN van die volgende kombinasies kan die genotipes van die ma
      en die dogter met donker hare moontlik voorstel?

      A        ma DD, dogter DD
      B        ma Dd, dogter Dd
      C        ma DD, dogter Dd
      D        ma Dd, dogter DD

Vraag 1.1.4 en 1.1.5 is gebaseer OP DIE VOLGENDE VLOEIDIAGRAM. Die
vloeidiagram is ŉ voorstelling van een paar homoloë chromosome in ŉ sel
gedurende meiose.

                                                          D

                                             C

          A              B

              Proses 1       Proses 2

                SLEUTEL:
                Chromosome                    Proses 3

1.1.4 Watter EEN van die volgende beskryf die eienskappe van die selle wat D
      gemerk is, die beste?

      A        Diploïed en geneties identies
      B        Diploïed en geneties verskillend
      C        Haploïed en geneties identies
      D        Haploïed en geneties verskillend

1.1.5 Proses 1 stel ... voor

      A        meiose I.
      B        transkripsie.
      C        meiose II.
      D        DNS-replisering.

                                                                                      b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                   LEWENSWETENSKAPPE                                  5
                                   (Tweede Vraestel)                     10832/17

1.1.6 Die fossiel Australopithecus sediba (Karabo) was ontdek deur ...

      A      Tim White.
      B      Lee Berger.
      C      Louis en Mary Leakey.
      D      Raymond Dart.
1.1.7 Ultraviolet radiasie veroorsaak mutasies, wat soms lei tot antibiotiese
      weerstand in bakterieë. ŉ Eksperiment is uitgevoer waar bakterieë aan
      ultraviolet radiasie blootgestel was. Die weerstandigheid teen die
      verskillende antibiotika is gemeet. Die onderstaande tabel som die
      resultate van die eksperiment op.
      ✓ = weerstandig            X = nie-weerstandig

                                         Antibiotika weerstandigheid
             Behandeling          Antibiotika   Antibiotika    Antibiotika
                                       P             R              S
       Voor blootstelling aan
                                       ✓               X                 X
       ultraviolet bestraling
       Na blootstelling aan
                                       ✓               X                 ✓
       ultraviolet bestraling

      ŉ Gepaste gevolgtrekking vir die ondersoek sal wees dat ŉ mutasie in
      bakterieë lei tot weerstandigheid teen antibiotika ...

      A      R alleenlik.
      B      P en R.
      C      S alleenlik.
      D      R en S.

1.1.8 In tabakplante is albinisme (die onvermoë om chlorofil te produseer) ŉ
      resessiewe eienskap. Twee heterosigotiese tabakplante was gekruis en
      300 saailinge geproduseer. Wat is die kans in persentasie dat die saailinge
      albinisme sal hê?

      A      75%
      B      300%
      C      50%
      D      25%
                                                                                (8x2) (16)

                                                                                          b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                6
                                         (Tweede Vraestel)                  10832/17

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
      slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK
      neer.

      1.2.1 ŉ Groot opening in die basis van die skedel waardeur die rugmurg loop

      1.2.2 Die tipe oorerwing waar twee verskillende allele van ŉ geen aanwesig is in
            die fenotipe

      1.2.3 ŉ Verduideliking van evolusie wat die tempo waarteen dit plaasvind beskryf

      1.2.4 ŉ Genetiese kruising waar slegs een eienskap betrokke is

      1.2.5 ŉ Toetsbare stelling wat ondersteun word deur wetenskaplike bewyse

      1.2.6 Die natuurlike vorm van ŉ DNS-molekuul

      1.2.7 Die posisie van ŉ geen op ŉ chromosoom

      1.2.8 ŉ Geslagsgekoppelde mutasie wat die fotoreseptore van die oog affekteer
                                                                                (8x1)         (8)

1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
      SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
      slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.2)
      in die ANTWOORDBOEK neer.

                         KOLOM I                               KOLOM II
      1.3.1 Die fisiese voorkoms van ŉ organisme as A        Genotipe
            gevolg van sy genetiese samestelling    B        Fenotipe
      1.3.2 ŉ Geslagsgekoppelde siekte              A        Hemofilie
                                                    B        Down se sindroom
                                                                                  (2x2)       (4)

                                                                                              b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                    LEWENSWETENSKAPPE                                                                   7
                                                                    (Tweede Vraestel)                             10832/17

1.4   Die onderstaande filogenetiese boom toon ŉ moontlike voorstelling van menslike
      evolusie.

                                                                                                                                         Gebruik vuur

                                                                                                                    Gebruik gereedskap
                                   Pan troglodytes                                 Homo sapiens   Homo
                    Hede                                                                      neanderthalensi
                                                                                                    s
                                                                           Homo erectus

                                             Paranthropus Paranthropus
                                                                 boisei                            Homo habilis
                                                robustus

                                                                  Australopithecus

      Tyd (Miljoene jare gelede)
                                           Paranthropus                garhi
                                           aethiopicusus                                  Australopithecus
                                                                                             africanus

                                                                             Australopithecus afarensis

                                                Ardipithecus                 Australopithecus anamensis
                                                ramidus

                                                     Hominiene
                                                     voorvader

                                                                          [Aangepas van: www.humanevolutionofficial.weebly.com]

      1.4.1 Noem die mees onlangse gemeenskaplike voorvader van die Homo genus.                                                                             (1)

      1.4.2 Gee die periode van bestaan vir die spesies genoem in VRAAG 1.4.1.                                                                              (2)

      1.4.3 Gee die getal genera wat in die diagram voorgestel word.                                                                                        (1)

      1.4.4 Gebaseer op die diagram, gee EEN gelaatstrek wat mense van
            Australopithecus africanus differensieer.                                                                                                       (1)

      1.4.5 Identifiseer enige TWEE spesies wat beide gereedskap en vuur gebruik
            het.                                                                                                                                            (2)

      1.4.6 Noem enige EEN Australopithecus africanus fossiel wat in Suid-Afrika
            gevind is.                                                                                                                                      (1)

      1.4.7 Lys TWEE tipe bewyse wat die “Uit Afrika-hipotese” sal ondersteun.                                                                           (2)
                                                                                                                                                        (10)

                                                                                                                                                            b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                             LEWENSWETENSKAPPE                               8
                                             (Tweede Vraestel)                  10832/17

1.5   In vrugtevlieë is die eienskap vir liggaamskleur grys of swart van kleur. ŉ Tweede
      eienskap is normale vlerke of vestigiale vlerke. Vestigiale vlerke is verkreukeld en
      verhoed vlieë om behoorlik te vlieg.

      1.5.1 In ŉ kruising tussen ŉ vlieg wat homosigoties dominant is vir beide
            eienskappe en ŉ vlieg wat homosigoties resessief is vir beide eienskappe,
            is al die nakomelinge grys met normale vlerke. Identifiseer die ...

             (a)   dominante eienskap vir liggaamskleur.                                         (1)

             (b)   resessiewe eienskap vir vlerktipe.                                            (1)

      1.5.2 Dit is ŉ kruising wat twee eienskappe beskryf. Watter tipe kruising stel dit
            voor?                                                                                (2)

      1.5.3 Gebruik die letters (B) vir liggaamskleur en (W) vir vlerke. ŉ Vlieg is
            heterosigoties vir beide eienskappe. Gee die ...

            (a)    genotipe van die vlieg.                                                       (1)

            (b)    fenotipe van die vlieg.                                                       (1)

            (c)    moontlike genotipes van die gamete wat dié vlieg kan produseer.               (1)
                                                                                                 (7)

                                                                                                 b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                     LEWENSWETENSKAPPE                            9
                                     (Tweede Vraestel)                10832/17

1.6   Die onderstaande tabel toon die DNS basis drietal wat kodeer vir verskeie
      monomere van proteïene.

                     DNS- templaat          Monomeer X
                         AAA           Fenielalanien
                         ACA           Sisteïen
                         TCA           Serien
                         ATA           Tirosien

1.6.1 Waar sal die DNS-templaat gevind word in ŉ sel?                                 (1)

1.6.2 Noem die ...

      (a) monomeer X.                                                                 (1)

      (b) binding wat sal vorm tussen die monomere.                                   (1)

1.6.3 Gee die ...

      (a) kodon vir Tirosien.                                                         (1)

      (b) antikodon vir Sisteïen.                                                     (1)
                                                                                      (5)

                                                        TOTAAL AFDELING A:             50

                                                                                      b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE                            10
                                          (Tweede Vraestel)                 10832/17

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   Die onderstaande grafiek toon die variasie van lengte van ŉ groep 18 jaar oue
      studente.

                    Aantal studente

                                                   Lengte in meter

      2.1.1 Identifiseer die tipe grafiek wat voorgestel word                             .
                                                                                        (1)
      2.1.2 Verduidelik hoekom die tipe grafiek in VRAAG 2.1.1 die mees gepas is vir
            die voorstelling van kontinue variasie data.                                (2)

      2.1.3 Wat is die algemeenste lengte?                                              (1)

      2.1.4 Hoeveel mense in die groep was korter as 1.3 meter?                         (1)
                                                                                        (5)

                                                                                        b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                11
                                         (Tweede Vraestel)                  10832/17

2.2   Insulien is ŉ proteïen. Die onderstaande diagram toon ŉ proses van hoe insulien
      gemaak word.

                  Proses A

                                                                                   Proses B

                   DNS

      2.2.1 Benoem die volgende:

            (a)      Molekuul X                                                                (1)

            (b)      Proses B                                                                  (1)

      2.2.2 Beskryf proses A.                                                                  (5)

      2.2.3 ŉ Monster DNS was geanaliseer en 28% van die nukleotiedes bevat
            timien. Bereken die persentasie van nukleotiedes wat sitosien bevat.
            Toon alle berekeninge.                                                             (3)

      2.2.4 Beskryf hoe ŉ DNS mutasie die struktuur van ŉ gevormde proteïen sal
            affekteer.                                                                         (4)

      2.2.5 Tabuleer TWEE verskille tussen DNS en RNS.                                         (5)
                                                                                              (19)

                                                                                              b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE                                 12
                                          (Tweede Vraestel)                    10832/17

2.3   Die onderstaande diagram toon ŉ sel gedurende ŉ fase van meiose.

                                                               A

                                                                   B
                                                                   A

       2.3.1 Verskaf byskrifte vir:

              (a)   A                                                                 (1)

              (b)   B                                                                 (1)

       2.3.2 Identifiseer die fase in dié diagram.                                    (1)

       2.3.3 Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 2.3.2.                              (1)

       2.3.4 Verduidelik hoekom die sel diploïed is.                                  (2)

       2.3.5 Hoeveel chromosome sal daar in elke gameet wees wat deur die
             sel geproduseer word?                                                    (1)

2.4   Verduidelik die belangrikheid van genetiese variasie in die proses van
      evolusie.                                                                       (2)
                                                                                      (9)

                                                                                             b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                             13
                                        (Tweede Vraestel)                  10832/17

2.5   Die onderstaande paragraaf verwys na genetiese gemodifiseerde voedsel.

       GENETIES GEMODIFISEERDE VOEDSEL IS OP DIE
                     SPYSKAART
  Suid-Afrikaners vind geneties gemodifiseerde voedsel (GM), al hoe meer
  aanvaarbaar, volgens ŉ opname deur ŉ navorsingsagentskap.

  Die opname het bevind dat 64 persent van Suid-Afrikaners nou glo dat GM-voedsel
  meer aanvaar sal word en minder gevare sal inhou in die volgende paar jaar.
  ŉ Vroeëre opname het gevind dat mense gedink het dat die gevare die voordele
  oortref.

      2.5.1 Definieer die term geneties gemodifiseerde voedsel.                        (2)

      2.5.2 Verskaf TWEE stappe wat oorweeg moet word in die beplanning van dié
            opname.                                                                    (2)

      2.5.3 Gee die volgende met betrekking tot geneties gemodifiseerde organismes:

            (a)   TWEE voordele                                                        (2)

            (b)   EEN nadeel                                                           (1)
                                                                                       (7)
                                                                                      [40]

                                                                                       b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                            LEWENSWETENSKAPPE                                 14
                                            (Tweede Vraestel)                      10832/17

VRAAG 3

3.1   Die onderstaande diagram toon die oorerwing van pelskleur in varke oor drie
      generasies.

            SLEUTEL:

              Vroulik              Rooi              Pienk                Wit

               Manlik              Rooi               Pienk               Wit

      3.1.1 Watter tipe oorerwing word in die stamboom getoon?                                     (1)

      3.1.2 Verduidelik jou in antwoord in VRAAG 3.1.1                                             (2)

      3.1.3 Gebruik (R) vir die alleel vir rooi pelskleur en (W) vir die alleel vir wit
            pelskleur en gee die moontlike genotipe/s van:

             (a)    Individu 1                                                                     (1)

             (b)    Individu 2                                                                     (1)

      3.1.4 Die varkboer stel belang daarin om varke met rooi pelskleur te teel. Hy
            het ŉ rooipels beer (manlike vark) wat hy graag wil gebruik vir
            teeldoeleindes. Hy kruis dié vark met individu 3.

             Stel ŉ genetiese kruising voor om vas te stel wat die waarskynlikheid is
             dat die varkies met rooi pelskleur gebore sal word.                                (6)
                                                                                               (11)

                                                                                               b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                                15
                                       (Tweede Vraestel)                     10832/17

3.2   Brassica plante het hare op hul blare om transpirasie te verminder. Die
      hoeveelheid hare op die blare verskil van plant tot plant.
      ŉ Ondersoek was ingestel om vas te stel of kunsmatige seleksie die aantal
      plante met meer hare op hul blare sal verhoog.

      Die studente het die volgende prosedure uitgevoer:
         • 180 Brassica plante was gegroei. Dit is die eerste generasie.
         • Die hoeveelheid hare teenwoordig op die rante van elke volwasse blaar
            was getel per plant en ŉ gemiddeld was bereken.
         • Die aantal plante was met elke gemiddeld getel en aangeteken.
         • Die plante met die meeste hare, d.i. 25 of meer hare op die blare was
            geskei van die res van die groep en met mekaar gekruisteel.
         • Die sade wat deur die kruisings geproduseer is het ontkiem en was
            toegelaat om in die plante te groei. 180 van die plante was geselekteer
            om die tweede generasie te verteenwoordig.
         • Die hoeveelheid hare teenwoordig op die rant van ŉ volwasse blaar van
            elk van die tweede generasie van plante was aangeteken.

      Die resultate van die ondersoek word hieronder aangetoon.

      SONDER SELEKTIEWE TELING                  MET SELEKTIEWE TELING
       Gemiddelde   Aantal plante               Gemiddelde  Aantal plante
        aantal hare                             aantal hare
           0-5           50                        0-5           8
           6-10          35                        6-10          5
          11-15          24                       11-15          18
          16-20          20                       16-20          25
          21-25          25                       21-25          35
          26-30          12                       26-30          45
          31-35          8                        31-35          30
          36-40          6                        36-40          14
                                          [Aangepas uit: www.media.collegeboard.com]

                                                                                         b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                              16
                                        (Tweede Vraestel)                  10832/17

         3.2.1     Identifiseer die:
                    (a)   Onafhanklike veranderlike                                         (1)
                    (b)   Afhanklike veranderlike                                           (1)

         3.2.2     Gee TWEE maniere hoe die studente kan verseker dat die ondersoek
                   geldig is.                                                               (2)

         3.2.3     Gee ŉ gevolgtrekking vir die ondersoek.                                  (2)
         3.2.4     Gee TWEE maniere hoe die studente hul resultate meer betroubaar
                   kon maak.                                                                (2)

         3.2.5     Teken ŉ histogram wat die resultate van kunsmatige seleksie toon.        (6)

         3.2.6     Beskryf TWEE verskille tussen natuurlike en kunsmatige seleksie.      (4)
                                                                                        (18)
3.3   Die onderstaande diagram toon die verlenging van die nek van die kameelperd volgens
      Lamarck.

      3.3.1 Gebruik die voorbeeld in die diagram om Lamarck se teorie te beskryf oor
            hoe die kameelperd se nek oor tyd verander het.                                 (3)

      3.3.2 Hoekom was Lamarck se teorie verwerp?                                           (2)
                                                                                            (5)

                                                                                        b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                17
                                         (Tweede Vraestel)                   10832/17

3.4   Die diagram hieronder toon een metode van kloning in skape.

              ŉ Embrioniese sel
              word verwyder van
              die skenker skaap
              en is toegelaat om te
              vermeerder.

                                                     Die nukleuse van die skenkerselle
                                                     word in die “pleegeierselle” (nukleus-
                                                     vrye ovums van ŉ ander skaap)
                                                     geplaas. Hulle word toegelaat om te
                                                     ontwikkel.

                                                  Die eierselle word in die uterus van
                                                  die surrogaatskaap geïmplanteer,
                                                  waar dit sal ontwikkel tot geboorte.

      3.4.1 Verduidelik hoekom die lammetjies wat deur hierdie proses geproduseer
            word, identies is.                                                                 (2)

      3.4.2 Verduidelik hoekom die lammetjies nie geneties identies is aan die skaap
            wat die “pleegeierselle” geproduseer het nie.                                      (2)

      3.4.3 Beskryf hoe kloning in diere of plante voordelig kan wees vir die mens.            (2)
                                                                                               (6)
                                                                                              [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:                  80

                                                                                              b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE                                 18
                                          (Tweede Vraestel)                  10832/17

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf Darwin se teorie van Natuurlike Seleksie en verduidelik hoe dit kan lei tot
spesiasie deur geografiese isolasie.
                                                                             Inhoud: (17)
                                                                             Sintese: (3)

NOTA:    GEEN punte sal toegeken word vir ŉ antwoord in die vorm van ŉ vloeidiagram,
         diagram of tabel nie.

                                                                TOTAAL AFDELING C:               20

                                                                               TOTAAL:       150

                                            EINDE

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f) — Life Sciences · QP · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [Gr12 Life Sciences P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10) — Life Sciences · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
