# Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                       VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                       2015
                                        10601
                               WISKUNDIGE GELETTERDHEID

                               EERSTE VRAESTEL
PUNTE:   150
TYD:     3 uur

Hierdie vraestel bestaan uit
15 bladsye, 1 bylaag en
2 antwoordblaaie.

         3

                                                          b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                           2
                                            (Eerste Vraestel)        10601/15

                        GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                              VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2015

                                                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                                     (Eerste Vraestel)

                                                     TYD: 3 uur

                                                     PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.    Beantwoord VRAAG 1.4.2 EN 1.4.3 op die ANTWOORDBLAD. Skryf jou naam en klas in die
      spasies op die ANTWOORDBLAD A EN B. Lewer die ANTWOORDBLAD saam met jou
      ANTWOORDBOEK in.
      Gebruik BYLAAG A om VRAAG 3.1.3 te beantwoord.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.

4.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    Jy mag ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik, tensy anders
      aangedui.

6.    Toon AL die berekeninge duidelik aan.

7.    Rond AL die finale antwoorde toepaslik volgens die konteks af, tensy anders aangedui.

8.    Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

9.    Padkaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                                   b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                3
                                          (Eerste Vraestel)        10601/15

VRAAG 1

1.1   Robert en Marie is verloof en gaan op Saterdag, 12 Desember 2015 trou. Soos met
      enige troue besef hulle dat daar baie dinge is om te doen en te reël.

      Robert en Marie gaan soek bypassende ringe. Hulle besluit om ’n stel ringe te koop
      wat R6 000 kos. Hulle sal vir ŉ lening moet aansoek doen om vir die stel ringe te kan
      betaal. Hulle het twee opsies:

      Opsie 1:                                    Opsie 2:
      BUR Bank bied:                              Robert se pa bied:
      10% saamgestelde rente p.j.                 12% enkelvoudige rente p.j.
      Termyn van twee jaar                        Termyn van drie jaar

      Gebruik die inligting hierbo en beantwoord die volgende:

      1.1.1      (a)    Bereken die totale bedrag wat Robert vir die ringe sal betaal indien hy
                        die geld by BUR Bank leen.                                                     (4)

                 (b)    Indien Robert se pa wil hê dat hy die lening teen R230 per maand
                        moet terugbetaal, bereken die totale bedrag wat Robert aan sy pa sal
                        terugbetaal.                                                                   (2)

                 (c)    Bepaal die bedrag wat Robert sal spaar indien hy die lening met BUR
                        Bank aangaan.                                                                  (1)

      1.1.2      Robert verdien ŉ salaris van R15 500 per maand. Die paaiement op die
                 BUR Bank-lening bedra R302,50 per maand. Bereken die terugbetalings
                 bedrag op die lening as ‘n persentasie van Robert se maandelikse salaris.
                 Rond jou antwoord af tot die naaste heelgetal.                                        (3)

      1.1.3      Die juwelierswinkel wat die stel ringe aan Robert verkoop, het dit teen ŉ
                 kosprys van R3 495 aangekoop.

                 (a)    Bereken die wins wat die juwelierswinkel sal maak op die verkoop
                        van die stel ringe.                                                            (2)

                 (b)    Bereken die persentasie wins wat die juwelierswinkel sal maak.                 (3)

                                                                                                      b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID                         4
                                         (Eerste Vraestel)        10601/15

1.2
       SALARISSTROKIE
                                                 LEAP Environmental Strategies

        Salarisstrokienommer 312
        Robert E Wills

        Aanstellingsdatum: 01/06/2010            Lopienommer 443
        Beroep:                                  Salaristydperk:
        Omgewingsimpakbestuurder                 01/06/2015 – 30/06/2015
        Werknemersnommer: LES 113                Identiteitsnommer: 8203025013089
        Beskrywing                              Verdienstes            Aftrekkings
        Basiese salaris                                15 500,00
        Reistoelaag                                     3 400,00
        Mediese fonds                                                          1 230,00
        Pensioenfonds                                                                 A
        Personeellening                                                          500,00
        WVF-werknemersbydrae                                                          B
        Belasting – gewone verdienste                                          1 439,60
        Belasting – toelaag                                                      510,00
        Totaal                                         18 900,00                      C
        Netto salaris                                          D

      Gebruik die inligting hierbo en beantwoord die volgende:

      1.2.1      Bereken die ontbrekende waarde A, indien Robert 7,5% van sy
                 maandelikse salaris tot die pensioenfonds bydra.                              (3)

      1.2.2      (a)    Bereken Robert se WVF-bydrae by B.                                     (3)

                 (b)    Bepaal die totale bedrag wat LEAP Enviromental Strategies aan
                        WVF vir hierdie werknemer sal oorbetaal.                               (2)

      1.2.3      Bereken die ontbrekende waarde by C en D.                                     (4)

      1.2.4      Bepaal die persentasie waarteen Robert op sy reistoelaag belas word.          (3)

                                                                                              b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                           5
                                          (Eerste Vraestel)        10601/15

1.3   Robert en Marie besluit om na die troue vir een nag by die Da Vinci Hotel oor te bly
      voordat hulle op hul wittebrood vertrek.

      Die Da Vinci Hotel is ŉ bekende internasionale hotel en bied aan die bruid en
      bruidegom die wittebroodsuite teen ŉ koste van $950 per nag, 14% BTW ingesluit,
      bereken op die ekwivalente bedrag in die Suid-Afrikaanse geldeenheid. ŉ Ekstra 1%
      stadsbelasting is betaalbaar.

      Gebruik die inligting hierbo om die volgende te beantwoord:

      1.3.1      Herlei die koste vir een nag se verblyf in die Da Vinci Hotel na Suid-
                 Afrikaanse geldeenheid as die wisselkoers R11,38 : $1 is.                        (2)

      1.3.2      Bepaal die bedrag BTW (in rand) ingesluit in die koste vir een nag se
                 verblyf in die wittebroodsuite.                                                  (3)

      1.3.3      Bereken die totale bedrag betaalbaar (in rand) vir die wittebroodsuite,
                 stadsbelasting ingesluit.                                                        (3)

                                                                                                 b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID                          6
                                              (Eerste Vraestel)        10601/15

1.4      Robert en Marie beplan ŉ huweliksonthaal. Hulle besoek twee plekke en vergelyk
         die kwotasie van die Da Vinci Hotel en Tre-Jole Lodge en Konferensie Sentrum. Die
         kwotasies van die twee plekke is soos volg:

         Die Da Vinci Hotel                               Tre-Jole Lodge en Konferensie
         Basiese fooi van R8 000                          Geen basiese fooi
         R200 per persoon                                 R275 per persoon

         Gebruik die inligting hierbo om die volgende te beantwoord:

         1.4.1      Skryf ŉ vergelyking neer wat Robert en Marie in staat sal stel om die
                    koste vir die huur van die Da Vinci Hotel te bereken.                             (2)

         1.4.2      Voltooi Tabel 1 hieronder op die ANTWOORDBLAD A.

                                    Tabel 1: Koste vir huur van plek
Aantal gaste          0      20        40     60     80     100    120    140     160    180    200
Da Vinci Hotel
(Koste in R)        8 000   12 000 16 000 20 000 24 000     ...    ...    ...     ...     ...   ...
Tre-Jole Lodge
(Koste in R)          0     5 500    11 000 16 500 22 000 27 500 33 000 38 500 44 000 49 500 55 000

                                                                                                      (3)

         1.4.3      Gebruik Tabel 1 en die grafiek op ANTWOORDBLAD A om die koste
                    vir die Da Vinci Hotel voor te stel.                                              (5)

         1.4.4      Gebruik die grafiek op ANTWOORDBLAD B om die volgende te
                    beantwoord:

                    (a)     Skryf die getal gaste neer wat die gelykbreekpunt verteenwoordig
                            as die twee plekke vergelyk word.                                         (1)

                    (b)     Skryf die getal gaste neer wat Robert en Marie kan uitnooi indien
                            hulle begroting hulle toelaat om R43 000 te spandeer en hulle die
                            Da Vinci Hotel wil huur.                                                 (2)
                                                                                                    [51]

                                                                                                    b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                7
                                           (Eerste Vraestel)        10601/15

VRAAG 2

2.1   Marie wil in ŉ perdekoets na die troue ry. Die perd draf teen ŉ spoed van 15 km/h en
      Marie trek by ŉ plek aan wat 5 km is vanaf die plek waar die huweliksbevestiging gaan
      plaasvind.

      Bereken die tyd, in minute, wat Marie moet toelaat om betyds by die
      huweliksbevestiging op te daag.

                                    Afstand
      Gebruik die formule: Tyd                                                                         (3)
                                    Spoed

2.2   Robert en Marie het besluit om ronde tafels vir die onthaal te gebruik. Hulle moet besluit
      hoeveel gaste aan elke tafel moet sit en hoeveel tafels benodig sal word.

      Deursnee van tafel = 150 cm
      Elke sitplek om die rant van die tafel = 40 cm
      Spasie tussen elke sitplek benodig vir gaste om nie ingeperk te voel nie = 15 cm

      Gebruik die inligting hierbo en beantwoord die volgende:

      2.2.1      Bereken die omtrek van die tafel.

                 Gebruik die formule: Omtrek van tafel = 2×π×r ; waar π = 3.142                         (3)

      2.2.2      Gebruik die omtrek om te bepaal hoeveel gaste by elke tafel kan sit.                   (3)

      2.2.3      Bepaal hoeveel tafels vir 120 gaste nodig sal wees.                                    (2)

      2.2.4      As die ronde tafeldoeke 15 cm oor die kante van die tafels moet hang,
                 bereken die oppervlakte van elke tafeldoek in m2.

                 Gebruik die formule: Oppervlakte van tafeldoek = π × r2 ; waar π = 3.142               (4)
                                                                                                       b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                 8
                                            (Eerste Vraestel)        10601/15

2.3   Die verwelkomingsdrankies sal as ‘selftap’ bedien word, wat beteken elke gas vul hul
      eie glase vanuit die silindriese houer soos hieronder getoon:

                                                                           50 cm

                                                         30 cm

      2.3.1        (a)   Bereken die volume van die silindriese houer in liter (ℓ) as
                         1 cm3 = 1 mℓ.

                         Gebruik die formule:Volume van houer = π × r2 × h; waar π = 3.142                (4)

                   (b)   As elke glas ŉ kapasiteit van 40 mℓ het, bepaal hoeveel glase uit die
                         houer kan gevul word. Rond jou antwoord af tot die naaste heelgetal.             (3)

2.4   Robert en Marie besluit om voorsiening te maak vir vrugtesap vir die kinders wat die
      troue gaan bywoon. Elke kind kan vier glase kry van 330 mℓ elk, wat dit 1 320 mℓ per
      kind maak. Die vrugtesapkonsentraat kan verdun word in die verhouding 1 : 5, waar 1
      deel vrugtesapkonsentraat is en 5 dele is water.

      (a)     As al die vrugtesap gelyktydig aangemaak word, bereken die hoeveelheid
              konsentraat en die aantal water wat gemeng moet word per kind.                              (3)

      (b)     As hulle besluit om konsentraat in elke glas te gooi en dan met water te vul, bepaal
              die aantal konsentraat benodig vir elke glas.                                               (2)
                                                                                                         [27]

                                                                                                         b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                           9
                                          (Eerste Vraestel)        10601/15

VRAAG 3

3.1   Robert se pa het besluit om vir die bruidspaar se wittebrood te betaal en bespreek ŉ
      vaart op ŉ plesierboot van Durban na die Portugese Eilande in Mosambiek. Vir
      hierdie vaart sal die paartjie van Johannesburg na Durban vlieg, aan boord die boot
      gaan in Durban en vyf dae en vier nagte op die boot deurbring. Die dag waarop die
      boot vertrek is Maandag, 14 Desember 2015. Die tyd om aan boord te gaan is
      10:00.

      Wanneer die boot voor anker lê in die Durbanse hawe, lê die boot met die voorkant
      wat noord wys.

      Gebruik die inligting hierbo om die volgende te beantwoord:

      3.1.1      Indien die boot Durban op Maandag verlaat, skryf die dag en datum neer
                 wat die boot weer terug sal wees in Durbanse hawe.                               (2)

      3.1.2      As die vlug vanaf Johannesburg om 08:15 by die King Shaka Lughawe in
                 Durban arriveer, bereken die tyd, in uur en minute, wat Robert en Marie
                 het om betyds aan boord die boot te gaan in die Durbanse hawe.                   (3)

      3.1.3      Gebruik die dekplan (verskillende vlakke of vloere op die boot) op
                 BYLAAG A en die inligting in die scenario hierbo en beantwoord die
                 volgende:

                 (a)   Skryf neer watter vermaaklikheidsarea aan die voorkant van die
                       boot op die Rigoletto-dek is.                                              (2)

                 (b)   Skryf die aantal vol dekke neer wat net uit kajuite bestaan.               (2)

                 (c)   Skryf neer die vermaaklikheid wat op Dek 13 gevind kan word.               (2)

                                                                                                 b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                WISKUNDIGE GELETTERDHEID                      10
                                                (Eerste Vraestel)        10601/15

3.2

                                                 Mosambiek

                                            PORTUGESE                   Indiese Oseaan
                                              EILAND

                                                DURBAN

                                  Suid-Afrika                             N

      Die kaart hierbo dui die roete aan wat die boot sal volg vanaf die Durban hawe na die
      Portugese Eilande in Mosambiek, ŉ afstand van 2 150 km. Met die terugvaart vaar
      die boot met ŉ kurwe die see in en dek ŉ afstand van 3,7 cm op die kaart.
      Die skaal op die kaart is 1:100 000.

      Gebruik die inligting hierbo om die volgende te beantwoord:

      3.2.1       Verduidelik wat die skaal 1:100 000 beteken.                                     (2)

      3.2.2       Herlei die gegewe afstand van Durban na die Portugese Eilande na cm.             (3)

      3.2.3       Bereken die werklike afstand wat die boot vaar op die terugvaart na
                  Durban.                                                                          (3)

      3.2.4       Skryf die algemene rigting van die Portugese Eilande na Durban neer.             (2)

3.3

                                N14

                                                                  R24

       Hendrik Potgieter Rylaan

                           N1
                                                                                    N3
       N
                                                             M2

      Gebruik die kaart en beskryf die roete wat Robert en Marie sal volg van Magaliesburg
      na die O.R. Tambo Internasionale Lughawe.                                                 (6)
                                                                                               [27]

                                                                                               b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                          11
                                          (Eerste Vraestel)        10601/15

VRAAG 4

4.1   Die dekplan van die plesierboot op BYLAAG A toon die uitleg van die kajuite op
      elke dek. Die boot het 867 kajuite wat 2 199 gaste kan akkommodeer. Daar is een
      dubbelbed in elke kajuit; sommige kajuite maak voorsiening vir addisionele beddens.
      Die data vir die addisionele en tipes addisionele beddens per kajuit is soos volg:

      Dek 12:       Sofabed                               28
      Dek 10:       Mense met gestremdhede                 1
                    Derde bed (kajuitbed)                  0
                    Derde en vierde bed (kajuitbed)       17
                    Aansluitingskajuite (4 x kajuitbed)   38
      Dek 9:        Mense met gestremdhede                 2
                    Derde bed (kajuitbed)                  8
                    Derde en vierde (kajuitbed)           38
                    Aansluitingskajuite                    0
      Dek 8:        Mense met gestremdhede                 1
                    Derde bed (kajuitbed)                 76
                    Derde en vierde bed (kajuitbed)       100
                    Aansluitingskajuite                    0
      Dek 7:        Mense met gestremdhede                 0
                    Derde bed (kajuitbed)                  2
                    Derde en vierde bed (kajuitbed)       16

      Gebruik die inligting hierbo en beantwoord die vrae wat volg.

      4.1.1      Bepaal die aantal kajuite op die plesierboot wat vier gaste kan
                 akkommodeer.                                                                    (2)

      4.1.2      Bereken die aantal kajuite op die plesierboot wat slegs ŉ dubbelbed het.        (4)

      4.1.3      As 1 921 van die 2 199 gaste aan boord die plesierboot volwassenes is,
                 bereken watter persentasie van die totale getal gaste kinders sal wees.
                 Rond jou antwoord korrek af tot die naaste heelgetal.                           (4)

                                                                                             b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                            12
                                           (Eerste Vraestel)        10601/15

4.2
      Robert en Marie samel statistiek in oor die aantal buitelandse reisigers en die aantal
      Suid-Afrikaners wat die afgelope sewe jaar vanaf Durban vertrek het. Die
      statistiek wat hulle versamel het is in Tabel 2 saamgevat.

      Tabel 2: Getal buitelandse reisigers en Suid-Afrikaanse inwoners wat vanaf
      Durban vertrek, 2008 – 2014

        Jaar      Buitelandse Reisigers      Suid-Afrikaanse Inwoners            Totaal
       2008              5 955                         3 164                     10 119
       2009              6 093                         4 190                     10 283
       2010              2 192                         6 728                      8 470
       2011                  A                         4 338                     11 839
       2012              8 023                         4 433                     12 456
       2013              4 429                         8 474                          B
       2014              8 680                         4 423                     13 103

      Gebruik die inligting hierbo en beantwoord die vrae wat volg.

      4.2.1      Bepaal die ontbrekende waarde A en B.                                              (4)

      4.2.2      Bepaal die mediaan getal buitelandse reisigers oor die afgelope sewe jaar
                 wat vanaf Durban vertrek het.                                                      (3)

      4.2.3      Bereken die gemiddelde aantal Suid-Afrikaanse inwoners wat die
                 afgelope sewe jaar vanaf Durban vertrek het.                                       (3)

      4.2.4      Gebruik berekeninge, toon aan dat 7 123 meer buitelandse reisigers as
                 Suid-Afrikaanse inwoners oor die afgelope sewe jaar vanaf Durban
                 vertrek het.                                                                    (3)
                                                                                                [24]

                                                                                                b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                            13
                                           (Eerste Vraestel)        10601/15

VRAAG 5

5.1
      Marie werk as ŉ statistiese ontleder vir Statistiek Suid-Afrika. Sy het gedink dit sal
      interessant wees om te weet hoeveel van hulle huweliksgaste onder die ouderdom
      van vyftig jaar is en hoeveel bo die ouderdom van vyftig jaar is. Sy het die
      inligting in Tabel 3 hieronder aangedui:

                                             Mans                        Vrouens
              50 en onder                     45                           29
                 Bo 50                        23                           23

      Gebruik die inligting hierbo om die volgende te beantwoord:

      5.1.1      Bepaal die waarskynlikheid dat, ewekansig gekies, ŉ gas ŉ vrou sal wees.           (2)

      5.1.2      Bepaal die waarskynlikheid dat, ewekansig gekies, ŉ gas ŉ man en onder
                 vyftig sal wees. Gee jou antwoord as ŉ persentasie.                                (4)

                                                                                                b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                        14
                                          (Eerste Vraestel)        10601/15

5.2   Die mond-en-snor grafiek hieronder toon die spoed van tien waterponies
       (ŉ watertuig wat soos ŉ motorfiets lyk en hanteer word) wat beskikbaar is vir
      gaste wat die Portugese Eilande besoek.

               80                 90              100            110
       WATER-
       PONIE

      Gebruik die inligting hierbo om die volgende te beantwoord:

      5.2.1      Skryf die spoed van die waterponie neer wat die vinnigste gevaar het.         (1)

      5.2.2      Indien die spoedbeperking op die water 100 km/h is, bepaal hoeveel
                 vinniger as die spoedbeperking die vinnigste waterponie gery het.             (2)

      5.2.3      Skryf die mediaan van die waterponies neer wat opgeteken is.                  (2)

      5.2.4      Skryf die waarde van die onderste kwartiel en die boonste kwartiel van
                 die stel data neer.                                                           (2)

                                                                                           b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                              15
                                           (Eerste Vraestel)        10601/15

5.3   Robert en Marie kan elk een reistas aan boord die plesierboot neem en die
      reisagentskap gee hulle spesifieke instruksies oor die grootte van die reistas wat hulle
      kan saam neem. Die afmetings is soos volg:

      Lengte = 1,2 m              Breedte = 60 cm                   Hoogte = 30 cm

      Buite oppervlakte = 2(lengte × breedte + breedte × hoogte + lengte × hoogte)
      Volume = lengte × breedte × hoogte

                                                                         60 cm

                                                            30 cm

                                            1,2 m

      Gebruik die inligting hierbo om die volgende te beantwoord:

      5.3.1       Bereken die buite-oppervlakte van die reistas in cm2.                               (5)

      5.3.2       Bereken die kapasiteit van die reistas.                                          (3)
                                                                                                  [21]

                                                                                     TOTAAL:      150

                                              EINDE

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                  16
                                           (Eerste Vraestel)        10601/15

BYLAAG A                                                VRAAG 3.1.3
Sondek, Minigholf-   13                                                                 12   La Bohème Dek
dek
Tosca Dek            11                                                                 10   Turandot Dek
Norma Dek            9
                                                                                        8    La Traviate Dek
Rigoletto Dek        7
Aida Dek             5                                                                  6    Otello Dek

                                      Kajuite                    Casino sitkamer

                                                                      Kaartkamer
                                                                      en biblioteek

                                                                                      Mediese sentrum

DEK 12                       DEK 10             DEK 9            DEK 8                       DEK 7

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                          17
                                            (Eerste Vraestel)        10601/15

NAAM:________________________________________________ KLAS:__________

ANTWOORDBLAD A

VRAAG 1.4.2

Tabel 1: Koste vir huur van plek

Aantal gaste          0      20      40     60     80     100    120    140    160    180    200

Da Vinci Hotel
                    8 000   12 000 16 000 20 000 24 000
(Koste in R)

Tre-Jole Lodge
                      0     5 500   11 000 16 500 22 000 27 500 33 000 38 500 44 000 49 500 55 000
(Koste in R)

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID            18
                                    (Eerste Vraestel)        10601/15

NAAM: _________________________________________ KLAS: ___________

ANTWOORDBLAD B

VRAAG 1.4.3

                   Vergelyking van huurkoste
    60 000

    50 000

    40 000

    30 000

    20 000

    10 000

## Related documents

- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Exam Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p2-afrikaans-2015-preparatory-exam-question-paper/be306280-3aba-46ec-aad3-7ee5349ad8f4) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P1 (Afrikaans) 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p1-afrikaans-2019-preparatory-examination-addendum/657f6e9a-3626-48fa-9c6e-11d49700db5a) — Mathematical Literacy · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Maths Literacy Addendum X5 (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-maths-literacy-addendum-x5-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/b82b5337-d583-4576-8235-f8c6a3fe1432) — Mathematical Literacy · Addendum · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Maths Literacy Addendum P1 X5 Afrikaans Preparatory 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-maths-literacy-addendum-p1-x5-afrikaans-preparatory-2018-question-paper/88002241-78a6-4157-bb1f-f67773e54583) — Mathematical Literacy · Addendum · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-addendum/f52aff5c-abbe-4fde-b6ac-05165475dabd) — Mathematical Literacy · Addendum · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
