# Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/dd0d3c39-cb1f-401c-ab0e-adca8606dad3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/dd0d3c39-cb1f-401c-ab0e-adca8606dad3)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

            GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                        VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                2020
                                 10601

                      WISKUNDIGE GELETTERDHEID

                              VRAESTEL 1

PUNTE: 150
TYD:   3 uur

11 bladsye + 1 antwoordblad

                                                 b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                            2
                                          (Vraestel 1)             10601/20

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.    ANTWOORDBLAD (bl. 12): Skryf jou naam in die spasie wat voorsien word en handig jou
      ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDBOEK in.

3.    Gebruik die ADDENDUM soos volg:

         •   Gebruik BYLAAG A om Vraag 2.3 te beantwoord
         •   Gebruik BYLAAG B om Vraag 3.2 te beantwoord
         •   Gebruik BYLAAG C om Vraag 4.1 te beantwoord
         •   Gebruik BYLAAG D om Vraag 4.2 te beantwoord
         •   Gebruik BYLAAG E om Vraag 5.2 te beantwoord

4.    Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word.

5.    ŉ Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en nie-grafies) mag gebruik word tensy
      anders vermeld.

6.    Toon ALLE berekeninge duidelik aan.

7.    Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders vermeld.

8.    Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

9.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                                  b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                  3
                                          (Vraestel 1)             10601/20

VRAAG 1

1.1
      1.1.1    Waarvoor staan die akroniem BTW?                                               (2)

      1.1.2    Bereken die bedrag BTW wat betaal word op ŉ koffie koppie wat R75,90
               (BTW uitgesluit) kos.                                                (2)

      1.1.3    Pryse verhoog jaarliks as gevolg van inflasie. Indien die prys van 1 kg
               piesangs R13,99 in 2020 kos, en die prys in 2021 met 9,5% styg as gevolg
               van inflasie, bereken die nuwe prys vir 1 kg piesangs in 2021.           (2)

      1.1.4    Indien Joan ŉ maandelikse bruto inkomste van R13 500 verdien, bepaal
               hoeveel sy maandeliks tot WVF bydra.                                 (2)

      1.1.5    Definieer die term bruto inkomste.                                             (2)

      1.1.6    ABC Bank bied ŉ rentekoers van 8,5% per jaar. Bereken die rentekoers
               indien dit daagliks saamgestel word. Rond jou antwoord af tot 4 desimale
               plekke.                                                                  (2)

      1.1.7    Gebruik die rentekoers in VRAAG 1.1.6 en bereken die bedrag rente wat
               John vir een dag sal ontvang indien hy R2 000 belê het.               (2)

1.2   Nick wil een van die heinings van sy erf met ŉ betonheining vervang. Die afmetings van die
      erf is soos volg: Die lengte is 30 m en die wydte is 800 duim. Verwys na die diagram
      hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   30 m

                            Huis
                                                                   800 duim

      1.2.1    Herlei die wydte van die erf na cm.
               Gebruik die herleidingskoers van 1 duim = 2,5 cm.                              (2)

      1.2.2    Indien die wydte van die erf 20 m is, bereken die totale omtrek van die erf in
               meter.
               Gebruik die volgende formule: Omtrek = (2 x lengtes) + (2 x wydtes)            (2)
                                                                                                    b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
          WISKUNDIGE GELETTERDHEID            4
          (Vraestel 1)             10601/20

                                              b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                   5
                                           (Vraestel 1)             10601/20

      1.2.3     Die lengte van een betonblad is 1,5 m. Bepaal hoeveel betonblaaie hy sal
                gebruik indien hy slegs een van die lengtes van die heining in sy erf vervang. (2)

      1.2.4     Die ideale uithardingstemperatuur vir beton mag nie 90˚F oorskry nie.
                Herlei hierdie temperatuur na ˚C. Rond jou antwoord af tot die naaste
                heelgetal.

                Gebruik die volgende formule:
                                                      𝟓
                                                ℃=      (℉ − 𝟑𝟐)
                                                      𝟗
                                                                                                (2)

1.3   Die Graad 12 klas het ŉ klastoets geskryf en die punte wat hieronder getabuleer is,
      behaal. Die klastoets was uit ŉ totaal van 50 punte. Gebruik die inligting in die tabel
      voorsien en beantwoord die vrae wat volg.

      Tabel 1: Punte behaal uit 50

                   17             25            30             17            45
                   16             21             9             22            40
                   33             28            15             14            18

      1.3.1     Bepaal die modale punt wat vir die toets behaal is.                             (2)

      1.3.2     Bepaal die waarskynlikheid om lukraak ŉ leerder te kies wat meer as 38 uit
                50 vir die toets behaal het.                                               (2)

      1.3.3     Bepaal die omvang vir die punte behaal.                                         (2)

      1.3.4     Bepaal die persentasie vir die leerder wat die minimum punt behaal het.         (2)
                                                                                                [30]

                                                                                                      b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                  6
                                          (Vraestel 1)             10601/20

VRAAG 2

2.1   Nico het ŉ klein winkel in sy gemeenskap oop gemaak. Hy kry meeste van sy
      produkte van ŉ grootmaatwinkel of ŉ plaas in sy omgewing. Hy voeg ŉ winsopslag
      van 20% by die kosprys om die verkoopprys te bepaal.

      2.1.1    Nico verkoop sy lemoene teen R7,99 per kilogram. Bepaal sy verkoopprys
               vir 3,8 kg lemoene.                                                    (2)

      2.1.2    Nico koop 120 botterskorsies van ŉ boer vir R720,00. Wat is sy kosprys vir
               een botterskorsie?                                                         (2)

      2.1.3    Bereken die totale inkomste wat Nico sal ontvang indien hy 240
               botterskorsies met ŉ 20% winsopslag verkoop.                   (3)

      2.1.4    Nico wil meer wins maak deur sy tamaties teen ŉ hoër prys te verkoop as
               gevolg van die hoër aanvraag. Bereken die persentasie verhoging indien die
               oorspronklike prys van die tamaties R15,50 per kilogram was en hy die prys
               na R23,25 per kilogram verhoog het.

                                                     Nuwe Prys - Ou Prys
               Gebruik die formule: % Verhoging =                          × 𝟏𝟎𝟎              (2)
                                                          Ou Prys

2.2   Sabir gaan na ŉ Universiteit om ŉ graad in aptekerswese te studeer. Sy pa het besluit
      om vir hom ŉ nuwe Toyota Aygo te koop vir sy wonderlike Graad 12 resultate. Die
      Toyota Aygo het huidiglik ŉ spesiale, redelike prys van R174 900 BTW ingesluit.
      Hulle het besluit om die motor op huurkoop te koop en die balans in 60 maandelikse
      paaiemente af te betaal. Enkelvoudige rente word gehef teen 14% per jaar. ŉ Deposito
      van 10% word vereis.

      2.2.1    Hoeveel jaar sal dit hul neem om die motor af te betaal?                       (2)

      2.2.2    Bereken die bedrag wat hul as deposito moet betaal.                            (2)

      2.2.3    Bereken die leningsbedrag nadat die deposito betaal was.                       (2)

      2.2.4    Bepaal die totale bedrag rente wat oor die 60-maande tydperk op die
               uitstaande balans betaal sal word.                                  (3)

      2.2.5    Daarna, bereken sy maandelikse paaiement indien die totale bedrag
               betaalbaar R267 597 is.                                           (2)

                                                                                                    b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                7
                                         (Vraestel 1)             10601/20

2.3   Die jaarlikse regering besteding state vir 2017/18 en 2018/19 finansiële jaar was
      vrygestel. Verwys na die statistiek in BYLAAG A, in die ADDENDUM en
      beantwoord die vrae wat volg.

      2.3.1    Bereken die verskil tussen die gekonsolideerde besteding van 2017/18 en die
               gekonsolideerde besteding van 2018/19.                                      (6)

      2.3.2    Watter gekonsolideerde besteding het die meeste verhoog vanaf 2017/18 tot
               2018/19 en bereken die verskil tussen hierdie twee jare.                  (3)

      2.3.3    Bereken die persentasie verlaging in die gesondheidsbesteding vanaf
               2017/18 tot 2018/19.                                                (4)

                                                                                           [33]

                                                                                                 b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                 8
                                          (Vraestel 1)             10601/20

VRAAG 3

3.1   Gedurende ŉ hittegolf het Mlungisi besluit om roomys-toebroodjies aan haar mede-
      skoliere te verkoop. Hierdie toebroodjies is silindries en word in ŉ reghoekige prisma
      verpak. Die afmetings van die silindriese roomys-toebroodjies is soos volg: Die radius
      van een van die roomys-toebroodjies is 3,5 cm en die hoogte van een van die roomys-
      toebroodjies is 3 cm. Verwys na die skets en die inligting hieronder en beantwoord die
      vrae wat volg.

                                                         [Aangepas vanuit: patandstick.com.au]
      Formules:

      Omtrek = 𝟐 × 𝝅 × 𝒓                                 Gebruik 𝝅 = 3,142

      Oppervlak = 𝝅 × (𝒓𝒂𝒅𝒊𝒖𝒔)𝟐

      Volume = 𝝅 × (𝒓𝒂𝒅𝒊𝒖𝒔)𝟐 × 𝒉𝒐𝒐𝒈𝒕𝒆

      3.1.1       Definieer die term omtrek.                                                     (2)

      3.1.2       Die hoogte van die reghoekige prisma, waarin die roomys-toebroodjies
                  gepak word, is 17 cm. Bepaal hoeveel roomys-toebroodjies in een boksie
                  gestapel kan word.                                                     (2)

      3.1.3       Bereken die volume van een roomys-toebroodjie.                                 (4)

      3.1.4       Mlungisi is bekommerd oor haar gewig nadat sy te veel roomys-
                  toebroodjies geëet het. Haar Liggaamsmassa-Indeks (LMI) is huidiglik
                  29,38 kg/m2 en sy is 1,65 m lank. Bepaal haar haar huidige massa (in kg)
                  en rond jou antwoord af tot die naaste kg.

                                                         Massa in kg
                  Gebruik die volgende formule: LMI= (Lengte in m)2                              (3)

                                                                                                   b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                               9
                                           (Vraestel 1)             10601/20

      3.1.5      Mlungisi moet na die winkel loop om die bestanddele vir aandete te koop.
                 Die winkel is 450 meter van haar huis af. Dit neem haar 6 minute om
                 vanaf haar huis na die winkel te loop.

                 (a)   Bereken haar gemiddelde spoed in meter per minuut.

                                                                      Afstand
                       Gebruik die formule: Gemiddelde spoed =                                  (2)
                                                                           Tyd

                 (b)   Die winkel sluit om 17:00 en sy moet geld by haar ouma kry wat
                       halfpad na die winkel is. Sy spandeer 12 minute by haar ouma om
                       die geld te kry. Indien sy die huis om 16:40 verlaat, teen watter tyd
                       sal sy die winkel bereik?                                             (2)

      3.1.6      Mlungisi het ŉ druppende kraan in haar kombuis. Die water drup teen ŉ
                 tempo van 12 ml elke minuut. Bepaal die hoeveelheid water, in liter, wat
                 in een volle dag gemors word.                                            (4)

3.2   Johnny gebruik die Gautrain om by die skool te kom. Bestudeer die tydrooster van die
      vertrekke en aankomstye van die Gautrain in die ADDENDUM, BYLAAG B, om die
      vrae wat volg te beantwoord.

      3.2.1      Op watter tydsintervalle verlaat die trein elke stasie?                        (2)

      3.2.2      Hoeveel stasies word op die tydrooster vir die Gautrain aangedui?              (2)

      3.2.3      Word die tyd in die tydrooster in digitale of analogiese formaat voorgestel?   (2)

      3.2.4      Hoe lank neem dit die Gautrain om vanaf Sandton na Hatfield te reis?           (2)

                                                                                                [27]

                                                                                                  b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID                          10
                                         (Vraestel 1)             10601/20

VRAAG 4

4.1   Pete en ŉ paar van sy vriende het besluit om vir ŉ naweek na die voorbereidende
      eksamens weg te gaan. Die Kosama oord waar hul sal bly, word op BYLAAG C in die
      ADDENDUM getoon. Verwys na BYLAAG C, en beantwoord die vrae wat volg.

      4.1.1     Indien elke kamer ŉ maksimum van twee mense kan akkommodeer, bepaal
                hoeveel mense by die oord kan bly.                                  (2)

      4.1.2     Bepaal die aantal mense wat in die eetkamer geakkommodeer kan word
                indien al die sitplekke gevul word.                                (2)

      4.1.3     Wat is die verskil tussen die aantal mense wat in die oord kan bly en die
                aantal mense wat by die oord kan uiteet?                                  (2)

      4.1.4     Definieer die term vloerplan.                                             (2)

      4.1.5     Op watter aansig is die eetkamer vensters geleë?                          (2)

      4.1.6     Skryf die lengte van die muur op die Noordelike aansig neer.              (2)

4.2   Suzy en haar vriende besoek Hartbeespoort Natuurreservaat om navorsing vir ŉ
      Lewenswetenskap Taak te doen. Hulle sal vanaf Magaliespark (A op die kaart op
      BYLAAG D) na Hartbeespoort Natuurreservaat (B op die kaart) reis. Verwys na die
      GPS-plan op BYLAAG D en beantwoord die vrae wat volg.

      4.2.1     In watter algemene rigting sal Suzy en haar vriende reis?                 (2)

      4.2.2     Meet die reguitlyn afstand vanaf Magaliespark na Hartbeespoort
                Natuurreservaat. Gee jou antwoord in sentimeter.               (2)

      4.2.3     Daarna, bereken die skaal van die kaart indien die werklike reguitlyn
                afstand 3,9 km is. Rond jou antwoord af tot die naaste tien duisend.  (4)

      4.2.4     Verduidelik wat die skaal wat jy in VRAAG 4.2.3 bereken het, beteken.     (2)

      4.2.5     Identifiseer die plaaslike roete wat hul sal gebruik wanneer hul vanaf
                Magaliespark na Hartbeespoort Natuurreservaat reis.                    (2)

                                                                                          [24]

                                                                                            b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID                            11
                                             (Vraestel 1)             10601/20

VRAAG 5

5.1   Thato doen navorsing oor die jaarlikse weervoorspelling van Hartbeespoort.
      Hieronder is die gemiddelde temperature en reënvalmetings oor `n tydperk van
      een jaar. Hierdie inligting sal vir jou ŉ duidelike aanduiding gee oor watter tipe
      weer jy oor die tydperk van ŉ tipiese jaar kan verwag. Gebruik die inligting in
      die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Gemiddelde temperatuur en reënval vir die jaar in Hartbeespoort

                                    Laagste          Hoogste         Aantal
                     Maand        temperatuur      temperatuur       reënval
                                     in ˚C            in ˚C            dae
               Januarie                 18               29             8
               Februarie                18               30             6
               Maart                    16               28             6
               April                    12               25             3
               Mei                       8               23             1
               Junie                     5               21             0
               Julie                     5               21             0
               Augustus                  7               23             0
               September                12               28             1
               Oktober                  15               28             8
               November                 16               28             8
               Desember                 18               29             8

      5.1.1      Verduidelik die verskil tussen diskrete data en kontinue data.            (2)

      5.1.2      In watter maand was die hoogste temperatuur aangeteken?                   (2)

      5.1.3      Hoeveel maande het minder as 3 reëndae gehad?                             (2)

      5.1.4      Bepaal die omvang van die aantal reëndae aangeteken.                      (2)

      5.1.5      Gebruik die kolom met die laagste temperature aangeteken en
                 rangskik dit in stygende volgorde.                          (2)

      5.1.6      Gebruik die inligting in VRAAG 5.1.5 en bepaal die mediaan
                 temperatuur vir die jaar.                                  (2)

                                                                                                 b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID                             12
                                         (Vraestel 1)             10601/20

      5.1.7     Bereken die gemiddelde aantal reënval dae vir die jaar.                 (3)

      5.18      Die houer-en-punt diagram hieronder verteenwoordig die
                kwartielwaardes vir die laagste temperature aangeteken vir die jaar.
                Gebruik die houer-en-punt diagram of die 5-getal opsomming
                (hieronder) om die Interkwartiel-omvang te bepaal.

                Die 5-getal opsomming:

                 Minimum          K1          K2           K3       Maksimum
                    6,5           8,5         13,4         16,2        17               (4)

      5.1.9     Die grafiek op die ANTWOORDBLAD verteenwoordig die laagste
                temperature aangeteken vir die jaar. Gebruik die inligting in die tabel
                op die vorige bladsy om ŉ grafiek op dieselfde assestelsel te teken
                wat die hoogste temperature vir die jaar verteenwoordig. Onthou om
                jou ANTWOORDBLAD uit te skeur en dit in jou
                ANTWOORDBOEK in te sit.                                                 (5)

5.2   Misdaadsyfers het verander vanaf 1995 tot 2018. Verwys na die grafiek in
      BYLAAG E aangaande die Suid-Afrikaanse jaarlikse persentasie verandering in
      moordsyfers en beantwoord die vrae wat volg.

      5.2.1     Gedurende watter jaar was die grootste afname in moordsyfer?            (2)

      5.2.2     Indien die totale aantal moorde gedurende die 15/16 periode 31 320
                was, hoeveel moorde was daar in 16/17?                             (2)

      5.2.3     Bereken die gemiddelde persentasie toename in moordsyfer vanaf die
                jaar 12/13 tot 17/18.                                              (3)

      5.2.4     Bepaal hoeveel jare ŉ afname in moordsyfer toon.                        (2)

      5.2.5     Bereken die verskil tussen die jaar met die hoogste afname en die jaar
                met die hoogste toename in moordsyfer.                                 (3)
                                                                                       [36]

                                                                           TOTAAL 150

                                           EINDE

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                                  13
                                                                             (Vraestel 1)             10601/20

ANTWOORDBLAD

Naam: ________________________________________________                                                                       GR 12- ____

VRAAG 5.1.9

                                                      Gemiddelde temperatuur vir die jaar
                                                                  Laagste temperatuur       .

                      32

                      30

                      28

                      26

                      24

                      22

                      20

  Temperatuur in ˚C
                      18

                      16

                      14

                      12

                      10

                      8

                      6

                      4

                      2

                      0
                                                                           Junie    Julie
                                                  Maart
                           Januarie
                                                                                                                                 November   Desember
                                      Februarie                                                                    Oktober
                                                          April   Mei

                                                                                                       September
                                                                                            Augustus

                                                                               Maand

## Related documents

- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P1 (Afrikaans) 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p1-afrikaans-2019-preparatory-examination-addendum/657f6e9a-3626-48fa-9c6e-11d49700db5a) — Mathematical Literacy · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Maths Literacy Addendum X5 (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-maths-literacy-addendum-x5-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/b82b5337-d583-4576-8235-f8c6a3fe1432) — Mathematical Literacy · Addendum · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-addendum/f52aff5c-abbe-4fde-b6ac-05165475dabd) — Mathematical Literacy · Addendum · 2017 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
