# Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-addendum/f52aff5c-abbe-4fde-b6ac-05165475dabd) — Addendum · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                   2017
                                    10601

                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID

                           EERSTE VRAESTEL

TYD:       3 uur

PUNTE: 150

                       9 bladsye en 2 antwoordblaaie

       3

                                                       b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                              2
                                           (Eerste Vraestel)        10601/17

                       GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                             VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2017

                                                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                                    (Eerste Vraestel)

                                                    TYD: 3 uur

                                                    PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord alle vrae.

2.    Skryf jou naam in die spasie wat verskaf is en handig albei jou ANTWOORDBLAAIE saam met
      jou ANTWOORDBOEK in.

3.    Gebruik die ADDENDUM soos volg:

         •   Gebruik BYLAAG A om Vraag 1.2 te beantwoord.
         •   Gebruik BYLAAG B om Vraag 1.3 te beantwoord.
         •   Gebruik BYLAAG C om Vraag 2.1 te beantwoord.
         •   Gebruik BYLAAG D om Vraag 2.3 te beantwoord.
         •   Gebruik BYLAAG E om Vraag 4.1 te beantwoord.
         •   Gebruik BYLAAG F om Vraag 4.3 te beantwoord.
         •   Gebruik BYLAAG G om Vraag 5.1 te beantwoord.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat op hierdie vraestel gebruik
      word.

5.    ŉ Goedgekeurde sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-grafies) mag gebruik word.

6.    ALLE berekeninge moet duidelik getoon word.

7.    ALLE antwoorde moet afgerond word na aanleiding van die gegewe konteks, tensy anders
      vermeld word.

8.    Eenhede van meting moet getoon word, waar van toepassing.

9.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE / SKOON bladsy.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                                 b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                               WISKUNDIGE GELETTERDHEID                              3
                                               (Eerste Vraestel)        10601/17

VRAAG 1

1.1   Dr. Kyle Brooks woon in Johannesburg. Hy moet maandeliks aan die Munisipaliteit van
      Johannesburg belasting betaal vir die water en elektrisiteit wat hy gebruik. Hieronder is die
      elektrisiteitsrekening wat hy vir Augustus se verbruik ontvang het.

                                       MUNISIPALITEIT VAN JOHANNESBURG

                                        Civic Boulevard Straat, 158
                                  Metropolitan Sentrum, 8ste Vloer, A-Blok,
                                                Braamfontein
                  Straat Adres               Kliënt se Naam                 Faktuurnommer
                Tiende Straat, 47             Dr. K. Brooks             NOORD – ELEK453723
                     Linden
                      2196
          Datum     Besonderhede van        Tarief        Sub-      BTW      Sub-Totaal Verskuldig
                         Verbruik                        Totaal
          29/08   Vorige lesing:
                  114628 kWh

                     Huidige lesing:
                     115353 kWh                R0,219 per   R158,78   ____(B)   R181,01
                                                  kWh
                     → Verbruik vir
                     Augustus:
                     _____________(A)

          29/08      30 AMP Stroombreker       R2,80 per     R84,00   R11,76    R95,76
                                                 AMP
                                                                                          (C)
                            TOTALE BEDRAG VERSKULDIG

      1.1.1       Definieer die term tarief.                                                    (2)

      1.1.2       Wat is die sterkte van die stroombreker wat huidiglik aan die woonstel
                  gekoppel is?                                                           (2)

      1.1.3       Bereken die verbruik vir Augustus. (A)                                        (2)

      1.1.4       Toon aan hoe die sub-totaal waarde van R158, 78 bereken was.                  (2)

      1.1.5       Bereken die BTW bedrag op R158, 78. (B)                                       (2)

      1.1.6       Bepaal die totale bedrag verskuldig. (C)                                      (2)

                                                                                                     b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                              4
                                          (Eerste Vraestel)        10601/17

1.2   Die grafiek op BYLAAG A toon die totale aantal besoekers aan Hermanus per maand vanaf
      Januarie 2014 tot Junie 2017. Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

      1.2.1     Wat was die aantal besoekers aan Hermanus in Januarie 2015 en April 2017?     (2)

      1.2.2     Vir watter maand en jaar was die aantal besoekers aan Hermanus ongeveer
                twee keer meer as in Januarie 2014?                                     (2)

      1.2.3     Bepaal die verhouding van besoekers aan Hermanus in April 2015 tot die
                aantal besoekers aan Hermanus in Februarie 2016. Skryf jou antwoord in die
                eenvoudigste vorm.                                                         (3)

      1.2.4     Is hierdie data ŉ voorbeeld van diskrete data of kontinue data?               (2)

1.3   Die sirkelgrafiek op BYLAAG B toon die aantal besoekers aan Hermanus van ander
      vastelande as ŉ persentasie aan. Bestudeer die sirkelgrafiek en beantwoord die vrae wat volg.

      1.3.1     Identifiseer die vasteland met die hoogste persentasie besoekers aan
                Hermanus en identifiseer ook die persentasie.                        (2)

      1.3.2     Bereken die aantal besoekers wat van Asië afkomstig is.                       (2)

      1.3.3     Die totale aantal besoekers aan Hermanus gedurende 2017 was 1 075. Daar
                word voorspel dat die aantal besoekers aan Hermanus met 8% sal toeneem
                vir die volgende jaar. Bereken die aantal besoekers wat voorspel word.  (2)

      1.3.4     Wat is die verskil in persentasie tussen die besoekers uit Europa en die
                besoekers vanuit Australië and Nieu-Seeland?                             (2)
                                                                                         [29]

                                                                                                b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                              5
                                          (Eerste Vraestel)        10601/17

VRAAG 2

2.1   Dr. Kyle Brooks is ŉ senior lektor aan die College of Computer Studies. Bestudeer sy
      salarisstrokie op BYLAAG C en beantwoord die vrae wat volg

      2.1.1     Wat is Dr. Brooks se basiese salaris?                                         (2)

      2.1.2     Bepaal Dr. Brooks se ouderdom.                                                (2)

      2.1.3     Bereken Dr. Brooks se maandelikse pensioenfonds bydrae (A op die
                salarisstrokie) indien hy 7,5% van sy basiese maandelikse salaris tot sy
                pensioenfonds bydra.                                                     (3)

      2.1.4     Waarvoor staan die afkorting WVF?                                             (2)

      2.1.5     (a) Bereken Dr. Brooks se maandelikse WVF bydrae (B op die
                    salarisstrokie).                                       (3)

                (b) Bereken die totale bedrag wat die College of Computer Studies tot die
                    WVF vir hierdie werknemer betaal.                                     (2)

      2.1.6     Bereken die ontbrekende waardes van C en D op die salarisstrokie.             (4)

      2.1.7     Watter persentasie van Dr. Brooks se reistoelaag word vir belasting betaal?   (4)

2.2   Dr. Brooks het aan die einde van Augustus 2017 ŉ waterrekening vir 50 kiloliters se
      waterverbuik ontvang. Gebruik die watertariefstruktuur hieronder om die bedrag (BTW
      ingesluit) te bereken, wat hy betaal het. Beantwoord hierdie vraag op
      ANTWOORDBLAD 1 (nommer 2.2.1 – 2.2.8) wat verskaf word aan die agterkant van
      hierdie vraestel. Handig jou ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDBOEK
      in.

      Tabel 1: Johannesburg munisipale plaaslike watertariewe* vir 2016/17

                   Johannesburg munisipale plaaslike watertariewe* vir 2016/17
                                               WATER
              Volume                                  Heffing (per kl)
              Tot 6 kl                                     R0, 00
           6, 1 kl – 15 kl                                 R7, 85
          15, 1 kl – 30 kl                                 R11, 29
          30, 1 kl – 45 kl                                 R13, 05
               > 45 kl                                     R14, 00
                         *Alle tariewe sluit BTW uit, wat gehef word teen 14%.                 (8)

                                                                                                b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                          6
                                           (Eerste Vraestel)        10601/17

2.3   Dr. Brooks oorweeg om ŉ lening uit te neem om vir sy seun, Josh se Universiteitsstudies te
      betaal. Die tabel op BYLAAG D word gebruik om te bereken hoeveel geld Dr. Brooks
      maandeliks sal terugbetaal. Bestudeer die tabel om die volgende vrae te beantwoord.

      2.3.1    Definieër die term rente.                                                   (2)

      2.3.2    Hoeveel rente sal hy op ŉ leningsbedrag van R110 000, 00 (aanvanklike
               kostes uitgesluit) betaal?                                                  (2)

      2.3.3    Wat is die langste leningstermyn? Skryf jou antwoord in jare.               (2)

      2.3.4    Bereken die rentekoers wat Dr Brooks sal betaal op ŉ leningsbedrag van
               R82 000, 00.

               Gebruik die volgende formule:

                               Totale Terugbetaling - Leningsbed rag
                Rentekoers                                          x 100
                                          Leningsbed rag
                                                                                           (3)

                                                                                           [39]

                                                                                             b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                7
                                           (Eerste Vraestel)        10601/17

VRAAG 3

  Dr. Brooks beplan om ŉ swembad te bou waarin hulle kan afkoel en ook om sy familie en vriende
  gedurende die warm somer dae te onthaal. Die swembad sal bestaan uit ŉ reghoekige deel aan die
  een kant van die swembad en ŉ semi-sirkelvormige deel aan die ander kant van die swembad.
  Bestudeer die onderstaande prentjie en beantwoord die vrae wat volg.

                                                    10 m

          8m                   2, 5 m

                                                                                          0, 8 m

3.1     Bereken die omtrek van die semi-sirkelvormige deel van die swembad.
        Gebruik die formule: Omtrek = deursnee × π         Gebruik π = 3, 142                 (3)

3.2     Bereken nou die omtrek van die hele swembad.                                          (3)

3.3     3.3.1      Bepaal die radius van die half silindriese deel van die swembad.           (2)

        3.3.2      Bereken die oppervlakte van die semi-sirkelvormige deel van die swembad.
                   Gebruik die formule: Oppervlakte van ŉ semi-sirkel = ½ (π × r2)
                   Gebruik π = 3, 142                                                       (4)

3.4     Bereken nou die volume water vir die silindriese deel van die swembad.
        Gebruik die formule: Volume van ŉ half silinder = ½ (π × r2 × diepte)
        Gebruik π = 3, 142                                                                    (4)

3.5     Bereken die volume water vir die reghoekige prisma.
        Gebruik die formule: Volume = lengte × wydte × diepte                                 (4)

3.6     Bereken die totale volume water wat benodig word om die swembad tot bo vol te
        maak.                                                                         (2)

3.7     Indien 1m3 = 1000 l en 1000 l = 1 kl, bereken die totale aantal kiloliter water wat
        benodig word om die swembad vol te maak. Rond jou antwoord af tot die naaste (3)
        kiloliter.

3.8     Die aanbevole temperatuur vir swembaddens vir ontspanning is 29 ⁰C. Herlei hierdie
        temperatuur na grade Fahrenheit.
        Jy mag die volgende formules gebruik: ⁰F = (1, 8 × ⁰C) + 32   ⁰C = (⁰F – 32) ÷ 1, 8   (2)
                                                                                              [27]
                                                                                                   b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                             8
                                           (Eerste Vraestel)        10601/17

VRAAG 4

4.1   Dr. Brooks het besluit om sy vrou na ŉ konsert van haar gunsteling kunstenaar te neem.
      Bestudeer die sitplekplan van die George Ignatieff Theatre in BYLAAG E en beantwoord die
      vrae wat volg.

      4.1.1     Hoeveel sitplekke is daar in die teater?                                      (2)

      4.1.2     Bepaal vir hoeveel rolstoele daar voorsiening gemaak is, indien sitplekke H1
                tot H13 vir mense met rolstoele gereserveer is.                              (2)

      4.1.3     Gee die kompasrigting van sitplek G30 na die verhoog.                         (2)

      4.1.4     Dr. Brooks se sitplek is in die middelste blok, in die derde ry van agter. Sy
                sitplek is presies in die middel van die ry. Bepaal die ry en die
                sitpleknommer waar Dr. Brooks sit.                                            (2)

      4.1.5     Dr. Brooks se vrou sit op sitplek F15. Sy word genooi om haar gunsteling
                kunstenaar op die verhoog te ontmoet. Beskryf die kortste roete van haar
                sitplek na die verhoog.                                                  (3)

4.2   Terwyl hulle na die George Ignatieff Theatre reis, besluit Dr. Brooks om na musiek te luister.
      Hy het ŉ CD houer wat die volgende tipe musiek bevat: 6 CD’s met jazz musiek, 2 CD’s met
      opera musiek, 4 CD’s met klassieke musiek en 12 CD’s met instrumentele musiek.

      4.2.1     Watter tipe musiek het die hoogste waarskynlikheid om onwillekeurig gekies
                te word? Bewys jou antwoord deur berekeninge te toon.                      (2)

      4.2.2     Bepaal die waarskynlikheid om ŉ CD met hip-hop musiek te kies.                (2)

      4.2.3     Wat is die waarskynlikheid dat Dr. Brooks onwillekeurig ŉ CD met jazz
                musiek sal kies? Skryf jou antwoord as ŉ desimale breuk.              (2)

4.3   Verwys na BYLAAG F, die vloerplan van die gastehuis waar Dr. Brooks en sy vrou na die
      konsert gaan oorslaap. Bestudeer die vloerplan en beantwoord die vrae wat volg.

      4.3.1     Is die skaal wat op hierdie kaart gebruik is ŉ nommer skaal, staafskaal of
                verbale skaal?                                                             (2)

      4.3.2     Verduidelik wat hierdie skaal beteken.                                        (2)

      4.3.3     Bepaal die totale aantal deure op die vloerplan.                              (2)

      4.3.4     Op watter aansig sal jy die voorstoep vind?                                   (2)

      4.3.5     Meet die dimensies (lengte en breedte) van Slaapkamer 3 op die vloerplan.
                Gee jou antwoord in mm.                                                   (3)
                                                                                          [28]

                                                                                                 b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                            9
                                           (Eerste Vraestel)        10601/17

VRAAG 5

5.1   Josh Brooks is in Graad 12. Sy pa, Dr Kyle Brooks is besorgd oor sy toekoms en is tans besig
      om inligting in te samel oor agt verskillende universiteite.

      Bestudeer die tabel op BYLAAG G en beantwoord die volgende vrae.

      5.1.1      Josh stel belang om vir ŉ BA graad te studeer. Wat sal die gemiddelde
                 bedrag geld wees wat hulle kan verwag om te betaal?                   (3)

      5.1.2      Wat is die modale bedrag vir ŉ BSc graad?                                   (2)

      5.1.3      Bereken die omvang van ŉ LLB graad.                                         (2)

      5.1.4      Rangskik die fooie vir ŉ BA graad in dalende volgorde.                      (2)

      5.1.5      Wat is die laagste fooi vir ŉ BCom graad? Identifiseer die universiteit wat
                 die laagste fooi aanbied.                                                   (2)

      5.1.6      Skryf die fooie wat die Universiteit van KwaZulu-Natal sal hef vir ŉ BEng
                 graad, in woorde.                                                         (2)

      5.1.7      Bepaal die mediaan bedrag vir ŉ BCom graad.                                 (2)

      5.1.8      Bereken die interkwartiel omvang vir ŉ LLB graad indien die volgende
                 data van toepassing is: Die minimum bedrag is R29 460, kwartiel 1 is
                 R32 135, die mediaan is R36 500, kwartiel 3 is R40 668 en die maksimum
                 bedrag is R46 500. Toon al jou berekeninge.                                 (2)

      5.1.9      Is die data in die tabel in BYLAAG G kategoriese of numeriese data? (2)
                 Verduidelik kortliks jou antwoord.

5.2   Gebruik die inligting in die tabel in BYLAAG G om ŉ staafgrafiek te teken wat die
      koste vir ŉ BCom graad by die verskillende universiteite sal verteenwoordig. Voltooi
      hierdie vraag op ANTWOORDBLAD 2 en handig jou ANTWOORDBLAD saam met
      jou ANTWOORDBOEK in.                                                                 (4)

5.3   Die tweede kwartiel staan ook bekend as ... .                                          (2)

5.4   Gee EEN voorbeeld van kategoriese data.                                                (2)

                                                                                             [27]

                                                                               TOTAAL: 150

                                             EINDE

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID                          10
                                              (Eerste Vraestel)        10601/17

ANTWOORDBLAD 1

Naam: ________________________________                                   GRAAD 12: ____

VRAAG 2.2

Tabel 1: Johannesburg munisipale plaaslike watertariewe vir 2016/17

                Johannesburg munisipale plaaslike watertariewe* vir 2016/17
                                          WATER
      Volume                                      Heffing (per kl)
      Tot 6 kl                                         R0, 00
   6, 1 kl – 15 kl                                     R7, 85
  15, 1 kl – 30 kl                                     R11, 29
  30, 1 kl – 45 kl                                     R13, 05
       > 45 kl                                         R14, 00
                    *Alle tariewe sluit BTW uit, wat gehef word teen 14%.

       Aantal kiloliters verbruik       Koste per kiloliter             Totale koste

      6 kl                          Gratis                     R0, 00
      9 kl                          R7, 85                     R70, 65
                             2.2.1 R11, 29                                             2.2.3
      15 kl                         R13, 05                                            2.2.4
                             2.2.2 R14, 00                                             2.2.5

                                    Totaal (BTW uitgesluit)                            2.2.6
                                    BTW                                                2.2.7
                                    Totaal (BTW ingesluit)                             2.2.8

                                                                                               (8)

### Page 11

Koste in Rand

                                                          10 000   20 000                   40 000   50000    60 000
                                                     00   10000    20000         30 000
                                                                                 30000      40000    50 000   60000                                                                                                VRAAG 5.2

                      Universiteit      Kaapstad
                                    of Cape
                         Universityvan      Town                                                                                                                                                                                                                                  ANTWOORDBLAD 2

                             Universiteit van die
                      University of Witwatersrand
                                   Witwatersrand

                          Stellenbosch
                       Stellenbosch    University
                                     Universiteit

                      Universiteit     KwaZulu-
                                   KwaZulu
                      University ofvan     Natal
                                           Natal
                                                                                                                                                                                                                                                                                                   WISKUNDIGE GELETTERDHEID
      Universiteite
                        Universiteit van
                            University   Pretoria
                                       ofPretoria
                                                                                                                                                                                                                               Naam: __________________________________________

                            Rhodes Universiteit
                              Rhodes University
                                                                                                                                                                      Vergelyking van Klasgelde vir ŉ BCom Graad
                                                                                                                       Vergelyking van Klasgelde vir `n B.Com Graad

                                               van
                                  of Johannesburg
                       University Universiteit
                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                       Downloaded from hlayiso.com

                                   Johannesburg                                                                                                                                                                                                                                                    (Eerste Vraestel)        10601/17

                          Noordwes Universiteit
                           North-West University
                                                                                                                                                                                                                               GRAAD 12: ____
                                                                                                                                                                                                                                                                                                               11

(4)

## Related documents

- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/f2fdc5eb-8de9-4da5-b583-f3e5088fce88) — Mathematical Literacy · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P1 (Afrikaans) 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p1-afrikaans-2019-preparatory-examination-addendum/657f6e9a-3626-48fa-9c6e-11d49700db5a) — Mathematical Literacy · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Maths Literacy Addendum X5 (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-maths-literacy-addendum-x5-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/b82b5337-d583-4576-8235-f8c6a3fe1432) — Mathematical Literacy · Addendum · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Maths Literacy Addendum P1 X5 Afrikaans Preparatory 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-maths-literacy-addendum-p1-x5-afrikaans-preparatory-2018-question-paper/88002241-78a6-4157-bb1f-f67773e54583) — Mathematical Literacy · Addendum · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 Preparatory 2017 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-preparatory-2017-addendum/7f11c155-2ec5-4b86-8d4d-fbd78927753d) — Mathematical Literacy · Addendum · 2017

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
