# Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p2-afrikaans-2015-preparatory-exam-question-paper/be306280-3aba-46ec-aad3-7ee5349ad8f4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p2-afrikaans-2015-preparatory-exam-question-paper/be306280-3aba-46ec-aad3-7ee5349ad8f4)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                      VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                   2015
                                   10602
                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID

                          TWEEDE VRAESTEL

PUNTE:   150
TYD:     3 uur

Bladsye 18

                 3

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID                2
                                                  (Tweede Vraestel) 10602/15

                       GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                                     (Tweede Vraestel)

                                                     TYD: 3 uur

                                                     PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING:

1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.

2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik
   word.

3. Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4. Jy mag gebruik maak van ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-
   grafies), tensy anders vermeld.

5. Wys ALLE berekeninge duidelik.

6. Gebruik gepaste afronding vir ALLE finale antwoorde, tensy daar spesifieke afronding
   aangedui word OF waar toepaslike afronding OP of AF toegepas moet word.

7. Toon maateenhede waar nodig.

8. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken nie, tensy anders vermeld.

9. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                              b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID                3
                                                    (Tweede Vraestel) 10602/15

VRAAG 1

1.1   JOHANNESBURG – Die munisipaliteit sê dat die watervoorraad in Ekurhuleni het
      Sondag begin stabiliseer nadat Bedfordview en Primrose begin water ontvang het na ŉ
      periode van watertekort.
      (28 September 2014).

      Baie soortgelyke nuusartikels het gereeld oor die hele land in die koerante
      verskyn gedurende 2014. Meer mense het begin om watertenks by hulle huise
      te installeer om sodoende water op te vang.

      Die grootte van die dak vanwaar die water opgevang word en die gemiddelde
      reënval in die area, bepaal die geskatte volume water wat oor ŉ tydperk van ŉ
      jaar opgevang word.

      1.1.1   Mnr. Chidi wil die volume van die water
              wat hy vanaf die dak kan opvang,
              bereken. Hy moet eerstens die
              oppervlakte van die dak waar vanaf hy
              die water wil opvang, bepaal.
                                                                                4 280 mm
              Die lengte van die dak is 22 700 mm en
              die skuinshoogte is 4 280 mm. Hy sal
              slegs water van een kant van die
              staandak af opvang.                         22 700 mm

              Bereken die oppervlakte van die dak in
              die illustrasie aan die kant waar hy die
              water sal opvang in vierkante meter.
              Gebruik die formule:

              Oppervlak van ŉ reghoek = lengte × breedte                                    (3)

      1.1.2   Die omgewing waar Mnr. Chidi woon, se gemiddelde reënval is omtrent
              638 mm per jaar.
              Bereken naastenby die volume water (in liter) wat hy oor ŉ tydperk van
              een jaar in ŉ tenk sal opvang, as die volgende inligting gegee is:
                 Een millimeter reën op ŉ vierkante meter dak is gelyk aan een liter.
                 Bereken naastenby hoeveel water oor ŉ tydperk van ŉ jaar
                  opgevang is en gebruik die volgende formule:

              Dak se volume water (liter) = gemiddelde jaarlikse reënval (in mm/jaar) x
              dakoppervlak (in m2) x 85%                                                    (2)

                                                                                                b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID              4
                                             (Tweede Vraestel) 10602/15

1.1.3   Mnr Chidi koop ŉ 4 500 liter tenk soos in die prent (op skaal) hieronder
        aangetoon. Die diameter van die tenk is 1 810 mm en die hoogte is
        2 060 mm.

                          4 500 liter

                                                                2 060 mm

                                  1 810 mm

        (a)   Meet die diameter van die tenk op die 2D-prent van die 3D-tenk en
              gebruik die afmeting om die skaal wat vir die prent gebruik is te
              bepaal. Gee jou antwoord as eenheid-skaal. Moenie desimale in
              die skaal gebruik nie.                                               (4)

        (b)   Op 14 Desember het die meter wat hy op die tenk geïnstalleer het,
              aangedui dat die volume water in die tenk 3, 76 kiloliter was.
              Bereken die hoogte van die water in die tenk op daardie dag, in
              meter. Gebruik die volgende formule:

              Volume van ŉ silinder =   ×         × hoogte

              1 kl = 1 m3
              Gebruik π = 3,142                                                    (6)

                                                                                       b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                 WISKUNDIGE GELETTERDHEID               5
                                                 (Tweede Vraestel) 10602/15

1.2   Die verkoopsbestuurder by “Water IQ”, ŉ maatskappy wat watertenks verkoop,
      maak data bymekaar oor die aantal tenks wat deur drie van sy top
      verkoopsagente per maand verkoop word, oor ŉ tydperk van ŉ jaar. Hy het ŉ
      opsomming van hierdie data gemaak op ŉ houer-en-puntdiagram soos
      hieronder.

                                    Tenks verkoop in 2014
      1.2.1   Skat die onderste kwartielwaarde van die aantal watertenks wat deur
              Agent C verkoop is.                                                       (2)

      1.2.2   Vir hoeveel maande het Agent A 40 of minder tenks verkoop?
              Wys/verduidelik jou stappe van berekening.                                (3)

      1.2.3   Bepaal die minimum en die maksimum aantal tenks wat deur
              bemarkingsagent B per maand verkoop is gedurende die drie maande
              wat hy gedurende sy laagste verkope aangeteken het.                       (4)

      1.2.4   Agent B het die toekenning vir die “Verkoopsman van die jaar” in 2014
              ontvang. Dink jy die regte verkoopsman het die toekenning ontvang?
              Gee 3 redes vir jou antwoord. Verwys na die aantal tenks wat verkoop is
              in die kwartiele wat jy gebruik het om die prestasie van die agente te
              vergelyk.                                                                 (7)

      1.2.5   Indien die minimum kommissie wat ŉ agent per tenk kan verdien
              R713.76 is, bereken die laagste bedrag wat agent C per maand in 2014
              kon verdien het.                                                          (4)

                                                                                            b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID                6
                                                    (Tweede Vraestel) 10602/15

1.3   Die volgende berig het op 12 Augustus 2014 in die Newcastle Advertiser
      verskyn – Graad 1- en Graad R-leerders van Laerskool Utrecht is huis-toe gestuur
      weens die watertekort, wat die skool vir twee dae sonder water gelaat het.

      1.3.1   Een rede waarom ŉ skool moontlik moet sluit as daar nie water is nie, is
              dat daar nie water vir die leerders en personeel is om te drink nie. Dit is
              egter nie die hoofrede waarom skole moet sluit as daar nie lopende
              water beskikbaar is nie.

              Noem enige ander gesondheidsrisiko verbonde aan ŉ watertekort wat
              skole kan dwing om te sluit as daar nie water is nie.                         (2)

      1.3.2   Deesdae sien ons al hoe meer skole
              wat watertenks installeer. Ons sien ook
              dat watertenks by die meeste nuwe
              skole wat gebou word, geinstalleer
              word.

              Verduidelik waarom skole die beste
              plek vir munisipaliteite is om
              reënwatertenks te installeer om water
              aan die omliggende gemeenskap te
              verskaf wanneer daar ŉ waterkrisis
              ontstaan.                                                                     (2)
                                                                                            [39]

                                                                                                b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID                 7
                                                    (Tweede Vraestel) 10602/15

VRAAG 2

2.1   Die staat vereis inkomste op ŉ deurlopende basis, daarom moet werkgewers
      LBS (Lopende Betaal Stelsel) van hulle werknemers se salarisse aftrek en dit
      dan aan SAID (Suid-Afrikaanse Inkomstediens) elke maand oorbetaal.

      Mnr. Joe Nxumalo werk as ŉ senior Rekenaar (IT) Tegnikus by ŉ “IT Kliniek.” Hy
      ontvang ŉ basiese salaris van R21 650,75 per maand gedurende die 2014/15
      belastingjaar.

         Sy volle bydrae aan die pensioenfonds is aftrekbaar van belasting. Die
          7,5 % bydrae tot die pensioenfonds sal sy belasbare inkomste verminder.
         Sy vrou en twee kinders is lede van sy mediese fonds. Die kwalifiserende
          mediesebelasting-krediet bedrag is aftrekbaar vanaf die berekende
          belasbare bedrag.
         Die WVF(UIF) bedrag wat afgetrek word, is minder as 1% as gevolg van die
          maksimum aftrekkingslimiet (die plafonbedrag) van toepassing in 2014. WVF
          is nie aftrekbaar van belasting nie.
         Hy ontvang sy jaarlikse bonus in sy verjaarsdagmaand.
                Die bonus is belasbaar.
                Geen pensioenfonds word van sy bonus afgetrek nie.
                Hy verkies om sy jaarlikse belasting op sy bonus in die maand wat hy
                  sy bonus ontvang, te betaal. (ŉ Werknemer het die keuse om die
                  belasting op sy bonus te versprei oor 12 maande – wat dan sy
                  maandelikse aftrekking op sy belasting verhoog, dit sal lei tot ŉ hoër
                  netto uitbetaling in sy bonusmaand.)

      Gebruik die salarisstrokie in BYLAAG A om die volgende te beantwoord:

      2.1.1    Mnr. Nxumalo het sy jaarlikes bonus (ŉ nie-pensioendraende 13de tjek
               wat belasbaar is) in Mei ontvang. Bereken sy belasbare inkomste vir
               2014/2015.                                                                    (5)

      2.1.2    Bereken die jaarlikse mediesefonds belastingkrediet waarvoor
               Mnr. Nxumalo kwalifiseer.                                                     (3)

      2.1.3    Verduidelik waarom dit belangrik is om Mnr. Nxumalo se geboortedatum
               vir belastingdoeleindes te weet.                                              (2)

      2.1.4    Gebruik die belastinginligting op BYLAAG B om die jaarlikse belasting
               wat betaalbaar is op Mnr. Nxumalo se belasbare inkomste, te bereken.          (6)

      2.1.5    Gebruik die inligting van die belastingaftrekkings op die salarisstrokie om
               te verifieer of die werkgewer genoeg belasting vanaf Mnr. Nxumalo se
               salaris vir 2014/2015 belastingjaar afgetrek het. Wys al jou stappe.          (4)

                                                                                                 b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID                  8
                                                    (Tweede Vraestel) 10602/15

2.2   Een van die items op Mnr. Nxumalo se begroting is maandelikse brandstofkostes.
      Hy begroot om vir ŉ afstand van 1 530 km per maand te reis. Die gemiddelde
      brandstofverbruik van sy voertuig is 8,1 liter per 100 km. Die brandstofprys in Junie
      sal R14,24/liter wees.

      2.2.1   Sy begroting vir Junie 2014 wys dat hy beplan om R1 800 te spandeer.
              Het hy genoeg geld vir brandstof begroot?                                       (4)

      2.2.2   Gee ŉ praktiese rede vir die verskil in die bedrag waarvoor hy begroot
              het en die werklike berekening.                                                 (2)

      2.2.3   Hy het rekord gehou waarvoor hy sy voertuig in Junie 2014 gebruik het.
              Hy vermeld dat die verhouding tussen reis vir familiedoeleindes, reis
              tussen huis en werk en reis na kliënte 3:11:4 was. Hy het 14 heen-en-
              weer ritte tussen sy huis en werksplek gedurende Junie 2014 afgelê,
              bereken die geraamde afstand tussen sy huis en werk indien sy eintlike
              reisafstand vir die maand 1 512 km was.                                         (4)

2.3   Die maandelikse salarisse van 16 mense wat in die tegniese department werk, is
      in die tabel hieronder gelys. Die geldeenheid is in Rand.

                   TABEL 1: Die maandelikse salarisse van 16 mense

                      34 720        17 482         9 800        A
                      13 550         21 650       11 200      17 482
                      16 245         14 837       13 420      10 000
                       8 400         12 996         B         15 400

      2.3.1   A verteenwoordig die laagste salaris. B is minder as R32 000. Die
              omvang van die stel salarisse is R28 020. Bepaal die waarde van A.              (2)

      2.3.2   Die gemiddelde salaris is R14 702. Bereken die waarde van B. Toon alle
              stappe.                                                                         (4)

      2.3.3   Bepaal die mediaansalaris.                                                      (3)

      2.3.4   Wat is die waarskynlikheid dat ŉ persoon wat in die tegniese department
              werk, ŉ salaris sal verdien wat bo die gemiddelde salarisskaal is? Druk
              jou antwoord uit in ŉ desimale formaat.                                         (3)

      2.3.5   Watter maatstaf van sentrale neiging gee ŉ beter opsomming van die
              salarisse van die tegniese afdeling? Gee redes vir jou antwoord.                (3)

      2.3.6   Verskaf 2 moontlike redes vir die groot gapings tussen die salarisse van
              die werkers in die tegniese department.                                         (4)
                                                                                              [49]

                                                                                                  b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID                  9
                                                    (Tweede Vraestel) 10602/15

VRAAG 3

3.1   Mnr. en Mev. Swart het onlangs afgetree. Hulle beplan om in ŉ aftree-oord wat
      nog in ontwikkeling is, in te trek. Hulle word van verskeie vloerplanne voorsien
      waaruit hulle die tipe huis kan kies waarby hulle lewenstyl sal pas. Hulle word
      toegelaat om voorstelle te maak oor die herorganisering van die binnekant van
      die huis, maar die buitemure moet soos op die plan aangedui bly. Gebruik die
      inligting en die planne wat verskaf is in BYLAAG C om die volgende vrae te
      beantwoord.

      3.1.1 Die afmetings op die plan is nog in Amerikaanse duime en voete
            (10’6 beteken 10 voet 6 duim). Bereken naastenby die vloeroppervlakte
            (in vierkante meter) van die huis in die plan, maak gebruik van die langste
            buitenste sye van die mure.

            Oppervlak van ŉ reghoek = lengte × breedte                                        (4)

      3.1.2 Hulle vermeld dat die vloeroppervlakte van die huis 37% kleiner is as hulle
            huis huidiglik. Bereken die vloeroppervlake van hulle huidige huis.               (3)

      3.1.3 Verduidelik watter kamers op die plan warmer as die ander sal wees
            gedurende die wintermaande, indien geen verwarmers aangeskakel word
            nie. Gee redes vir jou antwoord(e).                                               (4)

      3.1.4 Gebruik die kompasrigting om C te vervang met “C – Aansig”.                       (2)

      3.1.5 Noem die kamers sonder vensters op die plan. Bespreek enige uitdaging
            wat ŉ bewoner van die gebou mag ondervind weens die gebrek aan
            vensters.                                                                         (3)

      3.1.6 Bespreek een uitlegverandering wat jy sal maak aan hierdie huis indien jy
            dit sou koop. Gee redes vir jou voorstelle.                                       (2)

            Nota: ŉ Verandering sonder enige geldige verduideliking sal geen punte kry nie.

                                                                                                  b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                        WISKUNDIGE GELETTERDHEID                     10
                                                        (Tweede Vraestel) 10602/15

3.2   Mnr. Rotkin het ŉ huis by Mnr. en Me. Swart gekoop en ŉ lening by die bank
      aangegaan. Hy het slegs aansoek gedoen vir ŉ verbandlening van R500 000
      terugbetaalbaar oor ŉ tydperk van 20 jaar. Die maandelikse saamgestelde
      rentekoers vir hierdie lening is 8.75%. Mnr. Rotkin het nie die opsie van verkorte
      terugbetaling oor ŉ periode van 15 jaar geneem nie, maar het besluit om ŉ
      addisionele maandelikse bedrag van R1 000 op sy verband af te betaal.

      3.2.1 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

              TABEL 2: HUISLENING TERUGBETALINGSTABEL
        Leningstermyn                           Results en opsomming
        Lening Bedrag            500 000,00     Maandelikse Rentekoers                     0,729%
        Jaarlikse Rente          8.75%          Aantal Geskeduleerde Betalings                240
        Leningsperiode in Jare   20             Totale Geskeduleerde Betalings        1 060 452,85
        Betalingspaaiemente      Maandeliks     Totale Rente                           560 452,85
        Saamgestelde periode     Maandeliks     Aantal Terugbetalings                         154
                                 Einde van
        Soort Betaling                          Totale Betalings                       834 320,92
                                 Periode
        Eerste betalingsdatum    1-1-2016       Totale Rente                           334 320,92
                                                Geskatte rente gespaar            A 227 131,93
                                                Verpligte maandelikse paaiement           4 418,55
                                                Addisionele Betalings                     1 000,00
                                                Afbetalingsdatum                  B

      3.2.1 (a)      Die eiendomsagent het die bostaande opsomming aan Mnr. Rotkin
                     getoon sodat hy kan sien watter bedrag hy na verwagting kan spaar
                     in rente indien hy die ekstra R1 000 elke maand betaal. Sy het
                     uitgewys dat hy R217 131.93 op sy totale verbandterugbetaling sal
                     bespaar. Toon deur middel van volledige berekeninge aan of sy vir
                     hom die korrekte vooruitgeskatte besparingsbedrag gegee het.                    (3)

              (b)    Die tabel toon die verkorte periode vir die terugbetaling van die
                     verbandlening aan mits hy die ekstra R1 000 maandelikse betaling
                     kan betaal. Verskaf die maand (B) en jaar (B) waarin Mnr. Rotkin se
                     huis afbetaal sal wees indien hy die dissipline het om vol te hou met
                     die addisionele maandelikse betaling.                                           (3)

      3.2.2 Bestudeer die twee grafieke in BYLAAG D en beantwoord die vrae wat volg:

              (a)    Vergelyk die stawe en waardes van die verskillende bedrae wat in
                     grafiek A gebruik is. Verduidelik waarom die ligter gedeelte nie alleen
                     gebruik kan word om die bedrag van betaalbare rente gedurende
                     1 jaar te bepaal nie. Beraam/skat die bedrag rente wat gedurende
                     daardie jaar betaalbaar is.                                                     (4)

              (b)    Vir hoeveel jaar sal Mnr. Rotkin ŉ groter bedrag in rente betaal, in
                     vergelyking met die oorspronklike leningsbedrag?                                (2)

              (c)    Watter grafiek maak dit makliker vir jou om die antwoord vir (b) raak
                     te sien? Motiveer jou keuse.                                                    (2)
                                                                                                     [32]

                                                                                                      b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID              11
                                                          (Tweede Vraestel) 10602/15

VRAAG 4

4.1   Bestudeer die illustrasie hieronder en gebruik die inligting wat gegee is in die
      spotprent en die bevolkingstatistiek om die vrae te beantwoord wat gebaseer is
      op die 2014-syfers:

          MOORD IN SA
                                               GIF                         STOMP
           KAAL HANDE
                                               600 VERMOOR                 VOORWERPE
                     400 VERMOOR
                          PER JAAR                    PER JAAR             2000 VERMOOR
                                                                                   PER JAAR

                   SKERP                    VUURWAPENS
                                                                     O JA, AMPER VERGEET…
                                            5000 VERMOOR             …6000 VERMOOR PER JAAR
                   INSTRUMENTE                 PER JAAR
                   3000 VERMOOR                                      DEUR DRONK BESTUURDERS
                   PER JAAR

      Tabel 2: Halfjaarlikse bevolkingsvooruitskatting per provinsie, 2014

                               Bevolkingsvooruitskatting   % van totale bevolking
       Oos-Kaap                                  6 786 900                        12,6
       Vrystaat                                  2 786 800                          5,2
       Gauteng                                  12 914 800                        23,9
       KwaZulu-Natal                            10 694 400                        19,8
       Limpopo                                   5 630 500                        10,4
       Mpumalanga                                4 229 300                          7,8
       Noord-Kaap                                1 166 700                          2,2
       Noordwes                                  3 676 300                          6,8
       Wes-Kaap                                  6 116 300                        11,3
       TOTAAL                                   54 002 000                         100
                                                            Bron: Statistiek Suid-Afrika

                      Baie
      Onmoontlik                 Onwaar-     Gelyke       Waar-       Hoogs     Definitief
                    Onwaar-
                                  skynlik     kans        skynlik   Waarskynlik
                     skynlik

      Onmoontlik                            Gelyke kans                            Definitief

                                                                                                 b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                  12
                                            (Tweede Vraestel) 10602/15

4.1.1 (a)   Bereken die waarskynlikheid dat iemand in Suid-Afrika in 2014 deur
            ŉ dronkbestuurder doodgery sal word. Gee jou antwoord as ŉ
            persentasie.                                                              (3)

      (b)   Kies een van die woorde in die boonste deel van die
            waarskynlikheidskaal om woordeliks te beskryf wat die
            waarskynlikheid is dat ŉ persoon deur ŉ dronkbestuurder doodgery
            sal word.                                                                 (2)

      (c)   Mnr. Joseph, ŉ navorser, gebruik die statistiek in die illustrasie om
            die gemiddelde geweersterftes per provinsie te bereken. Hy gebruik
            die verhoudingsverdeling van die bevolking per provinsie om die
            vooruitgeskatte provinsiale gemiddeld te bepaal. Hy beweer dat
            Mpumalanga sowat 390 geweersterftes per jaar sal hê. Verifieer of
            hierdie berekenings akkuraat is.                                          (3)

4.1.2 Lees die onderstaande verslag. Dit bevat inligting betreffende die koste
      van Suid-Afrikaanse padongelukke. Gebruik die inligting om die
      onderstaande vrae te beantwoord:

      Die “RWIN” (Raad vir Wetenskaplike en Industriële Navorsing) sê dat die
      koste van padongelukke in Suid-Afrika jaarliks R309 biljoen beloop.
      Die Departement van Vervoer raam op ongeveer 14 000 sterftes per jaar –
      maar die meeste persone betrokke by padveiligheid reken hierdie is
      grootliks verkeerd en die ongelukkige / sterftes en beserings is nie volledig
      gerapporteer nie.
      Alkoholmisbruik (voetgangers / bestuur onder die invloed) veroorsaak ten
      minste die helfte van hierdie probleme.
                                                                 www.sadd.org.za

      (a)   Die bedrag van R309 biljoen is gebaseer op die koste van ongelukke
            as gevolg van allerlei oorsake. Bepaal die geraamde koste wat
            gereken word as gevolg van alkoholmisbruik. Skryf die antwoord
            SONDER die gebruik van die woord “biljoen”.                               (2)

      (b)   Indien die geskatte koste van padongelukke Suid-Afrika 8,3 % meer
            gaan kos vir die volgende jaar, bepaal die nuwe geraamde bedrag vir
            die begroting. Gee jou antwoord afgerond tot die naaste miljoen.          (3)
                                                                                      [13]

                                                                                       b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID             13
                                                           (Tweede Vraestel) 10602/15

VRAAG 5

5.1 Toe Xolani in ŉ tuin-kothuis naby sy nuwe werksplek ingetrek het, het hy ŉ bed teen
    R 1 270 en ŉ yskas teen R2 530 aangeskaf. Die winkel was bereid om hierdie items
    op die volgende voorwaardes op krediet aan hom te verkoop:
        Hy moet 10 % deposito betaal;
        18.24 % enkelvoudige rente per jaar op die uitstaande bedrag bereken sal
           word.
        Hy het ŉ keuse van terugbetaling oor 6 / 12 / 18 / 24 of 30 maande.

     5.1.1        Bereken die balans nadat die deposito betaal is.                              (2)

     5.1.2        Gebruik die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

      TABEL 4: Maandelikse paaiement per R100 wat geleen is

        Hoeveelheid
        paaiemente                      Enkelvoudige rente per jaar
                            11,24%        14,74%          18,24%         21,74%
             6               17,6033        17,8950         18,1867        18,4783
             12                9,2700         9,5617          9,8533       10,1450
             18                6,4922         6,7839          7,0756         7,3672
             24                5,1033         5,3950          5,6867         5,9783
             30                4,2700         4,5617          4,8533         5,1450
       NEEM KENNIS        Getalle gereflekteer hierbo is in Rand per R100-lening

                  (a)   Bereken die maandelikse paaiement wat hy sal moet betaal vir die
                        bed en die yskas omdat hy besluit het om die balans oor ŉ tydperk
                        van 30 maande te betaal. Toon alle berekeninge.                         (3)

                  (b)   Bereken hoeveel méér Xolani sal moet betaal vir die bed en die
                        yskas aangesien hy besluit het om dit op skuld koop.                    (3)

                  (c)   Gee ŉ rede waarom mense op krediet koop, al kos dit hulle meer.         (2)

5.2 Xolani se ma het vir hom ŉ boek- en vertoonkas gekoop. Hy moet dit self
    aanmekaar sit na aanleiding van die instruksies ingesluit in die verpakking.

          Bestudeer die instruksies in die partelys in BYLAAG E.
          Skryf gedetailleerde instruksies vir die aanmekaarsit van die rak.
          Skryf eers die stapnommer en dan die instruksie vir die spesifieke gedeelte
            neer.
          Jy moet die name van die parte soos verskaf in BYLAAG E, gebruik.
          Dui die rigtings aan soos wat die rakke / panele in die kas ingeskuif moet
           word om te verseker dat dit stewig in posisie sluit.                                 (7)
                                                                                                [17]

                                                                                      TOTAAL:   150

                                                                                                 b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                WISKUNDIGE GELETTERDHEID            14
                                                (Tweede Vraestel) 10602/15

BYLAAG A: VRAAG 2

                    Joe Nxumalo se salarisstrokie vir Mei 2014

                   SALARIS                      PERSONEEL
                                  NAAM:                       DEPARTEMENT:
   IT Kliniek      DATUM:                       NOMMER:
                                  J Nxumalo                   Tegnies
                   31-05- 2014                  991256
                                     WERKSBE-          BELASTING
 IDENTITEITS         GEBOORTE
                                     SKRYWING:         VERWYSINGS
 NOMMER:             DATUM:
                                     Senior IT-        NOMMER:
 8005280112083       28-05-1980
                                     Tegnikus          0835/078/25/3
 HUWELIK             MEDIESE FONDS               BANKREKENING
                                                                       BANK:
 STATUS:             AFHANKLIKES:                NOMMER:
                                                                       ABC Bank
 Getroud             3 (eggenoot + 2 kinders)    963 246 987
 SALARIS               BEDRAG      AFTREKKINGS                      BEDRAG
                                   Belasbare Inkomste (LBS)
 Basiese salaris        R21 650,00                                      R2 069,85
                                   (op basiese salaris)
                                   Belasbare Inkomste (LBS)
 Jaarlikse Bonus        R21 650,00                                      R5 412,50
                                   (op bonus)
                                   Pension                              R1 623,75
                                   Mediesefonds-bydrae                  R3 740,00
                                   WVF                                   R148,72
          BRUTO
                        R43 300,00       TOTALE AFTREKKINGS            R12 994,82
         SALARIS

                                 NETTO SALARIS BETAALBAAR:         R 30 305,18

                                                                                     b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID             15
                                                  (Tweede Vraestel) 10602/15

BYLAAG B: VRAAG 2
Belastingkoers (Van toepassing op individue) 2014-2015 belastingsjaar
Belasbare Inkomste (R)                            Belastingskoers (R)
0 – 174 550                                       18% van elke R1
174 551 - 272 700                                 31 419 + 25% van die bedrag bo 174 550
272 701 - 377 450                                 55 957 + 30% van die bedrag bo 272 700
377 451 - 528 000                                 87 382 + 35% van die bedrag bo 377 450
528 001 - 673 100                                 140 074 + 38% van die bedrag bo 528 000
673 101 en bo                                     195 212 + 40% van die bedrag bo 673 100

Belastingkorting van toepassing op individue
Primêre korting                                   R 12 726
Sekondêre korting (vir persone 65 jaar en ouer)   R 7 110
Tersiêre korting (vir persone 75 jaar en ouer)    R 2 367

ŉ Belastingkorting is ŉ tipe afslag.

Belastingdrempels van toepassing op individue
Persone onder 65 jaar                             R 70 700
Persone 65 jaar en ouer                           R110 200
Persone 75 jaar en ouer                           R123 350

Mediese fonds- belastingkrediet: 2014/2015 jaar (1 Maart 2014 - 28 Februarie 2015)
R257 per maand vir belastingpligtiges wat mediese fonds-bydraes maak
R257 per maand vir die eerste afhanklike op die mediese fonds
R172 per maand vir elke addisionele afhanklike op die mediese fonds
 Hoe werk dit? Die Jaarlikse Mediese fonds – belastingkrediete moet afgetrek word vanaf die
berekende bedrag van die werknemer se belasting vir die jaar.

                                                                                         b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                        WISKUNDIGE GELETTERDHEID     16
                                                        (Tweede Vraestel) 10602/15

BYLAAG C – VRAAG 3.1

(LET WEL– diagramme is nie noodwendig volgens skaal geteken nie.)

                     Geen                         B-Aansig
                                      spens
        hoofslaap-
                        eet kamel
        kamer

                            kombuis

                            familie
                                                  C-Aansig
  slaapkamer
               ingang

                                              N

A -Aansig                                         D-Aansig

                IMPERIËLE: METRIEKE HERLEIDINGSTABEL
1 meter = 3,28084 voet                            1 voet = 0,3048 meter
1 voet = 12 duim                                  1 duim = 0,0254 meter
1 duim = 2,54 cm                                  1 jaart = 0,9144 meter
1 cm = 0,3937 duim

                                                                                      b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID                             17
                                                                  (Tweede Vraestel) 10602/15

BYLAAG D - VRAAG 3.2
Beide grafieke wys dieselfde inligting naamlik:
                   Die uitstaande balans op die lening aan die einde van elke jaar
                   Die bedrag rente betaal in ŉ jaar
                   Die bedrag wat betaal is op die eerste bedrag (aanvangsbedrag) van (die geleende
                    bedrag)

GRAFIEK A: 20 JAAR lening- Terugbetaling op ŉ R500 000 lening– Ekstra R1000 betaal per maand
  Betaling          Rente                Hoofsom                 Hoofsombalans       Lening/
  vir die           Betaal               betaal                                      Hoofsom
  jaar                                                                               balans

   60 000,00                                                                                            500 000,00

   50 000,00                                                                                            400 000,00

   40 000,00                                                                                            300 000,00

   30 000,00                                                                                            200 000,00

   20 000,00                                                                                            100 000,00

   10 000,00                                                                                            0

                                                                                                        (100 000,00)
                          1     2    3    4    5   6    7     8     9        10      11    12    13
                                                        Aantal jare betaal

GRAFIEK B: 20 jaar lening- Terugbetaling op ŉ R500 000 lening – Ekstra R1000 word per maand betaal

                                                                                  Totale rente betaal
                                                                                  Hoofsom afbetaal
                                                                                  Hoofsom Balans

   Bedrag in Rand

                                                    Volle aantal jare

                                                                                                                        b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID        18
                                                  (Tweede Vraestel) 10602/15

BYLAAG E:    VRAAG 5.2

Gemonteerde produk       Stap 1                     Stap 2

Stap 3                   Stap 4                     Stap 5

    D            A
                            A- Boonste rak
                 B
    E                       B- Onderste rak         Pyle dui rigting aan waarin
    a            B                                  panele/rake gedruk moet
                            C- Kantpanele (L & R)   word om stabiliteit te
                                                    verseker.
             C       C      D- Boonste buiteblad
    F
                            E- Basis bo

                            F- Agterste Paneel

ONDERDELE DIAGRAM        ONDERDELE LYS

                                          EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/f2fdc5eb-8de9-4da5-b583-f3e5088fce88) — Mathematical Literacy · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
