# Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/ceffacdd-18ee-4fbc-a0e2-e44360116b9f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/ceffacdd-18ee-4fbc-a0e2-e44360116b9f)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/f2fdc5eb-8de9-4da5-b583-f3e5088fce88) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                      VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                 2017
                                 10602
                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                          TWEEDE VRAESTEL

TYD:       3 uur

PUNTE: 150

10 bladsye en 2 antwoordblaaie

       3

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                           2
                                           (Tweede Vraestel)        10602/17

                        GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                   VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                                    (Tweede Vraestel)

                                                    TYD: 3 uur

                                                    PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.    Gebruik die BYLAE soos volg:

      Gebruik BYLAAG A en B om VRAAG 1.1 te beantwoord.
      Gebruik BYLAAG C om VRAAG 1.2 te beantwoord.
      Gebruik BYLAAG D om VRAAG 2.2 te beantwoord.
      Gebruik BYLAAG E om VRAAG 2.3.2 te beantwoord.
      Handig beide ANTWOORDBLAAIE saam met jou ANTWOORDBOEK in.

3.    Nommer jou antwoorde korrek soos die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik
      word.

4.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    Jy mag ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-grafies) gebruik, tensy
      anders vermeld.

6.    Toon ALLE berekeninge duidelik.

7.    Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders
      vermeld.

8.    Dui meeteenhede aan waar van toepassing.

9.    Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken nie, tensy anders
      aangetoon.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                              b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                               3
                                            (Tweede Vraestel)        10602/17

VRAAG 1

1.1    Mnr Bush is ŉ 54-jarige werknemer by die Gautengse Departement van Onderwys. Hy
       dra 7,5% van sy basiese maandelikse salaris by tot die GEPF (Staatswerknemer
       Pensioenfonds). Hy ontvang ŉ bonus wat ekwivalent is tot sy maandelikse salaris wat
       belastingaftrekbaar is. Hy betaal mediese fonds vir sy 3 kinders en sy vrou. Hy ontvang
       ook ŉ behuisingstoelaag wat belastingaftrekbaar is. Gebruik die salarisadvies op
       BYLAAG A en die belastingtabel op BYLAAG B om die volgende vrae te beantwoord.

       1.1.1   Bepaal die waardes van A, B en C op sy salarisadvies.                               (6)

       1.1.2   Gebruik berekeninge om te wys hoe die waarde van R61 296 vir die derde
               belastingkoers op die belastingtabel afgelei was.                      (3)

       1.1.3   Mnr Bush het gekla dat, alhoewel sy behuisingstoelaag belasbaar is, glo hy dat hy
               op ŉ maandelikse basis oorbelas word. Gebruik berekeninge om sys telling te
               bevestig.

               Belasbare Inkomste = Jaarlikse Bruto Salaris - Jaarlikse Pensioenfondsbydrae

               Belasting Betaalbaar = Jaarlikse Belasting Betaalbaar - Jaarlikse Mediese
               Belastingkrediete - Korting                                               (11)

1.2   Mnr en Mev Bush se huishulp Phelo en haar dogter Thuli, bly by hulle. Thuli en haar
      vriendin Busi is bekommerd oor hul gewig. Bestudeer die groeikaart op BYLAAG C en
      beantwoord die vrae wat volg.

      1.2.1    Bepaal Thuli se LMI (Liggaamsmassa-Indeks). Sy is 17 jaar oud en haar LMI
               plaas haar op die 75ste persentiel.                                                 (2)

      1.2.2    Busi is 18 jaar oud en is 1,74 m lank. Sy het ŉ massa van 96 000 g. TABEL 1
               toon die verhouding tussen LMI en massa status.

                TABEL 1: MASSA STATUS TABEL
                LMI-vir-ouderdom Persentielomvang           Massa status
                ˂5de persentiel                             Ondergewig
                5de tot ˂85ste persentiel                   Gesond
                85ste tot ˂95ste persentiel                 Risiko vir oorgewig
                ≥95ste persentiel                           Oorgewig

               (a)        Bepaal haar gewigstatus deur TABEL 1 en die gegewe formule te
                          gebruik:

                                   𝑀𝑎𝑠𝑠𝑎 (𝑖𝑛 𝑘𝑔)
                          LMI =                                                                    (5)
                                  (𝐿𝑒𝑛𝑔𝑡𝑒 𝑖𝑛 𝑚)2

               (b)        Watter advies kan Mev Bush aan Busi se ouers gee?                        (2)

                                                                                                   b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                               4
                                            (Tweede Vraestel)        10602/17

1.3   Mnr Bush sal binnekort ŉ verjaarsdag vier. Mev Bush het ŉ ringkoek met ŉ hoogte van
      10 cm vir haar man se verjaarsdag gekoop. Dit het ŉ sirkelvormige opening aan die
      binnekant en is met sjokolade-versiersuiker bedek. Die deursnit van die buite-ring van die
      koek is 16 cm en die radius van die binne-ring is 3 cm.

      Bereken die oppervlak van die koek wat met versiersuiker bedek sal word.

      Let wel: Die binne-opening en die onderkant van die koek sal nie bedek word nie.

                          3 cm
                                                                     3cm

                           16 cm
                                                                    16 cm

      Buite oppervlak van ŉ groot sirkel = πr2+2πrh

      Oppervlak van ŉ klein sirkel = πr2

      Gebruik π = 3,142                                                                            (8)

                                                                                                   [37]

                                                                                                   b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                             5
                                           (Tweede Vraestel)        10602/17

VRAAG 2

2.1   Mnr en Mev Bush beplan ŉ reis na Richardsbaai. Mev Bush het drie kwotasies vir verblyf
      in Richardsbaai gekry. Hulle beplan om 4 DAE op vakansie te spandeer. Sy het kwotasies
      van drie interessante gastehuise vir TWEE gaste, met verskillende kenmerke soos in
      TABEL 2 hieronder getoon, gevind.

       TABEL 2: Gastehuise in Richardsbaai
       Naam                  Brighton Beach        Bentley Lodge          Camarque
       Ontbyt ingesluit       Ja                     Nee                   Ja
       Koste vir 2 gaste
                              R1200                  R1400                 R1800
       per dag
       Afslag                 Geen                   15%                   35%
       Let wel: Die afslag is slegs van toepassing indien hul vir meer as 3 dae boek.
       Ontbyt is ŉ addisionele koste van R60,00 per persoon en SONDER afslag.

      Mev Bush beweer dat Bentley Lodge goedkoper is. Gebruik berekeninge om haar
      stelling te bevestig.                                                       (9)

2.2   BYLAAG D wys ŉ kaart van Suid-Afrika met al die dorpe, stede en nasionale paaie wat
      Mnr en Mev Bush kan verbygaan op hul reis van Johannesburg na Richardsbaai toe.
      Gebruik BYLAAG D en beantwoord die volgende vrae.

      2.2.1   (a)   Gee TWEE nasionale paaie wat Mnr en Mev Bush vanaf Johannesburg
                    na Richardsbaai kan gebruik.                                              (2)

              (b)   Gee TWEE voordele om nasionale paaie te gebruik.                          (4)

      2.2.2   Gebruik die staafskaal om die reguitlyn afstand (soos die kraai vlieg) tussen
              Johannesburg en Richardsbaai in kilometer, te bepaal.                           (5)

                                                                                                    b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                               WISKUNDIGE GELETTERDHEID                             6
                                               (Tweede Vraestel)        10602/17

2.3   Mnr en Mev Bush sal hul nuwe Tuscon 1.6
      liter gebruik om vanaf Johannesburg na
      Richardsbaai en terug huistoe, te reis. ŉ Vol
      tenk petrol vir die motor is 62 liter. Die prys
      vir loodvrye petrol is R12,60 per liter in
      Junie. Hulle beplan om met die N3 via
      Durban en daarna die N2 na Richardsbaai te                  Klas 1 Voertuig
      neem. Die afstand wat hul sal reis is 886 km.

      2.3.1   Die spesifikasie van die motor dui aan dan ŉ vol tenk 560 000 m sal dek teen ŉ
              gemiddelde spoed van 120 km/h.

              Gebruik berekeninge om te bevestig of hul meer as DRIE vol tenks petrol vir ŉ
              retoer-reis sal benodig.                                                            (4)

      2.3.2   BYLAAG E toon die tolhek-fooie wat hul sal betaal vir hul reis vanaf
              Johannesburg na Richardsbaai. Hulle sal deur al die hoofstroom tolhekke op
              die N3 en N2 gaan.

              Bereken die totale koste vir VIER vol tenks petrol en die tolhek fooie vir ŉ
              retoer-reis.                                                                        (6)

      2.3.3   Ontleders het voorspel dat die VPI (Verbruikers-Prys-Indeks) vir 2017
              soortgelyk aan die een vir 2013, soos in TABEL 3 hieronder getoon, sal wees.

              TABEL 3: Verbruikers-Prys-Indeks (VPI) vir 2013
                  Maand         Jan      Feb     Maart    Apr      Mei      Jun      Jul

                Groeikoers     2,15%    2,26%    1,96%   1,74%    1,50%    1,41%    1,39%

              In Junie het Mnr Bush beweer dat, indien hul besluit om in Julie te reis, dat hul
              R2 500,00 vir brandstofkoste sal benodig.

              Bevestig sy bewering deur alle noodsaaklike berekeninge te toon.
                                                                                                  (4)

                                                                                                  [34]

                                                                                                        b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                   7
                                             (Tweede Vraestel)        10602/17

      VRAAG 3

3.1   Mev Bush wil Mnr Bush aanmoedig om versigtig te bestuur terwyl hulle op vakansie is.
      Sy het vir hom statistiek in TABEL 4 gewys wat die aantal ongelukke oor Suid-Afrika
      plaasvind, toon.

      TABEL 4: Statistiek van padongelukke vanaf 1 Desember tot 11 Januarie

                                                                                          TOTAAL
                                                 PROVINSIES
      Jaar
                      GP    KZ-N WK         OK      VS    MP     NW      LP       NK      RSA

      2015/2016      246    308      122    227    131   159    108     186          A   1535
      2016/2017      271         B   162    278    157   184    136     208      57         C

      Verskil        25     -6       40     51     26    25     28      22       9       220
                                                                              www.arrivealive.co.za

      Gebruik TABEL 4 om die volgende vrae te beantwoord.

      3.1.1     Bereken die waarde van A.                                                             (2)

      3.1.2     Bepaal die waarde van B.                                                              (2)

      3.1.3     Daarna, bepaal die waarde van C.                                                      (2)

      3.1.4     Bepaal die gemiddelde aantal ongelukke in 2015/2016.                                  (3)

      3.1.5     Rangskik die data in stygende volgorde en gebruik berekeninge om te toon dat
                die interkwartiele omvang vir ongelukke wat in die jaar 2016/2017 vir die nege
                provinsies gerapporteer is, 128 was.                                           (5)

      3.1.6     Bepaal die mediaan vir die verskille in padongelukke gerapporteer.                    (2)

      3.1.7     Wat is die waarskynlikheid dat die getal ongelukke vir die jaar 2016/2017 die
                volgende jaar sal afneem?                                                     (2)

      3.1.8     Gebruik die grafiekpapier op ANTWOORDBLAD 1 aan die einde van jou
                vraestel, om ŉ lyngrafiek te teken wat die verskil in padongelukke
                gerapporteer, verteenwoordig. Handig jou ANTWOORDBLAD saam met jou
                ANTWOORDBOEK in.                                                   (6)

                                                                                                            b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID                           8
                                             (Tweede Vraestel)        10602/17

3.2   Een dag, het die paartjie besluit om hul vriende, Mnr en Mev Mkhize, te besoek.

      Die afstand tussen Bentley Lodge en Richardsbaai is 5,4 cm op die kaart van die area
      gemeet. Die skaal van die kaart is 1 : 3 000 000.
      Mnr en Mev Bush het Richardsbaai om 17:30 verlaat en het Bentley Lodge om 19:22
      bereik.

      Mnr Bush beweer dat hy teen ŉ gemiddelde spoed van 90 km per uur gery het.

      Bewys, deur alle berekeninge te toon, dat sy stelling geldig is.

                                                    Afstand
      Gebruik die formule: Gemiddelde Spoed =
                                                     Tyd                                       (8)

3.3   Mnr en Mev Bush het ook ŉ restaurant met hul vriende vir middagete besoek. Die
      maaltyd wat bedien was, is : Bruin rys (BR) of Pap (P); dan het hulle ŉ keuse van
      skaapvleis (SK) of beesbredie (BB), bedien met ŉ Griekse slaai (GS) of Spinasie (S).

      3.3.1     Teken ŉ boomdiagram op ANTWOORDBLAD 2 aan die einde van jou
                vraestel om die moontlike uitkomste vir die spyskaart voor te stel.
                Handig jou ANTWOORBLAD saam met jou ANTWOORDBOEK in.                           (5)

      3.3.2     Bepaal die waarskynlikheid om skaapvleis te kies, as ŉ persentasie.            (2)

3.4   Op ŉ ander dag, het hul na ŉ vlooimark gegaan en T-hemde gekoop. John, die
      verkoper, koop die T-hemde vanaf die plaaslike fabriek en druk name daarop. Hy
      spandeer R37,00 om elke T-hemp aan te koop en R18,00 op drukmateriaal. Hy verkoop
      dan die gedrukte T-hemde vir R90,00 elk.

      3.4.1     Skryf ŉ formule neer om sy totale bestedingkoste te bepaal wanneer hy die t-
                hemde koop en druk.                                                            (2)

      3.4.2     Gebruik die formule om te bepaal hoeveel hy sal spandeer wanneer hy 50 T-
                hemde koop en druk.                                                            (2)

      3.4.3     Bepaal sy persentasie wins per T-hemp.                                         (3)

                                                                                               [46]

                                                                                                 b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                WISKUNDIGE GELETTERDHEID                            9
                                                                                (Tweede Vraestel)        10602/17

      VRAAG 4

4.1   Mnr en Mev Mkhize het die skade van padongelukke in Suid-Afrika bespreek.
      Die staafgrafiek verteenwoordig die totale skade van menslike sterfgevalle in biljoene rand in
      Suid-Afrika in 2015 in verskillende kategorieë van ongelukke. Die sirkeldiagram toon die
      totale skade van motorherstelwerk vir die verskillende kategorieë van ongelukke.
      Die totale menslike sterfgevalle waarvoor ongelukke geëis was, is 99 biljoen rand en die
      totale motorherstelwerk is meer as 21 miljoen rand.

                                            Menslike sterftegevalle in                       Motorherstelwerk koste
                                           2015/2016 biljoene rande

                                          60                                                      Noodlot-tig
                                                                                                     %                Hoof
                                          50                                                                          skade

         Menslike sterftegevalle koste
                                                                                                                            Klein
                                          40                                                                                skade
                                                                                                                              %

                                          30

                                          20

                                          10

                                           0                                              Slegs
                                                              Hoof                        Skade

                                                 Noodlottig
                                                              skade
                                                              Klein
                                                              skade                        81%
                                                              Slegs
                                                              skade
                                                              Koste kategorie
                                                                                                                www.arrivealive.co.za

      4.1.1                              Noem en verduidelik EEN oorsaak van padongelukke op ons paaie.                             (3)

      4.1.2                              Bepaal die motorherstelwerkkoste waarvoor geëis is vir hoofskade-ongelukke in
                                         2015/2016 indien die totale bedrag wat geëis is, R21 326 000 was.             (4)

      4.1.3                              Mnr Bush het beweer dat die totale koste waarvoor klein skade ongelukke geëis is,
                                         vir beide motorherstelwerk en menslike noodlottigheid oor die 14 miljoen rand is.

                                         Verwys na die Koste Kategorie Grafiek en bevestig sy stelling.                             (5)

      4.1.4                              Staaf moontlike redes waarom die persentasie eise vir menslike noodloottigheid
                                         hoër is as dié vir noodlottige motorherstelwerk kostes.                        (2)

                                                                                                                                    b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID                             10
                                             (Tweede Vraestel)        10602/17

4.2   Mnr en Mev Mkhize het besluit dat hulle hul vriende in Johannesburg sal besoek per vlug
      in plaas daarvan om per pad te reis. As ŉ algemene reël, word passasiers toegelaat om
      een tas en een persoonlike item per vlug te neem. Daarvolgens, is daar spesifieke grootte
      en massabeperkings. Persoonlike items sluit in ŉ handsak of skootrekenaar-sak in.

      Mnr en Mev Mkhize het elk ŉ tas met die volgende afmetings:

                                                 Na aanleiding van lugredery regulasies,
                                                 mag die massa van die bagasie nie
                                                 7 kg oorsky nie, anders sal ŉ
                                                 addisionele fooi gehef word.

      FORMULES:

      Buite oppervalk van ŉ reghoekige boks = 2 (ℓ × w) + 2(ℓ × h) +2(w × h)
      Omtrek van ŉ boks = 2 ℓ + 2w
      Volume van ŉ reghoekige boks = ℓ× w× h
      Waar ℓ = lengte; w = wydte en h = hoogte

      4.2.1   Mnr en Mev Mkhize moes hul bagasie oortrek voordat hul aan boord van die
              vliegtuig klim. Bepaal die lengte van die plastiek wat benodig word (in m), om
              die tasse oor te trek indien die plastiek ŉ dubbellaag sal kry om maksimum
              veiligheid te verseker. Die plastiek het ŉ wydte van 56 cm en sal al die kante,     (7)
              behalwe die bo en onderkant van die tas, dek.

      4.2.2   Indien die koste om die tasse te dek met een laag plastiek R70,00 is (BTW
              ingesluit), bepaal die BTW uitgelsuite prys om beide die tasse met ŉ dubbellaag
              plastiek te dek.                                                                (4)

      4.2.3   Bepaal die totale kapasiteit van hul bagasie.                                       (6)

      4.2.4   Verduidelik hoekom die bagasie eers geweeg word voordat jy aan boord klim.          (2)
                                                                                                  [33]

                                                                                    TOTAAL :       150

                                               EINDE

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                       WISKUNDIGE GELETTERDHEID                 11
                                                                       (Tweede Vraestel)        10602/17

ANTWOORDBLAD 1

NAAM : ______________________________________                                          GRAAD 12: _______

VRAAG 3.1.8 : Lyngrafiek wat padongeluk verskille verteenwoordig

                                                                   Padongeluk Verskille
                                                60

                                                50

         VERSKIL IN PADONGELUKKE GERAPPORTEER
                                                40

                                                30

                                                20

                                                10

                                                 0

                                                -10
                                                      GP   KZ-N   WK    OK      VS      MP   NW      LP    NK
                                                                             PROVINSIES

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                        WISKUNDIGE GELETTERDHEID                      12
                                        (Tweede Vraestel)        10602/17

ANTWOORDBLAD 2

NAAM : ______________________________________             GRAAD 12: _______

VRAAG 3.3.1 : Boomdiagram wat verskillende uitkomste vir spyskaart wys

                                                                         UITKOMSTES

                                             _________                   __________

                          __________
                                             S                           __________

             BR
                                             GS                          __________

                          BB
                                             S                           __________

                                             GS                          __________

                          SK
                                             S                           __________

             P
                                             GS                          __________

                          __________
                                             _________                   __________

## Related documents

- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Exam Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p2-afrikaans-2015-preparatory-exam-question-paper/be306280-3aba-46ec-aad3-7ee5349ad8f4) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-preparatory-2017-question-paper/a87ab084-ffdb-4e18-92fd-a91a68e96782) — Mathematical Literacy · QP · 2017

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
