# Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Memo

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-2019-preparatory-examination-possible-answers/557e86ec-e603-4a7f-b787-2891e398e630
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-2019-preparatory-examination-possible-answers/557e86ec-e603-4a7f-b787-2891e398e630)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197) — QP · 2019 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

            GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                        VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                         2019
                                          10602
                      WISKUNDIGE GELETTERDHEID

                                    VRAESTEL 2

PUNTE: 150

TYD:      3 uur

10 bladsye + 2 antwoordblaaie, en ŉ addendum met 4 bladsye

                                                             b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                             2
                                           (Vraestel 2)             10602/19

                       GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                   VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                   WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                                   (Vraestel 2)

                                                   TYD: 3 uur

                                                   PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.    Gebruik die ADDENDUM as volg:

      Gebruik BYLAAG A vir Vraag 1.3
      Gebruik BYLAAG B vir Vraag 3.1
      Gebruik BYLAAG C vir Vraag 4.2

      Handig ANTWOORDBLAAIE vir Vrae 1.2 EN 3.3 saam met jou ANTWOORDBOEK in.

3.    Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.

4.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    Jy mag ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik, tensy anders
      vermeld.

6.    Toon ALLE bewerkings duidelik aan.

7.    Rond ALLE finale antwoorde af binne die gegewe konteks, tensy anders vermeld.

8.    Dui eenhede van meting aan, waar van toepassing.

9.    Kaarte en diagramme is NIE noodwendig op skaal geteken NIE, tensy anders vermeld.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                                 b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                 3
                                            (Vraestel 2)             10602/19

VRAAG 1

1.1   Pat en Muzi het besluit om ŉ parfuumgallery te begin. Hulle het ŉ winkel by Mokopane
      winkelsentrum gehuur en ŉ vaste bedrag van R12 000 vir elektrisiteit is jaarliks
      betaalbaar. Hulle koop parfuum in silinders aan en verpak die parfuum in 50 mℓ bottels
      wat tot en met 95% kapasiteit gevul word.

         Maandelikse huurkoste is R3 800,00
         Die leë bottels word verkoop in pakke van 100 teen R370,50 (doppies ingesluit).
         Die jaarlikse huurkoste vir die etiketdrukker is R6 905,00 maar word maandeliks
          betaal.
         Die koste van ŉ rol selfklevende papier etikette is R65,00 en bedek 50 bottels.

          LW: Alle pryse sluit BTW van 15% in.

      1.1.1   Bereken die werklike volume parfuum in ŉ 50 mℓ bottel.                           (2)

      1.1.2   Bereken hoeveel bottels met parfuum gevul kan word met een silinder van 50
              liters?                                                                          (3)

      1.1.3   Bepaal die totale maandelikse vaste koste.                                       (2)

      1.1.4   Hoeveel rolle selfklevende papier etikette word benodig om 1 000 bottels te
              bedek?                                                                           (2)

      1.1.5   Bereken die hoeveelheid BTW wat op die etiketdrukker gehef is.                   (4)

      1.1.6   Parfuum word verkoop in ŉ 50 ℓ silinder teen R58 000,00 en in ŉ 30 ℓ silinder
              teen R35 250,00.

              (a)    Watter een van die bogenoemde parfuum sal goedkoper wees om te
                     hervul?                                                                   (5)

              (b)    Muzi het beweer dat dit hulle in die eerste maand minder as R70 000
                     sal kos om die eerste 1 000 bottels te verpak mits hulle die parfuum in
                     ŉ 50ℓ silinder aankoop. Verifieer sy bewering.                            (6)

                                                                                                     b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                  4
                                            (Vraestel 2)             10602/19

1.2   Pat en Muzi het na Polokwane verhuis waar hulle dit reggekry het om hul eie winkel
      te bou. Hulle het ŉ nuwe fabriek gevind wat parfuum in kleiner 10ℓ silinders teen
      R3 000,00 verkoop. Hulle het besluit om die kleiner silinders te koop en dit te
      herverpak in bottels. Hulle verkoop die parfuum in verpakkings van 100 bottels teen
      R4 700,00.

      1.2.1   Toon dat die verkoopsprys per eenheid parfuum R47,00 is.                         (2)

      1.2.2   Skryf ŉ vergelyking neer wat gebruik kan word om die inkomste uit die
              verkope van parfuum te bereken, in die vorm:

              Totale inkomste (in Rand) = …                                                    (2)

      1.2.3   Die grafiek wat die totale koste vir die aankoop van 900 bottels aantoon is op
              ANTWOORDBLAD 1 geteken. Teken op dieselfde assestelsel die grafiek
              wat die totale inkomste vir 900 bottels parfuum sal toon.                        (4)

      1.2.4   Gebruik die grafiek om die gelykbreekpunt in hierdie konteks te verduidelik
              en skryf die hoeveelheid bottels en die totale inkomste van hierdie punt neer.   (4)

1.3   BYLAAG A toon twee tipes grafieke aan. Die sirkelgrafiek toon die persentasies van
      verskillende parfuum verkope vir Maart tot Mei aan. Die onvoltooide staafgrafiek
      toon SLEGS die hoeveelheid Fantasy parfume aan wat verkoop is in Maart en April.
      ŉ Totaal van 12 000 bottels parfuum was gedurende hierdie termyn verkoop.

      1.3.1   Bereken hoeveel bottels Fantasy parfume gedurende hierdie tydperk verkoop        (5)
              was.

      1.3.2   Pat het beweer dat meer Fantasy parfuum in Mei as in Maart verkoop was.
              Verifieer sy bewering.                                                           (3)
                                                                                               [44]

                                                                                                      b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                 5
                                             (Vraestel 2)             10602/19

VRAAG 2

2.1   Gladys stel daarin belang om ŉ Ford motor te koop. Sy het die volgende inligting gevind
      wat handel oor die hoeveelheid Ford motors wat in Amerika in 2017 en 2018 verkoop
      was. TABEL 1 hieronder toon die maandelikse verkope (in duisende) van Ford motors
      in 2017 en 2018.

                                     TOTALE AANTAL MOTORS VERKOOP
          MAAND VAN DIE
                                               (IN DUISENDE)
              JAAR
                                         2017                2018
                Januarie                 163,8               154,7
               Februarie                 199,7                 P
                 Maart                   226,7               235,0
                 April                   205,0               196,1
                  Mei                    230,8               233,1
                 Junie                   218,7               221,1
                  Julie                  191,3               186,1
               Augustus                  201,2               209,5
               September                 213,4               189,2
                Oktober                  191,5               185,0
               November                  201,9                 P
               Desember                    S                 209,2
                                                        [Aangepas vanuit fordauthority.com]

      2.1.1     Bereken die waarde van P indien die gemiddelde hoeveelheid motors verkoop
                in 2018 gelyk aan 199,5 duisend is.                                       (5)

      2.1.2     (a)   Bereken die waarde van S, die maksimum waarde van die hoeveelheid
                      motors verkoop in 2017, indien die omvang 67,6 duisend is.                (4)

                (b)   Bereken die mediaan vir die hoeveelheid motors wat in 2017 verkoop
                      was.                                                                      (4)

                (c)   Bepaal vervolgens, deur berekeninge, of die interkwartiel-omvang van
                      die motors wat in 2017 verkoop was, minder as of meer as 27 000 was.      (6)

      2.1.3     Die bemarkingsbestuurder het beweer dat gemiddeld die hoeveelheid motors
                verkoop per maand in 2018 meer was as die hoeveelheid motors wat per
                maand in 2017 verkoop was. Verifieer sy bewering.                               (6)

      2.1.4     Watter maatstaf van sentrale neiging tussen die modus en die gemiddelde sal
                dié data die beste verteenwoordig?                                              (2)

                                                                                                      b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                         6
                                            (Vraestel 2)             10602/19

2.2   Die grafiek hieronder toon die inflasie in geselekteerde voedsel en drankies vanaf
      Februarie 2018 tot Februarie 2019.
      Bestudeer hierdie grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                   VOEDSELINFLASIE VANAF FEBRUARIE 2018 TOT
                               FEBRUARIE 2019
                SLEGS VOEDSEL

               BROOD EN GRAAN
                  PRODUKTE

                       VLEIS

                        VIS

              MELK, KAAS EN EIERS

                 OLIE EN VETTE

                     VRUGTE

                    GROENTE

      2.2.1    Die prys van brood in Februarie 2019 was R13,99. Bepaal wat die prys
               van brood in Februarie 2018 was.
                                                                                      (5)

      2.2.2    Verduidelik wat -0,5% op die grafiek in hierdie konteks beteken.       (2)

                                                                                      [34]

                                                                                             b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                    7
                                            (Vraestel 2)             10602/19

VRAAG 3

3.1   Studente van die Universiteit van Limpopo gaan op ŉ reis vanaf Polokwane na
      Middelburg vir indiensopleiding. Hulle het ŉ bus van Mayi se Luukse
      Busmaatskappy gehuur. Professor Du Toit en Dr Nkomo is die akademiese
      organiseerders van hierdie indiensopleiding.

      Bestudeer die kaart op BYLAAG B en beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Wat is die algemene rigting van Middelburg vanaf Polokwane?                        (2)

      3.1.2   Verskaf gedetaileerde aanwysings wat hulle sal gebruik om vanaf Polokwane
              na Middelburg te reis indien hulle die Nasionale paaie gebruik.                    (5)

      3.1.3   Gee EEN voordeel daarvan om nasionale paaie te gebruik.                            (2)

      3.1.4   Gebruik die staafskaal op die kaart om die werklike afstand (soos die kraai
              vlieg) wat hulle vanaf Polokwane na Middelburg gereis het, te bereken.

              Skryf jou antwoord in myl. Gebruik 1 myl = 1,61 km.                                (7)

      3.1.5   Die bus het teen ŉ gemiddelde spoed van 120 km/h gereis en hulle het twee
              keer, vir 20 minute per keer, gestop. Zinzi het beweer dat dit hulle 3 ure en 47
              minute sal neem om Middelburg te bereik. Verifieer haar bewering.

              Jy mag die volgende formule gebruik: Afstand = Gemiddelde spoed × Tyd              (6)

3.2   Mr Mayi is gereeld in Liberië. Hy deponeer 65% van sy inkomste in sy vrou se
      bankrekening. Die maatskappy het hom R13 500,00 betaal.

      3.2.1   Hoekom dink jy hou Mr Mayi 35% van sy inkomste, behalwe om in sy
              basiese behoeftes te voorsien?                                                     (2)

      3.2.2   Hoeveel Liberiese dollars (LRD) het hy in sy vrou se rekening gedeponeer,
              indien 1LRD = 0,091 Rand is?                                                       (4)

3.3   Die bus het in Groblersdal vir middagete gestop en die volgende spyskaart was
      bedien. Die studente moes een item vanuit elke kategorie kies.

      Kategorie 1    Stysel       Dumpling (D)         Rys (R)
      Kategorie 2    Slaai        Tunaslaai (T)        Aartappelslaai (A)
      Kategorie 3    Vleis        Beesbredie (B)       Skaapbredie (S)

      3.3.1   Voltooi die boomdiagram op ANTWOORDBLAD 2 wat al die moontlike
              uitkomste vir hierdie gebeurtenis sal toon.                                        (3)

      3.3.2   Bepaal vervolgens, die waarskynlikheid daarvan om ŉ maaltyd met beesvleis
              te kies.                                                                           (2)
                                                                                                 [33]
                                                                                                        b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                 8
                                            (Vraestel 2)             10602/19

VRAAG 4

4.1   Pieter, die verkoopsbestuurder van HGM, en sy span het strategieë bespreek om hul
      parfuumverkope te verbeter. Hulle beplan om vier verskillende strategieë te gebruik.

      4.1.1   Die eerste strategie is om hul parfuum in ŉ reghoekige bottel en ŉ silindriese
              bottel te verpak. Hulle het besluit om die bottels verskillend te prys. Die
              bottels sal tot en met 95% kapasiteit gevul word.

              Die prentjies hieronder toon die bottels en die dimensies van die bottels aan.

                        Silindriese-vorm                    Reghoekige-vorm

                         Deursnee = 6 cm                    Lengte = 5 cm
                                                            Breedte = 2 cm
                         Hoogte = 1,6 cm
                                                            Hoogte = 45 mm

                (a)      Hoekom is die parfuum bottel nie tot en met 100% kapasitiet
                         gevul nie?                                                            (2)

                (b)      Toon, sonder enige berekeninge, watter bottel hoër geprys moet (2)
                         word. Gee ŉ rede vir jou antwoord.

                                                                                                     b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                 9
                                     (Vraestel 2)             10602/19

          (c)      Gebruik berekeninge om te bewys dat indien die volume van die
                   bottels tot die naaste heelgetal afgerond word, die kapasiteit van
                   die bottels dieselfde sal wees. Skryf jou antwoord in kubieke
                   sentimeters.

                   Die volgende formules mag gebruik word:

                   Volume van ŉ reghoekige bottel = ℓ × 𝒃 × 𝒉

                   Volume van ŉ silindriese bottel = 𝝅 × (𝒓𝒂𝒅𝒊𝒖𝒔)𝟐 × 𝒉𝒐𝒐𝒈𝒕𝒆

                   Die waarde van 𝝅 = 𝟑, 𝟏𝟒𝟐                                            (8)

4.1.2   Die tweede strategie wat hulle bespreek het was om gratis badsout aan kliënte
        wie R500,00 of meer spandeer, te gee. Elke bottel met badsout sal gevul word
        deur gebruik te maak van drie maatsilinders van gelyke dimensies, soos
        hieronder aangetoon.

                 3 MAATSILINDERS                   BOTTEL MET BADSOUT

          Radius = 2,5 cm
          Hoogte = 10 cm

         LW.: 1 g = 1 cm3 = 1 ml

         Die bottel met badsout het ŉ kapasiteit van 600 g.
         Toon, deur berekeninge, dat die korrels badsout van die drie maatsilinders
         in die bottels sal pas.

         Jy mag die volgende formule gebruik:

         Volume van ŉ silindriese bottel = 𝝅 × (𝒓𝒂𝒅𝒊𝒖𝒔)𝟐 × 𝒉𝒐𝒐𝒈𝒕e

         Die waarde van 𝝅 = 𝟑, 𝟏𝟒𝟐
                                                                                        (5)

                                                                                              b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                      WISKUNDIGE GELETTERDHEID                               10
                                      (Vraestel 2)             10602/19

4.1.3       Die derde strategie was om verskillende tipe parfuum met verskillende verhoudings
            te verkoop. Sien verhouding hieronder.

            Parfuum: olie: alkohol

                                                 Verhouding
                    Tipe Parfuum            parfuum: olie: alkohol
             EDT                                   5 : 90 : 5
             EDP                                   12 : 85 : 3

            Die bestuurder beweer dat die verskil in die hoeveelheid olie (afgerond tot die naaste
            eenheid) tussen die twee tipes parfuum in ŉ 45 mℓ bottel, 3 mℓ is. Verifieer sy
            bewering deur berekeninge te toon.                                                       (6)

4.1.4        Die laaste strategie is om maandelikse kompetisies te hou waar klieënte pryse kan
             wen. Die pryse is agter die letters van die woord “CONCENTRATION” versteek.
             Die verkose letter word nie weer teruggeplaas nadat dit gekies was nie.

             Die eerste klieënt het willekeurig die letter “R” gekies.
                                                                                                     (3)
             Bepaal die waarskynlikheid daarvan dat die tweede letter wat gekies sal word
             ŉ “C” sal wees. Skryf jou finale antwoord as ŉ desimale breuk.                                 (3)

4.2     Paul is 52 jaar oud en werk vir ŉ maatskappy wat navorsing doen. Hy verdien ŉ
        jaarlikse inkomste van R338 000 vir die 2018/2019 belastingjaar.

               Hy dra 7,5% van sy basiese salaris tot ŉ pensioen fonds by.
               Hy skenk ook R46 800 per jaar aan ŉ geregistreerde welsynorganisasie. Hierdie
                donasie is belastingaftrekbaar.
               Hy dra maandeliks R4 550 tot sy mediese fonds by vir himself en sy 2 kinders.

            BYLAAG C is ŉ belastingtabel vir individue vir die belastingjaar: Maart 2018 –
             Februarie 2019

        Gebruik BYLAAG C om die volgende vrae te beantwoord.

        4.2.1       Toon, deur berekeninge, dat sy belasbare inkomste R267 800,00 is.                (5)

        4.2.2       Bepaal sy jaarlikse mediese fonds krediete.                                      (3)

        4.2.3       Bereken vervolgens, sy jaarlikse belasting betaalbaar.                           (5)
                                                                                                     [39]

                                                                                       TOTAAL: 150

                                               EINDE

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                       WISKUNDIGE GELETTERDHEID             11
                                       (Vraestel 2)             10602/19

ANTWOORDBLAD 1: VRAAG 1.2

NAAM: ___________________________________________           GRAAD 12: ______

                              INKOMSTE EN UITGAWE GRAFIEKE
                40000

                35000

                30000

                25000

KOSTE IN RAND
                20000

                15000

                10000

                 5000

                    0
                        0        200       400       600        800        1000

                                       HOEVEELHEID PARFUUM

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                 12
                          (Vraestel 2)             10602/19

ANTWOORDBLAD 2: VRAAG 3.3

NAAM: ___________________________________________   GRAAD 12: ______

                           D

            Maaltyd

                               R

## Related documents

- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/f2fdc5eb-8de9-4da5-b583-f3e5088fce88) — Mathematical Literacy · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P1 (Afrikaans) 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p1-afrikaans-2019-preparatory-examination-addendum/657f6e9a-3626-48fa-9c6e-11d49700db5a) — Mathematical Literacy · Addendum · 2019 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Exam Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p2-afrikaans-2015-preparatory-exam-question-paper/be306280-3aba-46ec-aad3-7ee5349ad8f4) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-sept-2019-afrikaans/425d97d9-9130-46cd-b01a-5c5a5983d22d) — Mathematical Literacy · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/45f0ab2a-afdd-46df-bf98-5505c4021e64) — QP · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-limpopo/c5d7a167-2d27-4e33-80ef-fad9cde4ebd2) — QP · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-limpopo/f22349c1-8dbf-420e-ae8d-13d53bcb300b) — QP · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P2 QP September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-north-west/7ce5b7fe-941b-4148-80dc-d9cde7bdbfd7) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
