# Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathemetical-literacy-p2-10602-afrikaans-preperatory-2016-oquestion-paper/d332155c-9de7-4a59-befc-fa6917491552
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathemetical-literacy-p2-10602-afrikaans-preperatory-2016-oquestion-paper/d332155c-9de7-4a59-befc-fa6917491552)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

            GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                       VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                         2016
                                         10602
                      WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                              TWEEDE VRAESTEL

TYD:       3 uur

PUNTE:     150

11 bladsye +1 antwoordblad en ŉ addendum met 4 bylae

       3

                                                       b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                          2
                                            (Tweede Vraestel)        10602/16

                        GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                   VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                                             (Tweede Vraestel)

                                                             TYD: 3 uur

                                                             PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.    Gebruik die ANTWOORDBLAD aan die einde van jou vraestel om Vraag 1.1.3
      te beantwoord.

3.    Gebruik die ADDENDUM soos volg:

         -   Gebruik BYLAAG A om Vraag 2.2 te beantwoord.
         -   Gebruik BYLAAG B om Vraag 3.1 te beantwoord.
         -   Gebruik BYLAAG C1 en BYLAAG C2 om Vraag 4.2 te beantwoord.

4.    Nommer jou antwoorde korrek soos die nommerstelsel wat in die vraestel gebruik is.

5.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.    Jy mag ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-grafies) gebruik, tensy
      anders vermeld.

7.    Toon ALLE berekeninge duidelik.

8.    Rond ALLE antwoorde toepaslik af tot die gegewe konteks, tensy anders gevra.

9.    Dui meeteenhede aan waar van toepassing.

10.   Kaarte en diagramme is NIE noodwendig op skaal geteken nie, tensy anders vermeld.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                              b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID                            3
                                              (Tweede Vraestel)        10602/16

VRAAG 1

1.1     Selfoon-gebruikers is gevra om ŉ opname te voltooi oor die aantal ure wat hul daagliks
        op hul selfone spandeer. Die aantal ure, afgerond tot een desimale plek, wat hul op hul
        selfone spandeer, word in Tabel 1 hieronder opgesom. ŉ Koerant het oor die resultate
        van die opname verslag gelewer. Die opskrif vir die verslag was:

        “Skokkende Statistiek! Baie Suid-Afrikaanse selfoon-gebruikers in die 15 tot
        19-jarige ouderdomsgroep gebruik hul selfone vir meer as 10,5 ure per dag.”

        TABEL 1: Daaglikse selfoon-gebruik in ure

                     9 tot 14 jaar              15 tot 19 jaar              20 tot 25 jaar
                Ure per        Aantal       Ure per        Aantal       Ure per        Aantal
                  dag        gebruikers       dag        gebruikers       dag        gebruikers
                 0 – 1,4          10         0 – 1,4          25         0 – 1,4           4
                1,5 – 2,9        102        1,5 – 2,9        110        1,5 – 2,9        115
                3,0 – 4,4         93        3,0 – 4,4         A         3,0 – 4,4        203
                4,5 – 5,9         85        4,5 – 5,9         85        4,5 – 5,9         98
                6,0 – 7,4         46        6,0 – 7,4         50        6,0 – 7,4         75
                7,5 – 8,9         15        7,5 – 8,9         30        7,5 – 8,9         50
               9,0 – 10,4         12       9,0 – 10,4         20       9,0 – 10,4         32
              10,5 – 11,9          9      10,5 – 11,9         15      10,5 – 11,9         19
              TOTAAL             372        TOTAAL           500      TOTAAL             596

      Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.

      1.1.1    Bereken die vermiste waarde A.                                                     (2)

      1.1.2 Bereken die persentasie van die totale aantal gebruikers wat 3,0 – 5,9 ure per dag
            op hul selfoon spandeer.                                                              (4)

      1.1.3 Gebruik die ANTWOORDBLAD aan die einde van die vraestel om ŉ staafgrafiek
            vir die 15 tot 19-jarige ouderdomsgroep voor te stel.                                 (5)

      1.1.4 Gebruik berekeninge om die koerant se gevolgtrekking te bevestig.                     (4)

                                                                                                   b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                             4
                                            (Tweede Vraestel)        10602/16

1.2   Mnr. Ismael het besluit om sy besigheid van sy huis af te bestuur om sodoende algemene
      kostes te verminder. Hy benodig ŉ landlyn sodat hy fakse kan ontvang en stuur asook om
      oproepe te maak. Sy vriend, Mnr. Naicker, het hom vertel dat hy huidiglik R200 vir huur
      vir sy landlyn betaal, en dat sy oproepe hom R0,50 per minuut kos. Mnr. Ismael het twee
      kwotasies vanaf diensverskaffers ontvang, Tellicom en Renewtel onderskeidelik. Tabel 2
      hieronder dui die twee kwotasies wat Mnr. Ismael van die twee diensverskaffers ontvang
      het, aan.

      TABEL 2: Tariewe vir landlyne vanaf diensverskaffers
                      TELLICOM                                 RENEWTEL
       Huur: R250 per maand                      Huur: R350 per maand
       Eerste 200 minute gratis                  Eerste 400 minute gratis
       Oproepkoste: R0,80 per minuut             Oproepkoste: R0,90 per minuut
       Faks koste: R1,10 per minuut              Faks koste: R1,20 per minuut
       Geen verskil in tarief gedurende ŉ 24 uur 5% Afslag op fakse tussen 20:00 en 07:00
       tydperk nie

      Mnr. Naicker gebruik die volgende formule om die totale maandelikse koste vir sy landlyn
      te bereken:

      Totale koste = R200 + R0,50 × aantal minute

      Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

      1.2.1   (a)    Skryf ŉ formule neer om die totale maandelikse koste van beide
                     diensverskaffers te bereken.                                                (2)
              (b)    Mnr. Ismael beweer dat Renewtel die goedkoper opsie is indien hy ŉ
                     gemiddeld van 500 minute per maand op oproepe spandeer.
                     Staaf Mnr. Ismael se bewering deur berekeninge.                             (5)

      1.2.2   Mnr. Ismael stuur ŉ gemiddeld van 125 fakse per maand, buiten sy 500 minute
              oproepe, en elke faks gebruik 2,5 minute om gestuur te word.

              (a)    Bepaal die totale maandelikse koste by Tellicom.                            (3)

              (b)    Indien Mnr. Ismael 25% van die totale aantal van 125 fakse daagliks tussen
                     08:00 en 20:00 stuur, bereken die totale koste by Renewtel.                (6)

      1.2.3   Oorweeg alle berekeninge wat Mnr. Ismael gemaak het en motiveer by watter
              diensverskaffer hy sy kontrak moet teken.                                          (2)

                                                                                                  b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID                             5
                                             (Tweede Vraestel)        10602/16

1.3   Mnr. Ismael se besigheid het ŉ kontrak met ABC Fire Matches waarvoor hul vuurhoutjie-
      bokse verpak. Hy tel die aantal vuurhoutjies per boks in ŉ steekproef bokse en het sy
      resultate in Tabel 3 hieronder getabelleer:

      TABEL 3: Aantal vuurhoutjies per boks in ŉ steekproef bokse
       Aantal vuurhoutjies               46 47 48 49 50                   51    52   53    54
       Aantal bokse                       1    3     4    2    3           5     3    3     1

      Gebruik die inligting hierbo en beantwoord die vrae wat volg:

      1.3.1   Skryf die tipe data wat Mnr. Ismael versamel het, neer. Verduidelik jou antwoord.   (2)

      1.3.2   Bepaal die totale aantal vuurhoutjiebokse wat geproef is.                           (2)

      1.3.3   Bereken watter persentasie van die steekproef minder as 50 vuurhoutjies bevat.      (3)

      1.3.4   Skryf die minimum en maksimum waardes van die stel data neer.                       (2)

      1.3.5   Bereken die gemiddelde aantal vuurhoutjies in die steekproef bokse.                 (3)

      1.3.6   Verduidelik hoe Mnr. Ismael die mediaan aantal vuurhoutjies moet bereken.           (2)
                                                                                                  [47]

                                                                                                   b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                              6
                                            (Tweede Vraestel)        10602/16

      VRAAG 2

2.1   Thandi is ŉ student en gebruik haar entrepreneuriese vaardighede om by te dra tot die
      betaling van haar studies. Sy maak sjokolade lekkers in twee vorms en geure: ŉ
      Driehoekige prisma, aarbei-sjokolade, en ŉ plat, silindriese vorm, karamel-sjokolade. Sy
      verpak die driehoekige aarbei-sjokolades in ŉ driehoekige prisma boks en die plat,
      silindriese vorm sjokolade in ŉ reghoekige boks soos hieronder aangedui.

                 Aarbei-sjokolade                         Karamel-sjokolade

                                                                            1,5 cm

                                                              r
                                                                                     h

       Alle sye van die driehoek = 3 cm
                                                                  1,5 cm
       Hoogte van driehoek = 2,7 cm
       Dikte = 1,5 cm
                                                V = π r2 h; waar π = 3.142
       V = ½bh × dikte
                                                  Reghoekige boks vir verpakking
         Driehoekige boks vir verpakking
                                                                           Lengte = 3 cm
                                                                           Breedte = 3 cm
                                                                           Hoogte = 9 cm
                         3 cm

                                    21 cm       Buite oppervlak = 4(ℓ × b) + 2s2
              3 cm

       Buite oppervlak = 3(ℓ × b) + 2(½×b×h) Kapasiteit van enige boks = ℓ×b×h

      Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

      2.1.1 Bereken die volume van een aarbei-sjokolade.                                         (3)

      2.1.2 Bepaal die aantal aarbei-sjokolade wat in ŉ driehoekige prisma boks kan inpas.       (3)

      2.1.3 Die kapasiteit van die reghoekige boks is 81 cm3. Bepaal die volume van die
            reghoekige boks wat nie gevul sal word indien die sjokolades daarin verpak word
            nie.                                                                                 (4)

                                                                                                  b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                               7
                                            (Tweede Vraestel)        10602/16

      2.1.4 Thandi voer die sjokolade wat sy gebruik om die sjokolade lekkers te maak, van
            die VSA in. Die invoerkoste van 8 kg sjokolade is $723,70. Indien die
            wisselkoers 1 VSA $ = R14,26 is, bereken die koste vir een kilogram sjokolade in
            rand-waarde.                                                                         (4)

2.2    ŉ Nuwe inkopiesentrum, Emnandi Inkopiesentrum, is in Johannesburg Noord opgerig.
       Sommige van die nuwe huurders het alreeds hul winkels geopen maar daar is steeds ŉ
       paar onbesette plekke. Verwys na Bylaag A op die Addendum en beantwoord die vrae
       wat volg.

       2.2.1 Watter winkel nommer sal die beste posisie vir toilette wees?
             Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                        (2)

       2.2.2 Woolworths is deel van die nuwe winkelsentrum. Hul verkoop klere, vrugte en
             groente en daaglikse toebehore. Watter winkel sal hul die beste pas?
             Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                        (2)

       2.2.3 Thandi gaan by Emnandi Inkopiesentrum in by Ingang 2 en loop in ŉ Noord
             Oostelike rigting verby Vodacom. By winkel 245 draai sy in ŉ Noordwestelike
             rigting en by die eerste gang, draai sy regs. Sy loop reguit aan verby die
             restaurant aan haar regterkant en direk daarna, draai sy regs. Watter winkel is reg
             voor haar?                                                                          (2)

       2.2.4 Indien Thandi by Emnandi inkopiesentrum Ingang 2 gebruik en na “Chops &
             T-Bones” moet gaan, gee vir haar aanwysings om die winkel te bereik.                (2)

       2.2.5 Dit neem Thandi 25 minute om 27 meter deur die inkopiesentrum te loop.
             Bereken haar gemiddelde spoed. Gee jou antwoord in meter per sekonde.
             Gebruik die formule:

              Spoed = afstand
                        tyd                                                                      (3)
                                                                                                 [25]

                                                                                                   b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                8
                                              (Tweede Vraestel)        10602/16

VRAAG 3

3.1   Rasheed bly in Modimole, Limpopo en het besluit om sy ou skoolvriendin Christine, wat
      nou in Volksrust, Mpumalanga woon, te besoek. Hy beplan om slegs op nasionale
      hoofpaaie te ry en na elke uur en ŉ half te stop om moegheid te voorkom. Hy bestuur
      gewoonlik teen ŉ gemiddelde spoed van 90 km/h. Hy gebruik die kaart op BYLAAG B
      om sy toer te beplan.

      3.1.1 (a) Skryf ŉ hoofroete neer wat Rasheed kan gebruik om na Volksrust te reis.             (2)

               (b) Skryf DRIE dorpe neer waar Rasheed moontlik kan stop gedurende sy reis na
                   Volksrust.                                                                       (3)

      3.1.2 (a) Verduidelik wat die staafskaal op die kaart aandui.                                 (3)

               (b) Gebruik die staafskaal op die kaart om die reguit lyn afstand vanaf Modimole
                   na Volksrust in kilometers te bepaal.                                            (4)

      3.1.3    (a) Bepaal die aantal tye wat Rasheed gedurende sy reis na Volksrust moet stop
                   indien die totale afstand 347,2 km is. Rond jou antwoord af tot die naaste
                   heelgetal.                                                                       (5)

               (b) Rasheed besluit om vir 20 minute by elke stop te ontspan. Indien hy
                   Modimole om 07:00 verlaat, bereken die tyd wat hy in Volksrust sal aankom.       (5)

3.2    Anton werk as ŉ veldwagter by die Kruger Nasionale Park in Mpumalanga. ŉ Deel van
       Anton se werk is om uit te vind of die bewering dat Impala (Impala is ŉ tipe wildsbok
       wat in die Kruger Nasionale Park gevind kan word) gestroop word, waar is. Hy het data
       vir 160 dae versamel en in ŉ houer-en-punt diagram, soos hieronder aangedui, opgesom.

       Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

       3.2.1      Skryf die vyf-getal opsomming vir die data wat in die houer-en-punt diagram
                  voorgestel word, neer.                                                            (5)

       3.2.2      Skryf die TWEE waardes neer waartussen die laagste 25% van die data lê.           (2)

       3.2.3      Skryf die persentasie data neer wat tussen Kwartiel 1 en Kwartiel 3 lê.           (2)

       3.2.4      Indien hierdie data ŉ total van 160 dae voorstel, bereken die aantal dae tussen
                  Kwartiel 1 en Kwartiel 3.                                                         (2)

       3.2.5      Bepaal die interkwartiele omvang.                                                 (3)
                                                                                                    [36]

                                                                                                          b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID                              9
                                             (Tweede Vraestel)        10602/16

VRAAG 4

4.1   Mandy is ŉ ballerina. Sy wil in Spanje se Nasionale Ballet-Kampioenskap deelneem,
      maar sy het ŉ tekort aan fondse. Haar familie besluit om ŉ fondsinsameling te hou om
      met die finansiële las te help. Mandy se familie hou ŉ talentvertoning en dinee aand om
      fondse in te samel.

      4.1.1 Gedurende die talentvertoning finaal, was daar 36 deelnemers. Daar was 6 dansers,
            25 sangers en die res was musikante.

             (a)   Wat is die waarskynlikheid dat ŉ musikant eerste plek sal wen? Gee jou
                   antwoord as ŉ persentasie afgerond tot die naaste 10 persent.                 (4)

             (b)   Is dit meer waarskynlik of minder waarskynlik dat ŉ sanger die finaal sal
                   wen? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                             (2)

      4.1.2 Die dinee wat tydens die talentvertoning plaasvind, is ŉ 3-gang maaltyd. Die koste
            vir die vertoning, insluitend die dinee, is soos volg:
                 R100 per persoon
                 R180 per paar

            (a)    Daar was ŉ totaal van 86 paartjies en 102 enkel persone wat die
                   talentvertoning bygewoon het. Hoeveel mense het in totaal die vertoning
                   bygewoon?                                                                     (2)

            (b)    Indien daar 86 paartjies die vertoning bygewoon het, bereken die totale
                   afslag.                                                                       (4)

            (c)    Bereken die totale inkomste wat van die toeskouers ontvang is.                (3)

      4.1.3 Mandy moet in 2018 na Spanje reis en besluit om die geld wat sy van die
            talentvertoning ontvang het, vir 1 jaar te belê. Sy het daarin geslaag om ŉ totaal
            van R25 680 gedurende die talentvertoning te spaar. Sy kies ŉ saamgestelde
            rentekoers by Save-It Bank van 6,5% rente per jaar, halfjaarliks saamgestel.
            Bereken hoeveel geld Mandy na 2 jaar sal hê.                                       (5)

      4.1.4 Mandy het huidiglik R29 200,00 as spaargeld. Die voorspelde wisselkoers vir
            2018 is:
            € 0,88814 = $ 1 en $ 1 = R 15,2434
            Gebruik die wisselkoers hierbo om te bereken hoeveel Euros sy sal hê wanneer sy
            na Spanje gaan.                                                                 (4)

                                                                                                   b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                              10
                                            (Tweede Vraestel)        10602/16

4.2     Mandy is ŉ 12-jarige dogter wat ballet doen vanaf 6-jarige ouderdom. By die
        gesondheidsbesoek, het sy 66 pond geweeg, en 58 duim lank gemeet. Haar LMI was
        13,8 kg/m2. Haar ma weeg 175 pond en is 64 duim lank, en dit is bevind dat sy hoë
        cholesterol en Tipe II diabetes tesame met gematigde vetsug het. Haar pa is ŉ 70 duim
        lange kompeterende hardloper wat homself as ŉ fiksheid fanatikus beskryf.

        Mandy se vriende weeg almal 10 pond meer as sy, en is almal langer as sy. Finale
        volwasse lengte kan deur menigte faktore beïnvloed word, insluitend voeding, siekte en
        genetiese potensiaal. Haar genetiese potensiaal met betrekking tot lengte, kan geskat
        word van haar middel-ouerlike lengte.

        Formule wat gebruik word om ŉ persoon se middel-ouerlike lengte te bepaal:

                                Pa se lengte  Ma se lengte - 5
        Middel-ouerlike lengte =
                                               2
                      Massa in kg
               LMI =                                     1 cm = 0,3937 duim
                     (Lengte in m) 2

        BYLAAG C1 bevat die Groeikaart vir dogters 2 tot 20-jarige ouderdom wat hoogte en
        ouderdom vergelyk.

        BYLAAG C2 bevat die Groeikaart vir dogters 2 tot 20-jarige ouderdom wat LMI en
        ouderdom vergelyk.

      Gebruik die inligting hierbo en BYLAE C1 en C2 om die vrae wat volg, te beantwoord.

      4.2.1 (a)     Skryf die persentiel neer waarop Mandy se huidige massa en hoogte val.       (2)
            (b)     Bepaal Mandy se middel-ouerlike lengte in meter.                             (4)

      4.2.2 Indien Mandy sal aanhou om op die 25ste persentiel te groei,

             (a)    skryf haar moontlike finale volwasse lengte in cm en haar finale volwasse
                    massa in pond neer.                                                          (2)
             (b)    Vervolgens, bereken Mandy se LMI in kg/m.                                    (4)

      4.2.3 Identifiseer TWEE moontlike redes waarom Mandy nog nie na verwagting,
            gegroei het nie.                                                                     (2)

                                                                                                   b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                          11
                                          (Tweede Vraestel)        10602/16

4.3   Hieronder is ŉ beskrywing van ŉ opname. Die proefneming wat hieronder beskryf
      word, is nie verteenwoordigend nie.

      “ ŉ Opname is gedoen om die houding van tieners met betrekking tot rook te bepaal.
      Alle skole binne ŉ 20 km radius vanaf Green Point Inkopiesentrum, in Kaapstad se
      middestad, is besoek. ”

      Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

      4.3.1   Verduidelik waarom hierdie nie ŉ verteenwoordigende proef is nie.            (2)

      4.3.2   Beskryf ŉ metode om hierdie steekproef uit te voer sodat dit ŉ
              verteenwoordigende proef sal vertoon.                                        (2)
                                                                                           [42]

                                                                                  TOTAAL: 150

                                             EINDE

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
ANTWOORDBLAD

VRAAG 1.1.3

NAAM:

                                 Daaglikse selfoon gebruik vir 15 tot 19 jariges
                             Daily cellphone usage of 15 - 19 year olds
                       180

                       160

                       140

                       120

  Aantal gebruikers
                       100

   Number   of users
                       80

                       60

                       40

                       20

                        0
                              0 - 1,4   1,5 - 2,9   3,0 - 4,4    4,5 - 5,9   6,0 - 7,4   7,5 - 8,9 9,0 - 10,4 10,5 - 11,9

                                                                Hours
                                                                  Ure per day
                                                                      per dag

## Related documents

- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Exam Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p2-afrikaans-2015-preparatory-exam-question-paper/be306280-3aba-46ec-aad3-7ee5349ad8f4) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/f2fdc5eb-8de9-4da5-b583-f3e5088fce88) — Mathematical Literacy · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
