# Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2018 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-maths-literacy-p1-x5-afrikaans-preparatory-2018-question-paper/d7a682a8-95db-4258-beef-37049a0b247c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-maths-literacy-p1-x5-afrikaans-preparatory-2018-question-paper/d7a682a8-95db-4258-beef-37049a0b247c)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 12 NSC Maths Literacy Addendum X5 (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-maths-literacy-addendum-x5-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/b82b5337-d583-4576-8235-f8c6a3fe1432) — Addendum · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

            GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                        VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                 2018
                                 10601

                       WISKUNDIGE GELETTERDHEID

                               VRAESTEL 1

TYD:      3 uur

PUNTE: 150

9 bladsye + 2 antwoordblaaie

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID                            2
                                              (Vraestel 1)             10601 / 18

                           GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                 VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2018

                                                       WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                                       (Vraestel 1)

                                                       TYD: 3 uur

                                                       PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.        ANTWOORDBLAAIE : Skryf jou naam in die spasie wat voorsien word en handig jou
          ANTWOORDBLAAIE saam met jou ANTWOORDBOEK in.

3.        Gebruik die ADDENDUM soos volg:

      •   Gebruik BYLAAG A om Vraag 2.3 te beantwoord
      •   Gebruik BYLAAG B om Vraag 3.1 te beantwoord
      •   Gebruik BYLAAG C om Vraag 4.1 te beantwoord
      •   Gebruik BYLAAG D om Vraag 5 te beantwoord

4.        Nommer jou antwoorde korrek soos die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik is.

5.        ŉ Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) mag gebruik word tensy anders
          vermeld.

6.        Toon ALLE berekeninge duidelik.

7.        Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders vermeld.

8.        Dui eenhede van meting aan waar van toepassing.

9.        Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

10.       Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                                      b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                3
                                           (Vraestel 1)             10601 / 18

VRAAG 1

1.1   Mnr Gerhardus Mouton, die hoofafrigter van die eerste rugbyspan van Success Hoërskool in
      Johannesburg, kyk rond vir nuwe rugby items vir sy span. Sports Trade is huidiglik besig om
      spesiale pryse vir sommige items aan te bied.

      Tabel 1 : Prysgids vir Sports Trade
                   SPESIALE AANBOD SLEGS GELDIG VIR HIERDIE WEEK
          RUGBYKORTBROEK                     RUGBYKOUSE                          FLUITJIE

       Oorspronklike prys: R 149,99                                     Oorspronklike prys: R80,00
          Afslagprys: R 120,00              Oorspronklike prys:
                                                  R 69,99                  Afslagprys: R 60,00
                                 (elk)                                                           (elk)
                                            Afslagprys: R 40,00
                                                          (per paar)

                             ** NB : Alle pryse hierbo sluit 15% BTW uit**

      1.1.1     Waarvoor staan die afkorting BTW ?                                               (2)

      1.1.2     Identifiseer die oorspronklike prys van ŉ fluitjie (BTW uitgesluit).             (1)

      1.1.3     Hoeveel geld word gespaar op ŉ rugbykortbroek op die afslagprys (BTW
                uitgesluit)?                                                                     (2)

      1.1.4     Bepaal die totale koste op die afslagprys (BTW uitgesluit) indien Mnr
                Mouton 25 rugbykortbroeke, 25 pare rugbykouse en 3 fluitjies gekoop het.         (3)

      1.1.5     Toon aan hoe die BTW bedrag van R627,00 bereken was op R4 180,00.                (2)

      1.1.6     Herlei die afslagprys van ŉ paar rugbykouse na sent.                             (2)

      1.1.7     Skryf die afslagprys van ŉ rugbykortbroek tot die afslagprys van ŉ fluitjie as
                ŉ verhouding in die eenvoudigste vorm.                                           (2)

                                                                                                       b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                               4
                                           (Vraestel 1)             10601 / 18

1.2   Ten einde hulle produkte te bemark, het Sports Trade platskerm televisies in die winkel
      geïnstalleer. Hierdie televisies saai sportprogramme uit. Verwys na die diagram hieronder en
      beantwoord die vrae wat volg:

      1.2.1     Herlei die diagonale lengte van 126 cm van die platskerm televisie na meter.    (2)

      1.2.2     Bepaal die omtrek van die platskerm televisie in sentimeter.                    (2)

1.3   Terwyl Mnr Mouton in die ry staan, vang sy oog een van die platskerm televisies wat statistiek
      van die vorige rugbywêreldbeker toernooie uitsaai. Die tabel hieronder was op die televisie-
      skerm vertoon. Verwys na die tabel en beantwoord die vrae wat volg.

      Tabel 2 : Statistiek van die Rugbywêreldbeker
                                      RUGBYWÊRELDBEKER
                                   Punte behaal     Driëe gedruk                   Skepskoppe
       Nieu-Seeland                   2 303             311                            10
       Australië                      1 645             209                             7
       Suid-Afrika                    1 250             141                            10
       Engeland                       1 379             147                            21
       Frankryk                       1 487             171                            11

      1.3.1     Is die data hierbo diskreet of kontinu?                                         (2)

      1.3.2     Noem die TWEE lande wat dieselfde hoeveelhede skepskoppe gehad het.             (2)

      1.3.3     Bepaal die verskil tussen die punte behaal tussen Australië en Suid-Afrika.     (2)

      1.3.4     Skryf die naam van die land wat die tweede hoogste aantal driëe gedruk het,
                neer.                                                                           (2)

      1.3.5     Bereken die totale aantal punte behaal deur al vyf lande.                       (2)

      1.3.6     ŉ Uitskieter is ŉ getal wat baie groter of kleiner as die res van die waardes in
                ŉ datastel is. Skryf die naam van die land wat die uitskieter is, in die
                skepskoppe kolom, neer.                                                          (2)
                                                                                                 [30]

                                                                                                      b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                               5
                                          (Vraestel 1)             10601 / 18

VRAAG 2

2.1   Willie is ŉ rugbyfanatikus. Hy beplan om in 2019 na Japan te gaan om sommige van die
      Rugby Wêreldbekerwedstryde te kyk. Om dit te kan doen, moet hy R8 750,00 vir ŉ retoervlug,
      R3 771,00 vir akkomodasie en R800,00 vir sakgeld per dag, vir die 3 dae wat hy daar sal wees,
      spaar. Hy moet sy geld na Japanese Yen omskakel voordat hy Suid-Afrika verlaat deur van
      R1 = ¥8, 02 gebruik te maak.

      2.1.1     Bereken hoeveel ŉ 1 Yen muntstuk werd is in Suid-Afrika.                       (2)

      2.1.2     Skakel die R800,00 om na Japanese Yen.                                         (2)

      2.1.3     Bereken die totale uitgawes vir sy toer (in Rand).                             (3)

      2.1.4     Willie het R10 000,00 twee jaar terug teen ŉ rentekoers van 6% jaarliks
                saamgestel, belê. Hy wil die geld van sy belegging gebruik om te help betaal
                vir sy toer na Japan. Bereken hoeveel geld Willie beskikbaar sal hê uit sy
                belegging.                                                                   (3)

2.2   Willie beplan ook om sommige van die Internasionale Vriendskaplike wedstryde voor
      die begin van die 2019 Rugby Wêreldbekertoernooi, te kyk. Hy het daarom besluit om
      ŉ platskerm televisie te koop en DSTV in sy woonstel te installeer. Sodoende kan hy
      hierdie wedstryde in die gemak van sy eie huis kyk. Terwyl hy deur die internet blaai,
      het hy op die volgende spesiale aanbiedinge afgekom.

      Willie het nie genoeg geld om hierdie items met kontant te koop nie en sal dit dus op
      huurkoop bekom. Die huurkoop aanbod behels die volgende:

                                          • 10% deposito
                            •   20,75% jaarlikse enkelvoudige rentekoers
                                     • 3 jaar vir terugbetaling

                                                                                                     b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                 6
                                          (Vraestel 1)             10601 / 18

      2.2.1     Definieer die term huurkoop.                                                  (2)

      2.2.2     Identifiseer die kontantprys van die goedkoper opsie.                         (2)

      2.2.3     Bereken die persentasie afslag van die duurder opsie indien die
                oorspronklike prys R10 499 was.                                               (2)

      2.2.4     Willie het besluit om die duurder opsie te neem. Bereken die deposito wat
                hy moet betaal.                                                               (2)

      2.2.5     Identifiseer die rentekoers wat op die finansieringsbedrag gehef word.        (2)

      2.2.6     Willie het R899,90 as deposito betaal. Bereken die bedrag betaalbaar na 3
                jaar, uitsluitend die deposito wat hy reeds betaal het.                       (5)

      2.2.7     Willie het alreeds ses maandelikse paaiemente gemaak. Bepaal die hoeveel-
                heid maande wat oor is op sy terugbetalingstermyn.                            (2)

2.3   Willie wil verseker dat hy genoeg geld vir sy toer na die 2019 Rugbywêreldbeker sal hê en het
      dus besluit om sy finansies dop te hou. Hy het sy bankstate bekom om na al sy transaksies te
      kyk en te sien of hy minder in bankkostes kan betaal.

      Die volgende transaksies was deur Willie in Augustus 2018 gemaak op sy A7 Achievers
      rekening van Commercial Bank:

         •    1 × OTM kontantonttrekking van R1 000,00 by ŉ Commercial Bank OTM ;
         •    1 × OTM kontantonttrekking van R900,00 van ŉ ander bank se OTM.
         •    ŉ Eksterne debietorder van R950,00.
         •    ŉ Interne debietorder van R470,00.
         •    2 × eksterne stoporders na derde partye van R2 750,00 en R3 250,00 onderskeidelik.
         •    Sy salaris van R23 550,00 word maandeliks elektronies in sy rekening gedeponeer.
         •    1 × OTM kontantdeposito van R2 450,00.

      Gebruik BYLAAG A in die ADDENDUM vir ŉ A7 Achievers rekening Prysgids.

      Bereken Willie se bankkostes vir Augustus 2018 deur ANTWOORDBLAD 1 aan die
      einde van jou vraestel te voltooi. Handig jou ANTWOORDBLAD saam met jou
      ANTWOORDBOEK in.                                                                        (10)
                                                                                              [37]

                                                                                                    b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                              7
                                          (Vraestel 1)             10601 / 18

VRAAG 3

3.1   Rugby is ŉ baie populêre en vinnig groeiende sport by Success Hoërskool. Die skool
      se beheeerliggaam het besluit om die ontwikkeling van ŉ nuwe rugbyveld goed te keur.
      Verwys na die diagram van die nuwe rugbyveld op BYLAAG B en beantwoord die
      vrae hieronder.

      3.1.1 Definieer die term omtrek.                                                        (2)

      3.1.2 Bepaal die omtrek van die rugbyveld.                                              (2)

      3.1.3 Wat is die lengte van die rugbyveld?                                              (3)

      3.1.4 Bereken die oppervlak van die rugbyveld wat met gras bedek sal word.
            Gebruik die formule : Oppervlak = lengte x wydte                     (4)

      3.1.5 Blokke gras word gebruik om die rugbyveld te dek. Bereken die oppervlak van
            een blok gras in vierkante meter indien die afmetings daarvan 500 mm × 700
            mm is.                                                                      (3)

      3.1.6 Bepaal die aantal grasblokke wat benodig sal word om die hele rugbyveld te
            bedek.                                                                     (2)

3.2   Om die rugbyveld te besproei, word ŉ spesiale silindriese watertenk gebruik. Die tenk
      is 3,5 m lank en het ŉ deursnit van 200 cm.

      Verwys na die prent en die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.

      3.2.1 Bepaal die radius van die watertenk in cm.                                        (2)

      3.2.2 Bereken die aantal water (in liter) in die tenk wanneer dit vol is.
            Jy mag die volgende formule gebruik : Volume = π × (radius)2 × lengte
            Gebruik: π = 3,142
            Let ook op dat: 1000 cm3 = 1 liter
                            1m3 = 1 000 l                                                     (6)

      3.2.3 Die skool beplan om die watertenk oor te verf. Bereken (in vierkante meter) die
            buite-oppervlakte van die watertenk wat geverf moet word.
            Gebruik die volgende formule: Buite oppervlak = 2 × π × radius (radius +
            lengte)
            Gebruik: π = 3,142                                                              (4)
                                                                                            [28]
                                                                                                    b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                           8
                                          (Vraestel 1)             10601 / 18

VRAAG 4

4.1   Mnr. Mouton beplan om sy beste rugbyspelers na die Hoërskole Rugby 7’s Reeks 2018, wat
      deur Hermanus Hoërskool gereël word, te neem.
      Hermanus is ŉ dorpie op die suidkus van die Wes-Kaapse provinsie van Suid-Afrika.

      Verwys na BYLAAG C in die ADDENDUM, die padkaart van Suid-Afrika wat die
      nasionale padnetwerk toon, en beantwoord die vrae wat volg.

      4.1.1    Identifiseer die nasionale pad wat Mnr Mouton moet gebruik indien hy vanaf
               Johannesburg reis en in Bloemfontein stop om sy bene te strek.             (2)

      4.1.2    Indien Mnr Mouton Johannesburg verlaat en op die N1 in ŉ suidelike rigting
               reis, wat is die eerste dorp op sy pad soos op die kaart aangedui?         (2)

      4.1.3    Hoeveel nasionale paaie verbind met Bloemfontein?                           (2)

      4.1.4    Noem die tipe skaal wat op die kaart gebruik word.                          (2)

      4.1.5    Identifiseer die nasionale pad wat langs die kuslyn aan die ooste van Suid-
               Afrika aangetref word.                                                      (2)

      4.1.6    Die nommerskaal van die kaart is 1 : 10 000 000. Verduidelik wat die skaal
               beteken.                                                                   (2)

      4.1.7    Daarvolgens, gebruik die skaal in Vraag 4.1.6 om die afstand in kilometer
               (soos die kraai vlieg) tussen Johannesburg en Hermanus te bereken indien
               die afstand op die kaart tussen die twee stede 13 cm meet.                (3)

      4.1.8    Dit sal Mnr Mouton 12 ure neem om die werklike afstand van 1 415 km
               tussen Johannesburg en Hermanus af te lê. Bereken sy gemiddelde spoed.
               Rond jou antwoord af tot die naaste km/h.
                                                                        𝑨𝒇𝒔𝒕𝒂𝒏𝒅
               Jy mag die volgende formule gebruik: Gemiddelde spoed = 𝑻𝒚𝒅                 (3)

      4.1.9    Die minibus waarmee Mnr Mouton sal reis, verbruik 7, 8l / 100 km.
               Bereken hoeveel geld hy op brandstof vir ŉ eenrigting-reis vanaf
               Johannesburg na Hermanus (1 415 km) sal spandeer indien die prys van
               brandstof R14,70 per liter is.                                              (4)

4.2   Die weervoorspelling voorspel 'n 0,652 kans vir reën vir die dag van die finaal van die
      Hoërskole Rugby 7’s Reeks.

      4.2.1    Skryf die weervoorspelling as ŉ vereenvoudigde breuk neer.                  (2)

      4.2.2    Skryf die waarskynlikheid vir reënval as ŉ persentasie neer.                (2)

      4.2.3    Beteken dit dat dit definitief op daardie dag sal reën? Verduidelik jou
               antwoord.                                                                   (2)
                                                                                           [28]

                                                                                                 b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                 9
                                          (Vraestel 1)             10601 / 18

VRAAG 5

5.1   Mnr Mouton moet sy spelerinliging by Hermanus Hoërskool indien om sodoende suksesvol te
      registreer vir die Hoërskole Rugby 7’s Reeks.
      Bestudeer die tabel op BYLAAG D noukeurig en beantwoord die vrae hieronder.

      5.1.1     Rangskik die massas van al die spelers van beide spanne gesamentlik in
                stygende volgorde.                                                     (2)

      5.1.2     Identifiseer die langste speler vanuit al die spelers en skryf sy lengte neer.   (2)

      5.1.3     Bepaal die modale massa van die spelers in span B.                               (2)

      5.1.4     Identifiseer die minimum ouderdom in span A.                                     (2)

      5.1.5     Bepaal die mediaan LMI van die spelers in span A.                                (2)

      5.1.6     Bereken die gemiddelde lengte van die spelers in span A.                         (3)

      5.1.7                                     𝑴𝒂𝒔𝒔𝒂 (𝒌𝒈)
                Gebruik die formule: LMI = 𝑳𝒆𝒏𝒈𝒕𝒆 (𝒎)𝟐 om speler 4 in span B se LMI te
                bereken.                                                                         (2)

      5.1.8     Verduidelik waarom die data van die lengtes van die spelers as kontinue
                data beskou kan word.                                                   (2)

5.2   Gebruik die inligting van die tabel op BYLAAG D in die ADDENDUM oor die lengtes
      van AL die spelers om die frekwensietabel op ANTWOORDBLAD 1 aan die einde van
      jou vraestel, te voltooi.                                                       (5)

5.3   Gebruik die inligting van die tabel op BYLAAG D in die ADDENDUM oor die massas
      van AL die spelers om ŉ horisontale staafgrafiek op ANTWOORDBLAD 2 te
      voltooi.                                                                       (5)
                                                                                     [27]

                                                                                    TOTAAL: 150

                                            EINDE

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID                      10
                                    (Eerste Vraestel)        10601 / 18

ANTWOORDBLAD 1

Naam: ____________________________________________________                GR 12 - ____

VRAAG 2.3

             TRANSAKSIES                            Fooi / Koste (in R)
             Maandelikse rekeningfooie              R
             OTM kontantontrekkings:
             Commercial Bank OTM                    R
             Ander bank                             R
             Eksterne debietorder                   R
             Interne debietorder                    R
             Eksterne stoporder                     R
             Aanlyntjekdeposito                     R
             Kontantdeposito                        R

             Totaal vir bankfooie                   R

                                                                                   (10)

VRAAG 5.2

       Lengte (in m)                      Telling                  Frekwensie
1,5 – 1,62
1,63 – 1,75
1,76 – 1,85
1,86 en langer

                                                                                       (5)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID                               11
                                    (Eerste Vraestel)        10601 / 18

ANTWOORDBLAD 2

Naam: ____________________________________________________                       GR 12 - ____

VRAAG 5.3

                              Massas van Spelers (in kg)

           14

           13

           12

           11

           10

            9

            8
 Spelers    7

            6

            5

            4

            3

            2

            1

                0   10   20    30      40       50       60       70   80   90       100
                                     Massas van spelers (in kg)

                                                                                                (5)

## Related documents

- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P1 (Afrikaans) 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p1-afrikaans-2019-preparatory-examination-addendum/657f6e9a-3626-48fa-9c6e-11d49700db5a) — Mathematical Literacy · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-addendum/f52aff5c-abbe-4fde-b6ac-05165475dabd) — Mathematical Literacy · Addendum · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Maths Literacy Addendum X5 Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-maths-literacy-addendum-x5-preparatory-2018-possible-answer/53070cf1-8c1b-4f26-9796-e1c032aaaa91) — Mathematical Literacy · Addendum · 2018
- [Grade 12 NSC Maths Literacy P1 Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-maths-literacy-p1-preparatory-2018-possible-answer/50e7f079-935a-4537-abd2-ed3506aacdca) — Mathematical Literacy · Memo · 2018

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
