# Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2018 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-maths-literacy-p2-x5-afrikaans-preparatory-2018-question-paper/a375bbdc-7dc1-4721-b5cc-d044acbb236d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-maths-literacy-p2-x5-afrikaans-preparatory-2018-question-paper/a375bbdc-7dc1-4721-b5cc-d044acbb236d)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

            GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                       VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                        2018
                                          10602

                      WISKUNDIGE GELETTERDHEID

                                    VRAESTEL 2

PUNTE: 150

TYD:      3 uur

9 bladsye + 2 antwoordblaaie en ŉ addendum met 6 bladsye

                                                           b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERHEID                          2
                                            (Vraestel 2)                         10602/18

                         GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                   VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                    WISKUNDIGE GELETTERHEID
                                                    (Vraestel 2)

                                                    TYD: 3 uur

                                                    PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord ALLE vrae.

2.    Gebruik die BYLAE soos volg:

      Gebruik BYLAAG A vir VRAAG 1.1
      Gebruik BYLAAG B vir VRAAG 2
      Gebruik BYLAAG C vir VRAAG 3.2
      Gebruik BYLAAG D vir VRAAG 4.1
      Gebruik BYLAAG E vir VRAAG 5

      Handig ANTWOORDBLAD 1 en 2 vir VRAE 3.2.3 en 4.1.5 saam met jou
      ANTWOORDBOEK in.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is.

4.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    Jy mag ŉ goedgekeurde (nieprogrammeerbare en niegrafiese) sakrekenaar gebruik, tensy
      anders vermeld word.

6.    Toon ALLE berekeninge duidelik.

7.    Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
      vermeld word.

8.    Meeteenhede moet duidelik getoon word, waar van toepassing.

9.    Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken nie, tensy andersins
      vermeld word.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                             b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                              WISKUNDIGE GELETTERHEID                               3
                                              (Vraestel 2)                          10602/18

VRAAG 1

1.1   Pule (63-jaar oud) verdien ŉ belasbare inkomste van R33 412,65 per maand nadat 7,5%
      tot sy pensioenfonds bygedra is. Hy is ŉ lid van ŉ mediese fonds-skema en het een
      afhanklike. Gebruik die belastingtabel op BYLAAG A om die volgende vrae te
      beantwoord.

      1.1.1 Bepaal sy jaarlikse salaris voordat bydraes tot sy pensioenfonds gemaak word.
            Gebruik die formule:

              Maandelikse salaris = Maandelikse belasbare inkomste ÷ 0,925                        (4)

      1.1.2 Kwalifiseer Pule om belasting te betaal? Verduidelik jou antwoord.                    (2)

      1.1.3 Pule beweer dat sy maandelikse belastingbydrae R5 756,40 beloop. Verifieer, deur
            berekeninge, die geldigheid van sy bewering.                                          (10)

1.2   Pule beplan om nog vertrekke by sy huis aan te bou. Hierdie vertrekke is op BYLAAG B
      aangedui as slaapkamers 3 en 4, ŉ teater en ŉ dubbel motorhuis. Hy het 4 werkers gehuur
      om die bouwerk aan sy huis te voltooi. Hulle het ŉ 3 maande kontrak vir die voltooïng
      van die projek geteken. Die totale koste vir die uitbreiding van sy huis (boumateriaal en
      arbeid ingesluit) beloop R321 021,56 (BTW uitgesluit). 30% van hierdie bedrag is
      geallokeer aan die lone van die werkers wat 3 keer betaal sal word.

      1.2.1 (a)    Bepaal die totale bedrag wat vir lone geallokeer is.                           (2)

             (b)   Bepaal vervolgens die bedrag wat elke werker maandeliks sal ontvang.           (4)

      1.2.2 Sihle beweer dat Pule R256 175,20 vir die boumateriaal sal betaal. Verifieer, deur
            berekeninge te toon, of sy stelling geldig is. (Gebruik 14% as BTW.)                  (6)

      1.2.3 Pule het aansoek vir ŉ lening van R210 050 gedoen om sodoende sy bouprojek te
            voltooi. Hy het twee instansies vir die lening genader.

             Instansie A:    Die rente gehef op die leningsbedrag beloop 10% per jaar,
                             halfjaarliks saamgestel.
             Instansie B:    Die rente gehef op die leningsbedrag beloop 8% per jaar,
                             kwartaalliks saamgestel.

             Pule beoog om die lening binne ŉ jaar terug te betaal. Abbey het Pule aanbeveel
             om ŉ lening by instansie B in plaas van instansie A te neem aangesien die bedrag
             wat hy moet terugbetaal minder sal wees. Stem jy saam met Abbey se
             aanbeveling? Gebruik berekeninge om jou opinie te ondersteun.                        (10)
                                                                                                  [38]

                                                                                                    b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                              WISKUNDIGE GELETTERHEID                             4
                                              (Vraestel 2)                           10602/18

VRAAG 2

      Die vloerplan van Pule se huis word op BYLAAG B aangetoon. Gebruik BYLAAG B en
      beantwoord die vrae wat volg.

2.1   Identifiseer die vertrekke wat gedurende die winter warmer sal wees en verduidelik
      hoekom.                                                                                   (3)

2.2   Pule wil hê dat die werkers die kombuis, eetkamer, en familie- kamer met porseleinteëls
      moet teël. Gebruik die afmetings op die vloerplan in BYLAAG B om die oppervlakte wat
      geteël moet word, te bereken.

      Gebruik die formule: Oppervlakte van ŉ reghoek = lengte × wydte                           (4)

2.3   Bepaal vervolgens die koste van die bokse teëls wat aangekoop moet word indien een boks
      porseleinteëls R189,99 kos en TWEE vierkante meter dek. Hulle moet 2 ekstra bokse teëls
      koop om voorsiening te maak vir teëls wat kan breek.                                      (5)

2.4   Dit neem die werkers drie dae om ŉ kamer met ŉ oppervlakte van 8,4 m2 te bou. Gebruik
      berekeninge om te bepaal hoeveel dae dit die werkers sal neem om die huis te vergroot.
      Neem in ag dat die kamers wat aangebou sal word ŉ oppervlakte van 73 m2 beslaan. Rond
      jou antwoord af tot die naaste aantal weke indien hulle 7 dae per week werk.              (4)
                                                                                                [16]

                                                                                                  b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                             WISKUNDIGE GELETTERHEID                               5
                                             (Vraestel 2)                             10602/18

VRAAG 3

3.1   Pule wou ŉ geyser in die huis installeer. Hy het na die hardewarewinkel gegaan en
      TWEE tipe geysers gevind: ŉ silindriese geyser met ŉ deursnee van 1,3 m en ŉ hoogte
      van 2 m en ŉ reghoekige geyser met ŉ hoogte van 2 m, wydte van 86 cm en ŉ lengte van
      1,1 m soos hieronder aangedui. Die geyser moet met ŉ geyser-kombers bedek word.

                  1,3 m

                                     2m                                        2m

                                                                             86 cm
                                                            1,1 m

      Buite-oppervlakte van die silindriese geyser
      = 2 × π × (radius)2 + 2 × π × radius × hoogte              waar π = 3,142

      Volume van ŉ silinder = π × (radius)2 × hoogte             waar π = 3,142

      Buite-oppervlakte van ŉ reghoekige prisma
      = 2(lengte × hoogte) + 2 (wydte × hoogte) + 2 (lengte × wydte)

      Volume van ŉ reghoekige prisma = lengte × wydte × hoogte

      3.1.1   Bepaal die buite-oppervlakte van die reghoekige geyser wat met ŉ geyser-
              kombers bedek moet word. Gee jou antwoord in m2.                                   (3)

      3.1.2   Die verkoopspersoon het Pule aanbeveel om die silindriese geyser te koop
              aangesien dit ŉ groter kapasiteit het. Verifieer of sy aanbeveling geldig is.      (6)

      3.1.3   Bereken hoeveel liter water benodig word om die silindriese geyser te vul indien
              die geyser tot ŉ maksimum kapasiteit van 95% gevul kan word.
              Gebruik: 1000 cm3 = 1 liter                                                        (6)

                                                                                                   b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERHEID                              6
                                            (Vraestel 2)                           10602/18

3.2   Pule het ŉ kamer by Sihle gehuur terwyl die werkers besig was om die bouwerk aan sy
      huis te voltooi. Sihle en Pule het ooreengekom om die water- en elektrisiteitsrekening
      asook die waterheffing in die verhouding 2:3 te deel. Hulle het 39 kℓ water vir April
      gebruik. Gebruik die water tariefstruktuur in BYLAAG C om die volgende vrae te
      beantwoord.
          • Neem kennis dat waterheffing = 10% van die huidige waterrekening.

      3.2.1   Bereken die bedrag betaalbaar deur beide gesinne vir die verbruik van 39 kℓ,
              insluitend die waterheffing.                                                     (6)

      3.2.2   Sihle beweer dat hy minder as R300 moet betaal vir die water wat deur sy gesin
              verbruik was. Verifieer sy bewering.                                             (4)

      3.2.3   Pule en sy vrou wil graag 3 kinders hê. Hulle sal gelukkig wees indien hulle
              2 seuns en ŉ dogter kan hê. Gebruik die boomdiagram op
              ANTWOORDBLAD 1 om die waarskynlikheid daarvan te bepaal om 2 seuns
              en ŉ dogter te hê indien hul eerste kind ŉ seun is.
              Skryf jou antwoord as ŉ persentasie.

              Voltooi hierdie vraag op ANTWOORDBLAD 1 aan die agterkant van jou
              vraestel. Handig ANTWOORDBLAD 1 saam met jou ANTWOORDBOEK in.
                                                                                               (7)
                                                                                               [32]

                                                                                                 b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                             WISKUNDIGE GELETTERHEID                                7
                                             (Vraestel 2)                           10602/18

VRAAG 4

4.1   Statistiek Suid-Afrika (STATS SA) het inligting bekend gemaak oor die pryse vir die bou
      van meenthuise versus vrystaande huise. BYLAAG D verskaf die gemiddelde pryse per
      vierkante meter vir die bou van meenthuise of vrystaande huise in elke provinsie. Gebruik
      BYLAAG D om die vrae hieronder te beantwoord.

      4.1.1    Watter tipe huis is die ekonomieste om te bou in die RSA? Verskaf ŉ rede vir jou
               keuse.                                                                           (3)

      4.1.2    Bepaal die interkwartiel-omvang vir die bou van ŉ vrystaande huis in Suid-
               Afrika, sonder die gemiddelde wat vir RSA aangetoon word.                          (7)

      4.1.3    Hoekom dink jy is dit duurder om enige tipe huis in KwaZulu-Natal te bou? Gee
               TWEE redes.                                                                        (2)

      4.1.4    Verduidelik waarom, vir vrystaande huise, die gemiddelde wat vir RSA gegee
               word nie dieselfde is soos om die waardes van die nege provinsies bymekaar te
               tel en met 9 te deel nie.                                                          (2)

      4.1.5    ŉ Staafgrafiek wat die koste vir die bou van ŉ vrystaande huis in elke provinsie
               voorstel is reeds op ANTWOORDBLAD 2 aangebring. Gebruik dieselfde
               antwoordblad, aan die agterkant van jou vraestel, om ŉ saamgestelde staafgrafiek
               te teken wat die koste vir die bou van meenthuise verteenwoordig. Handig jou
               ANTWOORDBLAD 2 saam met jou ANTWOORDBOEK in.                                     (5)

                                                                                                    b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERHEID                               8
                                            (Vraestel 2)                            10602/18

4.2   Die mond-en-snor diagramme hieronder stel die geprojekteerde salarisskale (in honderde)
      vir die werknemers wat deur ŉ onderneming gehuur gaan word, voor. Hulle beplan om
      120 deeltydse werknemers en 40 voltydse werknemers aan te stel. Gebruik die mond-en-
      snor diagramme hieronder om die vrae wat volg te beantwoord.

              Deeltydse werknemers

              Voltydse werknemers

      4.2.1   Hoeveel voltydse werknemers verdien ŉ salaris minder as R8 000?                   (3)

      4.2.2   Hoeveel deeltydse werknemers verdien ŉ salaris minder as die boonste kwartiel?    (3)

      4.2.3   Watter meting van sentrale neiging verteenwoordig hierdie stel data die beste?
              Verduidelik jou antwoord.                                                         (3)

      4.2.4   Bepaal die omvangsalaris van die deeltydse werkers.                               (3)

      4.2.5   Verduidelik waarom die omvang nie gebruik kan word om die gemiddelde salaris
              van die werknemers voor te stel nie.                                         (2)

      4.2.6   Pule beweer dat voltydse werknemers ŉ beter salaris as deeltydse werknemers sal
              verdien. Bevestig die geldigheid van sy bewering.                               (4)

      4.2.7   Pule se vrou het ŉ werksaanbod as skoonmaker ontvang, die werk met die minste
              betaling. Sy moet kies tussen deeltydse- en voltydse indiensneming. Watter opsie
              moet sy kies? Verduidelik.                                                       (3)
                                                                                               [40]

                                                                                                  b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                        WISKUNDIGE GELETTERHEID                                   9
                                        (Vraestel 2)                            10602/18

VRAAG 5

Sihle en Pule het vanaf Pretoria na Bloemfontein gereis. Hulle het Pretoria om 10:45 verlaat en
om 15:15 in Bloemfontein aangekom.
Gebruik BYLAAG E om die volgende vrae te beantwoord.

5.1     Beskryf TWEE ander moontlike roetes, behalwe die N1, vanaf Johannesburg na
        Bloemfontein.                                                                                 (5)

5.2     Gebruik die staafskaal om die werklike retoerafstand (soos na die kraai vlieg) vanaf
        Pretoria na Bloemfontein te bepaal.                                                           (7)

5.3     Bereken die gemiddelde spoed (in km/h) waarteen hulle sal reis. Rond jou finale
        antwoord af tot die naaste km/h.                                                              (6)

5.4     Watter advies sal jy aan Sihle gee oor die spoed waarteen hulle na Bloemfontein sal reis?
                                                                                                      (2)

5.5     Gee TWEE redes waarom die kaart in Bylaag E nie die geskiste is, om ŉ roete vanaf
        Pretoria na Bloemfontein te beplan nie.                                                       (4)
                                                                                                      [24]

                                                                                       TOTAAL [150]

                                                 EINDE

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                           WISKUNDIGE GELETTERHEID                       10
                           (Vraestel 2)                      10602/18

ANTWOORDBLAD 1

Naam: ____________________________________________________      GR 12 - ____

VRAAG 3.2.3

Kinders

UITKOMSTE:

WAARKYNLIKHEID:

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                           WISKUNDIGE GELETTERHEID                      11
                           (Vraestel 2)                      10602/18

ANTWOORDBLAD 2

Naam: ____________________________________________________      GR 12 ____

VRAAG 4.1.5

                KOSTE VAN VRYSTAANDE HUISE

## Related documents

- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Exam Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p2-afrikaans-2015-preparatory-exam-question-paper/be306280-3aba-46ec-aad3-7ee5349ad8f4) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Maths Literacy Addendum X5 (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-maths-literacy-addendum-x5-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/b82b5337-d583-4576-8235-f8c6a3fe1432) — Mathematical Literacy · Addendum · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/f2fdc5eb-8de9-4da5-b583-f3e5088fce88) — Mathematical Literacy · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
