# Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/1c5c7dd8-d89c-4927-ba26-de7c3f4232ef
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/1c5c7dd8-d89c-4927-ba26-de7c3f4232ef)

## About this document

Tourism · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                   VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                            2020
                            10870
                          TOERISME

TYD:     3 uur

PUNTE: 200

24 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                TOERISME                                2
                                                                            10870/20

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies noukeurig voordat jy die vrae beantwoord.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings en TIEN vrae.

2.    Beantwoord AL die vrae.

3.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.    Gebruik die nommeringstelsel soos op die vraestel.

5.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

6.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.    Skryf netjies en leesbaar.

8.    Die tabel hieronder is ŉ riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
      in te deel.

     AFDELING                        ONDERWERP                         PUNTE      TYD
          A        Kortvrae                                               40       20
                   Kaartwerk en Toerbeplanning;
          B                                                               50       50
                   Buitelandse valutaverhandeling
                   Toerismebesienswaardighede; Kultuur- en
          C                                                               50       50
                   Erfenistoerisme; Bemarking
          D        Volhoubare en Verantwoordelike Toerisme                30       30
                   Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;
          E                                                               30       30
                   Kommunikasie en Kliëntediens
                                                            TOTAAL       200      180

                                                                                        b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TOERISME                                3
                                                                              10870/20

AFDELING A: KORT VRAE

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
      (1.1.1 – 1.1.20) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D.

      1.1.1      Items wat toeriste in Suid-Afrika inbring waarop hulle nie
                 addisionele belasting hoef te betaal nie

                 A    Verbode goedere
                 B    Belastingvry goedere
                 C    Beperkte goedere
                 D    Belasbare goedere

      1.1.2      Die voorkeur vervoermiddel vir ŉ groep van twintig studente wat
                 saamreis op ŉ laekoste vakansie

                 A    Luukse langafstand trein
                 B    Langafstand bus
                 C    Luukse boot
                 D    Motorverhuring

      1.1.3      Standaardtyd word met … uur/ure vorentoe gestel wanneer lande
                 DBT toepas.

                 A    een
                 B    twee
                 C    drie
                 D    vier

      1.1.4       Gebottelde water word as voorsorg teen …
                  beskou.

                  A      Malaria
                  B      Rubella
                  C      Geelkoors
                  D      Cholera

      1.1.5      Voordat ŉ toeris na … reis moet hy/sy vir ŉ Schengen visum
                 aansoek doen.

                 A    Ethiopië
                 B    Engeland
                 C    Griekeland
                 D    Japan

                                                                                         b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                        TOERISME                                 4
                                                                     10870/20

1.1.6    ŉ Suid-Afrikaanse paspoort is geldig vir … jaar.

         A   twee
         B   vyf
         C   tien
         D   vyftien

1.1.7    Al die plekke in ŉ spesifieke tydsone deel dieselfde tyd. Hierdie tyd
         word ... tyd genoem.

         A   spaar
         B   standaard
         C   seisoenale
         D   sonkrag

1.1.8    Goeie omgewingspraktyke by ŉ hotel sluit die volgende in:

         A   Akkurate finansiële rekords
         B   Borgskappe aan die plaaslike gemeenskap
         C   Ekstra opleidingsessies en ontwikkeling vir die werkers
         D   ŉ Afvalbestuur-beleid implementering

1.1.9    Die koers waarteen ŉ buitelandse valuta kantoor buitelandse geld
         sal verkoop

         A   BAK
         B   BVK
         C   EUR
         D   EFT

1.1.10   Die totale waarde van ŉ land se produkte en dienste wat in ŉ jaar
         vervaardig word, word die … genoem.

         A   SBS
         B   JAB
         C   BBP
         D   BTW

1.1.11   Buitelandse markaandeel is die gedeelte (persentasie) inkomende
         toeriste wat Suid-Afrika ontvang in vergelyking met die res van die
         wêreld, byvoorbeeld toeriste wat ...

         A   SAToerisme se webblad besoek.
         B   plaaslik reis.
         C   arriveer vanaf bronmarkte.
         D   emigreer na Europa.

                                                                                 b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                        TOERISME                                5
                                                                   10870/20

1.1.12   Suid-Afrika se top drie Europese bronmarkte verkry van inligting
         hieronder.

         Aantal toeriste wat Suid-Afrika vanaf tien hoogste oorsese
         lande (2018)

          Land             Aantal toeriste
          VK                    430 708
          VSA                   370 892
          Duitsland             349 229
          Frankryk              186 251
          Nederland             146 925
          Australië             115 846
          China                   96 915
          Indië                   93 428
          Brasilië                70 539
          Kanada                  67 779
                       [Aangepas uit www.statssa.gov.za]

         A   VSA, VK en China
         B   Nederland, Frankryk en Brasilië
         C   Indië, Australië en Nederland
         D   Duitsland, VK en Frankryk

1.1.13   ŉ Suid-Afrikaanse reisagent, ontvang ŉ vooruit betaling van ŉ toeris
         wat in die Verenigde Koninkryk woonagtig is.
         Die mees gepaste en veiligste manier om die transaksie te doen, is:

         A   Internasionale bank oordrag
         B   Reisigerstjeks
         C   Buitelandse banknote
         D   Aanvaarde kredietkaart

1.1.14   ŉ Voorbeeld van ŉ voorafgelaaide debietkaart wat as manier van
         betaling gebruik word is ...

         A   American Swiss.
         B   SWIFToordrag.
         C   Cash Passport.
         D   MoneyGram.

1.1.15   Die volgende is ŉ voorbeeld van ŉ natuurlike ramp:

         A   Globale resessie
         B   Sikloon
         C   Burgeroorlog
         D   Beraad

                                                                                b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                       TOERISME                                  6
                                                                    10870/20

1.1.16   Die Rugby Wêreldbeker is ŉ voorbeeld van ŉ ...

         A   nasionale sporttoernooi.
         B   klimaatsveranderingsberaad.
         C   herhalende politieke situasie.
         D   globale sportsbyeenkoms.

1.1.17   ŉ Moontlike negatiewe impak wat ŉ wêreldgebeurtenis op die
         gasheerland kan hê, is …

         A   werksgeleenthede vir werklose plaaslike mense.
         B   vermindering van die misdaad in die area.
         C   verhoogde pryse van plaaslike goedere.
         D   vermenigvuldigereffek voordele op gemeenskappe.

1.1.18   Die Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap voldoen aan die
         volgende seleksie kriteria van UNESCO:

         A   Kriteria 2, toon menslike waarde oor ŉ sekere tyd
         B   Kriteria 4, illustreer beduidende stadiums in die geskiedenis van
             die mens
         C   Kriteria 7, bevat hoë kwaliteit natuurlike gebeure
         D   Kriteria 8, bewyse van die planeet se geologiese geskiedenis

1.1.19   Web-gebaseerde reaksies is deel van kliëntterugvoer, byvoorbeeld:

         A   Opvolg-oproepe wat na kliënte gemaak word
         B   E-posse wat na kliënte gestuur word wat terugvoer vra
         C   ŉ Kort selfoon boodskap na ŉ kliënt
         D   Vorms wat deur kliënte ingevul word in ŉ restaurant

1.1.20   Die oorkoepelende organisasie wat besighede in verskeie sektore
         van die reis- en toerisme industrie in Suid-Afrika verteenwoordig:

         A   ASATA
         B   SAACI
         C   TBCSA
         D   SAYTC
                                                                      (20 x 1)       (20)

                                                                                 b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                               TOERISME                                  7
                                                                              10870/20

1.2   Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur ŉ woord/term
      uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord(e)/term langs die
      vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld
      1.2.6 ewenaar

                  waterdamp; bilharzia; malaria; verpligte; sirkelvormig;
         terugvoerkaarte; kweekhuisgasse; liniêre; voorgestelde; sms boodskappe

      1.2.1      Stowwe wat bydra tot aardverwarming

      1.2.2      Die siekte wat oorgedra word deur die byt van ŉ vroulike muskiet

      1.2.3      ŉ Restaurant stuur elektroniese boodskappe aan hulle kliënte om
                 hulle ervaring te evalueer om die kelners se gedrag te evalueer.

      1.2.4      Toeriste word beveel om hierdie (ŉ moet) inentings te kry sodat
                 hulle toegelaat sal word om sekere lande binne te gaan.

      1.2.5      ŉ Toerplan wat in ŉ stad begin en in dieselfde stad eindig                  (5)

1.3   Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
      die woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK
      neer, byvoorbeeld 1.3.6 paspoort

      1.3.1      DBT word in (somer/winter) toegepas.

      1.3.2      ŉ Gerieflike elektroniese metode van betaling wat gedoen kan word
                 van die huis af, is (EFO / OTM)

      1.3.3      Mauritius is op die 60° (Oos/Wes) lengtelyn geleë.

      1.3.4      Mapungubwe Kulturele Landskap is in (Mpumalanga/Limpopo)
                 geleë.

      1.3.5      KSB (‘CSI’) verwys na beleggings wat deur (die staat/privaat
                 maatskappye) in die plaaslike gemeenskap gedoen word.                       (5)

                                                                                         b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                TOERISME                                 8
                                                                           10870/20

1.4   Kies ŉ beskrywing van ŉ ikoon uit KOLOM B wat die beste by ŉ prent in
      KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – G) langs die vraagnommer
      (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 H

                   KOLOM A                                 KOLOM B
       1.4.1
                                            A    Hierdie terrein is ŉ fort kasteel wat
                                                 op ŉ klipheuwel gebou is. Die
                                                 gebou is nou ŉ museum.

                                            B    Die Nabateërs het hulle hier
                                                 gevestig en ŉ wateropgaar- en
                                                 verspreidingsgebied gebou. Dit
       1.4.2                                     het ŉ vooruitstrewende
                                                 handelsentrum geword.

                                            C    Hierdie terrein is opgerig as ŉ
                                                 mausoleum ter nagedagtenis aan
                                                 die keiser se afgestorwe vrou.

                                            D    Hierdie terrein was ŉ bron van
                                                 groot konflik tussen die Joodse en
       1.4.3                                     Moslemse gelowe.

                                            E    Hierdie amfiteater was gebruik om
                                                 gladiator gevegte en vermaak
                                                 aktiwiteite te hou.

                                            F    Teater- en musiekproduksies
                                                 word uitgevoer in die
                                                 konsertlokale van hierdie terrein.

                                            G    Hierdie terrein is gebou deur ŉ
       1.4.4                                     Farao om sy graf te bewaak.

       1.4.5

                                                                                             (5)

                                                                                         b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                TOERISME                               9
                                                                            10870/20

1.5   Bestudeer die instapkaart van Kulula.com en identifiseer/bereken die inligting
      soos hieronder verlang. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
      (1.5.1 tot 1.5.5) in jou ANTWOORDBOEK byvoorbeeld 1.5.6 lughawe

      1.5.1      Die stad waarvandaan vertrek word

      1.5.2      Die vlugnommer

      1.5.3      Die bestemming

      1.5.4      Die tydsperiode tussen instap en vertrek

      1.5.5      Die duur van die vlug                                                     (5)

                                                              TOTAAL AFDELING A:            40

                                                                                       b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                               TOERISME                                10
                                                                           10870/20

AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
VALUTAVERHANDELING

VRAAG 2

2.1   Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder, lees die inligting op die volgende
      bladsy, en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                                       b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                         TOERISME                                  11
                                                                     10870/20

         5 - 17 Januarie 2020               20 Januarie - 2 Februarie 2020

 Woordelys:
 Dakar Tydren is ŉ jaarlikse wedren. Dit is ŉ veld uithourit.
 Die Australiese Ope is een van die Meester Tennis toernooie. Die toernooi
 bestaan uit wedstryde vir enkel- dubbel- en gemengde spelers.
Jack en Lydia, ŉ paartjie in hulle vyftigs en fanaties oor sport, is baie
opgewonde oor twee groot sportgebeurtenisse wat plaasvind in 2020. Hulle het
al twee die gebeurtenisse bygewoon en noem dit hulle “Sports Galore”
vakansie.

Hulle het vertrek vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg na
Riaad in Saoedi-Arabië op ŉ elf-uur lange vlug. Hulle was net betyds om die
finale twee skofte van die 2020 Dakar Wedren by te woon.

Na die vlug vanaf Riaad arriveer hulle op 18 Januarie 2020 in Melbourne om
deel te wees van die entoesiastiese skare vir die gebeurtenis wat op 20
Januarie 2020 begin het.
Jack en Lydia het op 3 Februarie 2020 na Suid-Afrika teruggekeer.

2.1.1      Identifiseer die TWEE kontinente waar die twee bogenoemde
           gebeurtenisse plaasgevind het.                                               (2)

2.1.2      Jack en Lydia het hulle visums opgetel voordat hulle vertrek het uit
           Suid-Afrika. Gee die naam van die organisasie waar hulle aansoek
           vir die visums gedoen het.                                                   (1)

2.1.3      Die paartjie het op 13 Januarie 2020 om 18:00 vanaf OR Tambo
           Internasionale Lughawe vertrek. Die vlug was 11 ure tot in Riaad.
           Bereken die arriveertyd en datum in Riaad.                                   (5)

2.1.4      Jack wou baie graag op self-rit uitstappies gaan en deel wees van die
           toeskouerservaring van die laaste tydren skofte in Saoedi-Arabië.

           (a) Identifiseer die dokument wat Jack nodig het om op sy eie rond
               te ry in Saoedi-Arabië.                                                  (1)

           (b) Noem die organisasie waar Jack vir hierdie dokument genoem
               in VRAAG 2.1.4 (a) aansoek gedoen het.                                   (1)

           (c) Jack het die dokument wat in VRAAG 2.1.4 (a) genoem is ook
               vir ander redes gebruik. Noem EEN ander gebruik van die
               dokument.                                                                (1)

                                                                                   b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                               TOERISME                                   12
                                                                            10870/20

      2.1.5      Die twee sport fanatikusse het om 08:00 op 18 Januarie 2020 in
                 Melbourne gearriveer. Die vlugtyd was 17 uur. Bereken die
                 vertrektyd en datum vanuit Riaad. (Nota: Melbourne gebruik
                 DBT.)                                                                         (6)

      2.1.6      Jack en Lydia het vlugvoosheid ondervind na die vlug van Riaad na
                 Melbourne.

                 (a) Lys TWEE simptome van vlugvoosheid wat die paartjie kon
                     ervaar het.                                                               (2)

                 (b) Die vlug van Riaad na Melbourne, ŉ Wes-Oos vlug, kan lei tot
                     erge vlugvoosheid. Gee EEN rede vir hierdie verskynsel.                   (2)

2.2   Bestudeer die infografika oor gesondheid en veiligheid hieronder en
      beantwoord die vrae wat volg.

                WENKE OM VEILIG EN GESOND TE REIS

                                                     [Aangepas uit www.Vectorstock.com]

                                                                                          b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TOERISME                             13
                                                                           10870/20

      2.2.1      Gee EEN manier hoe die toeris kan verseker dat sy/haar geld veilig
                 is in die hotelkamer.                                                     (2)

      2.2.2      Noem EEN toestand waaraan ŉ toeris kan ly as hy/sy nie die
                 onderstaande rome gebruik nie:

                 (a) Muskiet afweerder                                                     (1)

                 (b) SPF 30 son room (son blok)                                            (1)

      2.2.3      Verduidelik TWEE maniere hoe die toeris sy/haar bagasie op die
                 lughawe kan beveilig.                                                     (4)

      2.2.4      Stel EEN rede voor waarom die volgende prentjies gelys word as
                 deel van “BEVEILIG JOUSELF”.

                 (a) Die telefoonnommer van die
                     ambassade

                                                                                           (2)

                 (b) Die ligging van die hotel

                                                                                           (2)

2.3   Bestudeer die onderstaande begroting wat Jack en Lydia opgestel het vir hulle
      ”Sports Galore” vakansie en beantwoord die vrae wat volg.

              Bestemming                   Begroting
              Riaad                        R 30 000,00
              Melbourne                    R 60 000,00
              TOTAAL                       R 90 000,00

      2.3.1      Verduidelik die belangrikheid om ŉ begroting vir ŉ vakansie op te
                 stel.                                                                     (2)

      2.3.2      Noem TWEE uitgawes wat in hulle begroting ingesluit moet word.            (2)
                                                                                           [37]

                                                                                      b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                               TOERISME                                    14
                                                                                10870/20

VRAAG 3:

3.1   Bestudeer die forex-tabel hieronder, soos op 16 Augustus 2019 en beantwoord
      die vrae wat volg.
      • Toon alle berekeninge.
      • Rond jou antwoord af tot TWEE desimale plekke.

                   Geldeenheid en simbool            BAK           BVK
                          EUR (€)                   16,075        16,810
                          GBP (£)                   18,405        18,466
                          JPY (¥)                   0,138         0,142
                                                      [Bron: www.x-rates.com]

      3.1.1      Bereken die bedrag wat John ontvang het in Japanese Yen vir die
                 R10 000 wat hy begroot het vir sy Japanse vakansie.                            (3)

      3.1.2      Met sy terugkeer na Suid-Afrika het John ¥550 gehad wat hy graag
                 wou ruil vir rand. Bereken die bedrag wat hy in rand ontvang het.              (3)

      3.1.3      Identifiseer die geldeenheid wat die beste waarde vir geld sal wees
                 wanneer Suid-Afrika besoek word uit die lys geldeenhede in die
                 tabel.                                                                         (1)

      3.1.4      Motiveer die antwoord op VRAAG 3.1.3.                                          (2)

3.2   Verduidelik hoe inkomende internasionale toerisme die vermenigvuldiger effek
      tot gevolg sal hê. Gebruik die volgende vloeidiagram as ŉ riglyn, Skryf die
      antwoord langs die vraagnommers 3.2.1 tot 3.2.4 in jou ANTWOORDBOEK.

                          Internasionale toeriste arriveer

                           3.2.1___________________

                          3.2.2____________________

                          3.2.3____________________

                          3.2.4____________________

                                                                                                (4)
                                                                                                [13]

                                                             TOTAAL AFDELING B:                 50

                                                                                           b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TOERISME                                  15
                                                                               10870/20

AFDELING C: TOERISME ATTRAKSIES; KULTUUR- EN ERFENIS TOERISME;
            BEMARKING

VRAAG 4

4.1   Bestudeer die toeriste inligting hieronder, wat in ŉ reistydskrif verskyn het en
      beantwoord die vrae wat volg.

       Ikoon A – Toeriste inligting:
          • Die naam kom van die Griekse woord Parthenos, wat ‘maagd’ beteken.
          • Besoekersgetal is omtrent 2 miljoen per jaar
          • Dit toon die oorblyfsels van ŉ 2 500-jaar oue tempel.
       Ikoon B – Toeriste inligting:
          • Die ikoon dateer 2 000 jaar terug.
          • Dit is die langste mens-gemaakte veiligheidsstruktuur en strek oor
             8 850 km van oos na wes.
          • Omtrent 4 miljoen toeriste per jaar
       Ikoon C – Toeriste inligting:
          • Meer as 800 000 mense vergader in die binneplein van die Groot
             Moskee.
          • Hulle sirkel die struktuur sewe keer.
          • Die struktuur is ŉ enkelvertrek steen en is bedek met swart materiaal.
          • Toegang is streng verbode.
          • Omtrent 3 miljoen besoekers per jaar wat min of meer vir 13 dae bly

      4.1.1       Onderskei tussen ŉ attraksie en ŉ ikoon.                                      (2)

      4.1.2       Teken en voltooi die volgende tabel in jou ANTWOORDBOEK.
                  Identifiseer die ikone A – C wat beskryf is in die bostaande inligting
                  asook die lande waar hierdie ikone geleë is.

                     Ikoon      Naam van die ikoon      Land waar die ikoon geleë is
                       A
                       B
                       C                                                                        (6)

      4.1.3       Gee TWEE tipes toeriste belangstellings om Ikoon A te besoek.                 (2)

      4.1.4       Verduidelik die rede waarom Ikoon B beskou word as ŉ ikoon.                   (2)

      4.1.5       Noem TWEE ikone in Israel wat dieselfde tipe toeriste sal trek as
                  Ikoon C.                                                                      (2)

                                                                                           b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TOERISME                                    16
                                                                               10870/20

4.2   Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            Fasiliteite op Corcovado Berg in Rio de Janeiro
      Tandrattrein*

                                    Die tandrattrein (‘cog train’) is die maklikste manier
                                    om die Standbeeld van Christus die Verlosser te
                                    besoek –       *Tandrattrein is ŉ trein wat op steil
                                    as jy in ŉ     opdraandes gebruik word; hulle is met
                                    rolstoel is.   spesiale wiele en elektriese motors
                                                   toegerus.
                                                   *Panoramiese hysbak is ŉ hysbak
                                                   waar die sykant en rugkant gemaak is
      By die tandrattrein stasie                   van gelamineerde (versterkte lae) glas
      Dit is ŉ plat terrein (area) en daar is      sodat die mense in die hysbak kan
      geen trappies vandat jy uit jou motor        uitkyk na buite.
      klim, tot by die kaartjiekantoor en waar jy op die trein kan klim. Daar is ses
      rolstoele op die stasie beskikbaar. Elke trein kan egter net twee rolstoele
      huisves (pas).

      By die piek (toppunt) van Corcovado
      Wanneer jy afklim van die trein af naby die
      Christusbeeld area, is jy net ŉ paar tree weg van
      die panoramiese hysbak*. Dan is daar twee
      stelle roltrappe (stelle gemotoriseerde trappe).
      Die personeel is baie behulpsaam en sal jou
      rolstoel tot by die bopunt van die roltrap by
      Corcovado bring vanwaar jy die uitsig oor Rio de
      Janeiro en die Christusbeeld kan geniet.

                                           Ander
                                           vervoer
                                           ŉ Ander gemaklike manier om die
                                           Christusbeeld te bereik is deur van die
                                           amptelike 14-sitplek kombi’s van Tijuca
                                           Nasionale Park te gebruik. Die kombi’s kan
                                           jou binne ŉ uur tot by Paneiras, die
                                           ingangsplatvorm, vat. Daar is ook rolstoel-
                                           vriendelike kombi’s beskikbaar.

                                                [Aangepas uit: www.myriotravelguide.com]

                                                                                             b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                      TOERISME                                17
                                                                   10870/20

4.2.1   Identifiseer die wêreldikoon wat op die foto’s uitgebeeld word.            (1)

4.2.2   (a) Noem enige TWEE faktore wat kan bydra tot die sukses van
            die ikoon geïdentifiseer in VRAAG 4.2.1.                               (2)

        (b) Verduidelik hoe elkeen van die TWEE faktore wat genoem is in
            VRAAG 4.2.2 (a) kan bydra tot die sukses van die ikoon
            geïdentifiseer in VRAAG 4.2.1.
            Dui duidelik aan watter faktor bespreek word deur die faktor as
            onder-opskrif te gebruik.                               (2 x 2)        (4)

4.2.3   Dui DRIE beskikbare vorme van vervoer aan vir die fisies
        gestremde mense by die ikoon geïdentifiseer in VRAAG 4.2.1.                (3)
                                                                                   [24]

                                                                              b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                               TOERISME                                    18
                                                                            10870/20

VRAAG 5

5.1   Noem die TWEE Wêrelderfenisterreine wat in KwaZulu-Natal geleë is.                        (2)

5.2   Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                 Ingang na die Maropeng-
                                                 besoekersentrum as deel van die
                                                 Wêrelderfenisterrein – Wieg van die
                                                 Mensdom.

                                                             [Bron: www.maropeng.co.za]

      5.2.1      Noem die provinsie waar hierdie deel van die Wieg van die
                 Mensdom Wêrelderfenisterrein geleë is.                                         (1)

      5.2.2      Gee ŉ beskrywing van die Wieg van die Mensdom
                 Wêrelderfenisterrein wat vir bemarkingsdoeleindes gebruik kan
                 word.                                                                          (2)

5.3   Teen die einde van 2019 was daar 10 UNESCO Wêrelderfenisterreine in Suid-
      Afrika.

      5.3.1      Bespreek EEN rol wat UNESCO speel met verwysing na
                 Wêrelderfenisterreine.                                         (2 x 1)         (2)

      5.3.2      Bespreek TWEE maniere hoe die 10 terreine in Suid-Afrika ŉ
                 positiewe impak kan hê op die toerisme industrie van Suid-Afrika.              (4)

5.4   Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                       Wêrelderfenisterrein: Kaapse Blommeryk

       Hierdie wêrelderfenisterrein is in die suid-westelike deel van Suid-Afrika
       geleë. Die Kaapse Blommeryk word erken as een van die mees spesiale
       plekke vir plante in die wêreld in terme van biodiversiteit, digtheid en die
       aantal endemiese (inheemse) spesies. Dit word erken as een van die wêreld
       biodiversiteit ‘hotspots’ vir die groot verskeidenheid inheemse en bedreigde
       plantspesies. Hierdie unieke groepering van plantlewe en die verwante
       fauna, bestaan uit ŉ reeks van 13 beskermde streke.
                                                          [Aangepas uit: www.unesco.org]

      Verduidelik hoe hierdie terrein voldoen het aan UNESCO se Kriteria 10: Om
      natuurlike habitate vir bewaring van biologiese diversiteit te bevat.                     (2)
                                                                                                [13]
                                                                                           b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                   TOERISME                               19
                                                                               10870/20

VRAAG 6

6.1       Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                Welkom by INDABA-DURBAN

          6.1.1      Identifiseer die bemarkingsgeleentheid wat deur SAToerisme
                     gebruik word soos gesien in die prent hierbo.                        (1)

          6.1.2      Verduidelik kortliks die doel van die geleentheid wat
                     geïdentifiseer is in VRAAG 6.1.1.                                    (2)

6.2       Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              SAToerisme bemark Suid-Afrika as ŉ voorkeur toeriste bestemming.

          6.2.1      Verduidelik die betekenis van voorkeur toeriste bestemming.          (2)

          6.2.2      Noem TWEE internasionale geleenthede buite die grense van
                     Suid-Afrika waaraan SAToerisme deelneem om Suid-Afrika
                     internasionaal te bemark.                                            (2)

          6.2.3      Verduidelik die rol van TOMSA in SAToerisme se bemarking van
                     Suid-Afrika.                                                         (2)

          6.2.4      Voorsien TWEE strategieë wat SAToerisme gebruik om meer
                     inkomende toeriste na Suid-Afrika te lok.                            (4)
                                                                                          [13]

                                                               TOTAAL AFDELING C:         50

                                                                                          b.o.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                                     TOERISME                                  20
                                                                                   10870/20

AFDELING D: VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME

VRAAG 7

Bestudeer die inligting oor Venesië hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          #GenietRespekteerVenesië
          Venesië is die enigste stad van sy tipe in die wêreld en is ŉ UNESCO
          Wêrelderfenisterrein met kulturele waarde, wat die bewaring vir die volgende
          generasies vereis.
          Volhoubare toerisme is toerisme wat toegewy is eerstens om ŉ lae impak te
          hê op die omringende omgewing en gemeenskappe. Tweedens is dit
          toegewyd om ŉ bron van inkomste te wees en werk te skep vir die plaaslike
          gemeenskap. Ongelukkig word dit al hoe moeiliker om ŉ inkomste daar te
          stel vir die plaaslike gemeenskap en terselfdertyd die omgewing te bewaar.
          Te min toeriste en die stad sal nie kan oorleef nie. Te veel toeriste en die
          stad kan ook nie oorleef nie. Ons dink dat die oplossing in ŉ ander tipe
          toerisme lê.
                                                        [Aangepas uit: www.veneziaunica.it/]

7.1       Verwys na Paragraaf 3 en die onderstreepte teks.
          “Te min toeriste en die stad sal nie kan oorleef nie.”

          Stel EEN rede voor waarom die stad nie sal kan oorleef as die getal toeriste
          te min is nie.                                                                       (2)

7.2       7.2.1       Lys die DRIE pilare van volhoubare toerisme.                             (3)

          7.2.2       Bestudeer die prentjies hieronder, en beantwoord die vraag wat
                      volg.

                   Voer die voëls                        Vervalste goedere

          Pas elke prentjie by een van die pilare van volhoubare toerisme genoem in
          VRAAG 7.2.1. Skryf die pilaar langs die prentjie (A en B) neer en motiveer
          waarom die prentjie met die pilaar gepas word.                         (2 x 3)       (6)
7.3       Bestudeer die spotprent, lees die inligting daaronder en beantwoord die vrae

                                                                                               b.o.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                          TOERISME                               21
                                                                      10870/20

wat volg.

Onbeheerde toerisme kan veroorsaak word deur te veel toeriste wat
bestemmings oorlaai.
ŉ Gedragskode vir toeriste-optrede is ŉ stel reëls wat riglyne gee oor hoe
toeriste moet optree in ŉ spesifieke plek.

Bespreek DRIE omgewingsreëls wat ingesluit kan word in ŉ gedragskode vir
toeriste wanneer hulle oorlaaide bestemmings besoek.              (3 x 2)        (6)
                                                                                 [17]

                                                                                 b.o.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
                                                    TOERISME                                        22
                                                                                    10870/20

VRAAG 8:

Bestudeer die uittreksel van ŉ webjoernaal (‘blog’) hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.

                      Baz Bus sluit aan by die Fair Trade Tourism familie

       Suid-Afrika se Baz Bus, wat meer as 180 rugsak-toerisme
       hostelle in meer as 40 verskillende bestemmings regoor die land
       skakel, is deur Fair Trade Tourism goedgekeur.

       Die maatskappy maak ook ŉ groot verskil in die lewens van
       mense in gemeenskappe in die Kaapstad-omgewing. Verskeie
       projekte wat gedryf word, sluit ondersteuning van sokkerspanne van Houtbaai, ŉ
       kinderhawe in Woodstock asook die Wola Nani gemeenskapsenstrum vir vroue en
       kinders met HIV/VIGS in Khayelitsha, in. Hulle is tans besig met die bou van nuwe
       toiletgeriewe and klaskamers by Babes Kleuterskool en Elundini Kinderhuis in Du
       Noon.

       Baz Bus se bemarkingsbestuurder Lisa Mclaughlin, het gesê dat om deel te wees
       van Fair Trade Tourism is baie waardevol vir Baz Bus. “Dit verseker dat die belange
       van die gemeenskappe waarin ons werk beskerm word en dit verhoog
       bewusmaking van die brandpunte en uitdagings wat toerisme in Suid-Afrika in die
       gesig staar ” het sy verduidelik. “Nou kan ons inskakel by soortgelyke besighede
       met dieselfde sienings en deel in die ondervindinge terwyl ons saam werk om Suid-
       Afrika ŉ meer gesogte bestemming te maak ”

       Fair Trade Tourism is ŉ nie-winsgewende organisasie wat toegewy is daaraan om
       volhoubare toerisme in suidelike Afrika aan te moedig. Daar is vele gesertifiseerde
       besighede in Suid-Afrika, Mosambiek en Madagaskar. .“Fair Trade Tourism maak
       seker dat daar groter bewustheid is aangaande verantwoordelike toerisme by
       reisigers. Die organisasie help toerisme besighede om volhoubaar te wees in die
       bestuur van die besigheid deur intensiewe en praktiese opleiding asook programme
       om die besigheid gereed te maak vir sertifisering” het Nivashnee Naidoo die
       organisasie se besturende direkteur verduidelik.

       “Ons is baie opgewonde om Baz Bus as deel van ons organisasie te verwelkom” het
       sy gesê.
                                                         [Aangepas uit: http://blog.bazbus.com/]

       8.1      Identifiseer DRIE van Baz Bus se korporatiewe sosiale beleggings.                  (3)

       8.2      Stel DRIE voordele vir die Baz Bus wat spruit uit die aansluiting van
                die organisasie as ŉ Fair Trade Tourism goedgekeurde lid, voor.                    (6)

       8.3      Verduidelik TWEE rolle wat FTT in die toerismebedryf speel.                        (4)
                                                                                                   [13]

                                                             TOTAAL AFDELING D:                    30

                                                                                                     b.o.

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                                                         TOERISME                                   23
                                                                                         10870/20

AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME;
KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

VRAAG 9

9.1       Lees die opsomming hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Aantal deelnemers:
           Gebaseer op inligting wat ontvang is van die sekretariaat van die UNFCCC na die einde
           van COP24 was daar 22 933 deelnemers.

                                                              [Aangepas van www.COP24.gov.pl]
          9.1.1       Gee die doel van die COP24 wêreldgebeurtenis.                                 (2)

          9.1.2       Bespreek TWEE voordele wat so ŉ groot aantal deelnemers by
                      COP24, op die gasheerland, Pole sal hê.                                       (4)

          9.1.3       Bespreek TWEE nadele wat so ŉ groot aantal deelnemers by ŉ
                      wêreldgebeurtenis op die gasheerland Pole sal hê.                             (4)

9.2       Beskryf TWEE negatiewe impakte wat die uitbreek van die Koronavirus op
          die lugvervoerbedryf wêreldwyd gehad het.                                                 (4)

                                                                                                    b.o.

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
                                                    TOERISME                                     24
                                                                                10870/20

9.3      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Totale Toeriste aankomste per streek : April 2019 (teenoor April 2018)

           Streek            April 2018    April 2019      Verskil          % Verskil
           Europa               113 734          134 273           20 539            18,1%
           Noord-Amerika         33 332           32 950             -382            -1,1%
           Sentraal en            8 362            8 954              592             7,1%
           Suid-Amerika
           Australasië           11 136           11 889              753             6,8%
           Middel-Ooste           3 009            4 113            1 104            36,7%
           Asië                  24 444           24 952              508             2,1%
           Afrika               671 834          684 811           12 977             1,9%
           Ander                  1 043            1 117               74             7,1%
           Groot Totaal         866 894          903 059           36 165             4,2%
                                                             [Aangepas van www.tourism.gov.za]

         9.3.1       Identifiseer die streek wat die grootste persentasie verandering
                     getoon het.                                                                 (2)

         9.3.2       Identifiseer die streek wat ŉ afname in toeriste aankomste getoon
                     het.                                                                        (2)

         9.3.3       Gee EEN rede hoekom die hoogste getal toeriste in 2018 van die
                     streek kom wat in die tabel aangedui is.                                    (2)
                                                                                                 [20]
VRAAG 10:

Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Nompumelelo besit ŉ plaaslike restaurant. Sy is baie ambisieus en wil graag
         die grootste markaandeel hê tussen haar plaaslike kompetisie.
         Sy het besef dat as sy suksesvol wil wees, sal haar restaurant die meeste
         kliënte moet trek. Sy het besluit om aanlyn kliëntterugvoer te doen van haar
         restaurant.

10.1     Bespreek die doel van kliënte terugvoer.                                                (2)

10.2     Gee EEN moontlike aanlyn terugvoermetode wat Nompumelelo kan gebruik.                   (1)

10.3     Gee VIER stappe wat die restaurant eienaar kan volg om die kliëntterugvoer
         te ontleed.                                                                             (4)

10.4     Stel DRIE moontlike maniere voor hoe internasionale toeriste betaling by die
         restaurant kan doen.                                                                    (3)
                                                                                                 [10]

                                                               TOTAAL AFDELING E:                30
                                                                              TOTAAL:            200

                                             EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/f249e9aa-40c4-42eb-8edf-042414fa3a25) — Tourism · Memo · 2020 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/61481c79-1171-46a6-8c30-556a64e62afb) — Tourism · QP · 2020 · Afr
- [Gr12 Tourism (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-afrikaans-sep-2022-question-paper/6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb) — Tourism · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/b66489d0-a84c-4e18-af4d-ef3c23585ac1) — Tourism · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922) — Tourism · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 Tourism NSC P1 10870 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-tourism-nsc-p1-10870-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/09001106-1848-4aa1-b07a-abb91b23723d) — Tourism · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2022-afrikaans-final/1403b445-16b4-4547-88df-afa43f0bb468) — Memo · 2022 · Afr
- [Gr12 Tourism Errata SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-errata-sep-2022-question-paper/5bcec1ac-12f8-41c1-9982-d8ba45ec098c) — Errata · 2022

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
