# Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the Gauteng Mock Exam 2018 (Afrikaans), 27 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-preparatory-2018-question-paper/30c884c3-c3e5-4adc-a5a3-076f9d5a7e4a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 27

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-preparatory-2018-question-paper/30c884c3-c3e5-4adc-a5a3-076f9d5a7e4a)

## About this document

Tourism · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 27 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                              2018

                              10870
                            TOERISME

TYD:         3 uur

PUNTE:       200

27 bladsye

                                                 b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                   TOERISME                             2
                                                                          10870 / 18

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                           VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2018
                                                                        TOERISME

                                                                        TYD: 3 UUR

                                                                        PUNTE: 200

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings en TIEN vrae.

2.    Beantwoord AL die vrae.

3.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer jou antwoorde soos die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik
      word.

5.    Gebruik die puntetoekenning by elke vraag as ŉ riglyn vir die lengte van jou
      antwoord.

6.    ŉ Nie-programmeerbare sakrekenaar mag gebruik word.

7.    Skryf netjies en leesbaar in blou ink alleenlik.

8.    Die tabel hieronder is ŉ riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
      in te deel.

     AFDELING                         ONDERWERP                       PUNTE      TYD
          A         Kortvrae                                             40       20

          B         Kaartwerk en toerbeplanning; Buitelandse-            50       50
                    valutaverhandeling
          C         Toerisme-attraksies; Kultuur erfenis toerisme;       50       50
                    Bemarking
          D         Toerisme sektore; Volhoubare en                      30       30
                    verantwoordelike toerisme
          E         Plaaslike, streeks- en internasionale toerisme;      30       30
                    Kommunikasie en kliëntediens
                                                             TOTAAL     200      180

                                                                                        b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TOERISME                                    3
                                                                             10870 / 18

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
      die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
      (1.1.1 – 1.1.20) neer, bv. 1.1.21 – D.

      1.1.1   ŉ Visum word uitgereik deur die volgende organisasie:

              A    Die Departement van Binnelandse Sake
              B    Die ambassade
              C    Die lughawe
              D    Die bank

      1.1.2   'n Siekte wat veroorsaak word deur die vrystelling van parasiete deur
              varswaterslakke.

              A    Cholera
              B    Bilharzia
              C    Malaria
              D    Geelkoors

      1.1.3   Die tyd in Johannesburg is ... wanneer dit 12:00 in Londen is. (DST word
              nie toegepas nie.)

              A    12:00
              B    13:00
              C    14:00
              D    15:00

      1.1.4   Toeriste wat in 'n land aandoen op reis na ander lande, sal 'n ... nodig hê.

              A    amptelike visum
              B    hoflikheidsvisum
              C    deurgangsvisum
              D    besoekersvisum

      1.1.5   Dwelms en ander psigotiese middels (middels wat die geestestoestand
              van ŉ persoon affekteer) word geklassifiseer as ...

              A    belastingvrye goedere.
              B    beperkte goedere.
              C    verbode goedere.
              D    belasbare goedere.

                                                                                             b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                               TOERISME                                  4
                                                                         10870 / 18

1.1.6    Hierdie reisdokument is nie verpligtend nie, maar sal aanbeveel word as
         die toeris ŉ motor gedurende 'n oorsese reis wil huur:

         A    'n Geldige paspoort
         B    'n Geldige visum
         C    'n Geldige internasionale rybewys
         D    'n Geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument

1.1.7

         Wanneer die personeel van die Suid-Afrikaanse Lugdiens hul tyd opoffer
         om vrywillige diens in die plaaslike gemeenskap te doen, sal dit 'n
         voorbeeld van die ... in CSI (KMB) wees.

         A    ekonomiese pilaar
         B    omgewingspilaar
         C    sosiale pilaar
         D    kulturele aspek

1.1.8    Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal dat normale werksure
         nie langer as ... ure in ŉ 5-dag week mag wees nie.

         A    35
         B    40
         C    45
         D    50

1.1.9    'n Berekening van al die uitgawes wat ingesluit is by en uitgesluit is van 'n
         geadverteerde toer is die ...

         A    die toerprys.
         B    die vervoerpakket.
         C    die toerpakket.
         D    die toerbegroting.

1.1.10   Metodes van terugvoer sluit ... in.

         A    opnames, aksieplanne en opvolgoproepe
         B    vraelyste, opnames en aksieplanne
         C    aksieplanne, opvolgoproepe en vraelyste
         D    opvolgoproepe, vraelyste en opnames

1.1.11   ... verwys na die betaling wat ŉ werknemer van 'n hotel sal ontvang vir die
         werk wat gedurende gewone werksure verrig is.

         A    Vergoeding
         B    Byvoordele
         C    Oortyd
         D    Reisvoordele
                                                                                         b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                             TOERISME                                5
                                                                        10870 / 18

1.1.12   'n Toeris is ongelukkig met die behandeling wat hy ontvang het by 'n
         hotel. Die toeris en die bestuurder sal leiding oor die hantering van die
         situasie in die ... kry.

         A    dienskontrak
         B    omgewingsbeleid
         C    kliëntediensbeleid
         D    gedragskode

1.1.13   'n Professionele beeld kan uitgedra word deur die fisiese voorkoms van 'n
         toerisme-besigheid, byvoorbeeld deur die ...

         A    logo, webtuiste en kleredrag van die personeel.
         B    ingang, naambord en versorgde geboue.
         C    slagspreuk, produkverpakking en die gedrag van die personeel.
         D    bemarkingsmateriaal, skryfbehoeftes en beleidsdokumente.

1.1.14   Lande wat wes van Suid-Afrika geleë is, se tyd is ... as die tyd in Suid-
         Afrika.

         A    later
         B    vroeër
         C    twee ure later
         D    twee ure vroeër

1.1.15   Volhoubare toerisme word bereik wanneer ...

         A    die plaaslike gemeenskap nie ekonomiese voordeel trek nie.
         B    nie-hernubare energie gebruik word.
         C    die lewenstandaard van die gemeenskap dieselfde bly.
         D    die driedubbele slotreël aangespreek word.

1.1.16   Ikone wat op die Suid-Amerikaanse kontinent geleë is, is ...

         A    Vryheidstandbeeld en Niagara Watervalle.
         B    Niagara Watervalle en Standbeeld van Christus die Verlosser.
         C    Standbeeld van Christus die Verlosser en Machu Picchu.
         D    Machu Picchu en Niagara Watervalle.

1.1.17   Die Wêreldreismark (WTM) is 'n handelskou wat jaarliks in ... aangebied
         word.

         A    Berlyn
         B    Parys
         C    Londen
         D    Rome

                                                                                     b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                  TOERISME                                      6
                                                                             10870 / 18

      1.1.18   Die uitbreking van Ebola, word geklassifiseer as ŉ ...

               A     natuurlike ramp.
               B     onvoorsiene gebeurtenis.
               C     politieke situasie.
               D     terreur aanval.

      1.1.19   'n Ikoon wat in Londen, Engeland geleë is:

               A    Buckingham-paleis
               B    Eiffeltoring
               C    Taj Mahal
               D    Vryheidstandbeeld

      1.1.20   Die invloed van oordraagbare siektes op die toerisme industrie is ...

               A    verhoging in toeristegetalle en verlies aan inkomste.
               B    verlaging in toeristegetalle en hoër winste.
               C    verhoging in toeristegetalle en hoër winste.
               D    verlaging in toeristegetalle en verlies aan inkomste.
                                                                                       (20x1)       (20)

1.2   Kies die korrekte woord / term van die wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
      die woord / term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) neer, bv. 1.2.6
      toeristeprofiele.

      1.2.1 ŉ (Sterk / Swak) rand het tot gevolg dat toeriste wat Suid-Afrika verlaat meer
            in rand sal betaal vir die aankoop van ander geldeenhede.

      1.2.2 Die (BBP / GDS) verwys na die totale hoeveelheid produkte en dienste wat
            in ŉ land geproduseer is in ŉ jaar.

      1.2.3 Die BVK is altyd (laer / hoër) as die BAK.

      1.2.4 ŉ Persoon wat personeel se prestasie evalueer en voorgee om ŉ gas te
            wees, word ŉ (geheime kliënt / terugkerende kliënt) genoem.

      1.2.5 Die (UTK / IDL) staan ook bekend as die 0° lengtelyn.
                                                                                        (5x1)       (5)

                                                                                                b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                  TOERISME                                    7
                                                                             10870 / 18

1.3   Kies die korrekte woord(e) / afkorting vanuit die onderstaande lys wat die
      daaropvolgende sinne korrek sal voltooi. Skryf slegs die woord(e) / afkorting langs
      die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.3.6 rooi.

             Alcazar van Segovia           strategie               Sfinks
             Toring van Londen             TBCSA                   TGCSA
             data                          SWIFT                   bankoordrag

      1.3.1 Die ... is een van die mees-herkende kasteel-paleise weens sy vorm – soos
            die boeg van 'n skip.

      1.3.2 Die ... het die kop van ŉ man en die lyf van ŉ leeu.

      1.3.3 ... verwys na die inligting wat deur sekere metodes soos web-gebaseerde
            antwoorde en vraelyste versamel word.

      1.3.4 Die organisasie wat verseker dat die kwaliteit van akkommodasie in
            Suid-Afrika op standaard is, is die ...

      1.3.5 ŉ ..., ook bekend as ŉ tellertjek in sekere lande, is ŉ veilige manier om geld
            te stuur vir iemand in ŉ ander land.
                                                                                      (5x1)       (5)

                                                                                              b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                    TOERISME                                      8
                                                                                10870 / 18

1.4   Pas die beskrywing in KOLOM A by die naam van ŉ Wêrelderfenisterrein in
      KOLOM B. Skryf die vraagnommer en die letter neer, bv. 1.4.6 Tafelberg.

                               KOLOM A                               KOLOM B
             1.4.1   Hierdie terrein sluit          A        Robbeneiland
                     Swartkrans en Kromdraai in.
                     Dit is bekend as een van die
                     areas in die wêreld met die
                     hoogste konsentrasie van
                     hominied (mensagtige)
                     fossiele.
             1.4.2   'n Meteoriet (met 'n deursnee B         Wieg van die Mensdom
                     van 10 kilometer) het die
                     aarde getref en hierdie
                     enorme krater veroorsaak.
             1.4.3   Die terrein is die simbool van C        iSimangaliso Vleilandpark
                     demokrasie en vryheid. Dit
                     simboliseer ook triomf oor
                     verdrukking.

             1.4.4   'n Terrein wat een van die          D   Vredefortkoepel
                     grootste riviermondsisteme
                     in Afrika insluit. Die terrein is
                     ook bekend vir sy
                     uitsonderlike biodiversiteit.
             1.4.5   'n Area wat omtrent 160             E   uKhahlamba – Drakensberg
                     duisend hektaar van                     park
                     bergwoestyn insluit. Die
                     terrein is die eiendom van en
                     word bestuur deur die
                     plaaslike gemeenskap. Tot
                     die verklaring van hierdie
                     terrein het hulle maar min
                     gehad om hulle eie te kon
                     noem.
                                                         F   Richtersveld Kulturele en
                                                             Botaniese Landskap

                                                         G   Kaapse Blommeryk

                                                                [Aangepas uit www.places.co.za]

                                                                                         (5x1)        (5)

                                                                                                  b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                    TOERISME                                 9
                                                                             10870 / 18

1.5   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

      John, ŉ student van Wits Universiteit, wil graag na Rwanda reis om die habitat en
      gewoontes van gorillas te bestudeer. Dit sal die eerste keer wees dat John buite
      die grense van Suid-Afrika reis en hy sal op 'n amptelike wyse by grensposte moet
      oorgaan.

      Rangskik die stappe hieronder (A – E) in die korrekte volgorde om John leiding te
      gee vir die verkryging van die nodige reisdokumente vir sy besoek. Skryf slegs die
      vraagnommer (1.5) en die letters (A – E) in die korrekte volgorde neer
      bv. F, I, H, J, G.

              A                B                   C               D             E

      Retoer-            Nuwe,             Besoek ŉ            Doen         Doen
      vlugkaartjie,      verpligte ID      reiskliniek vir ŉ   aansoek om   aansoek om
      bankstaat,         kaart vir Suid-   gesond-             ŉ visum      ŉ paspoort –
      paspoort en        Afrikaanse        heidsertifikaat –                3 maande
      gesondheid-        burgers           1 maand                          voordat die
      sertifikaat                          voordat die reis                 reis begin
                                           begin

                                                                                     (5x1)       (5)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:               40

                                                                                             b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TOERISME                              10
                                                                          10870 / 18

AFDELING B:
KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE-VALUTAVERHANDELING

VRAAG 2

2.1   Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder en lees die gegewe inligting en
      beantwoord die vrae wat volg.

                                                                                       b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                   TOERISME                                   11
                                                                               10870 / 18

      Me P Khumalo is ŉ internasionale diplomaat wat vir die Internasionale Betrekkinge en
      Koöperatiewe Departement werk. Sy het ŉ Wêreld Leierskapkonferensie in Suid-
      Korea (UTK +9) bygewoon. Haar vlug het om 12:30 op 17 September 2018 vanaf
      O R Tambo Internasionale Lughawe vertrek.
      Haar vlug het 17 ure geduur.

      2.1.1 Bereken die aankomstyd en die datum waarop Me Khumalo in Suid-
            Korea gearriveer het. Toon alle berekeninge in die antwoord aan.                (4)

      2.1.2 Na haar verblyf in Suid-Korea het Me Khumalo na New York vertrek.
            Daar gaan sy ŉ Internasionale Beraad bywoon. Haar vlug het om
            09:00 op 25 September 2018 vanaf Seoul (Suid-Korea) vertrek. Die
            duur van die vlug was 26 uur. Bereken die aankomstyd in New York.
            Onthou asseblief dat New York DBT gebruik.                                      (5)

      2.1.3 Met haar aankoms in New York kon Me Khumalo voel dat sy
            vlugvoosheid ervaar.

             (a)    Verduidelik wat vlugvoosheid is.                                        (2)

             (b)    Lys TWEE simptome van vlugvoosheid.                                     (2)

             (c)    Gee TWEE maniere na die vlug hoe die effekte van
                    vlugvoosheid verminder kan word.                                        (2)

2.2   2.2.1 Gee TWEE maatreëls as advies aan Me Khumalo oor haar veiligheid
            terwyl sy op die lughawe in New York is.                                        (4)

      2.2.2 Bespreek DRIE redes waarom die veiligheid van toeriste in Suid-Afrika
            belangrik is.                                                                   (6)

2.3   Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

      Ricardo Nerinda arriveer in Australië en beweeg na die paspoortkontrole
      afdeling. Nadat sy paspoort gestempel is, kry hy sy bagasie. Ricardo het
      geskenke vir sy vriend gebring. Dit sluit 400 sigarette, saadjies vir sy vriend
      se kruietuin en DVD's wat hy op die vlooimark in Suid-Afrika gekoop het, in.
      Terwyl Ricardo deur doeanebeheer beweeg, word hy aangewys om vir
      roetine sekuriteitsdoeleindes gekontroleer te word.

             Gee DRIE aksies wat die doeane-beampte moontlik mag uitvoer terwyl
             hy Ricardo Nerinda se sekuriteitskontrole doen.                                (3)

                                                                                                  b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                  TOERISME                                   12
                                                                              10870 / 18

2.4   Me L Rajoo is ŉ toegewyde Katoliek en wil graag die bekende kerk, La
      Sagrada Familia in Spanje besoek. Sy gaan ook ŉ besoek aan Frankryk
      bring. Sy is aanbeveel om vir ŉ Schengen-visum aansoek te doen.

      2.4.1 As watter tipe toeris sal Me Rajoo geklassifiseer word?                        (2)

      2.4.2 Identifiseer DRIE verpligte dokumente wat Me Rajoo vir haar reis sal
            benodig.                                                                       (3)

      2.4.3 Verduidelik kortliks EEN doel van ŉ Schengen-visum.                            (2)

      2.4.4 Lys VIER aspekte wat aangespreek moet word wanneer ŉ toerplan
            vir Me Rajoo saamgestel word.                                                  (4)
                                                                                           [39]

VRAAG 3

3.1   Bestudeer die buitelandse valutaverhandelingstabel (Junie 2018) en
      beantwoord die vrae wat volg.

         •   Toon ALLE berekeninge
         •   Rond jou antwoord af tot TWEE desimale plekke.

             LAND         GELDEENHEID              BAK                BVK
                             KODE
      Verenigde               GBP                 17,35               18,08
      Koninkryk

      3.1.1 Mnr Smith, is ŉ Britse sakeman. Hy reis na Suid-Afrika vir ŉ vakansie.
            Hy bring £2000 saam vir sakgeld. Bereken die bedrag wat hy in rand
            ontvang het toe hy die £2000 omgeskakel het.                                   (3)

      3.1.2 Bereken die bedrag wat Mnr Smith in pond ontvang het toe hy R1 000
            in Suid-Afrika voor sy terugkeer omgeskakel het.                               (3)

3.2           Skryf ŉ paragraaf waarin ŉ kritiese evaluering gedoen word van die
              invloed van 'n sterk rand op toerisme.
              Sluit die volgende in:
                  • EEN invloed van ŉ sterk rand op inkomende toerisme en        (2)
                  • EEN invloed van 'n sterk rand op plaaslike toerisme.         (2)
                  • Paragraaf formaat                                            (1)       (5)
                                                                                           [11]

                                                            TOTAAL AFDELING B:             50

                                                                                                 b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                  TOERISME                                      13
                                                                                 10870 / 18

AFDELING C:
TOERISME-ATTRAKSIES; KULTUUR EN ERFENIS TOERISME; BEMARKING

VRAAG 4

4.1   Bestudeer die kaart van Italië hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                                  C
                                                                               Venisië
          A
        Rome

          B
       Rome

                                                         [Bron: www.wondersoftheworld.net]

      4.1.1    Voltooi die tabel wat verwys na die ikone A, B en C op die kaart.
               Teken die tabel oor in jou ANTWOORDBOEK.

                Letter   Ikoon             Gee EEN unieke kenmerk van die
                                           ikoon met verwysing na:
                A        Naam van die      Geloof
                         ikoon
                B        Naam van die      Argitektuur
                         ikoon
                C        Naam van die      Vervoer
                         ikoon
                                                                                              (6)

      4.1.2    Noem die kontinent waarop ikone A, B en C geleë is.                            (1)

                                                                                                    b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                    TOERISME                                     14
                                                                                  10870 / 18

4.2   Bestudeer die prente en inligting wat verwys na die Leunende Toring van
      Pisa hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            LEUNENDE TORING VAN PISA

                                Konstruksie aan
                                die toring het
                                langer as 800
                                jaar geduur.

                                       Ingenieurs het gehoop dat
         Die SEWE                      die kleigrond onder die
         toringklokke                  toring sou stabiliseer en
         verteen-                      hard genoeg sou word om
         woordig die 7                 verdere konstruksie toe te
         note van die                  laat.
         musiektoon-
         leer.

                                              KENNERS meen dat die
                                              toring nie meer gesink het
                                              sedert 2008 nie en stabiel
                                              sal wees vir 'n verdere 200
                                              jaar.

                                                        [Aangepas uit www.walksofitaly.com]

      4.2.1    Noem die land waar die Leunende Toring van Pisa geleë is.                       (1)

      4.2.2    Gee EEN rede waarom die besienswaardigheid hierbo as ŉ ikoon
               beskou word.                                                                    (2)

                                                                                                     b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                            TOERISME                                    15
                                                                         10870 / 18

4.2.3   Bestudeer die kennisgewing hieronder en beantwoord die vrae wat
        volg.

                      BELANGRIKe KENNISGEWING
Kinders onder 8 jaar word NIE toegelaat om die Leunende Toring van Pisa
te klim NIE. Dit is vir veiligheidsredes. Alle kinders tussen 8 en 18 jaar oud
moet deur volwassenes vergesel word. Kinders betaal volprys om die toring
te klim - geen afslag word gegee nie.
                                                 [Aangepas uit www.towerofpisa.org]

        (a)   Stel EEN manier voor hoe die bogenoemde kennisgewing ŉ
              invloed op die getal besoekers aan die Leunende Toring van              (2)
              Pisa kan hê.

        (b)   Gee TWEE maniere hoe die toring se bemarkers kan verseker
              dat meer mense in ŉ jaar daar besoek aflê.                              (4)

4.2.4   Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Die Leunende Toring van Pisa ontvang 1 000 000 besoekers op ŉ
                                 jaarlikse basis.

        (a)   Evalueer die sukses van die Leunende Toring van Pisa as 'n
              besienswaardigheid gemeet aan die bogenoemde statistiek.                (1)

        (b)   Gee EEN rede om die antwoord in VRAAG 4.2.4(a) te
              motiveer.                                                               (2)

                                                                                            b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                     TOERISME                                        16
                                                                                     10870 / 18

4.3   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      DIE KREMLIN AS SIMBOOL VAN RUSLAND

      Toeriste het al die Kremlin
      beskryf as die Agtste Wonder
      van die Wêreld. Die historiese
      fortkompleks is die hoofsimbool
      van Rusland en is geleë op die
      oewer van die Moskou Rivier.

                          Ingang 1

                                                                             Rooi Plein
              Kaartjie-
              kantore

              Ingang 2
                                                             Moskou rivier

      Daar is twee ingangshekke. Beide is geleë aan die kant van die
      Alexandrovsky tuine. (Alexandrovsky beteken hartseer in Russies).
      Die hoofingang is deur die Kutafya Toring (Ingang 1). Om die Arsenaal en
      die Diamantfonds te besoek, moet daar na die punt van die Tuine al langs
      die Kremlin-muur af na die Borovitskaya Toring (Ingang 2) toe gegaan word.
      Arriveer vroeg om lang toue te vermy.
                                     [Aangepas uit www.travelallrussia.com en www.askmoscow.com]

      4.3.1      Kies EEN verwysing uit die inligting wat bewys dat die Kremlin hoë
                 besoekergetalle op ŉ daaglikse basis het.                                         (2)

      4.3.2      Verduidelik TWEE maniere hoe die invloed van massa-toerisme
                 binne die Kremlin verminder kan word.                                             (4)

                                                                                                         b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TOERISME                                      17
                                                                                10870 / 18

4.4   Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      BEWONDER MOSKOU VANUIT 'n ROLSTOEL

      “Ek is baie seker dat die besienswaardighede in
      Moskou nie dieselfde vlak van toeganklikheid het as
      dié waaraan ek gewoond is in die Verenigde State
      van Amerika nie. Maar dit beteken glad nie dat
      besienswaardighede in Moskou nie deur
      rolstoelgebruikers besoek kan word nie”.

                                                 [Aangepas uit www.wheelchair travel.org]

      4.4.1   Gee EEN rede hoe dit tot die Kremlin se voordeel is dat die terrein
              grotendeels rolstoel-toeganklik is.                                            (1)

      4.4.2   Verduidelik die verskil tussen rolstoeltoeganklikheid en universele
              toeganklikheid.                                                                (2)
                                                                                             [28]

                                                                                                   b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                  TOERISME                                   18
                                                                              10870 / 18

VRAAG 5

Bestudeer die kaart van Suid-Afrika sowel as die uittreksel wat gebaseer is op
sekere van die wêrelderfenisterreine hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       SUID-AFRIKA

                                                 B

                         A

                                                                C
                    D
                    E

                   WÊRELDERFENISTERREINE VAN SUID-AFRIKA

      Suid-Afrika het nege Wêrelderfenisterreine, deel van die wonderlike
      verskeidenheid kulturele, historiese en nasionale skatte. Een van die
      doelwitte om Wêrelderfenisterrein-status te verkry, is om ŉ bydrae te kan
      lewer tot die bemarking van die bestemming.
                                                      [Aangepas uit www.sa-venues.com]

5.1   5.1.1    Gee die naam van die negende wêrelderfenisterrein wat in Julie
               2017 aangewys is.                                                           (1)

      5.1.2    Identifiseer die ligging op die kaart van die terrein waarna daar in
               VRAAG 5.1.1 verwys word. Skryf net die letter (A, B, C of D) vanaf
               die kaart neer.                                                             (1)

      5.1.3    Noem EEN manier hoe die terrein, waarna in VRAAG 5.1.1 verwys
               word, voldoen aan die kriteria om ingesluit te word in die
               Wêrelderfenisterrein-lys.                                                   (2)

                                                                                                 b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                  TOERISME                                      19
                                                                                 10870 / 18

5.2   Verwys na terrein B.
      5.2.1 Benoem die terrein.                                                               (2)

      5.2.2   Verduidelik waarom die goue renoster as 'n simbool van terrein B
              gesien word.                                                                    (2)

5.3   Noem EEN manier hoe UNESCO aan die funksie om volhoubare areas te
      skep, met Wêrelderfenisterreine voldoen.                                                (2)

5.4   Verwys na die laaste sin in die uittreksel ‘... bemarking van die bestemming.’

      Verduidelik DRIE invloede wat besoekers aan die Wêrelderfenisterreine op
      die ekonomie van die omliggende omgewing sal hê.                                        (6)
                                                                                              [16]

VRAAG 6

Bestudeer die logos van die organisasies hieronder en beantwoord die vraag wat
volg.

                                                   Produkeienaar

                                                                   [Bron: Internet grafika]

                                                                                                    b.o.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                                  TOERISME                                20
                                                                          10870 / 18

Rangskik die organisasies wat deur die logos hierbo voorgestel word om die vloeidiagram
templaat te voltooi. Die vloeidiagram moet die rol van elke organisasie in die
bemarkingsproses reflekteer. Skryf slegs die organisasie langs die nommer (6.1– 6.6) in
die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 6.7 ACSA                                                    [6]

                        6.1

                      1% toerismeheffing word
                                  ingesamel

                         6.2

                      Geld word oorbetaal
                      aan die administrateur /
                      bestuurder wat die
                      fondse bestuur

                         6.3

                      Geld is beskikbaar om vir
                      bemarking aangewend
                      te word

                          6.4

                     Bemarking:              Bemarking:
                     plaaslik            internasionaal

                              6.5                  6.6

                                                              TOTAAL AFDELING C:           50

                                                                                          b.o.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TOERISME                                          21
                                                                                    10870 / 18

AFDELING D:
TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME

VRAAG 7

Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           Professionele voorkoms

                                                             [Bron: Internet grafika]

7.1   ŉ Professionele voorkoms is baie belangrik in die hotelindustrie. Lys en
      bespreek DRIE faktore wat bydra tot die professionele voorkoms van die
      hotelpersoneel.                                                                            (6)

7.2   Verduidelik EEN waarde wat ŉ gedragskode by die hotel sal hê soos gesien
      vanuit die werkgewer se perspektief.                                                       (2)
                                                                                                 [8]

                                                                                                       b.o.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
                                                TOERISME                                    22
                                                                             10870 / 18

VRAAG 8

8.1   Bestudeer die strokiesprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

             ‘Ek gee nie om as jy vir my kyk nie, maar kan ek
                   asseblief privaatheid hê as ek bad?’

                                                 [Aangepas uit: www.cartoonstock.com]

      Stel ŉ DRIE-punt gedragskode saam wat verantwoordelike toeristegedrag
      deur die toeris in die strokiesprent hierbo sal uitbeeld.                           (6)

                                                                                                b.o.

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TOERISME                                     23
                                                                               10870 / 18

8.2   Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

      Verduidelik hoe die diagram volhoubare toerisme uitbeeld.                             (3)

8.3   Verwys na die voorbeeld van volhoubare toerisme uit die toerismebedryf
      hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

      Bulungula Lodge is geleë in 'n afgesonderde isiXhosa dorpie in die Oos-
      Kaap. Natuurskoon, harmonie in die kultuur, sonverhitte storte, vuurpylstorte
      en 'n kompostoilet word hier aangetref. Die vuurpylstorte gebruik nie
      elektrisiteit, gas of paraffien nie. Die lodge waar die toeriste tuisgaan het
      volhoubare water, sanitasie, en bestuursingrypings vir beter energie-verbruik.
      Dit moet genoem word dat die gemeenskap 40% van die lodge besit.

                                                    [Aangepas uit: www.urbanearth.co.za]

      Gee die naam van die toerisme organisasie wat die bogenoemde toerisme-
      lodge sal onderskryf (amptelik goedkeur).                                             (2)

                                                                                                  b.o.

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TOERISME                                    24
                                                                              10870 / 18

8.4   Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      SPIER: PLAASLIKE AANKOPE VERSTERK DIE HOTEL SE
      BESIGHEIDSBASIS.

      Spier Leisure, wat deel van die Spier Groep vorm, is 'n wyn- en
      plaaslandgoed, een van die oudstes in Suid-Afrika. Landboubedrywighede
      dateer terug sover as 1692. Die Spier Hotel en Konferensiesentrum met 155
      beddens word deur die groep in die wynlande van die Wes-Kaap bedryf.
      Spier doen gereelde opnames van hul voorsieningskanale om te verseker
      dat soveel as moontlik produkte plaaslik verkry word.

      Verdere voordelige toevoegings sluit ŉ mediese kliniek op die Spier landgoed
      in, wat verseker dat die personeel gesond en produktief is.

      Laaste maar nie die minste nie, is die bydrae tot die omgewing. Spier het
      onderneem om sy koolstof-voetspoor met tot 30% teen 2017 te verminder.
                                           [Aangepas uit annaspenceley.wordpress.com]

      8.4.1   Verduidelik in paragraaf formaat hoe Spier Leisure die driedubbele
              slotreël toepas of nie toepas nie.
              Sluit die volgende in:
                  • Stem jy saam met die volgende stelling of nie?             (1)
                      Spier Leisure word beskryf as ŉ maatskappy wat die
                      driedubbele slotreël ondersteun.
                  • DRIE voorbeelde uit die gevallestudies hierbo, met 'n ander
                      relevante pilaar by elke voorbeeld aangedui.
                      Elke aangeduide pilaar moet onderstreep word in die
                      paragraaf.                                             (3x2)         (7)

      8.4.2   Gee TWEE maniere hoe die hulpbronbestuurder van Spier Leisure
              energie by die Spier Hotel kan bespaar.                                      (4)
                                                                                           [22]

                                                           TOTAAL AFDELING D:              30

                                                                                                 b.o.

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
                                                     TOERISME                                25
                                                                                10870 / 18

AFDELING E:
PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME; KOMMUNIKASIE
EN KLIËNTEDIENS

VRAAG 9

9.1   Bestudeer die tydlyn van gebeure (Januarie 2017 tot Desember 2018)
      hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                        Januarie 2017
                A
               22 Mei 2017                                       B
               Selfmoord-bomdraer                               27 Julie 2017
               veroorsaak die dood                              Forbes voorspel
               van 22 mense by die                              die volgende
               Ariana Grande konsert                            wêreldresessie
               in Manchester,                                   aan die einde van
               Engeland.                                        2018.

               C                                             D
               17 Augustus 2017                              31 Augustus 2017
               'n Voertuig ploeg in                          1 200 mense sterf
               Barcelona tussen 'n                           a.g.v. monsoon-
               skare in, en 14 mense                         reën in Bangladesh.
               sterf.

              E                                                 F
              18 September 2017                                 14 Junie 2018
              Orkaan Maria bereik die                           FIFA Sokker-
              kus van die Karibiese                             Wêreldbeker
              Eilande.                                          begin in
                                                                Rusland.

                                        Desember 2018

      9.1.1      Klassifiseer die genommerde gebeure op die tydlyn hierbo volgens
                 die kategorieë wat in die lys hieronder aangedui word. Skryf die
                 letter (A – F) en die geselekteerde kategorie van die lys neer, bv.
                 G – plaaslike konferensie                                                   (6)

                            wêreld sportbyeenkoms       natuurramp
                           onvoorsiene gebeurtenis      politieke situasie

                                                                                              b.o.

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
                                                    TOERISME                                      26
                                                                                   10870 / 18

      9.1.2   Verwys na GEBEURTENIS A. Bespreek TWEE negatiewe invloede
              wat die gebeurtenis op toerisme in Engeland gehad het.                            (4)

      9.1.3   Verwys na GEBEURTENIS F. Beskryf, in paragraaf formaat, TWEE
              maniere hoe die gebeurtenis 'n positiewe invloed op die ekonomie
              van die gasheerland, Rusland gehad het.                                           (4)

      9.1.4   GEBEURTENIS E was Orkaan Maria. Gee 'n uiteensetting van EEN
              invloed wat so ŉ gebeurtenis soos E op die mense in die area het.                 (2)

9.2   Bestudeer die inligting oor internasionale aankomste hieronder en
      beantwoord die vrae wat volg.

                             INTERNASIONALE AANKOMSTE

      Die internasionale aankomste statistiek van Statistiek Suid-Afrika is vir die
      periode Januarie tot Junie 2017.

                                                  Huidige              Verskil in
                                                  periode          vergelyking met
                                                                  dieselfde periode
                                                                    die vorige jaar
       VK                                        228 963                    2.7%
       Duitsland                                 163 909                    15.4%
       VSA                                       179 002                    9.6%
       Indië                                      51 842                    1.6%
       China (Hong Kong ingesluit)                49 285                    -15.3%
       Oorsese aankomste                       1 295 824                    10.7%
       Afrika aankomste                        3 715 681                    -2.1%
       Totale internasionale aankomste         5 017 336                    1.0%
                                [Aangepas uit Tourism Tattler Trade Journal, September 2017]

      9.2.1   Noem die Europese land met die hoogste aantal aankomste.                          (1)

      9.2.2   Identifiseer EEN land wat deel vorm van die BRICS groep.                          (1)

      9.2.3   Aankomste vanuit Afrika word verdeel in landmarkte en lugmarkte.
              Verduidelik die verskil tussen landmarkte en lugmarkte.                           (4)

      9.2.4   Verwys na die kolom ‘Verskil in vergelyking met dieselfde periode
              die vorige jaar.’
              Identifiseer die algemene tendens wat waargeneem kan word.                        (2)
                                                                                                [24]

                                                                                                      b.o.

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
                                                   TOERISME                                       27
                                                                                  10870 / 18

VRAAG 10

10.1   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                                   “Kliënteterugvoer is afhanklik van
                                                    die verkryging van inligting vanaf
                                                    die kliënte wat gaan oor 'n
                                                    produk of die kwaliteit van 'n
                                                    handelsmerk se diens”

                                                           [Aangepas uit www.iadvize.com]
       Gee EEN manier hoe kliënteterugvoer kan bydra tot uitstekende diens.                     (2)

10.2   Toerisme maatskappye behoort hul kliënte aan te moedig om terugvoer
       via die Internet te gee.

                               E-POS

                                                                     [Bron: Internet grafika]

       Evalueer, in 'n paragraaf, die effektiwiteit van die gebruik van e-posse as
       metode om terugvoer aan ŉ toerisme maatskappy te gee.
       Die evalueringsparagraaf moet EEN voordeel en EEN nadeel insluit.          (2x2)         (4)
                                                                                                [6]

                                                              TOTAAL AFDELING E:                30

                                                                              TOTAAL:           200

                                             EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/01bd51a8-01a5-4ae3-97ff-9eeceb07ed58) — Tourism · Memo · 2018 · Afr
- [Gr12 Tourism (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-afrikaans-sep-2022-question-paper/6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb) — Tourism · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/1c5c7dd8-d89c-4927-ba26-de7c3f4232ef) — Tourism · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/b66489d0-a84c-4e18-af4d-ef3c23585ac1) — Tourism · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922) — Tourism · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 Tourism NSC P1 10870 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-tourism-nsc-p1-10870-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/09001106-1848-4aa1-b07a-abb91b23723d) — Tourism · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2022-afrikaans-final/1403b445-16b4-4547-88df-afa43f0bb468) — Memo · 2022 · Afr
- [Gr12 Tourism Errata SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-errata-sep-2022-question-paper/5bcec1ac-12f8-41c1-9982-d8ba45ec098c) — Errata · 2022

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
