# Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the Gauteng Mock Exam 2019 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/b66489d0-a84c-4e18-af4d-ef3c23585ac1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/b66489d0-a84c-4e18-af4d-ef3c23585ac1)

## About this document

Tourism · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                   VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                            2019
                            10870
                          TOERISME

TYD:     3 uur

PUNTE: 200

24 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                   TOERISME                              2
                                                                            10870 / 19

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                               VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                              TOERISME

                                                              TYD: 3 uur

                                                              PUNTE: 200

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings en TIEN vrae.

2.    Beantwoord AL die vrae.

3.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer jou antwoorde soos die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik word.

5.    Gebruik die puntetoekenning by elke vraag as ŉ riglyn vir die lengte van jou
      antwoord.

6.    ŉ Nie-programmeerbare sakrekenaar mag gebruik word.

7.    Skryf netjies en leesbaar in blou ink alleenlik.

8.    Die tabel hieronder is ŉ riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
      te spandeer.

                                                                                 TYD
     AFDELING                       ONDERWERP                       PUNTE
                                                                                MINUTE
        A                              Kortvrae                        40         20
                  Kaartwerk en toerbeplanning; Buitelandse-
        B                                                              50          50
                  valutaverhandeling
                  Toerisme-attraksies; Kultuur en Erfenis
        C                                                              50          50
                  Toerisme; Bemarking
                  Toerisme sektore; Volhoubare en
        D                                                              30          30
                  Verantwoordelike Toerisme
                  Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;
        E                                                              30          30
                  Kommunikasie en Kliëntediens
                                                          TOTAAL      200         180

                                                                                         b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TOERISME                                 3
                                                                             10870 / 19

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
      die korrekte antwoord en skryf die letter (A – D) langs die vraagnommer
      (1.1.1 – 1.1.20) neer in jou ANTWOORDBOEK, bv. 1.1.21 D.

      1.1.1   Dié ikoon verteenwoordig ŉ groep konsentrasiekampe tydens die
              Tweede Wêreldoorlog.

              A Machu Picchu
              B Auschwitz
              C Die Kremlin
              D Taj Mahal

      1.1.2   Wêreldbekende ikone wat in Europa geleë is:

              A Die Switserse Alpe, Windmeulens, Taj Mahal
              B Drywende markte, Big Ben, Franse Riviera
              C Die Big Ben, Kremlin, Die Groot Muur van China
              D Die Eiffeltoring, Die Leunende Toring van Pisa, Venesië

      1.1.3   Dié organisasie is verantwoordelik vir die verklaring en insluiting van
              Wêrelderfenisterreine regoor die wêreld:

              A NHRC
              B TOMSA
              C UNESCO
              D UNWTO

      1.1.4   Die 9de Wêrelderfenisterrein in Suid-Afrika:

              A Kaapse Blommestreek
              B Barberton se Makhonjwa Berge
              C Khomani Kulturele Landskap
              D Karoo Vetplant Beskermingsgebied

      1.1.5   Die Nama-mense sal in die omtrek van hierdie Wêrelderfenisterrein
              aangetref word:

              A iSimangaliso Vleilandpark
              B Mapungubwe Kulturele Landskap
              C Vredefortkoepel
              D Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap

                                                                                          b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                               TOERISME                              4
                                                                        10870 / 19

1.1.6    ŉ Voorbeeld van ŉ politieke situasie wat van internasionale belang is:

         A Orkane
         B Tsunami
         C Burgeroorlog
         D Wêreldspitsberaad

1.1.7    Suid-Afrikaanse landmarkte verwys na ...

         A Mosambiek, Namibië en Egipte.
         B Botswana, Zimbabwe en VAE.
         C China, Zambië en Malawi.
         D Lesotho, Zimbabwe en Swaziland.

1.1.8    ŉ Karaktereienskap wat bydra tot die sukses van die toeriste attraksie:

         A Positiewe ervaring van die besoekers
         B Veiligheid en misdaadvoorkoming
         C Besoekergetalle is hoër as die verwagte getal
         D Uitstekende bemarking van toerisme produkte

1.1.9    ŉ Nadeel van internetbetalings:

         A Rekeninge kan ter enige gegewe tydstip, aanlyn betaal word.
         B Nuwe rekeninge kan weg van die huis geopen word.
         C Toegangsfooie kan van enige plek in die wêreld betaal word.
         D Indien ŉ wagwoord vergeet is, kan toegang tot ŉ bankrekekning
           geweier word.

1.1.10   Die 2022 FIFA Sokker Wêreldbeker sal in die volgende gasheerland
         gehou word:

         A Katar
         B Rusland
         C Brasilië
         D Maleisië

1.1.11   ŉ Paspoort word deur ... uitgereik.

         A die ambassade van die land wat besoek word,
         B die lughawe vanwaar vertrek word,
         C die Departement van Binnelandse Sake,
         D die valutaverhandelaar,

1.1.12   ŉ Toeris wat na Parys, Frankryk reis, sal sy geldeenheid verruil vir ...

         A Pond.
         B Euro.
         C Dollar.
         D Yen.
                                                                                     b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                            TOERISME                              5
                                                                     10870 / 19

1.1.13   Maatreëls om malaria te voorkom sluit in:
         Kies die EEN wat NIE pas NIE.

         A Kry ŉ inspuiting of inenting by die gesondheidskliniek.
         B Slaap te alle tye onder ŉ muskietnet.
         C Bedek hande en voete, veral deur die nag.
         D Gebruik veral snags insekweerder.

1.1.14   Die Internasionale datumlyn is op die ... geleë:

         A 0° breedtelyn
         B 180° breedtelyn
         C 180° lengtelyn
         D 0° lengtelyn

1.1.15   Goeie praktyke vir afvalbestuur verwys na ...

         A verminder, hergebruik en heroorweeg.
         B hergebruik, herwin en heroorweeg.
         C verminder, hergebruik en herwin.
         D herwin, verminder en heroorweeg.

1.1.16   Die slagspreuk van ŉ besigheid is ŉ … die besigheid.

         A handelsmerklogo van
         B ŉ verteenwoordigende prent van
         C ŉ promosiefrase van
         D verteenwordigende simbool vir

1.1.17   ŉ Werkskontrak sluit die volgende in:

         A werksure van die personeel
         B diensetiek vir die personeel
         C uniformtoelaag vir die personeel
         D standaardreëls vir die personeel

1.1.18   Wanneer padvervoer gebruik word, sal reistyd NIE deur die ...
         beïnvloed word nie.

         A voorafbetaalde aanlyntolgelde
         B tipe voertuig
         C toestand van die pad
         D afstand wat afgelê moet word

1.1.19   Gratis etes wat aan hotelpersoneel verskaf word, word beskou as …

         A vergoeding.
         B oortyd.
         C byvoordele.
         D reisvoordele.
                                                                                  b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                  TOERISME                                 6
                                                                             10870 / 19

      1.1.20   Bemarking is:

               A Hoe ŉ toeris oorreed kan word om SA the besoek
               B Die promosie van produkte en dienste aan mense
               C Om ŉ groter aantal buitelandse toeriste na SA te kry
               D Al die bogenoemde                                                         (20)

1.2   Kies die korrekte woord / term wat tussen die hakies gegee word. Skryf slegs die
      woord / term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) in jou ANTWOORDBOEK
      neer, bv. 1.2.6 Berlyn.

      1.2.1    Die BAK sal altyd (laer / hoër) wees as die BVK.

      1.2.2    Die lyn wat die aarde in ŉ noordelike en ŉ suidelike halfrond verdeel, is
               (Greenwich lyn / die ewenaar).

      1.2.3    (Bekendstelling van ŉ handelsmerk (Branding) / Advertensie) is die
               gebruik van ŉ naam, logo, ontwerp of ŉ kombinasie daarvan om ŉ
               produk of besigheid te bemark.

      1.2.4    Volgens die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (BCEA) sal normale
               werskure (40 / 45) ure per week wees.

      1.2.5    Bilharzia word opgedoen deur die (drink van / swem in)
               gekontamineerde water.                                                      (5)

1.3   Kies die korrekte woord(e) / akroniem / nommer uit die lys hieronder om die
      sinne te voltooi. Skryf slegs die woord(e) / akroniem / nommer langs die
      vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5) in jou ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.3.6 Swart.

      inheemse                     enkel                          -5
      SARS                         multi                          TOMSA
      +5                           indringer                      gereelde
                                   Schengen

      1.3.1    New York is op die 75˚ Wes-lengtelyn geleë. Die tydsone vir New
               York is …

      1.3.2    ŉ Dokument wat toegang tot die meeste Europese lande verleen, word
               ŉ ... visum genoem.

      1.3.3    ŉ … reisiger sal met ŉ maksipaspoort uitgereik word.

      1.3.4    ... is die organisasie wat vir die insameling van belasting by doeane op
               die lughawe verantwoordelik is.

      1.3.5    Plante wat natuurlik in ŉ omgewing voorkom, word ... plante genoem.         (5)

                                                                                           b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                   TOERISME                                7
                                                                             10870 / 19

1.4   Pas die beskrywing in Kolom A met die wyse van betaling in Kolom B. Skryf slegs
      die vraagnommer en die letter in jou ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.4.6 H.

                            KOLOM A                                KOLOM B
      1.4.1   Hierdie wyse van betaling, word gebruik   A   SWIFT-oordrag
              wanneer groot bedrae betaal word. ŉ
              Bankwaarborg is hiervoor nodig.

      1.4.2   Word benodig vir klein betalings soos     B   Travel Wallet
              fooitjies, versnaperings, toerbusse en
              verversings.

      1.4.3   Hierdie metode is die geskikste om te     C Elektroniese Fondsoordrag
              gebruik om geld internasionaal oor te
              plaas van een bankrekening na ŉ ander
              bankrekening.

      1.4.4   ŉ Voorbeeld van ŉ voorafgelaaide          D Buitelandse geldeenheid
              buitelandse valuta debietkaart

      1.4.5   Hierdie vorm van betaling vereis ŉ        E   Kredietkaart
              wagwoord en PIN-nommer.

                                                        F   Internet betalings

                                                        G Bankwissels

                                                                                 (5 x 1)   (5)

                                                                                           b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                TOERISME                                 8
                                                                          10870 / 19

1.5 Die volgende wêreldikone is gefotografeer as deel van ŉ gedenkboekie van reise.
    Identifiseer die naam van elke ikoon in elke fotoraam.

    Skryf slegs die naam van die ikoon langs die vraagnommer (1.5.1 – 1.5.5) in jou
    ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.5.6 Ayers Rock.

             1.5.1                             1.5.2                         1.5.3

              1.5.4                            1.5.5

                                                                               (5 x 1)   (5)

                                                             TOTAAL AFDELING A:          40

                                                                                         b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TOERISME                                9
                                                                            10870 / 19

AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
            VALUTAVERHANDELING

VRAAG 2

Bestudeer die Wêreldtydsonekaart, lees die inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                                         b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                TOERISME                               10
                                                                          10870 / 19

2.1   Mnr. en Mev. Smith is ŉ paartjie van Washington DC. Hulle het Suid-Afrika
      besoek om op 9 Junie 2019 aan die Comrades Marathon deel te neem. Hulle
      vlug het op Sondag, 2 Junie 2019 om 7:30 vanaf Washington DC vertrek. Hulle
      vlugtyd na Johannesburg was 19 uur.

      (Washington DC gebruik DBT.)

      2.1.1   Bereken die tyd, dag en datum waarop hulle in Johannesburg gearriveer
              het.                                                                     (4)

      Hulle moes 2 ure op ORTIA in Johannesburg wag vir ŉ aansluitingsvlug na
      Durban. Die vlugtyd vanaf Johannesburg na Durban was 1 uur en 15 minute.

      2.1.2   Bereken die totale duur van die reis vanaf Washington na Durban.         (2)

2.2   Mnr. en Mev. Graham woon in Riyadh, Saudi-Arabië (+3). Hulle het ook Suid-
      Afrika besoek om aan die Comrades Marathon deel te neem. Hulle het op
      3 Junie 2019 om 11:00 vanaf Riyadh vertrek. Hulle aankomstyd op
      OR Tambo Internasionale Lughawe was 19:00.

      (Saudi-Arabië gebruik nie DBT nie.)

      Bereken die vlugtyd vanaf Riyadh na Johannesburg.                                (4)

2.3   Vergelyk die vlugverwante toestande wat die Smith paartjie en die Graham
      paartjie ervaar het gedurende en na hulle onderskeie vlugte.

      2.3.1   (a)   Noem die toestand wat die Smith-paartjie na hulle vlug van
                    Washington DC na Johannesburg ervaar het.                          (1)
              (b)   Motiveer jou antwoord in Vraag 2.3.1(a).                           (2)

      2.3.2   (a)   Gee die toestand wat die Graham-paartjie na hulle vlug van
                    Riyadh na Johannesburg ervaar het.                                 (1)
              (b)   Motiveer jou antwoord in Vraag 2.3.2(a).                           (2)

                                                                                        b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TOERISME                                   11
                                                                             10870 / 19

2.4   Beantwoord die volgende vrae wat gebaseer is op DBT.
      Vergelyk die tye wat op die horlosies, genommer A en B, aangedui word.

                                                                  [Bron: Internet images]

      2.4.1   Kies die horlosie wat in die somer, DBT aandui.                               (1)

      2.4.2   Motiveer jou antwoord in Vraag 2.4.1.                                         (1)

2.5

      Veiligheid is ŉ baie belangrike faktor om in ag te neem
      wanneer daar na ŉ ander land gereis word.

      2.5.1   Gee EEN manier hoe die Smith-paartjie, hulle veiligheid by die hotel kan
              verseker.                                                                     (1)

      2.5.2   Gee EEN manier hoe die Graham-paartjie veilig op die lughawe kan              (1)
              wees.

2.6   Stel TWEE maniere voor hoe toeriste hulself kan beskerm teen die felheid van
      die son wanneer hulle Suid-Afrika gedurende die somer-seisoen besoek.                 (2)

                                                                                             b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                  TOERISME                                    12
                                                                               10870 / 19

2.7

      Suid-Afrikaners, Jenny en haar kêrel, Donald, beplan ŉ vakansie na die Grand
      Canyon, Arizona, VSA. Jenny wil graag haar twee kinders saamvat. Hulle is
      onderskeidelik 9 en 12 jaar oud. Jenny gebruik chroniese medisyne vir ŉ
      harttoestand. Donald is ŉ baie entoesiastiese fotograaf. Hy wil baie graag sy
      goeie Canon kamera en sy sakrekenaar saamvat om asemrowende foto’s te
      neem.

      2.7.1   (a) Onderskei tussen ŉ verkorte (‘abridged’) en ŉ onverbonde
                  (‘unabridged’) geboortesertifikaat.                                         (2)
              (b) Kies die tipe sertifikaat wat Jenny nodig het wanneer die kinders
                  Suid-Afrika verlaat.                                                        (1)

      2.7.2   Gee Jenny en Donald raad oor die regulasies wanneer hulle Suid-Afrika
              verlaat, wat geldig sal wees wanneer hulle deur doeane beweeg ten
              opsigte van die volgende aspekte:

              (a) Jenny se medikasie                                                          (2)
              (b) Donald se kamera en skootrekenaar                                           (1)

2.8   Lys TWEE vereistes wat in gedagte gehou moet word wanneer ŉ toerbegroting
      vir Jenny en Donald saamgestel word.                                                    (2)

2.9   Bestudeer die opskrif en uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

      Zimbabwe lok Chinese toeriste met
      verslapping van visumregulasies.
      Die regering van Zimbabwe het visumregulasies vanaf 1 Julie 2018 vir Chinese
      toeriste wat die land wil besoek, verslap ...
                                                              [15 Junie 2018 - Kerry Hayes]

      Verduidelik (in ŉ paragraaf) wat die invloed van die besluit op Zimbabwe se
      toerisme industrie en ekonomie kan wees.                               1 + (3 x 2)      (7)
                                                                                              [37]

                                                                                               b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                   TOERISME                                  13
                                                                              10870 / 19

VRAAG 3: BUITELANDSE VALUTAVERHANDELING

Verwys na die valutaverhandelingstabel hieronder om die vrae te beantwoord.

      ONTHOU:
      • Toon alle berekeninge.
      • Alle antwoorde moet afgerond word tot
        TWEE desimale plekke.

            LAND            GELDEENHEID                  BAK                  BVK
             VSA               VSA Dollar                13,47                13,50
              UK               Britse Pond               17,89                17,99
          Duitsland               Euro                   15,64                15,69
          Botswana                Pula                   1,31                  1,34
                                                                           [17 Junie 2018]

3.1   Mnr. Smith vertrek vanaf Washington DC na SA met VS$ 2 650.
      Hy het R350 oor nadat hy sy vakansie geniet het. Bereken die bedrag in VS
      Dollar wat hy ontvang op die dag van sy vertrek na die vakansie.                       (3)

3.2   Identifiseer die geldeenhied met die sterkste koopkrag vir inkomende toeriste na
      Suid-Afrika soos op 17 Junie 2018. Motiveer jou antwoord.                              (3)

3.3   Identifiseer die land wat die beste opsie vir Suid-Afrikaners is, om te besoek.
      Motiveer jou antwoord.                                                                 (3)

3.4   Verduidelik hoe buitelandse inkomste, die vermenigvuldigereffek en die BBP
      van Suid-Afrika verhoog.                                                (2 x 2)        (4)
                                                                                             [13]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:          50

                                                                                              b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TOERISME                                      14
                                                                              10870 / 19

AFDELING C: TOERISME ATTRAKSIES; KULTUUR EN ERFENISTOERISME;
            BEMARKING

VRAAG 4

4.1   Bestudeer die kaart van Asië en beantwoord die vraag wat volg.

                                                                                C

                                                                        Asië

                                                                       A

                                       B

                                                                    [Bron: Internet grafika]

      Teken die tabel hieronder oor in jou ANTWOORDBOEK en identifiseer die
      name van die ikone wat gevind kan word by A, B en C. Beskryf die ikone
      kortliks na aanleiding van die tabel hieronder.

           Letter   Ikoon                  Kort beskrywing van die ikoon
             A      Naam van die ikoon     Beskryf die kuturele waarde vir toeriste.
                                           Beskryf aktiwiteite wat hier gedoen kan
             B      Naam van die ikoon
                                           word.
                                           Beskryf die profiel van toeriste wat
             C      Naam van die ikoon
                                           hierdie ikoon besoek.                               (6)

                                                                                               b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                            TOERISME                                         15
                                                                                             10870 / 19

4.2   Bestudeer die inligting oor TWEE van TIEN ikone wat bedreig word en
      beantwoord die vrae wat volg.

       Toerisme ikone wat deur toeriste bedreig word
                         Ons liefde vir reis is ŉ tweesnydende swaard.

      DIE TAJ MAHAL

      Daar is ŉ hele aantal redes vir die bedreiging van Indië se mees-bekende
      monument, waar toerisme eerste op die lys is. Die ongereguleerde stroom
      toeriste kan soms meer as 50 000 op ŉ dag bereik. Die konstante getrap van
      voete op die marmervloere tot die agteruitgang van die marmer lei.
      Besoedeling van die voertuie wat op die perseel kom, verkleur die eens
      glimmende wit aansig van die Taj Mahal.

      VENESIË

      Die toeloop van die groot passasierskepe na Venesië se strandmeer kan
      geblameer word vir die agteruitgang van die stad wat ŉ bedreiging vir die
      toekoms van Venesië inhou. Dit is so erg dat Venesië op UNESCO se lys vir
      bedreigde erfenisterreine geplaas is as Italië nie toegang weier vir hierdie
      passasierskepe nie, het die Verenigde Nasies gewaarsku. Ontwikkeling bring
      ook 'onomkeerbare veranderinge' mee aan die delikate ekosisteem in
      teenstelling met die bewaring van die argitektuur en aandag aan
      stadsbeplanning.
              [Aangepas uit: https://karryon.com.au/destinations/10-tourism- icons-under-threat -from-
                                                                     travellers/] [Bron: Internet grafika]

      4.2.1    Skryf die akroniem UNESCO voluit.                                                             (2)

      4.2.2    Verduidelik watter stappe geneem kan word wanneer ŉ terrein op die
               lys van bedreigde erfenisterreine geplaas word.                                               (2)

                                                                                                              b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                            TOERISME                                16
                                                                       10870 / 19

4.2.3   Trek die tabel hieronder oor in jou ANTWOORDBOEK en identifiseer
        die land waar die ikoon gevind word en beskryf EEN rede waarom die
        attraksie beskou word as ŉ ikoon.

        Tabuleer die inligting soos aangedui in die tabel hieronder.

                                                 Beskryf waarom attraksie
              Ikoon               Land
                                                 beskou word as ŉ ikoon.
         Taj Mahal         A          (1)        B        (2)

         Venesië           C          (1)        D         (2)
                                                                                    (6)

4.2.4   Dink na oor die stelling: “Ons liefde vir reis is ŉ tweesnydende
        swaard.”

        Verduidelik die invloed van die stelling, in paragraaf formaat, deur ook
        ŉ beskrywing te gee van die invloed wat massa-toerisme op wêreld-           (7)
        ikone het. Jou antwoord moet EEN nadeel en EEN voordeel vir EEN
        van die ikone in Vraag 4.2.3 insluit.                         1 + (3 x 2)
                                                                                    [23]

                                                                                     b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TOERISME                                     17
                                                                               10870 / 19

VRAAG 5

5.1   Bestudeer die kaart van Suid-Afrika, sowel as die uittreksel vanaf die webblad
      oor sommige van die wêrelderfenisterreine. Beantwoord die vrae.

           SUID-AFRIKA

                                                                 C

                                                            B
                  A
                  E

                                                                  [Bron : Internet grafika]

      Teken die tabel hieronder oor in jou ANTWOORDBOEK en voltooi die inligting vir
      die terreine genommer A, B en C, volgens die naam van die terrein, die provinsie
      waarin dit geleë is, die tipe terrein en ŉ kort beskrywing.

                                          KULTURELE /
             NAAM
                                          NATUURLIKE /
            VAN DIE      PROVINSIE                              KORT BESKRYWING
                                           GEMENGDE
            TERREIN
                                            TERREIN
       A
       B
       C                                                                                      (12)

                                                                                               b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TOERISME                                       18
                                                                               10870 / 19

5.2                      Tiende wêrelderfenisterrein vir Suid-Afrika
      Die Barberton Makhonjwa Berge is op 2 Julie 2018 bygevoeg tydens die 42ste
      Wêrelderfenis Komiteesitting wat gehou is in Manama, die hoofstad van Bahrain.
      Hierdie unieke terrein voorsien die wêreld van inligting oor lewensvorming tot so
      ver as 3 biljoen jaar gelede. Wetenskaplikes het gefossileerde bakterieë onder
      dun lagies rots ontdek wat tot 3.2 biljoen jaar oud is. Die Nasionale Erfenis
      Komitee is trots daarop dat hierdie ontdekking nou deur UNESCO erken word.
      Dit stel die potensiaal van die Makhonjwa Berge beskikbaar om ŉ uitsonderlike
      bydrae te lewer tot die sosio-ekonomiese ontwikkeling van die area.
                                                     [Aangepas uit: www.heritageportal.co.za]

      5.2.1   Gee die naam van die 10de wêrelderfenisterrein van Suid-Afrika wat in
              Julie 2018 aangewys is.                                                           (2)

      5.2.2   (a)    Identifiseer die kategorie waaronder die erfenisterrein aangewys is.
              (b)     Motiveer jou antwoord in Vraag 5.2.2 (a).                           (2)

      5.2.3   Assesseer die toerismepotensiaal van die Makhonjwa Berge. Jou
              antwoord moet beskryf hoe die plaaslike gemeenskap kan voordeel
              trek uit die toeloop van toeriste na die gebied, met verwysing na die
              inkomste wat gegenereer word en entrepreneurskap.                                 (3)
                                                                                                [19]

VRAAG 6

6.1   Verwys na die logo’s van organisasies en beantwoord die vrae.

                            Afrika

                         10-12 April 2019
                           Kaapstad
                    SAToerisme speel ŉ baie belangrike rol in bemarking.

      6.1.1   Verwys na die logo’s en bespreek EEN manier hoe SAToerisme Suid-
              Afrika internasionaal bemark.                                                     (2)

      6.1.2   Verduidelik hoe SAToerisme befonds word om hulle
              bemarkingsdoelstellings te bereik.                                                (4)

6.2   SAToerisme het ŉ baie unieke SA handelsmerk ontwikkel om te help met die
      bemarking van SA aan moontlike beleggers. Bespreek die effektiwiteit van die
      genoemde handelsmerk in die bemarkingsproses.                                             (2)
                                                                                                [8]

                                                              TOTAAL AFDELING C:                50
                                                                                                  b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                  TOERISME                                 19
                                                                             10870 / 19

AFDELING D:        TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
                   TOERISME

VRAAG 7

7.1   Die bestuur van die ABC Hotelgroep verkies dat die personeel professioneel
      aangetrek is maar steeds in lyn met die vereistes van hulle onderskeie pligte.

      Die prente hieronder beeld vier mans uit wat werknemers is van die ABC
      Hotelgroep. Bestudeer die prente en beantwoord die vrae wat volg.

              1.                    2.                    3.                   4.

      7.1.1   Kies ŉ werknemer, na aanleiding van hulle kleredragreëls , vir elk van die
              gelyste posisies by die hotel (Kolom A). Skryf die nommer van die
              werknemer wat jy gekies het, in Kolom B en motiveer jou keuse in EEN sin
              (Kolom C). Voltooi die tabel deur dit oor te teken in jou ANTWOORDBOEK.

                      A. Posisie           B. Nommer               C. Motivering
              Kok
              Algemene bestuurder
              Kindervermaak                                                                     (6)

      7.1.2   Lys TWEE ander aspekte wat deel vorm van die professionele voorkoms
              van die personeel.                                                                (2)

                                                                                           b.o.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                                      TOERISME                                   20
                                                                                   10870 / 19

7.2   Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                      Suid-Afrika

               Die Nasionale Krugerwildtuin is die vlagskip park van Suid-Afrika.

      Stel TWEE belangrike reëls voor wat in die gedragskode ingesluit moet wees
      wat toeristegedrag in die Nasional Krugerwildtuin aanspreek.                               (4)
                                                                                                 [12]

VRAAG 8

Bestudeer die inligting wat handel oor Stormsriver Adventures en beantwoord die vrae
wat volg.

      Stormsriver Adventure is ŉ verantwoordelike toerismemaatskappy en professionele
      leier in die mark van kabelgly (zip-lining). Ons is in die hart van die majestieuse
      Tsitsikammabos geleë en bied verskeie eko-avontuur aktiwiteite soos die Tsitsikamma
      Canopy Tour (ŉ “EERSTE in AFRIKA”) aan.
      Die opleiding van die gidse, wat van die plaaslike gemeenskap kom, die
      gemeenskapsprojekte, klere wat versprei word en bewusmaking van HIV / VIGS word
      sedert 1998 deur Stormsriver Adventures befonds.
      Die span wat die avontuuraktiwiteite moontlik maak, bestaan uit entoesiastiese
      opgeleide plaaslike gidse wat die veiligheid van die besoekers versekeker en hulle
      interessante inligting oor die plaaslike omgewing, diere, plante en kultuur meedeel.
      Die maatskappy voorsien ook kos aan ŉ skool as deel van ŉ voedingskema waar elke
      kind in die skool word voorsien word van een goeie maaltyd per dag. Die doel van
      hierdie aspek van die liefdadigheidswerk, is om leerders te help om hulle akademiese
      prestasies te verbeter.
      240 Laerskoolkinders word voorsien van een ete 4 keer per week. Die program is
      sedert 2003 in werking.
      Stormsriver Adventures was een van die eerste geakkrediteerde aktiwiteitsgebaseerde
      FTT maatskappye in 2003.
                                                           [Adapted from: www.stormsriver.com]

                                                                                                  b.o.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                                  TOERISME                                21
                                                                             10870 / 19

8.1   Verduidelik die betekenis van ‘verantwoordelike toerisme’ in reël 1 van die
      gevallestudie.                                                                      (2)

8.2   Kies DRIE voorbeelde uit die gevallestudie om te bewys dat Stormsriver
      Adventures volhoubare toerisme toepas.

      Jou antwoord moet die drie pilare van volhoubaarheid insluit met toepaslike
      voorbeelde. Gee jou antwoord in tabelvorm.                              (3 x 2)     (6)

8.3   Beantwoord die volgende vrae wat op jou kennis van KMB (‘CSI’) gegrond is.

      8.3.1   Die afkorting KMB staan vir …                                               (2)

      8.3.2   (a)     Verduidelik die konsep KMB.                                         (2)
              (b)     Pas Stormsriver Adventures KMB toe?                                 (1)
              (c)     Staaf jou antwoord in Vraag 8.3.2 (b).                              (2)

8.4   Stormsriver Adventures is ŉ geakkrediteerde FTT maatskappy.

      8.4.1   Skryf die afkorting FTT uit.                                                (1)

      8.4.2   Dui TWEE kriteria aan wat FTT gebruik om toerismebesighede te
              assesseer vir akkreditasie.                                                 (2)
                                                                                          [18]

                                                               TOTAAL AFDELING D          30

                                                                                            b.o.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
                                                    TOERISME                                   22
                                                                                 10870 / 19

AFDELING E: STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME; KOMMUNIKASIE
            EN KLIËNTEDIENS

VRAAG 9

9.1   Lees die artikel en beantwoord die vrae

              Is dit ekonomies sinvol om die Sokker Wêreldbeker aan te bied?

      Organiseerders van dié somer se Wêreldbeker in Rusland het voorspel dat die
      totale ekonomiese impak van die toernooi tot so hoog as $30.8 miljard in 2023
      kan wees.

      Ekonomie-kenner Andrew Zimbalist het voorbeelde gelys van die wit olifante
      wat nou in onbruik is noudat die toernooi klaar is. Voor die 2010 Wêreldbeker in
      Suid-Afrika is lae inkomstegroepe wat naby nedersettings gebly het ontruim,
      blykbaar om die land se beeld wat deur media gewys word, te verbeter.

      Brasilië se duurste stadion is nou ŉ parkeerarea en hulle koste van die
      voorbereidings vir die Wêreldbeker was $11 – 14 miljard.
                                                              [Aangepasuit: www.weforum.org]

      9.1.1     Die artikel verwys na ŉ ‘wit olifant’. Verduidelik die betekenis van die
                term soos wat dit hierbo gebruik is.                                           (2)

      9.1.2     Doen ŉ kritiese analise van die positiewe en negatiewe invloed van die
                aanbieding van ŉ wêreldgebeurtenis met verwysing na:

                (a)     Die regering                                                (2 x 1)
                (b)     Die mense                                                   (2 x 1)    (4)

9.2   Bestudeer die uittreksel uit ŉ wêreldkoerant asook die aanlyn-hoofopskrifte en
      beantwoord die vrae wat volg.

                      Terroriste aanvalle het ‘ernstige effek’ op toerisme

      Verlede jaar se toeristegetalle het skerp gedaal as gevolg van die terroriste
      aanvalle by die Brusselse Lughawe en in die middestad. Die aantal Britse
      besoekers het gedaal met 20%, Amerikaanse toeriste het gedaal met 25% en
      die Japanese besoekergetalle het geval met ŉ allemintige 45%.
                                                          [Adapted from www.euromonitor.com]

      Besoekergetalle daal by VK-attraksies na terroriste aanvalle.
                                                             [Adapted from www.guardian.com]

      Terrorisme is ŉ stootfaktor (ontmoedig toeriste om te besoek) in toerisme.
      Bespreek die invloed van terrorisme op:

      9.2.1     Internasionale toerisme en
      9.2.2     Die ekonomie van die land wat geaffekteer is                                   (4)

                                                                                                b.o.

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                                                      TOERISME                                     23
                                                                                    10870 / 19

9.3   Bestudeer die inligting oor internasionale aankomste en beantwoord die vrae
      wat volg.

                              INTERNASIONALE AANKOMSTE
                               Toeriste                               Toeriste
      Nr.       Land         aankomste –             Land           aankomste –         %
                            Januarie 2016                          Januarie 2017       Groei
       1      Zimbabwe           250 514         Lesotho                277 031          8,4
       2      Lesotho            209 403         Zimbabwe               244 966          -2,2
       3      Mosambiek          145 775         Mosambiek              137 972          -5,4
       4      Swaziland           75 176         Swaziland               72 685          -3,3
       5      VK                  46 264         VK                      48 165          4,1
                    [Aangepas uit: TABLE 2 SA’s Top 20 Source markets: January 2017 vs January
                                                               2016: https://tkp.tourism.gov.za]

      9.3.1    Identifiseer die grootste Afrika-bronmark in 2016.                                  (2)

      9.3.2    Dui die land aan wat die grootste persentasie groei aantoon.                        (2)

      9.3.3    Identifiseer die land wat deel vorm van die top 5 bronmarkte, wat ook
               as ŉ lugmark beskou kan word.                                                       (1)

      9.3.4    Bespreek hoe Suid-Afrika meer toeriste vanaf die lande wat ŉ afname
               in die groei-persentasie toon, kan lok.                                             (2)

                                                                                                   [17]

                                                                                                    b.o.

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
                                                   TOERISME                                       24
                                                                                     10870 / 19

VRAAG 10

10.1   Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord die vraag wat volg, wat op
       kliënteterugvoer gebaseer is.

                                                          [Bron: Internet grafika]

       Bespreek hoe kliënteterugvoer kan bydra tot die sukses van die besigheid deur
       te verwys na die illustrasie hierbo. Jou antwoord moet DRIE van die
       sleutelwoorde insluit.                                                                     (3)

10.2   Kliënteterugvoer-instrumente is baie belangrik vir toerismebesighede.

                                                [Bron: Internet grafika]

       10.2.1 Identifiseer die tipe terugvoerinstrument wat hierbo uitgebeeld word.               (1)

       10.2.2 Bespreek die proses hoe terugvoer geanaliseer word.                                 (4)

10.3   Teken ŉ vloeidiagram om te illustreer hoe goeie dienslewering lei tot ŉ wins vir
       die besigheid. Die volgende sleutelwoorde moet in die vloeidiagram gebruik
       word.

              werkskepping; inkomste word gegenereer; verhoogde verkope;
                   herhaalbesoeke; verhoogde hoorsê (‘word of mouth’)                             (5)
                                                                                                  [13]

                                                                    TOTAAL AFDELING E:            30

                                                                                     TOTAAL:      200

                                             EINDE

## Related documents

- [TOURISM GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/7207b8ac-60de-404a-bc19-c257d519ccb3) — Tourism · QP · 2019 · Afr
- [Gr12 Tourism (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-afrikaans-sep-2022-question-paper/6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb) — Tourism · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/1c5c7dd8-d89c-4927-ba26-de7c3f4232ef) — Tourism · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922) — Tourism · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 Tourism NSC P1 10870 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-tourism-nsc-p1-10870-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/09001106-1848-4aa1-b07a-abb91b23723d) — Tourism · QP · 2016 · Afr
- [TOURISM GR 12 MEMO SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr-12-memo-sept-2019-afrikaans/5455507a-288c-4e61-b81f-7e3276d63b0e) — Tourism · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2022-afrikaans-final/1403b445-16b4-4547-88df-afa43f0bb468) — Memo · 2022 · Afr
- [Gr12 Tourism Errata SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-errata-sep-2022-question-paper/5bcec1ac-12f8-41c1-9982-d8ba45ec098c) — Errata · 2022

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
