# Physical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2023 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-physical-sciences-2023-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/90c3b2af-dff2-470b-954f-50cfaf5af09c
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-physical-sciences-2023-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/90c3b2af-dff2-470b-954f-50cfaf5af09c)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                  2023

                   10841

   FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA

               (VRAESTEL 1)

                                             TYD: 3 uur

                                             PUNTE: 150

    14 bladsye + 3 inligtingsblaaie en 1 antwoordblad

                                                          b.o.

### Page 2

FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
                                                                                  2
                                                  (VRAESTEL 1)         10841/23

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Skryf jou naam in die toepaslike spasie op die ANTWOORDBOEK.

2.    Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
      ANTWOORDBOEK.

3.    Begin ELKE vraag (bv. VRAAG 2 en VRAAG 3) op ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

5.    Laat EEN reël oop tussen subvrae, bv. tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.

6.    Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

7.    Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.    Jy word aanbeveel om die aangehegde GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.    Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.

10.   Rond jou FINALE numeriese antwoorde af tot ŉ minimum van TWEE desimale
      plekke, waar van toepassing.

11.   Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts, waar nodig.

12.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                      b.o.

### Page 3

FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
                                                                                         3
                                                 (VRAESTEL 1)         10841/23

VRAAG1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier opsies word voorsien as moontlike antwoorde tot die volgende vrae. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs
die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.11 D.

1.1 Die diagram hieronder wys ŉ trollie wat in rus gehou word op ŉ skuinsvlak deur ŉ
    trekskaal met ŉ lesing van X newton. Die gewig van die trollie is w en daar is
    wrywing, f, tussen die trollie se wiele en die skuinsvlak.

     Die lesing op die trekskaal is …

     A    w.
     B    w + f.
     C    w – f.
     D    w sin 30.                                                                      (2)

1.2 ŉ Boks M word horisontaal teen ŉ konstante snelheid oor ŉ growwe oppervlak deur
    ŉ krag F gestoot.

                  F                      M
                       f

     Indien die krag F wat op die boks inwerk afneem, sal die …

     A    wrywingskrag op die boks afneem.
     B    snelheid van die boks afneem.
     C    versnelling van die boks toeneem.
     D    normaalkrag toeneem.                                                               (2)

                                                                                             b.o.

### Page 4

FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
                                                                                          4
                                                  (VRAESTEL 1)         10841/23

1.3 ŉ Bal word vanaf ŉ hoogte van 5 m laat val. Dit bereik ŉ snelheid van v nadat dit
    2 m geval het. Watter van die volgende stellings is korrek nadat dit 3 m geval het?
    (Ignoreer alle effekte van wrywing.)

     A    Die snelheid van die bal is 3 m∙s –1 .
     B    Die versnelling van die bal is 3 m∙s –2 .
     C    Die versnelling van die bal is 9,8 m∙s –2.
     D    Die snelheid van die bal is 19,6 m∙s –1 .                                       (2)

1.4 In watter van die volgende rye pas die tipe botsing met die totale momentum en
    kinetiese energie?

            TIPE BOTSING        TOTALE MOMENTUM              KINETIESE ENERGIE
     A          Elasties              Bly behoue               Bly nie behoue nie
     B         Onelasties             Bly behoue               Bly nie behoue nie
     C         Onelasties         Bly nie behoue nie               Bly behoue
     D          Elasties          Bly nie behoue nie               Bly behoue             (2)

1.5 ŉ Blok gly oor ŉ growwe horisontale oppervlak en stop uiteindelik na 1,5 m. Watter
    van die volgende stellings is ONWAAR vir die beweging van die blok?

     A    Die netto arbeid verrig op die blok verminder sy kinetiese energie.
     B    Die netto arbeid verrig op die blok verminder sy meganiese energie.
     C    Die netto arbeid verrig op die blok is negatief.
     D    Die blok beweeg stadiger.                                                       (2)

1.6 Die diagram hieronder toon die absorpsie spektrum van ŉ element op hipotetiese
    sterre A tot D soos waargeneem vanaf die Aarde. Watter ster beweeg weg van die
    Aarde met die hoogste snelheid?

            BLOU VERSKUIWING                           ROOI VERSKUIWING

     A

     B

     C

     D
                                                                                          (2)

                                                                                              b.o.

### Page 5

FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
                                                                                      5
                                                    (VRAESTEL 1)         10841/23

1.7 Die diagram hieronder toon twee puntladings Q1 = + 5q en Q2 = – 4q op ŉ afstand
    van x (m) vanaf punt P.

            +5q              x                                   – 4q
                                                           x

              Q1                          P                       Q2

     Die netto elektriese veld by punt P in terme van E word gegee deur:

     A    4 E links
     B    5 E regs
     C    5 E links
     D    9 E regs                                                                        (2)

1.8 Die stroombaan hieronder word opgestel. Die battery het ŉ EMK van 9 V en ŉ
    interne weerstand van 0,2 Ω. Die lesing op A1 is 1,8 A.

     Watter stelling is KORREK wanneer ŉ lading van 1 C in die stroombaan vloei?

     A    9 V is die potensiaalverskil oor die resistor.
     B    9 J energie word in die resistor verdryf.
     C    8,64 A vloei deur die stroombaan.
     D    8,64 J energie word in die resistor verdryf.                                    (2)

1.9 ŉ EMK kan in ŉ stilstaande spoel geïnduseer word deur ...

     A    ŉ stilstaande magneetveld.
     B    meer windings op die spoel te gebruik.
     C    ŉ veranderende magneetveld.
     D    ŉ toename in die area van die spoel.                                            (2)

                                                                                          b.o.

### Page 6

FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
                                                                                          6
                                                   (VRAESTEL 1)         10841/23

1.10 Die onderstaande diagram dui die energievlakke van ŉ atoom in eV (elektronvolts)
     aan.

                  n=4
                  n=3                                     - 2,9 eV

                  n=2                                     - 4,8 eV

                  n=1                                     - 15 eV

      Die energie benodig om ŉ elektron vanaf die grondtoestand na die
      eerste opgewekte toestand op te wek is:

      A       – 2,9 eV
      B       – 4,8 eV
      C       + 10,2 eV
      D       – 10,2 eV                                                                    (2)
                                                                                          [20]

VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Twee blokke is aanmekaar geheg deur middel van ŉ ligte, onrekbare tou wat oor ŉ
wrywinglose katrol beweeg soos in die diagram hieronder aangedui. Die skuinsvlak AB
het ŉ gladde oppervlak en maak ŉ hoek van 50° met die horisontaal. Die skuinsvlak BC
het ŉ growwe oppervlak en maak ŉ hoek van 30° met die horisontaal.

                                   B
                                                                           Growwe
                                                                           oppervlak
                                Gladde oppervlak

                  50                                                30
          A                                                                        C
2.1 Stel Newton se tweede bewegingswet in woorde.                                             (2)

2.2 Die kinetiese wrywingskoëffisiënt tussen skuinsvlak BC en blok M2 is 0,2.

     2.2.1     Teken ŉ benoemde vrye liggaamdiagram vir blok M2.                              (4)

     2.2.2     Bereken die grootte van die versnelling van die sisteem. Wys ALLE stappe
               in jou berekening.                                                             (8)

                                                                                              b.o.

### Page 7

FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
                                                                                          7
                                                     (VRAESTEL 1)         10841/23

2.3 Indien die hoek van skuinsvlak BC na 20° verminder word, sal die wrywingskrag
    tussen die blok en die skuinsvlak TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE BLY?
    Verduidelik die antwoord. (LET WEL: Geen berekeninge is nodig nie.)                    (3)
                                                                                          [17]
VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Bal van 25 g word vertikaal opwaarts gegooi. Die bal verlaat die gooier se hand
1,3 m bokant die grond met ŉ aanvanklike snelheid van 7,27 m∙s-1. Wanneer die bal
afwaarts beweeg, tref dit ŉ balkon en bons van die balkon af opwaarts met ŉ snelheid
van 3 m∙s-1 voordat dit gevang word op die maksimum hoogte na die bons. Ignoreer alle
effekte van wrywing sowel as enige horisontale beweging van die bal.

                           Gebou

                                                           Snelheid na
                                                           bons = 3 m∙s-1

                                              7,27 m∙s-1
                3,2 m
                                          1,3 m

3.1 Definieer die term projektiel.                                                            (2)

3.2 Bereken die:

     3.2.1 Maksimum hoogte bo die grond wat die bal sal bereik nadat dit in die lug
           gegooi is                                                                          (4)

     3.2.2 Tyd wat die bal neem om op die balkon vir die eerste keer te bons                  (3)

3.3 Teken ŉ sketsgrafiek van die verplasing van die bal vir die hele beweging. (Gebruik
    die grond as die verwysingspunt.)

     Dui die volgende duidelik op jou grafiek aan:

        Die hoogte waarvandaan die bal gegooi word
        Die maksimum hoogte wat die bal sal bereik
        Die hoogte van die balkon
        Die tyd wat dit neem om op die balkon te bons                                     (5)
                                                                                          [14]

                                                                                              b.o.

### Page 8

FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
                                                                                          8
                                                  (VRAESTEL 1)         10841/23

VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Wanneer ŉ bal ŉ oppervlak tref en terugbons, oefen dit ŉ krag op daardie oppervlak uit.
Graad 12-leerders ondersoek hoe hierdie krag teenoor tyd verander soos wat die bal ’n
kragsensor tref en weg bons. ŉ Sagte bal van 50 g is vanaf ŉ hoogte van 1,5 m vertikaal
bo die kragsensor, wat aan ŉ skootrekenaar gekoppel is, laat val soos in die diagram
aangetoon.

                       Skootrekenaar

                                                                     Kragsensor

Die volgende grafiek word vanaf die skootrekenaar verkry.

            Krag (N)

                                  Tyd (millisekondes)

4.1 Definieer die term impuls.                                                                (2)

4.2 Gebruik die inligting op die grafiek en bepaal die grootte van die impuls soos wat
    die bal die kragsensor tref en wegbons.                                                   (2)

4.3 Stel die grootte en die rigting van die verandering in die momentum van die bal.          (2)

                                                                                              b.o.

### Page 9

FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
                                                                                           9
                                                    (VRAESTEL 1)         10841/23

4.4 Indien die snelheid van die bal net voor dit die kragsensor tref 5,42 m∙s–1 afwaarts
         is, bereken die snelheid waarmee die bal van die sensor af sal bons.                  (4)

4.5 Die bal word nou vervang met ŉ harde bal van dieselfde grootte en massa. Sal die
     krag op die kragsensor TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE BLY? Verduidelik
     die antwoord.                                                                          (3)
                                                                                           [13]

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Boks van 5 kg beweeg teen ŉ konstante snelheid van 1,2 m∙s–1 teen ŉ skuinsvlak AB
op wanneer ŉ krag F, toegepas word.

5.1   Bereken die grootte van die krag F indien die drywing wat gebruik is om die boks
      teen die skuinsvlak AB op te beweeg gelyk is aan 57,6 W.                                 (3)

5.2   Stel die arbeid-energie stelling in woorde.                                              (2)

5.3   Die boks gly nou teen skuinsvlak BC af.

      Indien die kinetiese wrywingskoeffisiënt van skuinsvlak BC in die diagram hierbo
      0,25 is, bereken die snelheid van die boks by punt C deur slegs
      ENERGIEBEGINSELS te gebruik.                                                          (6)
                                                                                           [11]

                                                                                               b.o.

### Page 10

FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
                                                                                          10
                                                   (VRAESTEL 1)         10841/23

VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

In die diagramme A, B en C hieronder, word die golfpatrone aangedui vir die klank van ŉ
ambulans se sirene en ŉ stilstaande waarnemer. Die waarnemer bly in elke geval
stilstaande.

                 Golffront

           A                            B                          C

6.1 Definieer die term Doppler effek.                                                      (2)

6.2 Vir VRAAG 6.2.1 en 6.2.2, noem of dit A, B of C is waarvoor:

     6.2.1 Die klankbron stilstaande is.                                                   (1)

     6.2.2 Die klankbron weg van die waarnermer af beweeg.                                 (1)

     6.2.3 Gee ŉ rede vir die antwoord in VRAAG 6.2.2.                                     (1)

6.3 Indien die ambulans van die waarnemer af wegbeweeg teen ŉ spoed van 25 m∙s–1,
    en die frekwensie van sy sirene soos deur die bestuurder gehoor 900 Hz is,
    bereken die frekwensie wat deur die waarnemer gehoor word. Neem die spoed van
    klank in lug as 340 m∙s–1.                                                             (5)

6.4 Die spektraallyn van waterstof vanaf die son het ŉ golflengte van 656 nm. Indien
    hierdie spektraallyn van ŉ nabygeleë ster ŉ golflengte van 657 nm het, wat kan ons
    aflei oor die beweging van hierdie ster in verhouding tot die son? Verduidelik
    hierdie waarneming in terme van die Doppler effek.                                     (3)
                                                                                          [13]

VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Ondersoek is uitgevoer om te wys hoe die elektriese veld (E) varieer op ŉ vaste
afstand weg van ŉ positief gelaaide sfeer. Om dit te bereik, is ŉ positiewe lading Q
gevarieer en die onderskeie elektriese veld E is gemeet. Die onderstaande tabel
van resultate is verkry.

               LADING (Q) in nC              ELEKTRIESE VELD (E) in kN.C-1
                      1                                   4
                      4                                  16
                      8                                  32
                     11                                  44
                     14                                  55

                                                                                           b.o.

### Page 11

FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
                                                                                         11
                                                    (VRAESTEL 1)         10841/23

Die onderstaande vrae verwys na die tabel en die ondersoek wat uitgevoer is.

7.1 Definieer die term elektriese veld by ŉ punt.                                         (2)

7.2 Teken die elektriese veldpatroon vir ŉ positief gelaaide deeltjie.                    (2)

7.3 Trek die grafiek vir elektriese veld (E) teenoor lading (Q). Gebruik die
    GRAFIEKPAPIER wat aan die einde van die vraestel verskaf word.                        (4)

7.4 Gebruik SLEGS die grafiek om die volgende vrae te beantwoord:

      7.4.1 Identifiseer die gekontrolleerde veranderlike in hierdie ondersoek.           (1)

      7.4.2 Identifiseer die afhanklike veranderlike in hierdie ondersoek.                (1)

      7.4.3 Bepaal die vaste afstand tussen die lading en die punt waar die elektriese
            veld gemeet is.                                                               (5)
                                                                                         [15]

VRAAG 8 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die battery in die stroombaandiagram hieronder het ŉ EMK van 6 V en ŉ interne
weerstand van 0,4 .

                                        V1

                                   V2
                              S2

                    S1

8.1    Met beide S1 en S2 oop, gee die lesing op V2.                                      (1)

8.2    Met slegs S1 gesluit, gee die ammeter ŉ lesing van 0,75 A. Verduidelik die
       betekenis van 0,75 A.                                                              (2)

8.3    Met slegs S1 gesluit, bereken die:

       8.3.1    Eksterne weerstand van die stroombaan                                     (3)

       8.3.2    Weerstand van resistor R                                                  (3)
                                                                                          b.o.

### Page 12

FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
                                                                                                      12
                                                                      (VRAESTEL 1)         10841/23

8.4    S1 is nou oop en S2 is gesluit. Hoe sal die drywing verdryf deur die 4 Ω resistor
       verander? Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE BLY. Verduidelik die
       antwoord.                                                                                       (4)

Graad 12-leerders voer ŉ ondersoek uit om die interne weerstand van ŉ battery te bepaal.
Die stroombaan wat gebruik is, word hieronder aangedui. Deur die reostaat se stellings te
verander, is die ooreenstemmende waardes van die stroom en die potensiaalverskil, V2,
aangeteken.

Die resultate wat verkry is, is gebruik om die onderstaande grafiek te teken.

         Potensiaalverskil (V)

                                                         Stroom (A)

8.5    Vanuit hierdie grafiek:

       8.5.1                     Lei die EMK van die battery af.                                       (1)

       8.5.2                     Bereken die interne weerstand van die battery.                        (3)
                                                                                                      [17]

                                                                                                       b.o.

### Page 13

FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
                                                                                          13
                                                 (VRAESTEL 1)         10841/23

VRAAG 9 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat daarop volg.

                                                B

                                           A

9.1 Watter tipe opwekker (generator) word in die bostaande diagram aangetoon?
    Motiveer die antwoord deur te verwys na die name van spesifieke komponente in
    die diagram.                                                                           (3)

9.2 Dui die rigting aan waarin die stroom in gedeelte AB sal vloei. Gebruik A na B of B
    na A.                                                                                  (1)

9.3 Die volgende grafiek is van ŉ WS-opwekker (generator) verkry.

                          Stroom (A)
                                       0                      Tyd (s)

     9.3.1 Hoeveel rotasies van die spoel word op die diagram aangetoon?                   (2)

     9.3.2 Definieer wgk stroom.                                                           (2)

     9.3.3 Bereken die gemiddelde drywing wat deur hierdie opwekker (generator)
           gelewer kan word aan ŉ apparaat met ŉ weerstand van 30 .                       (5)

9.4 ŉ Elektriese haardroeër is gegradeer as 2 200 W by 240 V. Neem aan dat die
    haardroeër ŉ suiwer resistor is. Bereken die maksimum stroomsterkte wat deur die
    haardroeër vloei wanneer dit gebruik word.                                             (4)
                                                                                          [17]

                                                                                           b.o.

### Page 14

FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
                                                                                             14
                                                (VRAESTEL 1)         10841/23

VRAAG 10 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die onderstaande diagram dui ŉ fotobuis aan wat gebruik is om die fotoëlektriese effek
te demonstreer. Die demonstrasie is uitgevoer deur ŉ rooi, ŉ groen, ŉ blou en ŉ
ultraviolet ligbron op die oppervlak van die fotobuis te skyn.

                                                KATODE

                                   Anode

                               Kragbron

Die resultate is in die onderstaande tabel aangeteken.

         DEMONSTRASIE            KLEUR VAN LIG WAT                 LESING OP
           NOMMER                   GEBRUIK IS                     AMMETER
              1                         Rooi                          Nee
              2                        Groen                           Ja
              3                         Blou                           Ja
              4                      Ultraviolet                       Ja

10.1   Verduidelik wat met die fotoëlektriese effek bedoel word.                                   (2)

10.2   Verduidelik waarom daar geen lesing op die ammeter verskyn wanneer ŉ rooi lig
       gebruik word nie.                                                                           (2)

10.3   Vir die volgende stellings, gebruik slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY
       DIESELFDE om die stelling te voltooi:

       10.3.1 Die kinetiese energie van die foto-elektrone … wanneer ultravioletlig op die
              oppervlak van die fotobuis geskyn word, in plaas van groen lig.                      (1)

       10.3.2 Die lesing op die ammeter … wanneer groen lig van hoër intensiteit op
              die oppervlak van die fotobuis geskyn word. Verduidelik hierdie
              waarneming.                                                                          (3)

10.4   Die katode is van kopermetaal gemaak met ŉ werksfunksie van 3,52 x 10-19 J.
       Indien ŉ ultravioletlig met ŉ golflengte van 390 nm tydens demonstrasie 4
       gebruik is, bereken die spoed van die foto-elektrone wat vrygestel is.                      (5)
                                                                                                  [13]

                                                                               TOTAAL:            150

                                            EINDE

### Page 15

FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
                                                                                 15
                                              (VRAESTEL 1)         10841/23

                       DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                PAPER 1 (PHYSICS)

                  GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                             VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                SYMBOL/SIMBOOL        VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                         g                    9,8 mꞏs-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
                                         G              6,67 x 10-11 Nꞏm2ꞏkg-2
Universele gravitasiekonstant
Radius of the Earth
                                         RE                 6,38 x 106 m
Radius van die Aarde
Mass of the Earth
                                         ME                5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
Speed of light in a vacuum
                                         c                 3,0 x 108 mꞏs-1
Spoed van lig in ŉ vakuum
Planck's constant
                                         h                 6,63 x 10-34 Jꞏs
Planck se konstante
Coulomb's constant
                                         k               9,0 x 109 Nꞏm2ꞏC-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
                                         e                  -1,6 x 10-19 C
Lading op electron
Electron mass
                                         me                9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa

### Page 16

FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
                                                                                                                           16
                                                                            (VRAESTEL 1)         10841/23

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

                                                                  Δx  v i Δt  21 at 2 or/of
 v f  v i  a t
                                                                  Δy  v i Δt  21 at 2
                                                                        v  vf                 v  vf 
   2       2                           2
 v f  v i  2ax or/of v f  v i  2ay
                                              2
                                                                  Δx   i       Δt or/of Δy   i       Δt
                                                                        2                      2 

FORCE/KRAG

Fnet  ma                                                        p  mv
 fsmax   sN                                                    fk   k N
Fnet t  p
                                                                  w  mg
 p  mv f  mv i
          m 1m 2                               m 1m2                        M                       M
FG                     or/of          FG                       gG               or/of         gG 2
            d   2
                                                  r   2
                                                                            d2                      r

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

 W  Fx cos                                                    U  mgh                 or/of        E P  mgh
                                                                  Wnet  K              or/of        Wnet  E k
   1                                            1
K  mv 2                or/of              E k  mv 2
   2                                            2
                                                                 K  K f  K i          or/of        E k  E kf  E ki
                                                                    W
 Wnc  K  U or/of Wnc  E k  E p                           P
                                                                    t
Pave  Fvave              Pgem  Fv gem
                    /

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                                        1
 v f                                                           T
                                                                        f
        v  vL                         v  vL                                                     c
 fL           fs               fL           fb                 E  hf          or/of     E h
        v  vs                         v  vb                                                     

E  Wo  Ek(max)            or/of           E  Wo  K max where/waar
                                                                        1                               1
E  hf and/en W0  hf0                      and/en        E k (max)         2
                                                                          mv max    or/of K max             2
                                                                                                          mv max
                                                                        2                               2

### Page 17

FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
                                                                                                       17
                                                                 (VRAESTEL 1)         10841/23

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

   kQ 1Q 2                                                kQ
F                                                     E
      r2                                                   r2
   W                                                      F
V                                                     E
    q                                                     q
   Q                          Q
n         or/of         n
    e                         qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

     V                                                 emf ( ε ) = I(R + r)
R
     I                                                 emk ( ε ) = I(R + r)
Rs  R1  R2  ...
  1   1   1                                            q  It
           ...
 R p R1 R 2

W = Vq                                                      W
                                                       P
                                                            Δt
W = VI  t
                                                       P = VI
W= I2R  t
                                                       P = I 2R
      V 2 Δt
W=                                                          V2
       R                                               P
                                                            R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                                       Pave  VrmsIrms       /   Pg
                                                                                  d
                                                                                  l
                                                                                  e
                                                                                  d
                                                                                  d
                                                                                  i
                                                                                  m
                                                                                  e      Vwk
                                                                                            g
                                                                                            w
                                                                                            k
                                                                                            g  I
           I max                               I
                                                   s
                                                   k
                                                   a
                                                   m
 I rms              /             I              2
                                       k
                                       g

                                                                                 Pg
                                                                                                   R
                                       w
                                                                                            k
             2                                         Pave  I rms
                                                                2
                                                                    R        /
                                                                                  d
                                                                                  l
                                                                                  e
                                                                                  d
                                                                                  d
                                                                                  i
                                                                                  m
                                                                                  e   I
                                                                                            g
                                                                                           2w

                                               V
            Vmax                   Vw                                                      2 gR
                                                   s
                                                   k
                                                   a
                                                   m
 Vrms                                             2
                                                                                 Pg
                     /                 k
                                        
                                                                                           Vw
                                       g                           2                           k
                                                                 Vrms
               2                                       Pave                          
                                                                                  d
                                                                         /
                                                                                  l
                                                                                  e
                                                                                  d
                                                                                  d
                                                                                  i
                                                                                  m
                                                                                  e
                                                                  R

### Page 18

FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
                                                                     18
                                     (VRAESTEL 1)         10841/23

ANTWOORDBLAD
VRAAG 7.3: PLAAS HIERDIE GRAFIEKBLAD IN JOU ANTWOORDBOEK.
NAAM VAN LEERDER:_________________________________________________

  0

## Related documents

- [Gr12 Physical Sciences P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-physical-sciences-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [PHYSICAL SCIENCES P1 GR12 QP JUNE2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-june2022-afrikaans/7da2a467-33ba-4d42-9de8-a501165ff1e0) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [PHYS SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2023 Xhosa](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr12-sept-2023-xhosa/2bbd2fc3-2b94-4d0c-9012-591942a529e4) — Physical Sciences · QP · 2023
- [Physical Sciences P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2023-afr/80867f16-662e-47e9-876d-cae8701a81ef) — Physical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Gr12 Physical Sciences P2 (English and Afrikaans) SEP 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-physical-sciences-p2-english-and-afrikaans-sep-2022-possible-answers/4d5542c1-6f3c-4307-b28a-61585b180bda) — Physical Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [Gr 12 Physical Sciences P1 (English and Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p1-english-and-afrikaans-june-2024-possible-answers/f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052) — Physical Sciences · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
