# Physical Sciences Grade 12 P1 North West June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-physical-sciences-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/15bd547a-0247-4282-8c13-d3d12d77c0eb
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: North West June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 North West June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-physical-sciences-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/15bd547a-0247-4282-8c13-d3d12d77c0eb)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · North West June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                 GRAAD 12

                     FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)
                                 JUNIE 2024

                                                                   PUNTE: 150

                                                                    TYD: 3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 3 gegewensblaaie.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 2

Fisiese Wetenskappe/V1                   2                               NW/Junie 2024
                                      Graad 12

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Skryf jou naam op die ANTWOORDEBOEK neer.

2.     Hierdie vraestel bestaan uit 10 vrae. Beantwoord AL die vrae in die
       ANTWOORDEBOEK.

3      Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

5.     Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
       VRAAG 2.2.

6.     Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.     Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.     Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.     Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

10.    Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
       plekke af.

11.    Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

12.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Fisiese Wetenskappe/V1                    3                              NW/Junie 2024
                                       Graad 12

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D)
langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.1.11 E.

1.1     Traagheid is die eienskap van ‘n voorwerp waar die voorwerp …

        A      kinetiese energie het.
        B      nie kan beweeg nie.
        C      'n krag nodig het om te versnel.
        D      tot rus kom wanneer die krag wat die beweging veroorsaak het,
               verwyder word.                                                               (2)

1.2     'n Satelliet wentel om die Aarde op 'n hoogte waar dit 'n gravitasiekrag vier
        keer minder as dié op die oppervlak van die aarde ervaar. As die aarde se
        radius R is, dan is die hoogte van die satelliet bo die aarde se oppervlak ...

        A      4R.
        B      3R.
        C      2R.
        D      R.                                                                           (2)

1.3     'n Bal, met massa m, tref 'n muur loodreg teen 'n spoed v. Die bal bons terug
        met dieselfde spoed v, soos in die diagram hieronder getoon.

        Die grootte van die verandering in momentum van die bal is …

        A      0.
        B      mv.
        C      2mv.
        D      3mv.                                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Fisiese Wetenskappe/V1                    4                              NW/Junie 2024
                                       Graad 12

1.4     Dieselfde krag van grootte F, word onderskeidelik op trollie A en B toegepas,
        soos in die skets hieronder getoon.

        Die massa van trollie A is twee keer dié van trollie B en die trollies is op
        dieselfde wrywinglose oppervlak. As die tempo van verandering in momentum
        van trollie A "x" is, sal die tempo van verandering van momentum van trollie
        B … wees.

        A      4x
        B      2x
        C      x
        D      ½x                                                                           (2)

1.5     'n Klip word vertikaal opwaarts gegooi en na 'n rukkie keer dit terug na die
        hand van die gooier. Watter EEN van die volgende versnelling-teenoor-tyd-
        grafieke verteenwoordig die volledige beweging van die klip die beste?

        Ignoreer die effek van lugweerstand.

                                                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Fisiese Wetenskappe/V1                   5                             NW/Junie 2024
                                      Graad 12

 1.6     Watter EEN van die volgende is ‘n voorbeeld van konserwatiewe krag?

         A      Gravitasie krag
         B      Spanning in ‘n tou
         C      Wrywingskrag
         D      Normaal krag                                                              (2)

 1.7     'n Horisontale krag FA word toegepas op 'n voorwerp wat op 'n gladde
         oppervlak geplaas word soos hieronder getoon.

         Die grafiek hieronder verteenwoordig die verband tussen die toegepaste krag
         en die werk wat op die voorwerp gedoen word.

         Die gradiënt van die grafiek verteenwoordig die …

         A      tyd wat dit die voorwerp geneem het.
         B      afstand wat deur die voorwerp beweeg word.
         C      snelheid van die voorwerp.
         D      versnelling van die voorwerp.                                             (2)

 1.8     'n Klankbron nader 'n stilstaande waarnemer teen konstante snelheid.
         Watter EEN van die volgende beskryf hoe die waargenome frekwensie en
         golflengte verskil van dié van die klankbron?

                    Waargenome frekwensie                Waargenome golflengte
          A                 Groter as                           Groter as
          B                 Kleiner as                          Kleiner as
          C                 Groter as                           Kleiner as
          D                 Kleiner as                          Groter as                 (2)
1.9     'n Polisiemotor nader 'n ongelukstoneel teen 'n konstante snelheid van
        80 km.h-1. Die sirene van die polisiemotor stuur klankgolwe uit met 'n
        frekwensie van 750 Hz. 'n Stilstaande waarnemer op die toneel meet die
        frekwensie van die klankgolwe.

        Watter EEN van die volgende frekwensie-tyd-grafieke toon die frekwensie
        gemeet deur die waarnemer?

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Fisiese Wetenskappe/V1      6         NW/Junie 2024
                         Graad 12

                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                  Blaai om asseblief

### Page 7

Fisiese Wetenskappe/V1                   7                           NW/Junie 2024
                                      Graad 12

1.10    Wetenskaplikes kan die absorbsiespektrum van verafgeleë sterre gebruik om
        te bepaal of die sterre na of weg van die aarde beweeg.

        Die diagramme hieronder toon die absorbsiespektrum van 'n gas van die son
        en van vier ander sterre, A, B, C en D soos vanaf die Aarde waargeneem.

        Watter ster, A, B, C of D beweeg weg van die aarde af?

                                                                                        (2)
                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Fisiese Wetenskappe/V1                     8                              NW/Junie 2024
                                        Graad 12

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy)

'n Blok A met massa 8 kg, wat op 'n ruwe horisontale tafel rus, word aan 'n ander
blok B met massa 16 kg verbind deur 'n ligte onrekbare tou wat oor 'n ligte wrywinglose
katrol beweeg. 'n Krag met grootte 192 N word vertikaal opwaarts op blok B toegepas
soos in die diagram hieronder getoon.

Die kinetiese wrywingskrag wat op blok A inwerk, is 23,52 N. Ignoreer die effek van
lugwrywing.

2.1     Stel Newton se Eerste Bewegingswet in woorde.                                        (2)

2.2     Teken 'n benoemde vrye liggaamdiagram vir blok A.                                    (4)

2.3     Bereken die grootte van die:

        2.3.1   Normaal krag wat op blok A inwerk                                            (3)

        2.3.2   Spanningskrag wat op blok A inwerk                                           (5)

Die tou wat A en B verbind, breek skielik terwyl krag F nog toegepas word.

2.4     Is die rigting van die versnelling van blok A nou na LINKS of REGS?
        Verduidelik jou antwoord.                                           (2)

2.5     Hoe sal die netto krag wat op blok B inwerk, beïnvloed word. Kies uit
        VERMEERDER, VERMINDER of BLY DIESELFDE.                                              (1)
                                                                                             [17]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Fisiese Wetenskappe/V1                    9                              NW/Junie 2024
                                       Graad 12

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy)

'n Blok met massa van 44 kg word op 'n growwe skuins oppervlak geplaas en is geheg
aan 'n 30 kg-blok wat vertikaal hang deur middel van 'n ligte onrekbare tou wat oor 'n
wrywinglose katrol beweeg, soos in die diagram hieronder getoon.
As die skuins oppervlak teen 'n hoek θ met die horisontaal is, beweeg die 30 kg-blok
afwaarts teen 'n KONSTANTE SNELHEID (soos aangetoon deur die pyltjie) .

3.1     Definieer normaal krag.                                                             (2)

3.2     Teken 'n benoemde kragtediagram van al die kragte wat op die 44 kg-blok
        inwerk.                                                                 (4)

3.3     'n Konstante wrywingskrag van 87,72 N werk in op die 44 kg-blok. Bereken
        die spanning in die tou wat hierdie stelsel teen 'n KONSTANTE SNELHEID
        laat beweeg.                                                             (3)

3.4     Bereken die grootte van die hoek θ wat die stelsel teen 'n KONSTANTE
        SNELHEID laat beweeg.                                                (2)
                                                                             [11]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Fisiese Wetenskappe/V1                    10                                NW/Junie 2024
                                       Graad 12

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy)

Tydens die Afrika-nasiesbeker (AFCON) is 'n standaard sokkerbal, met
'n massa van 0,41 kg, teen 'n snelheid van 15 m.s-1 wes geskop. Ronwen
Williams, Suid-Afrikaanse kaptein en ster doelwagter met 'n massa van
79 kg, beweeg teen 'n snelheid van 8 m.s -1 suid en reflekteer die bal ná
kontak teen 'n snelheid van 12 m.s-1 oos.
Die bal was vir 2 s in kontak met Ronwen se handskoene.

Ignoreer die effek van wrywing.

                                               12 m.s-1

                                                                            20 m.s-1

4.1     Stel Newton se Tweede Bewegingswet in terme van momentum.                            (2)

4.2     Bereken die grootte en rigting van:

        4.2.1   Ronwen se snelheid ná die botsing                                            (4)

        4.2.2   Gemiddelde netto krag uitgeoefen deur Ronwen op die sokkerbal                (3)

        4.2.3   Gemiddelde netto krag uitgeoefen deur die sokkerbal op Ronwen                (1)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Fisiese Wetenskappe/V1                                       11                            NW/Junie 2024
                                                          Graad 12

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy)

'n Verwoestingsbal (wrecking ball) tref 'n motor A met massa 20 000 kg, soos in die
diagram hieronder getoon. Motor A beweeg oor die pad en bots met motor B met
massa 15 000 kg.

                                              Motor A
                                                                             Motor B
                                              20 000 kg
                                                                             15 000 kg

           Momentum (kg.m.s-1)

Die momentum teenoor tyd sketsgrafiek word geteken (soos hierbo) vir motor A.
Die oomblik dat dit deur die verwoestingsbal getref word (t = 0 s), soos dit die
verwoestingsbal verlaat (t = t1) en soos dit bots met motor B (t = 0,25 s).

5.1     Stel die beginsel van behoud van lineêre momentum.                                                    (2)

5.2     Gebruik die inligting in die grafiek om:

        5.2.1                    Die waarde van die tyd,t1, te bereken as die krag wat deur die
                                 verwoestingsbal uitgeoefen word 7,4 x 105 N is.                (4)

        5.2.2                    Verduidelik waarom ons kan aanvaar dat die padoppervlak grof was. (2)

        5.2.3                    Die snelheid van motor B onmiddellik na die botsing te bereken.              (4)

5.3     Frommelsones dien as 'n veiligheidskenmerk tydens botsings.

        Gebruik die relevante wette van fisika om die doel van frommelsones in
        motors te verduidelik.                                                 (3)
                                                                               [15]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Fisiese Wetenskappe/V1                      12                           NW/Junie 2024
                                         Graad 12

VRAAG 6 (begin op 'n nuwe bladsy)

Die snelheid-teenoor-tydgrafiek hieronder toon die beweging van 'n bal wat vertikaal
afwaarts van die bokant van 'n gebou gegooi word en dan van die vloer af bons soos
dit die grond tref.

Ignoreer die effek van lugwrywing.

OPWAARTSE BEWEGING WORD AS POSITIEF BESKOU.

6.1     Definieer die term projektiel.                                                      (2)

6.2     Deur slegs BEWEGINGSVERGELYKINGS te gebruik, bereken die:

        6.2.1   Hoogte waarvan die bal gegooi word                                          (3)

        6.2.2   Tyd t op die grafiek                                                        (4)

        6.2.3   Grootte van die verplasing van die bal van die oomblik dat dit gegooi
                word tot tyd t                                                        (3)

6.3     Skets 'n posisie-teenoor-tydgrafiek vir die beweging van die bal vanaf die
        oomblik dat dit gegooi word totdat dit sy maksimum hoogte bereik na die bons.

        GEBRUIK DIE GROND AS DIE NULPOSISIE.

        Dui die volgende op die grafiek aan:
        •      Die hoogte waarvan die bal gegooi word
        •      Tyd t                                                                        (3)
                                                                                            [15]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Fisiese Wetenskappe/V1                     13                                NW/Junie 2024
                                        Graad 12

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy)

'n Hommeltuig (drone) styg vertikaal teen 'n konstante spoed van 16 m·s-1. Wanneer
dit 'n hoogte van 25 m bo die grond is word 'n pakkie laat val. Die pakkie ondergaan
beweging slegs onder die invloed van gravitasiekrag.

Ignoreer die effek van lugweerstand.

7.1     Gee EEN woord vir die onderstreepte frase in die scenario hierbo.                    (1)

7.2     Noem en definieer in woorde die wet wat verduidelik waarom die pakkie eers
        opwaarts beweeg, onmiddellik nadat dit laat val is.                        (3)

7.3     Bereken:

        7.3.1    Die maksimum hoogte bo die aarde wat die pakkie bereik                      (4)

        7.3.2    Die hoogte bo die grond toe die pakkie in die lug was vir
                 3,5 s nadat dit laat val is                                                 (5)

        7.3.3    Die tyd wat dit neem vir die pakkie om die grond te bereik                  (4)

7.4     Teken die snelheid-tydgrafiek vir die beweging van die pakkie van die oomblik
        dat dit laat val word totdat dit die grond bereik. Gebruik die grond as 'n NUL-
        verwysing.

        Dui die volgende op die grafiek aan:

               Die aanvanklike snelheid van die pakkie.
               Die tyd wat die pakkie die grond tref.                                       (3)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Fisiese Wetenskappe/V1                     14                             NW/Junie 2024
                                        Graad 12

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy)

Thabo met massa 70 kg gly teen 'n speelgrond glyplank af wat 'n hoek van 30° met
die horisontaal maak. As hy punt B bereik, is hy 'n hoogte van 2,8 m bo die grond en
het 'n spoed van 0,35 m.s-1.

8.1     Definieer die term nie-konserwatiewe krag.                                           (2)

'n Konstante wrywingskrag werk in op Thabo terwyl hy teen die glyplank af gly.

8.2     Noem 'n nie-konserwatiewe krag wat op Thabo inwerk.                                  (1)

Die koëffisiënt van kinetiese wrywing vir die oppervlak van die glyplank is 0,112.

8.3     Bereken die wrywingskrag wat Thabo ervaar terwyl hy van punt B na C op die
        glyplank gly.                                                              (3)

8.4     Gebruik SLEGS energiebeginsels en bereken die snelheid van Thabo op die
        laagste punt van die glyplank (punt C).                                 (5)

8.5     Die hoek tussen die horisontaal en die glyplank word vergroot.
        Hoe sal hierdie verandering die wrywingskrag wat op Thabo inwerk,
        beïnvloed?

        Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.

        Verduidelik die antwoord.                                                            (3)
                                                                                             [14]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Fisiese Wetenskappe/V1                      15                              NW/Junie 2024
                                         Graad 12

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy)

Om 'n veldbrand te blus, word 'n groot emmer (massa 100 kg) gevul met 2 400 kg
water. Dit word vertikaal opwaarts gelig deur 'n helikopter, tot 'n hoogte van 50 m, teen
KONSTANTE SPOED van 2 m·s-1. Die spanning in die kabel is 15 000 N.

Aanvaar dat daar geen sywaartse beweging is nie.

9.1     Stel in woorde, die werk-energie beginsel.                                             (2)

9.2     Teken 'n benoemde vryeliggaam diagram van AL die kragte wat op die emmer
        inwerk, terwyl dit opwaarts opgelig word.                                (3)

9.3     Gebruik SLEGS energiebeginsels om die arbeid wat deur lugweerstand
        veroorsaak word op die emmer water, nadat dit 'n hoogte van 50 m beweeg
        het, uit te werk.                                                       (5)

9.4     As dit 30 minute neem tot by die vuur, bereken die hoeveelheid drywing wat
        deur lugweerstand op die emmer water, nadat dit deur 'n hoogte van 50 m
        beweeg het, toegepas word.                                                 (3)
                                                                                   [13]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Fisiese Wetenskappe/V1                      16                           NW/Junie 2024
                                         Graad 12

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy)

'n Taxibestuurder druk sy toeter, die taxi beweeg teen 'n konstante spoed en stel 'n
klankgolf met frekwensie 400 Hz vry. 'n Man wat langs die pad staan, hoor die
frekwensie van 383 Hz wanneer die taxi weg van hom af beweeg. 'n Vrou wat verder
weg staan, neem ‘n frekwensie van 418,5 Hz waar, wanneer die taxi na haar toe
beweeg. Gebruik die spoed van klank in lug as 340 m∙s-1.

          383 Hz                                400 Hz                   418,5 Hz
10.1      Stel die Doppler-effek in woorde.                                              (2)

10.2      Sal die frekwensie wat die bestuurder van die taxi hoor, GROTER AS,
          DIESELFDE of KLEINER AS 400 Hz wees? Gee 'n rede vir die antwoord.             (2)

10.3      Bereken die spoed van die taxi.                                                (5)

10.4      Skryf TWEE toepassings neer van die Doppler-effek in medisyne.                 (2)

'n Heliumlyn vanaf die spektrum van die son het 'n frekwensie van 6,20 x 10 14 Hz. Die
frekwensies van dieselfde heliumlyn vanaf die Aarde, wat in die emissie spektrum van
twee sterre waargeneem word, is:

Ster X:     6,24 x 1014 Hz
Ster Y:     6,04 x 1014 Hz

10.5      Noem die verskynsel wat waargeneem word.                                       (1)

10.6      Kies die diagram wat die beste by ster Y pas en verduidelik jou antwoord.

                                                                                         (3)
                                                                                         [15]

                                                                           TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Fisiese Wetenskappe/V1                    1                             NW/Junie 2024
                                       Graad 12

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                   PAPER 1 (PHYSICS)

                     GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                 SYMBOL/SIMBOOL      VALUE/WAARDE
 Acceleration due to gravity
                                            g               9,8 m·s-2
 Swaartekragversnelling
 Universal gravitational constant
                                           G          6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
 Universele gravitasiekonstant
 Speed of light in a vacuum
                                            c            3,0 x 108 m·s-1
 Spoed van lig in 'n vakuum
 Planck's constant
                                            h            6,63 x 10-34 J·s
 Planck se konstante
 Coulomb's constant
                                            k           9,0 x 109 N·m2·C-2
 Coulomb se konstante
 Charge on electron
                                            e             1,6 x 10-19 C
 Lading op elektron
 Electron mass
                                           me            9,11 x 10-31 kg
 Elektronmassa
 Mass of the Earth
                                           ME             5,98 x 1024 kg
 Massa van die Aarde
 Radius of the Earth
                                           RE             6,38 x 106 m
 Radius van die Aarde

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 18

Fisiese Wetenskappe/V1                                   2                                               NW/Junie 2024
                                                      Graad 12

                              TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

 v f  v i  a t                                      Δx  v i Δt  21 at 2 or/of Δy  v i Δt  21 at 2

                                                             v  vf                 v  vf 
 vf
      2
           v i  2ax or/of v f
              2                    2
                                        v i  2ay
                                          2
                                                       Δx   i       Δt or/of Δy   i       Δt
                                                             2                      2 

FORCE/KRAG

 Fnet  ma                                             p  mv
              sN
      max
 fs                                                    fk    kN

 Fnet t  p
                                                       w  mg
 p  mv f – mv i
             m1m 2                            m1m 2              M                                 M
  FG                   or/of          FG             g G                   or/of         g G
              d2                               r2                d2                                r2

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

 W  Fx cos                                          U  mgh                 or/of        E P  mgh
                                                       Wnet  K              or/of        Wnet  Ek
    1                                     1
 K  mv 2             or/of          E k  mv 2
    2                                     2
                                                       K  K f  K i         or/of    Ek  Ekf  Eki
                                                            W
 Wnc  K  U or/of            Wnc  Ek  Ep        P
                                                            t

 Pave  Fv ave / Pgemid  Fv gemid

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                            1
 vf                                                  T
                                                            f

          v  vL                     v  vL                                            c
 fL             fs           fL           fb         E  hf         or/of     E h
          v  vs                     v  vb                                            

 E  Wo  Ek(max) or/of 𝐸 = 𝑊𝑜 + 𝐾𝑚𝑎𝑥 where/waar
 E  hf and/en W0  hf0 and/en E k (max) 
                                                      1    2
                                                        mv max    or/of K max  1 mv max
                                                                                     2

                                                      2                                2

Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 19

Fisiese Wetenskappe/V1                                  3                                       NW/Junie 2024
                                                     Graad 12

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

      kQ 1Q 2                                                   kQ
 F                                                      E
        r2                                                      r2

      W                                                       F
 V                                                      E
      q                                                       q
                                    Q
  n
       Q           or/of       n
       e                            qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                                        emf ( ε )  I(R + r)
    V
 R
    I
                                                        emk ( ε )  I(R + r)

 R s  R1  R 2  ...
  1   1   1                                              qI  t
           ...
 R p R1 R 2

 W  Vq                                                  P
                                                                W
                                                                Δt
 W  VI  t
                                                        P  VI
 W  I2R  t
                                                         P  I 2R
          V Δt
           2

 W                                                         V2
           R                                             P
                                                            R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

        I                                    I
 I rms  max               /         I w gk  maks       Pave  Vrms Irms   /   Pgemiddeld  Vw gkI w gk
          2                                     2

           Vmax                                          Pave  Irms
                                                                 2
                                                                     R      /   Pgemiddeld  I 2w gkR
 Vrms                     /
               2                                                    2
                                                                  Vrms                          Vw2 gk
 Vw gk 
           Vmaks                                         Pave              /    Pgemiddeld 
                                                                   R                             R
                 2

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Gr 12 Physical Sciences P1 (English and Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p1-english-and-afrikaans-june-2024-possible-answers/f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052) — Physical Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Physical Sciences P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a) — Physical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [PHYSICAL SCIENCES P1 GR12 QP JUNE2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-june2022-afrikaans/7da2a467-33ba-4d42-9de8-a501165ff1e0) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [kzn=G12 Physical Sciences P1 Sep 2024 KZN QP Scanned by Farhad Akoo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-g12-physical-sciences-p1-sep-2024-kzn-qp-scanned-by-farhad-akoo/21919713-0b36-4903-ba81-155d000a162d) — Physical Sciences · QP · 2024
- [mp=P. Sciences P 1 Sept 2024 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/mp-p-sciences-p-1-sept-2024-mpumalanga/40cb47ca-3caa-477f-aa74-1e4a27d9f510) — Physical Sciences · QP · 2024
- [Physical Sciences Physics P1 QP May June 2024 North West](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-p1-qp-may-june-2024-north-west/4851c663-ba39-4265-b12f-37957af65e66) — Physical Sciences · QP · 2024

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
