# Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-physical-sciences-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/6372f66b-d51e-4547-a660-48eac95ac935
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-physical-sciences-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/6372f66b-d51e-4547-a660-48eac95ac935)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                     FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)

                                 NOVEMBER 2025

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 3 gegewensblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Fisiese Wetenskappe/V1                      2                         DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.       Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op die
          ANTWOORDEBOEK neer.

 2.       Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
          ANTWOORDEBOEK.

 3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

 4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

 5.       Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
          VRAAG 2.2.

 6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 7.       Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

 8.       Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
          plekke af.

 9.       Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

 10.      Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

 11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Fisiese Wetenskappe/V1                                 3                            DBE/November 2025
                                                  NSS Vertroulik

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE                           2025

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag
 het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A−D) langs
 die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 E.

 1.1      Die netto krag wat op 'n voorwerp op 'n horisontale oppervlak inwerk, is
          altyd …

          A            in die rigting van beweging van die voorwerp.

          B            in die rigting van versnelling van die voorwerp.

          C            nul wanneer die voorwerp teen konstante versnelling beweeg.

          D            toenemend wanneer die voorwerp teen konstante versnelling beweeg.                   (2)

 1.2      'n Warmlugballon beweeg opwaarts teen 'n konstante snelheid. 'n Klein
          klippie word uit DIE BALLON laat val. Watter EEN van die volgende grafieke
          verteenwoordig die bewegings van die lugballon en die klippie?

          Ignoreer die effekte van wrywing op die klippie.

          A                                                      B
                                         klippie

           v (m·s-1)
                                             ballon                                     ballon
                                                                 v (m·s-1)
                       0                          t (s)                         0           t (s)

                                                                                     klippie

          C                                                      D

                                                                                     klippie
                                        klippie

          v (m·s-1)
                                            ballon
                                                                    v (m·s-1)
                                                                                         ballon
                       0                          t (s)                         0              t (s)

                                                                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Fisiese Wetenskappe/V1                       4                         DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 1.3      'n Motor wat aan die grond vasgemaak is, word gebruik om 'n houer vertikaal
          opwaarts teen 'n KONSTANTE SNELHEID te lig.

                                                houer

                                      motor
                                                               grond

           Beskou die stellings hieronder vir die opwaartse beweging van die houer.

           (i) Die tempo waarteen arbeid deur die motor verrig word, neem toe.
           (ii) Die tempo waarteen arbeid deur die motor verrig word, bly konstant.
           (iii) Die meganiese energie van die houer neem toe.
           (iv) Die meganiese energie van die houer bly konstant.

          Watter van die stellings hierbo is KORREK?

          A     Slegs (i) en (iii)

          B     Slegs (ii) en (iv)

          C     Slegs (ii) en (iii)

          D     Slegs (i) en (iv)                                                              (2)

 1.4      Voorwerpe P en Q, met massas m en 2m onderskeidelik, het dieselfde
          momentum.

                                                         Q
                            P

          Die snelheid van P is …

          A     gelyk aan die snelheid van Q.

          B     die helfte van die snelheid van Q.

          C     dubbel die snelheid van Q.

          D     vier keer die snelheid van Q.                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Fisiese Wetenskappe/V1                          5                        DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 1.5      'n Blok beweeg oor 'n ruwe horisontale oppervlak terwyl 'n horisontale krag F
          met 'n grootte van 18 N en 'n konstante kinetiese wrywingskrag met 'n grootte
          van 6 N daarop inwerk.

                            fk = 6 N                                F = 18 N

          Watter EEN van die volgende kombinasies oor VERSNELLING en NETTO
          ARBEID VERRIG OP DIE BLOK is KORREK?

                                                  NETTO ARBEID
                         VERSNELLING
                                                VERRIG OP DIE BLOK
           A               Konstant                     Neem toe
           B               Neem toe                     Konstant
           C               Neem toe                     Neem toe
           D               Konstant                     Konstant                                  (2)

 1.6      'n Ster se spektrum, soos waargeneem vanaf die Aarde, het rooiverskuiwing
          ondergaan. Watter EEN van die volgende stellings is KORREK?

          A     Die spoed van lig neem toe.

          B     Die ster beweeg na die Aarde toe.

          C     Die frekwensie van elke spektrumlyn neem toe.

          D     Die golflengte van elke spektrumlyn neem toe.                                     (2)

 1.7      Drie puntladings, Q1, Q2 en Q3, is vas in 'n reguit lyn. Q1 is r meter van Q2 af,
          terwyl Q3 2r meter van Q2 af is, soos in die diagram hieronder getoon.

                            Q1                Q2                    Q3

                                       r                    2r

          Die grootte van die lading op Q2 is q. Die netto elektrostatiese krag op lading
          Q1 is nul.

          Wat is die grootte van lading Q3 in terme van q?
                 1
          A          q
                 9

                 1
          B          q
                 3

          C      3q

          D      9q                                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Fisiese Wetenskappe/V1                       6                               DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 1.8      Drie identiese gloeilampe, X, Y en Z, is in 'n stroombaan verbind, soos in die
          diagram hieronder getoon. Skakelaar S is aanvanklik gesluit.

          Ignoreer die interne weerstand van die battery.

                                        X                      S

                                                  Y                 Z

          Skakelaar S word nou oopgemaak.

          Hoe sal die helderheid van gloeilampe X en Y beïnvloed word?

                         HELDERHEID VAN                  HELDERHEID VAN
                          GLOEILAMP X                     GLOEILAMP Y
              A             Neem toe                        Neem af
              B             Neem af                         Neem toe
              C             Neem toe                        Neem toe
              D             Neem af                         Neem af                                 (2)

 1.9      Hoe verseker die kommutator in 'n GS-motor dat die spoel voortdurend in EEN
          rigting roteer?

          A       Deur wrywing te verminder

          B       Deur WS in GS om te skakel

          C       Deur die rigting van die stroom in die spoel om te draai

          D       Deur elektriese kontak tussen die eksterne en die interne stroombane te
                  handhaaf                                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Fisiese Wetenskappe/V1                      7                             DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 1.10     Lig van verskillende golflengtes is invallend op 'n metaaloppervlak.

          Watter EEN van die volgende grafieke toon die KORREKTE verwantskap
          tussen die maksimum kinetiese energie van die foto-elektrone, Ek(maks), en die
                                                                1
          omgekeerde van die golflengte van die invallende lig, λ?

          A                                         B

          Ek(maks)(J)                                   Ek(maks)(J)
                                        1                                           1
                        0                   (m-1)                     0                 (m-1)
                                        λ                                           λ

          C                                         D

          Ek(maks)(J)                                   Ek(maks)(J)
                                        1                                           1
                        0                   (m-1)                     0                 (m-1)
                                        λ                                           λ

                                                                                                 (2)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Fisiese Wetenskappe/V1                      8                            DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

 'n Blok met 'n massa van 5 kg is in rus op 'n ruwe horisontale oppervlak. Wanneer 'n
 konstante krag F, met 'n grootte van 18 N, op die blok teen 'n hoek θ met die horisontaal
 inwerk, ervaar die blok maksimum statiese wrywing. Sien die diagram hieronder.

                                                        F = 18 N
                                   5 kg        θ

 2.1      Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde.                                           (2)

 2.2      Teken 'n benoemde vrye liggaamdiagram (vrye kragtediagram) wat AL die
          kragte wat op die blok inwerk, toon.                                                    (4)

 2.3      Die horisontale komponent van krag F is 15 N.

          Bereken:

          2.3.1      θ                                                                            (2)

          2.3.2      Die koëffisiënt van statiese wrywing                                         (5)

 2.4      Hoek θ word verklein terwyl die grootte van krag F konstant bly.

          Hoe sal die wrywing wat op die blok inwerk, beïnvloed word? Kies uit
          TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE. Verduidelik die antwoord.                             (4)
                                                                                                  [17]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Fisiese Wetenskappe/V1                        9                         DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

 'n Bal word vertikaal opwaarts geprojekteer vanaf die bokant van 'n gebou wat 5 m hoog
 is. Ignoreer die effekte van wrywing.

                            5m

 Die tabel hieronder toon die grootte van die snelheid van die bal op DRIE verskillende
 tye gedurende die beweging daarvan.

                             TYD (s)         GROOTTE VAN
                                            SNELHEID (m·s-1)
                                0                15
                                p                 0
                               3,36               q

 3.1      Definieer die term vryval.                                                            (2)

 3.2      Gebruik SLEGS BEWEGINGSVERGELYKINGS en bereken die waarde van p.                      (3)

 Die bal tref die grond 3,36 sekondes nadat dit opwaarts gegooi is.

 3.3      Bereken q.                                                                            (3)

 Die bal hop tot 'n maksimum hoogte van 3 m nadat dit die grond getref het.

 3.4      Is die botsing met die grond ELASTIES of ONELASTIES?

          Verduidelik die antwoord SONDER die gebruik van berekeninge.                          (3)

 3.5      Teken 'n snelheid-teenoor-tydgrafiek vir die beweging van die bal vanaf die tyd
          wat dit geprojekteer is totdat dit die maksimum hoogte bereik het nadat dit
          gehop het.

          Toon die volgende NUMERIESE WAARDES op die grafiek:

          •   Die aanvanklike snelheid
          •   Tyd p
          •   Snelheid q                                                                        (4)
                                                                                                [15]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Fisiese Wetenskappe/V1                                                   10                         DBE/November 2025
                                                                    NSS Vertroulik

 VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

 Krieketspelers by 'n akademie voer 'n eksperiment uit om die verwantskap te bepaal
 tussen die kontaktyd en die finale momentum van 'n bal vir 'n konstante gemiddelde
 netto krag.

 'n Krieketbal met 'n massa van 150 g word horisontaal teen 'n sekere aanvanklike
 snelheid gegooi en word met 'n kolf geslaan sodat die bal in die teenoorgestelde rigting
 beweeg, soos in die diagram hieronder getoon. Die gemiddelde netto krag wat op die
 bal inwerk, is horisontaal.

                                                           kolf
                                                                         vi
                                                                                     bal
                                                                         vf

 Die eksperiment word herhaal met dieselfde bal. Die gemiddelde netto krag en die
 aanvanklike snelheid van die bal bly konstant. Die kontaktyd tussen die kolf en die bal
 word ELKE keer verander. Die resultate verkry, word in die sketsgrafiek hieronder
 getoon.

                     Finale momentum pf (kg·m·s-1)
                                                     4,5

                                                       0
                                                                  0,01          0,03 Kontaktyd Δt (s)

 4.1      Definieer die term impuls.                                                                                         (2)

 4.2      Bereken die:

          4.2.1 Gemiddelde netto krag wat op die bal inwerk                                                                  (3)

          4.2.2 Grootte van die aanvanklike snelheid van die bal                                                             (4)

 4.3      Teken die grafiek in die ANTWOORDEBOEK oor en benoem dit as A.

          Op dieselfde assestelsel, teken die grafiek wat verkry sal word wanneer 'n bal
          met 'n groter massa gebruik word, sonder om die aanvanklike snelheid en die
          gemiddelde netto krag te verander. Benoem dit as B.                                                                (2)
                                                                                                                             [11]

Kopiereg voorbehou                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Fisiese Wetenskappe/V1                       11                          DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

 'n Krat met 'n massa van 3 kg is in rus by punt A op 'n wrywinglose horisontale oppervlak.
 'n Konstante horisontale krag F van 12 N werk in op die krat en beweeg dit van punt A
 na punt B. Die krat beweeg dan teen 'n ruwe skuinsvlak af, teen 'n hoek van 20° met die
 horisontaal. Die afstand vanaf punt A na punt B is 7 m en vanaf punt B na punt C
 6,8 m, soos in die diagram hieronder getoon.

                3 kg         F = 12 N         3 kg

                                  7m
                       A                                 B

                                                                         C
                                                                             20º
                                   Grond

 5.1      Stel die arbeid-energie-stelling in woorde.                                             (2)

 5.2      Gebruik SLEGS ENERGIEBEGINSELS en bereken die kinetiese energie van
          die krat by punt B.                                                                     (3)

 Krag F word verwyder wanneer die krat punt B bereik. Die krat ervaar dan 'n konstante
 wrywingskrag van 21 N soos dit teen die skuinsvlak afbeweeg.

 5.3      Teken 'n vrye liggaamdiagram (vrye kragtediagram) wat AL die kragte toon wat
          op die krat inwerk soos dit teen die skuinsvlak afbeweeg.                               (3)

 5.4      Gebruik SLEGS ENERGIEBEGINSELS en bepaal of die krat by punt C sal
          verbygaan.                                                                              (5)
                                                                                                  [13]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Fisiese Wetenskappe/V1                                                 12                            DBE/November 2025
                                                                  NSS Vertroulik

 VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
 'n Ondersoek word uitgevoer om die verwantskap te bepaal tussen die snelheid van 'n
 bewegende klankbron en die frekwensie van die klank waargeneem.
 Die sirene van 'n ambulans bring klank met 'n konstante frekwensie voort. Die ambulans,
 met sy sirene aan, beweeg na 'n stilstaande klankdetektor (Deel A) en weg van die
 stilstaande klankdetektor (Deel B) teen konstante snelhede. Die eksperiment word vir
 verskillende snelhede van die ambulans herhaal. Die waargenome frekwensie word vir
 ELKE snelheid gemeet. Die resultate verkry, word in die grafiek hieronder getoon.

                                          Ambulans                                                   Klankdetektor
       Deel A

                                       Klankdetektor                Ambulans
       Deel B

                                       1 298

          Waargenome frekwensie (Hz)
                                       1 115

                                            0
                                                       5     10        15          20   25      30
                                                                            Snelheid van die ambulans (m·s-1)

 6.1      STEL die Doppler-effek.                                                                                            (2)
 6.2      Vir hierdie eksperiment, skryf neer:
          6.2.1                                Die onafhanklike veranderlike                                                 (1)
          6.2.2                                'n Gekontroleerde veranderlike                                                (1)
 6.3      Watter gevolgtrekking kan vir Deel B van hierdie eksperiment gemaak word?                                          (2)
 6.4      Bereken die spoed van klank in lug.                                                                                (6)
                                                                                                                             [12]

Kopiereg voorbehou                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Fisiese Wetenskappe/V1                       13                           DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

 'n Sfeer X word by punt A op 'n horisontale oppervlak geplaas. X dra 'n lading van
 +3 x 10−7 C. Punt P is r meter links van punt A.

                                  r
                     P                          X

                                                A

 Die grootte van die elektriese veld by punt P is 1,08 x 106 N∙C−1.

 7.1      Beskryf 'n elektriese veld.                                                             (2)

 7.2      Teken die elektrieseveldpatroon as gevolg van die lading op sfeer X.                    (2)

 7.3      Toon, deur middel van 'n berekening, dat r = 0,05 m.                                    (3)

 Sfeer Y, wat 'n lading van −5 x 10−7 C dra, is nou vas by punt P en sfeer Z, wat 'n lading
 van −4 x 10−7 C dra, is vas 0,04 m regs van sfeer X.

                 −5 x 10−7 C               +3 x 10−7 C            −4 x 10−7 C

                         Y                      X                     Z

                                   r                     0,04 m
                                                A

 7.4      Die NETTO KRAG wat op sfeer X inwerk, is 0,0427 N by punt A.

          Is die oppervlak wrywingloos? Kies uit JA of NEE. Verduidelik die antwoord
          deur middel van 'n berekening.                                                          (6)

 7.5      Sfeer Y word met sfeer X in kontak gebring, en word dan in sy oorspronklike
          posisie teruggeplaas.

          Hoe sal die grootte van die krag wat sfeer X nou op sfeer Y uitoefen, beïnvloed
          word? Kies uit TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.                                        (2)
                                                                                                  [15]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Fisiese Wetenskappe/V1                        14                         DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

 Twee identiese hoofligte, L1 en L2, en 'n aansitmotor, M, van 'n kar word aan 'n battery
 verbind, soos in die stroombaandiagram hieronder getoon. Die weerstand van elke
 hooflig is 12 Ω, terwyl die weerstand van die aansitmotor 0,1 Ω is. Die emk (Ɛ) en interne
 weerstand (r) van die battery is onbekend.

 Die ammeters en die verbindingsdrade het weglaatbare weerstand, terwyl die voltmeter
 'n hoë weerstand het. Skakelaars S1 en S2 is aanvanklik oop.

                              A1                 A2

                                          r

 L1             L2
                                     Ɛ                    V                      Aansitmotor
12 Ω           12 Ω                                                        M
                                                                                   0,1 Ω

                                S1                                 S2

 8.1      Definieer die term emk.                                                                 (2)

 8.2      Skakelaar S1 bly oop terwyl skakelaar S2 gesluit word.
          Die lesing op ammeter A2 is 120 A.

          Bereken die lesing op die voltmeter.                                                    (3)

 8.3      Skakelaar S1 word nou gesluit en skakelaar S2 word oopgemaak. Die drywing
          verbruik deur elke gloeilamp is 15 W.

          8.3.1       Bereken die stroom wat deur L1 gaan.                                        (3)

          8.3.2       Skryf die lesing op ammeter A1 neer.                                        (1)

 8.4      Bereken die emk van die battery.                                                        (6)

 8.5      Beide skakelaars word nou gesluit.
          Hoe sal die lesing op ammeter A1 beïnvloed word? Kies uit TOENEEM,
          AFNEEM of BLY DIESELFDE.

          Verduidelik die antwoord SONDER om 'n berekening te gebruik.                            (5)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Fisiese Wetenskappe/V1                      15                                  DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

 'n WS-generator laat 'n waaier werk. Die rigtings van die rotasie van die spoel en die
 geïnduseerde stroom word in die vereenvoudigde diagram hieronder getoon.

                                                                   Z

                                                           V           Waaier

 9.1      Definieer die term wgk-potensiaalverskil.                                                    (2)

 9.2      Wat is die polariteit van die magneet by Z?                                                  (2)

 9.3      Die weerstand van die waaier is 60 Ω en die maksimum potensiaalverskil
          gelewer deur die generator is 311,11 V. Bereken die koste om die waaier vir
          1,5 ure te laat werk indien die koste van elektrisiteit R3,33 per kWh is.                    (5)

 Die potensiaalverskil-teenoor-tydgrafiek vir hierdie generator word hieronder getoon.

           Potensiaalverskil (V)
                              0
                                                               4   Tyd (s)

 9.4      Teken hierdie grafiek in die ANTWOORDEBOEK oor en benoem dit as A. Op
          dieselfde assestelsel, teken die grafiek vir EEN rotasie van die spoel wanneer
          die rotasiespoed verdubbel word. Benoem dit as grafiek B.                                    (3)

 9.5      Noem EEN manier waarop hierdie generator na 'n GS-generator verander kan
          word.                                                                                        (1)
                                                                                                       [13]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 16

Fisiese Wetenskappe/V1                                           16                           DBE/November 2025
                                                            NSS Vertroulik

 VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

 10.1     Leerders voer 'n eksperiment uit om te bepaal of elektrone van die oppervlak
          van verskillende metale vrygestel sal word wanneer lig met 'n enkel frekwensie
          invallend op die metaal is. Die maksimum kinetiese energie van die vrygestelde
          elektrone word gemeet wanneer lig met 'n frekwensie van 1,045 × 1015 Hz
          gebruik word.
          Die resultate verkry, word in die tabel hieronder getoon.

              METALE                                  ELEKTRONE              MAKSIMUM KINETIESE
                                                      VRYGESTEL                 ENERGIE (J)
          Sink                                            Ja                          0
          Natrium                                         Ja                     2,53 × 10−19
          Sesium                                          Ja                     3,50 × 10−19
          Metaal M                                       Nee                          –

          10.1.1                          Definieer die term werksfunksie.                                        (2)

          10.1.2                          Skryf die drumpelfrekwensie van sink neer.                              (1)

          10.1.3                          Hoe vergelyk die werksfunksie van natrium met dié van sesium?
                                          Kies uit KLEINER AS, GROTER AS of DIESELFDE. Verduidelik die
                                          antwoord.                                                               (3)

          10.1.4                          Lig met dieselfde frekwensie, maar met 'n hoër intensiteit, word nou
                                          op metaal M geskyn. Sal elektrone nou vrygestel word? Kies uit JA
                                          of NEE. Gee 'n rede vir die antwoord.                                   (2)

 10.2     Die energiediagram hieronder (NIE volgens skaal geteken NIE) toon die
          elektronenergieë in verskillende energievlakke, E1, E2 en E3, van 'n sekere
          atoom.

                     Toenemende energie
                                                                               E3 = 5,7 x 10-19 J

                                                                               E2 = 5,1 x 10-19 J

                                                                               E1 = 1,3 x 10-19 J

          10.2.1                          'n Elektron van hierdie atoom beweeg van E3 na E1. Foton X word
                                          vrygestel. Bereken die frekwensie van foton X.                          (4)

          10.2.2                          Is dit moontlik vir 'n foton met 'n energie van 2,5 x 10-19 J om uit
                                          hierdie atoom vrygestel te word? Kies uit JA of NEE. Gee 'n rede vir
                                          die antwoord.                                                           (2)
                                                                                                                  [14]
                                                                                                    TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Fisiese Wetenskappe/V1                     1                    DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

                         DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                   PAPER 1 (PHYSICS)

                 GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                            VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                 SYMBOL/SIMBOOL      VALUE/WAARDE
 Acceleration due to gravity
                                              g              9,8 m·s-2
 Swaartekragversnelling
 Universal gravitational constant
                                              G        6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
 Universele gravitasiekonstante
 Radius of the Earth
                                             RE            6,38 x 106 m
 Radius van die Aarde
 Mass of the Earth
                                             ME           5,98 x 1024 kg
 Massa van die Aarde
 Speed of light in a vacuum
                                              c            3 x 108 m·s-1
 Spoed van lig in 'n vakuum
 Planck's constant
                                              h           6,63 x 10-34 J·s
 Planck se konstante
 Coulomb's constant
                                              k          9 x 109 N·m2·C-2
 Coulomb se konstante
 Charge on electron
                                              e            1,6 x 10-19 C
 Lading op elektron
 Electron mass
                                             me           9,11 x 10-31 kg
 Elektronmassa

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Fisiese Wetenskappe/V1                                   2                                      DBE/November 2025
                                                    NSS Vertroulik

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

 v f = vi + a ∆t                                        Δx = v i Δt + 21 a∆t 2 or/of Δy = v i Δt + 21 a∆t 2

                                                              v + vf                 v + vf 
 v 2f = v i2 + 2a Δx or/of v 2f = v i2 + 2a Δy          Δx =  i       Δt or/of Δy =  i       Δt
                                                              2                      2 

FORCE/KRAG

 Fnet = ma                                              p = mv

 fs
      max
            = μsN                                       fk = μkN
 Fnet Δt = Δp
                                                        w = mg
 Δp = mv f - mv i
       mm                                       m1m 2             M                        M
 F= G 12 2        or/of                 F =G            g=G                or/of        g=G 2
        d                                        r2               d2                       r

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

 W = FΔxcos θ                                           U = mgh                or/of    EP = mgh
                                                        Wnet = ΔK              or/of        Wnet = ∆Ek
 K=         1
            2   mv2     or/of     Ek =    1
                                          2   mv2
                                                        ∆K = K f − K i         or/of    ∆Ek = Ekf − Eki
                                                              W
 Wnc =ΔK+ΔU or/of Wnc = ΔE k + ΔE p                     P =
                                                              Δt
 Pave = Fvave           /   Pgemid = Fvgemid

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                              1
 v = fλ                                                 T =
                                                              f
            v ± vL                      v ± vL                                         hc
 fL =              fs        /   fL =          fb       E = hf         or/of     E =
            v ± vs                      v ± vb                                          λ
 E = Wo + Ek(max) or/of E = Wo + K max where/waar
                                                         1    2                             1    2
 E = hf and/en Wo = hfo and/en Ek (max) =                  mv max      or/of K max =          mv max
                                                         2                                  2

Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 19

Fisiese Wetenskappe/V1                                 3                                  DBE/November 2025
                                                  NSS Vertroulik

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

       kQ1Q 2                                               kQ
 F =                                                  E =
         r2                                                 r2

       W                                                    F
 V=                                                   E=
       q                                                    q

       Q                           Q
  n=              or/of       n=
       e                           qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

       V
                                                      emk (ε) = I(R + r)
 R=
       I
                                                      emk (ε) = I(R + r)
 R s = R1 + R 2 + ...
  1   1   1                                           q = IΔt
    =   +   + ...
 R p R1 R 2

 W = Vq                                                     W
                                                      P=
                                                            Δt
 W = VIΔt
                                                      P = VI
 W = I2RΔt
                                                      P = I2R
    V 2 Δt
 W=                                                         V2
     R                                                P=
                                                            R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                                      Pave = Vrms Irms   /   Pgemid = Vwgk I wgk
           Imax                          I maks
 Irms =                   /    I wgk =
             2                              2                  2
                                                      Pave = I rms R     /   Pgemid = I 2wgk R
           Vmax                          Vmaks
 Vrms =                   /    Vwgk =                       V2                            2
                                                                                         Vwgk
              2                             2         Pave = rms         /   Pgemid =
                                                             R                            R

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — Physical Sciences · QP · 2025
- [Physical Sciences P1 Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2012-eng/f3e1efe1-d287-4610-8583-1bb6eb811406) — Physical Sciences · QP · 2012 · Eng
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Physical Sciences · Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Physical Sciences · Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Physical Sciences · Memo · 2025
- [Physical Sciences P1 Nov 2019 Memo Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-nov-2019-memo-afr-eng/6250ed76-71a4-4f9b-bfe7-95a1f244df41) — Physical Sciences · Memo · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO March 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-march-2025-mpumalanga/88039ede-226f-4c60-918e-92c8ef3e11cc) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP March 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-march-2025-mpumalanga/f082b040-bae3-431b-9df9-32c20bbfe5c3) — QP · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-north-west/503a9f15-e9a4-475d-bd27-9134cf104397) — QP · 2025
- [Physical Sciences P2 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-may-june-2025-eng/efdef1a0-c94f-4d02-954a-5262f99ca4af) — QP · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
