# Religion Studies Grade 12 P1 Supplementary 2015 Memo (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2015-supplementary-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/abf2193d-69ba-47a7-93f3-a0cd87420d44
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 Supplementary 2015 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2015-supplementary-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/abf2193d-69ba-47a7-93f3-a0cd87420d44)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Supplementary Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                              RELIGIESTUDIES V1

                           FEBRUARIE/MAART 2015

                                 MEMORANDUM

PUNTE: 150

                     Hierdie memorandum bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 2

Religiestudies/V1                             2                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                      NSS – Memorandum

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       1.1.1      C√                                                                         (1)
          1.1.2      D√                                                                         (1)
          1.1.3      D√                                                                         (1)
          1.1.4      D√                                                                         (1)
          1.1.5      D√                                                                         (1)
          1.1.6      A√                                                                         (1)
          1.1.7      B√                                                                         (1)
          1.1.8      C√                                                                         (1)
          1.1.9      D√                                                                         (1)
          1.1.10     C√                                                                         (1)

1.2       1.2.1      Siddhartha Gautama is die stigter en eerste Boeddha van
                     Boeddhisme. √
                     Boeddha beteken 'Verligte Een' in Boeddhisme. √                            (2)

          1.2.2      Dit is 'n Christen-seremonie waar iemand 'n lid van daardie
                     kerkgemeenskap word. √
                     Water word tydens die seremonie as teken van reiniging en nuwe
                     lewe gebruik. √                                                            (2)

          1.2.3      'n Moslemleier se gesag wat glo by die Profeet Mohammed
                     gekry is. √
                     'n Opvolger van die Profeet Mohammed. √                                    (2)

          1.2.4      'n Joodse seun se mondigwording of inisiasie. √
                     Dit is 'n seremonie in 'n sinagoge wat deur 'n rabbi uitgevoer word.
                     √                                                                          (2)

          1.2.5      Dit is 'n geloof dat die siel na die dood weer in 'n ander liggaam
                     gebore word. √
                     Dit is 'n oortuiging van Hindoeïsme en Boeddhisme. √                       (2)

LET WEL: Enige ander relevante feit moet krediet kry.

1.3       1.3.1      pastoor √√                                                                 (2)
          1.3.2      Soefisme √√                                                                (2)
          1.3.3      evolusie √√                                                                (2)
          1.3.4      Tanag √√                                                                   (2)
          1.3.5      Mpumalanga √√                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Religiestudies/V1                            3                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

1.4       1.4.1      ONWAAR √ – Karma is die oortuiging dat elke daad 'n gevolg het
                     wat of goed of sleg is. √                                                (2)

          1.4.2      ONWAAR √ – Boeddhisme leer nie oor god/gode nie maar moedig
                     'n lewenswyse aan om lyding te beëindig. √                               (2)

          1.4.3      ONWAAR √ – Die Afrika Tradisionele Godsdiens word as 'n
                     amptelike godsdiens in die wêreld erken./Dit is algemeen in
                     stedelike en landelike gebiede. √                                        (2)

          1.4.4      ONWAAR √ – Abrahamitiese gelowe glo dat daar in die begin God
                     was en niks anders nie. God het die skepping uit niks gemaak. √          (2)

          1.4.5      ONWAAR √ – Volgens Baha'i-leringe kan alle godsdienste as
                     verskillende stadiums van die mensdom se geestelike ontwikkeling
                     soos wat ons na een wêreldgeloof beweeg, beskou word. √                  (2)

1.5       1.5.1      F√                                                                       (1)
          1.5.2      D√                                                                       (1)
          1.5.3      A√                                                                       (1)
          1.5.4      G√                                                                       (1)
          1.5.5      C√                                                                       (1)
          1.5.6      B√                                                                       (1)

1.6       •    'Lering' kom van 'om iemand te leer/te onderrig', wat eenvoudig beteken
               om kennis of begrip op een of ander manier oor te dra. √
          •    Leringe hou verband met geloof in die sin dat 'n volgeling geloof in 'n
               spesifieke godsdiens sal hê omdat hulle 'n stel leringe geleer het wat
               hulle voel die waarheid is. √
          •    'Oortuiging/Geloof' is soms 'n sinoniem vir 'godsdiens'. √
          •    Dis 'n vaste mening/opinie, hoe 'n persoon voel of dink oor 'n
               godsdienstige wêreldbeskouing. √                                               (4)

                                                              TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Religiestudies/V1                              4                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                       NSS – Memorandum

AFDELING B

LET WEL: In hierdie afdeling tel elke kolpunt ('bullet') TWEE punte.

VRAAG 2

2.1       AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS

          •    Hulle vereer die voorvaders.
          •    Die gemeenskapslewenswyse is sentraal.
          •    Dit is 'n clan-gebaseerde godsdiens.
          •    Dit word deur die konsep 'ubuntu' gekenmerk.

          JUDAÏSME

          •    Hulle glo dat hulle die nasie is wat deur God uitverkies is.
          •    Hulle glo dat die Messias sal kom en die wêreld saam hulle sal regeer.
          •    God het Homself en Sy wette aan die Jode geopenbaar.
          •    Hulle glo dat daar slegs een God is wat regverdig is en wat in die
               natuurlike en sosiale orde werk.                                                   (8)

2.2       •    Lede sluit by die organisasie aan en kry lidmaatskapstatus.
          •    Aanbid saam in 'n spesifieke plek (gemeenskapsaanbidding/-verering).
          •    Volg 'n gemeenskaplike kleredragkode wat 'n unieke identiteit skep.
          •    Leringe van daardie spesifieke godsdiens word deur alle volgelinge
               aanvaar.                                                                           (4)

2.3       AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS

          AMAZULU, DIE YORUBA en DIE AKA

          •    Hulle vereer almal die voorvaders.
          •    Die waarsêers of mediums is tussengangers tussen die voorvaders en
               die lewende dood.
          •    Hulle voer almal rituele praktyke uit.
          •    Hulle glo almal aan die Opperskepper.

          JUDAÏSME

          ORTODOKS, KONSERWATIEWE JUDAÏSME

          •    Hulle glo almal dat die Tora die heilige skrif is.
          •    Hulle leef hulle lewens volgens die Tien Gebooie.
          •    Hulle kies een rabbi as hulle leier in 'n spesifieke area.
          •    Hulle glo in een God, genoem YHWH of Elohim.

          LET WEL:      Punte moet toegeken word vir enige TWEE geldige punte vir
                        elke tak.                                                                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Religiestudies/V1                            5                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

2.4       2.4.1      •   Die Suid-Afrikaanse Grondwet waarborg godsdiensvryheid.
                     •   Leiers uit diverse godsdienstige gemeenskappe in Suid-Afrika
                         het saamgekom.
                     •   Die stigting van die Suid-Afrikaanse tak van die
                         Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede ('WCRP').
                     •   President Nelson Mandela se inisiatief: stigting van die
                         Nasionale Godsdiensleiersforum (NGLF).
                     •   'n Moraliteitsberaad is in Oktober 1999 gehou het verskeie
                         godsdienstige en politieke leiers byeengebring.                     (10)
          2.4.2      Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede ('WCRP')
                     • Verskaf 'n forum vir dialoog tussen verskillende godsdienste,
                        en vind gemeenskaplike oplossings.
                     • Die dialoog het die Christelike kerkverbande gehelp om nie
                        teen mekaar te diskrimineer nie.
                     • Het godsdienstige gemeenskappe aangemoedig om in die
                        verkiesing te stem.
                     • Suid-Afrikaanse verkiesings het die suksesverhaal in Afrika
                        geword.
                     • Het geen diskriminasie tussen godsdienste bevorder.
                     • Regeringsfunksies word deur leiers van verskillende gelowe
                        uitgevoer.
                     Nasionale Godsdiensleiersforum (NGLF)
                     • Om die misbruik van kinders en vroue te stop.
                     • Hulle veldtogte het nie geslaag nie aangesien statistieke toon
                        dat daar 'n toename is in kinders en vroue wat misbruik word.
                     • Om bewustheid van MIV en Vigs te verhoog en om mense met
                        MIV en Vigs te help.
                     • Dit het met die vermindering van die verspreiding van MIV en
                        Vigs gehelp.
                     • Om etiese en morele waardes te bevorder.
                     • Om godsdiens in onderwys te bevorder.
                     • Om vrede te bevorder.                                                 (10)
          2.4.3      Ja
                     • Dit sal vryheid van keuse bevorder.
                     • Dit sal verdraagsaamheid en respek tussen godsdienste
                        aanmoedig.
                     • Godsdienstige organisasies sal die geleentheid kry om saam
                        te staan om die uitdagings waarvoor die samelewing te staan
                        kom, te beveg.
                     Nee
                     • Godsdienstige verskille is dikwels die bydraende faktore tot
                         godsdienstige konflik.
                     • Party godsdienste kan dit dalk misbruik as gevolg van
                         hulpbronne om te dikteer, te beïnvloed en ander godsdienste
                         te oorweldig.
                     • Die vrees om lede te verloor as gevolg van aanpassing by die
                         leringe van ander godsdienste.
                     LET WEL: Enige ander geldige punte moet krediet kry.                    (6)
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Religiestudies/V1                            6                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

          2.4.4      •   Interkerklik – gemeenskap met verskillende kerkverbande van
                         dieselfde godsdiens.
                     •   Intergodsdienstig    –  gemeenskap      binne    verskillende
                         godsdienste ongeag hulle geloof.                                     (4)
                                                                                              [50]
VRAAG 3
3.1       3.1.1      Negatiewe invloed
                     • Mense kan maklik hulle rug draai op hulle godsdiens as gevolg
                        van wat hulle in die media sien/hoor.
                     • Hulle kan dalk verlei word om karakters wat hulle in die media
                        sien, na te aap.
                     • Mense kan mislei word en dink dat die media die antwoord op
                        hulle probleme is.
                     • Die meeste van die tyd is dit wat in die media gesien word, nie
                        'n ware weergawe van die lewens van daardie mense nie.
                     • Mense raak verslaaf aan die media en hulle sosialiseer
                        minder.
                     Positiewe invloed
                     • Die media kan gebruik word om mense wat onbereikbaar is
                        wel te bereik, bv. Khumbulekhaya
                     • Die media kan gebruik word om 'n bewustheidsveldtog by
                        mense te bevorder.
                     • Die media kan gebruik word om godsdienstige gebeurtenisse
                        te bevorder en om mense oor onlangse gebeure op hoogte te
                        bring.
                     LET WEL:     Kandidate moet krediet kry vir enige kombinasie van
                                  negatiewe en positiewe feite.
                                                                                              (12)
          3.1.2      Ja
                     • Sepies hanteer baie morele kwessies soos lewe na die dood,
                        gemengde huwelike en promiskuïteit.
                     • Dit hanteer ook sensitiewe kwessies wat nie deur die meeste
                        godsdienstige organisasies hanteer kan word nie.
                     • Hierdie programme is gewild by jongmense en morele lesse in
                        sepies kan na hulle oorgedra word.
                     • Die morele lesse word in lewensgetroue situasies aangebied;
                        die gehoor kan daarmee identifiseer.
                     Nee
                     • Die meeste van dit wat uitgebeeld word, is net vermaak.
                     • Dit verteenwoordig nie die werklikheid uit nie.
                     • Sepies wek sensasie met kontroversiële godsdienstige
                         kwessies, bv. seks buite die huwelik, aborsie, rassisme, ens.
                     • Jongmense boots dikwels die gevaarlike gedrag wat in sepies
                         uitgebeeld word, na.
                     • Arm gemeenskappe het nie toegang tot TV en radio nie en
                         word dus nie deur die 'sedelesse' beïnvloed nie.
                     LET WEL: Enige ander geldige antwoorde moet krediet kry.                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Religiestudies/V1                             7                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                      NSS – Memorandum

          3.1.3      •   Hulle kan teen die media protesteer.
                     •   Hulle kan organiseer dat hulle lede die media boikot.
                     •   Hulle kan dit op regsgronde aanpak.
                     •   Hulle kan in teenargumente betrokke raak en die media
                         uitdaag om hulle kant van die storie te vertel.
                     •   Hulle kan betrokke raak by 'n gesamentlike antwoord deur
                         interkerklike en intergodsdienstige organisasies.

                     LET WEL: Enige ander geldige antwoorde moet krediet kry.                    (10)

3.2       •    Godsdienstige organisasies moet die plek van godsdiens in die Suid-
               Afrikaanse Grondwet (Handves van Menseregte) verstaan.
          •    Hulle moet die Universele Verklaring van Menseregte wat deur regerings
               van oor die wêreld heen aanvaar en onderteken is, eer.
          •    Alle godsdienste stel egter beperkings vir hulle volgelinge in, en alhoewel
               hulle leerstellings hoë status aan mense gee, beperk hulle mense ook.
          •    Sekulêre en party godsdienstige kritici dui daarop dat ten spyte van die
               idee van gelykheid voor God, baie godsdienste ernstige beperkings op
               sekere kategorieë mense plaas, soos vroue en slawe. Dit moet egter nie
               gebeur nie sodat menseregte bevorder kan word.
          •    Vroueregte moet in alle godsdienste erken word.
          •    Hulle kan die burgers van wêreld help om na te dink oor die behoefte aan
               sosiale gelykheid; om arm mense wêreldwyd toe te laat om die gaping
               tussen hulle lewenstandaard en dié van mense in ryk lande kleiner te
               maak.

          LET WEL: Enige ander geldige antwoorde moet krediet kry.                               (10)

3.3       •    Alle godsdienste word gelyk behandel en heilige dae word op gelyke
               wyse waargeneem.
          •    Daar is verdraagsaamheid en respek tussen al die godsdienste.
          •    Die Konstitusie word deur alle godsdiensgroepe gerespekteer.
          •    Mense word nie gedwing om by enige godsdiens aan te sluit nie, maar
               het die reg om hulle eie godsdiens te kies.
          •    Die Konstitusie waarborg elke burger, gemeenskap en godsdienstige
               gemeenskap die reg om hulle godsdiens in vrede na hulle goeddunke te
               beoefen.
          •    Die reg van 'n gemeenskap om hulle godsdiens te beoefen word ook
               beperk omdat hierdie reg nie op 'n wyse wat teenstrydig met die Handves
               van Menseregte is, beoefen mag word nie.
          •    Baie godsdienstige mense is gemaklik met die humanistiese benadering
               tot menseregte, waar vryheid van gewete en geloof/oortuiging 'n
               dominante waarde is sonder verwysing na godsdiens.

          LET WEL: Enige VYF geldige antwoorde moet krediet kry.                                 (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Religiestudies/V1                            8                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 4

4.1       Ja
          •    Die konflik is tussen Moslem en Christen.
          •    Geen ander erde, behalwe godsdiens, word genoem nie.
          •    Dit is 'n voorbeeld van 'etniese suiwering', gebaseer op godsdiens.
          •    Christene dwing Moslems om te vlug en steek hulle eiendom aan die
               brand.
          •    Daar is georganiseerde groepe gebaseer op godsdienstige standpunte.

          Nee
          • Nie net Moslems word geteiken nie, buitelanders vlug ook.
          • Die SAR-weermag of -regeringsmagte word nie genoem nie.
          • Dit dui daarop dat dit die val van die regering was wat die konflik
              veroorsaak het.
          • Die geplunder van eiendom dui daarop dat kriminele elemente dalk uit
              die konflik voordeel trek.
                                                                                              (10)
4.2       •    Hulle kan multigodsdienstige byeenkomste reël om godsdienstige
               verdraagsaamheid te skep.
          •    Alle godsdienste moet saam met die regering werk sodat alle
               godsdienste gelyk deur die regering behandel sal word.
          •    Alle godsdienste moet godsdiensvryheid bepleit. Mense sal dan
               godsdienste of wêreldbeskouings kies op grond van vrye wil.
          •    Beide Christen- en Moslemleiers moet vredesinisiatiewe ondersteun.
          •    Hulle moet wys dat hulle die vredesbewakers van die Afrika-unie
               ondersteun.
          •    Hulle moet gesamentlik aan humanitêre gebeure deelneem om 'n
               werksverhouding te ontwikkel.                                                  (12)

4.3       •    Armoede is dikwels die katalisator in godsdienstige konflik.
          •    Dit gebeur want wanneer mense in 'n stryd om skaars hulpbronne
               gewikkel is (bewerkbare grond, water, ens.) kan 'n botsing nie vermy
               word nie.
          •    Beide die Christendom en Islam het 'n sterk teenwoordigheid op die
               kontinent.
          •    Elkeen het sy eie identiteit.
          •    Mense leef in gemeenskappe wat 'n sterk godsdienstige identiteit het, óf
               Christen óf Moslem.
          •    Beide godsdienste word aktief gepropageer. Dit lei tot konfrontasie.
          •    Aangesien armes gewoonlik in die informele sektor werk, bly hulle binne
               hulle godsdienstige groeperings.
          •    Dit versterk die godsdienstige skeiding selfs verder.
          •    Regerings in Afrika is swak en dwing nie wet en orde af nie.
          •    Hulle is ook soms bevooroordeeld teenoor een godsdiens. Dit lei tot
               godsdienstige konflik.
          •    Afrika-lande het swakker grensbeheer.
          •    Dit laat handel in onwettige wapens toe.
                                                                                              (20)
          LET WEL: Alternatiewe relevante punte moet krediet kry.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Religiestudies/V1                             9                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                      NSS – Memorandum

4.4       •    Evangeliese oorloë
          •    Dit is oorloë wat deur 'n godsdiensstaat gevoer word om 'n naburige staat
               na die 'ware godsdiens' te bekeer.
          •    Oorwinningsoorloë
          •    Een staat oorwin 'n ander 'ter ere van God'.
          •    Vergeldingsoorloë
          •    Dit word gevoer as wraak vir een of ander 'sonde' of misdryf. 'n Misdryf
               wat teen 'n spesifieke godsdiens gepleeg word, kan gewreek word.
          •    Selfverdedigingsoorloë
          •    Sulke oorloë word beskou as dat dit ter wille van reg en geregtigheid
               gevoer word: boosheid moet teengestaan word en die goeie moet
               verdedig word.

          LET WEL: Alternatiewe relevante punte moet krediet kry.                             (8)
                                                                                              [50]

                                                               TOTAAL AFDELING B:             100
                                                                   GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT201 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-memo-sept201-afrikaans/4054664c-2e08-4558-bd57-3300b495a7b3) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-afrikaans/36e4e58d-a9d6-468e-84e7-196ae70761ff) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [Religion Studies P1 June July 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-june-july-2015-memo-afr/f9415f54-8ae8-422d-bd02-81008fd83e3f) — Religion Studies · Memo · 2015 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2015-memo-afr/b92eeeee-301a-4eb0-b2a3-23c9ac667189) — Religion Studies · Memo · 2015 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — Religion Studies · QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
