# Religion Studies Grade 12 P2 Supplementary 2015 Memo (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2015-supplementary-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/24b3172e-e702-417d-8461-8c4322bd38af
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 Supplementary 2015 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2015-supplementary-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/24b3172e-e702-417d-8461-8c4322bd38af)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Supplementary Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                               RELIGIESTUDIES V2

                            FEBRUARIE/MAART 2015

                                 MEMORANDUM

PUNTE: 150

                     Hierdie memorandum bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Religiestudies/V2                          2                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                   NSS – Memorandum

VRAAG 1

1.1       Negatiewe invloed
          • Die regering gebruik belastingbetalers se geld om swanger tieners te
             onderhou.
          • Die regering ken spesifieke bedrae toe vir elke swanger tiener in skole,
             wat lei tot nuttelose uitgawes as gevolg van leerders wat hulle studies
             staak.
          • Dit kos ook groot bedrae geld aangesien openbare gesondheidsorg in
             Suid-Afrika baie duur is.
          • Minder as 2% van tienerma's het 'n graad teen die tyd wat hulle 30 is.
          • Dit lei tot 'n betekenisvolle bedrag aan verlore inkomste/verdienste wat
             weer 'n negatiewe invloed op die ekonomie van die land het.
          • Tienerswangerskappe lei tot 'n hoë koers van seksueel oorgedraagde
             siektes.
          • Die regering spandeer meer geld aan veldtogte teen seksueel
             oorgedraagde siektes.
          • Tienerswangerskappe lei verder tot 'n hoër misdaadkoers.
          • Die meeste kinders wat uit onstabiele huise kom, word straatkinders wat
             die regering dwing om hulle te versorg en onderhou.
          • Tienerswangerskappe lei ook tot 'n toename in kindgeleide huishoudings
             en middelmisbruik.
          • Die ekonomie van die land word negatief beïnvloed aangesien die
             regering vir al hierdie onvoorsiene omstandighede moet beplan.
          LET WEL: Enige ander relevante punte moet punte kry.                              (20)
1.2       VOORBEELD: CHRISTENSKAP
          • Jy mag nie egbreuk pleeg nie: In Christenskap word seks voor die
             huwelik verbied.
          • Tieners moet nie aan enige seksuele aktiwiteite deelneem nie.
          • Jou liggaam is die tempel van die Heilige Gees. Dit beteken jy moet
             verantwoordelik wees vir enige seksuele optrede aangesien jou liggaam
             aan God behoort.
          • Daar word van jongmense verwag om hulleself te bewaar en
             onaangeraak te bly tot hulle trou.
          • Dit is sonde om seksueel aktief te wees en babas te hê voordat jy
             getroud is.
          VOORBEELD: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
          • Die gemeenskapslewenswyse is sentraal tot die Afrika Tradisionele
             Godsdiens.
          • Daar word van die jeug verwag om hulleself te gedra volgens die
             gewoontes en waardes van die gemeenskap.
          • Dit is taboe vir 'n tiener om swanger te raak buite die huwelik.
          • Om die gesin/familie te reinig, moet die seun vir die skade wat die
             swangerskap veroorsaak, betaal.
          • As 'n manier om te straf, moet die seun se familie 'n koei aan die
             stamhoof (Inkosi) betaal.
          LET WEL: Enige ander godsdiens moet krediet kry.                                  (10)
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Religiestudies/V2                           3                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

1.3       Praktiese strategie:
          • Godsdienstige organisasies moet seksonderrig met jongmense begin.
          • Debatteer die ABC-benadering en vergelyk dit met hulle godsdienstige
              leringe oor seksualiteit.
          • Onderrig oor regte en verantwoordelikhede asook respek vir mans en
              vroue.
          • Seks voor die huwelik moet ontmoedig word en as 'n groot sonde in hulle
              godsdienste beskou word.
          • Godsdienstige inisiasie (deurgangsrites) moet onder jongmense
              aangemoedig word.
          • Godsdienstige organisasies moet hulle jongmense aanmoedig om aan
              gesondheids- en sportjeugprogramme deel te neem.

          LET WEL: Enige geldige punte moet punte kry.                                        (10)

1.4       NEE
          • Volgens mediaverslae neem tienerswangerskappe selfs in skole toe.
          • Ten spyte van verskillende ingrypingsprogramme deur die regering en
             godsdienstige organisasies is daar geen teken van 'n afname nie.
          • Statistiek wat deur die Departement van Onderwys vrygestel is, toon dat
             die aantal swanger leerders in die vorige jaar gestyg het.
          • Volgens Love Life-statistiek in 2006 het tienerswangerskappe slegs in
             Gauteng van 1 169 tot 2 336 gestyg.
          • Een in drie meisies het teen 20 'n baba gehad.
          • Volgens die Mediese Navorsingsraad is 16% swanger tienermeisies
             MIV-positief.
          JA
          • Die jongste statistiek toon 'n afname in die tienerswangerskapkoers, veral
             in landelike gebiede.
          • Slegs in Gauteng was 201 graad 3-leerders in 2010 swanger. Die getal
             het egter die volgende jaar tot 74 afgeneem.
          • Die ingrypingsprogramme wat deur die Departement van Onderwys
             saam ander regeringsdepartemente gedryf word, is besig om vrugte te
             begin dra…
          • Programme soos Love Life, The Baby Project en My Life My Future is
             geïmplementeer om die probleem van tienerswangerskappe op te los.
          • Die Rietdans in KwaZulu-Natal moedig meisies aan om hulle
             maagdelikheid te bewaar.
          • In die Islamitiese gemeenskap is die tienerswangerskapkoers laag
             aangesien daar sterk morele leringe oor seksuele gedrag is.
          • Die Christen-godsdiens bied 'n verskeidenheid jeugprogramme aan waar
             jongmense oor verskeie aspekte van die regte lewenswyse, soos
             seksualiteit en seksuele gedrag, geleer word. Hierdie programme speel 'n
             belangrike rol in die afname in tienerswangerskappe.
          • Tienerswangerskappe is min of bestaan nie in gemeenskappe wat sterk
             godsdienstige oortuiginge het nie.                                               (10)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Religiestudies/V2                            4                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 2

2.1       2.1.1      VOORBEELD: CHRISTENSKAP
                     Katolisisme
                     • In Katolisisme en Protestantisme word geglo dat God uit drie
                         gelyke maar aparte entiteite bestaan.
                     • Hierna word as Drie-eenheid verwys.
                     • In Katolisisme is verlossing op rituele soos die doop,
                         skuldbelydenis, ens. gegrond.
                     • Die Katolieke Kerk beskou homself as die enigste
                         oorspronklike Christelike kerk, gestig deur Christus.
                     Oosterse Ortodokse Kerk
                     • In die Oosterse Ortodokse Kerk word die byvoeging van
                         die 'Seun' verwerp want hulle glo dat die Heilige Gees
                         superieur is.
                     • Die Oosterse Ortodokse Kerk glo dat dit die enigste
                         oorspronklike kerk is, gestig deur Christus en sy dissipels.
                     Protestantisme
                     • Protestante glo in die Drie-eenheid.
                     • In Protestantisme word geloof as die sleutel tot redding/
                         verlossing beskou.

                     VOORBEELD: ISLAM
                     Sunni-Islam
                     • Die Sunni-sekte glo dat alle leringe wat in die Boeke van
                        Hadith vervat is ewe belangrik is.
                     • Sunni's volg die leringe van geleerdes uit die 7de en 8ste eeue.
                     • Sunni's aanvaar nie dat 'n kalief uitsluitlik uit die Profeet se
                        familie hoef te kom nie.
                     Shia-Islam
                     • Vir die Shia is dit wat in die Hadith deur Ali en die Profeet se
                        dogter Fatima meegedeel word, van groter belang.
                     • Die Shia volg slegs die leringe en menings van 'n lewende
                        geleerde.
                     • Die Shia glo dat die laaste kalief uit die Profeet se familie in 'n
                        grot weggesteek is en dat hy weer eendag as leier sal verskyn.           (10)

          2.1.2      VOORBEELD: CHRISTENSKAP
                     Katolisisme
                     • Politieke beheer is tradisioneel en in Rome gesetel.
                     • Die hoof van die Katolieke Kerk is die Pous.
                     • Die eerste Pous was glo Sint Peter.
                     • Die Katolieke Kerk het baie ordes soos monnike, priesters,
                        klooster-/ordebroeders en nonne.
                     • Alle katolieke word deur die Vatikaan regeer.
                     • Die gemeente ('parish') is 'n area of distrik met 'n spesifieke
                        kerk en priester.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Religiestudies/V2                            5                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

                     Oosterse Ortodokse Kerk
                     • Politieke beheer was tradisioneel in Konstantinopel.
                     • Hulle word in die Midde-Ooste, dele van Afrika, Griekeland en
                         Rusland.
                     • Die kerkstruktuur bestaan uit priesters en biskoppe.
                     • Daar is nie 'n enkele leier nie.
                     • Gesag in die kerk is in die hande van 'n groep biskoppe.
                     • 'n Bisdom is 'n groepe gemeentes onder die leierskap van 'n
                         biskop.
                     Protestantisme
                     • Hierdie beweging is in 1517 deur 'n Duitse monnik, Martin
                         Luther, begin.
                     • Die kerke word deur ingewyde dominees en biskoppe of
                         verkose ouderlinge regeer.
                     • Die algehele gesag/beheer is deur 'n hoër gesag soos 'n
                         sinode of algemene vergadering, onder voorsitterskap van 'n
                         biskop.
                     • In Protestante kerke is elke kerk onafhanklik.
                     • Die kerke is nie aan enige hoër gesag as die gemeente
                         verantwoordelik nie.

                     VOORBEELD: ISLAM
                     Sunni-Islam
                     • Daar is geen geestelike leraars in Sunni-Islam nie.
                     • Enige Moslem kan op die gemeenskapsrade dien.
                     • Die regering is gemeenskapsgebaseerd.
                     • Die geleerdes van Islam en gemeenskapsleiers dien op die
                         beheerrade van moskees, madrassas en skole.
                     • In gesag word die voorbeeld van die Sunnah of Profeet
                         nagevolg.
                     Shia-Islam
                     • Die Shia-Moslems vereer die afstammelinge van die Profeet
                         Muhammad.
                     • Hulle glo dat die afstammelinge 'n goddelike reg het om die
                         Moslems te lei.
                     • Hulle reserveer die titel Imam vir sekere vorige leiers wat geglo
                         word deur God gekies is.
                     • Die gesag is in die hande van mollas ('mullahs').
                     • Die mollas het ook heelwat politieke invloed.

                     LET WEL: Ander verskille met betrekking              tot   bestuur/
                              beheer/leiding moet ook krediet kry.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Religiestudies/V2                           6                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

          2.1.3      VOORBEELD: CHRISTENSKAP
                     Katolisisme
                     • Seksuele onthouding onder geestelike leiers is verpligtend.
                     • Praktyke sluit in vas gedurende die Vastydperk ('Lent'), om die
                         kruisiging van Christus te gedenk.
                     • Boetedoening is die betaal van 'n boete vir sonde wat gepleeg
                         is.
                     • Hierdie boetedoening word bepaal wanneer skuld bely word.
                     • Pelgrimstogte na heilige lande (bv. die Vatikaan) en meditasie
                         is sleutelpraktyke vir Katolieke.
                     • Die belangrikste praktyk is die ontvang van Nagmaal.
                     Oosterse Ortodokse Kerk
                     • Geestelike leiers is nie selibaat nie en word toegelaat om te
                         trou.
                     • Toewyding word as belangriker as die regte leerstelling
                         beskou.
                     • Doop vind plaas deur onderdompeling.
                     • Dit word deur salwing gevolg ('chrismation').
                     Protestantisme
                     • Inseëning van vroue is 'n Protestantse praktyk.
                     • Hulle doen heling deur profesieë.
                     • Priesters en dominees hoef nie selibaat te wees nie en mag
                         trou.

                     LET WEL:      Ander verskille met betrekking tot praktyke moet ook
                                   krediet kry.

                     VOORBEELD: ISLAM
                     Shia-Islam
                     • Hulle word toegelaat om die vyf daaglikse gebede in drie te
                         kombineer.
                     • Hulle beoefen 'mut'a' (tydelike huwelike).
                     • Hulle beoefen selfskending met verering van die marteldood
                         van Hussein, kleinseun van die Profeet Muhammad.
                     • Hulle onderneem pelgrimstogte na Karbala in Irak.
                     Sunni-Islam
                     • Sunni's word nie toegelaat om die vyf gebede te kombineer
                         nie.
                     • Mut'a word nie toegelaat nie.
                     • Alle praktyke is volgens die voorbeeld (praktyke) van die
                         Profeet.

                     LET WEL:      Ander verskille met betrekking tot praktyke moet ook
                                   krediet kry.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Religiestudies/V2                          7                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                   NSS – Memorandum

2.2       VOORBEELD: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENSTE
          • Mondelinge tradisie in ATG is belangriker as in enige ander godsdiens
             aangesien daar geen heilige geskrifte is nie.
          • Die leringe word mondelings van een generasie na die volgende
             deurgegee.
          • Mondelinge tradisie word as 'n normatiewe bron in ATG gebruik.
          • Sulke tradisies kan vir honderde of duisende jare getrou oorgedra word.
          • Dit word in mites, legendes, stories, volksverhale, sang en danse
             gereflekteer.
          • Dit kan ook in rituele, spreuke, sêgoed en raaisels gereflekteer word.
          • Party mondelinge tradisies is bewaar in kuns en kultuur, simbole en
             embleme, altare en heilige plekke.
          • Mondelinge tradisie word gebruik om gelowe en dogma deur te gee.
          • Alhoewel die ATG 'n mondelinge tradisionele godsdiens is, het sommige
             geleerdes begin om basiese gelowe van die godsdiens neer te skryf.
          • 'n Boek genoem Masiphakule is geskryf alhoewel dit nog ontwikkel word.
          • Die boek sluit die oortuigings, deurgangsrites en die geskiedenis van
             godsdiens onder koloniale en apartheidsonderdrukking.
          • Die boek bevat ook vryheidstrydgedigte en sedelesse van die ATG.

          VOORBEELD: HINDOEÏSME
          • In alle godsdienste is die oorspronklike boodskap mondelings oorgedra.
          • Skryf is 'n onlangse uitvinding wat die plek van mondelinge tradisie in
            Hindoeïsme oorgeneem het.
          • Mondelinge tradisie speel 'n belangrike rol in Hindoeïsme.
          • Skryf loop steeds parallel met mondelinge tradisie.
          • Vedas is versamelings van tradisionele kennis.
          • Die tradisionele kennis het geestelike vryheid of moksha bereik.
          • Rig-Veda is 'n bloemlesing van godsdienstige gedigte en lofsange wat by
            offerandes deur die diensdoenende priesters en families voorgedra word.
          • Die versamelings (Samhitas) verskaf uitstekende illustrasies van antieke
            mense se vermoë om komplekse idees te konseptualiseer.
          • Upanishads wat letterlik beteken om voor 'n onderwyser te sit en na sy
            leringe te luister, is ook 'n goeie voorbeeld van 'n mondelinge tradisie.
          • Die Mahabharata vertel basies die verhaal van konflik tussen twee
            families, koning Barata en die Pandava-broers, wat in Delhi plaasgevind
            het.
          • Die Mahabharata is 'n goeie voorbeeld van die rol van mondelinge
            tradisie aangesien dit 'n rekord is van konflik wat baie jare voor die
            uitvinding van skryf plaasgevind het.

          LET WEL: Enige ander feit oor ander godsdienste moet krediet kry.                  (20)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Religiestudies/V2                             8                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                      NSS – Memorandum

VRAAG 3

3.1       3.1.1      VOORBEELD: TAOÏSME
                     • Taoïsme het 'n baie gesofistikeerde idee oor die aard van wat
                        godheid genoem word.
                     • Tao beteken pad deur sterre beweeg en uiteindelik die pad
                        van die heelal.
                     • In Taoïsme is alles wat daar is, die heelal, so alles wat daar is,
                        is goddelik.
                     • Die werkverrigting van die heelal is goddelik.
                     • Taoïste sê dat die Tao nie beskryf kan word nie.
                     • Die dinge wat gesien en aangeraak kan word, bestaan
                        ('being').
                     • Onbeperkte goddelikheid word as 'nie-bestaan' ('non-being')
                        beskryf.
                     • Die nie-bestaan is die beginpunt van alles.
                     • Goddelikheid is groot en ruim aangesien alles wat geskep is,
                        in 'n groot kom leegheid/betekenisloosheid gehou word.
                     • Volgens Taoïste bestaan alles in die skepping uit twee soorte
                        kragte: die yang is aktief, lig, kragtig/sterk, manlik en die yin is
                        passief, lig, sterk/kragtig en vroulik.

                     VOORBEELD: CHRISTENSKAP
                     • Volgens die Christenskap was daar in die begin niks nie.
                     • Hulle glo aan die bestaan van 'n opper- en goddelike wese,
                        bekend as God.
                     • God manifesteer as drie persone.
                     • God die vader as die Skepper van die heelal.
                     • God die Seun, die Verlosser en Bevryder van die mens.
                     • God die Heilige Gees as Raadgewer en Vertrooster in
                        Christenskap.

                     LET WEL:      Enige ander feite oor ander godsdienste moet
                                   krediet kry.                                                    (10)

          3.1.2      VOORBEELD: TAOÏSME
                     • Mense is slegs 'n klein, mikrokosmiese neweproduk van die
                        Tao se kreatiewe aktiwiteit.
                     • Mense is nie spesiaal of in beheer van die wêreld nie.
                     • Ons word nie benodig om na die wêreld om te sien nie.
                     • Die wêreld en die heelal sal voortgaan of die mens daar is of
                        nie.
                     • Die wêreld sal die vorm aanneem wat Tao dit gee.
                     • Die mens het die potensiaal om slegs 'n baie klein deel van die
                        skepping te vernietig.
                     • Selfs al word die deel vernietig, sal die mildadige skeppende
                        aktiwiteit van Tao voortduur.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Religiestudies/V2                           9                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

                     VOORBEELD: CHRISTENSKAP
                     • Mense is na die beeld van God geskape.
                     • Adam en Eva is beveel om na die Tuin van Eden en die hele
                        skepping om te sien.
                     • Mense is God se verteenwoordigers op aarde.
                     • Hulle is aangestel om na Sy eiendom om te sien.
                     • Hulle is aan God verantwoordelik.

                     LET WEL:    Enige ander feit(e) oor ander godsdienste moet
                                 krediet kry.                                                 (10)

3.2       VOORBEELD: TAOÏSME
          Nee
          • Volgens Taoïsme is die mens self verantwoordelik vir enige lyding.
          • Om lyding te vermy moet mense hulleself met Tao vereenselwig.
          • Mense is goed en perfek om in harmonie met Tao, ander mense en in
              hulleself te wees.
          • Mense moet ook inskiklik wees vir die manier van die Tao.
          • Daar word van mense verwag om hulle begeertes en planne om lyding
              te vermy, na te jaag.

          VOORBEELD: CHRISTENSKAP
          Ja
          • In die Boek Job vind ons die verhaal van 'n regverdige man wat 'n
             vreeslike lyding moes deurstaan as gevolg van bose geeste (Satan).
          • Jesus maak siek mense gesond wat gely het as gevolg van bose
             geeste.
          • Party Christenkerke beoefen duiweluitdrywing waar bose geeste
             uitgedryf word.
          • As gevolg van die hoë koers wat bose geeste (Satanisme) voorkom,
             word priesters tans na skole uitgenooi vir ondersteuning.
          • Volgens Christelike leringe word boosheid en lyding deur die duiwel
             veroorsaak.

          LET WEL:     Relevante leringe oor ander godsdienste moet krediet kry.              (10)

3.3       VOORBEELD: ISLAM
          • 'n Sentrale lering van Islam is 'Daar is geen ander god as Allah nie, en
             Muhammad is Sy boodskapper'.
          • In terme van die 'duidelikste betekenis' het hierdie lering 'n reguit,
             ondubbelsinnige betekenis.
          • Die 'betekenis van woorde' is ook onveranderd en sonder enige
             spesifieke konteks.
          • Die woord 'ila' in Arabies verwys nie slegs na gode nie, maar ook na
             enige voorwerp, filosofie of gier – dit alles is genegeer.
          • Die vertolking van die leringe soos in die Koran vervat is aanvanklik deur
             Profeet Muhammad self gedoen.
          • Hy het die onderskeie eienskappe van God, bv. god is alwetend, alwys,
             mees genadig, verduidelik.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Religiestudies/V2                            10                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

          •    Hy beklemtoon dat sy profesieë en sy wonderwerke deur God se genade
               en wat God aan hom onthul het, te danke is. Die Profeet self is nie
               alwetend nie.
          •    Selfs toe die Profeet op die (nagreis) geneem is, word daar na as God se
               dienaar verwys.
          •    Geloof in die Eenheid van God is nie-onderhandelbaar en moet volledig
               wees.
          •    Die 'Meccans' het die Profeet gevra of hulle hulle afgode slegs op een
               dag van die jaar kon aanbid en God op al die ander dae van die jaar.
          •    Hy het geantwoord dat dit nie aanvaarbaar is nie. Dit is 'n voorbeeld van
               'historiese konteks' wat die eenheid van God verduidelik.
          •    Die Profeet het verder beklemtoon dat die Vyf Pilare slegs vir God se
               plesier was.
          •    Gebede wat aangebied word met die bedoeling om mense te beïndruk is
               'n teken van geveinsdheid/skynheiligheid.
          •    Net so moet liefdadigheid slegs wees vir God se behae.
          •    Na die heengaan van die Profeet is die interpretasie van die Koran-tekste
               deur sy metgeselle gedoen.
          •    Hulle het verse verduidelik deur na ander Koran-verse asook die leringe
               van die Profeet te verwys.
          VOORBEELD: CHRISTENSKAP
          • God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het,
             (Johannes 3:16)
          • Duidelikste betekenis hiervan:
          • Christene glo dat God Sy liefde vir die mensdom wys sodat hulle hulle
             sondes kan agterlaat en na Hom sal kom.
          • Plan, doel en konteks hiervan:
          • Om te wys dat Jesus Christus die Seun van God is wat gestuur is om vir
             die mensdom te sterf vir die vergifnis van hulle sonde.
          • Die doel is om God se liefde vir die wêreld te wys.
          • Betekenis van woorde hiervan:
          • Die woord 'eniggebore' beteken dat Jesus God se eienskappe in Hom
             gehad het.
          • God gee die enigste Seun wat Hy het om sy liefde te wys.
          • Figuurlike taal beteken:
          • Die woord 'wêreld' beteken nie die aarde nie, maar mensdom.
          • Ander heilige tekste is:
          • In die laaste gebed wat Jesus voor Sy kruisiging gemaak het, sê Hy dat
             Hy na die vader gaan (Johannes 17:2–5). Hy het van God af gekom. Hy
             is die Seun van God.
          • 'Hy sal genoem word Ewige Vader, Vredevors.' (Jes. 9:5)
          • Die profeet het gesê dat Jesus die Ewige Vader is, so Hy is die Seun van
             God. (Jes. 9:5)
          LET WEL:      Hermeneutiese beginsels spesifiek aan enige ander godsdiens
                        moet gekrediteer word as dit op 'n sentrale lering van daardie
                        godsdiens toegepas word.                                                (20)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Religiestudies/V2                             11                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                      NSS – Memorandum

VRAAG 4

4.1       •    Sekularisme is die geloof dat die regering en moraliteit nie eksklusief op
               godsdiens gebaseer moet wees nie.
          •    Dit verkondig dat daar 'n skeiding tussen die kerk en die staat moet wees.
          •    Die meeste lande in Europa is deur keisers, konings, koninginne of ander
               adel regeer wat aan God onderdanig was.
          •    Die feit dat die kerk beide polities en maatskaplik invloedryk was, het tot
               die opkoms van sekulêre humanisme gelei.
          •    Oorloë het tussen state uitgebreek wat verskillende geloofstelsels gehad
               het.
          •    Mense was moeg vir oorloë en het na alternatiewe regeringsvorme begin
               kyk.
          •    Onder die invloed van die verligte filosowe, soos Hobbes en Hume, het
               sekulêre humanisme vinnig in Europa en Amerika versprei.
          •    Hulle het met voorstelle gekom dat daar 'n behoefte was om
               godsdienstige oortuigings te toets, om dit nie net te aanvaar nie.
          •    Redenering, bewyse en wetenskaplike metodes om navraag te doen, is
               aangemoedig.
          •    Sekulêre      wêreldbeskouings       soos    humanisme,       materialisme,
               agnostisisme en ateïsme het na vore gekom.                                        (12)

4.2       VOORBEELD: HINDOEÏSME
          • Hindoeïsme het nie 'n probleem met die Oerknalteorie nie.
          • Vir die Hindoe-godsdiens is die heelal die skepper.
          • Die skepper het nog altyd bestaan en sal vir altyd bestaan.
          • Die skepper het geen beperkings en is daarom nie 'n 'hy' of 'n 'sy' of
             enigiets anders nie.
          • Die skepper is eenvoudig 'n skepper.
          • Die skepper bestaan in 'n aktiewe of passiewe toestand.
          • Die passiewe toestand is 'n toestand van rus waar niks gebeur nie.
          • In 'n rustende toestand het die heelal geen vorm nie en is
             ongedifferensieer en is oral soort van 'plat'.
          • Na 'n lang tydperk raak die skepper aktief.
          • Dit is wanneer dele van die heelal anders lyk en is as ander dele en die
             skepping begin.
          • Mense is 'n neweproduk van die dans.

                                                OF                                               (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Religiestudies/V2                            12                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

4.2       VOORBEELD: MIDDEL-OOSTERSE GODSDIENSTE
          • Daar word gesê dat die heilige geskrifte van die Middel-Oosterse
             godsdienste – Judaïsme, Christenskap en Islam – deur God geïnspireer
             is.
          • Hulle glo dat hulle geskrifte die direkte woord van God is.
          • Hulle deel eenderse beskouings van die skepping.
          • Daar is een almagtige, alwetende perfekte skepper.
          • Hy het die mens as die middelpunt van die skepping geskep.
          • Die skepping het in ses dae plaasgevind soos dit in hulle geskrifte gestel
             word.
          • Dit het begin met die skeiding van lig en donker.
          • Dit is uit niks gemaak nie en daar was slegs twee mense aan die begin
             wat uit klei gemaak is.
          • God het die wêreld deur die krag van Sy woord geskep.
          • Alles wat God geskep het, was perfek; daarom aanvaar hulle nie die
             Oerknalteorie nie.
          LET WEL: Die leerder kan enige van die Abrahamitiese gelowe kies.                   (20)
4.3       JA
          • Gelowiges wat evolusioniste is, redeneer dat die wetenskap en
             godsdiens tot verskillende tipes kennis bydra.
          • Godsdiens en die wetenskap beantwoord verskillende vrae en gebruik
             verskillende metodes en taal om dinge te verduidelik.
          • Wetenskaplike kennis verduidelik die prosesse waarvolgens die skepping
             plaasgevind het, gebaseer op bewyse en waarnemings.
          • Godsdiens hanteer die vrae van doel en betekenis van bestaan.
          • Heilige geskrifte moet as 'n mite oor die skepping gelees word eerder as
             feitelike weergawes.
          NEE
          • Daar is geen twyfel dat God die heelal as deel van Sy goddelike plan vir
             die mensdom geskep het nie.
          • Kreasioniste glo in die Genesis-weergawe van die skepping.
          • Adam en Eve is perfek geskep en was die hoogtepunt van God se
             skepping.
          • Daar is geen plek vir evolusie in kreasionisme nie.
          • Dit is in ooreenstemming met 'n literalistiese vertolking van die heilige
             geskrifte.                                                                       (10)

4.4       •    Westerse astronome/sterrekundiges het die oortuiging dat die aarde die
               middelpunt van die heelal is, wat perfek pas by die Christelike beskouing
               van die skepping, uitgedaag.
          •    Die Ortodokse Kerk kon nie glo dat God die mens op die planeet sou
               plaas wat nie perfek is nie.
          •    Sterrekundiges, soos Copernicus, het met die heliosentriese teorie
               vorendag gekom wat stel dat die aarde om die son wentel.
          •    In die Bybel was dit die son wat beweeg het, nie die aarde nie.
          •    Dit het gelyk asof die sterrekundiges die letterlike woord van die Bybel
               weerspreek.                                                                    (8)
                                                                                              [50]
                                                                              TOTAAL:         150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [REL STUDIES P2 MEMO SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-memo-sept-2018-afrikaans/8a667319-4336-43ff-a856-d3395338d73b) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2015-memo-afr/f83afff4-c34e-4b7a-9ad1-d1d4aa5f1ce0) — Religion Studies · Memo · 2015 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2020-afrikaans/f4c6cd3c-439a-4099-b9a8-1afb7dfcab69) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr
- [REL STUDIES P2 GR12 QP ENG SEPT2015](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-gr12-qp-eng-sept2015/56b05c75-db6c-411c-8e17-d884c6f44a8d) — Religion Studies · QP · 2015 · Eng
- [REL STUDIES P2 GR12 QP AFR SEPT2015](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-gr12-qp-afr-sept2015/11b42e35-70b7-4ad7-a7e5-11087ec0d3b2) — Religion Studies · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
