# Religion Studies Grade 12 P1 Supplementary 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2015-supplementary-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/611c2708-b076-45c3-bcb2-e8654c6102e9
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 Supplementary 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2015-supplementary-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/611c2708-b076-45c3-bcb2-e8654c6102e9)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Supplementary Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

GRAAD 12

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                              RELIGIESTUDIES V1

                           FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Religiestudies/V1                             2                     DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        LET WEL:      Die vrae in AFDELING A tel EEN punt per feit, tensy anders
                        aangedui.

4.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Religiestudies/V1                            3                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.1.1      Versoening is …

                     A    die gevoel van eenheid wanneer heilige rituele beoefen word.
                     B    die wedergeboorte van die siel of gees.
                     C    begrip en vergifnis tussen mense wat 'n slegte verhouding
                          gehad het.
                     D    die gevoel van behoort by daardie mense wat in dieselfde
                          gebied woon.                                                         (1)

          1.1.2      In 'n godsdienstige konteks is 'n verbond …

                     A    'n manier om te regeer en te beheer.
                     B    'n geheime plan om iets skadeliks te doen.
                     C    beskikbaar vir mense om te gebruik hoe hulle ook al wil.
                     D    'n diep en plegtige waarborg of belofte.                             (1)

          1.1.3      Konserwatisme is …

                     A    wanneer mense twee of meer gelowe/oortuigings in een
                          stelsel wil integreer.
                     B    die vermoë om te besluit wat om te doen sonder
                          oorleg/omsigtigheid.
                     C    om los van godsdienstige instellings en simbole te leef.
                     D    om aan tradisionele, konvensionele waardes vas te hou.               (1)

          1.1.4      Watter EEN van die volgende verduidelik die term ideologie?

                     A    Wat godsdiens in die samelewing doen en wat sy rol in die
                          wêreld is, word gelees en geïnterpreteer
                     B    'n Godsdienstige oortuiging dat die samelewing in vier
                          afsonderlike klasse ingedeel kan word volgens die werk wat
                          mense doen
                     C    'n Situasie waar lede van baie gelowe in dieselfde gebied
                          woon
                     D    Het te make met die heersende wêreldbeskouing wat die
                          betekenis van bestaan vorm.                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Religiestudies/V1                             4                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

          1.1.5      Watter EEN van die Pilare van Islam word dikwels slegs een keer
                     in 'n persoon se lewe uitgevoer?

                     A    Verklaring van geloof
                     B    Rituele gebede
                     C    Vastydperk
                     D    Pelgrimstog na Mekka                                                    (1)

          1.1.6      Die doelwit waarna alle Boeddhiste streef, word … genoem.

                     A    Nirvana
                     B    Samsara
                     C    karma
                     D    moksha                                                                  (1)

          1.1.7      Hierdie is 'n vorm van Christelike lering wat fokus op die regstelling
                     van sosiale/maatskaplike en politieke ongeregtigheid:

                     A    Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika
                     B    Bevrydingsteologie
                     C    Wêreldraad van Kerke
                     D    Kaapstadse Intergeloof-inisiatief                                       (1)

          1.1.8      Watter EEN van die volgende is die Hindoe-geleerde wat die
                     aanbidding/verheerliking in die tempel lei?

                     A    Monnik
                     B    Imam
                     C    Geleerde ('Pundit')
                     D    Rabbi                                                                   (1)

          1.1.9      Hierdie godsdiens se begrip van die lewe is gebaseer op die
                     ingewikkelde, komplekse verhoudings tussen alle lewende wesens:

                     A    Boeddhisme
                     B    Islam
                     C    Judaïsme
                     D    Afrika Tradisionele Godsdiens                                           (1)

          1.1.10     'n Volgeling glo dat slegs sy/haar siening/beskouing van godheid
                     reg is:

                     A    Funksionalisme
                     B    Humanisme
                     C    Eksklusivisme
                     D    Kommunisme                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Religiestudies/V1                              5                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

1.2       In die konteks van godsdiens, skryf TWEE sinne oor elk van die volgende
          konsepte/terme:

          1.2.1      Boeddha                                                                    (2)

          1.2.2      Doopbediening                                                              (2)

          1.2.3      Kalief                                                                     (2)

          1.2.4      Bar Mitzvah                                                                (2)

          1.2.5      Reïnkarnasie                                                               (2)

1.3       Kies die woord wat NIE in elke groep woorde hieronder pas NIE. Skryf
          slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          Voorbeeld:          verassing; ubuntu; voorvaders; Modimo
          Antwoord:           1.3.6 verassing

          1.3.1      kardinaal; pastoor; monnik; non                                            (2)

          1.3.2      Vaishnavisme; Smartas; Soefisme; Shaktisme                                 (2)

          1.3.3      inkarneer; opstanding; evolusie; saligmaking                               (2)

          1.3.4      Upanishads; Vedas; Tanag; Bhagavad Gita                                    (2)

          1.3.5      waarsêers; voorvaders; Mpumalanga; inyanga                                 (2)

1.4       Dui aan of elk van die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die
          antwoord en skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer
          (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Gee 'n rede indien die
          antwoord ONWAAR is.

          1.4.1      Dharma is die geloof dat elke daad 'n gevolg het wat óf goed óf
                     sleg is.                                                                   (2)

          1.4.2      Hindoeïsme leer nie oor 'n god/gode nie, maar moedig 'n
                     lewenswyse aan om lyding wat deur onvervulde menslike
                     begeertes veroorsaak is, te beëindig.                                      (2)

          1.4.3      Die Afrika Tradisionele Godsdiens is slegs in die landelike gebiede
                     algemeen.                                                                  (2)

          1.4.4      Taoïste glo dat daar in die begin God en niks anders was nie.
                     God het die skepping uit niks gemaak.                                      (2)

          1.4.5      Volgens Islamitiese leringe kan alle godsdienste as verskillende
                     stadiums van die mensdom se geestelike ontwikkeling, soos wat
                     ons na een wêreldgeloof beweeg, beskou word.                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Religiestudies/V1                               6                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

1.5        Kies 'n item uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
           slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.6) in die
           ANTWOORDEBOEK neer.

                           KOLOM A                               KOLOM B
          1.5.1      Stellings of stel godsdienstige      A   mantra
                     oortuigings
                                                          B   Taoïsme, Confucianisme
          1.5.2      Leef vir altyd, ewig, onverganklik
                                                          C   pluralisme
          1.5.3      'n Vers, sillabe of frase wat
                     vermoedelik van goddelike            D   onsterflik
                     oorsprong is en wat in rituele
                     gebruik word                         E   Hindoeïsme, Boeddhisme

          1.5.4      Die daad om die verstand/            F   geloofsbelydenis
                     bewussyn as 'n geestelike
                     oefening te kalmeer en rustig te     G   meditasie
                     maak

          1.5.5      Alle godsdienste is paaie na die
                     waarheid, hulle is ewe waar

          1.5.6      Mense moet lewe volgens hoe
                     die heelal werk
                                                                                     (6 x 1)      (6)

1.6       Verduidelik die verskil tussen die konsepte lering en oortuiging/geloof.                (4)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Religiestudies/V1                                7                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

Lees die gedeelte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

             BESKOU DIE GODSDIENSTIGE LANDSKAP AS 'N GEHEEL

Elkeen van die godsdienste is uniek. Dit sou 'n ernstige fout wees om hulle almal gelyk
te stel deur te sê, 'Op stuk van sake sê hulle almal dieselfde ding!'

Daar is belangrike verskille tussen hulle.

               [Aangepas uit The Human Search for Meaning deur JS Kruger, GJA Lubbe en HC Steyn]

2.1       Identifiseer VIER unieke kenmerke van enige EEN godsdiens.                                   (8)

2.2       Verduidelik hoe die godsdiens wat jy in VRAAG 2.1 gekies het, sy eie
          identiteit skep.                                                                             (4)

2.3       Noem TWEE ooreenkomste wat deur die verskillende takke van die
          godsdiens in VRAAG 2.1 gedeel word.                                                          (8)

2.4       Lees die gedeelte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          In 1997 het die destydse President van Suid-Afrika, Nelson Mandela, 'n
          beroep op godsdienstige gemeenskappe gedoen om hulle verskille tersyde te
          stel en saam te werk om 'n vrye en regverdige Suid-Afrika te bou.

                                                                [Bron: Focus on Religion Studies]

          2.4.1      Watter stappe het die Suid-Afrikaanse regering gedoen om
                     intergodsdienstige harmonie in Suid-Afrika te verseker?                           (10)

          2.4.2      Bespreek en evalueer die werk wat deur enige                          EEN
                     intergodsdienstige organisasie in Suid-Afrika gedoen word.                        (10)

          2.4.3      Stem jy saam dat nouer bande tussen godsdienste nodig is om 'n
                     regverdiger en vreedsamer wêreld te verseker? Gee redes vir jou
                     antwoord.                                                                         (6)

          2.4.4      Wat is die hoofverskil tussen interkerklik en intergodsdienstig?                  (4)
                                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Religiestudies/V1                            8                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

VRAAG 3

3.1       Lees die gedeelte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      GELOOFSKWESSIES

          Die moderne media gee mense inligting oor gebeurtenisse van oor die wêreld
          heen soos wat dit gebeur. Mense kyk na hierdie inligting en vorm menings oor
          wat besig is om te gebeur. Die menings wat hulle vorm kan dan die wyse
          waarop hulle reageer en optree, beïnvloed.

                                              [Aangepas uit Shuters Religion Studies Grade 12]

          3.1.1      Bespreek die negatiewe en positiewe invloed van die media op
                     mense se godsdienstige oortuigings.                                            (12)

          3.1.2      Is sepies op TV, soos Generations en Scandal, 'n doeltreffende
                     manier om mense te help om godsdienstige kwessies te verstaan?

                     Gee VIER redes vir jou antwoord.                                               (8)

          3.1.3      Noem VYF verskillende maniere waarop godsdienste op negatiewe
                     mediadekking van godsdienstige kwessies kan reageer.                           (10)

3.2       Bespreek die praktiese stappe wat godsdienste kan doen om menseregte en
          verantwoordelikhede te bevorder of te beskerm.                                            (10)

3.3       Wat is die voordele daarvan om in 'n multigodsdienstige samelewing te leef?               (10)
                                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Religiestudies/V1                            9                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

VRAAG 4

Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          BLOEDIGE MOSLEM-CHRISTEN-SKERMUTSELINGE DUUR VOORT
                    IN SENTRAAL-AFRIKAANSE REPUBLIEK

In 'n naweek van geweld in Bangui, hoofstad van die Sentraal-Afrikaanse Republiek
(SAR), is ten minste 10 mense dood, het 'n beampte van 'n humanitêre agentskap
gister gesê.

Gevegte het weer Saterdag tussen Christene en Moslems in die weste van die
hoofstad uitgebreek waar baie geboue geplunder en aan die brand gesteek is.

Christene het nog 'n Moslem doodgemaak en een van die aanranders is deur 'n
vredesbewaarder van die Afrika-unie doodgeskiet, het getuies gesê.

Die voormalige Franse kolonie word al amper 'n jaar in geweld verswelg. Moslems en
buitelanders vlug al vir verskeie maande uit Bangui om van die konflik weg te kom.

                                                  [Aangepas uit The Times, 10 Februarie 2014]

4.1        Dink jy die bogenoemde is godsdienstige konflik? Gee redes vir jou antwoord.          (10)

4.2        Watter rol kan godsdienstige organisasies speel om sulke konflikte te
           voorkom?                                                                              (12)

4.3        Konflik tussen Moslems en Christene is meer algemeen in Afrika as op ander
           kontinente. Gee TIEN moontlike redes hiervoor.                                        (20)

4.4        Alle godsdienste bepleit vrede eerder as oorlog. Oorlog is egter onder sekere
           omstandighede toelaatbaar.

           Noem en brei kortliks uit oor TWEE voorwaardes waaronder 'n godsdienstige
           oorlog as geregverdig of toelaatbaar beskou kan word.                                 (8)
                                                                                                 [50]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              100
                                                                     GROOTTOTAAL:                150

      Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans (Printready 18 August)](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-printready-18-august/b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/94e8c743-ed51-404d-83f6-e1975786bf51) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/848b77ad-f4f6-47d7-a851-9dc6a69f8c97) — Religion Studies · QP · 2017 · Afr
- [RLST P1 GR12 QP SEPT2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/rlst-p1-gr12-qp-sept2015-afr/9f71cbed-dfb5-4595-9c31-8b5d0102935d) — Religion Studies · QP · 2015 · Afr
- [Religion Studies P1 June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-june-july-2015-afr/49a175d6-934c-4953-a53c-7a594b13d9b1) — Religion Studies · QP · 2015 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2015-eng/efdc84f5-403f-41ea-b10d-9e23194e2755) — Religion Studies · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-eng/7e735941-b3ca-486f-abf3-9da25296a134) — QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-afr/35c8b75f-517b-4840-a3dd-3998524c2107) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
