# Religion Studies Grade 12 P2 Supplementary 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 4 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2015-supplementary-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/9815172f-5b7d-4aab-b569-4482544d198f
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 4

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 Supplementary 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2015-supplementary-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/9815172f-5b7d-4aab-b569-4482544d198f)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Supplementary Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 4 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

GRAAD 12

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                            RELIGIESTUDIES V2

                         FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 4 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Religiestudies/V2                             2                    DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.        Beantwoord enige DRIE vrae.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

5.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke
          vraag toegeken is.

6.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Religiestudies/V2                            3                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

VRAAG 1

Lees die paragraaf hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

'n Aantal ingrypingstrategieë, soos Love Life en My Life My Future, is bekendgestel om
die kwessie van tienerswangerskappe te pak. Tienerswangerskappe bly egter steeds
een van die grootste uitdagings in Suid-Afrika.

1.1       Verduidelik die negatiewe invloed wat tienerswangerskappe op die Suid-
          Afrikaanse ekonomie het.                                                             (20)

1.2       Met verwysing na die leringe van enige EEN godsdiens, bespreek die
          oplossings wat aangebied word om die probleem van tienerswangerskappe
          op te los.                                                                           (10)

1.3       Bespreek die praktiese strategieë wat godsdienstige organisasies kan gebruik
          om die probleem van tienerswangerskappe in ons gemeenskappe te beveg.                (10)

1.4       Dink jy dat die regering en godsdienstige organisasies tans met hulle veldtog
          teen tienerswangerskappe slaag? Gee redes vir jou antwoord.                          (10)
                                                                                               [50]

VRAAG 2

Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Interne verskille soos tussen die Shia en die Sunni, of Katolieke en Protestante, is
dikwels gevaarliker as verskille wat tussen verskillende godsdienste bestaan.

2.1       Met verwysing na enige EEN godsdiens, beantwoord die volgende vrae:

          2.1.1      Noem VYF verskille met betrekking tot leringe.                            (10)

          2.1.2      Noem VYF verskille met betrekking tot bestuur/beheer/leiding.             (10)

          2.1.3      Noem VYF verskille met betrekking tot praktyke.                           (10)

2.2       Bespreek die rol van mondelinge tradisie in enige TWEE godsdienste krities.          (20)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Religiestudies/V2                            4                                  DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

VRAAG 3

3.1       Ontleed die sentrale leringe van enige EEN godsdiens onder die volgende
          opskrifte:

          3.1.1      Die aard van godheid                                                            (10)

          3.1.2      Die plek en verantwoordelikheid van die mensdom in die wêreld                   (10)

3.2       Volgens party godsdienste word menslike lyding deur boosheid veroorsaak.
          Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou antwoord deur na die
          leringe van enige EEN godsdiens te verwys.                                                 (10)

3.3       Spesifieke hermeneutiese beginsels vir elke godsdiens kan as 'n sinvolle
          instrument in die interpretasie van hulle normatiewe bronne gebruik word.

          Kies EEN sentrale lering uit enige EEN godsdiens en illustreer hoe die
          hermeneutiese beginsels daarop toegepas kan word.                                          (20)
                                                                                                     [50]

VRAAG 4

4.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Die term 'humanisme' was oorspronklik 'n godsdienstige term. Dit was 'n
          beweging wat die droë, Middeleeuse manier om na heilige geskrifte te kyk,
          teengestaan het. Eers omstreeks die 19de eeu het die betekenis van
          'humanisme' verander om 'ateïsme' te beteken.

                                    [Aangepas uit Religion Studies Grade 12, Steyn et al, bl. 201]

          Ontleed die redes vir die opkoms van sekulêre humanisme.                                   (12)

4.2       Kies enige TWEE godsdienste en verduidelik hoe elk op die Oerknalteorie
          gereageer het.                                                                             (20)

4.3       Na jou mening, is dit moontlik om in beide God en evolusie te glo? Gee redes
          vir jou antwoord.                                                                          (10)

4.4       Verduidelik kortliks die oorsake wat tot die konflik tussen die Christendom en
          die vroeë moderne Westerse sterrekundiges gelei het.                                       (8)
                                                                                                     [50]

                                                                                      TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2020-afrikaans/f4c6cd3c-439a-4099-b9a8-1afb7dfcab69) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr
- [REL STUDIES P2 GR12 QP ENG SEPT2015](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-gr12-qp-eng-sept2015/56b05c75-db6c-411c-8e17-d884c6f44a8d) — Religion Studies · QP · 2015 · Eng
- [REL STUDIES P2 GR12 QP AFR SEPT2015](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-gr12-qp-afr-sept2015/11b42e35-70b7-4ad7-a7e5-11087ec0d3b2) — Religion Studies · QP · 2015 · Afr
- [Religion Studies P2 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-june-july-2015-eng/129ef5f6-d033-4cf1-8ab7-bc38845674af) — Religion Studies · QP · 2015 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2015-afr/6f988c7a-14a8-45a6-8bf3-207f0a4bdee3) — Religion Studies · QP · 2015 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Religion Studies · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-eng/7e735941-b3ca-486f-abf3-9da25296a134) — QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-afr/35c8b75f-517b-4840-a3dd-3998524c2107) — QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-afr/7f74d50a-822f-4467-9d6a-5b83fc1842bd) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
