# Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 6 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/280b2f45-cc59-4fda-8962-bcd5e4a7d0bb
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/280b2f45-cc59-4fda-8962-bcd5e4a7d0bb)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                          RELIGIESTUDIES V2

                              MEI/JUNIE 2024

                                                                   PUNTE: 150

                                                                     TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Religiestudies/V2                             2                    DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

2.        Beantwoord enige DRIE vrae.

3.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke
          vraag toegeken is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Religiestudies/V2                           3                             DBE/Mei/Junie 2024
                                    SS/NSS Vertroulik

VRAAG 1

Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            HUWELIK EN EGSKEIDING

MaMkhize, soos wat sy liefdevol aan haar miljoene sosialemedia-volgelinge bekend is,
en manlief, Mpisane, het in 2018 hoofopskrifte gehaal en die koerante se slagoffers
geword nadat dit op die lappe gekom het dat die twee deur 'n egskeiding gaan.

'Ek het eerlikwaar geglo ons het 'n wonderlike huwelik ten spyte van onstuimigheid af
en toe. Toe ons in 2011 ons epiese 10de huweliksherdenking gevier het, het ek steeds
geglo dat ek vol vreugde in my huwelik was. Dit is die rede waarom dit my 25 jaar
geneem het om te besef dat daar net een weldoener en een begunstigde in hierdie
denkbeeldige romanse was. Hy was die een wat met al die liefde na hartelus oorlaai
is.'

Die Durbanse sake- en IT-egpaar se huwelik is op daardie tydstip deur bewerings van
Mpisane se ontrouheid geteister.

                                             [Aangepas uit Sunday World, 11 September 2022]

1.1       Noem en bespreek SES oorsake van egskeiding in die huwelik.                           (12)

1.2       Verduidelik kortliks waarom egskeiding 'n groot bekommernis in die
          samelewing is.                                                                        (14)

1.3       Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek die
          relevante leringe/leerbeginsels daarvan oor die huwelik en egskeiding.                (12)

1.4       Bespreek praktiese strategieë wat godsdienstige gemeenskappe kan gebruik
          om die probleem van egskeiding te oorkom.                                             (12)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Religiestudies/V2                            4                                DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

VRAAG 2

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Godsdienstige leringe kan in die vorm van geskrewe of mondelinge tekste wees, en dit
is die breedste kategorie wat gebruik word om te beskryf wat volgelinge van 'n
godsdiens glo.

                                            [Bron: Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

2.1       Bespreek die sentrale leringe van enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het,
          onder die volgende opskrifte:

          2.1.1      Die verwantskap tussen die gemeenskap en die individu                          (10)

          2.1.2      Die aard van die wêreld soos dit in die godsdiens se sentrale
                     leringe verduidelik word                                                       (10)

2.2       Vergelyk die rol van heilige tekste in Abrahamitiese en nie-Abrahamitiese
          godsdienste.                                                                              (12)

2.3       Wat is die rol van inspirasie in Afrika Tradisionele Godsdiens?                           (10)

2.4       Noem en bespreek enige TWEE hermeneutiese beginsels met betrekking tot
          die interpretasie van heilige tekste.                                                     (8)
                                                                                                    [50]   2024

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Religiestudies/V2                            5                                DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

VRAAG 3

3.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            ORGANISASIES WAT INTERGODSDIENSTIGE DIALOOG BEVORDER

          Die eerste Parlement van die Wêreld se Godsdienste is in 1893 in Chicago in
          die Verenigde State gehou, met die doel om 'n wêreldwye dialoog van gelowe
          te skep. Sedert daardie gebeurtenis was daar verskeie verdere Parlemente.

          Die Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika – Godsdienste vir Vrede (RGLA-
          GvV) is ook in 2002 gestig en is die grootste en mees verteenwoordigende
          multigodsdienstige platform in Afrika.
                                                     [Bron: Focus on Religion Studies, Grade 12]

          3.1.1      Verduidelik hoe die Wêreldparlement van Godsdienste daarin
                     geslaag het om intergodsdienstige dialoog te bevorder om
                     wêreldwye maatskaplike uitdagings te beveg.                                    (12)

          3.1.2      Die Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika – Godsdienste vir
                     Vrede (RGLA-GvV) is een van die organisasies wat
                     intergodsdienstige dialoog in Afrika bevorder, met die doel om
                     godsdienskonflik te vermy. Noem die hoofbeginsels van hierdie
                     organisasie.                                                                   (10)

3.2       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          In die meeste godsdienste kan die interpretasie van geloof van een denkwyse
          na die volgende verskil. Soms is hierdie verskille groot en het al selfs tot
          godsdiensoorloë gelei; soms is hulle gering.
                                            [Bron: Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

          3.2.1      Noem TWEE vertakkings wat in enige EEN godsdiens wat jy
                     bestudeer het, bestaan.                                                        (4)

          3.2.2      Bespreek die interne verskille van die vertakkings wat jy in
                     VRAAG 3.2.1 hierbo genoem het, onder die volgende opskrifte:

                     (a)   Leringe                                                                  (12)

                     (b)   Bestuur/Beheer                                                           (12)
                                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Religiestudies/V2                            6                                DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

VRAAG 4

Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Daar is baie mense wat deesdae 'n sekulêre wêreldbeskouing het. Met ander woorde,
hulle het nie 'n bepaalde godsdienstige geloof of behoort aan 'n godsdienstige
gemeenskap nie.
                                                   [Bron: Focus on Religion Studies, Grade 12]

4.1       Bespreek die historiese oorsprong van Westerse sekulêre denke.                            (12)

4.2       Noem EEN sekulêre wêreldbeskouing en bespreek die leerstellings daarvan.                  (12)

4.3       Brei uit oor die positiewe bydraes wat sekularisme tot godsdienste gemaak
          het.                                                                                      (14)

4.4       Hoe het sekularisme godsdiensvryheid in demokratiese Suid-Afrika, dit wil sê
          ná 1994, beïnvloed?                                                                       (12)
                                                                                                    [50]

VRAAG 5

Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Die probleme tussen godsdiens en wetenskap het eers in die afgelope vier eeue na
vore gekom.
                                                 [Bron: Religion Studies, Grade 12, Steyn et al.]

5.1       Verduidelik Charles Darwin se evolusieleer.                                               (12)

5.2       Uit elke groep godsdienste hieronder, evalueer krities die reaksie van EEN
          godsdiens op Darwin se evolusieteorie:

          5.2.1      Abrahamitiese godsdienste (Judaïsme, Christendom of Islam)                     (12)

          5.2.2      Oosterse godsdienste (Hindoeïsme of Boeddhisme)                                (12)

5.3       Bespreek die verwantskap tussen die Oerknalteorie en Taoïsme se leringe
          oor die skepping.                                                                         (14)
                                                                                                    [50]

                                                                                    TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Religion Studies · Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2020-afrikaans/f4c6cd3c-439a-4099-b9a8-1afb7dfcab69) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Religion Studies · Memo · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-eng/7e735941-b3ca-486f-abf3-9da25296a134) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-afr/35c8b75f-517b-4840-a3dd-3998524c2107) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P2 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2022-afr/1c914e3c-ded6-488e-a4b4-34af75cbb086) — Religion Studies · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-afr/7f74d50a-822f-4467-9d6a-5b83fc1842bd) — QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-eng/a22a9936-7b7a-4eba-ba0b-c78e70513f41) — QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2023-afr/87ea9bf1-b87a-43de-ae62-6c07b64aa1c7) — QP · 2023 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/bd0105b4-f284-444e-b919-6c59288291c1) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
