# Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2025 Memo (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/8c510988-040f-420c-aa74-427564f708c4
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2025 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/8c510988-040f-420c-aa74-427564f708c4)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                RELIGIESTUDIES V2

                                  NOVEMBER 2025

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Religiestudies/V2                           2                          DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1

 1.1       1.1.1     •  Portuurdruk
                     •  Kinders word maklik deur ander op 'n positiewe of 'n negatiewe
                        manier beïnvloed.
                     • Armoede
                     • Kinders word maklik met geld verlei. As gevolg hiervan word
                        hulle deur dwelmhandelaars gebruik om dwelms by die skool te
                        verkoop.
                     • Swak bestuurstelsels
                     • Skole wat nie doeltreffende veiligheidsbeleide en gedragskodes
                        het nie, ervaar meer probleme met middelmisbruik.
                     • Vorm van vermaak
                     • Kinders raak betrokke by dwelms as 'n vorm van vermaak.
                     • Gebrek aan sekuriteit
                     • Die meeste skole het nie streng sekuriteit nie. Dwelmhandelaars
                        kry maklik toegang tot terreine.
                     • Gebrek aan ouerleiding
                     • Swak ouerskap dra by tot swak gedrag van kinders,
                        middelmisbruik ingesluit.
                     • Leerders uit huise met gesinsgeweld, verwaarlosing of afwesige
                        ouers kan hulle tot dwelmmisbruik wend as 'n hanterings-
                        meganisme.                                                            (8)
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
                     Indien die oorsake bloot genoem word, ken 'n maksimum van
                     VIER punte toe.

           1.1.2     •  Dwelmverslaafdes word 'n las vir beide die skool en gesin.
                     •  Skoolprestasie word negatief beïnvloed as gevolg van 'n hoë
                        koers van stokkiesdraai en afwesigheid.
                     • Leerders wat by middelmisbruik betrokke is, word uitsakkers
                        ('dropouts').
                     • Gevalle van diefstal, boelie en vandalisme word dikwels by skole
                        aangemeld. Hierdie misdade word deur middelmisbruik
                        aangevuur.
                     • Sommige gevalle van tienerswangerskappe wat aangemeld
                        word, word aan middelmisbruik gekoppel.
                     • Die staat spandeer baie geld aan die regmaak en opknap van
                        skole as gevolg van vandalisme veroorsaak deur
                        dwelmverslaafdes.
                     • Die meeste gevalle van konflik tussen onderwysers en leerders
                        is as gevolg van middelmisbruik.
                     • Leerders wat dwelms misbruik, kan gewelddadig teenoor ander
                        leerders en onderwysers optree.                                       (10)
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Religiestudies/V2                           3                         DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 1.2       JA
           • Mense wat ander vorms van middels gebruik, sal na dagga draai want dit is
              gewettig en gereguleer.
           • Dit sal maklik wees om mense te identifiseer en te rehabiliteer wat die
              dwelm misbruik.
           • Gewettigde dwelms kan vir terapeutiese doeleindes onder streng toesig
              gebruik word.
           • Gewettigde dwelms kan ook vir persoonlike en industriële doeleindes
              gebruik word, in 'n gekontroleerde omgewing.
           • Wanneer 'n dwelm gewettig is, kan die verbruik daarvan gemoniteer word.
           • Misbruik van die dwelm kan makliker geïdentifiseer word en die persoon
              kan ondersteuning by die aangewese owerhede kry.
           • Dwelmgebruikers kan deur die owerhede vir berading geteiken word.
           • Die opwinding daarvan om die 'owerheid te minag' sal verwyder word.
           • Negatiewe portuurdruk sal weggeneem word aangesien die gebruik van
              dwelms nie meer onwettig sal wees nie.
           • Aangesien middelmisbruik streng gemonitor sal word, sal misbruik
              mettertyd afneem.
           • Belasting wat op die verkoop van dwelms gehef word, kan gebruik word om
              onthouding aan te moedig.
           NEE
           • Tabak en alkohol is beide dwelms wat gewettig is, tog duur verslawing en
              misbruik van hierdie middels steeds voort.
           • Verhoogde beskikbaarheid kan lei tot meer dwelmverwante ongelukke of
              voorvalle.
           • Dit kan gesondheidsorgstelsels belas met dwelmverwante
              gesondheidsprobleme.
           • Soos dagga is tabak en alkohol deurgangsdwelms na meer gevaarlike               (10)
              dwelms.
           • As dit eers gewettig is, sal dwelms openlik geadverteer word en misbruik
              sal toeneem.
           • Dit sal 'cool' wees om dwelms te gebruik en meer mense sal verslaaf raak.
           • Jong kinders sal makliker toegang tot gewettigde dwelms hê.
           LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Religiestudies/V2                              4                             DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

 1.3       VOORBEELD 1: BOEDDHISME
           • Middelmisbruik meng in met meditasie wat baie belangrik in Boeddhisme
              is, want dit help jou om insig en wysheid te kry.
           • In Boeddhisme word soberheid van die verstand sterk bevorder.
           • Die Boeddha leer dat om 'n morele lewe te lei selfdissipline en selfbeheer
              sal meebring. Dit is nodig om die begeerte na dwelms te stop.
           • Die regte geestesinstelling is belangrik om verligting te bereik, wat die
              hoogste doel van Boeddhisme is.
           • Boeddhisme leer dat individue die waarheid oor die menslike ervaring wat
              binne hulleself lê, onthul en verbied mense om enige dwelms te gebruik wat
              die gemoed verander.
           • Middelmisbruik word streng afgekeur want dit voorkom dat jy verligting
              bereik. Op hierdie basis word middelmisbruik in Boeddhisme verbied.
           • Boeddhisme keur enige middel af wat die liggaam kan skade doen.
           • Die Boeddha het geleer dat slegs deur die Agtvoudige Weg te volg, kan
              mense onverbonde raak en hulle van die pynlike ervaring van hergeboorte
              bevry. Dwelmmisbruik is een voorbeeld van die pynlike ervaring van
              gebondenheid.
           LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

           VOORBEELD 2: CHRISTENSKAP
           • 'Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid
              gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul'. (Ef. 5:18)
           • Dit beteken dat middelmisbruik veroorsaak dat jy kwesbaar vir enige vorm van
              swak gedrag is.
           • 'Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle
              het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang en dat julle nie aan
              julself behoort nie? (I Kor. 6:19)
           • Dit beteken dat jy jou eie liggaam moet respekteer as 'n heilige tempel wat aan
              God gewy is.
           • 'Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie
              kan versadig nie?' (Jes. 55:2)
           • Dit beteken dat om geld te spandeer aan dwelms geen voordeel het nie, en dat
              dwelms nie 'n noodsaaklike uitgawe is nie. Almal wat hulle liggame heilig wil
              hou, moet wegbly van enige vorm van middelmisbruik.
           • '... onsedelikhid, onreinheid, losbandigheid, en al derglike dinge. Ek waarsku
              julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig
              maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis kry nie.' (Gal. 5:21)
           • Niemand wat by middelmisbruik betrokke is, sal die koninkryk van God
              binnegaan nie. Middelmisbruik is sonde. 'Die wyn is 'n spotter, en sterk drank
              'n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelm raak, is nie wys nie.'
              (Spr. 20:1)
           • Middelmisbruik is verbode wat dit veroorsaak dat die individu arrogant en
              gewelddadig raak. 'Wee hulle wat helde is om wyn te drink en wakker manne
              om sterk drank te meng.' (Jes. 5:22)
           • Die profeet waarsku mense teen die gevaar van sterk drank.                              (12)
           LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Religiestudies/V2                              5                           DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

 1.4       •  Godsdienstige organisasies moet die jeug aanmoedig om aan gesondheids-
              en sportprogramme deel te neem.
           • Verslaafdes moet help word en vir rehabilitasie gestuur word indien dit
              onbeheerbaar raak.
           • Godsdienstige gemeenskappe moet werkswinkels hou oor bewustheid van
              middelmisbruik.
           • Gemeentelede/Volgelinge moet aangespreek word en die gevare van
              middelmisbruik moet uitgewys word.
           • Relevante godsdienstige leringe moet beklemtoon word.
           • Godsdienstige organisasies moet saam met die SAPD werk en onverwagte
              deursoekings in gemeenskappe doen, soos bv. by skole.
           • Hulle moet dwelmbase by die polisie aangee aangesien dwelmbase in die
              gemeenskap woon.
           • Die organisasies moet vorige verslaafdes na werkswinkels nooi sodat die
              gemeenskap eerstehandse inligting oor die skadelike gevolge van
              middelmisbruik kan bekom.
           • Moedig jeugdebatte in gemeenskappe aan waar die jeug die oplossings vir
              dwelmmisbruik kan debatteer.
           • Godsdienstige organisasies moet die plaaslike munisipaliteit en
              gesondheidsdepartement nader om 'n rehabilitasiesentrum te stig om diegene
              wat geaffekteer is, te help.
           • Dring aan dat daar by elke polisiestasie 'n toonbank is vir alkohol- en
              dwelmmisbruik, befonds deur die provinsiale en plaaslike regerings.                  (10)
           LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
                                                                                                   [50]
VRAAG 2

 2.1      2.1.1      VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS (ATG)
                     • Beloning en straf in ATG vind in die huidige lewe plaas, nie ná die
                       dood nie.
                     • Daar word geglo dat die lewende dooies/voorvaders boosdoeners
                       kan straf en dié wat goed doen, kan beloon.
                     • Straf vanaf die lewende dooies kom in verskillende vorms van
                       teenspoed/lyding/smart/pyn voor.
                     • Daar word gesê dat die persoon wat hierdie teenspoed ervaar
                       'slegte bloed' het.
                     • Die teenmiddel vir slegte bloed is 'n gepaste vorm van reiniging,
                       wat bedoel is om die lewende dooies te kalmeer/bevredig.
                     • Die tradisionele geneser hou die ritueel vir die reiniging van slegte
                       bloed.
                     • Diegene wat die voorvaders vereer, word beloon met voorspoed
                       en 'n goeie lewe.
                     VOORBEELD 2: ISLAM
                     • Islam leer dat beloning en straf in die huidige wêreld en ná die dood
                       bestaan.
                     • Op die Oordeelsdag sal mense opgewek word om deur Allah
                       beoordeel te word.
                     • Dié wat in Allah glo en aan hulle verpligtinge aan die Skepper en
                       die mensdom voldoen het, sal beloon word en toegang tot die
                       paradys kry.                                                                (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Religiestudies/V2                             6                          DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

                     •   Dié wat die bestaan van Allah ontken, sal gestraf word en hel toe
                         gaan.
                     • Dié wat glo, maar nie hulle verpligtinge nagekom het nie, sal óf
                         vergewe word óf gestraf word volgens die aard van hulle sonde.
                     • Om aalmoese aan armes te gee, bring 'n mens nader aan Allah en
                         sal deur Allah se genade en goedheid beloon word.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
                     Die kandidaat mag 'n maksimum van SES punte vir die bespreking van
                     slegs beloning of straf ontvang.

          2.1.2      VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS (ATR)
                     • In Afrika Tradisionele Godsdiens word boosheid beskou as die
                       mishaag van die voorvaders of dat hulle by belangrike
                       familiegeleenthede weggelaat is.
                     • Daar word ook geglo dat daar mense is, soos towenaars en hekse,
                       wat bomenslike magte het wat ander mense kwaad kan aandoen.
                     • In Afrika Tradisionele Godsdiens is 'n heks 'n bose wese wat
                       bomenslike magte het om ander kwaad aan te doen.
                     • Boosheid veroorsaak dat mense op 'n wyse optree wat teen die
                       etiese beginsels van die lewe beskerm en bevorder, ingaan.
                     • Hierdie boosheid kan baie vorms aanneem, soos om die lewende
                       dooies en hulle wense te ignoreer.
                     • Om ander mense kwaad aan te doen, is die rol van boosheid, bv.
                       die gebruik van toorkuns.
                     • Die moedswillige versteuring en ontwrigting van die gemeenskaps-
                       en kosmiese orde is ook die rol van boosheid.

                     VOORBEELD 2: ISLAM
                     • Boosheid word aan Satan, of die duiwel, gekoppel.
                     • Allah het Adam, die eerste mens, geskep en die hele skepping
                        beveel om voor hom neer te buig.
                     • Satan het geweier om te buig; hy het beweer hy is beter as Adam
                        omdat hy uit vuur geskep is terwyl Adam uit klei geskep is.
                     • Hierdie trots het daartoe gelei dat Satan in sonde verval het en hy
                        het hom voorgeneem dat hy vir ewig alles in sy mag sou doen om
                        mense te mislei en hulle te oorreed om God nie te gehoorsaam nie.
                     • Elke individu is verplig om te vermy wat haram (onwettig) is, want
                        dit het ernstige wettige en morele gevolge.
                     • Allah het mense met vrye wil geskep wat hulleself kan beoefen.
                     • Ons gebruik van vrye wil bring óf die goeie óf kwaad voort.
                     • Ons kan deur ons eie begeertes beïnvloed word om kwaad te doen
                        of deur die duiwel in versoeking gebring word.
                     • Indien ons ons bose dade berou en Allah se vergifnis soek, kan
                        ons hoop op Sy genade en ontferming.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
                     Die kandidaat mag 'n maksimum van SES punte vir óf oorsprong óf rol
                     ontvang.                                                                    (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Religiestudies/V2                            7                          DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 2.2      •  Rituele motiveer en besiel ons. Herhaling van die volgorde is 'n belangrike
             manier waarop die gemeenskap of groep hulle ingesteldhede en
             oortuigings by hulle volgelinge inprent.
          • Deur rituele bou ons godsdienstige families en gemeenskappe. Deur
             deelname aan seremonies leer mense hoe om op te tree en wat om met
             hulle liggame te doen.
          • Hulle verdiep hulle geestelike insig of begrip.
          • Rituele is 'n oorgangsrite wat 'n mens van een lewensfase na 'n ander laat
             beweeg.
          • Rituele gee 'n mens 'n gevoel dat jy aan iets behoort.
          • Rituele help ons om ons emosies te beheer sodat ons belangrike
             lewensgebeurtenisse kan hanteer, bv. die dood, inisiasie, die huwelik.
          • Rituele leer ons groepwaardes en optrede. Tydens 'n ritueel leer mense wie
             belangrik is en wie kan praat, bv. Intlabi.
          • Dit leer ons maniere waarop dinge gedoen moet word. Wanneer 'n kind
             gebore word, het elke godsdiens 'n spesifieke ritueel wat uitgevoer word.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
          Ken 'n maksimum van SES punte toe waar die kandidaat slegs oor een
          godsdiens geskryf het.                                                                (10)

 2.3      AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS(ATR)
          • Mondelinge tradisie speel steeds 'n belangrike rol in Afrika Tradisionele
             Godsdiens.
          • In Afrika Tradisionele Godsdiens bly die heilige teks in die vorm van
             mondelinge tradisie.
          • Rituele word van een geslag na die volgende oorgedra.
          CHRISTENSKAP
          • Mondelinge tradisie loop parallel met die geskrewe teks.
          • Dit gee meer duidelikheid as geskrewe tekste as gevolg van die narratiewe
             styl.
          • Die leringe van Jesus Christus is eers mondelings van geslag tot geslag
             oorgedra.                                                        (2 x 4)           (8)
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
          Indien 'n kandidaat na slegs een godsdiens verwys het, ken 'n maksimum
          van VIER punte toe.
 2.4      • Inspirasie is 'n belangrike normatiewe bron in baie godsdienste.
          • Dit is die ware oorsprong van alle godsdienste.
          • Inspirasie verwys na die mag of krag van 'n buitengewone wese wat 'n
             gekose wese oorneem.
          • Die stigtersfigure van baie godsdienste is deur 'n hoër mag of wysheid
             geïnspireer.
          • Sulke mense voel dat hulle 'openbaring' by 'n buitengewone wese ontvang
             het.
          • In Afrika Tradisionele Godsdiens ontvang die mediums of waarsêers
             inspirasie terwyl hulle in 'n beswyming is.
          • Inspirasie is 'n magtige motivering vir die volgelinge van 'n spesifieke
             godsdiens.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Religiestudies/V2                              8                          DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

 2.4      •  Daar is verskeie tipes inspirasie, naamlik:
            o Goddelike inspirasie is direk en onmiddellik en dit het die stigters van
                godsdienste geïnspireer.
            o Kontemporêre inspirasie is voortdurend en dien om aanbidders met
                hulle Skepper te verenig.
          • Mediums en waarsêers in ATR kommunikeer met die geestesryk deur
             inspirasie.                                                                          (12)
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
          •                                                                                       [50]

VRAAG 3

 3.1.1        •  Die stigting van die Parlement van die Wêreld se Godsdienste het in 1893
                 in Chicago plaasgevind.
              • Die doel daarvan was om 'n wêreldwye/globale dialoog oor gelowe te skep.
              • In 1993 is die Parlement weer in Chicago gehou om saam te werk aan
                 wêreldkwessies, asook die skep van 'n verklaring met die titel 'Towards a
                 Global Ethic'.
              • In 1999 het die Parlement in Kaapstad die kwessie van MIV en Vigs uitgelig.
              • In 2004 het die Parlement in Barcelona, Spanje, bymekaar gekom en
                 gefokus op godsdienstige geweld, veilige water, vlugtelinge en die
                 eliminering van skuld in ontwikkelende lande.
              • In 2007 was die fokus op die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte om
                 armoede uit te roei.
              • In 2009 het die Parlement in Melbourne, Australië bymekaar gekom en
                 inheemse/oorspronklike versoening, volhoubaarheid en globale klimaats-
                 verandering hanteer.
              • Die Parlement kies altyd algemene sosiale/maatskaplike uitdagings, wat
                 godsdienste aanmoedig om saam te werk.
                                                                                                   (12)
              LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

 3.1.2        •  Byeenbring van godsdienstige gemeenskappe, burgerlike samelewing,
                 privaat sektor en regerings (parlementariërs).
              • Stuur intergodsdienstige afvaardigings na konflik-risiko-gebiede vir
                 konflikoplossing.
              • Stigting en registrering van nasionale takke.
              • Vorming van die IFAPA Women's Network (Vrouenetwerk).
              • Stigting van streeks- Youth Networks (Jeugnetwerke).
              • Deelname aan die wetgewende verkiesing in Togo.
              • Deelname aan die Wêreld Sosiale Forum wat in Kenia (2007) gehou is.                (10)
              LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

 3.2.1    VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS (ATR)
          • AmaZulu
          • Aka (in Sentraal-Afrika)
          • Yoruba (Suidwes-Nigerië)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Religiestudies/V2                            9                            DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

          VOORBEELD 2: ISLAM
          • Soenni
          • Sjia                                                                                  (4)

 3.2.2     A         VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS (ATG)
                     AmaZulu
                     • Hulle glo aan en erken die bestaan van 'n Opperwese wat
                        uMvelinqangi genoem word.
                     • Hulle glo dat Sy status so hoog is dat niemand Hom direk kan
                        nader nie.
                     • Kommunikasie met uMvelinqangi word deur die voorvaders
                        gedoen.
                     • Die AmaZulu glo ook dat daar 'n vroulike godin, genoem
                        uNomkhubulwane/a, is.
                     • Hulle glo ook in 'n seremonie genoem 'teruggebring', waar die
                        lewende dooies as 'n voorvader bevestig word.
                     Aka (in Sentraal-Afrika)
                     • Die Aka glo aan 'n skeppergees, genoem Bembe.
                     • Hulle glo dat Bembe na die skeppingsdaad afgetree het.
                     • Hulle glo aan 'n woudgees, genoem Dzengi.
                     • Hulle glo dat Dzengi hulle met die suksesvolle jag van olifante
                        help.
                     Yoruba (Suidwes-Nigerië)
                     • Hulle glo dat Oludumare die skeppergees is.
                     • Hulle glo dat elke mens 'n lot of bestemming het.
                     • Hulle glo ook dat die lewe siklies (reïnkarnasie) binne hulle eie
                        spesie is.
                     • Die doelwit van reïnkarnasie is geestelike verbetering.
                     • Hulle glo dat goeie geeste een word met Oludumare.

                     VOORBEELD 2: ISLAM
                     Soenni-Moslems
                     • Die Hadith wat deur metgeselle van die Profeet vertel word, het
                         gelyke status met dit wat deur sy familielede vertel is.
                     • Die Soenni-vertakkoning glo dat alle leringe wat in die Boeke van
                         die Hadith vervat is, ewe belangrik is.
                     • Hulle volg die leringe van Islamitiese geleerdes uit die 7de en
                         8ste eeue.
                     • Soenni's glo nie dat 'n kalief uitsluitlik uit die Profeet se familie
                         kan kom nie.
                     • Soenni's gebruik die term 'imam' om na die leier van 'n
                         gemeentelike gebed te verwys.
                     Sjia-Moslems
                     • Hulle glo dat die Hadith wat deur metgeselle van die Profeet
                         vertel word, minder belangrik is as dit wat deur sy familielede
                         vertel is.
                     • Hulle volg slegs die leringe en opinies van 'n lewendige geleerde.
                     • Hulle glo dat die laaste kalief uit die Profeet se familie in 'n grot
                         versteek is en eendag as leier sal herverskyn. Daar word na
                         hom as 'imam' verwys.                                                    (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Religiestudies/V2                           10                          DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

           B         VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS (ATG)
                     AmaZulu
                     • Hulle brand wierook tydens kommunikasie met die voorvaders.
                     • Wanneer daar siekte of teëspoed is, raadpleeg hulle die
                        tradisionele geneser of waarsêer.
                     • UNomkhubulwane word genader deur 'n pelgrimstog na die
                        berge gedurende natuurrampe of droogtes.
                     • Hulle beoefen 'n 'bring terug'-seremonie waar die dooie ná 'n jaar
                        as voorvader bevestig word.
                     Aka (Sentraal-Afrika)
                     • Hulle dans en sing tot die eer van Dzengi.
                     • Hulle slag diere in kommunikasie met die voorvaders.
                     • Wanneer hulle gaan jag, voer hulle 'n ritueel uit wat diereslagting
                        behels om met die dier se gees te kommunikeer.
                     • Hulle raadpleeg ngangas wanneer moeilike besluite geneem
                        word.
                     • Wanneer daar 'n siekte of krisis in die familie of gemeenskap is,
                        word die ngangas (tradisionele genesers) geraadpleeg.
                     Yoruba
                     • Godsdienstige praktyke fokus op Ori Orun (geestelike self).
                     • Geestelike kontak word via verskillende tussengangers gemaak,
                        onder andere Orishas (mindere godhede).
                     • Elke dorp het sy eie Orisha, en 'n tempel wat daaraan gewy is.
                     • Opregte meditasie en verering versterk jou bande met die
                        geestesryk.

                     VOORBEELD 2: ISLAM
                     Soenni
                     • Godsdienstige praktyke is streng volgens die sunnah van die
                         Profeet, soos vervat in die Hadith.
                     • In Soenni-Islam is 'n 'imam' eenvoudig die leier van 'n
                         gemeentelike gebed.
                     • Imam dui nie op formele opleiding in Soenni-Islam nie.
                     • Muttah (tydelike huwelik) is verbode.
                     Sjia
                     • Imams is afstammelinge van die Profeet Mohammed, wat hulle
                         glo goddelik aangestel is.
                     • Die altaar/bedevaartplek van Hussein in Karbala is 'n belangrike
                         pelgrimstog vir die Sjia's.
                     • Muttah (tydelike huwelik) word toegelaat.
                     • Hulle beoefen selfverminking, bv. om die tragedie van Karbala te
                         herdenk.
                     • Daar is twee skole van regsmening – Akbar en Usuli.                      (8)
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Religiestudies/V2                           11                          DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

           C         VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS (ATG)
                     AmaZulu
                     • Bestuur/Beheer/Leiding is in 'n hiërargie gerangskik (rangorde
                        van gesag met 'n bevelsorde van hoogste na laagste).
                     • Die koning is die leier van die hele nasie.
                     • Die gesag van die koning word gedelegeer na die laer range van
                        die leiers/hoofde en die hoofmanne.
                     • Die posisies van die koning en leiers/hoofde is op genealogie
                        (afstam van een generasie na die volgende binne dieselfde
                        familie) gebaseer.
                     • Families is in clans (stamme/familiegroepe) gegroepeer.
                     • Die clan (stam) lê die fondasie vir hoe om te aanbid en hoe om
                        by mekaar aansluiting te vind.
                     • Op clan-vlak is die bejaardes, beide mans en vroue (ogogo
                        nomkhulu), die raadgewers van hulle onderskeie clans
                        (stamme).
                     • Tydens clan-dispute tree die oudstes as bemiddelaars
                        (tussenpersone wat deur beide partye aanvaar word) op.
                     Aka
                     • Daar is min Aka-statusposisies.
                     • Daar is nie 'n hoof in die sin van 'n persoon wat oppergesag het
                        nie.
                     • Daar is 'n kombeti (leier), wat gewoonlik meer invloedryk is ten
                        opsigte van bestaans- en kampbewegingbesprekings.
                     • Die nganga (top geneser) verskaf gemeenskapsdienste soos
                        divinasie (voorspellings) oor jagtogte, genesing van toorkuns en
                        genesing met kruie.
                     • Die tuma (olifantjagter) is die leier van spiesjagtogte, seisoenale
                        rituele en organiseer die opleiding van jong seuns in die mans se
                        geheime vereniging.
                     • Die status posisies word gewoonlik deur mans ingeneem.
                     • Geen individu het die reg om 'n ander individu te dwing om 'n
                        aktiwiteit teen sy/haar wil uit te voer nie.
                     Yoruba
                     • Daar is 'n hiërargiese koning, bekend as die Oba, wat regeer oor
                        die raad van leiers/hoofde.
                     • Die koning se gesag word na die hoofde/leiers gedelegeer.
                     • Die hoofde/leiers delegeer hulle gesag verder na die gesag van
                        die hoofman.
                     • Paternale afstammelinge (afstammelinge van vaderskant) leef
                        saam onder die gesag van 'n hoofman.
                     • Konstituerende dorpe het hulle eie heersers wat aan die Oba
                        ondergeskik is.
                     • Daar is vrywillige assosiasies, onder andere die Egbe
                        (humanitêre groep).

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Religiestudies/V2                            12                         DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

                     VOORBEELD 2: ISLAM
                     Soenni
                     • Daar is geen geestelike leiers in Soenni-Islam nie.
                     • Enige Moslem kan op die gemeenskapsrade dien.
                     • Beheer/Bestuur/Leiding is gemeenskapsgebaseerd.
                     • Geleerdes van Islam (ulema) en lede van die gemeenskap
                         (vrywilligers) dien op beheerrade van moskees en madrassas en
                         skole.
                     Sjia
                     • Sjia-Moslems vereer die afstammelinge van die Profeet
                         Mohammed, en glo dat hulle die goddelike reg het om Moslems
                         te lei.
                     • So 'n leier staan as 'n 'imam' bekend.
                     • Die finale sê in enige onsekerheid oor enige godsdienstige of
                         politieke kwessies lê by die verteenwoordiger van die imam.
                     • Beheer/Bestuur/Leiding is in die hande van mo(e)llas (priesters)
                         wat deur godsdienstige verordening/bevel/besluit regeer.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
                     In 3.2.2 a, b en c, ken 'n maksimum van SES punte vir enige
                     vertakking toe.                                                           (8)
                                                                                               [50]

VRAAG 4

 4.1       •  Die wetenskaplike verklaring word die evolusieleer genoem.
           •  Dit is in 1859 deur Charles Darwin ontwikkel.
           •  Die teorie/leer beweer dat alle lewe uit primitiewe vorme ontwikkel het en
              voortgaan om aan te pas en te ontwikkel.
           • Dit voer aan dat mense uit 'n voorouer, wat met ape gedeel word, ontwikkel
              het.
              Die evolusieleer, volgens Charles Darwin, bestaan uit die volgende idees:
             o Spesies bevat 'n groot verskeidenheid klein verskille.
             o In die geveg om oorlewing sal beter aangepaste variasies begunstig
                  word terwyl dié wat nie geskik is nie, sal sukkel om te oorleef.
             o Dit is ook van toepassing op verandering in mense.
             o Terwyl mense en ape 'n gemeenskaplike voorouer deel, het albei in
                  verskillende rigtings ontwikkel.
             o Die proses van verandering en aanpassing het oor 'n baie lang tydperk
                  plaasgevind.
             o Hierdie leer/teorie noem nie ingryping/intervensie deur 'n goddelike
                  wese nie.
           LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Religiestudies/V2                             13                         DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

 4.2      4.2.1      HINDOEÏSME
                     • Hindoeïsme het nie 'n probleem met die evolusieleer nie.
                     • Hulle glo dat die heelal op evolusie gebaseer is.
                     • Hulle glo dat hulle 'n meer gevorderde evolusieleer as die
                        wetenskaplike een het.
                     • Die wetenskaplike teorie is beperk.
                     • Dit fokus slegs op die fisiese perspektief van skepping.
                     • Hindoes glo dat mense beheer het oor hulle geestelike en fisiese
                        Ontwikkeling/evolusie.
                     • Hindoes glo dat as jy 'n goeie lewe lei, sal jy deur baie
                        hergeboortes ontwikkel tot jy fisies en geestelik gevorderd is.
                     • Uiteindelik sal jy bevryding van die fisiese bestaan bereik en een
                        word met God.
                     • Hindoes glo dat daar 'n intelligente ontwerper agter alles is, soos
                        evolusie/ontwikkeling van die mensdom en die heelal.                     (12)

           4.2.2      JUDAÏSME
                      • Alles in die heelal, mense ingesluit, is deur God geskep soos dit
                         in die heilige boek geskryf staan.
                      • Die verhaal van Genesis verduidelik hoe alles geskep is en moet
                         as die letterlike waarheid aanvaar word.
                      • Volgens Kreasionisme kan daar geen twyfel wees dat God die
                         heelal as deel van Sy goddelike plan vir die mensdom geskep
                         het nie.
                      • Daar is 'n groep Jode wat geen teenstrydigheid tussen Judaïsme
                         en evolusie sien nie.
                      • Volgens hierdie groep word Genesis as 'n simboliese verhaal
                         van die skepping beskou en in die lig van evolusie
                         vertolk/geïnterpreteer.
                      • God is steeds die skepper, maar evolusie onthul sommige van
                         die wette wat die skepping regeer/bestuur.
                      • Ortodokse Jode verwerp evolusie.
                      • Hulle glo dit weerspreek die letterlike woord van die heilige
                         geskrifte.
                      • Die Ortodokse Joodse verwerping van evolusie is soortgelyk aan
                         die konserwatiewe of fundamentalistiese Christen- verwerping
                         daarvan.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                       (12)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Religiestudies/V2                            14                           DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 4.3       •  Die Oerknalteorie verkondig dat daar 'n enorme ontploffing was waaruit die
              verskillende planete gevorm is.
           • Dit het 13,7 miljard jaar gelede gebeur.
           • Klein temperatuurverskilletjies tydens die aanvanklike ontploffing het tot
              uiteenlopende digthede oor die hele heelal gelei.
           • Dit het uiteindelik massa/bondels stof en energie gevorm.
           • Hierdie massa/bondels het voortgegaan om op 'n klonterige wyse te verdig
              en het die onmeetlike versameling sterre, genoem die sterrestelsel,
              gevorm.
           • Sommige van die massa/bondels in sterrestelsels het in 'n kombinasie van
              sterre en planete verdig.
           • Die Aarde is ongeveer 4,5 miljard jaar gelede gevorm.
           • Tradisionele godsdienste hou vol dat die heelal perfek geskep is.
           • In die Abrahamitiese godsdienste is die Skepper manlik.
           • Aan die begin het net die Skepper bestaan.
           • Die Skepper het toe die heelal uit niks gemaak nie.
           • Abrahamitiese godsdienste glo dat God/Allah/Jahwe die heelal in ses dae
              geskep het.
           • Vir Hindoes bestaan die Skepper in óf 'n aktiewe óf 'n passiewe toestand.
           • Die passiewe toestand is 'n staat van rus wanneer niks gebeur nie.
           • Tydens rus het die heelal geen vorm nie, is ongedifferensieerd en oral 'plat'.
           • Hindoeïsme glo aan beide fisiese en geestelike evolusie, maar die
              wetenskap is beperk tot fisiese evolusie/ontwikkeling.              (2 x 8)        (16)
           LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
           Selfs al verwys die kandidaat slegs na een godsdiens, ken 'n maksimum
           van AGT punte toe vir die godsdiensaspek van die antwoord.
                                                                                                 [50]

VRAAG 5

 5.1       •  Sekularisme beteken 'n magskeiding tussen die staat en godsdiens.
           •  Martin Luther het in die 16de eeu sekere veranderinge begin wat gelei het
              tot die versplintering van die Christendom in Katolieke en Protestante
              groepe.
           • Die Kerk was op daardie stadium baie invloedryk, beide polities en
              maatskaplik.
           • Konings, keisers en die adel het die kerk gebruik om hulle mag te vestig.
              Godsdienstige leiers het op hulle beurt regeerders beïnvloed om hulle
              interpretasie van oortuigings/geloof te bevorder.
           • Godsdiens en politiek was verweef en oorloë het voortgeduur.
           • Mense het begin om 'n staat te soek waar daar godsdienstige
              verdraagsaamheid sou wees.
           • Intellektuele mense van daardie tyd het tot die gevolgtrekking gekom dat
              godsdiens eerder verdelend as saambindend was.
           • 'n Regering wat suiwer op beredenering en op begrip van die menslike aard
              gebaseer was, was toe die oplossing.
           • Die Prins van Oranje was een van die eerste mense wat 'n skeiding tussen
              kerk en staat bepleit het.
           • Die regering is geskei van godsdiens en Sekularisme het ontstaan.
           LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                  (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Religiestudies/V2                             15                           DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

 5.2       VOORDELE
           • 'n Sekulêre wêreldbeskouing lei tot die skeiding van godsdiens en staat.
           • Die meeste godsdienstige mense het die sekulêre beskouing aangeneem
             deur die skeiding van godsdiens en die staat te aanvaar.
           • Dit bevorder gewetensvryheid en geloof/oortuiging.
           • Die samelewing het die reg om die gesag van godsdienstige onderwysers
             te bevraagteken.
           • Dit voorkom die oorheersing van een godsdiens oor ander.
           • Dit verhoed die oorheersing van een godsdiens oor ander.
           • Almal het die reg om hul menings, idees of artistieke kreatiwiteit vrylik uit te
             spreek, solank dit nie haatspraak of aanhitsing tot geweld behels nie.

           NADELE
           • Mense kan die rol van godsdiens ondermyn.
           • Mense begin om godsdienste/godsdienstige praktyke/godsdienstige
              oortuigings vir sekulêre beskouings te los.
           • Godsdienstige leiers/owerhede verloor hulle invloed oor volgelinge.
           • Godsdienste raak minder belangrik wanneer wêreldbeskouings domineer.
           • Dit verskaf 'n alternatiewe stel norme en waardes.
           • Die teenstrydige waardes skep verwarring in die samelewing.
           • Godsdienste lyk verouderd en onaantreklik vir jonger geslagte.
           • Instellings soos die huwelik en gesinslewe word as minder belangrik beskou
              aangesien dit tradisioneel op godsdienstige leringe gebaseer is.
           • Mense het teen hulle oorspronklike oortuigings (godsdiens) gedraai.
           • Ekstremisme of onverdraagsaamheid: Sommige individue mag hierdie
              vryheid misbruik om ekstremistiese of diskriminerende sienings te
              bevorder.
           • Omgekeerde diskriminasie-eise: Pogings om gelykheid te bevorder (soos
              beleide oor gelyke indiensneming) kan deur sommige as onregverdig
              teenoor ander groepe beskou word.
                                                                                  (2 x 6)          (12)
           LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Religiestudies/V2                                16                           DBE/November 2025
                                           NSS – Nasienriglyne

 5.3       VOORBEELD 1
                      • ATEÏSME                                  • AGNOSTISISME
            • Ateïsme ontken die bestaan van •             Agnostisisme beweer dat dit
              'n Opperwese.                                moontlik is om die bestaan van
                                                           'n Opperwese te bewys of nie te
                                                           bewys nie.
             •      Daar is verskillende grade van     •   Sommige agnostikusse glo aan
                    ateïsme, sterk en sag.                 'n Opperwese, maar is nie 'n
                                                           aanhanger van enige godsdiens
                                                           nie.
             •      Sterk ateïste glo aan geen god     •   Hulle verwerp godsdienste wat
                    nie.                                   verklaar dat hulle eksklusiewe
                                                           kennis van god(e) het.
             •      Sagte ateïste is nog oop vir die   •   Die verskil tussen hulle lê in die
                    idee van 'n god.                       mate van ontkenning van 'n
                                                           Opperwese.

           VOORBEELD 2
               • SEKULÊRE HUMANISME                   • MATERIALISME
            • Sekulêre humanisme gee                   •
                                               Materialisme is 'n wêreld-
              primêre belangrikheid aan        beskouing wat glo dat
              mense in plaas van goddelike     stof/materie die enigste
              sake.                            werklikheid is.
            • Daar is baie verskillende vorms
                                            • Materialisme is 'n konsep wat
              van humanisme, maar almal het    gebruik word om die menslike
              in gemeen 'n oortuiging wat      geskiedenis ten opsigte van
              primêre belangrikheid aan        dialektiese materialisme en
              menslike intellek/beredenering   historiese materialisme te
              gee.                             beskryf.
            • Sekulêre humanisme het in die • Materialisme is onversoenbaar
              rigting van 'n liberale beskouingmet godsdienstige
              van menseregte ontwikkel.        wêreldbeskouings wat gegrond
                                               is op geloof in een of ander
                                               godheid óf in 'n geestelike
                                               werklikheid.
            • Sekulêre humanisme is nie     • Materialisme ontken die
               besonder anti-godsdiens nie.    bestaan van 'n geestelike of                           (16)
                                               bonatuurlike ryk/wêreld.
                                                                            (2 x 8)
           LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Religiestudies/V2                           17                        DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

 5.4       •  Die land het ná 1994 van 'n Christen-staat in 'n sekulêre staat verander.
           •  Die Handves van Menseregte in die Konstitusie waarborg vryheid van
              aanbidding (godsdiensvryheid).
           • Die grondwet bepaal ook dat niemand gediskrimineer mag word op grond
              van agtergrond, ras en godsdiens nie.
           • Die Interfaith Forum of South Africa (TIFSA) is in 1997 gestig om respek,
              verdraagsaamheid en begrip van alle godsdienste te bevorder.
           • Religiestudies, 'n nuwe vak wat alle godsdienste inkorporeer en
              samewerking tussen godsdienste aanmoedig, is ingestel.
           • Daar is 'n regverdige tydstoedeling in staatsmedia vir verskillende
              godsdienste.
           • Die opening van die parlement en regeringseremonies word deur
              verskillende godsdienstige leiers gedeel.
           LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                           (12)
                                                                                          [50]

                                                                             TOTAAL:      150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 NSC Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nsc-nov-2020-memo-eng/90e41cec-337d-42f5-857e-98d101c5b936) — Religion Studies · Memo · 2020 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2018-final-memo-eng/7f33559c-6625-4fd2-998b-2d55bc6e11d8) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2016-memo-afr/80ca96b9-a08f-4cbc-9946-d119dd96dbb0) — Religion Studies · Memo · 2016 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2015-memo-afr/f83afff4-c34e-4b7a-9ad1-d1d4aa5f1ce0) — Religion Studies · Memo · 2015 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2014 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2014-memo-eng/2981f909-44da-4d97-9831-c82b44edac86) — Religion Studies · Memo · 2014 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2023-afr/87ea9bf1-b87a-43de-ae62-6c07b64aa1c7) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
