# Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 6 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/bc4ac3ef-89ca-4e61-a332-fce4395ba3b7
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/bc4ac3ef-89ca-4e61-a332-fce4395ba3b7)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                            RELIGIESTUDIES V2

                              NOVEMBER 2025

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Religiestudies/V2                             2                        DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.        Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

 2.        Beantwoord enige DRIE vrae.

 3.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

 4.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

 5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

 6.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke vraag
           toegeken is.

 7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Religiestudies/V2                             3                           DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 1    2025

 1.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              DONKER WOLK VAN DWELMMISBRUIK HANG OOR SKOOLKINDERS
                                   IN SOWETO

           Suid-Afrika staan voor 'n groeiende probleem van middelmisbruik en
           verslawing, veral onder jongmense. Dit sluit alkohol en 'n groeiende reeks
           dwelms in.

           In Gauteng het Premier Panyaza Lesufi dit as 'n voorkeurkwessie
           geïdentifiseer. Ten spyte hiervan, is daar verbasend min programme, mense
           en geakkrediteerde fasiliteite om die probleem aan te pak. Met nuwer en
           goedkoper dwelms algemeen op straat beskikbaar, word ouerskap al hoe
           moeiliker. Seuns begin op die ouderdom van 12 dwelms te rook, maar niemand
           weet wie dit aan hulle verkoop nie.

                                                           [Bron: Daily Maverick, 10 Mei 2023]

           1.1.1     Noem en verduidelik TWEE oorsake wat tot middelmisbruik in
                     Suid-Afrikaanse skole bydra.                                                (8)

           1.1.2     Bespreek die impak van middelmisbruik in skole.                             (10)

 1.2       Dink jy dat die wettiging van dwelms (bv. alkohol, dagga) in die samelewing sal
           help om middelmisbruik te verminder? Gee redes vir jou antwoord.                      (10)

 1.3       Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek die
           leringe daarvan wat spesifiek aandag aan die probleem van middelmisbruik
           gee.                                                                                  (12)

 1.4       Stel praktiese strategieë voor wat godsdienstige organisasies kan gebruik om
           die probleem van middelmisbruik te oorkom.                                            (10)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Religiestudies/V2                             4                             DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 2

 2.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       SENTRALE LERINGE

           Ten einde verskillende godsdienste te verstaan, begin ons dikwels deur die
           hoofleringe waaruit 'n spesifieke godsdienstige tradisie bestaan, te ondersoek.
           Deur hulle leringe dra elke godsdiens aan hulle volgelinge oor waarom die
           wêreld is soos dit is asook hulle plek en verantwoordelikheid daarin.

                                                    [Bron: FOCUS on Religion Studies, Grade 12]

           Met verwysing na die sentrale leringe van enige EEN godsdiens wat jy
           bestudeer het, beantwoord die volgende vrae:

           2.1.1      Bespreek die konsep van beloning en straf.                                    (10)

           2.1.2      Bespreek die oorsprong en rol van boosheid.                                   (10)

 2.2       Bespreek krities die rol van rituele in verskillende godsdienste.                        (10)

 2.3       Bespreek die verskillende rolle wat deur mondelinge tradisie gespeel word in
           enige TWEE godsdienste wat jy bestudeer het.                          (2 x 4)            (8)

 2.4       In die konteks van godsdienste, verduidelik wat met inspirasie bedoel word.              (12)
                                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Religiestudies/V2                             5                              DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 3

 3.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              ORGANISASIES WAT INTERGODSDIENSTIGE DIALOOG BEVORDER

           Die eerste Parlement van die Wêreld se Godsdienste is in 1893 in Chicago in
           Amerika gehou met die doel om 'n wêreldwye dialoog van godsdienste te skep.
           Sedert daardie gebeurtenis was daar verskeie verdere parlemente.
           Godsdienstige organisasies in Suid-Afrika en in die hele Afrika werk tans saam.

                                                    [Bron: FOCUS on Religion Studies, Grade 12]

           3.1.1     Die Parlement van die Wêreld se Godsdienste het multi-
                     godsdienstige   samewerking deur  verskillende   strategieë
                     meegebring. Bespreek die werk van hierdie organisasie met
                     relevante voorbeelde.                                                          (12)

           3.1.2     Noem enige VYF prestasies van die Interfaith Action for Peace in
                     Africa (IFAPA).                                                                (10)

 3.2       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      INTERNE VERSKILLE

           Alhoewel elke godsdiens nie-onderhandelbare oortuigings het, is dit
           onvermydelik dat daar verskille ten opsigte van interpretasie en praktyk sal
           wees.

                                             [Bron: Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

           3.2.1     Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, noem
                     TWEE van hulle vertakkings.                                                    (4)

           3.2.2     Vergelyk die interne verskille van die vertakkings wat jy by
                     VRAAG 3.2.1 genoem het onder die volgende opskrifte:

                     (a)   Leringe/Oortuigings                                                      (8)

                     (b)   Praktyke                                                                 (8)

                     (c)   Bestuur/Beheer/Leiding                                                   (8)
                                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Religiestudies/V2                             6                              DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 4

 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     GODSDIENS EN DIE NATUURWETENSKAPPE

 Darwin se evolusieleer gee 'n alternatiewe verduideliking vir die oorsprong van die mens.
 Alhoewel evolusie nie godsdienstige idees oor die skepping direk weerlê (teenspreek)
 nie, is dit duidelik dat dit geen verduideliking as deel van 'n goddelike plan aanbied nie.

                                                    [Bron: FOCUS on Religion Studies, Grade 12]

 4.1       Bespreek die wetenskaplike verduideliking van hoe mense ontstaan het.                    (10)

 4.2       Bespreek die verskillende reaksies van die volgende godsdienste op Darwin
           se evolusieleer:

           4.2.1     Hindoeïsme                                                                     (12)

           4.2.2     Judaïsme                                                                       (12)

 4.3       Vergelyk die wetenskaplike en die godsdienstige verklarings van hoe die heelal
           ontstaan het.                                                          (2 x 8)           (16)
                                                                                                    [50]

 VRAAG 5

 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          SEKULÊRE WÊRELDBESKOUINGS

 Die meeste moderne Westerse demokrasieë is sekulêre state, dit is, hulle glo aan die
 skeiding van kerk en staat. In die Verenigde State van Amerika, byvoorbeeld, is daar
 geen amptelike godsdiens nie en godsdienstige instansies het geen konstitusionele reg
 om 'n direkte rol in die ontwikkeling van siviele reg te speel nie.

                                             [Bron: Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

 5.1       Wat is die faktore wat tot die ontwikkeling van sekularisme gelei het?                   (10)

 5.2       Bespreek DRIE voordele en DRIE nadele van sekularisme vir die samelewing.                (12)

 5.3       Vergelyk die leringe van enige TWEE sekulêre wêreldbeskouings wat jy
           bestudeer het. Tabuleer jou antwoord.                                                    (16)

 5.4       Suid-Afrika is 'n sekulêre staat. Bespreek hoe die Suid-Afrikaanse regering
           respek, verdraagsaamheid en begrip van alle godsdienste bevorder.                        (12)
                                                                                                    [50]

                                                                                     TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2023-afr/87ea9bf1-b87a-43de-ae62-6c07b64aa1c7) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2022-eng/4621f83c-09e1-4d2f-a9aa-93621e83710e) — Religion Studies · QP · 2022 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2021-afr/94ed97b2-af85-4c73-a1c5-6528bd640854) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr
- [Religion Studies P2 NSC Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nsc-nov-2020-eng/758384c1-98a6-4f4e-a907-d12b9283b6a4) — Religion Studies · QP · 2020 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2019-eng/a085b073-db32-4086-ad32-0171dbb66d6c) — Religion Studies · QP · 2019 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2018-afr/15b658e5-18ad-47c1-9fc1-91f3fdd2f2c4) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
