# Technical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Technical Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/bbde7d64-6240-4fa2-8e7b-3dd983dd25e2
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Technical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Technical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/technical-sciences) › [Technical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/bbde7d64-6240-4fa2-8e7b-3dd983dd25e2)

## About this document

Technical Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2) — Memo · 2025 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
            2025
            11101

     TEGNIESE WETENSKAPPE

         (VRAESTEL 1)

                        TYD: 3 uur

                        PUNTE: 150

                        14 bladsye + 3 inligtingsblaaie

                                               b.o.

### Page 2

TEGNIESE WETENSKAPPE
                                                                                2
                                             (VRAESTEL 1)         11101/25

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Skryf jou naam in die ANTWOORDBOEK.

2.    Hierdie vraestel bestaan uit ELF vrae. Beantwoord AL die vrae in die
      ANTWOORDBOEK.

3.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Laat EEN reël tussen twee subvrae, bv. tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.

6.    Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

7.    Jy mag gepaste wiskundige instrumente gebruik.

8.    Jy word aangeraai om die aangehegte INLIGTINGSBLAAIE te gebruik.

9.    Toon ALLE formules en vervangings in AL die berekeninge.

10.   Rond jou FINALE numeriese antwoorde af tot ŉ minimum van TWEE desimale
      plekke.

11.   Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.

12.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                b.o.

### Page 3

TEGNIESE WETENSKAPPE
                                                                                          3
                                                 (VRAESTEL 1)         11101/25

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in
die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.11 D.

1.1     'n Trollie, met 'n massa van 1,5 kg, beweeg teen 2 m∙s-1, bots loodreg teen
        'n muur en bons terug teen 1 m∙s-1.

        Wat is die grootte van die verandering in snelheid (in m∙s-1) van die trollie?

          A     2
          B     1
          C     3
          D     4,5                                                                       (2)

1.2     Die sole van hardloopskoene verminder die voorkoms van kniebeserings
        deur gel en skuim by die sole te voeg om ...

          A     die tyd van impak met die grond te verhoog.
          B     die verandering in momentum van die atleet se voet te verminder.
          C     die tyd van impak met die grond te verminder.
          D     die krag wat die grond op die atleet se voet uitoefen te verhoog.         (2)

1.3     Die grafiek hieronder verteenwoordig die verband tussen die arbeid wat op
        'n voorwerp gedoen is en die tyd wat dit neem om hierdie arbeid te verrig.

                                Arbeid (J)

                                             Tyd (s)
        Wat stel die gradiënt van die grafiek voor?

          A     Momentum
          B     Kinetiese energie
          C     Potensiële energie
          D     Drywing                                                                   (2)

                                                                                           b.o.

### Page 4

TEGNIESE WETENSKAPPE
                                                                                             4
                                                  (VRAESTEL 1)         11101/25

1.4   Op watter posisie op ’n krag-teenoor-vervorming grafiek bereik ’n voorwerp
      sy elastiese limiet?

                                                      D
                                              C
                                      B
                           F(N)   A

                                          Ɛ
                                                                                             (2)
1.5   Hooke se wet gee 'n verband tussen stres en spanning. Watter van die
      volgende is die KORREKTE verhouding tussen stres en spanning volgens
      Hooke se wet?

      A       Spanning is direk eweredig aan vervorming binne die limiet van elastisiteit.
      B       Spanning is omgekeerd eweredig aan vervorming binne die limiet van
              elastisiteit.
      C       Vervorming is omgekeerd eweredig aan die spanning wat dit veroorsaak,
              mits elastisiteit nie oorskry word nie.
      D       Vervorming is direk eweredig aan die spanning wat dit veroorsaak, selfs
              al word die limiet van elastisiteit oorskry.                                   (2)

1.6   Die druk in 'n vloeistof op 'n spesifieke punt is afhanklik van ...

          A       die digtheid van die vloeistof en die hoeveelheid vloeistof.
          B       die digtheid van die vloeistof en die diepte onder die oppervlak.
          C       die kleur van die vloeistof en die hoeveelheid vloeistof.
          D       die digtheid van die vloeistof en die temperatuur van die vloeistof.       (2)

1.7   Die spoed van 'n liggolf is 2,9 x 108 m∙s-1. Hoe vergelyk die digtheid van die
      medium waardeur dit beweeg met dié van ŉ vakuum.

          A       Meer dig
          B       Minder dig
          C       Ewe dig
          D       Onmoontlik om te sê                                                        (2)

1.8   As die voorwerp tussen die fokuspunt en die konveks lens geplaas word, is
      die beeld wat gevorm word ...

          A      kleiner, regop en reël.
          B      kleiner, omgekeerd en reël.
          C      vergroot, omgekeerd en virtueel.
          D      vergroot, regop en virtueel.                                                (2)

                                                                                              b.o.

### Page 5

TEGNIESE WETENSKAPPE
                                                                                          5
                                             (VRAESTEL 1)         11101/25

1.9    Twee parallelle metaalplate word aan teenoorgestelde gelaaide terminale
       gekoppel om 'n kapasitor te vorm.

       Indien die afstand tussen die plate gehalveer word, watter van die volgende sal
       gebeur? Die totale kapasitansie sal ...

        A      gehalveer word.
        B      vier keer verhoog.
        C      verdubbel word.
        D      vier keer verminder.                                                       (2)

1.10   Die grafiek hieronder verteenwoordig die uitset van 'n:

                     Potensiaal

                     verskil (V)                                 Tyd (s)

        A      WS-kragopwekker
        B      GS-kragopwekker
        C      WS-motor
        D      GS-motor                                                                   (2)
                                                                                         [20]

                                                                                           b.o.

### Page 6

TEGNIESE WETENSKAPPE
                                                                                         6
                                               (VRAESTEL 1)         11101/25

VRAAG 2 (Begin op ’n nuwe bladsy.)

Leerders het ’n stootspeelding gebou van twee blokke met massas van onderskeidelik
16 kg en 24 kg. Die stootspeelding was oor ’n growwe horisontale oppervlak gestoot.
Die blokke is aan mekaar verbind met ’n ligte, onrekbare tou met ’n weglaatbare
massa. ’n Leerder pas dan 'n krag van 120 N teen 'n hoek van 30o na regs op die
24 kg-blok toe deur middel van 'n ligte stywe staaf, wat veroorsaak dat die speelding
beweeg soos in die diagram hieronder getoon.

Die kinetiese wrywingskoëffisiënt (𝜇 ) tussen die oppervlak en elke blok is 0,15.

                                                             120 N
                                                       30o

                         16 kg                      24 kg

 2.1     Skryf Newton se Tweede Bewegingswet in woorde neer.                            (2)

 2.2     Teken 'n benoemde vryliggaamdiagram wat AL die kragte toon wat op die
         24 kg-blok inwerk.                                                             (5)

 2.3     Bereken die grootte van die kinetiese wrywingskrag wat op die 16 kg-blok
         inwerk.                                                                        (3)

 2.4     Bereken die normaalkrag op die 24 kg-blok.                                     (3)

 2.5     Bereken die versnelling van die stelsel.                                       (7)

 2.6     Bepaal die spanning in die tou tydens beweging.                                 (2)
                                                                                        [22]

                                                                                          b.o.

### Page 7

TEGNIESE WETENSKAPPE
                                                                                         7
                                               (VRAESTEL 1)         11101/25

VRAAG 3 (Begin op ’n nuwe bladsy.)

Twee voertuie, X en Y, bots reg van voor en sit ná die botsing aan mekaar vas.
Voertuig X het 'n massa van 1 500 kg en beweeg teen 'n snelheid van 20 m∙s-1 oos,
terwyl voertuig Y 'n massa van 1 000 kg het en wes beweeg met 'n onbekende
snelheid, soos in die diagram hieronder getoon. Ignoreer enige wrywingseffekte voor
of tydens die botsing.

                20 m∙s-1                                                      6 m∙s-1

  1 500 kg                   1 000 kg

 3.1    Bereken die snelheid van voertuig Y onmiddellik VOOR die botsing.                (4)

 3.2    Bepaal of die botsing ELASTIES of ONELASTIES was, deur toepaslike
        berekeninge te gebruik.                                                          (4)

 3.3    Verduidelik wat met die term impuls in Fisika bedoel word.                       (2)

 3.4    Identifiseer watter voertuig die groter impuls tydens die botsing sal ervaar.    (1)
                                                                                        [11]

                                                                                          b.o.

### Page 8

TEGNIESE WETENSKAPPE
                                                                                        8
                                               (VRAESTEL 1)         11101/25

VRAAG 4 (Begin op ’n nuwe bladsy.)

'n Trollie met 'n massa van 15 kg, gevul met stene met massa 50 kg, word teen die
helling opgetrek met 'n krag van 120 N. Die trollie en sy inhoud beweeg teen 'n
konstante snelheid van 5 m∙s-1 teen die helling. Ignoreer die effekte van wrywing.

                                                 120 N
                                                         A

                                                                 12 m
                   B

 4.1    Bereken die krag wat opgewek word om die trollie en sy inhoud teen die
        helling te trek.                                                               (3)

 4.2    By punt A, wat 12 m bo die grond is, word die stene afgelaai en dan
        losgelaat. Die trollie beweeg teen die skuinsvlak af en bereik punt B.

        4.2.1   Op watter punt sal die gravitasie potensiële energie van die trollie
                op ’n maksimum wees?                                                   (1)

        4.2.2   Bereken die snelheid van die trollie wanneer dit punt B bereik.        (4)

        4.2.3   Noem en skryf die wet neer wat gebruik is om VRAAG 4.2.2 te
                beantwoord.                                                             (3)
                                                                                       [11]

                                                                                         b.o.

### Page 9

TEGNIESE WETENSKAPPE
                                                                                    9
                                               (VRAESTEL 1)         11101/25

VRAAG 5 (Begin op ’n nuwe bladsy.)

’n Draad, 4 m lank met ’n deursnee van 2 mm, hang aan die dak van ’n gebou.
'n Leerder wil die elastiese limiet van die draad toets en hang 'n 6 kg massastuk
daaraan, wat veroorsaak dat die draad met 1,5 mm rek.

5.1     Definieer die term elastiese limiet.                                        (2)

5.2     Bereken die spanning op die draad.                                          (4)

5.3     Bereken die vervorming op die draad.                                        (3)

5.4     Bereken Young se modulus vir hierdie draad.                                  (3)
                                                                                    [12]

                                                                                     b.o.

### Page 10

TEGNIESE WETENSKAPPE
                                                                                          10
                                                  (VRAESTEL 1)         11101/25

VRAAG 6 (Begin op ’n nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder toon ’n tandarts se stoel wat gebruik word om 'n pasiënt met
'n massa van 54 kg op te lig. Die tandarts druk op die insetsuier om die pasiënt op te
lig na ŉ spesifieke hoogte. Die deursnee-areas van die insetsuier en die uitsetsuier is
onderskeidelik 0,03 m2 en 0,85 m2.

                                                 Uitsetsuier

                      Insetsuier

6.1     Definieer druk.                                                                    (2)

6.2     Bereken die druk in die uitsetstelsel.                                             (4)

6.3     Wat sal die druk in die insetstelsel wees?                                         (1)

6.4     Hoeveel krag moet die tandarts uitoefen om die pasiënt op te lig?                  (4)

6.5     Wat sal die effek op die uitsetkrag wees as die oppervlakarea van die
        uitsetkrag verdubbel?                                                              (2)
                                                                                          [13]

                                                                                           b.o.

### Page 11

TEGNIESE WETENSKAPPE
                                                                                       11
                                              (VRAESTEL 1)         11101/25

QUESTION 7 (Begin op ’n nuwe bladsy.)

Leerders het 'n ondersoek gedoen om die viskositeit van verskillende motorolies te
vergelyk. Hulle het 'n deursigtige glasplaat teen 'n vaste hoek opgestel soos in die
diagram hieronder getoon. Presies 5 ml olie word bo-op die glasplaat geplaas, en die
tyd word aangeteken wanneer die olie die onderkant van die plaat bereik.
                                          OilOlie

                                                         Glas
                                                       Glass
                                                   𝜃

7.1     Twee tipes motorolie, naamlik SAE10 en SAE60 word getoets.

        7.1.1   Waarvoor staan SAE?                                                    (1)

        7.1.2   Verduidelik wat SAE-gradering beteken.                                 (2)

        7.1.3   Watter van die twee olies sal vinniger vloei by kamertemperatuur.
                Verduidelik jou antwoord.                                              (2)

7.2    Die glasplaat word nou skoongemaak en twee ander soorte olie word gebruik,
       naamlik 10W60 en 30W60.

        7.2.1 Wat beteken die term "multigraad"?                                       (1)

        7.2.2   Vir die olie gemerk 30W60, verduidelik wat elk van hierdie nommers
                onderskeidelik beteken.                                                (3)

        7.2.3   Watter van hierdie twee tipes olies sal vinniger vloei by 10 oC?
                Verduidelik jou antwoord?                                              (3)
                                                                                       [12]

                                                                                        b.o.

### Page 12

TEGNIESE WETENSKAPPE
                                                                                         12
                                             (VRAESTEL 1)         11101/25

VRAAG 8 (Begin op ’n nuwe bladsy.)

8.1   'n Onderwyser demonstreer wat met 'n ligstraal gebeur wanneer dit van ’n
      opties minder digte medium na 'n opties meer digte medium beweeg teen ŉ
      hoek.

      8.1.1   Watter verskynsel vind plaas wanneer lig van 'n opties minder digte
              medium na 'n opties meer digte medium teen 'n hoek oorgaan?
              Kies uit: DISPERSIE, WEERSPEKING of REFRAKSIE.                             (1)

      8.1.2   Verskaf 'n verduideliking vir die verskynsel wat in VRAAG 8.1.1
              gekies is. Verwys na die spoed en buiging van lig.                         (2)

8.2   Definieer die term grenshoek.                                                      (2)

8.3   Noem TWEE voorwaardes wat vereis word vir totale interne refleksie om plaas
      te vind.                                                                           (2)

8.4   ’n Ligstraal gaan van water na lug oor soos in die diagram hieronder getoon,
      waar die grenshoek 45° is. Teken 'n benoemde diagram wat die pad van die
      lig toon wanneer die invalshoek tot 50° vergroot word.

                           Lug

                           Water      50°

                                                                                         (3)
8.5   'n Straal wit lig tref 'n driehoekige prisma en skei in sy samestellende kleure.

      8.5.1   Identifiseer die verskynsel wat in die bogenoemde situasie beskryf         (1)
              word.

      8.5.2   In hoeveel samestellende kleure skei wit lig in?                           (1)

      8.5.3   Watter kleur lig het die hoogste spoed wanneer dit skei in sy
              samestellende kleure?                                                      (1)

      8.5.4   Wanneer dit die prisma binnegaan, hoe verander die golflengte van
              lig? Kies uit: VERHOOG, VERMINDER of BLY DIESELFDE.                        (1)

      8.5.5   Verduidelik waarom die golflengte verander soos beskryf in
              VRAAG 8.5.4.                                                               (3)
                                                                                         [17]

                                                                                          b.o.

### Page 13

TEGNIESE WETENSKAPPE
                                                                                        13
                                               (VRAESTEL 1)         11101/25

 VRAAG 9 (Begin op ’n nuwe bladsy.)

'n 1,5 μF kapasitor word gelaai met 'n lading van 9,5 mC. 'n Skakelaar en 'n
10 Ω-weerstand word in serie aan die kapasitor gekoppel.

 9.1    Definieer kapasitansie van 'n kapasitor.                                         (2)

 9.2    Bereken die potensiaalverskil van die kapasitor.                                 (4)
                                                                                         [6]

 VRAAG 10

Die battery in die diagram hieronder het weglaatbare interne weerstand. Die lesing op
A1 is 1,5 A.

 10.1     Wat is die verskil tussen emk en terminale potensiaalverskil.                  (3)

10.2      Bereken:

          10.2.1     Die lesing op V2                                                    (3)

          10.2.2     Die lesing op A2                                                    (3)

          10.2.3     Die lesing op V1                                                    (2)

          10.2.4     Die lesing op V3                                                    (2)

          10.2.5     Die lading wat binne 3 minute deur die 6 Ω-weerstand vloei          (3)

          10.2.6     Die energie gelewer aan die 6 Ω-weerstand in VRAAG 10.2.5           (3)
                                                                                        [19]

                                                                                         b.o.

### Page 14

TEGNIESE WETENSKAPPE
                                                                                        14
                                              (VRAESTEL 1)         11101/25

VRAAG 11 (Begin op ’n nuwe bladsy.)

'n 20 V-gloeilamp met 'n stroom van 3 A en 50 W word aan 'n transformator gekoppel
wat 100% doeltreffend is. Die transformator is gekoppel aan die hooftoevoer van
220 V met 55 windings.

11.1    Watter tipe transformator word gebruik om die gloeilamp te laat werk?            (1)

11.2    Bereken die aantal windings vir die gloeilamp in hierdie transformator.          (3)

11.3    Bereken die koste as die gloeilamp brand vir 8 ure elke aand vir 7 nagte teen
        R1,10 per eenheid brand.                                                         (3)
                                                                                         [7]

                                                                            TOTAAL:     150

                                           EINDE

### Page 15

TEGNIESE WETENSKAPPE                        1
                                                            (VRAESTEL 1)         11101/25

                            DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12
                                           PAPER 1
                         GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                         VRAESTEL 1

              TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                                 SYMBOL/SIMBOOL               VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                                           g                         9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Speed of light in a vacuum
                                                           c                      3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                                           h                      6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Permittivity of free space
Permatiwiteit van vrye spasie                                                  8,85 10 -12 F·m-1

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

FORCE/KRAG
Fnet  ma                                               p  mv

fsmax = µsN                                             fk = µkN

Fnet t  p
                                                        Fg = mg
 p  mv f  mv i

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

 W  F  x cos                                         U  mgh          or/of    E P  mgh

     1                                         1
K     mv 2             or/of           Ek      mv 2   K  K f  K i   or/of     E k  E kf  E ki
     2                                         2

                                         Fvgemid
 P av  Fv         av    /P     gemid                   EM = Ek + Ep

     W
P
     t

### Page 16

TEGNIESE WETENSKAPPE           2
                                       (VRAESTEL 1)       11101/25

ELASTICITY, VISCOSITY AND HYDRAULICS / ELASTISITEIT, VISKOSITEIT EN
HIDROULIKA
          F                                 Δ
                                     ε
          A                                 L

 σ                                     F1  F
   K                                      2
 ε                                     A1 A 2

ELECTROSTATICS / ELEKTROSTATIKA
                                       V
    kεoA                  εoA     E
 C           and/en   C              d
      d                    d
       Q
 C
       v

ELECTRIC CIRCUITS / ELEKTRIESE STROOMBANE
      V
 R                               q = IΔt
      I

W = Vq                                 W
                                  P
                                       Δt
W = VIΔ t

W= I2RΔ t                         P = VI

                                  P = I2R
   V2Δt
W=                                     V2
    R                             P
                                       R
 Rs  R1  R2  ...

  1   1   1
           ...
 R p R1 R 2

### Page 17

TEGNIESE WETENSKAPPE          3
                                      (VRAESTEL 1)       11101/25

ELECTROMAGNETISM / ELEKTROMAGNETISME
                                      𝑁𝛥 𝛷
 Φ = BA                          𝜀=
                                       𝛥𝑡
 Vs Ns
   
 Vp Np

WAVES, SOUND AND LIGHT / GOLWE, KLANK EN LIG

                                      1
v=fλ                             T
                                      f

                       c
E = hf    or/of   E = hλ

## Related documents

- [Tech SC P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/0a7179a7-37d6-485a-9e0d-e0cbf3c0e08a) — Technical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556) — Technical Sciences · Memo · 2025 · Afr
- [Gr12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-technical-sciences-p1-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/6caf3df6-69dd-4822-a42a-57288f67046c) — Technical Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [Tech SC P1 (Afrikaans) 2019 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p1-afrikaans-2019-preparatory-examination-possible-answers/ba49f240-e57d-4587-9498-a5d6317c8811) — Technical Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [Gr12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-technical-sciences-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/b8d52384-7857-495c-a182-6450e3423ff0) — Technical Sciences · QP · 2021 · Afr
- [Tech SC P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/5990a000-e97b-4403-abaf-73b0a269a563) — Technical Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Technical Sciences

- [Gr 12 Tech Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tech-sci-atp-2023-24/a7a03e64-2e18-4f50-a7fa-6eb1a25136c7) — ATP
- [TECH SC P1 MEMO GR12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p1-memo-gr12-sept-2025-e-a-watermark/4a156330-3801-46dc-b908-43c35dc64891) — Memo · 2025
- [TECHNICAL SCIENCES P2 MG GR12 SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-mg-gr12-sept2025-watermark/717f8fcd-96bb-4848-8cb7-68903a8f0550) — Memo · 2025
- [Technical Sciences P1 Erratum June Commom Updated](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-erratum-june-commom-updated/c0a5373a-1bd4-4019-b849-f2a26fa7ab0b) — Errata · 2024
- [TECH SCIENCES P2 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-gr12-qp-june-2024-afrikaans/5936bf40-036a-4569-ac4a-167de6c997db) — QP · 2024 · Afr
- [TECH SCIENCES P2 QP GR12 SEPT2024 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-qp-gr12-sept2024-afrikaans-final/944116af-3dc5-4c88-8d68-1fb21a1bcfce) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
