# Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-tourism-2025-gauteng-mock-exam-question-paper-afrikaans/4cccb98e-c32a-489b-96be-a948adb500ae
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-tourism-2025-gauteng-mock-exam-question-paper-afrikaans/4cccb98e-c32a-489b-96be-a948adb500ae)

## About this document

Tourism · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
         2025

         10870

        TOERISME

                   TYD: 3 uur

                   PUNTE: 200

                   24 bladsye

                                b.o.

### Page 2

TOERISME                10870/25
                                                                                           2

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies noukeurig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

2.    Beantwoord AL die vrae.

3.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer jou vrae volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word.

5.    Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as ŉ riglyn vir die lengte van jou
      antwoord.

6.    Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

7.    Skryf netjies en leesbaar.

8.    Die tabel hieronder is ŉ riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling in te
      deel.

      AFDELING                        ONDERWERP                         PUNTE      TYD

           A        Kortvrae                                              40        20
                    Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandse
           B                                                              50        50
                    Valuta-verhandeling
                    Toeriste attraksies; Kultuur- en Erfenistoerisme;
           C                                                              50        50
                    Bemarking
                    Toerismesektore; Volhoubare en
           D                                                              30        30
                    Verantwoordelike Toerisme
                    Binnelandse, Streeks-en Internasionale
           E                                                              30        30
                    Toerisme; Kommunikasie en Kliëntediens
                                                              TOTAAL      200      180

                                                                                              b.o.

### Page 3

TOERISME                    10870/25
                                                                                       3

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1 Vier moontlike opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
    Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
    (1.1.1 tot 1.1.20) in jou ANTWOORDBOEK, bv. 1.1.21 D.

    1.1.1   Die rede waarom lande DBT toepas:

            A     Om plaaslike mense laat van die werk af huis toe te kom
            B     Om meer elektrisiteit te gebruik
            C     Om die toerisme industrie te bevorder
            D     Om die drie-dubbele slotreël te stop

    1.1.2   Die tyd vir middernag:

            A     12 nm.
            B     00:00
            C     23:59
            D     01h10

    1.1.3   Die reisverwante toestand wat 'n reisiger ervaar wanneer vier tydsones
            oorgesteek word:

            A     Vlugvoosheid
            B     Vlugstroom
            C     Vluguitputting
            D     Vlugfobie

    1.1.4   … is 'n bakteriese siekte wat hoofsaaklik deur besmette voedsel en water
            oorgedra word in gebiede waar daar swak sanitasie en higiëne is.

            A     Hepatitis
            B     Malaria
            C     Bilharzia
            D     Cholera

    1.1.5   Een manier om die simptome van vlugvoosheid gedurende 'n vlug te
            verminder:

            A     Drink baie water.
            B     Vermy dit om in die son te sit.
            C     Drink alkohol om die tyd te laat verby gaan.
            D     Drink medikasie om deur die vlug te slaap.

                                                                                       b.o.

### Page 4

TOERISME                    10870/25
                                                                                   4

1.1.6    Die gedrag van inkomende toeriste wat die waarskynlikheid verhoog om
         aan TB blootgestel te word:

         A   Kyk na 'n regstreekse buitelugprogram
         B   Die gebruik van oorvol openbare vervoer en verblyf
         C   Koop wegneemkos by 'n bekende kettingrestaurant
         D   Swem in 'n swembad met vuil water

1.1.7    Die valutasimbool wat vir die Euro gebruik word:

         A   ¥
         B   $
         C   €
         D   £

1.1.8    Die nasionale park wat deel is van die Kaapse blommeryk Beskermde
         Gebiede:

         A   Kruger Nasionale Park
         B   Kalahari Gemsbok Nasionale Park
         C   Richtersveld Nasionale Park
         D   Tafelberg Nasionale Park

1.1.9    Die Vredefortkoepel Wêrelderfenisgebied word beskryf as 'n:

         A   Vulkaniese krater
         B   Meteoriet-impakkrater
         C   Geologiese plooi
         D   Bergreeks

1.1.10   Die Wêrelderfenisterrein in Suid-Afrika wat bekend is vir sy besonderse
         voorbeelde van Khoikhoi-rotskuns:

         A   Maloti-Drakensberg Park
         B   Mapungubwe Kulturele Landskap
         C   Robben-eiland
         D   Fossiel Hominiedterreine van Suid Afrika

1.1.11   Robben-eiland is voorheen gebruik as 'n:

         A   Luukse oord vir bekende akteurs
         B   Natuurreservaat vir die uitgestorwe kwagga
         C   Tronk vir anti-apartheidsaktiviste
         D   Militêre basis vir die opleiding van troepe

                                                                                   b.o.

### Page 5

TOERISME                         10870/25
                                                                                         5

1.1.12   Deursigtigheid, betroubaarheid en volhoubaarheid is deel van die 6
         beginsels van hierdie sertifiseringsorganisasie.

         A   ITB
         B   WTM
         C   FTT
         D   WGO

1.1.13   Lande wat aan Suid-Afrika se landmarkte behoort:

         A   VSA, Kanada, Meksiko
         B   Nigerië, Egipte, Griekeland
         C   Zimbabwe, Lesotho, Mosambiek
         D   Switzerland, België, Groot Brittanje

1.1.14   Die praktyk om spyskaarte, brosjures en ander toeriste-inligting aan
         beide kante van die papier te druk, ondersteun die …-pilaar.

         A   sosiale
         B   kulturele
         C   historiese
         D   omgewings

1.1.15   … word bereik wanneer natuurlike en kulturele hulpbronne goed bestuur
         word om vir toekomstige geslagte te hou.

         A   Toerbeplanning
         B   Volhoubaarheid
         C   Stropery
         D   Inenting

1.1.16   Ekotoerisme is die beste voorbeeld van:
                                                       Ekotoerisme
                                                        Aktiwiteite

                                                                   Wildkyk
                                                    Staptogte en Stafsafari
                                                             Canopy Tours
                                                        Kulturele ervarings
                                                                   Voëlkyk
                                                                Boomplant

                           EKOTOERISME

         A   Gesondheidstoerisme
         B   Verantwoordelike toerisme
         C   Massatoerisme
         D   Donkertoerisme

                                                                                         b.o.

### Page 6

TOERISME                  10870/25
                                                                                     6

1.1.17   Ingesluit in 'n toerplan vir Suid-Afrikaanse universiteitstudente wat die
         meeste aan verblyf en kleinhandelinkopies spandeer wanneer hulle met
         vakansie is:

         A   Restaurante, kitskosbesighede en roomysstalletjies
         B   Winkelsentrums, ontwerperswinkels en markstalletjies
         C   Spa’s, masseersalonne en haarsalonne
         D   Kruidenierswinkels, hardewarewinkels en tydskrifwinkels

1.1.18   Gevegte in die DRK is deels gedryf deur die begeerte na beheer in die
         mynboubedryf. Dit het 'n …

                                   Verstaan die DRK konflik

         A   negatiewe impak op die bestemmingsbeeld van Afrika.
         B   positiewe impak op landsburgers wat intern verplaas word.
         C   negatiewe impak op die waarde van die Amerikaanse dollar.
         D   positiewe impak op waterskaarste in die woestyn.

1.1.19   Die Cholera-uitbraak in Angola (2025), soos hieronder uitgebeeld, is 'n
         voorbeeld van:

                                   Cholera uitbraak
                                   verantwoordelik vir meer
                                   as 100 mense se dood in
                                   Angola.

         A   'n Wêreldwye resessie
         B   'n Epidemie
         C   'n Ongeluk
         D   'n Ekonomiese skommeling

                                                                                     b.o.

### Page 7

TOERISME                        10870/25
                                                                                               7

     1.1.20   Die derde stap in die ontleding van kliënteterugvoer:

              A   Intervensieproses
              B   Bestudering en vaslegging van data
              C   Kategoriseer die klagtes
              D   Besluit op 'n aksieplan
                                                                                    (20 x 1)   (20)

1.2 Gee EEN term/akroniem/afkorting vir ELK van die beskrywings deur ŉ term/
    akroniem/afkorting uit die lyshieronder te kies. Skryf slegs die term/akroniem/
    afkorting langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDBOEK
    neer, bv. 1.2.6 ewenaar.

         WTM, TBRSA (TBCSA), ITB, TGRSA (TGCSA), Meetings Africa, TOMSA,
                            Handelsmerk Suid-Afrika

     1.2.1    Die bedryfsvereniging en administrateur van die heffings wat van
              diensverskaffers ingevorder word

     1.2.2    'n Reishandelskou wat elke jaar in Maart in Berlyn, Duitsland plaasvind

     1.2.3    'n Inisiatief van die privaatsektor wat geskep is om bykomende fondse
              met 'n 1%-heffing in te samel vir die bemarking van Suid-Afrika

     1.2.4    Die organisasie wat die slagspreuk “Inspiring New Ways” in 2012
              bekendgestel het

     1.2.5    Die raad wat die standaard van fasiliteite en dienste vir toeriste
              handhaaf
                                                                                     (5 x 1)       (5)
1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
    woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK neer,
    bv. 1.3.6 Cholera.

     1.3.1    Die (vermenigvuldigingseffek/bruto binnelandse produk) is die bepaling
              van al die goedere en dienste wat deur 'n land geskep word, gewoonlik
              in 'n tydperk van een kalenderjaar.
     1.3.2    ’n Suid-Afrikaanse burger sal meer koopkrag hê wanneer ’n land met ’n
              (swakker/sterker) geldeenheid as die rand besoek word.
     1.3.3    'n (Geskeduleerde/Algemene) toerplan het 'n rooster met vasgestelde
              vertrek- en aankomstye.

     1.3.4    Reksprong is 'n aktiwiteit wat op (avontuur/ontspannings) -toeriste gemik
              is.
     1.3.5    Terwyl hulle sonnige bestemmings besoek word, word toeriste altyd
              aangeraai om (hulle SPF-sonblok te dra/soveel tyd as moontlik buite
              deur te bring).
                                                                               (5 x 1)             (5)
                                                                                               b.o.

### Page 8

TOERISME                   10870/25
                                                                                            8

1

1.4 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat die beste by die prent van 'n betalingsmetode in
    KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – G) langs die vraagnommers
    (1.4.1 tot 1.4.5) in jou ANTWOORDBOEK neer,
    byvoorbeeld 1.4.6 H.

                    KOLOM A                                    KOLOM B

    1.4.1                                      A     Die vorm van betaling wat nie
                                                     vervang kan word wanneer dit
                                                     verloor of gesteel word nie

                                               B     Betaal die balans oor 'n spesifieke
                                                     tydperk af in plaas daarvan om alles
                                                     op een slag te betaal nadat jy
                                                     tydens reise spandeer het

                                               C     Hierdie vorm van betaling behels
    1.4.2
                                                     valutabeheerregulasies en word
                                                     tussen banke in verskillende lande
                                                     gebruik

                                               D     Kan nie tussen rekeninge van
                                                     verskillende lande of regoor nie
                                                     grense gemaak word nie
    1.4.3
                                               E     Laat 'n mens toe om in buitelandse
                                                     valuta te betaal en om die
                                                     wisselkoerse vooraf te ken

                                               F     Tjeks wat aan 'n spesifieke persoon
                                                     of maatskappy in 'n buitelandse
                                                     valuta uitgemaak word
    1.4.4
                                               G     Betalings word vanaf jou aanlyn
                                                     bankprofiel vanaf jou eie
                                                     bankrekening gedoen

    1.4.5

                                                                                (5 x 1)         (5)

                                                                                            b.o.

### Page 9

TOERISME                  10870/25
                                                                                      9

1.5   Bestudeer die prente in die blokkiesraaisel hieronder en die leidrade AF en
      DWARS wat volg. Voltooi die blokkiesraaisel met die naam van die ikoon vir
      VRAAG (1.5.1 tot 1.5.2) AF en die land waar die ikoon gevind word vir VRAAG
      (1.5.3 tot 1.5.5) DWARS. Skryf slegs die naam of land langs die vraagnommers
      neer, bv.1.5.6 Frankryk.

                                        1.5.1           1.5.2

        1.5.3

                                                1.5.4

              1.5.5

      AF - Naam van die ikoon wat in die volgende land afgebeeld word:

      1.5.1     Griekeland

      1.5.2     Nederland

      DWARS - Land van die volgende ikoon:

      1.5.3     Die Switserse Alpe

      1.5.4     Chichen Itza

      1.5.5     Petra                                                       (5 x 1)        (5)
                                                                TOTAAL AFDELING A:        40

                                                                                      b.o.

### Page 10

TOERISME                   10870/25
                                                                                      10

AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE VALUTA

VRAAG 2

2.1 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder en die inligting op die volgende
    bladsy en beantwoord die vrae wat volg.

         Zurich,

       Switserland

                                                                                      b.o.

### Page 11

TOERISME                    10870/25
                                                                                        11

              KOMITEE BESOEK SUID-AFRIKA OM TE BEPAAL OF
              DIE OLIMPIESE SPELE HIER AANGEBIED KAN WORD

Suid-Afrika stel belang om die Olimpiese en Paralimpiese Spele in die toekoms
aan te bied. Gesprekke is met die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) begin.
Dr Thomas Bach, die uittredende president van die IOK, het Suid-Afrika in
Oktober 2024 besoek vanaf Zürich, Switserland, om die land se vermoë om
hierdie Olimpiese Spele aan te bied, te evalueer.

Zurich, Switserland (+1) het DBT toegepas vanaf 30 Maart 2024 – 26 Oktober
2024.

Suid-Afrika beveel aan dat internasionale besoekers inentings kry vir beskerming
teen siektes soos hepatitis B.
                                                [Aangepas uit www.maroelamedia.co.za]

2.1.1   Dr Bach het op 29 September 2024 om 10:00 vanaf sy kantoor in Zürich,
        Switserland, 'n telefoonoproep na Suid-Afrika gemaak om sy reisplanne te
        finaliseer.

        Bereken die tyd in Suid-Afrika toe hierdie telefoonoproep ontvang is.

        LET WEL: Switzerland het DBT op hierdie datum toegepas.                          (4)

2.1.2   Verduidelik die begrip aanbevole inenting.                                       (2)

2.1.3   Gee EEN manier waarop aanbevole inentings toeriste by 'n bestemming
        help.                                                                            (2)

2.1.4   Switserse burgers wat na Suid-Afrika reis, benodig nie 'n visum nie.

        Noem EEN reisdokument wat dr Bach vir sy besoek aan Suid-Afrika
        nodig gehad het.                                                                 (2)

2.1.5   Dr Bach het met 'n 100 ml bottel parfuum, 'n skootrekenaar en sy
        tennisraket as deel van sy bagasie gereis.

        (a)    Noem die korrekte kanaal waardeur Dr Bach moes gaan toe hy by
               OR Tambo Internasionale lughawe aangekom het.                             (1)

        (b)    Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 2.1.5 (a).                         (2)

        (c)    Identifiseer EEN item wat die belastingvrye toelae oorskry het, wat
               Dr Bach as deel van sy bagasie gehad het.                                 (1)

        (d)    Verduidelik die begrip belastingvrye toelae                               (2)

2.1.6   Beskryf TWEE veiligheidsmaatreels wat Dr Bach moet volg wanneer hy
        by die lughawe in Suid-Afrika aankom.                                            (4)

                                                                                        b.o.

### Page 12

TOERISME                    10870/25
                                                                                          12

    2.1.7   Dr Bach het op 1 November 2024 om 21:00 uit Suid-Afrika vertrek. Die
            vlugtyd van Suid-Afrika terug na Switserland was 10 ure.

            Bereken die aankomstyd en datum van aankoms in Zürich, Switserland
            toe sy vlug geland het.                                                        (5)

2.2 Lees die onderstaande reisplan en beantwoord die vrae wat volg.

                            3-DAG TOER VAN SUID-AFRIKA

    'n Groep sportaanhangers het besluit om Suid-Afrika vir 'n 3-dag toer te besoek
    om 'n rugbywedstryd te kyk, die land se bekende landmerke te verken, en die
    plaaslike kultuur te ervaar.

    Dag 1: Aankoms in Johannesburg
    Land op OR Tambo Internasionale Lughawe en rit na die hotel (R1 200 pppn). In
    die middag, neem ’n begeleide toer deur Soweto en besoek aan die Nelson
    Mandelahuis en die Apartheidmuseum (R600). Geniet ’n verwelkomingsete by ’n
    plaaslike restaurant (R250).

    Dag 2: Rugbywedstryd/Kaapstad & oordrag na Kaapstad
    Verken Johannesburg die oggend voor hulle na Ellispark-stadion vertrek om ’n
    regstreekse rugbywedstryd by te woon (R500). Vlieg in die aand na Kaapstad
    (R1 800) en boek in by die hotel (R1 500 pppn).

    Dag 3: Hoogtepunte van Kaapstad
    Besoek Tafelberg in die oggend en geniet die kabelkarrit vir panoramiese uitsigte
    (R395). Geniet daarna middagete, en neem ’n begeleide toer na Kaappunt en die
    Kaap van Goeie Hoop (R900). Keer laatmiddag terug na Kaapstad en vlieg terug
    na hulle eie land.

    2.2.1   Noem DRIE aspekte wat ingesluit moet word wanneer ’n reisplan
            saamgestel word.                                                               (3)

    2.2.2   Verduidelik wat 'n toerbegroting is.                                           (2)

    2.2.3   Bereken die totale koste vir dag 2 en 3 van die toer waarvoor ’n
            sportaanhanger moet begroot om Suid-Afrika te besoek.

            Teken die tabel hieronder vir dag 2 en 3 in die ANTWOORDBOEK en
            gebruik die tabel om die vraag te beantwoord.

            Wys ALLE berekeninge.

                                     Voorbeeld: Dag 1         Dag 2            Dag 3
            Berekeninge           R1 200 + R600 + R250
            Totaal                        R2 050
            Totale Toerbedrag                                                              (6)

                                                                                          b.o.

### Page 13

TOERISME                     10870/25
                                                                                          13

VRAAG 3

3.1    Bestudeer die inligting en die wisselkoerstabel hieronder en beantwoord die vrae
       wat volg.

          Wys ALLE berekeninge.
          Rond jou antwoorde af tot TWEE desimale plekke.

                              COMRADES-MARATHON

Sarah Roberts, ’n Amerikaanse burger, het aan die 2025 Comrades-marathon deel-
geneem wat op 8 Junie 2025 plaasgevind het. Sy het vir twee jaar geld gespaar. Sy het
$4 000 vir haar verblyf in Suid-Afrika gespaar. Sy het haar geldeenheid by OR Tambo
Internasionale Lughawe verruil.

Geldeenheidskode (en geldeenheidsimbool)                 BAK                  BVK
VSD ($)                                                18,1765             18,5415

       3.1.1   Skryf die geldeenheidskode VSD volledig uit.                                     (2)

       3.1.2   Bereken die bedrag in rand wat Sarah ontvang het toe sy haar
               geldeenheid verruil het.                                                         (3)

       3.1.3   Na die marathon, het Sarah R22 000 oorgehad toe sy op die punt was
               om Suid-Afrika te verlaat.

               Bereken die bedrag in dollar wat Sarah ontvang het toe sy haar rande
               verruil het by OR Tambo Internasionale Lughawe.                                  (3)

3.2    Evalueer, in ’n paragraaf, DRIE gevolge wat ’n swak rand inhou vir inkomende
       toeriste wat Suid-Afrika besoek.                                                          (6)
                                                                                               [14]
                                                                 TOTAAL AFDELING B:             50

                                                                                          b.o.

### Page 14

TOERISME                     10870/25
                                                                                           14

AFDELING C: TOERISTE-AANTREKLIKHEDE; KULTUUR- EN
            ERFENISTOERISME; BEMARKING

VRAAG 4

4.1   Bestudeer die ikone hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  DIE GEESTELIKE IKONE

                                                     [Bron: www.dynamic-media.tacdn.com]

      4.1.1   Benoem ikone A, B en C.

              Skryf slegs die naam van die ikoon langs die letter (A – C) in die
              ANTWOORDBOEK neer, bv. D Klaagmuur.                                           (3)

      4.1.2   Gee die kulturele betekenis van ikoon A.                                      (2)

      4.1.3   Beskryf die hoofaktiwiteit wat godsdienstige toeriste by ikoon B kan
              ervaar.                                                                       (2)

                                                                                           b.o.

### Page 15

TOERISME                    10870/25
                                                                                           15

      4.1.4   Beskryf die argitektoniese (ontwerp-) kenmerke wat van ikoon C ’n
              uitstaande toeriste-aantreklikheid maak.                                      (2)

      4.1.5   Verduidelik EEN positiewe impak van ikoon B op Saoedi-Arabië se
              ekonomie.                                                                     (2)

      4.1.6   Gee EEN gemeenskaplike eienskap wat ikone A, B en C as toeriste-
              aantreklikhede deel.                                                          (2)

4.2   Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

                                      DIE TAJ MAHAL

                                                       [Bron: www.tajmahaltourguide.com]

      4.2.1   Benoem die land en die kontinent waar die Taj Mahal geleë is.                 (2)

      4.2.2   In 'n paragraaf, beskryf hoekom die Taj Mahal 'n ikoon is deur die
              volgende in te sluit:

               EEN manier waarop dit kultureel betekenisvol is vir die plaaslike volk
               EEN argitektoniese (ontwerp-) kenmerk                                       (4)

                                                                                           b.o.

### Page 16

TOERISME                      10870/25
                                                                                            16

4.3 Bestudeer die prent en die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   BASISKAMP-SKOONMAAK

     Ten spyte van al die probleme op die berg, staan Mount Everest steeds alleen. Daar sal
     altyd mense wees wat die wêreld se hoogste punt wil klim, want om op Mount Everest te
     wees gaan oor meer as net skares en hope gemors. Die berg is so hoog en uniek dat dit
     elke bergklimmer op ’n stadium uitdaag om sy of haar beste self te wees.
                                               [Aangepas uit www.education.nationalgeographic.org]

     4.3.1   Gee die naam van die volgende waar Mount Everest geleë is:

             (a)    Land                                                                       (1)

             (b)    Kontinent                                                                  (1)

     4.3.2   Gee EEN rede waarom Mount Everest as ’n ikoon beskou kan word.                    (2)

     4.3.3   Bespreek EEN maatstaf wat toegepas kan word om volhoubare
             toerismepraktyke by die Mount Everest-basiskamp te bevorder.                     (2)
                                                                                             [25]

                                                                                             b.o.

### Page 17

TOERISME                 10870/25
                                                                                          17

VRAAG 5

5.1 Bestudeer die onderstaande prente en beantwoord die vrae wat volg.

               DRIE VAN SUID-AFRIKA SE WÊRELDERFENISTERREINE

              Witwatersrand bergrug

                                 Episentrum van
                                 meteoorimpak

                                                             [Bron: www.whc.unesco.org]

    5.1.1   Gee die volle name van die Wêrelderfenisterreine gemerk A, B en C.             (3)

    5.1.2   Noem die tipe Wêrelderfenisterrein by prent C.                                 (1)

    5.1.3   Verduidelik EEN rede waarom terrein A as 'n Wêrelderfenisterrein beskou
            word.                                                                          (2)

    5.1.4   Gee die naam van EEN ander Wêrelderfenisterrein wat gedeeltelik in
            dieselfde provinsie as terrein B gevind word.                                  (1)

                                                                                          b.o.

### Page 18

TOERISME                    10870/25
                                                                                           18

5.2 Bestudeer die onderstaande prente en beantwoord die vrae wat volg.

      DIE ONTSTAAN VAN MODERNE MENSLIKE GEDRAG: DIE PLEISTOSEEN-
                  BESETTINGSTERREINE VAN SUID-AFRIKA

    Hierdie terreine, wat verlede jaar verklaar is, bied die mees uiteenlopendste en bes
    bewaarde rekord van die ontwikkeling van moderne menslike gedrag wat tot
    dusver bekend is, en dateer so ver terug as 162 000 jaar. Voorbeelde van
    simboliese denke en gevorderde tegnologieë word gevind in bewyse van
    okerverwerking (verskeidenheid kleikleure), gemerkte patrone, dekoratiewe krale,
    versierde eierskale, gevorderde wapens en metodes vir werktuigskepping, asook
    mikroliete (klein gereedskap).
                                                       [Aangepas uit www.whc.unesco.org]

    5.2.1   Noem die jaar van inskrywing vir hierdie nuwe Wêrelderfenisterrein.             (1)

    5.2.2   Noem die TWEE provinsies waar hierdie Pleistoseen-Besettingsterreine
            van Suid-Afrika geleë is.                                                       (2)

    5.2.3   Pinnacle Point en die Sibhudu-grotte is twee van die drie terreine van die
            Wêrelderfenisterrein in die bostaande prente.

            (a)   Gee die volledige naam van die derde terrein.                             (1)

            (b)   Beskryf EEN gedeelde kenmerk van al drie die terreine.                    (2)
                                                                                           [13]

                                                                                           b.o.

### Page 19

TOERISME                          10870/25
                                                                                                    19

VRAAG 6
Bestudeer die logo’s en die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                   BEMARKING VAN 'N LAND SOOS SUID-AFRIKA

Suid-Afrika is een van die gewildste lande vir toeriste op die Afrika-kontinent. In 2020
was Suid-Afrika ’n bestemming met byna 3.8 miljoen internasionale toeriste, wat die
land met die meeste besoeke in Afrika vir daardie jaar gemaak het. Miljoene toeriste
besoek Suid-Afrika jaarliks om sy strande, landskappe en wild te sien. Vanaf 2024 het
die land die tweede grootste aantal UNESCO Wêrelderfenisterreine op die Afrika-
kontinent. Soos verwag, het die meerderheid toeriste wat Suid-Afrika besoek het, die
land as ’n vakansiebestemming beskou.
                                                                        [Bron: www.statista.com]

6.1 Bespreek EEN belangrike rede vir die bemarking van Suid-Afrika as 'n
    voorkeurbestemming.                                                                              (2)

6.2 Beskryf die hoofdoel van internasionale reishandelskoue soos dié in die logo's.                  (2)

6.3 Noem EEN funksie van die organisasie TOMSA.                                                      (2)

6.4 Die kernbesigheid van SA Toerisme: Bemark Suid-Afrika internasionaal as 'n
    voorkeurbestemming.

     Uit die logo's en die inligting hierbo, haal 'n relevante sin of feit vir hierdie
     kernbesigheid aan.                                                                              (2)

6.5 Bespreek TWEE ooreenkomste van Afrika se Travel Indaba en Meetings Africa.                        (4)
                                                                                                    [12]
                                                                      TOTAAL AFDELING C:             50
                                                                                                    b.o.

### Page 20

TOERISME                    10870/25
                                                                                             20

AFDELING D: TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
            TOERISME

VRAAG 7

Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

                  'N VOLHOUBARE LUUKSE OORDHOTEL IN FIJI

Six Senses Fiji, geleë op die tropiese Malolo-eiland van Fiji, is 'n vyfster-oordhotel met
volhoubare luukse en kulturele bewustheid as die kern (hooffokus). Die hotel werk op
100% sonkrag, toegerus met reënwateropvangtoestelle en sy eie waterfiltreerfasiliteite
om die gebruik van enkelgebruikplastiekbottels te stop. Die hotel poog om so min as
moontlik afval te produseer. Hulle moedig die beginsels van hergebruik aan terwyl hulle
ook herwinning beoefen. Die oord maak kompos met 'n "wurm-gebaseerde septiese
(toilet) stelsel" en kweek soveel as moontlik hul eie kruie en groente.

Alle handewerk en kunswerke by die oordhotel word deur die plaaslike gemeenskap
vervaardig. Die hotel ondersteun die Rise Beyond the Reef Charity wat daarop gemik is
om "die gaping tussen afgeleë (ver weg van ander) gemeenskappe, die regering en die
private sektor in die Suid-Stille Oseaan-streek te oorbrug, om 'n beter volhoubare
wêreld vir vroue en kinders te skep."
                                                          [Aangepas uit www.sixsense.com]

7.1     Water is besig om 'n skaars hulpbron te word.

        Verduidelik DRIE maniere hoe 'n hotel waterverbruik kan verminder.                    (6)

7.2     Lys die DRIE volhoubare praktyke (drie R'e) wat tydens die
        afvalbestuursproses gebruik word.                                                     (3)

7.3     Bespreek hoe die luukse oordhotel in Fiji die drie-dubbele-slotreëlbenadering
        volg.

        Die antwoord moet die drie pilare van volhoubare toerisme met voorbeelde uit
        die gevallestudie insluit.                                                            (6)
                                                                                             [15]

                                                                                             b.o.

### Page 21

TOERISME                          10870/25
                                                                                              21

VRAAG 8

Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

         VERANTWOORDELIKE REIS: JOU GIDS TOT ETIESE AVONTURE
In 'n wêreld wat die begeerte om te reis en te
verken toenemend waardeer, is verant-
woordelike reis 'n baken van hoop vir meer
volhoubare, eties-bewuste maniere om die
wêreld te sien.                                NEEM NIKS MEER AS FOTO’S NIE
                                                        LAAT NIKS MEER AS VOETSPORE NIE

Verantwoordelike Vakansiebestemmings
'n Groeiende aantal bestemmings regoor die
wêreld is verbind tot etiese, volhoubare en
omgewingsvriendelike toerisme.
Hier is 'n lys van bestemmings wat bekend is vir hul pogings tot verantwoordelike
toerisme:

Noorweë: Noorweë se groen toerismebenadering en omgewingsvolhoubaarheids-
inisiatiewe maak dit 'n aantreklike bestemming vir verantwoordelike toeriste.

Rwanda: Met 'n verbintenis tot Gorilla-bewaring en volhoubare toerisme, bied Rwanda
vir reisigers unieke en etiese natuurlewe-ervarings.

Switserland: Switserland bevorder groen toerisme en beklemtoon ekovriendelike
vervoeropsies, wat dit 'n verantwoordelike toerismebestemming maak.
                                                                [Aangepas uit www.bolt.eu]

8.1 Kies 'n konsep uit die bostaande inligting soortgelyk aan die betekenis van
    verantwoordelike toerisme.                                                                 (1)

8.2 Verduidelik die konsep van verantwoordelike toerisme deur ook te verwys na die
    woorde wat op die inligtingsbord in die prent geskryf is.                                  (2)

8.3 Stel 'n driepunt-toeriste-gedragskode saam wanneer jy na enige EEN van die
    verantwoordelike toerismebestemmings gelys reis.

     Sluit die keuse van bestemming by die antwoord in.                                        (4)

8.4 Noem enige TWEE ekovriendelike vervoeropsies wat by verantwoordelike
    toerismebestemmings beskikbaar kan wees.                                                   (2)

8.5 Gee DRIE voorbeelde van hoe 'n toeris verantwoordelike toerisme kan
    ondersteun.                                                                                 (6)
                                                                                              [15]
                                                                 TOTAAL AFDELING D:            30

                                                                                              b.o.

### Page 22

TOERISME                    10870/25
                                                                                        22

AFDELING E: BINNELANDSE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME;
KOMMUNIKASIE EN KLIËNTESORG

VRAAG 9

9.1 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

      BRAZILIË BIED DIE COP30 KLIMAATSVERANDERINGBERAAD AAN IN DIE
                              AMASONE IN 2025

    Die Verenigde Nasies het Brasilië gekies om die internasionale
    klimaatsvergadering, COP30, in die Amasone-stad Belém in 2025 aan te bied,
    volgens die land se president.
                                                           [Aangepas uit www.cnn.com]

    9.1.1   Gee die naam vir die akroniem COP30.                                         (2)

    9.1.2   Verduidelik die term beraad.                                                 (2)

    9.1.3   Bespreek TWEE positiewe ekonomiese impakte van die beraad op die
            gasheerland.                                                                 (4)

    9.1.4   Gee TWEE negatiewe impakte vir Brasilië as die gasheerland van die
            beraad.                                                                      (4)

9.2 Noem DRIE ander globale gebeurtenisse van internasionale belang.                     (3)

                                                                                        b.o.

### Page 23

TOERISME                    10870/25
                                                                                             23

9.3 Bestudeer die onderstaande tabel van aankomsstastistiek en beantwoord die vrae
    wat volg.

               VERGELYKING VAN MAART 2024 AANKOMSSTATISTIEKE
                        Aankoms Aankoms Aankoms
         SA se Top 10                                % van      % van
                        in Maart in Maart in Maart
          bronmarkte                               Maart 2023 Maart 2019
                          2019     2023     2024
    Verenigde Koninkryk   44 772  36 811    41 896   113.7%     93.5%
    Verenigde State       35 125  30 196    35 302   116,9%    100,5%
    Duitsland             33 940  28 382    35 714   125,8%    105,2%
    Nederland             10 364    9 247    9 591   103,7%     92,5%
    Frankryk              17 451  10 862    11 915   109,6%     68,2%
    Australië              9 320    8 150    7 953    97,5%     85,3%
    Indië                  7 046    5 302    5 203    98,1%     73,8%
    Kanada                 7 148    5 608    6 217   110,8%     86,9%
    Italië                 4 305    2 900    3 609   124,4%     83,8%
    België                 4 689    3 485    4 812   138,0%    102,6%
                                                    [Aangepas uit www.tourismupdate.co.za]

    9.3.1   Identifiseer die land met die volgende toeriste-aankomste na Suid-Afrika:

            (a)     Die hoogste in 2024                                                           (1)

            (b)     Die laagste in 2024                                                           (1)

    9.3.2   Noem die tipe mark wat gevind word in die lande in VRAAG 9.3.1.                       (2)

    9.3.3   Identifiseer TWEE lande wat jaarliks in getalle bly daal het tussen 2019,
            2023 en 2024.                                                                         (4)

    9.3.4   Stel EEN rede vir die afname in aankomsgetalle van die lande in die
            antwoord op VRAAG 9.3.3 voor.                                                      (2)
                                                                                              [25]

                                                                                             b.o.

### Page 24

TOERISME                  10870/25
                                                                                        24

VRAAG 10

Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

                              KLIËNTETERUGVOER

                                                         [Bron: www.shutterstock.com]

10.1   Verduidelik waarom 'n toerismebesigheid terugvoer van kliënte benodig.                (2)

10.2   Gee DRIE maniere waarop 'n toerismebesigheid klantetevredenheid kan
       verbeter nadat negatiewe terugvoer ontvang is.                                         (3)
                                                                                              [5]
                                                             TOTAAL AFDELING E:              30

                                                                          TOTAAL:        200

                                          EINDE

## Related documents

- [Gr12 Tourism (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-afrikaans-sep-2022-question-paper/6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb) — Tourism · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/1c5c7dd8-d89c-4927-ba26-de7c3f4232ef) — Tourism · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/b66489d0-a84c-4e18-af4d-ef3c23585ac1) — Tourism · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922) — Tourism · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 Tourism NSC P1 10870 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-tourism-nsc-p1-10870-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/09001106-1848-4aa1-b07a-abb91b23723d) — Tourism · QP · 2016 · Afr
- [Gr12 Tourism (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/edd5dcc0-74a5-4997-8f35-89fa496ba714) — Tourism · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2022-afrikaans-final/1403b445-16b4-4547-88df-afa43f0bb468) — Memo · 2022 · Afr
- [Gr12 Tourism Errata SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-errata-sep-2022-question-paper/5bcec1ac-12f8-41c1-9982-d8ba45ec098c) — Errata · 2022

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
