# Tourism Grade 12 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 28 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-tourism-2025-nsc-november-exam-question-paper/3fe7d031-5dc8-45d6-9d5b-a0e6508f31db
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 28

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 NSC November 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-tourism-2025-nsc-november-exam-question-paper/3fe7d031-5dc8-45d6-9d5b-a0e6508f31db)

## About this document

Tourism · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 28 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                   TOERISME

                               NOVEMBER 2025

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 28 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Toerisme                                     2                            DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die instruksies aandagtig voordat jy die vrae beantwoord.

 1.        Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

 2.        Beantwoord AL die vrae.

 3.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

 4.        Rond jou antwoorde vir VRAAG 3.3 en 3.4 tot TWEE desimale plekke af.

 5.        Toon ALLE berekeninge.

 6.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 7.        Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou
           antwoord.

 8.        Skryf netjies en leesbaar.

 9.        Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
           in te deel.

                                                                                     TYD
 AFDELING                        ONDERWERPE                          PUNTE
                                                                                   (minute)

       A        Kortvrae                                                40             20

                Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandse
       B                                                                50             50
                Valuta-verhandeling
                Toeristebesienswaardighede; Kultuur- en
       C                                                                50             50
                Erfenistoerisme; Bemarking
                Toerismesektore; Volhoubare en
       D                                                                30             30
                Verantwoordelike Toerisme
                Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;
       E                                                                30             30
                Kommunikasie en Kliëntediens
                                                         TOTAAL        200            180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Toerisme                                      3                         DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 AFDELING A: KORTVRAE        2025

 VRAAG 1

 1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
           Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
           (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.

           1.1.1     'n Faktor wat waardering toon wat by 'n reisbegroting ingesluit moet
                     word:

                     A   Huur 'n private straler ('jet')
                     B   Koop luukse aandenkings
                     C   Betaal toelaes of fooitjies ('tips')
                     D   Eet by fynproewer-restaurante

           1.1.2     Suid-Afrika het 'n nuwe Witskrif vir Toerisme.

                     Die departement verantwoordelik vir die ontwikkeling van die
                     Witskrif oor die Ontwikkeling en Bevordering van Toerisme in
                     Suid-Afrika:

                     A   Nasionale Departement van Toerisme
                     B   Departement van Toerisme
                     C   Departement van Omgewingsake en Toerisme
                     D   Departement van Binnelandse Sake

           1.1.3     Die 180°-lengtelyn staan ook as die … bekend.

                     A   Greenwich-meridiaan
                     B   Kreefskeerkring
                     C   UTK (Universele Tydkoördinaat)
                     D   internasionale datumlyn

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Toerisme                                     4                      DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

           1.1.4     'n Internasionale bestuurspermit word deur die … in Suid-Afrika
                     uitgereik.

                     A   Departement van Gesondheid
                     B   Departement van Binnelandse Sake
                     C   Automobiel-Assosiasie
                     D   Lughawemaatskappy van Suid-Afrika

           1.1.5     Die dokumente wat benodig word voordat buitelandse valuta vir
                     'n oorsese reis aangekoop kan word:

                     A   Bewys van inkomste en bankstate
                     B   Geldige visum en internasionale bestuurspermit
                     C   Betaalde vliegkaartjie en geldige paspoort
                     D   Brief vanaf werkgewer en toestemmingsvorm van ouers

           1.1.6     Die Africa Travel Indaba wat Suid-Afrika aan plaaslike en
                     streeksmarkte bekend stel, word jaarliks in … gehou.

                     A   Kaapstad
                     B   Bloemfontein
                     C   Durban
                     D   Johannesburg

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Toerisme                                      5                          DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

           1.1.7     Hierdie woestynstad, wat in die Midde-Ooste geleë is, is een van die
                     wêreld se rykste en grootste argeologiese terreine:

                     A   Parthenon
                     B   Windmeulens
                     C   Agra
                     D   Petra

           1.1.8     'n Toename in besoekersgetalle en tyd wat by                         'n
                     besienswaardigheid deurgebring word, sal … tot gevolg hê.

                     A   laer as verwagte besoekersgetalle
                     B   inkomste wat die teikengetalle oorskry
                     C   minder terugkeerbesoeke na die bestemming
                     D   uitbuiting van die plaaslike gemeenskap

           1.1.9     Die organisasie wat vir die verklaring van Wêrelderfenisterreine
                     verantwoordelik is:

                     A   UNESCO
                     B   SAHRA
                     C   PRASA
                     D   'ACSA'

           1.1.10    'Meetings Africa' is 'n reishandelskou wat … toeriste lok.

                     A   MESE
                     B   BVF ('VFR')
                     C   SBT ('SIT')
                     D   BTW

           1.1.11    Om vlugkaartjies te ontvang waarop daar afslag gegee word, is 'n
                     … voordeel vir 'n werknemer.

                     A   besoldigings-
                     B   by-
                     C   verlof-
                     D   mediese

           1.1.12    Blouvlag-sertifisering gee erkenning aan … wat aan hoë
                     bestuurstandaarde en volhoubaarheid in 'n mariene omgewing
                     voldoen.

                     A   gholfbane
                     B   strande en marinas
                     C   casino's en oorde
                     D   temaparke

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Toerisme                                     6                      DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

           1.1.13    Die organisasie wat verantwoordelike en volhoubare praktyke in
                     toerismebesighede aanmoedig en sertifiseer:

                     A   FTT
                     B   SAL
                     C   TGRSA ('TGCSA')
                     D   TBRSA ('TBCSA')

           1.1.14    WESSA onderskryf die … pilaar van volhoubare toerisme.

                     A   ekonomiese
                     B   maatskaplike
                     C   omgewings-
                     D   wins-

           1.1.15    Volhoubare praktyke wat die omgewingsimpak van toerisme
                     verminder:

                     A   Tuinbou-inisiatiewe
                     B   'Wit was'-inisiatiewe
                     C   'Groen was'-projekte
                     D   Hulpbronbestuur

           1.1.16    Die mees aanvaarbare vorm van betaling wanneer 'n voertuig
                     gehuur word:

                     A   Kontant
                     B   Kredietkaart
                     C   Reisigerstjek
                     D   Elektroniese fondsoordrag ('EFT')

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Toerisme                                    7                           DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

           1.1.17    Die 'QR'-kode in die prent hieronder word gebruik om …

                     A   toegang tot die webtuiste van die besigheid te kry.
                     B   klante raad te gee oor toepaslike optrede.
                     C   werknemers weer op te lei en hulle vaardighede te verbeter.
                     D   persoonlike besonderhede van 'n klant te verkry.

           1.1.18    Die Wêreld-atletiekkampioenskap, wat in September 2026 in
                     Boedapest gehou gaan word, is 'n voorbeeld van 'n …

                     A   sportgebeurtenis.
                     B   wêreldberaad.
                     C   welwillendheidskonsert.
                     D   internasionale konferensie.

           1.1.19    Die kodes wat vir internasionale finansiële transaksies tussen banke
                     vereis word:

                     A   Snapscan
                     B   SWIFT
                     C   Banknota
                     D   SHYFT

           1.1.20    Die verwoestende aardbewings wat Thailand in Maart 2025 getref
                     het, word as … gekategoriseer.

                     A   'n protesaksie
                     B   politieke onrus
                     C   'n pandemie
                     D   'n natuurramp                                           (20 x 1)      (20)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Toerisme                                     8                           DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 1.2       Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n woord/term
           uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
           vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
           1.2.6 bankaankoopkoers.

                   doeane-amptenare; reistoelaes; frank; gesondheidsertifikaat;
                     gesondheidsvoorsorgmaatreëls; doeaneregulasies; euro

           1.2.1      Die amptelike geldeenheid van Duitsland

           1.2.2      Die dokument wat bevestig dat 'n reisiger die vereiste inentings
                      ontvang het om sekere lande binne te gaan

           1.2.3      Die gebruik van voorkomende medikasie, insekweerders en
                      sonskerm om tydens reis persoonlike welstand in stand te hou

           1.2.4      'n Bedrag geld wat 'n reisiger jaarliks vir buitelandse valuta mag
                      omruil wanneer daar na die buiteland gereis word

           1.2.5      Regulasies wat die beweging van items, soos alkohol, tabak en
                      valuta wat in 'n land ingebring word, beheer            (5 x 1)           (5)

 1.3       Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
           slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 paspoort.

           1.3.1      Die duur van 'n vlug tussen vertrek en aankoms staan as
                      (vliegtyd/oorstaantyd) bekend.

           1.3.2      Die Middellandse See-kuslyn, wat vir glansryke stede soos Nice en
                      Cannes bekend is, staan as die (Franse Riviera/Amalfi-kus) bekend.

           1.3.3      Die windmeulens is 'n gewilde attraksie in (België/Nederland).

           1.3.4      (BVK/KMB) verwys na 'n maatskappy se inisiatiewe wat op 'n
                      bydrae tot maatskaplike ontwikkeling bo en behalwe hulle
                      kernbesigheidsaktiwiteite gerig is.

           1.3.5      Die statistiek wat die aantal inkomende reisigers meet wat 'n land
                      binne 'n gegewe tydperk besoek, staan as (immigrasie/buitelandse
                      aankomste) bekend.                                          (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Toerisme                                     9                          DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 1.4       Pas die faktore wat tot die sukses van 'n toeriste-attraksie in KOLOM A bydra,
           by die voorbeeld in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–F) langs die
           vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 G.

                      KOLOM A                                 KOLOM B
           1.4.1      Misdaadvoorkoming        A
                      op die terrein van die
                      attraksie

           1.4.2      Voorkoms en instand-
                      houding van 'n
                      attraksie                B

           1.4.3      Bemarking van die
                      attraksie

           1.4.4      Universele toegang tot
                      die attraksies         C

           1.4.5      Bekwame en etiese
                      gedrag van die
                      personeel wat by die
                      attraksie werk

                                               D

                                               E

                                               F

                                                                                   (5 x 1)     (5)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Toerisme                                     10                             DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 1.5       Bestudeer die inligtingsgrafika hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Pas die aspekte van toerbeplanning, soos in die inligtingsgrafika hieronder
           geïllustreer word, by die beskrywings wat volg. Skryf slegs die vraagnommers
           (1.5.1 tot 1.5.5) en die korrekte aspek in die ANTWOORDEBOEK neer,
           bv. 1.5.6 attraksies.

                              DIE ASPEKTE VAN TOERBEPLANNING

                                                    [Bron: Eksaminators se eie skepping]

           1.5.1     Om 'n … te gebruik, kan help om 'n logiese roete te beplan.

           1.5.2     'n Deposito kan vereis word om 'n bespreking by hierdie fasiliteit te
                     bevestig.

           1.5.3     Lugdienste bepaal die gewig en grootte van persoonlike eiendom
                     wat aan boord geneem word.

           1.5.4     'Moet-sien'-plekke wat by 'n bestemming besoek moet word.

           1.5.5     Reisigers moet … hê om dienste en produkte voor of gedurende 'n
                     reis te bekom.                                           (5 x 1)               (5)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Toerisme                                  11                        DBE/November 2025
                                     NSS Vertroulik

 AFDELING B:         KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE VALUTA-
                     VERHANDELING
 VRAAG 2
 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Toerisme                                       12                          DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 2.1       Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  'n DROOM WORD WAAR
           Thabo, 'n passievolle sokker-
           ondersteuner van Johannesburg,
           Suid-Afrika, sal na Meksikostad in
           Meksiko reis om te kyk hoe sy
           gunstelingspan in die 2026 FIFA-
           Wêreldbekertoernooi speel. Dit sal sy
           eerste langafstand- internasionale
           vlug wees. Daarom moet hy deeglik
           beplan en met sy aankoms in
           Meksiko by die nuwe tydsone
           aanpas.     Hy     sal  dan       die
           sokkerwedstryde kan geniet sonder
           om uitgeput te voel.

           Sy vlugbesonderhede word hieronder
           gegee.

                       2026
            FIFA WÊRELDBEKERTOERNOOI
                     VSA|KANADA|MEKSIKO

                                                           [Aangepas uit www.future.fandom.com]

            VERTREKSTAD            OORSTAANSTAD                  AANKOMSSTAD
             Johannesburg                Londen                     Meksikostad
            Vertrektyd: 22:00      Oorstaantyd: 7 ure
                            Die totale duur van die vlug is 18 uur, wat
                                die oorstaantyd in Londen insluit.

           2.1.1      Bepaal die getal tydsones wat Thabo sal oorsteek wanneer hy vanaf
                      Johannesburg na Meksikostad vlieg.                                           (2)

           2.1.2      Verduidelik die term langafstandvlug.                                        (2)

           2.1.3      Bereken Thabo se aankomstyd in Meksikostad.                                  (5)

           2.1.4      Die openingseremonie in Meksikostad sal om 20:00 plaaslike tyd
                      wees.

                      Bepaal die tyd in Johannesburg wanneer Suid-Afrikaners die
                      seremonie lewendig op televisie sal kan kyk.                                 (4)

           2.1.5      Noem TWEE belangrike reisdokumente wat Thabo nodig sal hê om
                      Meksiko binne te gaan.                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Toerisme                                     13                          DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 2.2       Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                        VERLORE IN TYD
                                       Steek tydsones oor

                                                               [Bron: www.everydayhealth.com]

           2.2.1     Thabo het in Meksikostad aangekom en was heeltemal uitgeput.

                     Noem die toestand waaraan Thabo gely het nadat hy baie tydsones
                     oorgesteek het.                                                             (2)

           2.2.2     Noem TWEE ander simptome van die toestand wat in VRAAG 2.2.1
                     genoem is, waaraan Thabo gely het.                                          (4)

 2.3                              GESONDHEID EN VEILIGHEID
           Voor sy reis het Thabo 'n reiskliniek besoek om raad te kry oor die aanbevole
           en verpligte inentings wat vereis word om Meksiko binne te gaan.

           Thabo het ook navorsing gedoen oor hoe om veilig te wees, terwyl hy die
           Wêreldbeker geniet. Hy het inligting oor dreigemente teen toeriste in
           Meksikostad en ander algemene veiligheidsrisiko's tydens sy besoek gekry.
                                                         [Bron: Eksaminators se eie skepping]

           2.3.1     Verduidelik EEN verskil tussen aanbevole en verpligte inentings.            (4)

           2.3.2     Gee EEN rede waarom Thabo NIE kraanwater in Meksiko moet
                     drink NIE.                                                                  (2)

           2.3.3     Stel EEN manier voor waarop Thabo sy veiligheid in die volgende
                     omstandighede kan verseker:

                     (a) Wanneer 'n taxidiens gebruik word                                       (2)

                     (b) Deur 'n paar Spaanse frases te leer                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Toerisme                                    14                        DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 2.4                              ROOI OF GROEN KANAAL?
           Na 'n opwindende twee weke in Meksiko vir die 2026
           Wêreldbeker-sokkertoernooi het Thabo na Suid-
           Afrika teruggekeer. Thabo het Meksikaanse
           aandenkings, 'n leerbaadjie en gedroogde, verseëlde
           Meksikaanse speserye gekoop wat alles binne die
           belastingvrye toelaag geval het.

           2.4.1     Identifiseer die EERSTE ingangspunt terug in Suid-Afrika, waar hy
                     sy paspoort moes toon.                                                  (2)

           2.4.2     Verduidelik die konsep belastingvry.                                    (2)

           2.4.3     Identifiseer die doeanekanaal waardeur Thabo op OR Tambo
                     Internasionale Lughawe moes beweeg.                                     (2)
                                                                                             [37]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Toerisme                                      15                        DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 3

 Bestudeer die wisselkoerstabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 'n Toeris wat na Londen reis, het besluit om op die Kaapstadse Internasionale Lughawe
 Suid-Afrikaanse rand vir Britse pond te verwissel, voordat uit Suid-Afrika vertrek word.

                             BUITELANDSE GELDEENHEDE
                                 WISSELKOERSTABEL
           GELDEENHEID                  BAK                             BVK
 Euro                                   18,76                           19,79
 Britse pond                            22,50                           23,50
 VS-dollar                              17,29                           18,15

 3.1        Gee die valutakode vir die Britse pond.                                             (1)

 3.2        Verduidelik die volgende terme:

            3.2.1     Skommeling van wisselkoerse                                               (2)

            3.2.2     Bankaankoopkoers                                                          (2)

 3.3        Bereken hoeveel Britse pond 'n toeris sal ontvang as hy ZAR20 000 omruil.           (3)

 3.4        Bereken hoeveel rand 'n toeris sal ontvang wanneer hy 200 Britse pond met sy
            aankoms in Suid-Afrika omruil.                                                      (3)

 3.5        Verduidelik EEN rede waarom 'n toeris die wisselkoerse in gedagte moet hou
            wat deur die verskillende forex-kioske op die lughawe aangebied word, voordat
            geld omgeruil word.                                                                 (2)
                                                                                                [13]

                                                                TOTAAL AFDELING B:              50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Toerisme                                     16                          DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 AFDELING C:         TOERISTEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS-
                     TOERISME; BEMARKING

 VRAAG 4

 4.1       Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  AFSLAG OP REISPAKKETTE

           'n Reis die Wêreld-reisagent bied afslag op
           toerpakkette aan. Drie pakkette, A, B en C,
           word op die baniere hieronder getoon.

              A

                                                                              B

              C

                                                           [Aangepas uit www.za.pinterest.com]

           4.1.1      Noem die berge wat toeriste kan besoek wanneer hulle pakket A en
                      C kies.                                                                    (2)

           4.1.2      Noem EEN ooreenkoms van die berge by A en C.                               (2)

           4.1.3      Noem EEN tipe toeris wat graag die ikone in land B sou wou besoek.         (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Toerisme                                     17                            DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

           4.1.4      Verwys na die berg in C.

                     (a) Gee TWEE redes waarom hierdie ikoon uniek is.                             (4)

                     (b) Bespreek TWEE maniere, behalwe rommelbeheer, waarop
                         volhoubare en verantwoordelike bestuurspraktyke by hierdie
                         berg geïmplementeer kan word.                                             (4)

                     (c) Verduidelik TWEE redes waarom dit belangrik is om volhoubare
                         en verantwoordelike praktyke by die berg te hê.                           (4)

 4.2       Bestudeer die inligtingsgrafika hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            CHICHEN ITZA – 'DIE MOND VAN DIE PUT'
                                   El Castillo (die Tempel   Daar is geen bewyse
           Chichen Itza is een van
                                     van Kulkulkan) is die    waarom die mense
            die Nuwe 7 Wonders
                                      grootste gebou op    hierdie stad eeue gelede
               van die Wêreld.
                                          die terrein.          verlaat het nie.

           Die naam Chichen Itza
           beteken 'die mond van
           die put van Itza'. Daar
           word geglo dat 'Itza'
           'watertowenaars'
           beteken.

                                                                  Op 28 Januarie 2024 het
                                                                  die historiese ruïnes van
                                         Die Maya-trein
                                                                       Chichen Itza 'n
                                       neem besoekers op
                                                                    bywoningsrekord van
                                     besigtigingstoere na die
                                                                  7 500 besoekers op een
                                     ruïnes en argeologiese
                                                                         dag gehad.
                                             terreine.

                                      [Bronne: www.odigootravel.com en www.theyucatantimes.com]

           4.2.1     (a) Noem die land waar Chichen Itza geleë is.                                 (2)

                     (b) Noem die kontinent waar Chichen Itza geleë is.                            (2)

           4.2.2      Stel EEN rede voor waarom die naam van die trein (Maya) nou met
                      Chichen Itza verbind word.                                                   (2)

           4.2.3      Chichen Itza is een van die Nuwe 7 Wonders van die Wêreld.

                      Verduidelik EEN manier waarop hierdie status voordelig vir die ikoon
                      kan wees.                                                                    (2)

           4.2.4      Bespreek TWEE maniere waarop die Maya-trein tot die sukses van
                      Chichen Itza, as 'n attraksie, kan bydra.                                    (4)
                                                                                                   [30]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Toerisme                                      18                           DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 5

 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       SUID-AFRIKA SE 12de WÊRELDERFENISTERREIN

                            Menseregte, Bevryding en Versoening:
                            Die Nelson Mandela-nalatenskapterreine

           Die terrein bestaan uit 14 komponente wat oor die land heen geleë is en wat
           almal met Suid-Afrika se bevrydingstryd verband hou. Hierdie komponent-
           terreine sluit die Uniegebou, die Sharpeville-terreine en Die Groot Plek by
           Mqhekezweni in.

           Hierdie terreine getuig van sleutelgebeure wat met die lang stryd teen die
           apartheidstaat verbind word.
                                             [Aangepas uit www.unesco.org en www.linkedin.com]

 5.1       Noem die tipe Wêrelderfenisterrein in die uittreksel hierbo.                            (2)

 5.2       Maak 'n lys van die VIER provinsies waar die komponentterreine geleë is.                (4)

 5.3       Noem EEN ander Wêrelderfenisterrein wat met mnr. Mandela verbind word.                  (2)

 5.4       Bespreek TWEE redes waarom UNESCO die Nelson                            Mandela-
           nalatenskapterreine as 'n Wêrelderfenisterrein verklaar het.                            (4)
                                                                                                   [12]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Toerisme                                      19                               DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 6

 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       TOMSA
                          (TOURISM MARKETING SOUTH AFRICA)

                Tourism Levy South Africa                  TOMSA is in 1999 gestig
                is 'n privaatsektor-gedrewe               om bykomende befondsing
                     en openbare sektor-                        te verskaf vir die
                  ondersteunde heffings-                  bemarking van Suid-Afrika
                       bydrae-inisiatief.                 as 'n voorkeurbestemming.

                 Die stigting van TOMSA
                  deur die land se privaat
                  toerismesektor was die
                     eerste stap in die
                suksesvolle bemarking van
                        Suid-Afrika.

                                                             [Aangepas uit www.tomsa.co.za]

 6.1       Verwys na die inligting in blok B hierbo.

           Verduidelik hoe TOMSA befondsing kry om Suid-Afrika plaaslik en
           internasionaal te bemark.                                                                  (2)

 6.2       Suid-Afrika word volgens die inligting in blok B as 'n voorkeurbestemming
           bemark.

           Verduidelik die betekenis van voorkeurbestemming.                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 20

Toerisme                                    20                         DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 6.3       Voltooi VRAAG 6.3.1 en VRAAG 6.3.2 hieronder. Skryf die antwoorde in die
           ANTWOORDEBOEK.

                               TOMSA

                       6.3.1    Gee die naam van die administrateur van die fonds.
                                                                                                 (2)

                                Noem die liggaam wat vir die plaaslike en
                     6.3.2      internasionale bemarking van Suid-Afrika
                                verantwoordelik is.
                                                                                                 (2)

                                                                                                 [8]

                                                               TOTAAL AFDELING C:                50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Toerisme                                           21                              DBE/November 2025
                                              NSS Vertroulik

 AFDELING D:         TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
                     TOERISME

 VRAAG 7

 7.1       Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  EERSTE INDRUKKE MAAK SAAK
                           Navorsing toon dat dit slegs vyf sekondes neem om
                              'n eerste indruk van 'n werknemer te vorm.

                               .
                                                                       !

                   [Aangepas uit http://bing.com.ai/dresscode. Toegang op 28 Februarie 2025 verkry.]

           Volgens hierdie besigheid se kleredragreëls is die volgende items onvanpas
           om werk toe aan te trek:

           •   Plakkies, sportskoene of informele skoene
           •   T-hemde
           •   Hempies met 'n oop rug
           •   Deursteekjuwele in die gesig ('Facial piercings')
           •   Oormatige juwele
           •   Kortbroeke
           •   Kort rompies en kort rokkies

           7.1.1        Identifiseer TWEE bepalings van die besigheid se kleredragreëls
                        wat die werknemer in die prent hierbo oortree.                                     (2)

           7.1.2        Verduidelik wat die bestuurder met aantrek om 'n indruk te maak
                        bedoel.                                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 22

Toerisme                                           22                                 DBE/November 2025
                                              NSS Vertroulik

           7.1.3        Bespreek TWEE maniere waarop dit vir die besigheid voordelig sal
                        wees indien alle personeellede die kleredragreëls nakom.                             (4)
           7.1.4        Stel EEN manier voor waarop 'n bestuurder leiding aan 'n
                        werknemer kan gee wat nie die besigheid se kleredragreëls nakom
                        nie.                                                                                 (2)
 7.2       Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                          DIENSVOORWAARDES VIR KAJUITBEMANNING

           Uittreksel uit die diensvoorwaardes vir kajuitbemanning
           •   Kajuitbemanning moet aanpasbare ure ('flexible hours') werk, wat aande,
               naweke en openbare vakansiedae insluit, omdat vlugroosters dikwels
               verander.
           •   Hulle ontvang 'n uniform en moet dit ten alle tye korrek dra, terwyl
               versorgingstandaarde nagekom word.
           •   Hulle ontvang 'n vasgestelde salaris met aftrekkings vir belasting,
               pensioenfonds en ander bydraes.
           •   Hulle is geregtig op jaarlikse verlof, maar dit moet met inagneming van die
               lugdiens se vlugroosters beplan word.
           •   Hulle moet Engels kan praat en duidelik met passasiers kan kommunikeer.
           •   Hulle moet gesond wees om lang vlugte te kan hanteer.
           Hulle diens kan beëindig word indien hulle nie aan prestasiestandaarde
           voldoen nie.
                     [Aangepas uit http://copilot.com.ai/flightattendant. Toegang op 2 Maart 2025 verkry.]

           7.2.1        Identifiseer die hoofplig (belangrikste plig) van 'n lid van die
                        kajuitbemanning.                                                                     (2)
           7.2.2        Gee TWEE redes waarom lugdienste duidelike diensvoorwaardes
                        vir lede van die kajuitbemanning moet hê.                                            (4)
                                                                                                             [16]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 23

Toerisme                                      23                                DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 8

 8.1       Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         VERANTWOORDELIKE TOERISMEPRAKTYKE

           Wanneer toeriste 'n staptoer onderneem, is dit belangrik dat hulle
           verantwoordelik optree. Een voorbeeld van verantwoordelike toeristegedrag is
           om rommel in die blikke wat voorsien word, te gooi, in plaas daarvan om dit op
           die staproete te los. Klein aksies, soos die korrekte manier om van afval ontslae
           te raak, kan 'n groot verskil maak.
                                       [Aangepas uit http://copilot.com.ai/verantwoordelik toerisme.
                                                                  Toegang op 7 Maart 2025 verkry.]

           8.1.1      Verduidelik wat dit beteken om 'n verantwoordelike toeris in 'n
                      natuurlike omgewing te wees.                                                     (2)

           8.1.2      Noem TWEE voordele daarvan om rommel in die blikke wat
                      voorsien word, weg te gooi.                                                      (4)

           8.1.3      Stel TWEE alternatiewe (iets anders) voor om water tydens 'n
                      staptog te dra, in plaas van die gebruik van enkelgebruik-
                      plastiekwaterbottels.                                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 24

Toerisme                                     24                               DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 8.2       Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                GOEIE OMGEWINGSPRAKTYKE
                             Beheer van uitheemse indringerplante
           Die verwydering van uitheemse en indringerplante in natuurreservate is 'n
           belangrike stap om omgewingsvolhoubaarheid te bevorder. Hierdie praktyk
           bevoordeel die plaaslike omgewing en is in ooreenstemming met volhoubare
           toerismepogings.

                                                         .

                                                [Bron: www.kloofendalfriends.org/projects]

           8.2.1     Noem EEN negatiewe invloed op die natuur as uitheemse plante
                     gelos word om wild en onbeheersd te groei.                                      (2)

           8.2.2     Bespreek EEN voordeel vir die Kloofendal Natuurreservaat wanneer
                     lede/ondersteuners van die gemeenskapsprojek indringerplante
                     verwyder.                                                                       (2)
                                                                                                     [14]

                                                                    TOTAAL AFDELING D:               30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 25

Toerisme                                     25                           DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 AFDELING E:         PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE                    TOERISME;
                     KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

 VRAAG 9

 9.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           VLUGTE GERAAK DEUR CHAOS BY DIE
                     LONDEN HEATHROW INTERNASIONALE LUGHAWE,
                                   VERENIGDE KONINKRYK
           Heathrow Lughawe is een van die besigste lugvaartmiddelpunte wat as 'n uiters
           belangrike deurgang vir internasionale reise regoor Europa, Noord-Amerika,
           Asië en verder dien. Reischaos het uitgebreek nadat 'n massiewe brand op
           21 Maart 2025 by 'n elektriese substasie naby Heathrow Lughawe uitgebreek
           het. Die insident het Heathrow gedwing om vir tussen 18 en 28 uur
           bedrywighede te staak, wat aanhoudende lugdiensontwrigtings lank ná die
           gebeurtenis veroorsaak het. Meer as 1 300 vlugte is vertraag, gekanselleer of
           na ander Verenigde Koninkryk- en Europese lughawens verwys, wat ongeveer
           300 000 passasiers beïnvloed het.

           Alhoewel lugdienste weer die volgende dag begin besigheid doen het, was
           daar nog lank ná die gebeurtenis ontwrigtings.

                                                         [Aangepas uit https://www.npr.org]

           9.1.1      Noem die kontinent waar hierdie wêreldgebeurtenis plaasgevind
                      het.                                                                       (2)

           9.1.2      Identifiseer TWEE ontwrigtings vir lugdiensbedrywighede wat deur
                      die uitbreek van die brand veroorsaak is.                                  (4)

           9.1.3      Bespreek TWEE ekonomiese invloede wat hierdie gebeurtenis op
                      die wêreld se toerismebedryf gehad het.                                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 26

Toerisme                                     26                            DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 9.2       Bestudeer die inligtingsgrafika oor buitelandse markaandeel hieronder en
           beantwoord die vrae wat volg.

                         INTERNASIONALE TOERISTE-AANKOMSTE
                                   IN SUID-AFRIKA – 2024
               TOP INTERNASIONALE BRONMARKTE NA SUID-AFRIKA IN 2024
           Verenigde State van Amerika                     372 362
           Verenigde Koninkryk                             349 883
           Duitsland                                       254 992
           Nederland                                       132 422
           China                                            41 651
           Indië                                            75 541
           Japan                                            17 370
           Zimbabwe                                      2 183 260
           Ghana                                            36 656

                                                             :

                                           [Aangepas uit www.gov.za en www.tourismupdate.co.za]

           9.2.1     Identifiseer, in die tabel, die top-bronmark:
                     (a) Met die grootste getal toeriste-aankomste in Suid-Afrika in 2024          (2)
                     (b) Met die derde grootste            getal     toeriste-aankomste     in
                         Suid-Afrika in 2024                                                       (2)
           9.2.2     Verduidelik EEN voordeel wat die 23%-toename in geografiese
                     verspreiding vir die toerismebedryf in Suid-Afrika sal hê.                    (2)
           9.2.3     Stel TWEE redes voor waarom Afrika-landmarkte tot die grootste
                     persentasie toeriste-aankomste in Suid-Afrika bydra.                          (4)
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 27

Toerisme                                    27                        DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 10

 10.1      Bestudeer die tekenprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   KLIËNTETERUGVOERING

                     ŉ Ongelukkige kliënt se eerlike terugvoering is ŉ geskenk.
                           Al wat jy moet doen, is om daarvoor te vra.
                                                                   [Bron: https://hyken.com]

           10.1.1    Verduidelik EEN rede waarom 'n kliënt se terugvoering as 'n
                     geskenk aan die besigheid beskou kan word.                                (2)

           10.1.2    Stel EEN manier voor waarop die besigheid 'n ongelukkige kliënt in
                     'n gelukkige kliënt kan verander.                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 28

Toerisme                                    28                            DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 10.2      Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     DIE BESTUUR VAN KLIËNTETERUGVOERING
             ONMIDDELLIKE ('REAL-TIME')       HANDGESKREWE
                  TERUGVOERING                   OPNAME

                                                        [Aangepas uit https://www.typeform.com]

           10.2.1    Noem TWEE metodes, behalwe onmiddellike ('real-time')
                     terugvoering en handgeskrewe opnames, wat 'n besigheid kan
                     gebruik om kliënteterugvoering te verkry.                                    (4)

           10.2.2    Onmiddellike terugvoering is wanneer voorstelle             of   kritiek
                     gedurende en nadat 'n diens gelewer is, gedeel word.

                     Verduidelik EEN manier waarop dit 'n besigheid meer as 'n
                     handgeskrewe opname sal bevoordeel.                                          (2)
                                                                                                  [10]

                                                                 TOTAAL AFDELING E:               30
                                                                     GROOTTOTAAL:                 200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Tourism Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2022-afr/df275379-2d5a-4788-9113-e9fe354a1973) — Tourism · QP · 2022 · Afr
- [Tourism Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2021-eng/44a97d12-325d-4c6b-82b0-0664a1cccaf1) — Tourism · QP · 2021 · Eng
- [Tourism Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2020-eng/51e2636b-096d-435d-8e50-a5e81c5dc71d) — Tourism · QP · 2020 · Eng
- [Tourism Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2020-afr/1de8b559-3a20-4f75-9cb9-9d1d38b558fd) — Tourism · QP · 2020 · Afr
- [Tourism Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2019-afr/dd6e14fc-6401-4bb5-948f-0ecd6ffd7770) — Tourism · QP · 2019 · Afr
- [Tourism Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2018-eng/1cf70fb1-0900-45ac-9086-9e77a9da7408) — Tourism · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [Tourism May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2025-mg-eng/ec771c5b-542a-4493-a34f-3fd64c21fc0c) — Memo · 2025 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 English final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-english-final/8bc745aa-0afb-4c61-8c31-7ba82b69d37d) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
