# Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/ce6fb09f-039c-4770-b9a2-8b0dba407dca
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/ce6fb09f-039c-4770-b9a2-8b0dba407dca)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              VISUELE KUNSTE/V1

                                 MEI/JUNIE 2024

                                NASIENRIGLYNE

                                                                        PUNTE: 100

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Visuele Kunste/V1                            2                          DBE/Mei/Junie 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:
1.        Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT antwoorde. Kandidate moes enige VYF
          vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord. Merkers mag SLEGS die eerste
          vyf antwoorde merk.
2.        Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.

3.        Kolpunte ('Bullets') dien as riglyne om kandidate te help om hul antwoorde te
          struktureer, maar die vrae kan in 'n holistiese wyse beantwoord word.
          Kandidate moet VOLSINNE gebruik om paragrawe te konstrueer. Antwoorde
          wat puntsgewys geskryf is kan nie volpunte kry nie.

4.        EEN punt moet afgetrek word as daar geen vergelyking gemaak is nie in 'n
          vraag wat kandidate versoek om te vergelyk.

5.        Kandidate MOET hulle eie bestudeerde kunswerke in die tweede deel van
          elke vraag gebruik.
          • Hulle MAG NIE kunswerke wat in die vraestel verskyn as hulle
              voorbeelde van bestudeerde kunswerke gebruik nie.
          • Hulle MAG NIE dieselfde bestudeerde kunswerke in verskillende vrae
              gebruik nie.
6.        Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
          noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar
          en titel van die werk toegeken. Volpunte kan nie toegeken word as die titel
          of kunstenaar verkeerd is nie.

7.        Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry
          as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
          kunswerke is toelaatbaar.

8.        Kandidate kan beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord
          bespreek, waar van toepassing.

9.        Dit is BAIE BELANGRIK vir merkers om die volgende te oorweeg:
          •   Baie kandidate sal hierdie voorbeelde bespreek alhoewel hulle dit nog
              nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike, akademiese
              inligting verwag nie.
          •   Kandidate kan uit hul eie ervarings, kulture en interpretasies van die
              kunswerke put, binne die konteks van die vraag. Daarom moet kandidate
              krediet kry vir hulle eie menings en idees waar van toepassing.
          •   Nasieners moet onbevooroordeeld en buigsaam in die nasienproses
              wees. Krediet moet aan laterale denke gegee word.
          •   Dit is belangrik dat argumente beredeneer/gemotiveer/gestaaf en
              gekwalifiseer word deur verwysing na bronne/kunswerke.
          •   Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle weet,
              eerder as om hulle te penaliseer vir wat hulle nie weet nie.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Visuele Kunste/V1                                   3                                 DBE/Mei/Junie 2024
                                            NSS – Nasienriglyne

10.      Hierdie nasienriglyne kan ook as 'n onderrigmiddel dien. Daarom is die
         nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die materiaal as
         onderrigmiddel gebruik kan word.

11.      Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys
         vir 'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer.

Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer

  PRESTASIE-
                                      ONDERWERP 3: VISUELE KULTUUR-STUDIES
     KODE
        7           •   Toon uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
   Uitstekend           politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
    80–100%         •   Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                    •   Toon uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                        kuns.
                    •   Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.
       6            •   Toon 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
 Verdienstelik          sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
   70–79%               lewer.
                    •   Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                    •   Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                    •   Toon uitstekende insig en begrip.
       5            •   Toon aansienlike vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
   Aansienlik           politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
    60–69%          •   Toon aansienlike vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                    •   Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                    •   Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.
       4            •   Toon gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
   Gemiddeld            politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
    50–59%          •   Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                    •   Toon bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                    •   Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.
       3            •   Toon bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
  Bevredigend           politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
    40–49%          •   Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                    •   Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                    •   Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.
       2            •   Toon slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
   Elementêr            politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
    30–39%          •   Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                    •   Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                    •   Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.
       1            •   Toon 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
 Nie behaal nie         sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
     0–29%              lewer.
                    •   Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
                        terminologie.
                    •   Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                    •   Toon min of geen begrip of insig nie.

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Visuele Kunste/V1                         4                        DBE/Mei/Junie 2024
                                  NSS – Nasienriglyne

                KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.

Die volgende puntetoekenning moet nagekom word wanneer slegs EEN
kunswerk/kunstenaar bespreek is in plaas van twee.

6 punte     (maks 3)
8 punte     (maks 5)
10 punte    (maks 6)
12 punte    (maks 7)
14 punte    (maks 8)
20 punte    (maks 12)

As gevolg van die kleurverskille van die vraestelle van verskillende provinsies, moet die
provinsies die nasienriglyne vir interpretasie aanpas.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Visuele Kunste/V1                            5                           DBE/Mei/Junie 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

Phillemon Hlungwani en Jonathan Guy-Gladding beeld tonele uit van mense wat
water versamel of drink as deel van hul alledaagse lewe.

FIGUUR 1a: Phillemon Hlungwani, Byala Leswinene eka vanau ta tshovela
leswinene (As jy 'n goeie saadjie in jou kinders plant, sal jou oes goed wees),
houtskool en pastelle op paper, datum onbekend.

FIGUUR 1b: Jonathan Guy-Gladding, Stand Pipe #3 (Standpyp #3), olieverf op doek,
c. 2019.

1.1      Kandidate moet FIGURE 1a en 1b bespreek deur na die volgende te verwys:

         FIGUUR 1a:

             •   Kleur and lyn
         Die algehele voorkoms van die kunswerk is monochromaties met gekose
         areas van kleur in die kleredrag en die emmer. Die kunstenaar het gedempte
         kleure in die kleredrag gebruik om 'n kontras te skep met die figure teen die
         ligter agtergrond.

         Die sterk vertikale lyne deur die staande figure geskep kontrasteer met die
         horisontale lyn van die plantegroei. Daar is herhalende boogvormige lyne in
         die agtergrond wat die ronde struktuur waarin die kinders staan, eggo. Sagte
         en wasige lyne is sigbaar in die voue van die klere, die plantegroei en die
         skaduwees op die grond wat kontrasteer met die dun harde omlyning van die
         figure.

            • Fokuspunt. Verduidelik jou antwoord.
         Die meisie met die rooi rok kyk direk na die kyker en word omraam deur die
         twee figure weerskante van haar. Dit maak haar die fokuspunt. (Kandidate
         kan 'n verskillende fokuspunt staaf in die kunswerk met redes.)

            • Liggaamshoudings en gesigsuitdrukkings van die figure
         Die kinders is gewillig om die daaglikse taak om water te gaan haal uit te
         voer. Hulle het kalm gesigsuitdrukkings. Die jong seun in die blou hemp klou
         vas aan die meisie in rooi. Die meisie in die blou romp met haar rug na die
         kyker, gaan voort met die taak om water op te vang. Die res van die kinders
         staan kiertsregop. Die meisie aan die heel regterkant van die komposisie wat
         in geel en groen geklee is, kyk weg van die groep. Sy staan met haar
         regterhand op haar heup en is ongeïnteresserd in die aktiwiteite om haar.

            • Hoe vorm water 'n deel van die storie in elke kunswerk?
         Die kunswerk beeld die daaglikse taak uit om water te gaan haal in landelike
         gebiede waar families nie toegang tot water in hul huise het nie. Die kinders is
         hierdie belangrike taak gegee wat herlei na die titel van die kunswerk. Hulle
         word verantwoordelikheid geleer en die waarde van water op 'n jong
         ouderdom.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Visuele Kunste/V1                             6                       DBE/Mei/Junie 2024
                                      NSS – Nasienriglyne

         FIGUUR 1b:

            • Kleur en lyn
         FIGUUR 1b bestaan uit helder en lewendige naturalistiese kleure. Die
         sement- en klipstrukture word uitgebeeld in gedempte gryse en bloue om
         diepte te skep. Die helder blou uniform komplementeer die warm rooi-bruin
         gelaatskleur van die meisie. Die komposisie word gedomineer deur sterk
         vertikale lyne soos gesien in die betonstaanpyp, die lopende water, die
         sinkplaatlyne, gekraakte muur en die meisie se bene.

            • Fokuspunt. Verduidelik jou antwoord.
         Die meisie se gesig word verlig deur die helderder kleure om die aksie van
         waterdrink die fokuspunt te maak.

             •  Liggaamshoudings en gesigsuitdrukkings van die figure
         Die meisie is gebukkend om die lopende water te bereik. Een hand vang
         water op om te drink en die ander arm hou haar rok vas om te voorkom dat dit
         nat sal word. Haar liggaamshouding wys sy is gefokus daarop om water te
         drink.

            • Hoe vorm water 'n deel van die storie in elke kunswerk?
         Die meisie het gestop om water te drink by die standpyp op haar daaglikse
         roete na skool. Die standpyp en area om dit lyk oud soos gesien in die groen
         kleur van die mos. Die standpyp lyk asof dit baie gebruik is en wys die
         belangrikheid van water vir ons daaglikse bestaan.
                                                                                             (10)
1.2      Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle TWEE Suid-Afrikaanse
         kunswerke (EEN kunswerk per kunstenaar) wat hulle bestudeer het en wat
         die lewe van mense in die gemeenskap reflekteer, bespreek. Hulle kan die
         volgende riglyne gebruik:

             •      Onderwerpe
             •      Invloede
             •      Formele kunselemente
             •      Media en tegniek
             •      Betekenis/boodskappe                                                     (10)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Visuele Kunste/V1                            7                           DBE/Mei/Junie 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2:       SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA
               EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

 Die San-mense was die vroegste jagterversamelaars in Suider-Afrika. Lady Skollie is
 ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat geïnspireer is deur die lewensreis wat ons kan sien
 in San Rotskuns.

FIGUUR 2a: Kopie van San Rotskuns skildery.

FIGUUR 2b: Lady Skollie, Lust Politics (Wellus politiek), muurskildery, 2017.

2.1      Kandidate moet FIGURE 2a en 2b vergelyk deur die volgende riglyne te gebruik.

             • Kleur
         In beide FIGURE 2a en 2b is daar warm, aardse kleure soos oranjes, oker-gele,
         bruine en swart. In FIGUUR 2a bestaan die agtergrond uit getekstureerde oker-
         gele, oranjes en bruine met swart figure bo-op terwyl in FIGUUR 2b die
         agtergrond wit of ongeverf gelos is in kontras met die aardse kleure. Die vroulike
         figuur in FIGUUR 2b het oordrewe rooi naels, geel piesangs op haar romp en 'n
         geel stralekrans.

             • Vereenvoudiging en verwringing
         Die figure in FIGUUR 2a is vereenvoudig in twee-dimensionele vorms soos plat
         silhouette. Hulle arms en bolywe is verleng. Soortgelyk beeld FIGUUR 2b 'n
         twee-dimensionele vroulike figuur uit met verlengde arms, bene, hande en voete.
         In die geel sirkel van haar hare het die kunstenaar lyntekeninge geskep van 'n
         groep figure wat na San Rotskuns figure lyk.

             • Beweging
         In FIGUUR 2a hardloop die meeste figure in een rigting met knopkieries en
         spiese in julle hande. Die beweging word beklemtoon deur die posisie van die
         koppe, arms en bene van die figure. Sommige van die figure lyk asof hulle val of
         spring. In kontras is die sentale figuur in FIGUUR 2b staties en beweging word
         gewys in haar arms en bene. Sy sit met haar bene oopgesprei asof sy hurk. Sy
         het vyf verlende arms wat opgelig is asof sy waai en dans of uitreik na iets. Sy
         vertoon ook soos 'n spinnekop met bewegende ledemate. Die romp gevorm deur
         die piesangs skep ook 'n gevoel van beweging. Die figure in haar hare lyk asof
         hulle dans of spring soortgelyk aan FIGUUR 2a.

             • Herhaling
         In FIGUUR 2a skep die herhalende wit lyne op al die figure patrone en skep
         detail terwyl in FIGUUR 2b die vel lyk asof sy 'n patroonagtige diervel dra. Die
         patrone van die ledemate en liggaam is onreëlmatig met vloeiende vorms wat
         ligaamskontoere volg. Die herhalende vorms van die piesang skep die romp van
         die vroulike figuur.                                                                   (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Visuele Kunste/V1                              8                       DBE/Mei/Junie 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

2.2      Kandidate moet 'n opstel skryf oor TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke (EEN
         kunswerk per kunstenaar) wat hulle bestudeer het en wat 'n diep verbintenis met
         Afrika en/of inheemse kunsvorms uitbeeld. Hulle kan die volgende riglyne
         gebruik.

             •      Onderwerpe
             •      Styl en tegniek
             •      Invloed van inheemse kunsvorms
             •      Betekenis/boodskappe                                                     (10)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Visuele Kunste/V1                            9                            DBE/Mei/Junie 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3:             SOSIO-POLITIESE KUNS, INSLUITEND WEERSTANDSKUNS VAN
                     DIE 1970s EN 1980s

Visuele beelde van oorlog beklemtoon ongeregtighede en kan ons help om die lyding
van mense te verstaan.

FIGUUR 3a: Pablo Picasso, Massacre in Korea (Slagting in Korea), olie op doek, 1951.

FIGUUR 3b en 3c: Leon Golub, Vietnam II, akriel op doek, 1973.

Ongeregtigtigheid: Gebrek aan regverdigheid of 'n skending van die regte van 'n
ander.

3.1      Kandidate moet die volgende riglyne gebruik om die vraag te beantwoord

         Hoe word ongeregtighede en lyding in FIGUUR 3a en FIGUUR 3b uitgebeeld?

         •   Die uitbeelding van die twee groepe mense en moontlike betekenisse
             van hul klere, gesigsuitdrukkings en aksies in beide FIGURE 3a en 3b.

         FIGUUR 3a:
         In FIGUUR 3a is daar twee aparte groepe van mense. Aan die linkerkant, is
         daar 'n groep regop, naakte vrouens en kinders. Daar is 'n kind wat spring na
         die vroulike figuur met haar hand op haar bors. Langs haar is daar 'n vroulike
         figuur met haar hande oop en nog 'n figuur wat haar kind styf teen haar bors
         vashou. Aan die regterkant is daar 'n groep soldate in wapentuig en helms wat
         hulle gewere en swaard op die groep vrouens rig. Hulle is opgestel een voor die
         ander om 'n soliede eenheid te skep wat aanbeweeg na die vroue.

         Die vroue se naaktheid beklemtoon hul weerloosheid. Hulle kon moeders
         gewees het wat hul vreesbevange kinders probeer beskerm. Daar is een kind
         wat op die grond speel en onbewus is van die gevaar. Die groep van vroue en
         kinders is nie 'n bedreiging vir die groep soldate met hul beskermende drag en
         wapens nie. Die soldate se identiteite word weggesteek deur hul helms en hulle
         kom voor as roboties sonder medelye. Twee van die vrouens se gesigte is
         verdraaid om hul angstigheid te wys, terwyl twee kalm en gevries voorkom. Die
         vroue veg nie en kom voor as onskuldige slagoffers, terwyl die soldate uiters
         kragtig voorkom.

         FIGUUR 3b:
         In FIGUUR 3b is daar 'n groep gewapende soldate voor 'n weermagtenk. Hulle
         rig hul gewere na 'n groep vlugtende slagoffers aan die regterkant. Daar is meer
         beweging aan die regterkant van die komposisie soos die slagoffers beweeg
         maar die soldate stil is voor die aanval.

         Die vlugtende figure is gemaklik geklee asof hul daaglikse lewe onderbreek is.
         Hulle is nie 'n bedreiging vir die soldate nie aangesien hulle nie aangetrek is vir
         oorlog nie en ook het hulle nie wapens nie. Hul uitgestrekte arms suggereer dat
         hulle onverwags betrap is en die beweging van hul liggame wys dat hulle
         wanhopig probeer om van die soldate te ontsnap. Ons sien die vrees en afgryse
         in die gesigsuitdrukking van die seun in die voorgrond.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Visuele Kunste/V1                          10                          DBE/Mei/Junie 2024
                                    NSS – Nasienriglyne

         •   Bespreek die komposisie en die impak daarvan in beide FIGURE 3a en
             3b
         In FIGUUR 3a is die fokuspunt die vroue aangesien die gewere as
         komposionele lyne na hulle wys. Die kunswerk is gebalanseerd met twee
         groepe wat gelyke gewig dra aan elke kant. Tog word hulle nie as gelyk gewys
         nie, maar Picasso beklemtoon die teenstrydigheid tussen die twee groepe deur
         hul weerskante van die komposisie te plaas.

         In FIGUUR 3b die fokuspunt is die seun met die oop mond aangesien hy in die
         voorgrond is en die een arm agter hom trek die aandag na hom. (Die kandidate
         mag 'n verskillende fokuspunt staaf). Die slagoffers en soldate is geplaas aan
         die teenoorgestelde kante van die komposisie met 'n groot, leë ruimte wat hul
         skei.

         • Vergelyking van kleur en styl van FIGURE 3a and 3b
         In FIGUUR 3a suggereer die liggrys bloue van die vroulike liggame die dood
         aangesien hul amper leweloos voorkom. Die gedempte kleur van die soldate
         wys dat hul hulle menslikheid as 'n uitkoms van die oorlog verloor het. Die
         grond onder die vroue is rooi en kom voor as bloedbevlek. Die helderder groene
         en bloue van die landskap kontrasteer met die somber kleure van die figure.
         Die skildery is ekspressief weens die bepekte kleurpalet, die donker omlynings,
         ekspressiewe gesigsuitdrukkings van die vroue en hul verwringde en
         vereenvoudigde liggame. Die liggame van die soldate is hoekig en gehard.

         FIGURE 3b is ook ekspressief. Die gebruik van bruine, swarte en donker gryse
         (houtskool) gee die gevoel van 'n gebrande oppervlak en is verskillend van die
         koue kleure in FIGUUR 3a. Die tekstuur van die agtergrond en figure se velle
         lyk baie grof. Die verf is aangewend met rowwe kwashale in tipe van 'n
         herhalende patroon wat herinner aan die patroon van kamoeflering.                    (10)

3.2      Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle TWEE kunswerke (EEN werk per
         kunstenaar) wat sosio-politiese kwessies ontbloot, bespreek. Die volgende
         riglyne moet gebruik word:

         •   Komposisie
         •   Medium(s) en tegniek(e)
         •   Styl
         •   Verduidelik die sosio-politieke kwessies aangespreek in die kunswerke.           (10)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Visuele Kunste/V1                              11                              DBE/Mei/Junie 2024
                                        NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4:            KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK VAN
                    LANDELIKE SUID-AFRIKA

 Die Keiskamma Kunsprojek is 'n gemeenskapsgebaseerde werkswinkel in die Oos-
 Kaap.

 Die projek was begin deur 'n mediese dokter en kunstenaar, Carolyn Hofmeyr, wat
 tapeserrie onderrig het om die gemeenskap op te hef. Deur die projek het sy
 gemeenskaplede gehelp om toegang tot mediese sorg vir MIV/Vigs pasiente te kry.
 Twintig jaar later, is die Keiskamma Kunsprojek nog steeds florerend en het dit lede
 van die gemeenskap bemagtig.

 Tapisserie: 'n Tapisserie is 'n geborduurde twee-dimensionele kunswerk gemaak van
 wol of gare.

FIGUUR 4: Siyabonga Maswana and Sanela Maxengana (Keiskamma Kunsprojek), Our
Vision for Africa (Ons visie vir Afrika), tapisserie, 2020.

  4.1     Kandidate moet FIGUUR 4 bespreek volgends die volgende riglyne.

          • Wat vertel die titel ons van die kunswerk
          Die titel is Ons visie vir Afrika. In die titel, is hulle visie hul hoop vir Afrika asof
          hulle 'n positiewe toekoms vir die land kan sien. Daar is toegang tot
          gesondheidsorg, werk en reis wat 'n visie van landelike Afrika vry van armoede
          en 'n sukkel bestaan voorstel.

          • Simbolisme/betekenis van die vliegtuig en die opkomende son
          Die vliegtuig bo regs in die tapisserie lyk asof dit opwaarts vlieg na opstyging.
          Die vliegtuig is 'n simbool van reis wat geassosieer word met besigheids-
          geleenthede en rykdom. Die opwaartse hoek van die vliegtuig veronderstel 'n
          opwaartse baan. Die strale van die son skyn oor die bo-kant van die tapisserie.
          Hulle staan uit in die komposisie. Die sonstrale word geassosieer met
          optimisme en stel positiwiteit en hoop voor.

          • Identifiseer nog EEN visuele beeld en die betekenis
          Die hospitaal onder in die middel van die tapisserie kan geïdentifiseer word
          deur die rooi kruis en die woord 'hospital'. Dit wys toegang tot gesondheidsorg.
          Daar is visse in die water onder links in die tapisserie. Die rye bome stel
          georganiseerde landbou voor. Dit stel die geleenthede vir mense om van die
          land te lewe deur visvang of om landbougewasse te groei. Die bakkie en
          trekker beeld ook georganiseerde landbou-aktiwiteite uit. Die sokkerspelers
          onder regs dra dieselfde truie wat dui dat hulle in 'n span speel. Dit kan
          geleenthede gee vir die lede van die gemeenskap om uit te blink in sport of
          ontspanningstyd met sport deur te bring.
           (Kandidate moet krediet ontvang vir 'n breër reeks interpretasies wat nie hier
          genoem is nie.)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Visuele Kunste/V1                             12                          DBE/Mei/Junie 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

          Gebruik van helder kleure
          In FIGUUR 4 is helder primêre en sekondêre kleure gebruik. Ons sien helder
          blou in die middel met die bakkie en beide donker en ligte blou in die lug. Daar
          is rooi in die sokkerspelers in die voorgrond, die trekker en sommige van die
          helder gekleurde huise. Daar is geel in die son. Daar is ook sekondêre kleure
          dwarsoor die tapisserie in die groene van die landskap en oranje huise. Die
          kleure is helder, versadig en verskerp om 'n lewendige, besige en optimistiese
          stemming te skep.

          • Gebruik van lyn
          In sommige dele van die tapisserie is daar swart buitelyne om vorms, soos in
          die berge, die hospitaal en sommige van die geboue. Die lyn versterk die               (10)
          ongelyke vorm van die berge, vliegtiuig en die geometriese vorms van die
          geboue. Dit laat hulle uitstaan. Daar is ook plekke in die tapisserie waar daar
          geen buitelyne is nie, soos waar grys pad die groen velde ontmoet.

          • Aktiwiteite van die menslike figure
          In FIGUUR 4 is die mense besig en van die gemeenskap. Daar is mense wat
          hul fietse ry, die boer ry 'n trekker, jong mense speel sokker en 'n paartjie heel
          onder teen die rant, loop na die hospitaal. Dit is 'n lewendige gemeenskap.

  4.2     Kandidate moet TWEE kunswerke, kunsvlyt of geestelike werke wat hulle
          bestudeer het van landelike Suid-Afrika bespreek.

          Die volgende kan as riglyne gebruik word:

              ●     Onderwerp
              ●     Tegniek/e en materiale
              ●     Formele kunselemente
              ●     Invloede                                                                     (10)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Visuele Kunste/V1                           13                          DBE/Mei/Junie 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5:             MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE
                     KONTEMPORËRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-
                     AFRIKA.

 'Ek het 'n liefdes-haat verhouding met die materiale wat ek in my kuns gebruik. Ek
 word geïnspireer deur dit en ek is gewalg deur dit.
                                                                         Tom Deininger
 Tom Deininger skep grootskaalse drie-dimensionele collages van rommel en
 donasies van afvalprodukte. Die naby aansigte in Figure 5b en 5c verwys na die
 kunswerk5a
FIGUURS   'Portret' inFIGUUR
            and 5c: Tom       5a.
                          Deininger, Portrait, recycled materials, date unknown.

5.1     Kandidate moet FIGURE 5a en 5c bespreek deur die volgende riglyne te
        gebruik:

            •   Die gebruik van voorwerpe om kleur, vorm en tekstuur te skep soos
                gesien in die detail in FIGUUR 5c.
            In FIGUUR 5c het die kunstenaar dele van poppe op die vel van die gesig
            gebruik. Daar is klerehangers en bandkassette in die hare en bottelproppe op
            die ooglede en wenkbroue. 'n Stuk pienk speelgoed sit onder die neus, die
            sool van 'n skoen was onder die lippe as 'n baard geplaas en verskillende
            tipes maas is vir die ligte dele in die gesig gebruik.
            (Kandidate kan addisionele items wat nie hier gelys is nie, identifiseer.)

            Die kunstenaar het die voorwerpe sorgvuldig geplaas volgens kleur en
            toonwaardes van die portret. Hy het die verskillende toonwaardes van die
            voorwerpe gekies om gradering van toon te suggereer om volume te skep
            byvoorbeeld op die portret se wang. Hy bou ook op die voorwerpe op, om
            fisiese volume te skep soos ons in die neus kan sien, waar die oranje
            voorwerpe die neusbrug vorm.

            In sommige dele skep die voorwerpe 'n tekstuur soortgelyk aan die
            gelaatstrekke wat hulle beskryf, soos die objekte op die snor en baard wat
            opgebou is in 'n teksturele oppervlak. Daar is gladde voorwerpe om die iris
            van die oog voor te stel. In ander plekke soos die ooglede is die tekstuur
            onverwags soos in die hobbelrige teksture van botteldoppies wat verskil van
            die tekstuur van vel.

            •   Die impak van skaal en hoe die kunswerk vertoon word in FIGUUR
                5a
            FIGUUR 5a wys die skaal in verhouding met die venster in die ruimte waar dit
            uitgestal is. Ons kan sien die gesig is betekenisvol groter as lewensgrootte.
            Die skaal van die voorwerpe wat in die gesig gebruik is, soos die poppe, wys
            ook die skaal van die kunswerk. Die kunswerk hang vanaf die vloer en is weg
            van die muur. Die kunstenaar verhef die voorwerpe vanaf die grond af. Ons is
            gewoond daaraan om sulke voorwerpe as 'n hoop rommel op die grond te
            sien. Van 'n afstand smelt die voorwerpe saam om 'n realistiese portret te
            vorm, maar as van naby gesien, raak die drie-dimensionaliteit van die
            aangeplakte voorwerpe sigbaar in reliëf.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Visuele Kunste/V1                           14                           DBE/Mei/Junie 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

            •  Hoe Deininger ons verhouding met die weggooi-materiale (rommel)
               wat hy gebruik verander.
            Die kunstenaar het iets mooi geskep uit dinge wat weggegooi word. Dit lyk
            asof hy die vuil rommel skoongemaak het voor herbenutting in sy kuns. Hy
            het die voorwerpe heel gelos sodat ons dit kan sien en bewus raak van die
            wese van voorwerpe en die groot hoeveelhede van voorwerpe wat van
            ontslae geraak word. Deininger laat ons die waarde sien in die dinge wat ons
            weggooi.                                                                           (8)

5.2     Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle enige TWEE kontemporêre
        kunswerke wat van nuwe of alternatiewe media gebruik maak om kunswerke te
        skep (EEN kunswerk per kunstenaar) bespreek.

        Die volgende kan as riglyne gebruik word:

            •   Beskrywing
            •   Gebruik van nuwe of alternatiewe media en /of tegnieke
            •   Invloede
            •   Betekenisse/boodskappe                                                         (12)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Visuele Kunste/V1                           15                            DBE/Mei/Junie 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6:             POST-1994 DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA

In Post-Apartheid Suid-Afrika bly identiteitskwessies ontwikkel om by te dra tot ons idee
van 'self' in Suid-Afrika. Die kunswerke in FIGURE 6a en 6b vertel elk ‘n storie oor die rol
van sellulêre fone in kontemporêre identiteit.

Gelykenis (Parable): 'n Eenvoudige storie gebuik om ‘n morele les te illustreer.

Oneindige (Self-perpetuating): Aanhoudende of konstante herhalende aksie/gedrag.

FIGUUR 6a: Welcome Danca, So near and yet so far (So naby maar tog so ver), olie
en akriel op doek, 2021.

FIGUUR 6b: Diane Victor, The parable of the selfie and the self-perpetuating problem
(Die gelykenis van die 'selfie' en die oneindige probleem), houtskool, pastelle en as
op papier, 2015.

6.1     Die kandidate moet die kunswerke in FIGURE 6a en 6b vergelyk, Hulle moet die
        volgende riglyne gebruik om te verduidelik hoe elke kunstenaar die impak van
        sellulêre fone uitbeeld.

         • Die aksies, kleredrag en omgewing van die figure
        In FIGUUR 6a is daar 'n man en dogtertjie wat rug-aan-rug sit op 'n boks met 'n
        kussing. Beide van hulle kyk stip na hul selfone. Hulle is geklee in stedelike
        ontspanningsdrag. Hulle sit buite in 'n landelike area aangesien daar heuwels en
        hutte in die verte is. Daar is geen elektriese ligte nie.
        In kontras, in FIGUUR 6b, is daar 'n groep vroue in 'n stedelike ruimte. Dit lyk
        asof hulle bo-op 'n wolkekrabber is, aangesien daar die geboue in die verte te
        sien is. Die vroue loop in 'n ry en elkeen hou 'selfie' stok vas. Hulle is modieus
        geklee behalwe vir die enkele naakfiguur wat tweede van agter geïdentifiseer
        kan word. Aan die regterkant sien ons die bene van 'n figuur wat van die gebou
        afgeval het.

         • Kleur
        FIGUUR 6a die figure is blou gekleur deur die beligting van die blou lig van hul
        selfone. Die selfoon se lig beïnvloed die hele omgewing en omskep die hele
        omgewing in verhoogte neon kleure. Die grond is 'n versadigde pienk met neon
        geel op die figure, kussing en skoene. Daar is 'n sterk kontras tussen die helder
        gele, rooie en pienke teen die blou van die figure. Die dogtertjie verdwyn amper
        in die grys agter haar.
        FIGUUR 6b is nie so kleurvol nie en is beperk tot swart en wit. Die suiwer wit van
        die papier kontrasteer met die donker gryse van die geskakeerde areas met
        soliede swart wat in die buitelyne, hare en klere gesien kan word.

        • Fokuspunt
        Die fokuspunt van FIGUUR 6a is die man omdat hy die grootste figuur is en hy
        is sentraal tot die komposisie.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Visuele Kunste/V1                           16                           DBE/Mei/Junie 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

        Die fokuspunt van FIGUUR 6b is die vrou in die gestreepte rok wat die groep lei
        aangesien sy in die middel van die komposisie is.

         • Die rol van die sellulêre fone om identiteit te beheer
        In FIGUUR 6a, die twee figure is oorgeneem deur hul verslawing aan die blou lig
        van die selfoon. Hulle is fisies getransformeer na 'n onnatuurlike skakering van
        blou. Die figure is verwydered van mekaar en hul omgewing. Die man het geen
        interaksie met die kind nie. Hulle is verwyderd van hul tradisionele identiteit
        saangesien hulle oorgeneem word deur hul selfone.

        In FIGUUR 6b, is hulle behep met dokumentering van foto’s van hulself die
        heeltyd. Hulle voorkoms is belangriker as wie hulle is of waar hulle is. Hulle stop
        nie eers om, te kyk waar hulle gaan nie. Hulle identiteit word bepaal deur hul
        aanlynstatus en erkenning.                                                          (10)

6.2     Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle die kunswerke van enige TWEE
        Suid-Afrikaanse kunstenaars ná 1994 wat hulle bestudeer het (EEN kunswerk
        per kunstenaar) en wat hul identititeit ondersoek, bespreek.

        Hulle kan die volgende kan as riglyn gebruik word:
           • Onderwerp/beskrywing
           • Medium(s) en tegniek(e)
           • Formele kunselemente
           • Betekenisse /boodskappe                                                             (10)
                                                                                                 [20]

VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Geslagsrolle word aan kinders geleer. Seuns word dikwels geleer om aktief, rof en taai
te wees, terwyl meisies voorberei word om mooi en sag te wees.

FIGUUR 7b is ‘n detail van die kunswerk in FIGUUR 7a.
Liggaamsoefeninge             ook as fisiese opvoeding of oefening bekend
('P.T./physical training'):

Harnas/Wapenrusting           beskermende items wat gedurende konflik gedra word
('Armour'):

FIGUUR 7a and 7b (detail): Haidee Nel, Infantry children / Kaalvoetsoldate (Bare foot
soldiers), beeldhou-installasie, gemengde media (sement, plastiek, metaal, kwasse en
marmer), 2015.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Visuele Kunste/V1                           17                            DBE/Mei/Junie 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

FIGUUR 7c: J.P. Meyer, P.T. (Physical Training) (Liggaamsoefening), olie op bord,
2015

7.1     Kandidate moet die manier waarop kunstenaars in FIGURE 7a en 7c
        geslagsrolle uitgebeeld het bespreek deur die volgende riglyne te gebruik.

           • Kleur in FIGUUR 7a
        In FIGUUR 7a, is die jong meisies geklee in grys rokke met spatsels helder
        pienk op die rokke en nog helderder pienk op hul helms. Hulle staan op 'n pienk
        betonvierkant. Pienk word gewoonlik met meisies geassosieer en jong meisies
        word dikwels in ligte pienk geklee om hul identiteit te identifiseer.
           • Kleur in FIGUUR 7c

        In FIGUUR 7c is die oorheersende kleure verskillende bloue met groen
        skakerings in die landskap. Die gebruik van kleur blou is 'n stereotipiese kleur
        geassosieer met seuns. Die sagte tone van die ligblou word gekontrasteer deur
        die soliede harde swart in die landskap en in die kleredrag van die figure.

            •  Die herhaling van figure, hul liggaamshoudings en harnasse in
               FIGURE 7a
        Die meisies is in 'n organiseerde formasie geplaas wat soldate naboots. Hulle is
        ewe ver uitmekaar geplaas in rye, elke meisie op haar eie blok. Hulle staan
        regop met hul voete effens uitmekaar en kyk na voor met hul vuiste gebal langs
        hul sye. Die rokke is verskillend in styl en met verskillende spatsels pienk verf.
        Al die beelde het identiese gesigte en liggame. Sommige van die meisies het
        metaalkrae of skouerkussings as metaal harnasse en almal dra helms.
        Sommige van die helms is toe en bedek totaal die gesigte, terwyl ander oop en
        ontbloot is. In werklikheid is die kwaliteit van die meisies se rokke en vel sag en
        delikaat, tog het die kunstenaar die meisies as hard en swaar uitgebeeld,

            • Die herhaling van figure, aktiwiteite en klerdrag in FIGURE 7c
        Die seuns is in rye geplaas vir fisiese opleiding. Daar word van hulle verwag om
        deel te neem aan dieselfde aktiwiteit van gewigte optel, maar hulle kry dit nie
        almal reg om dit op dieselfde pas te doen nie. Die seuns in die agtergrond lyk
        asof hulle sukkel en kan nie by bly by die ander seuns nie. Die seuns in die
        voorgrond het alreeds hul gewigte in die lug opgestoot en hul bene en liggame
        is alreeds reguit. Die seuns is almal geklee in dieselfde donker kleurige kort
        broeke wat hul fisiese oefening uniform kon gewees het. Die twee seuns in die
        middel van die komposisie dra nie hemde nie, moontlik as gevolg van die hitte of
        inspanning van die aktiwiteit. Dit ontbloot hul jong liggame wat nie gespierd is
        nie.

            •   Die kwasse op die helms in -FIGURE 7a en 7b (detail)

        Die helder gekleurde kwasse is 'n belangrike deel van die ontwerp wat herinner
        aan die antieke Romeine se helms. Die gebruik van die kwasse herinner ons
        aan kinders wat hul optooi in speletjies en enige voorwerp gebruik om 'n rol te
        speel. Hulle is 'n speelse teenwig vir die ernstige gevoel van die werk. Die
        gebuigde kwashare verwys na die maniere waarop meisies se hare dikwels
        losraak uit hul versorgde poniesterte, vlegsels of bollas.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Visuele Kunste/V1                          18                          DBE/Mei/Junie 2024
                                    NSS – Nasienriglyne

            • Die geslagsrolle gevorm in FIGURES 7a
        Die herhalende gelaatstrekke en liggaamshoudings maak dat ons die
        beeldhouwerke as poppe interpreteer. Die helms en harnasse wys vir ons dat
        daar 'n bedoeling is om die meisies teen die gevare in die samelewing te
        beskerm en hul onskuld te bewaar. Hulle is beperk tot klein blokke en is nie die
        vryheid gegee om vrylik rond te beweeg nie en gedwing om te konformeer aan
        die samelewing se verwagtings. Daar is verskille in die verskillende helms
        aangesien party figure meer beskerm is en ander minder beskermend. Hulle
        leer op 'n jong ouderdom dat hulle 'n behoefte aan beskerming het.
         (Die kandidate kan 'n verskillende interpretasie in verband met geslag
        staaf).
            • Die geslagsrolle gevorm in FIGURES 7c
        Die seuns word opgelei om fisiese krag en deursettingsvermoë te ontwikkel in
        wat lyk na 'n herhalende aktiwiteit, Die seuns word gedissiplineer om the             (10)
        konformeer and reëls te volg. Die samelewing dikwels assosieer gespierde
        liggame met manlikheid.
7.2     Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle die kunswerke van enige TWEE
        kunstenaars (EEN kunswerk per kunstenaar) wat geslagskwessies as 'n tema
        gebruik, bespreek.

        Die volgende kan as 'n riglyn gebruik word:

            •   Onderwerp/beskrywing
            •   Komposisie                                                                    (10)
            •   Styl en tegnieke                                                              [20]
            •   Geslagskwessies aangespreek

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Visuele Kunste/V1                           19                         DBE/Mei/Junie 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 8:             ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

                             VOLHOUBARE ARGITEKTUUR

Die Green School South Africa in die Wes-Kaap is gebou deur argitekte wat sensitief is
oor die plaaslike omgewing en dierlewe. Die gebou is omgewingsvriendelik, geskep deur
FIGUUR 8a: Fabio Venturi (Terramanzi-Groep), Green School South Africa (Groen
plaaslike material met sisteme wat energie skep, afval suiwer asook herwinning.
Skool Suid-Afrika) Suid-Afrika (GSSA), Paarl, Wes-Kaap, beton en herwonne
materiale, 2022.
Die argitekte het doelbewus areas vir boerdery en voedselproduksie geskep. Dit wys hul
bewussyn van die verhouding tussen die skool en die gemeenskap.
FIGUUR 8b: Boonste foto wys 'n panoramiese aansig van die skool. Onderste foto wys
die groot venster wat verseker dat die skooltuine sigbaar is van al die klaskamers en
FIGURE 8b en 8c verwys na die gebou vertoon in FIGURE 8a.
ander geboue.

FIGUUR 8c: Interieur aansigte van die skool. Foto’s deur Graham Wood.

8.1      Deur te verwys na FIGURE 8a, 8b en 8c moet kandidate die volgende riglyne            \
         bespreek:

             •      Verduidelik TWEE kenmerke wat die argitekte gebruik het om
                    kinders aan te moedig om naby die natuur te wees.

         In FIGUUR 8a is die geboue omring met gemeenskaplike buitenste ruimte
         wat lyk asof dit speelapparate het. Die kinders sal hierdie ruimte gebruik as
         hulle tussen geboue beweeg en dit is waarskynlik dat dit 'n speelarea is wat
         gebruik sal word deur die kinders wat van al die geboue kom. Daar is 'n
         groentetuin wat voor die gebou groei wat te siene is in die voorgrond van die
         foto van FIGUUR 8a. Die kinders sal die groente kan sien groei vanaf die
         skool se vensters. Die klaskamers en ander geboue is saam met paadjies
         soos 'linte'.

             • Hoe het die argitekte lig en skaduwee geskep?
         Die groot venster gesien in FIGUUR 8b sal lig laat instroom in die gebou. Die
         helder interieur aansig in FIGUUR 8c demonstreer hoeveel natuurlike lig die
         ruimte binnekom. Die klein gekleurde sirkels funksioneer as vensters wat lig
         in die ruimte inlaat. In FIGUUR 8a kan ons sien dat die gebou so geplaas is
         om skadu oor die buiteruimtes te gooi waar die kinders sal speel sonder om
         geaffekteer te word deur die warm son.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 20

Visuele Kunste/V1                            20                          DBE/Mei/Junie 2024
                                      NSS – Nasienriglyne

            • Hoe en hoekom het die argitekte 'n blomvormige struktuur in die
              voëlperspektief-aansig van die gebou in FIGUUR 8b geskep
        Die gegolfde plaatdakke van elke gebou is gevorm soos blomblare of segmente
        van vrugte. Die geboue is in 'n kort afstand van mekaar geplaas en gedraai sodat
        die dakke soos blomblare lyk as dit van bo gesien word. Dit is 'n
        omgewingsbewuste gebou wat ontwerp is deur argitekte wat bewus van die
        impak van die gebou op die natuurlike omgewing. As van bo-af beskou word lyk
        die gebou nie soos 'n konvensionele roosteragtige mensgemaakte struktuur nie,
        maar roep dit eerder organiese vorms uit die natuurlike wêreld op.

            •  Lewer kommentaar op die keuse en impak van kleur in die interieur in
               FIGUUR 8c
        In FIGUUR 8c is daar bleek, neutrale gekleurde mure in die interieur. Die neutrale
        geverfde mure lyk asof hulle van hout, kurk of ruwe beton gemaak is. Dit verwys
        na die natuurlike omgewing buite die geboue. Daar is egter ook helder kleure. Die
        primêre kleure (blou, geel en rooi) is gebruik in die glas van die klein
        kajuitvensters en die hangende voël formasies soos gesien in die boonste beeld
        in FIGUUR 8c. Hierdie helder kleure bring plesier in die ruimte wat gepas is in 'n
        skool vir kinders.                                                                 (8)

8.2     Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle enige TWEE Suid-Afrikaanse
        geboue/strukture bespreek deur na die volgende riglyne te verwys:

            •   Funksie
            •   Gebruik van material en tegniek/e
            •   Stilistiese en/of dekoratiewe kenmerke
            •   Moontlike invloede
            •   Omgewingskwessies
            •   Wat het die argitek as belangrike kwessies of oorwegings in die projek
                beskou.
                                                                                              (12)
                                                                                              [20]

                                                                              TOTAAL:         100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-sept2017-afrikaans/b9aa5540-37b4-4dcc-b374-4b4cf2b91d4d) — Visual Arts · Memo · 2017 · Afr
- [Visual Arts P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-memo-eng/20f856db-4b7c-4b98-9f25-1387f29e9379) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-memo-afr/41130802-cc86-43e0-bada-d732810fcb55) — Visual Arts · Memo · 2018 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bb81817d-0809-4ecc-aa5e-592925c6b916) — Visual Arts · QP · 2017 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-eng/4c1ae77c-1e3b-486b-adca-8c3be8f50794) — Visual Arts · QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-afr/1f8dfdd3-27f3-43ab-a863-eb10bb492c79) — Visual Arts · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/89964ed8-7d6d-410c-9e9f-88a3a9064c03) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a74e4f3f-9b54-4c1d-8d17-73e4bdfb696a) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
