# Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/f5802217-cca6-46a9-a1f6-29c22598a95d
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/f5802217-cca6-46a9-a1f6-29c22598a95d)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              VISUELE KUNSTE V1

                                  MEI/JUNIE 2024

                                                                         PUNTE: 100

                                                                           TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
                     Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Visuele Kunste/V1                              2                           DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

In hierdie eksamen sal jy die volgende vaardighede toon:

     Die gebruik van die korrekte kunsterminologie
     Die gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
     Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n historiese en kulturele konteks
     Die plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
      konteks
     'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style

Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.

1.         Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.

2.         Beantwoord ENIGE VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.

3.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

4.         Vrae verskyn op die linkerkantste bladsye, met visuele bronne op die
           regterkantste bladsye.

5.         Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
           dit vereis word.

6.         Jy MOET kunswerke wat jy self bestudeer het in die tweede deel van elke
           vraag gebruik.
            Jy MAG NIE kunswerke wat in hierdie vraestel voorkom, as jou
               voorbeelde van bestudeerde kunswerke gebruik NIE.
            Jy MAG NIE dieselfde kunswerke wat jy bestudeer het, in verskillende
               vrae herhaal NIE.

7.         Noem die kunstenaar en titel van ELKE kunswerk wat jy in jou antwoorde
           bespreek vir die kunswerk wat jy bestudeer het. Onderstreep die titel van 'n
           kunswerk of die naam van 'n gebou/struktuur.

8.         Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
           volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
           feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.

9.         Tydbestuur en lengte van antwoorde:

              Jy moet ongeveer 36 minute per vraag aan jou gekose VYF vrae bestee.
              Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
               puntetoekenning.
               o     6–8 punte:     'n minimum van ½–¾ bladsy
               o     10–14 punte:   'n minimum van 1–1½ bladsy(e)
               o     20 punte:      'n minimum van 2 bladsye

10.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Visuele Kunste/V1           3            DBE/Mei/Junie 2024
                     SS/NSS Vertroulik

           LAAT HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                        Blaai om asseblief

### Page 4

Visuele Kunste/V1                           4                           DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

Phillemon Hlungwani en Jonathan Guy-Gladding beeld tonele uit van mense wat water
gaan haal of drink as deel van hulle alledaagse lewe.

1.1      Bespreek FIGUUR 1a en FIGUUR 1b.

         Verwys na die volgende riglyne:

             Kleur en lyn
             Fokuspunt. Verduidelik jou antwoord.
             Liggaamshouding en gesigsuitdrukkings van die figure
             Hoe vorm water 'n deel van die storie in ELKE kunswerk?                         (10)

1.2      Skryf 'n opstel waarin jy TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke wat jy bestudeer
         het (EEN kunswerk per kunstenaar) bespreek, wat die lewe van mense in die
         gemeenskap weerspieël.

         Die volgende kan as riglyne gebruik word:

             Onderwerp
             Invloede
             Formele kunselemente
             Media en tegniek
             Betekenis/Boodskap                                                              (10)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Visuele Kunste/V1                          5                         DBE/Mei/Junie 2024
                                    SS/NSS Vertroulik

        FIGUUR 1a: Phillemon Hlungwani, Byala Leswinene eka vanau ta tshovela
     leswinene (As jy 'n goeie saadjie in jou kinders plant, sal jou oes goed wees),
                     houtskool en pastel op papier, datum onbekend.

FIGUUR 1b: Jonathan Guy-Gladding, Stand Pipe #3 (Standpyp #3), olie op doek, c. 2019.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Visuele Kunste/V1                           6                        DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
         EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

Die San-mense was die vroegste jagter-versamelaars in Suider-Afrika. Lady Skollie is
'n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat geïnspireer is deur die lewensreis wat ons in San-
rotskuns sien.

2.1      Vergelyk FIGUUR 2a en FIGUUR 2b.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Kleur
             Vereenvoudiging en verwringing
             Beweging
             Herhaling                                                                     (10)

2.2      Skryf 'n opstel oor TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke wat jy bestudeer het
         (EEN kunswerk per kunstenaar) en wat 'n diep verbintenis met Afrika- en/of
         inheemse kunsvorms uitdruk.

         Die volgende kan as riglyne gebruik word:

             Onderwerpe
             Styl en tegniek(e)
             Invloed van inheemse kunsvorms
             Betekenis/Boodskappe
                                                                                            (10)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Visuele Kunste/V1                          7                          DBE/Mei/Junie 2024
                                    SS/NSS Vertroulik

                     FIGUUR 2a: Kopie/Afdruk van San-rotskunsskildery

        FIGUUR 2b: Lady Skollie, Lust Politics (Welluspolitiek), muurskildery, 2017.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Visuele Kunste/V1                            8                        DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
         1980's INGESLUIT

Visuele beelde van oorlog beklemtoon ongeregtighede en kan ons help om die lyding
van mense te verstaan.

3.1        Hoe word ongeregtighede en lyding in FIGUUR 3a en FIGUUR 3b
           uitgebeeld?

           Gebruik die volgende riglyne:

              Die uitbeelding van die twee groepe mense en moontlike betekenisse
               van hulle klere, gesigsuitdrukkings en aksies in beide FIGUUR 3a en 3b
              Bespreking van die komposisie en die impak daarvan in beide
               FIGUUR 3a en 3b
              Vergelyking van kleur en styl van FIGUUR 3a en FIGUUR 3b                      (10)

3.2        Skryf 'n opstel waarin jy TWEE kunswerke (EEN werk per kunstenaar)
           bespreek wat sosiopolitieke kwessies ontbloot.

           Die volgende kan as riglyne gebruik word

              Komposisie
              Medium(s) en tegniek(e)
              Styl
              Verduideliking van die sosiopolitieke kwessies wat in die kunswerke
               aangeraak word                                                                (10)
                                                                                             [20]

Ongeregtigheid: gebrek aan regverdigheid of 'n skending van ander se regte

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Visuele Kunste/V1                           9                         DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

          FIGUUR 3a: Pablo Picasso, Massacre in Korea (Slagting in Korea),
                                olie op doek, 1951.

         FIGUUR 3b: Leon Golub, Vietnam II (Viëtnam II), akriel op doek, 1973.

    FIGUUR 3c: Leon Golub, Vietnam II (detail) (Viëtnam II), akriel op doek, 1973.
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Visuele Kunste/V1                           10                         DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
         LANDELIKE SUID-AFRIKA

Die Keiskamma Kunsprojek is 'n gemeenskapsgebaseerde werkswinkel in die
Oos-Kaap.

Die projek is deur 'n mediese dokter en kunstenaar, Carolyn Hofmeyr, begin, wat
tapisserie onderrig het om die gemeenskap op te hef. Deur die projek het sy
gemeenskapslede gehelp om toegang tot mediese sorg vir MIV/Vigs-pasiënte te kry.
Twintig jaar later floreer die Keiskamma Kunsprojek steeds en het dit lede van die
gemeenskap bemagtig.

4.1      Bespreek FIGUUR 4 volgens die volgende riglyne:

             Wat die titel ons oor die kunswerk vertel
             Simboliek/Betekenis van die vliegtuig en die opkomende son
             Identifiseer nog EEN visuele beeld en die betekenis daarvan
             Die gebruik van helder kleure
             Die gebruik van lyn
             Aktiwiteite van die menslike figure                                                (10)

4.2      Bespreek TWEE kunswerke, kunsvlyt of geestelike werke van landelike
         Suid-Afrika wat jy bestudeer het.

         Die volgende kan as riglyne gebruik word:

             Onderwerp
             Tegniek(e) en materiaal/materiale
             Formele kunselemente
             Invloede                                                                           (10)
                                                                                                 [20]

Tapisserie: 'n geborduurde tweedimensionele kunswerk van wol of gare gemaak

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Visuele Kunste/V1                      11                      DBE/Mei/Junie 2024
                                 SS/NSS Vertroulik

      FIGUUR 4: Siyabonga Maswana en Sanela Maxengana (Keiskamma Kunsprojek),
             Our Vision for Africa (Ons Visie vir Afrika), tapisserie, 2020.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Visuele Kunste/V1                          12                          DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
         EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

'Ek het 'n liefde-haat-verhouding met die materiale wat ek in my kuns gebruik. Ek word
daardeur geïnspireer en ek word daardeur gewalg.
                                                                     - Tom Deininger

Tom Deininger skep grootskaalse driedimensionele collages uit rommel en donasies
van afvalprodukte. Die nabyfoto's in FIGUUR 5b en FIGUUR 5c verwys na die
kunswerk Portrait (Portret) in FIGUUR 5a.

5.1      Bespreek FIGUUR 5a en FIGUUR 5c.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Die gebruik van voorwerpe om kleur, vorm en tekstuur te skep, soos in
              die detail in FIGUUR 5c gesien
             Die impak van skaal en hoe die kunswerk in FIGUUR 5a uitgestal is
             Hoe Deininger ons verhouding met die weggooimateriale (rommel) wat hy
              gebruik, verander                                                               (8)

5.2      Skryf 'n opstel waarin jy enige TWEE kontemporêre kunswerke wat nuwe of
         alternatiewe media gebruik om kunswerke te skep (EEN kunswerk per
         kunstenaar), bespreek.

         Die volgende kan as riglyne gebruik word:

             Beskrywing
             Gebruik van nuwe of alternatiewe media en/of tegnieke
             Invloede
             Betekenisse/Boodskappe                                                          (12)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Visuele Kunste/V1                          13                         DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

  FIGUUR 5a: Tom Deininger, Portrait         FIGUUR 5b: Naby-aansig van Tom Deininger
     (Portret), herwinde materiale,                     besig om te werk.
           datum onbekend.

FIGUUR 5c: Tom Deininger, Portrait (Portret) (naby-detail), herwinde materiale, datum onbekend.
   Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Visuele Kunste/V1                          14                         DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994

In post-apartheid Suid-Afrika ontwikkel identiteitskwessies voortdurend en dra by tot
ons gevoel van die 'self' in Suid-Afrika. Die kunswerke in FIGUUR 6a en FIGUUR 6b
vertel elk 'n storie oor die rol van selfone in kontemporêre identiteit.

6.1      Vergelyk hoe elke kunstenaar die impak van selfone in FIGUUR 6a en 6b
         uitbeeld.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Die handelinge, kleredrag en omgewing van die figure
             Kleur
             Fokuspunt
             Die rol van die selfoon om identiteit te beheer                                (10)

6.2      Skryf 'n opstel waarin jy die kunswerk bespreek van enige TWEE Suid-
         Afrikaanse kunstenaars ná 1994 wat jy bestudeer het (EEN kunswerk per
         kunstenaar) wat hulle identiteit ondersoek.

         Die volgende kan as riglyne gebruik word:

             Onderwerp/Beskrywing
             Medium(s) en tegniek(e)
             Formele kunselemente
             Betekenisse/Boodskappe                                                         (10)
                                                                                             [20]

Gelykenis ('Parable'): 'n eenvoudige storie wat gebruik word om 'n morele les te
                       illustreer

Oneindige ('Self-        aanhoudende of konstant herhalende handeling/gedrag
perpetuating'):

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Visuele Kunste/V1                        15                        DBE/Mei/Junie 2024
                                   SS/NSS Vertroulik

      FIGUUR 6a: Welcome Danca, So Near and Yet So Far (So Naby en Tog So Ver),
                            olie en akriel op doek, 2021.

  FIGUUR 6b: Diane Victor, The Parable of the Selfie and the Self-perpetuating Problem
     (Die Gelykenis van die Selfie en die Oneindige Probleem), houtskool, pastel en
                                   as op papier, 2015.
Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 16

Visuele Kunste/V1                           16                         DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Geslagsrolle word aan kinders geleer. Seuns word dikwels geleer om aktief, rof en taai
te wees, terwyl meisies voorberei word om mooi en sag te wees.

FIGUUR 7b is 'n detail van die kunswerk in FIGUUR 7a.

7.1       Bespreek die manier waarop die kunstenaars in FIGUUR 7a en FIGUUR 7c
          geslagsrolle uitbeeld.

          Gebruik die volgende riglyne:

             Kleur van FIGUUR 7a en FIGUUR 7c
             Die herhaling van figure, hulle liggaamshoudings en harnasse/
              wapenrusting in FIGUUR 7a
             Die herhaling van figure, aktiwiteite en kleredrag in FIGUUR 7c
             Die kwasse op die helms in FIGUUR 7a en FIGUUR 7b (detail)
             Die geslagsrolle wat in FIGUUR 7a en FIGUUR 7c gevestig word                       (10)

7.2       Skryf 'n opstel waarin jy die kunswerke van enige TWEE kunstenaars (EEN
          kunswerk per kunstenaar) wat geslagskwessies as 'n tema gebruik,
          bespreek.

          Die volgende kan as riglyne gebruik word:

             Onderwerp/Beskrywing
             Komposisie
             Styl en tegnieke
             Geslagskwessies aangeraak                                                          (10)
                                                                                                 [20]

Liggaamlike opvoeding         ook as fisiese opvoeding of oefening bekend
('P.T./physical training'):

Harnas/Wapenrusting           beskermende items wat gedurende konflik gedra word
('Armour'):

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Visuele Kunste/V1                         17                          DBE/Mei/Junie 2024
                                    SS/NSS Vertroulik

       FIGUUR 7a en 7b (detail): Haidee Nel, Infantry Children/Kaalvoetsoldate
     (Barefoot Soldiers), beeldhou-installasie, gemengde media (sement, plastiek,
                          metaal, kwasse en marmer), 2015.

FIGUUR 7c: JP Meyer, P.T. (Physical Training) (Liggaamlike Opvoeding), olie op bord, 2015.
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 18

Visuele Kunste/V1                          18                         DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

                           VOLHOUBARE ARGITEKTUUR

Die Green School South Africa in die Wes-Kaap is deur argitekte gebou wat gevoelig is
vir die plaaslike omgewing en dierelewe. Die gebou is omgewingsvriendelik, geskep
met plaaslike materiale met sisteme wat energie opwek, afval suiwer, asook
herwinning.

Die argitekte het doelbewus areas vir boerdery en voedselproduksie geskep. Dit toon
hulle bewustheid van die verhouding tussen die skool en die gemeenskap.

FIGUUR 8b en FIGUUR 8c verwys na die gebou wat in FIGUUR 8a getoon word.

8.1       Verwys na FIGUUR 8a, 8b en 8c en beantwoord die volgende vrae:

             Verduidelik TWEE kenmerke wat die argitekte gebruik het om kinders
              aan te moedig om naby die natuur te wees.
             Hoe het die argitekte lig en skaduwee geskep?
             Hoe en hoekom het die argitekte 'n blomvormige struktuur in die
              panoramiese gesig op die gebou in FIGUUR 8b geskep?
             Lewer kommentaar op die keuse en impak van kleur in die interieur in
              FIGUUR 8c.                                                                     (8)

8.2       Bespreek enige TWEE Suid-Afrikaanse geboue/strukture.

          Die volgende kan as riglyne gebruik word:

             Funksie
             Gebruik van materiale en tegniek(e)
             Stilistiese en/of dekoratiewe kenmerke
             Moontlike invloede
             Omgewingskwessies
             Wat het die argitek as belangrike kwessies of oorwegings in die projek
              beskou?                                                                        (12)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Visuele Kunste/V1                          19                      DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

FIGUUR 8a: Fabio Venturi (Terramanzi Group), Green School South Africa (Groen Skool
     Suid-Afrika) (GSSA), Paarl (Wes-Kaap), beton en herwinde materiale, 2022.

 FIGUUR 8b: Die boonste foto dui 'n lugaansig op die     FIGUUR 8c: Binne-aansigte
 skool aan. Die onderste foto toon die groot vensters           van die skool.
    wat verseker dat die skool se tuine uit al die       Foto's deur Graham Wood.
       klaskamers en ander geboue sigbaar is.
                                                                        TOTAAL:         100
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bb81817d-0809-4ecc-aa5e-592925c6b916) — Visual Arts · QP · 2017 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2023-afr/c7029211-f88d-4a06-9973-c3939102b64b) — Visual Arts · QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2023-eng/2b786a81-cd87-4e37-95d3-59499fa78365) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2022-eng/52d13750-4b7a-43eb-845e-84496c3909f6) — Visual Arts · QP · 2022 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2022-afr/396baf34-f842-4c81-a6ae-3376758f093b) — Visual Arts · QP · 2022 · Afr
- [Visual Arts P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2019-eng/9f154c43-9140-4379-af31-fcdaf444b8fa) — Visual Arts · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-eng/bad22f4f-5320-4e95-ba28-99a4822fe65c) — QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-afr/6b4f0711-45ef-4801-bdd4-986ad7e70d58) — QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-afr/1a710b38-b260-471c-aeef-1d89fb57a04e) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
