# Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/68815530-3159-4a63-9c5a-e979f5fdca9c
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/68815530-3159-4a63-9c5a-e979f5fdca9c)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                               VISUELE KUNSTE V1

                                  NOVEMBER 2025

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Visuele Kunste/V1                             2                           DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

 INSTRUKSIES EN INLIGTING
 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:
 1.      Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT antwoorde. Kandidate moes enige VYF
         vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord.
 2.      Dit is BAIE BELANGRIK dat toegewings gemaak word aan kandidate in baie
         gevalle:
         • Kandidate moet krediet ontvang vir hul eie menings en idees in hul antwoorde
             waar van toepassing. Geen negatiewe nasien nie.
         • Dit is belangrik dat argumente en stellings beredeneer/gemotiveer/gestaaf en
             gekwalifiseer is deur verysing na bronne/kunswerke.
         • Krediet moet aan laterale denke gegee word.
 3.      Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
         Kolpunte ('Bullets') dien as riglyne om kandidate te help om hul antwoorde te
         struktureer
 4.      Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry as dit
         in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen kunswerke is
         toelaatbaar.
 5.      Waar van toepassing, moet kandidate die naam van die kunstenaar en titel van
         elke kunswerk voorsien vir elke kunswerk genoem. Slegs EEN punt word vir die
         korrekte kunstenaar en titel van die werk toegeken. EEN punt moet afgetrek
         word as daar geen vergelyking getref is nie in 'n vraag wat kandidate versoek
         om te vergelyk.
 6.      Kandidate kan beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord
         bespreek, waar van toepassing.
 7.      Onthou baie kandidate sal hierdie voorbeelde bespreek alhoewel hulle dit
         nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike, akademiese
         inligting verwag nie. Kandidate kan uit hul eie ervarings, kulture en
         interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van die vraag.
         Daarom moet kandidate krediet kry vir hulle eie menings en idees waar van
         toepassing. Nasieners moet onbevooroordeeld en buigsaam in die
         nasienproses wees.
 ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS
 •    Hierdie nasienriglyne dien as 'n riglyn vir nasieners asook 'n onderrigmiddel. Daarom
      is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die materiaal as
      onderrigmiddel gebruik kan word.
 •    LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle weet,
      eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
 •    Alhoewel die inligting vir die vrae in puntvorm gegee word, moet kandidate
      opstel/paragraaf formaat gebruik om hulle inligting in 'n holistiese wyse te bespreek.
 •    Kandidate moet VOLSINNE gebruik om paragrawe te konstrueer. Antwoorde wat
      puntsgewys geskryf is, kan nie volpunte kry nie. Volpunte kan nie toegeken word as
      die titel of kunstenaar inkorrek is nie
 •    Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys
      vir 'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Visuele Kunste/V1                                     3                                    DBE/November 2025
                                              NSS – Nasienriglyne

 Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te ontleed
 en daarop te reageer
  PRESTASIE-
                                        ONDERWERP 3: VISUELE KULTUUR-STUDIES
    KODE
                    •   Toon uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, politiese en
 Uitstekend             historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
 80–100%            •   Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                    •   Toon uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                    •   Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.
                    •   Toon 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
 Verdienstelik          politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
 70–79%             •   Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                    •   Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                    •   Toon uitstekende insig en begrip.
                    •   Toon aansienlike vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, politiese en
 Aansienlik             historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
 60–69%             •   Toon aansienlike vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                    •   Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                    •   Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.
                    •   Toon gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, politiese en
 Gemiddeld              historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
 50–59%             •   Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                    •   Toon bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                    •   Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.
                    •   Toon bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, politiese en
 Bevredigend            historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
 40–49%             •   Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                    •   Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                    •   Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.
                    •   Toon slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, politiese
 Elementêr              en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
 30–39%             •   Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                    •   Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                    •   Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.
                    •   Toon 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
 Nie behaal nie         politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
 0–29%              •   Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                    •   Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                    •   Toon min of geen begrip of insig nie.

NASIENERS MAG SLEGS DIE EERSTE VYF VRAE NASIEN EN AS 'N KANDIDAAT
MEER AS DIE VEREISTE AANTAL VRAE GEDOEN HET, SAL SLEGS DIE EERSTE
VYF GEKREDITEER WORD.

 KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD IN ENIGE VOLGORDE.

 Die volgende puntetoekenning moet nagekom word wanneer slegs EEN
 kunswerk/kunstenaar bespreek is in plaas van TWEE.

 6 punte      (maks 3)
 8 punte      (maks 5)
 10 punte     (maks 6)
 12 punte     (maks 7)
 14 punte     (maks 8)
 20 punte     (maks 12)

 As daar geen vergelyking is nie – 1 punt
 As gevolg van die kleurverskille van die vraestelle van verskillende provinsies,
 moet die provinsies die nasienersriglyne vir interpretasie aanpas.
Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Visuele Kunste/V1                                    4                                 DBE/November 2025
                                             NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

                           'Opstaan, teen dagbreek wat ek wakker word
                              Om my net in 'n vislose meer uit te gooi
                          Ek het stroomaf geseil om te sien wat ek het,
                               Ek het my boot oor die land getrek,
                     Ek het op die grond geswem en in die stroom geloop en
                           Van die oewer af het ek 'n kurper gesien en
                                   Tuna ook, en salmviskuite.'
                    [Bron: 'n Vrye vertaling van 'n uittreksel uit A Song about Fishing deur Genesis Owusu]

 Baie Suid-Afrikaners maak 'n bestaan uit visvang.
 FIGUUR 1a: Peter Clarke, Fishermen (Vissermanne), olie op bord, 1960.
 FIGUUR 1b: Maggie Laubser, Fish Seller (Visverkoper), olie op doek, 1937.
 Woordelys:
 Kurper, tuna, salmviskuite: tipes vis en viseiers
 1.1       Kandidate moet bespreek hoe die kunstenaars Peter Clarke en
           Maggie Laubser die lewe van vissermans uitgebeeld het en hulle mag die
           volgende riglyne gebruik:
           •   Verskillende stories wat deur ELKE kunstenaar vertel word
           FIGUUR 1a: Clarke het twee vissermanne uitgebeeld wat op die strand loop
           met hul vangs van die dag. Beide van hulle dra die visse wat hulle gevang het
           in hul linkerhand en 'n mandjie in hul regterhand. Die vissermanne loop weg
           van die kyker. Die lang skaduwees dui daarop dat dit die einde van die dag is.
           Hulle stap huis toe. Hierdie toneel kan hul lewensbestaan/broodwinning
           uitbeeld. Hulle gaan óf die vis verkoop óf dit gaan hulle volgende maaltyd wees.
           FIGUUR 1b: Laubser het 'n jong seun uitgebeeld met 'n met 'n bak vis op sy
           kop. Hy gaan moontlik die vis verkoop wat hy self gevang het of gekoop het
           van die vissermanne in die hawe. Die jong seun kyk nie direk na die kyker nie.
           Hy kom voor asof hy verdiep is in sy gedagtes en moeg is.
           •   Gebruik van kleur en kontras
           FIGUUR 1a: Clarke het koel kleure in die klere van die vissermans
           (waterstewels, denimbroeke, langmouhemde, serp, hoed en mussie) en die
           oseaan agter hulle (donkerblou, blou-grys, ligblou en seegroen) gebruik. Dit is
           gekontrasteer met die geel-oker/oranje baadjie wat gedra word deur een van
           die vissermanne, die mandjies, seesand en rooi vis wat deur die vissermanne
           gevang is. Komplimentêre kleure is gebruik in die klere (oranje en blou) sowel
           as die visse en mandjies (rooi en groen).
           FIGUUR 1b: Laubser het koel kleure gebruik vir die vis en die bak op die jong
           seun se kop, sy hemp, die see en die berge agter hom (liggroen, ligblou,
           seegroen en blou-pers). Dit kontrasteer met die bruin en geeloker wat gebruik
           is op die seun se gesig (gebrande siënna, bruin en gebrande oranje). Die ligte
           pastel kleure van die jong seun se hemp en die bak vis is in kontras met die
           skadu wat val word op die linkerkant van sy gesig en donkerbruin op sy nek.

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Visuele Kunste/V1                            5                          DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

           •   Komposisie en fokuspunt
           FIGUUR 1a: Die twee vissermanne, wat van agter gesien word, oorheers die
           komposisie. Hulle is in die voorgrond geplaas. Die middelgrond en agtergrond
           bestaan uit die strand en die see. 'n Diagonale lyn word geskep deur die skadu
           van die vissermanne wat die kyker se oog verder in die kunswerk inlei. Die
           fokuspunt is die vissermanne omdat hulle die grootste deel van die komposisie
           inneem óf die vis weens die helder rooi-oranje wat gebruik is.
           FIGUUR 1b: Die jong seun is in die voorgrond. Dit is 'n frontale aansig van
           hom. Die see, vissersboot en die bergreeks is in die middel- en agtergrond
           geplaas. Die seun is die fokuspunt omdat hy die helderste, grootste en mees
           gedetailleerde beeld binne die komposisie is. Die bak met vis op sy kop trek
           ook aandag vanweë die diagonale lyn wat deur sy hand geskep word.
           •   Vereenvoudiging
           FIGUUR 1a: Clarke het die voorwerpe vereenvoudig na basiese hoekige
           vorms, soos die rooi vis, die mandjies en die twee vissermanne. Die dik swart
           buitelyne en sterk hoekige lyne vereenvoudig die voorwerpe verder. Die
           vereenvoudiging van vorm word dikwels geassosieer met Clarke se figuratiewe
           styl.
           FIGUUR 1b: Laubser het die voorwerpe vereenvoudig na basiese vorms, soos
           die jong seun se amandelvormige oë, sy hand, die vis in die bak, die
           vissersboot en die berge. Sommige van die voorwerpe, soos die vis se stert
           wat uit die bak uithang, lyk asof dit vereenvoudig en verwring is.
           •   Atmosfeer of stemming wat geskep word
           FIGUUR 1a: Clarke het gefokus op die vissermanne se lewensbestaan. Hulle
           loop op die strand met hul vangs van die dag. Clarke beeld hierdie alledaagse
           toneel uit die lewe van die vissermanne uit, wat heelmoontlik van Simonstad
           kom, waar hy gewoon het. Hoofsaaklik koel kleure is gebruik, wat 'n somber
           laatmiddag atmosfeer of stemming skep.
           FIGUUR 1b: Laubser het gefokus op die lewensbestaan van die jong seun. Hy
           verkoop vis wat hy gevang het of gebring het van die hawe om so 'n bestaan
           te maak. Die warm kleure trek aandag na die seun se gesig. Sy ernstige
           gesigsuitdrukking skep 'n nadenkende atmosfeer of 'n gevoel van uitputting.
           Daar is 'n gevoel van bedroefdheid of moegheid in sy oë.                             (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Visuele Kunste/V1                            6                           DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 1.2       Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle die kunswerke van enige TWEE
           Suid-Afrikaanse kunstenaars wat hulle bestudeer het (EEN kunswerk per
           kunstenaar) bespreek, wat die lewe van mense in hulle gemeenskappe
           uitbeeld.

           Kandidate kan die volgende riglyne gebruik:
           •   Beskrywing
           •   Formele kunselemente
           •   Komposisie
           •   Hoe gemeenskappe in die kunswerke uitgebeeld word                                (10)
                                                                                                [20]

 VRAAG 2:           SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
                    EN/OF INHEEMSE KUNSVORME
 Sanford Biggers is 'n kontemporêre Afro-Amerikaanse kunstenaar wat nadink oor sy
 Afrika- en Westerse herkoms in sy kunswerk.
 FIGUUR 2a: Sanford Biggers, The Soothsayer (Die Waarsêer), wit marmer op
 houtvoetstuk, 2019–2023.
 FIGUUR 2b: Romeinse kunstenaar, Nymph with a Shell (Nimf met 'n Skulp), marmer,
 1ste eeu (Westerse kuns).
 FIGUUR 2c: Benin-kunstenaar, Benin-masker, ivoor, 1600 (Afrika-kuns).
Woordelys:
Westerse Kuns: Westerse kuns het ontstaan in Europa tydens die Renaissance en
versprei na alle kolonies soos die Verenigde State van Amerika, Australië en ander
lande.
Herkoms: tradisies, geloof en gebruike wat oorgedra word van een geslag tot die
volgende
Waarsêer: 'n persoon wat die toekoms kan sien
 2.1       Kandidate moet bespreek hoe Afrika- en Westerse kuns in FIGUUR 2a
           gekombineer is. Kandidate mag die volgende as riglyne gebruik:
           •   Die invloed van FIGUUR 2b op die liggaamsposisie en die
               naturalistiese styl van FIGUUR 2a

           'n Naturalistiese styl tipies van Romeinse beeldhouwerk is gebruik vir die
           vroulike figuur in FIGUUR 2b. Die bene, voete en arms is in proporsie tot
           mekaar, met die geronde vorm van die knieë sigbaar onder die rok. Die voue
           van die rok is gedetailleerd en lyk soos materiaal en die liggaamsdele soos die
           hande en voete is ook gedetailleerd.
           Alhoewel die masker 'n groot deel van die liggaam bedek in FIGUUR 2a, kan
           ons steeds die bene, arms en gedeelte van die lyf net onder die masker sien.
           Die vroulike figuur het dieselfde sittende liggaamsposisie as die Romeinse
           beeldhouwerk in FIGUUR 2b. Sy sit in 'n vroulike posisie. 'n Kontrapposto-
           liggaamsposisie is gebruik waar die gewig van die bolyf effens gedraai is.
           Biggers het die posisie van die arm verander, maar behou die gewig op die
           linkerhand. Die sittende figuur kom ontspanne voor, asook die figuur in
           FIGUUR 2b.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Visuele Kunste/V1                            7                           DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

           •   Die posisie en skaal van die masker in FIGUUR 2a
           Die skaal van die regop Afrika-masker is uitsonderlik groot. Dit omvou en
           versteek die grootste deel van die vroulike figuur. Die figuur agter die masker
           is uit proporsie teenoor die Afrika-masker omdat dit kleiner is.
           •   Ooreenkomste tussen FIGURE 2a en 2c
           Biggers het gebruik gemaak van 'n ivoormasker van Benin as bron van
           inspirasie om die kwessie van sy Afrika-herkoms aan te spreek. FIGUUR 2a is
           nie 'n direkte kopie nie, maar daar is duidelike ooreenkomste naamlik die
           ingesnyde lyne op die voorkop, die ovaalvorm met die oordrewe gelaatstrekke
           soos gesien in die oë, neus en mond. Beide maskers het groot voorkoppe en
           het óf 'n baard óf 'n dekoratiewe kraag.

           •   Wat die kombinasie van Westerse kuns en Afrika-kuns oor Biggers se
               herkoms in FIGUUR 2a sê

           Biggers is 'n Afro-Amerikaanse kunstenaar. Die Afrika masker in FIGUUR 2a
           verwys na sy Afrika voorsate of herkoms. Die klassieke beeldhouwerk in
           FIGUUR 2b verwys na die Westerse kultuur in Amerika, waar hy nou woon. Die
           kunstenaar sien homself as 'n kombinasie van verskillende kulture. Die
           oorheersing van die Afrika masker weerspieël egter die belangrikheid van sy
           verbintenis met Afrika.

           •   Hoe die titel, Die Waarsêer, die boodskap van FIGUUR 2a oordra

           Die titel van Die Waarsêer verwys na die toekoms alhoewel die kunswerk so
           sterk verwys na die verlede en die herkoms. Dit suggereer dat Biggers besig is
           om 'n nuwe identiteit vir homself as 'n Afro-Amerikaner en die toekoms
           waartydens Afrika kulture gevier sal word. Hy verwerk sy nuwe identiteit met
           hegter bande aan die Afrika kultuur. Hy ontken nie sy Westerse invloede nie,
           maar versteek dit agter die oorgroot masker.

                                                                                                (8)
 2.2       Kandidate moet die werk van TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wat
           Afrika-kultuur, -simbole en/of -tegnieke in hulle kunswerke gebruik, bespreek
           (EEN kunswerk per kunstenaar).

           Kandidate mag die volgende riglyne gebruik:

           •   Formele kunselemente
           •   Styl
           •   Media en tegnieke
           •   Betekenis/Boodskap van die kunswerk                                              (12)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Visuele Kunste/V1                                8                                DBE/November 2025
                                         NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
          1980's INGESLUIT

 Op die Kaapse Vlakte het 'n Graad 3-leerder onlangs die volgende geskryf: 'Eendag
 gaan ek 'n 'gangster' (bendelid) word en ek gaan 'n 'gun' (geweer) in my hand vashou en
 'guns' (gewere) in my huis smokkel.'

          [Bron: Aanhaling geneem uit Three Months in a Cape Flats School deur Nicole van Driel, 2024]

 Léshaan Moses toon bende-inwydingsrituele wat op die Kaapse Vlakte in Kaapstad
 beoefen word. Jongmense word gedwing om aan gewelddadige dade deel te neem om
 as lid van 'n bende aanvaar te word.

 FIGUUR 3: Léshaan Moses, Dodging Bullets (Koes vir die Koeëls), akrielverf, potlood
 en pen, datum onbekend.

 3.1       Kandidate moet bespreek wat die impak van die kunswerk in FIGUUR 3a is op
           hulle as die kyker. Hulle moet verwys na die volgende riglyne:

           •   Die gebruik van kleur

           FIGUUR 3a is hoofsaaklik monochromaties met 'n donkerswart agtergrond en
           sketsagtige wit lyntekeninge wat monsters vorm. Daar is skakerings van grys
           op die twee kinders wat toonwaardes skep. 'n Teenwig word geskep tussen die
           skakerings van grys en swart met 'n diep rooi kleur wat die kind aan die
           linkerkant omring, wat 'n bloedvlek agter hom skep. Die pienk op sy liggaam en
           klere stel moontlik bloedspatsels voor.

           •   Die verskillende houdings van elke kind

           Die kind aan die regterkant is die aanvaller. Hy staan regop en rig die pistool
           voor hom uit. Sy arm is teen 'n reghoek met sy liggaam en wys dat hy die pistool
           in sy vuis vasklem. In kontras is die ander kind die slagoffer. Sy bolyf is weg
           van die pistool gedraai asof hy probeer om homself te beskerm van fisiese
           skade. Ten spyte van sy liggaamsposisie is sy kop gedraai in die rigting van
           die toneel van geweld. Die kind aan die regterkant het 'n sterk vertikale regop
           posisie in kontras met die kind aan die linkerkant wat 'n geronde buigende
           houding het. Dit beklemtoon die mag van die kind aan die regterkant oor die
           slagoffer aan die linkerkant.

           •   Waarom die jong kinders eenders lyk

           Beide kinders is geteken in potlood en hulle dra dieselfde kledingstukke – 'n wit
           T-hemp en opgerolde denim kortbroeke. Dit kan wees dat dieselfde kind
           homself verbeel hoe dit is om aan beide kante van die toneel te wees, as
           slagoffer of as aggressor. Die kunswerk wys vir ons wat sy toekoms sal wees
           in beide rolle. Deur 'n pistool te rig op die seun aan die linkerkant word die daad
           van doodmaak of die bedreiging van onskuld gesimboliseer.

           Beide kinders kan verwant wees (broers of tweelinge). Die jonger broer volg
           in die voetspore van die ouer broer.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Visuele Kunste/V1                              9                            DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

           •   Die styl en die betekenis van die monsters op die agtergrond

           Die monsters is in 'n kinderlike styl geteken. Dit herinner ons aan die gesteelde
           onskuld van die jong mense wie se lewens geneem is weens
           bendeverwantegeweld. Dit kan ook wys op die bose keuses wat bendelede
           afdwing deur die kind aan te moedig om 'n lewe te neem. Die monsters kan die
           spoke van die verlede verteenwoordig wat by hulle spook.

           •   Verduideliking van die titel

           Die titel kan letterlik gelees word, deur te verwys na die fisiese daad om 'n koeël
           te mis om aan die lewe te bly. Die titel kan egter ook metafories gelees word
           as 'n manier om van gevaar te ontsnap. Hierdie manier kan beteken dat die lot
           van die seun is, dat hy nie aan 'n bende gaan behoort nie en dat hy dus gered
           word van 'n lewe van misdaad. Die titel suggereer die belangrikheid van keuse.           (10)
           Sommige keuses moet vermy word, want dit kan jou skade berokken.

 3.2       Kandidate moet enige TWEE sosiopolitieke Suid-Afrikaanse kunswerke wat
           hulle bestudeer het en wat 'n emosionele impak op hulle gehad het, bespreek
           (EEN kunswerk per kunstenaar).                                                           (10)
                                                                                                    [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Visuele Kunste/V1                             10                             DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
          LANDELIKE SUID-AFRIKA

 In hierdie foto staan Esther Mahlangu voor 'n huis waarop haar Ndebele-ontwerpe geverf
 is. Sy gebruik die styl van die Ndebele-muurskilderye in haar akrielverfskildery op
 skilderdoek (FIGUUR 4a en FIGUUR 4b).

 FIGUUR 4a: Esther Mahlangu, Gateway (Ingang), akriel op doek, 2005.
 FIGUUR 4b: Esther Mahlangu, Ongetiteld, akriel op doek, 2009.

 4.1       Kandidate moet verduidelik hoe Esther Mahlangu die tradisionele Ndebele-styl
           binne kontemporêre skilder herdenk. Hulle mag na die volgende riglyne
           verwys:

           •   Gebruik van kleur, lyn en ruimte in FIGUUR 4a en FIGUUR 4b

           In beide FIGURE 4a en 4b is die kleure plat, helder en lewendig. Daar is 'n
           herhaling van beide warm en koel kleure, soos die warm geel en pienk met
           koue blou, pers en groen. Natuurlike bruine en swart is gebruik vir die beeste
           en hoenders. Vet swart lyne is gebruik in buitelyne, horisontale, vertikale en
           diagonale lyne. Die lyne vorm 'n raam om die sentrale prent of ontwerp met
           hoekige, sigsag lyne. Die lyne van die raam in FIGUUR 4b is dikker as die lyn
           in FIGUUR 4a. In beide FIGURE 4a en 4b bestaan die positiewe ruimte uit
           geometriese fatsoene en patrone met wit as die negatiewe ruimte. In
           FIGUUR 4a omring die wit negatiewe ruimte die huis en die diere. Daar is geen
           illusie van diepte geskep in FIGUUR 4a nie. Die figure en diere is op dieselfde
           vlak as die ingang en die huis. Die groot areas met plat kleur is omlyn met vet,
           swart lyne wat die prentruimte meer vervlak.

           •   'n Beskrywing van die landelike toneel in FIGUUR 4a

           'n Tradisionele Ndebele tuiste is uitgebeeld met beeste, hoenders en 'n
           koeiwagter. In die onderste regterhoek sien ons 'n ingang met 'n hek na die
           huis waar die beeste en hoenders beskerm word deur die koeiwagter. Hy staan
           tussen die huis en die ingang. Daar is geen landskap uitgebeeld op die
           agtergrond nie.

           •   Wat maak FIGUUR 4a vereenvoudig?

           FIGUUR 4a bestaan uit plat, silhoeëtvorms word gesien in die figuur en die
           diere. Die koeiwagter en diere is vereenvoudig tot piktogramme eerder as
           realistiese uitbeeldings. Die plat kleur is aangewend sonder tonale oorgange.
           Die tekort aan die illusie van ruimte vereenvoudig die prent verder, aangesien
           die diere aan die regterkant lyk asof dit in 'n oop ruimte dryf. Die toneel is omring
           met 'n geometriese kleurvolle raam.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Visuele Kunste/V1                            11                           DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

           •   Komposisie en herhaling in FIGUUR 4b

           Die geometriese ontwerp is simmetries gebalanseerd in FIGUUR 4b. Die
           sentrale motief bestaan uit twee donkerpienk pyle en 'n horisontale blou
           reghoek wat in hakies geplaas is met twee geel sekelmaanvorms. Dit is die
           fokuspunt omdat dit sentraal geplaas is en omraam is. Daar is herhaling van
           driehoekige fatsoene wat 'n patroon rondom die sentrale motief vorm. Die
           gebruik van kleur in elke motief word ook herhaal.

           •   Wat maak FIGUUR 4b abstrak, en hoe herdenk dit Ndebele-tradisies?

           FIGUUR 4b is abstrak omdat daar geen herkenbare figure/beeldmateriaal is
           nie. Dit is 'n plat geometriese ontwerp wat direk verwys na tradisionele Ndebele
           ontwerp. Sy betoon eer aan die ontwerpe en kultuur soos dit van geslag tot
           geslag oorgedra is. Dit kan gesien word in die gebruik van plat helder kleur,
           vereenvoudigde fatsoene en vet buitelyne wat wys op die respek en
           preservering van die oorspronklike ontwerpe wat tradisioneel gebruik is. Die
           kunstenaar sien die waarde van funksionele ontwerp in as artistiek in sy eie reg
           deur dit na 'n skilderdoek oor te dra. Sy het kunsvlyt kontemporêre
           kunsomgewing gebring en daardeur vier sy dit op die wêreldverhoog.                    (8)

 4.2       Kandidate moet 'n opstel skryf oor die kunswerke van TWEE Suid-Afrikaanse
           kunstenaars/kunsvlytkunstenaars van landelike Suid-Afrika wat hulle
           bestudeer het (EEN kunswerk per kunstenaar) wat óf tradisionele kuns,
           kunsvlyt en/of geestelike kunswerke geskep het.

           Hulle mag die volgende riglyne gebruik:

           •   Beskrywing van ELKE kunswerk
           •   Enige TWEE formele kunselemente
           •   Media en tegniek
           •   Moontlike betekenis/boodskap/funksie                                              (12)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Visuele Kunste/V1                            12                           DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE EN
          POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA

 In Flooded Garden (Oorstroomde Tuin) het Oscar Murillo die Turbine Hall (Tate
 Modern, Londen) verander in 'n interaktiewe ruimte waar mense kon kom skilder. Murillo
 is deur Claude Monet se skilderye van sy tuin geïnspireer. Hy het begin deur op die
 skilderdoeke te skilder en dan die kykers uit te nooi om bo-oor sy eerste laag verf te
 skilder.

 FIGUUR 5a: Claude Monet, The Waterlilies – the Clouds (Die Waterlelies – die
 Wolke), olie op doek, 1920–1926.
 FIGUUR 5b: Oscar Murillo, Flooded Garden (Oorstroomde Tuin), kunstenaar en
 kykers besig om te skilder.
 FIGUUR 5c: Oscar Murillo, Flooded Garden (Oorstroomde Tuin), (lugbeeld/
 boaansig), installasie in die Turbine Hall, Tate Modern, 20 Julie–26 Augustus 2024.
 FIGUUR 5d: Oscar Murillo, Flooded Garden (Oorstroomde Tuin), vertoonde voltooide
 kunswerk, 2024.

 5.1       Kandidate moet die interaksie tussen die mense en die kunswerk(e) in FIGURE
           5b tot 5d verduidelik. Hulle mag die volgende riglyne gebruik:

           •   Ooreenkomste met Monet se skildery in FIGUUR 5a

           Die onderwerp van Murillo se kunswerk is soortgelyk aan Monet se Waterlilies
           – the Clouds en dui op die inspirasie van Monet se skilderye van die
           leliedamme in sy tuin. Die illusie van water is uitgebeeld met dieselfde
           kleurpalet as in Monet se skilderye. Die ekspressiewe gebruik van kwasmerke
           skep lae van kleur. Dit skep 'n effek wat uit fokus en wasig is in beide Monet en
           Murillo se skilderye. Daar is geen gedefinieerde lyne in die skilderye nie. Beide
           kunswerke is groot in skaal en omring die toeskouer.

           •   Die voordele daarvan vir die betrokke individu om deel te wees van die
               skepping van Murillo se kunswerk

           Jy is nie net 'n kyker van die kunswerk nie maar word nou ook 'n deelnemer in
           die skepping van die kunswerk. Daar is 'n werklike gevoel van interaksie tussen
           die deelnemers van alle ouderdomme. Dit kan ook 'n vorm van kunsterapie
           wees – die idee om verlore te raak binne die oomblik van die kreatiewe proses
           kan ook 'n vorm van genot wees. Die deelnemers maak hul merk op die
           kunswerk wat ander kan aanskou. Die werk is 'n samewerking tussen die
           kunstenaar en die publiek. Die deelnemers hoef geen kunservaring te hê nie.

           •   Redes vir die sirkelvorm en die skaal in FIGUUR 5b

           Monet se groot waterlelie skilderye is in 'n ovaalruimte uitgestal wat die
           toeskouer omring. Murillo se sirkelvorm is soortgelyk, wat die indruk van die
           oneindige met geen beperkinge, skep. Die deelnemers word omring met die
           kunswerk as gevolg van die groot skaal van die skilderdoek. Hulle word
           oorweldig deur al die kleure. Mens kan nie sien hoe die finale kunswerk lyk nie,
           totdat jy wegstaan om te kyk daarna van 'n afstand. Murillo se werk verwys na
           Monet se panoramiese formaat en skaal.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Visuele Kunste/V1                            13                           DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

           •   Waarom Murillo as die kunstenaar beskou word, alhoewel hy nie die
               alleenskepper van die kunswerk is nie

           Murillo het die idee van die interaktiewe projek begin deur die feit dat hy
           geïnspireer was deur Waterlillies – the Clouds. Hy het met die idee
           vorendaggekom en het die proses begin. Hy het beheer behou oor die keuse
           van kleure asook om materiale (skilderdoek, verf en kwasse) te verskaf. Dit
           was sy idee om die groot skilderdoeke in 'n sirkelvorm te plaas. Murillo het ook
           op 'n tydraamwerk besluit vir die skepping van die kunswerk. Dit was sy visie,
           wat ontwikkel het tot 'n aksieplan wat saam met die publiek, wat die Turbine
           Hall besoek het, geskep is.

           •   Hoe opvoering en installasiekuns Murillo se Flooded Garden
               (Oorstroomde Tuin) geïnspireer het

           Konseptuele kuns inspireer Murillo se kunsmaakproses wat nie net deur
           homself uitgevoer word nie, maar ook deur ander deelnemers. Daar is nie meer
           'n ontkoppeling (verwydering) tussen die kunstenaar en die kyker nie. Die kyker
           word nou die geleentheid gegee om 'n deelnemer te wees en daarom het hulle
           gedeeltelike eienaarskap in die skepping van die kunswerk. Dit skep 'n groter
           inkoop deur die deelnemers en sal mense aanmoedig om die galery te besoek.
           Optrede en installasie kuns behels om te kyk, op te treë en deel te neem.
           Kunswerke word nie meer net gesien waar dit teen 'n muur uitgestal word binne
           'n galeryruimte nie. Die tradisionele konsep van 'n skildery wat deur een
           kunstenaar geskep word, is getransformeer na 'n samewerking van die
           kunstenaar met almal, van alle ouderdomme, wat gewillig is om deel te neem.           (10)

 5.2       Kandidate moet TWEE kunswerke bespreek wat hulle bestudeer het wat toon
           hoe die kunstenaars nuwe/alternatiewe media gebruik het.

           Hulle mag die volgende riglyne gebruik:

           •   Beskrywing
           •   Materiale/Tegnieke
           •   Boodskap/Betekenis                                                                (10)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Visuele Kunste/V1                            14                           DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994

 Nosiviwe Matikinca, die wenner van die 2023 SASOL New Signatures Kunskompetisie,
 vestig die aandag op die stryd in onderbefondsde openbare skole in Suid-Afrika wat deur
 baie leerders trotseer word. Baie Suid-Afrikaanse leerders reis ver om by die skool te
 kom en bevind hulleself in oorvol klaskamers waar daar 'n tekort aan hulpmiddels, soos
 boeke en skooltafels, is.

 FIGUUR 6b toon 'n installasie van keramiekskoolskoene (gemaak met die glipafgietsel-
 metode) en skooltafels.

 FIGUUR 6a: Nosiviwe Matikinca, Ndiziphiwe – The Gift That Was Given to Me
 (Ndiziphiwe – Die Present wat aan My Gegee is) (detail), keramiek-skoolskoene,
 2023.
 FIGUUR 6b: Nosiviwe Matikinca, Ndiziphiwe – The Gift That Was Given to Me
 (Ndiziphiwe – Die Present wat aan My Gegee is), installasie-aansig van skooltafels
 met keramiek-skoolskoene, 2023.

 Woordelys:
 Glipafgietsel-metode: Dit is 'n keramiekproduksietegniek wat behels dat vloeibare klei,
 bekend as glip, in 'n gietvorm gegiet word. Die oortollige glip word dan uit die gietvorm
 gedreineer, wat veroorsaak dat 'n dun lagie klei teenaan die mure van die gietvorm hard
 raak. Die keramiek-glipbeeldhouwerk word dan in 'n keramiek-droogoond gebak.

 6.1       Kandidate moet die impak van skoolervarings op leerders se identiteit, soos
           gesien in FIGURE 6a en 6b, bespreek.

           Hulle mag verwys na die volgende riglyne in hulle antwoord:

           •   Waarom die kunstenaar gekies het om hierdie breekbare materiaal te
               gebruik om die skoene te skep?

           Skoene is veronderstel om sterk en duursaam te wees sodat dit jou voete kan
           beskerm. Deur 'n breekbare materiaal te gebruik as medium, beklemtoon die
           kunstenaar dat die kinders wat dit dra kwesbaar en breekbaar is as gevolg van
           armoede.

           Eerder as om 'n geskenk van nuwe skoene te ontvang, het die kinders skoene
           ontvang wat binnekort uitmekaar gaan val. Die gebreekte en gekraakte sole is
           in teenstelling met die doel van om skoene te dra wat leerders se voete op hul
           lang staptog na hul skole, sal beskerm. Die breekbaarheid van die medium kan
           ook 'n metafoor wees vir die kinders wat ook breekbaar is, veral binne die oorvol
           klaskamers waar hulle nie die aandag en sorg kry, wat hulle desperaat benodig,
           nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Visuele Kunste/V1                             15                            DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

           •   Die stemming/atmosfeer wat in FIGUUR 6b oorgedra word van die
               skoene in 'n leë klaskamer

           Die afwesigheid van die leerders en onderwysers in die klaskamer installasie
           skep 'n onheilspellende atmosfeer, soos in die stil skoolgange op 'n laatmiddag,
           wanneer almal weg is. Die lig dui daarop dat dit 'n klaskamer is in die middag.
           Die leë klaskamer lok die kyker uit om te dink omtrent die rede waarom die
           leerders en onderwysers nie daar is nie. Die steurnis wat veroorsaak is deur
           die teenwoordigheid van die skoene wat agtergelaat is, skep die idee dat daar
           'n soort onderbreking in die les was wat veroorsaak het dat die mense gevlug
           het. Die skoene skep ook die gevoel van om agtergelaat te wees, asof die
           leerders deur die skoolsisteem gefaal is. Die leegheid van die klas stel die tekort
           aan ondersteuning van die verskeie belanghebbers voor.

           •   Verduidelik die titel van die kunswerk

           Ndiziphiwe kan die naam wees van die kind wat die skoolskoene gegee het,
           of ontvang The Gift That Was Given to Me (Die present wat aan my gegee
           is), stel voor dat die skoolskoene tweedehands is en dat dit aangegee is deur
           familielede, broers of susters of ander leerders en/óf moontlik deur die
           insamelingsinisiatiewe van ander skole. Die idee van die 'present' is ironies
           omdat die skoene nie nuut en doelbewus aangekoop is nie. Die waardigheid
           van die ontvanger van die present word geskaad omdat die verweerde skoene
           lyk asof dit eintlik weggegooi moet word.

           •   Hoe weerspieël die kunswerk die opvoedkundige ongelykhede in ons
               skole?

           Matikinca het keramiek gebruik omdat dit 'n breekbare medium is. Die lewer
           ook kommentaar op die breekbare onderwysstelsel in Suid-Afrika, selfs na
           dertig jaar van demokrasie. Die gebreekte skoolbanke en die afwesigheid van
           stoele suggereer dat dit nie ideale omgewing vir opvoeding en leer is nie. Die
           getal skoene dui ook op die oorvol klaskamer en dat leerders gedwing word om
           skoolbanke te deel. Daar is ook 'n afwesigheid van boeke en ander
           bronmateriaal soos plakkate teen die mure tesame met die gebreekte
           skoolbanke. Dit verwys na 'n skool met 'n tekort aan hulpmiddels en dat daar
           nie klem geplaas word op die aanbied van 'n kwaliteit opvoeding nie. Die tekort
           aan boeke en ander bronne soos plakkate op die mure en die gebreekte
           skoolbanke wys dat dit nie die ideale omgewing is vir onderwys en leer om
           plaas te vind nie. Die klaskamer is nie uitnodigend nie en mens mis 'n warm,
           verwelkomende omgewing vir leerders wat wil leer.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Visuele Kunste/V1                            16                          DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

           •   Verduidelik die skoene as 'n simbool van identiteit.

           In die algemeen word skoene gesien as 'n statussimbool as gevolg van
           modegiere en handelsname. Mense koop skoene om modegiere te volg en om
           in te pas by hul sosiale groepe, wat dikwels verwys na hul finansiële status en
           hul identiteit. Die skoene in FIGUUR 6a is hoofsaaklik funksioneel en nie 'n
           modestelling nie. Die leerders wat hierdie aangee skoene dra kry die
           geleentheid om skooltoe te gaan met skoene, maar dit wys die swaarkry wat
           leerders ervaar wat ook 'n invloed het op hul identiteit. Leerders se ervarings
           op skool speel 'n belangrike rol in hul in die vorming van hul identiteit in die
           samelewing. Terwyl skool ervaar kan word as 'n beskermende omgewing en 'n
           plek van veiligheid, is dit nie die skoolervaring wat aangebied word in Matikinca
           se installasie nie.                                                               (10)

 6.2       Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke
           wat hulle bestudeer het, bespreek (EEN kunswerk per kunstenaar) wat
           identiteit in ons demokratiese samelewing aanspreek.                       (10)
                                                                                      [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Visuele Kunste/V1                            17                            DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

 Daar word dikwels gesê dat elkeen weet wat vir hom/haar mooi is.

 In die foto (FIGUUR 7a) dra Kim Kardashian 'n liggaamsgordel wat haar middel kleiner
 laat lyk om haar figuur te beklemtoon. Sy word deesdae dikwels as 'n simbool van
 skoonheid gesien.

 FIGUUR 7a: Kim Kardashian, Met Gala, kleurfoto, 2024.
 FIGUUR 7b: Peter Paul Rubens, The Three Graces (Die Drie Grasieë), olie op doek,
 1639.
 FIGUUR 7c: Otto Dix, Portrait of the Journalist Sylvia von Harden (Portret van die
 Joernalis Sylvia von Harden), olie en tempera op hout, 1926.
 FIGUUR 7d: Jenni Saville, The Bride (Die Bruid), olie op doek, 1992.
 FIGUUR 7e: Delita Martins, Rain Falls from The Lemon Tree (Reën Val van die
 Suurlemoenboom), akriel, houtskool, dekoratiewe papiere en naaldwerk met die hand,
 2020.

 7.1       Kandidate moet sê hoe hulle voel daaroor dat Kim Kardashian haar liggaam
           fisies transformeer om deesdae 'n simbool van skoonheid te wees. Kandidate
           moet hulle antwoord verduidelik deur na FIGUUR 7a te verwys.

           Kandidate mag 'n positiewe reaksie gee omtrent Kim Kardashian se
           liggaamtransformasies óf hulle kan krities wees daaromtrent. Die antwoord
           hieronder is nie omvattend nie en kandidate mag verskillende opinies
           daaromtrent uitspreek. Hulle moet egter hul antwoord regverdig met verwysing
           na die foto in die FIGUUR 7a.
           (1 punt vir hul opinie met die verduideliking, 1 punt vir die waarneming wat direk
           van die foto in FIGUUR 7a kom.)

           Kandidate wat positief voel omtrent Kardashian se transformasie kan die
           volgende sê:
           Kardashian het die reg om te kies wat sy wil doen met haar liggaam. Sy kan
           hierdie veranderinge maak om meer positief te voel omtrent haar liggaam en
           haar voorkoms deur die spesifieke liggaamsvorm, 'n baie dun middel en wye
           heupe soos gesien in FIGUUR 7a, aan te neem.

           Kandidate wat krities of negatief voel omtrent Kardashian se transformasie kan
           soos volg beantwoord:
           Kardashian se veranderinge aan haar liggaam is skadelik vir vroue omdat dit
           die ideale van skoonheid, wat nie natuurlik is nie, behou. Jong mense kyk op
           na beroemde persone en eerder as om hulle aan te moedig om te vier hoe hulle
           lyk, plaas Kim Kardashian se stelling die idee na vore dat skoonheid moeilik of
           onmoontlik kan wees om te bereik, soos gesien in die onnatuurlike
           liggaamsvorm met die baie dun middel en wye heupe wat ons sien in
           FIGUUR 7a.                                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Visuele Kunste/V1                             18                             DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

 7.2       Kandidate moet bespreek hoe konvensionele idees van skoonheid versterk of
           uitgedaag word in die skilderye van vroue? Kandidate moet ENIGE TWEE
           kunswerke kies uit FIGURE 7b, 7c, 7d of 7e om hierdie vraag te beantwoord.

           Kandidate mag die volgende riglyne gebruik:

           •   Die uitbeelding van die mens se liggaam en die veranderende idees van
               skoonheid
           •   Die houding en liggaamsposisie van die vroue in die kunswerke
           •   Die impak van kleur
           •   Die verhouding tussen die kunswerk en die konvensionele idee van
               skoonheid

           Kandidate moet ENIGE TWEE kunswerke kies om te bespreek:

           FIGURE 7b

           •   Die uitbeelding van die mens se liggaam en die veranderende idees
               van skoonheid

           In FIGUUR 7b, word skoonheid uitgebeeld deur gesonde en geronde liggame.
           Daar was 'n groter waardering van die voller sensuele vroulike liggaam. In die
           geskiedenis is die vrou se rol sinoniem met moederskap en daarom het die
           kunstenaar hul wye heupe beklemtoon as verwysing na hulle vrugbaarheid.

           •   Die houding en liggaamsposisie van die vroue in die kunswerke

           Die Drie Grasieë uit Griekse mitologie stel die drie dogters van Zeus voor. Hulle
           versinnebeeld Vrolikheid, Elegansie en Jeug/Skoonheid. Die vroue is baie
           gemaklik met hul naakliggame. Die drie vroue lyk ook gemaklik in mekaar se
           teenwoordigheid en is vervleg in 'n sirkel en raak aan mekaar. Die twee aan die
           linkerkant se arms is verbind aanmekaar en kyk na mekaar. Die sentrale figuur
           strek haar arm na die figuur aan die regterkant, wat in die van die sirkel inkyk.
           Hulle staan in 'n contrapposto-liggaamsposisie, met die gewig op een been, wat
           terugverwys na Klassieke Griekse beeldhouwerk.

           •   Die impak van kleur

           Rubens skilder met natuurlike kleure en tonale graduering om sy onderwerpe
           in 'n naturalistiese styl uit te beeld. Die figure is helderder en staan uit teenoor
           die donkerder agtergrond en die blou lug. Die kleure is harmonieus met ligte,
           sagte tonale waardes in die figure.

           •   Die verhouding tussen die kunswerk en die konvensionele idee van
               skoonheid

           Die werk daag nie die konvensionele idees van die skoonheid van die tyd uit
           nie. Dit versterk eerder die idee dat vroue as voorwerpe van skoonheid beskou
           word met sagte houdings en hul porselein velle asook die sagte gloei wat hulle
           omring. Hierdie tipe kunswerke is dikwels gemaak vir 'n manlike kykers deur
           die vrouefigure aan te bied as mitologiese karakters.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Visuele Kunste/V1                            19                            DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

           FIGUUR 7c

           •   Die uitbeelding van die mens se liggaam en die veranderende idees
               van skoonheid

           Na die Tweede Wêreldoorlog in die 1920s was daar 'n 'nuwe vrou' wat begin
           werk het en na haarself gekyk het. Dit was die begin van feminisme.
           Dix beeld 'n persoon uit wat meer androgeen lyk, met kort hare en wat haar
           gesig wit met rooi lipstiffie opgemaak het. Sy is uitgebeeld met groot hande, 'n
           geboë figuur, terwyl sy op haar eie rook en drink. Sy was die voorstelling van
           'n nuwe bevryde en intellektuele vrou.

           •   Die houding en liggaamsposisie van die vroue in die kunswerke

           In die 1920s sou dit ongewoon gewees het om 'n vrou alleen te sien sit by 'n
           klein tafeltjie terwyl sy rook en drink, soos ons sien in FIGUUR 7c. Dit sou meer
           verwag wees om 'n man te sien sit wat alleen sit en rook en drink in die publiek.
           Von Harden lig haar hand met haar sigaret asof sy in die middel van 'n gesprek
           is, terwyl sy haar hande gebruik in 'n gebaar asof sy besig is om te praat. Sy
           staar verby die kyker met 'n intense blik. Von Harden kom voor as hardkoppig
           en nadenkend, wat haar rol as joernalis eggo. Dit kom voor asof sy betrokke is
           in 'n intellektuele gesprek.

           •   Die impak van kleur

           Terwyl Von Harden is nie uitgebeeld is in 'n konvensionele sagte en vroulike
           manier nie, het Dix pienk in die agtergrond gebruik, wat sinoniem is met
           vroulikheid. Von Harden is aangetrek in rooi wat kras lyk teenoor die pienk
           agtergrond.

           •   Die verhouding tussen die kunswerk en die konvensionele idee van
               skoonheid

           Hierdie portret van Sylvia von Harden is nie 'n tradisionele uitbeelding van vroue
           in die 1920s nie. Dix trek aandag die onderwerp se karakter as iemand wat
           haarself laat geld eerder as om haar voorkoms te beklemtoon, deur te verwys
           na haar rol as 'n joernalis in die titel. Dit dui ook op haar posisie as werkende
           persoon in die 1920s

           FIGURE 7d

           •   Die uitbeelding van die mens se liggaam en die veranderende idees
               van skoonheid

           In FIGUUR 7d, het Saville die tradisionele idee van skoonheid omgekeer deur
           die figuur wat uittroon bo die kyker of die kyker kyk op na die figuur. Sy gee ook
           'n verwringde en onvleiende aansig van die figuur. Sy oordryf die vorms en
           beklemtoon die verf-aanwending as uitbeelding van die skoonheid van vel. Sy
           beklemtoon die figuur se arms omdat sy die blomstingels vashou in 'n sterk
           greep. Sy kom voor as sterk. Die beknopte aansig en voorverkorting maak dat
           sy groter lyk.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Visuele Kunste/V1                            20                            DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

           Die bruid is uitgebeeld in 'n wit rok, 'vratte en al' en is nie geïdealiseerd nie.
           Hierdie werklikheid kontrasteer met die kontemporêre verwagting van bruide
           om te streef om 'n slanke figuur te hê.

           •   Die houding en liggaamsposisie van die vroue in die kunswerke

           Jenni Saville se The Bride wys 'n onkonvensionele uitbeelding van 'n bruid van
           baie naby en van onder af. Sy kyk nie na die kyker om haar gesig te wys, soos
           in troufoto's nie. Sy dra nie 'n versierde en mooi trourok nie en haar hare en
           grimering is nie gedoen nie. Sy lyk asof sy haar onderklere dra, terwyl sy die
           blomme vashou en 'n sluier dra.

           •   Die impak van kleur

           Ons assosieer dikwels suiwer wit met trourokke as historiese simbool van
           suiwerheid en maagdelikheid. Saville gaan teen hierdie idee in deur pienke as
           ligpunte op die onderklere te gebruik met blou en grys as die skaduwees. Die
           ontwrigtings van verskillende toonwaardes druis in teen die suiwer, skoon, wit
           voorkoms.

           •   Die verhouding tussen die kunswerk en die konvensionele idee van
               skoonheid

           Die bevestigende voorkoms van haar liggaamsposisie suggereer dat sy
           gemaklik is in haar eie vel. Die bruid val nie in by die konvensionele prente van
           bruide nie. Sy is nie besig om enige iemand se eiendom te word nie. Jenni
           Saville skilder 'n ander tipe skoonheid van ons tyd. Die vrou se gesig is gesond
           en dit is 'n positiewe liggaamsbeeld wat vier dat sy 'n sensuele vol figuur het en
           'n sterk vrou is.

           FIGURE 7e

           •   Die uitbeelding van die mens se liggaam en die veranderende idees
               van skoonheid

           Die vrou in FIGUUR 7e dra 'n swembroek wat haar bors, arms en bene
           ontbloot. Sy kom natuurlik voor, sonder 'n opgesmukte haarstyl en grimering.

           •   Die houding en liggaamsposisie van die vroue in die kunswerke

           Die werk is 'n viering van die skoonheid van jeug. Daar is ook 'n viering van
           'natuurlike' skoonheid waar grimering nie gedra word nie, iets wat populêr
           gemaak is deur bekendes in die afgelope paar jaar.

           •   Die houding en liggaamsposisie van die vroue in die kunswerke

           FIGUUR 7e wys 'n vrou wat met gekruisde bene sit, haar arm op haar knie en
           ken op haar hand. Sy staar in die verte in. Sy kyk nie na die kyker nie. Sy lyk
           ontspanne en is nie bewus dat sy deur die kyker aanskou word nie.                       (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 21

Visuele Kunste/V1                            21                          DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

           •   Die impak van kleur

           Die blou reëndruppelvorms is deurskynend en oorvleuel gedeeltelik met die
           swart en wit monochromatiese toonwaardes van haar gesig en liggaam, sonder
           om die liggaam te bedek. Die blou reëndruppels maak 'n direkte verwysing na
           die titel. Dit kan die patroon van 'n handdoek waarop die figuur sit, suggereer.
           Die blou verwys ook na water omdat sy geklee is om te gaan swem. Blou
           oorheers die komposisie van die kunswerk. Die rooi van die uitgesnyde
           blompatroon rondom haar nek, kontrasteer met die swart en die blou. Dit
           verwys na tradisionele kantkrae wat deur koninklike vroue gedra is, en op
           daardie manier is dit in teenstelling met die baie gemaklike liggaamsposisie en
           kleding.

           •   Die verhouding tussen die kunswerk en die konvensionele idee van
               skoonheid

           Die kunswerk vier die natuurlike skoonheid van die vrou omdat sy nie grimering
           dra nie en haar hare is opgebind. Dit lyk asof sy langs 'n swembad sit en sy is
           gemaklik in haar eie vel, sonder om in te val met tradisionele idees van
           skoonheid.

 7.3       Kandidate moet 'n opstel skryf oor TWEE kunswerke (EEN kunswerk per
           kunstenaar) wat kommentaar lewer op geslagskwessies.

           Hulle mag die volgende riglyne gebruik:

           •   Kort beskrywing van die kunswerk
           •   Media en tegniek
           •   TWEE formele kunselemente
           •   Geslagskwessies wat verken word                                                    (8)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Visual Arts P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/89964ed8-7d6d-410c-9e9f-88a3a9064c03) — Visual Arts · QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a74e4f3f-9b54-4c1d-8d17-73e4bdfb696a) — Visual Arts · QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2020-memo-afr/9ab64cab-f381-4897-92e5-9e5f0c5afd1b) — Visual Arts · Memo · 2020 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2019-memo-afr/0359327e-421b-454e-846a-06383b1ccbb5) — Visual Arts · Memo · 2019 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2019-memo-eng/3a9fe7a1-d953-4484-9926-c85d0e9d1fec) — Visual Arts · Memo · 2019 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2018-final-memo-eng/f8b23e8c-b990-4025-a958-051e75d2a57b) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-eng/3d5cbc49-cf9a-44ea-9525-64a46827a9df) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-eng/4c1ae77c-1e3b-486b-adca-8c3be8f50794) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-afr/1f8dfdd3-27f3-43ab-a863-eb10bb492c79) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
