# Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 26 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                VISUELE KUNSTE V2

                                     (PRAKTIES)

                        28 JULIE 2025–24 OKTOBER 2025

PUNTE: 100

TYD:    ONDERWERP 1: Moet gedurende die 3de kwartaal by die skool en/of by die
                     huis gedoen word                                     [50]
        ONDERWERP 2: Moet gedurende die 4de kwartaal onder gekontroleerde
                     omstandighede SLEGS by die skool gedoen word:
                     'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur [50]

                        Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye.
                     Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Visuele Kunste/V2                          2                          DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

         ONDERWERP 1: BRONBOEK
         ONDERWERP 2: KUNSWERK

2.       Jy moet beide ONDERWERP 1 (Bronboek) EN ONDERWERP 2 (Kunswerk)
         voltooi.

3.       In hierdie eksamen word daar van jou verwag om die volgende vaardighede
         te toon:

         •   Pas gevorderde benaderings onafhanklik en kreatief toe om idees in
             reaksie op 'n projek-opdrag te genereer.
         •   Toon 'n gevorderde graad van tegniese vaardigheid met die gebruik van 'n
             verskeidenheid materiale en tegnieke.
         •   Los visuele en konseptuele probleme op met die skepping van
             verbeeldingryke en innoverende kunswerke deur 'n persoonlike, visuele
             taal te gebruik.
         •   Bestuur jou tyd en die werkproses doeltreffend.
         •   Bied jou eie werk op 'n professionele manier aan wat die ekspressiewe en
             konseptuele impak van die werk versterk.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Visuele Kunste/V2                          3                         DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

EKSAMENVEREISTES       2025

ONDERWERP 1:
•  Jy mag by die skool en by die huis aan die bronboek werk.
•  Jy MOET hierdie bronboek duidelik as eksamenwerk merk en dit saam met jou
   finale kunswerk, ONDERWERP 2, aanbied.
•  Jy MOET die vraestel met jou Visuele Kunste-onderwyser bespreek voordat jy
   met die finale kunswerk begin. Jou onderwyser sal help deur jou in jou kreatiewe
   proses in die bronboek te lei.
•  Jy mag in jou bronboek aanhou werk tot aan die einde van die 24-uur-eksamen,
   wat finale veranderinge en idees moontlik sal maak.

ONDERWERP 2:
•  Die eksamenwerk moet onder toesig in die teenwoordigheid van 'n toesighouer in
   die kunslokaal voltooi word, deur 'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van
   24 uur te gebruik. ALLE KUNSWERKE in ENIGE MEDIA moet onder toesig
   gedurende die 24-uur-eksamen gedoen word.
•  Jy mag NIE die kunswerk uit die eksamenlokaal verwyder NIE. Dit word as 'n
   eksamenonreëlmatigheid beskou.
•  Die Visuele Kunste-onderwyser moet beskikbaar wees om met tegniese probleme
   te help, maar jou onderwyser mag jou nie gedurende die 24 uur met die kunswerk
   help nie.
•  Vir digitale kunswerke, bv. fotografie of video, moet die SD-kaart, geheuekaart of
   enige ander storingstoestelle/-kaarte vir die duur van die eksamen by die skool
   bly.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Visuele Kunste/V2                           4                           DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

EKSAMENRIGLYNE

Jou finale kuns- praktiese eksamen in graad 12 verteenwoordig die hoogtepunt van jou
kunsstudies hierdie jaar. Jou kreatiwiteit, oorspronklikheid en vaardigheid sal ten toon
gestel word.

ONDERWERP 1: BRONBOEK (Konseptualisering deur                   die   ontwikkeling    en
             verwesenliking van kreatiewe idees)

                      'Kreatiwiteit verg moed.' – Henri Matisse

Die bronboek vorm 'n belangrike deel van hierdie eksamen.

Die bronboek moet gebruik word om jou kreatiewe idees te ontwikkel deur navorsing,
die ondersoek van tegnieke, tekening en die kombinasie van prosesse en idees wat
ondersoek is.

Die volgende riglyne moet saam met die prikkels op bladsy 7 gelees word om die
proses te verryk:

•    'n Minimum van 30% behoort tekeninge te wees (van eenvoudige lyntekeninge/-
     sketse tot tonale tekeninge) om konsep-ontwikkeling te verduidelik.
•    Groot klem word op die proses van TRANSFORMASIE (VERANDERING) van die
     bronmateriaal geplaas. As jy geskikte ontleende visuele beelde moet gebruik,
     moet jy dit met jou eie, oorspronklike visuele beelde kombineer of die visuele
     beelde betekenisvol verander om JOU EIE INTERPRETASIE TE ONTWIKKEL.
     Direkte kopiëring uit tydskrifte, die internet, ens. word NIE toegelaat NIE.
     Direkte kopiëring van 'n visuele beeld wat nie jou eie is nie, SAL
     GEPENALISEER WORD. Dit is 'n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar.
•    Die bronboek moet al die denkprosesse wat tot die maak van die kunswerk gelei
     het, duidelik oordra deur visueel die 'storie' te vertel van hoe jou kunswerk
     uitgedink, ontwikkel en geskep is deur tekening, eksperimentering en skryfwerk.
     Dit moet jou individualiteit en kreatiwiteit as 'n Visuele Kunste-kandidaat
     weerspieël.
•    Die bronboek vir nuwe media/multimedia/digitale kuns/fotografie moet bewyse van
     jou denkprosesse wat tot die finale kunswerk gelei het, toon. Buiten die bestaande
     kriteria, soos teken en tegniese verkenning, moet die bronboek die volgende
     insluit:
    o    Konsep-ontwikkeling (duimnaelsketse, skryfwerk en/of 'n storiebord)
    o    Eksperimentering met visuele beelde en tegnieke, die insluiting van ander
         materiale, bv. collage of stikwerk, of deur digitale collage-beelde
    o    Dokumentasie van prosesstappe, bv. skermskote wat die redigeringsbesluite
         wat gemaak is, dokumenteer; die gereedskap wat die kandidaat gebruik het
         om sy/haar beelde te manipuleer

In alle praktiese dissiplines moet die kunswerk uit die bronboek ontwikkel. Daar
moet 'n duidelike skakel tussen die ontwikkeling in die bronboek en die finale
kunswerk wees.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Visuele Kunste/V2                             5                          DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK (Die maak van kreatiewe kunswerke, die bestuur
             van die proses en aanbieding, deur veilige praktyk te volg)

                     Lewe is kuns. Ek skei dit nooit nie.' – Ai Weiwei

•    Jou kunswerk moet 'n uitdrukking van jou eie ervarings, idees en gevoelens wees
     om jou storie te vertel. Interpreteer die onderwerp op 'n manier wat relevansie en
     betekenis vir jou het.

•    Daar word van jou verwag om EEN kunswerk te maak in die praktiese dissipline
     wat jy hierdie jaar gekies het en waarin jy die meeste selfvertroue het.

•    Gespesialiseerde opsies sluit in: teken, skilder, beeldhouwerk, drukkuns,
     multimedia-werk, fotografie, installasies, nuwe media, ens. Jy het die vryheid om
     oor dissiplines heen te werk. Dit stem ooreen met kontemporêre kunspraktyke wat
     gedurig ontwikkel. 'n Gespesialiseerde fokus op skilder kan die ondersoek na
     driedimensionele werk en nuwe media insluit.

•    Jou kunswerke moet gerig wees op die kriteria van die vak Visuele Kunste en nie
     volgens die gespesialiseerde dissiplines, bv. skilder of fotografie, nie. Daar moet
     dus 'n balans tussen tegniese (vorm) en konseptuele (inhoud) binne jou gekose
     benadering wees. Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van
     kuns, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, verhouding
     en komposisie.

•    In enige van die praktiese dissiplines kan jy jou werk aanbied as 'n enkele stuk of
     moontlik in die vorm van 'n diptiek, triptiek of 'n reeks werke wat as een werk
     gelees word.

•    Daar is geen beperkings op grootte nie, maar die kunswerk moet hanteerbaar en
     duursaam wees ten opsigte van vervoer na die eksamensentrum, indien die
     provinsie dit vereis. Oorweeg die skaal en formaat van jou kunswerk om jou idees
     die beste oor te dra.

•    Daar is geen spesifieke voorskrifte ten opsigte van die styl van die werk nie. Dit
     kan naturalisties, ekspressionisties, dekoratief, ens. wees.

•    As jy kies om met digitale kuns, video en fotografie te werk, moet jy nie te veel op
     sagteware of digitale prosesse staatmaak om visuele effekte te skep nie. Jy moet
     egter jou medium/tegnologie bewustelik gebruik om jou visuele beelde te
     transformeer. Die medium is 'n hulpmiddel om verbeeldingryke, konseptuele en
     artistieke elemente te realiseer. In tweedimensionele digitale werk of fotografie
     kan die finale kunswerk nie slegs 'n A4-afdruk wees nie. Dit moet 'n reeks van 'n
     minimum van DRIE A4-werke wees wat 'n storie uitbeeld OF dit moet op A2 of
     groter en gedruk gemonteer wees en 'n selfstandige storie uitbeeld.

•    As jy kies om met video te werk, moet jy die klankbaan sorgvuldig oorweeg om te
     voorkom dat jy 'n 'musiekvideo'-gevoel aan die werk gee wat die boodskap gaan
     teenwerk.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Visuele Kunste/V2                               6                      DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

•    As jy kies om met 'n installasie te werk, moet kunswerke ten volle opgelos word,
     beide tegnies en konseptueel, in die eksamenlokaal en onder toesig. Videokuns
     en animasies word gewoonlik in kunsgalerye en kunsmuseums in 'n groot formaat
     aangebied om die kyker met 'n totale sensoriese ervaring te oorweldig. Alhoewel
     dit in die meeste skole nie moontlik is nie, moet kandidate die impak van die werk
     op 'n rekenaarskerm oorweeg.

•    As jy kies om met gebeurteniskuns/optredekuns ('performance art') te werk, moet
     jy sorgvuldig aandag skenk aan die subtiele verskille tussen opvoering as Visuele
     Kunste en opvoering as Dramatiese Kunste. Vir die finale eksamen sal die
     dokumentasie van die opvoering geassesseer word en nie die werklike opvoering
     nie as gevolg van die aard van die eksamen- en modereringsproses.

•    Kreatiwiteit en individualiteit is belangrik.

Die visuele beelde wat in die kunswerke gebruik word, moet voldoen aan die
skool se gedragskode volgens die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet 84 van
1996).

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Visuele Kunste/V2                                7                            DBE/November 2025
                                            NSS Vertroulik

INSTRUKSIES

Elke kunstenaar volg 'n ander roete tydens die skeppingsproses. Die prikkelwoorde
hieronder kan in enige volgorde gebruik word om jou met die ontwikkeling van jou
bronboek te help. Jy mag hierdie bladsy fotokopieer en die prikkels individueel uitknip.
Plak dit in jou bronboek as opskrifte in enige volgorde wat op jou skeppingsproses
betrekking het. Elkeen van hierdie stappe kan jou help om jou navorsing te verdiep en
verskillende benaderings te probeer.

VRA                                              KYK
VIND DIE PROBLEEM                                VERKRY DIE KENNIS

Ondersoek die tema van die opdrag.               Kyk rondom jou: Doen navorsing en versamel.
                                                 Navorsing van kunswerke. Versamel materiaal
                                                 wat jou inspireer.

LEER                                             SPEEL
VERSAMEL VERWANTE INLIGTING                      ONTWIKKELING

Dink aan die dinge wat jy met die tema           Eksperimenteer met media. Oefen jou
assosieer.                                       tegnieke. Neem risiko's deur nuwe dinge met
Dinkskrum. Persoonlike besinning.                jou tegniek te probeer.

DINK                                             INTEGREER
GENEREER IDEES                                   KOMBINEER IDEES

Neem foto's. Skep collages. Maak                 Speel rond met idees. Soek na onverwagse
tekeninge.                                       kombinasies. Skakel sommige idees uit en
                                                 voeg ander by. Eksperimenteer verder om
                                                 nuwe moontlikhede te ondersoek.

                    KIES
                    KIES DIE BESTE IDEES

                    Maak finale komposisietekeninge met besluite oor
                    die media wat jy gekies het.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Visuele Kunste/V2                        8                        DBE/November 2025
                                    NSS Vertroulik

                             PLEK

           Nubokho Nqaba, Umaskhenkethe (Plastieksakke), kleurfoto, 2012.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Visuele Kunste/V2                          9                         DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

                     HENRY MOORE – Oorlogstekeninge

Henri Moore was 'n beroemde beeldhouer van die 20ste eeu. Gedurende die Tweede
Wêreldoorlog het hy hom tot teken gewend. Sy tekeninge toon die impak van plek op
sy artistieke ontwikkeling. In dié geval, die tyd wat hy gedurende die oorlog in die
ondergrondse treintonnels deurgebring het.

           Henri Moore, Bomskuilingtekeninge, gemengde media, c. 1942.
                                                        Bombardering gedurende
Vra: Ondersoek die tema
                                                             1940–1941
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die
Duitse Lugmag nywerheidsdorpe en -stede
gebombardeer. Dit was 'n donker tydperk in die
Britse geskiedenis.

Die bomwerpers wat hoog in die lug was, was
ver verwyder van hulle impak op mense se
lewens.

                                                           Foto van twee
                                                       bomwerpervliegtuie, 1940.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Visuele Kunste/V2                           10                             DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

Dink: Genereer idees                                    In die ondergrondse treintonnels

Ongeveer 100 000 Londenaars het snags in
ondergrondse tonnels gaan skuil.

Moore het die menslike lyding daar onder in die
tonnels ervaar. Vreemdelinge het langs mekaar
beland en op die vloer geslaap. Die ruimte was
donker, beknop en vreesaanjaend, soos in sy
tekeninge gesien.

Kyk: Navors en versamel

Henry Moore het, uit respek vir die mense wat
gely het, nie van die lewe geteken nie. Maar,
hy het aantekeninge gemaak en wanneer hy na
sy ateljee teruggekeer het, het hy hierdie
tekeninge uit sy geheue geskep. Dit toon die
lyding van die Londenaars.

Moore was 'n beeldhouer, maar hy was tot
teken beperk weens die beperkings van die
oorlog.

                                                           Henri Moore, Bomskuiling-
                                                        tekeninge – Sittende Moeder en
                                                        Kind, potlood, waskryt, waterverf,
                                                               pen en ink, c. 1940.

Speel: Oefen tegnieke                                     Kunsmateriale vertel 'n storie

Moore het eksperimentele tekeninge met baie
verskillende media geskep. Die materiale wat
hy gebruik het, roep die gevoel van die tonnel
op. Die onheilspellende donkerte van sy
waterverf beeld die gebrek aan lig ondergronds
uit, en die tekstuur wys na die vuil oppervlakke
van die tonnel.

                                                          Henry Moore, Bomskuiling-
                                                          tekening, potlood, waskryt,
                                                         waterverf, pen en ink, c. 1940.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Visuele Kunste/V2                           11                        DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

Leer: Versamel inligting

Moore se kuns het ontwikkel uit dit wat hy om
hom gesien en ervaar het. Die ingeperkte
ruimte van die tonnel het Moore se uitbeelding
van sy figure beïnvloed. Die liggame is in hegte
komposisies teen die mure opgedruk.

Kies

Met verloop van tyd het die figure in die
tekeninge meer verwronge geraak. Die
toenemend geabstraheerde vorme van sy
tekeninge sou later sy beeldhouwerkvorme
beïnvloed.

Integreer: Kombineer idees

Met verloop van tyd het Moore die vorme van             Uitstalling van Moore se
sy beeldhouwerke verder vereenvoudig na                      beeldhouwerke
skaars herkenbare organiese figure.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Visuele Kunste/V2                            12                            DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

                                       PLEK
'n Plek vertel 'n storie.

Die plekke waarin ons onsself bevind, raak deel van ons storie.

Soos die mense in Henry Moore se kunswerke het ons 'n impak op die plekke wat
ons beset, en die plekke waar ons tyd bestee, het 'n impak op ons.

Kunswerke oor plek kan die kyker iets oor die voorkoms van die plek vertel. Die
kunstenaars kan ons die voorkoms van 'n interieur, 'n landskap of geboue wys met die
fokus op details soos lig, die weer of teksture.

Kunstenaars kan die karakter van 'n plek vasvang – die stemming en gevoel daarvan.

Kunswerke kan aan ons die aktiwiteite wat plaasvind, wys of hulle kan ons wys hoe
mense deur plek beïnvloed word.

Plek kan 'n binne-plek óf 'n buite-plek óf 'n ervaring van 'n plek wees.

Sekere plekke verbind ons met ons familie of 'n gemeenskap.

In sommige plekke konnekteer ons met die landskap of die natuurwêreld.

Soms hou ons vas aan fisiese herinneringe van 'n plek om ons verbintenis met die
plek te behou.

               George Pemba, Breakfast (Ontbyt), olieverf op bord, 1993.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Visuele Kunste/V2                          13                         DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

                      Die plek waar jy behoort
Baie kunstenaars dra in kunswerke 'n gevoel van veiligheid en behoort oor, oor die huis-
of skoollewe. Hierdie kunswerke vertel ons iets oor die plek, maar hulle wys ons ook die
mense in die plek: wat hulle in die ruimte doen, die voorwerpe wat hulle gebruik, hoe
mense voel wanneer hulle in die plek is en hoe die plek mense saambring.

                     Die plek waar jy behoort: huis

    Njideka Akunyili Crosby, Super Blue Omo, gemengdemedia-skildery (akrielverf,
       kleurpotlode en collage-prente uit foto's, tydskrifte en advertensies), 2016.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Visuele Kunste/V2                            14                       DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

                     Gerard Sekoto, Mother and Baby (Moeder en Baba),
                              olieverf op doek, datum onbekend.

                    Pierre Bonnard, Nude in Bathtub (Naakfiguur in Bad),
                               olieverf op doek, c. 1940–1946.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Visuele Kunste/V2                          15                        DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

        Pieter Hugo, In Sipho Ntsibande's Home, Soweto (from the series Kin)
     (In Sipho Ntsibande se Huis, Soweto (uit die reeks Familie), kleurfoto, 2013.

    Vincent van Gogh, Still Life with a Plate of Onions (Stillewe met 'n Bord Uie),
                                 olieverf op doek, 1889.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Visuele Kunste/V2                          16                        DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

     Phillemon Hlungwani, Vamanana Lava Tirhaka Hi Ku Ti Yimisela Xikwembu
      Xa Katekisa (God Seën Vroue wat met Ywer en Vasberadenheid werk),
                   houtskool en pastel op papier, datum onbekend.

                Gerard Sekoto, Women in the Fields (Vroue in die Velde),
                           olieverf op doek, datum onbekend.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Visuele Kunste/V2                          17                           DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

                Vincent van Gogh, Houses and Figure (Huise en Figuur),
                                olieverf op doek, 1890.
                          Van Gogh het uit sy geheue geskilder.

                     Die plek waar jy behoort: skool

Andries Gouws, Grahamstown residence                   Trevor Makhoba, Bravissimo,
    room, open curtains, 2nd version                       olieverf op bord, 1997.
   (Grahamstad-koshuiskamer, oop
         gordyne, 2de weergawe),
      olieverf op doek, 2009–2011.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Visuele Kunste/V2                           18                          DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

                     Jou plek op Aarde: die landskap
               Landskappe toon die natuurwêreld en ons plek in die wêreld.

Jake Aikman, In Your Own Time         Jake Aikman, Sea-Sea           Jake Aikman, HR
        (Op Jou Eie tyd),           after Richter (See-See ná      Seascape Aggregate
     olieverf op linne, 2023.       Richter, olieverf op doek,     IV (HR-seelandskap
                                              2007.                  Versameling IV),
                                                                      olieverf op bord,
                                                                         2019–2022.

Alhoewel sommige van Jake Aikman se seelandskappe naturalistiese studies van die see
is, het hy ook die verf gebruik om die kwaliteit van die landskap oor te dra. In See-See ná
Richter drup die verf soos die water van die branders. In HR-seelandskap Versameling
IV is die verf dik en ondeursigtig en voel dit benouend soos om deur 'n rowwe see te loop.

     Arthur Buthelezi, Night Scene in a Zulu Kraal (Nagtoneel in 'n Zoeloe-kraal),
                                olieverf op doek, 1947.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Visuele Kunste/V2                           19                         DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

                  Johann Louw, In the Empty Landscape with a Reptile
              (In die Leë Landskap met 'n Reptiel), olieverf op doek, 2022.

            Jou plek op Aarde: uitbuiting van die land

           William Kentridge, Colonial Landscapes (Koloniale Landskappe),
                           houtskool en pastel op papier, 1996.

William Kentridge het illustrasies verwerk wat uit 'n keurversameling met die titel Africa
and Its Exploration as Told by Its Explorers (1891) geneem is. Kentridge was
geïnteresseerd in wat van daardie plekke – verlate en vervalle – geword het.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Visuele Kunste/V2                            20                          DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

                     Jou plek deur materiale uitgedruk
          Kunstenaars het met materiale wat van 'n spesifieke plek kom, gewerk
                       om die plek te simboliseer of te herdenk.

                                               Unite het terreinspesifieke materiale van
                                               nywerheids- en mynterreine gebruik om
                                               poeierpastelle vir hierdie grootskaalse
                                               tekeninge te maak. Sy het metaaloksiede,
                                               pigmente, kalsium, koolstof en diamantgruis
                                               gebruik.

  Jeanette Unite, Headgear Mine Shaft
      (Hoofbedekking-mynskag),
   poeierpastelle van pigmente, 2013.

Emma Willemse het parketvloerblokkies
van die huis waar sy gewoon het, gehou.
Die vloerblokkies het 'n fisiese herinnering
aan die plek geword en 'n manier om die
ontasbare oomblikke wat op daardie vloer
plaasgevind het, te onthou.

                                                 Emma Willemse, How to Remember a
                                                  Home (Traces) (Hoe om 'n Huis te
                                                 Onthou (Spore)), muurinstallasie met
                                                      houtvloerblokkies, 2011.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Visuele Kunste/V2                         21                        DBE/November 2025
                                     NSS Vertroulik

        Alexandra Karakashian, Shifting Grounds II (Verskuiwende Gronde II),
                            motorkar-olie op doek, 2015.

Karakashian het skilderdoeke met motorkar-olie bevlek om die vernietigende effek van
oliestortings op die omgewing te toon.

   Anselm Kiefer, Nuremberg (Neurenberg), akriel, emulsie en strooi op doek, 1982.

Anselm Kiefer se werke hou verband met Duitsland se verlede, spesifiek die Tweede
Wêreldoorlog. Sy dik, impasto-oppervlak suggereer die nasleep van 'n oorlogsveld.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 22

Visuele Kunste/V2                                    22                               DBE/November 2025
                                                NSS Vertroulik

                                 Waar voel jy                        Waar is die
                                   veilig?                           plek waar jy
                                                                      behoort?

          Hoe voel jy in
          die landskap?                    Watter kunsmateriale of                      Wat is jou
                                          nie-kunsmateriale kan jou                    verhouding
                                          ervaring of gevoel van die                     met die
                                            plek die beste oordra?                     landskap?

              Is daar spesiale
                plekke wat jy
             onthou, maar nie
                                                                        Is daar plekke wat 'n
                meer besoek
                                                                         impak op jou lewe
                    nie?
                                          Is daar voorwerpe of               gehad het?
                                           items wat jou aan 'n
                                              plek verbind?

          Hoe kan die landskap
          aandag gee aan breër
             kwessies soos
             politieke en/of                                      Is daar materiale
          omgewingskwessies?                                      wat van die plek
                                                                        kom?

 Jou kunswerk oor plek kan 'n binne- of buite-plek wees, 'n landskap, 'n stillewe, 'n
 portret of 'n abstrakte kunswerk. Dit moet egter vir die kyker 'n gevoel van jou
 persoonlike stem gee.

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 23

Visuele Kunste/V2                         23                           DBE/November 2025
                                     NSS Vertroulik

ASSESSERING

ONDERWERP 1: BRONBOEK

  ASSESSERINGS-                     Dit sluit die volgende in:                  Gewigs-
     KRITERIA                                                                 toekenning
Konsep-ontwikkeling    •   Breinkaarte, sketse met aantekeninge en                25%
                           tekeninge om konsep-ontwikkeling te toon
Navorsing, ondersoek, •    Dit moet 'n paar van of al die volgende insluit:       25%
eksperimentering,           o Sketse, tekeninge, foto's, visuele
ens.                            beelde, versamelde gedigte, lirieke en
                                enige ander materiaal wat jou inspireer
                            o Navorsing oor kunstenaars wat jou
                                inspireer
                            o Eksperimentering met media en/of
                                verskillende tegnieke
                       •   Alle materiaal moet met die ontwikkeling van
                           jou werk verband hou en jou besluite
                           ondersteun.
Prosestekeninge        •   Ten minste 30% moet tekeninge wees om                  25%
                           jou konsep-ontwikkeling te verduidelik.
Aanbieding en          •   Visueel interessant en toon 'n persoonlike             25%
algehele voorkoms          benadering
                       •   Jou bronboek moet gemiddeld uit
                           8–10 bladsye bestaan.
                                                                TOTAAL             50

ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK

   ASSESSERINGS-                            Dit sluit die volgende in:
       KRITERIA
Keuse en gebruik van       •   Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens die konsep
materiale/tegnieke         •   Veilig en hanteerbaar
                           •   Tegniese vaardigheid
Gebruik van formele        •   Die belangrikheid van die elemente en beginsels van
kunselemente                   kuns, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, balans,
                               harmonie, proporsie/verhouding en komposisie
Geheelindruk van werk –    •   Ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone
oorspronklikheid,              antwoorde/oplossings
kreatiwiteit, innovering
Vertolking/Interpretasie   •   'n Persoonlike interpretasie van 'n tema
en praktiese               •   Eksperimentering
implementering van         •   Probeer nuwe uitdagings
navorsing
Voltooiing en aanbieding   •   Aandag aan detail
van kunswerk               •   Taak in toegelate tyd voltooi
                           •   Aanbieding volgens taak
TOTAAL                                                                             50
GROOTTOTAAL                                                                       100

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 24

Visuele Kunste/V2                            24                             DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

                     ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK

                     Assesserings-/Modereringsrubrieke/-instrumente

Uitstaande    90–100% •     Die kandidaat het baie idees ontwikkel; het ongewone kombinasies
                            of veranderinge probeer voor een finale idee gekies is; het
                            verbindings met vorige kennis gemaak; bemeester probleem-
                            oplossingsvaardighede.
                        •   Poging is veel meer as wat vereis was.
                        •   Die 'WOW'-faktor is duidelik.
                        •   Werk toon groot mate van innovering.
                        •   Die werk as 'n geheel is vol selfvertroue en spreek tot 'n mens; dit
                            vang die kyker vas met die uitstaande visuele eienskappe.
                        •   Die werk toon duidelik 'n oorspronklike visie, 'n verskeidenheid
                            innoverende idees en/of die neem van risiko's en vindingryke
                            artikulasie van 'n wye reeks elemente en beginsels.
                        •   Inhoud/Konseptuele rykdom van die werk is uitstekend.
                        •   Uitstaande en oorspronklike aanbieding; buitengewone vermoë;
                            kreatiewe rykheid; insiggewend; vlot; hoë vaardigheid; waarneming
                            en kennis kragtig uitgedruk; ondersteun deur 'n oorspronklike of
                            ongewone keuse van relevante visuele verwysings.
Uitstekend    80–89%    •   Treffende     impak;    gedetailleerd;   goed    georganiseerd     en
                            samehangend; afgerond; vaardigheid duidelik; ondersteun deur
                            oorspronklike/ongewone/relevante visuele verwysings; aanbieding
                            oorspronklik en oorwoë; minder beslis; 'n paar geringe foute sigbaar.
                        •   Die meeste van die bostaande, maar sonder die 'WOW'-faktor.
                        •   Dikwels uitstekende tegniese vaardighede, maar nie so innoverend
                            nie OF baie innoverend, maar 'n gebrek aan tegniese rykheid.
Baie goed     70–79%    •   Goed georganiseerd, soos hierbo, maar 'n gebrek aan die 'glans en
                            sprankel' (minder oortuigend ten opsigte van verbeelding, kreatiwiteit
                            en innovering); goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud;
                            ondersteun deur 'n goeie keuse van relevante visuele verwysings;
                            duidelike sorg en moeite gedoen met oorspronklike aanbieding; 'n
                            paar ooglopende teenstrydighede/tekortkominge sigbaar.
                        •   Goeie bewyse van moeite en toewyding.
                        •   Interessant/Innoverend/Kreatief, maar nie tegnies afgerond nie.
                        •   Tegnies goed, maar gebrek aan konseptuele rykheid of andersom.
Goed          60–69%    •   Die werk toon 'n mate van oorspronklikheid; duidelike bedoeling;
                            oortuigend; eenvoudige direkte gebruik van medium; toon begrip,
                            maar neig soms na die alledaagse en stereotiepe reaksie; voldoende
                            keuse van relevante visuele verwysings; redelik moeite gedoen met
                            aanbieding; steurende/ooglopende teenstrydighede.
                        •   Goeie vlak van bevoegdheid.
Gemiddeld     50–59%    •   Voldoende; voel meganies; nageboots of gekopieer; min insig.
                        •   Verbeeldingloos; enkele visuele verwysings nie altyd duidelik
                            geïdentifiseer nie.
                        •   Billike aanbieding; baie steurende teenstrydighede.
                        •   Gemiddelde vlak van tegniese bevoegheid; moontlik beperkte
                            betrokkenheid met betrekking tot tyd en moeite.
                        •   Beelde is uit 'n ander bron gekopieer, met min transformasie van
                            beelde.
                        •   Min bewyse dat iets ongewoons probeer is.
                        •   Die omvang van die werk is eng en/of herhalend.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 25

Visuele Kunste/V2                           25                            DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

Onder-        40–49%   •   Genoeg materiaal/werk om te slaag; nie logies saamgestel nie.
gemiddeld              •   Beperkte keuse van inligting; swak tegniese vaardighede en/of
                           gebrek aan tyd aan taak gewy, kan bydraende faktore wees.
                       •   Min gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige aanbieding;
                           benodig ondersteuning/motivering om te slaag.
                       •   Beelde is uit 'n ander bron gekopieer met baie min transformasie.
                       •   Komposisie is swak en onontwikkeld; geen bewyse van beplanning
                           nie, of onvolledige beplanning.
Swak          30–39%   •   Net genoeg materiaal/werke om te slaag.
                       •   Visueel     oninteressant;    onkreatief;     beperkte/swak  tegniese
                           vaardighede gebruik.
                       •   Min moeite gedoen om inligting op 'n aanvaarbare wyse aan te bied;
                           min of geen visuele inligting/verwysings nie.
                       •   Algemene gebrek aan toewyding; benodig ondersteuning/motivering
                           om te slaag.
                       •   Onvoldoende tyd aan taak gewy; standaard onder dit wat
                           aanvaarbaar is.
                       •   Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en
                           oppervlakkig; geen bewyse van oorspronklike denke nie.
Baie swak     20–29%   •   Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie;
Druip                      weinig of irrelevante werk/visuele inligting.
                       •   Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te bied
                           nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking.
                       •   Baie swak vaardigheidsvlak.
                       •   Projek is baie swak of onvoltooid.
                       •   Swak artistiese besluitneming; kandidaat lewer min insette.
                       •   Klasse is misgeloop en kandidaat het nie die tyd ingehaal nie.
Onaanvaar-     0–19%   •   Onsamehangend; irrelevant; baie min of geen werk nie; gebrek aan
baar                       selfs beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking nie.
Druip                  •   Werk onvoltooid.
                       •   Swak artistiese besluitneming; kandidaat het geen moeite gedoen
                           nie.
                       •   Die meeste klasse is misgeloop en die kandidaat het nie die tyd
                           ingehaal nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 26

Visuele Kunste/V2                                         26                                     DBE/November 2025
                                                     NSS Vertroulik

                                     VERKLARING VAN EGTHEID

Hierdie verklaring moet deur die kandidaat voltooi en geteken word. Dit moet ook
deur die onderwyser geteken word en dek alle bewyse voorgelê.

Kandidaat se naam:                                                           Datum:

Ek verklaar dat die hele aangehegte NSS praktiese eksamen my eie, oorspronklike
werk is en nie enige werk deur iemand anders as ek insluit nie. Ek het die eksamen
volgens die instruksies en tydsbeperkinge voltooi.

Kandidaat se handtekening:                                                   Datum:

Onderwyser se naam:                                                          Datum:

Namens ....................................................................................................... (sentrumnaam)
bevestig ek dat, volgens my kennis, die kandidaat hierbo die enigste outeur van die
voltooide aangehegte eksamen is en dat dit onder die vereiste toestande voltooi is.

Onderwyser se handtekening:                                                  Datum:

Skoolhoof se handtekening:                                                   Datum:

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-afr/1a710b38-b260-471c-aeef-1d89fb57a04e) — Visual Arts · QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-eng/8bf81d1e-c7c6-446c-bc70-8dd8d8206b92) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2021-eng/461887ca-0e54-4465-b287-544137760c61) — Visual Arts · QP · 2021 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2021-afr/42348f84-51a9-4a35-9913-8f964bf40dd2) — Visual Arts · QP · 2021 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2019-afr/584306b9-9c01-4fe2-97fe-f956ca7a1538) — Visual Arts · QP · 2019 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2019-eng/79fe9695-2028-49f1-839f-de3d4ea766a9) — Visual Arts · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng
- [Visual Arts P1 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-english/3773db74-7b96-411d-aed1-c6c49557d990) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
