# Afrikaans FAL Grade 4 November 2021 Question Paper

> Grade 4 Afrikaans FAL question paper from the November Exam 2021, 5 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-4-afrikaans-fal-2021-november-exam-question-paper-afrikaans/d5265596-3e5f-4645-ac04-f7b533c4d827
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 4
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 5

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 4](https://www.hlayiso.com/library/grade-4) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-4/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 4 November 2021 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-4-afrikaans-fal-2021-november-exam-question-paper-afrikaans/d5265596-3e5f-4645-ac04-f7b533c4d827)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 4 · November Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 5 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Blouberg Ridge Primary School
                   Grade 4
                   Afrikaans FAL
                   Final Examination Paper 2019

Leesbegrip: ‘n Storie

Lees die volgende storie en beantwoord dan die vrae wat volg:

                                Tweeling speel tennis

Dit is Dinsdagmiddag en tyd vir die tweeling om by die skool te gaan tennis
speel. Tennis is hulle gunsteling sportsoort. Ongelukkig sal Wagter nie kan
saamgaan nie, want hy jaag altyd die bal en dra dit weg. Hy moet maar by
die huis bly en met Fielies speel.

"Het jy jou tenniskolf, Chris?" vra Marie. "Ag, man, wanneer sal jy onthou dis nie
'n tenniskolf nie, maar 'n tennisraket?" roep Chris uit. "Het jy die tennisbal?"
"Ja," sê Chris. Wagter sal nie weer die bal wegdra nie. Kom ons loop."

Nie lank daarna nie is die tweeling by die tennisbaan. Mnr. Nel, hulle
tennisafrigter, roep hulle: "Kom, kom, ons wag al vir julle!"
"Middag Meneer,” sê hulle saam. Chris sê hardop: "Ek moet vandag op en
wakker wees!”

"Dis reg, Chris," sê mnr. Nel.
"Onthou om skuins te staan as jy
die bal slaan. En Marie, moenie
vergeet om jou oë op die bal te
hou nie."

Gou is die twee op die baan.
Hulle speel teen twee skoolmaats
en almal geniet die spel. Soms
slaan die kinders die bal onder
die net deur en dan bo-oor die boom.

"Mik jy na die maan, Chris?" vra mnr. Nel. "Nee, Meneer, maar ek het amper 'n
voëltjie raakgeslaan!" antwoord hy. Mnr. Nel lag lekker. Soms prys hy hulle as
hulle mooi houe slaan. As hulle foute maak, help hy hulle reg. Al is hy streng, ho u
die kinders baie van mnr. Nel.
                                         [Aangepas uit Uiltjie Taalreeks Graad 4/Standerd 2]

                                     Bladsy 1 van 5

### Page 2

1. Kies die korrekte antwoord tussen hakies:                                             (4)

   1.1 Mr. Nel is die kinders se (afrigter / meneer).

   1.2 Chris het amper (Fielies / ‘n voëltjie) raakgeslaan.

   1.3 Die tweeling speel tennis in die (middag / oggend).

   1.3 Wagter is die tweeling se (kat / hond).

2. Plaas die sinne in die korrekte volgorde van 1 – 4:                                   (4)

   2.1 Mr. Nel wag al by die tennisbaan vir die kinders.                   _____

   2.2 Marie en Chris neem hul tennisrakette na die tennisbaan.            _____

   2.3 Die tweeling en hul skoolmaats geniet die spel.                     ____

   2.4 Wagter moet by die huis bly, wanneer die tweeling tennis oefen.     _____

3. Pas die woorde in kolom A by die regte betekenis in kolom B.                         (4)
   Skryf slegs die letter in kolom C.

        Kolom A                                  Kolom B                           Kolom C

    3.1 skoolmaat       a) Antoniem van onthou.                                   3.1

    3.2 tweeling        b) Vriende wat dieselfde skool as jy bywoon.              3.2

    3.3 afrigter        c) Boeties en sussies wat op dieselfde dag gebore is.     3.3

    3.4 vergeet         d) Iemand wat jou leer hoe om sport te speel.             3.4

4. Voltooi die volgende sinne deur die korrekte woorde uit die blok te kies.            (4)

          vergeet         fout     hard      geniet

   4.1 Marie _______________ die naam van haar tennisraket gereeld.

   4.2 Die tweeling _______________ dit om tennis te speel.

   4.3 Mr. Nel help die kinders reg wanneer hulle ‘n _______________ maak.

   4.4 Die kinders slaan die bal te _______________, dan trek dit ver oor die boom.

5. Waarom moet jy jou oog op die bal hou wanneer jy tennis speel?                       (1)

  _________________________________________________________________________________

                                          Bladsy 2 van 5

### Page 3

6. Hou jy van tennis? Gee ‘n rede vir jou antwoord.                                    (2)

   ________________________________________________________________________________

7. Hoe sou jy voel as jy ‘n tenniswedstryd wen?                                        (1)

   ________________________________________________________________________________

   ________________________________________________________________________________

Visuele teks

Kyk na die volgende prent en voltooi dan die sinne wat volg.                          (5)

          raket       hoed         bal             afrigter       tennis

Die meisie leer hoe om _______________ te speel. Haar _______________ leer haar om die
_______________ met ‘n _______________ te slaan. Sy moet ‘n _______________ dra sodat
haar gesig nie brand nie.

                                    Leesbegrip totaal: _______ /20 + ______ /5 = ______/25

                                         Bladsy 3 van 5

### Page 4

Taalstrukture en –konvensies

Vraag 1: Meervoude en verkleinwoorde                                                  (2)

Voltooi die tabel deur die meervoude en verkleinwoorde van die volgende woorde te
geskryf:

       Woord              Meervoud                         Verkleinwoord
 1.1   bal                balle
 1.2   boom                                                boompie

Vraag 2: Sinonieme en Antonieme                                                       (2)

Gee die korrekte sinoniem en antoniem vir die vetgedrukte woord:

Wagter is ‘n baie mooi hond.

3.1 Sinoniem: _______________

3.2 Antoniem: _______________

Vraag 3: Verlede en Toekomende tyd (Werkwoorde)                                       (2)

Skryf die volgende sin in die toekomende en verlede tyd:

                    Die tweeling speel elke Dinsdag tennis.

3.1 Verlede tyd:

___________________________________________________________________________________

3.2 Toekomende tyd:

___________________________________________________________________________________

Vraag 4: Ontkennende vorm                                                             (2)

Skryf die volgende sinne in die ontkennende vorm:

4.1 Chris vergeet sy tennisraket by die huis.

___________________________________________________________________________________

4.2 Het Marie al die balle opgetel?

___________________________________________________________________________________

                                         Bladsy 4 van 5

### Page 5

Vraag 5: Voegwoorde                                                                        (1)

Vebind die volgende twee sinne deur die voegwoord in hakies te gebruik:

5.1 Die tweeling is baie hartseer. Hulle het die wedstryd verloor. (, want)

____________________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________________

Vraag 6: Lydende en bedrywende vorm                                                        (1)

Skryf die volgende sin in die lydende vorm.

6.1 Die kinders slaan die bal.

____________________________________________________________________________________

Vraag 7: Voornaamwoorde                                                                    (2)

Vul die ontbrekende voornaamwoorde in:

7.1 Die tweeling is baie lief vir Wagter, hy is _______________ hond.

7.2 Marie sê die rooi raket is _______________ en die groen een is Chris s’n.

Vraag 8: Voorsetsels                                                                       (2)

Voltooi die volgende sinne met gepaste voorsetsels uit die blok:

8.1 Die kinders speel tennis _______________ die tennisbaan.                   vir   op
                                                                                oor   langs
8.2 Die tweeling is mal _______________ die afrigter, want hy is vriendelik.

Vraag 9: Trappe van vergelyking                                                            (2)

Voltooi die sinne deur die trappe van vergelyking in te skryf.

9.1 Chris oefen _____________. Marie oefen harder, maar Mr. Nel oefen die ______________.

Vraag 10: Geslag                                                                           (2)

10.1 Marie is ‘n (seun / meisie) en Mr. Nel is haar (onderwyseres / onderwyser)

Vraag : Intensiewe vorm                                                                    (2)

Gee die intensiewe vorm van die woorde tussen hakies:

6.1 Die bal vlieg (baie vinnig) _______________ deur die lug.

6.2 Die tennisbaan is (baie warm) _______________ vandag.

                                         Bladsy 5 van 5

## Related documents

- [Grade 4 Afrikaans FAL Final Examination 2019 Marking Guidelines](https://www.hlayiso.com/library/grade-4-afrikaans-fal-2021-november-exam-memorandum-afrikaans/ce2c9398-7385-4f1a-8e05-a8dbbd936239) — Afrikaans FAL · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 4 Afrikaans Memo November 2021](https://www.hlayiso.com/library/grade-4-afrikaans-fal-2021-november-exam-memorandum-afrikaans/0ad09926-3c49-4d67-83e9-f41536f9cd2e) — Afrikaans FAL · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 4 Afrikaans Memo June 2021](https://www.hlayiso.com/library/grade-4-afrikaans-fal-2021-june-exam-memorandum-afrikaans/05dfc48c-7a12-41b3-a368-0828ccc63e57) — Afrikaans FAL · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 4 Afrikaans FAL Mid Year Examination 2021 Marking Guideline](https://www.hlayiso.com/library/grade-4-afrikaans-fal-2021-june-exam-memorandum-afrikaans/4b11ea3a-b7b9-43d8-92c3-c311c4ace03a) — Afrikaans FAL · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 4 Afrikaans Memo November 2022](https://www.hlayiso.com/library/grade-4-afrikaans-fal-2022-november-exam-memorandum-afrikaans/354e4194-aba3-4cc9-9926-d0a722f93f37) — Afrikaans FAL · Memo · 2022 · Afr
- [2014 ANA Grade 4 Afrikaans FAL Test](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-4-afrikaans-fal-test/baa59c49-a5d1-4a66-857c-0fc3d3aa5413) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 4 Afrikaans FAL

- [Grade 4 Afrikaans Memo June 2022](https://www.hlayiso.com/library/grade-4-afrikaans-fal-2022-june-exam-memorandum-afrikaans/9aced481-bb65-4618-96c0-d209ab544fbd) — Memo · 2022 · Afr
- [2014 ANA Grade 4 Afrikaans FAL Memo](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-4-afrikaans-fal-memo/1321aa4e-3200-484d-98c7-1fb882d924c6) — Memo · 2014 · Afr
- [ANATest+Grade+4+Afrikaans+FAL+2013+Memo](https://www.hlayiso.com/library/anatest-grade-4-afrikaans-fal-2013-memo/ff457be2-af6a-4fa4-92a1-82975b79b336) — Memo · 2013 · Afr
- [Grade 4 Afrikaans FAL 2013 Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-4-afrikaans-fal-2013-test/0a4d0615-8145-4d72-be57-a3f565aa81ea) — QP · 2013 · Afr
- [2013+Grade+4+Afrikaans+FAL+Modelvrae+Memo](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-4-afrikaans-fal-modelvrae-memo/38f2f656-b7b3-40a6-9607-fc5bf77e57f6) — Memo · 2013 · Afr
- [2013+Grade+4+Afrikaans+FAL+Exemplar+Test](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-4-afrikaans-fal-exemplar-test/d2c30647-7379-434f-8893-5a6ca85c9753) — QP · 2013 · Afr

## Collection

- [Grade 4 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-4/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
