# Afrikaans FAL Grade 5 ANA Exemplars 2012 Question Paper

> Grade 5 Afrikaans FAL question paper from the ANA Exemplars 2012, 7 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2012-ana-exemplars-question-paper-afrikaans/1fa8ca7d-e750-475e-9ed2-39ed649e6938
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 5
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: ANA Exemplars
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 5](https://www.hlayiso.com/library/grade-5) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-5/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 5 ANA Exemplars 2012 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2012-ana-exemplars-question-paper-afrikaans/1fa8ca7d-e750-475e-9ed2-39ed649e6938)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 5 · ANA Exemplars · 2012 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING

            GRAAD 5

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

      2012 MODELVRAE TOETS

### Page 2

Lees die volgende leesstuk en beantwoord die vrae wat daarop volg:

Teen die voet van die berg was daar 'n groot pragtige meer waar baie kraanvoëls
gebly het. ʺMoeder Kraanvoëlʺ was die bekendste onder hulle en ook die slimste.
Daar was ook baie ander diere wat naby die berg gebly het. ʺMoeder Kraanvoël'' was
baie behulpsaam teenoor hulle.

In die bos was daar 'n Wolf wat nooit enige hulp van ʺMoeder Kraanvoëlʺ wou hê nie.
Eendag het die wolf gesien hoe 'n beerwelpie 'n klein vissie vang. Die wolf het oor die
welpie gespring, die vissie gegryp en dit vinnig ingesluk.

Wolwe eet gewoonlik nie vis nie. 'n Groot graat het in sy keel vasgesteek en hy

het geskreeu van pyn. Hy het die graat met sy poot probeer uithaal, maar tevergeefs.

'n Rukkie later het hy baie honger geword, maar kon nie eet nie en het gehuil van pyn.
'n Eekhoring het toe gevra: ʺWat is fout?ʺ Die wolf antwoord toe: ʺDaar is 'n graat in
my keel.ʺ

Die eekhoring het toe voorgestel dat hy ʺMoeder Kraanvoëlʺ moet gaan spreek. Wolf
het onmiddellik ingestem en gaan kyk waar hy ʺMoeder Kraanvoëlʺ kon kry. ʺMoeder
Kraanvoëlʺ het aan Wolf gevra wat sy vir hom kon doen? Hy het geantwoord en gesê:
ʺMoeder Kraanvoël, 'n graat sit in my keel vas. As jy dit vir my kan uithaal sal ek jou
ryklik beloon.ʺ

ʺMoeder Kraanvoëlʺ sê toe: ʺMaak jou mond oop en buig jou kop agteroor.ʺ Sy het
haar bek in sy keel gesteek en die graat uitgehaal.

Die wolf sê toe; ʺA! Wat 'n verligting! Nou kan ek weer eet.ʺ ʺMoeder Kraanvoël'' vra
toe waar haar vergoeding is?ʺ

Kwaai het die wolf geantwoord: ʺVergoeding? Is dit nie vergoeding dat ek nie jou kop
afgebyt het nie?ʺ

ʺMoeder Kraanvoëlʺ het die ondankbare Wolf nie verstaan toe hy daar wegloop sonder
om haar te vergoed nie of selfs bedank het nie.

1.      Omkring die letter met die mees gepaste titel.

        A     Die wyse kraanvoël.

        B     Die honger wolf.

        C     Die kraanvoël en die wolf.

        D     Die eekhoring en die wolf.                                             (2)
                                             1

### Page 3

2.    Die wolf het na die kraanvoël se blyplek gegaan. Waar het die kraanvoël
      gewoon?

      ___________________________________________________________                (1)

3.1    Omkring die letter met die korrekte antwoord.

       Watter van die volgende woorde beskryf die wolf se karakter die beste?

      A     onbehulpsaam

      B     ondankbaar

      C     hulpeloos

      D     gedagteloos                                                          (1)

3.2   ʺMoeder Kraanvoëlʺ was 'n goeie karakter. Kies woorde uit die storie wat
      haar karakter beskryf.

      __________________ en _____________________                                (2)

4.    Waarom het die wolf ʺMoeder Kraanvoël'' besoek?

      A     Om die visgraat te laat verwyder.

      B     Om medisyne vir sy pyn te kry.

      C     Om te gaan vir 'n ondersoek.

      D     Om advies oor sy gesondheid te verkry.                               (1)

5.    Omkring die letter met die korrekte antwoord.

      Wat kan ons uit die storie leer?

      A      Ons moet onbeskof wees.

      B      Ons moet vriendelik wees.

      C      Ons moet ons belofte nakom.

      D      Ons moet elkeen vertrou.                                             (1)

                                             2

### Page 4

6.   Dink jy dat die kraanvoël 'n goeie vriend sal wees? Verskaf 'n rede vir jou
     antwoord.

     ____________________________________________________________

     ____________________________________________________________                     (2)

       Lees die volgende leserswenke wat voolger kom het in die tydskrif '' KUIER''
       en beantwoord Vraag 7-9.

       MET ERKENNING AAN KUIER, 11 APRIL 2011, BLADSY 5

       1. Voorkom dat kos jou afvoerpyp blokkeer. Gebruik die sifdoppie van 'n
          speserydoppie en plaas dit in die afvoergat van die wasbak. Susan

       2. Om koue pannekoek op te dis: Verwarm pannekoek in 'n pan met 'n bietjie
          melk. Hanna

       3. Suurlemoensap en heuning bied verligting vir 'n seerkeel. Joan

       4. As jy koorsblare het, smeer vanielje-geursel aan. Dit werk! Elizabeth

       5. As jou voete brand van heeldag staan, meng 1 botteltjie olyfolie en 1
          botteltjie witdulsies. Vryf voete daarmee in. Lena

       6. As vrieskas stink, gooi vanielje-geursel in en laat oornag staan. D. Kemp

       7. Vir gevlekte kunstande, gooi 'n bietjie Milton in. Week oornag. Maretha

       8. Smeermiddel vir spierpyn: 1 klein bottel brandewyn, 240g terpentyn, 4
          koekies kanfer (fyn gemaal) en meng alles. Angeline

7.    7.1   Voltooi die volgende sin:

            Milton word gebruik vir ______________________________.                   (1)

     7.2    Wie het gesê dat suurlemoensap en heuning verligting vir 'n seer

            keel bied? ________________________________________                       (1)

                                            3

### Page 5

7.3   Watter raat word twee keer vir verskillende doeleindes gebruik?

            ______________________________________________________                (1)

8.    Omkring die letter met die korrekte antwood.

      Wie het gesê: ''Om koue pannekoek op te dis: verwarm in 'n pan met 'n
      bietjie melk.''

      A     Hanna

      B     Angeline

      C     Maretha

      D     Susan                                                                 (1)

9.1   Omkring die letter met die korrekte antwoord.

      Waarmee word moeë voete behandel?

      A     Olyfolie en witdulsies.

      B     Brandewyn, terpentyn en kanfer

      C     Vanielje-geursel.

      D     Suurlemoensap en heuning                                              (1)

9.2   Omkring die letter met die korrekte antwoord.

      Wie het gesê dat koorsblare kan met vanielje-geursel behandel word?
      A     Joan

      B     Elizabeth

      C     Lena

      D     D. Kemp                                                               (1)

10.   Skryf die korrekte spelling van die onderstreepte woord in die sin neer.

      ʺMoeder Kraanvoëlʺ is altyd (om ring/omring/om rung/omrung) deur familie,
      vriende en ander siek diere.

      ___________________________
                                                                                  (1)
                                           4

### Page 6

11.     Omkring die letter met die korrekte antwoord.

11.1    Die beerwelpie was_________ as die wolf om die vissie te vang.

        A          meer vinniger

        B          meer vinnig

        C          vinnigste

        D          vinniger                                                           (1)

11.2    Van al die diere in die bos was die wolf die ...

        A   hongerder.

        B   hongerste.

        C   mees hongerder.

        D   mees hongerste.                                                           (1)

12.    Verbind onderstaande sinne met die woord maar .

       ʺMoeder Kraanvoëlʺ het vir wolf vir haar beloning gevra. ʺMoeder Kraanvoël ʺ
       het dit nie gekry nie.

       ______________________________________________________________. (2)

13.     Voltooi die sin deur die voorsetsel in te vul.

        Die beerwelpie het die vissie_______ sy mond gehad.                           (1)

14.1    Omkring die korrekte antwoord tussen hakies.

        Die eekhoring en die beertjie (is/was) bang vir die wolf.                     (1)

14.2   Skryf die korrekte vorm vir die woord tussen hakies neer om die sin te
       voltooi.

       Die beertjie het elke dag vis in die rivier (vang).

       ___________________________________________________________                    (1)

                                               5

### Page 7

15.   Skryf 'n paragraaf van ongeveer ses(6) sinne oor hoe jy jou onlangse
      vakansie deurgebring het.

      ___________________________________________________________

      ___________________________________________________________

      ___________________________________________________________

      ___________________________________________________________

      ___________________________________________________________

      ___________________________________________________________

      ___________________________________________________________

      ___________________________________________________________

      ___________________________________________________________

      ___________________________________________________________

      ___________________________________________________________            (6)

                                         6

## Related documents

- [Grade 5 Afrikaans FAL Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2012-ana-exemplars-memorandum-afrikaans/4186bb7b-6534-48ed-a127-6a150cf0bda5) — Afrikaans FAL · Memo · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL Graad 5 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-graad-5-2012/c3344422-7c28-4089-a355-ce82c4a28737) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [2013+Grade+5+Afrikaans+FAL+Exemplar+Test](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-5-afrikaans-fal-exemplar-test/4972de05-70dc-4cf3-93f8-2fb439d20881) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL Graad 5 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-graad-5-2012-memo/b8902ee5-ea88-4f83-857a-d5ff7e91c225) — Afrikaans FAL · Memo · 2012 · Afr
- [2013+Grade+5+Afrikaans+FAL+Exemplar+Test+Memo](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-5-afrikaans-fal-exemplar-test-memo/6e1a760f-6c3e-40af-afdc-e460f3033ac6) — Afrikaans FAL · Memo · 2013 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans FAL 2013 Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2013-test/9f2ceed1-0e92-41ed-becf-5c1ed8ae58bc) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr

## More from Grade 5 Afrikaans FAL

- [Grade 5 Afrikaans Memo June 2022](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2022-june-exam-memorandum-afrikaans/442b4252-ac73-456a-9682-b5f7796748e1) — Memo · 2022 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans Memo November 2022](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2022-november-exam-memorandum-afrikaans/7ffb8bfb-2707-4197-85f5-56f268eb3865) — Memo · 2022 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans Memo June 2021](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2021-june-exam-memorandum-afrikaans/47dca61e-533d-4720-aea1-95f8be5b03ff) — Memo · 2021 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans FAL Mid Year Examination 2021Marking Guidelines](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2021-june-exam-memorandum-afrikaans/b005aba5-11a4-4c95-ad54-287b7feeefa3) — Memo · 2021 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans Memo November 2021](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2021-november-exam-memorandum-afrikaans/20101230-c799-40ce-91b4-a144c7e2c473) — Memo · 2021 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans FAL Final Examination and Marking Guidelines 2019 1](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2019-november-exam-memorandum-afrikaans/59d7d07d-9769-4e5f-8cd4-ab794c4c517e) — Memo · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 5 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-5/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
