# Afrikaans Fal Grade 5 June 2022 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 5 Afrikaans Fal question paper from the June Exam 2022 (Afrikaans), 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2022-june-exam-question-paper-afrikaans/70e7747d-f208-4599-aed5-d484afe4bdc2
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans Fal
- Grade: Grade 5
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 5](https://www.hlayiso.com/library/grade-5) › [Afrikaans Fal](https://www.hlayiso.com/library/grade-5/afrikaans-fal) › [Afrikaans Fal Grade 5 June 2022 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2022-june-exam-question-paper-afrikaans/70e7747d-f208-4599-aed5-d484afe4bdc2)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 5 · June Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

1

                                TOM NEWBY SCHOOL
                                        Toets

Vak          Afrikaans                    Eksaminatrise Mev. Brits
Datum        Junie 2022                   Totaal          40 punte
Graad        5                            Tydsduur        60 minute
                                          Moderator       Mev. Steyn
Instruksies:                1. Beantwoord alle vrae op die vraestel.
                            2. Lees die instruksies noukeurig.
                            3. Skryf netjies en leesbaar.
                            4. Onthou: Geen Engels.
This assessment has been compiled using notes and information contained in the
Tom Newby School resource material. The marking memorandum has been
compiled accordingly.       While alternative responses will be given due
acknowledgement, the official memorandum will be considered a priority document
to ensure uniformity of marking.

 Naam:                           Van:                           Klas:

Hierdie vraestel bestaan uit:

Vraag 1: Begripstoets (15)
                                                                        40
Vraag 2: Visuele teks (10)
Vraag 3: Opsomming (5)
Vraag 4: Taalwerk (10)

                                                                        0

### Page 2

2

Vraag 1: Begripstoets
Lees die leesstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae in volledige sinne:

                                Abu Ali tel sy donkies
Eendag stap Abu Ali dorp toe om ’n paar donkies te gaan koop. Hy koop nege
donkies en ry op die voorste een huis toe. Die ander donkies loop agterna.

Na ’n rukkie sê Abu Ali by homself: “Ek moet seker maak dat al my donkies hier is.”
Hy draai om en begin sy donkies tel. Hy tel net agt donkies. “Een, twee, drie, vier,
vyf, ses, sewe, agt. O, gits! Waar is die negende donkie?” roep Abu Ali uit.

Hy spring van sy donkie af en soek na die negende donkie. Hy soek agter die bome
en rotse, maar hy sien die donkie nêrens nie. “Ek sal hulle weer tel,” sê Abu Ali.
“Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe, agt, nege. Nou is daar nege! Die donkie het
seker teruggekom!” Hy klim toe maar weer op die donkie en ry verder. Na ’n rukkie
draai hy weer om en tel die donkies: “Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe, agt.
Daar’s net agt donkies!” Hy spring van die donkie af en soek weer agter die bome
en rotse na die negende donkie. Hy kry die donkie nêrens nie. “Ek sal weer tel,” sê
hy. Hierdie keer is daar weer nege! Hy klim op die donkie en ry verder.

’n Rukkie later sien Abu Ali sy vriend, Musa, langs die pad. “Musa!” roep hy uit.
“Help my om my donkies te tel, asseblief. Daar’s elke keer een te min. Wanneer ek
stop om hulle te tel, is daar net agt donkies, maar as ek afklim om na die negende
een te soek, is hy weer daar. Dan is daar nege!” “Wel, ek kan tien donkies sien,
Abu Ali,” lag Musa. “Tien? Hoe so?” vra Abu Ali.

### Page 3

3

“Ek sien die donkie waarop jy ry en ek sien agt donkies agter jou.” sê Musa.
“Natuurlik!” roep Abu Ali uit. “Ag, ek was so dom! Maar waar is die tiende donkie?”
“Hy ry op die negende donkie se rug,” sê Musa, “en sy naam is Abu Ali!”

                                                 Bron: Afrikaans Sonder Grense Gr 5
                                                 Woordtelling: 225

Vrae:                                                                          [15]
1.1 Hoeveel donkies koop Abu Ali?                                               (1)
___________________________________________________________________
___________________________________________________________________
1.2 Wat is Abu Ali se vriend se naam?                                           (1)
___________________________________________________________________
1.3 Hoeveel mense is in die storie?                                             (1)
___________________________________________________________________
1.4 Omkring die regte antwoord:                                                 (1)
    Abu Ali soek die donkie
                  agter bome                              agter huise

1.5 Een woord is verkeerd in die volgende stelling. Verander die woord om die sin
     waar te maak.                                                              (1)
     Abu Ali het op die middelste donkie gery.
___________________________________________________________________
1.6 Wat noem Musa vir Abu Ali? Watter tipe persoon, dink jy, is Abu Ali?        (2)
Musa noem Abu Ali ’n __________________________.
Ek dink _____________________________________________________________
___________________________________________________________________
1.7 Is ’n donkie ’n handige dier om te besit? (Ja of nee) Hoekom sê jy so?      (2)
___________________________________________________________________
___________________________________________________________________
1.8 Gee een verskil tussen ’n perd en ’n donkie.                                (2)
    Perd                                   Donkie

### Page 4

4

1.9 Dink jy dat Abu Ali oud of jonk is? Gee ’n rede vir jou antwoord.              (2)
Ek dink Abu Ali is _________________.
Rede ______________________________________________________________
___________________________________________________________________
1.10 Musa lag vir Abu Ali. Dink jy Musa is ’n goeie vriend? Gee een eienskap van
     ’n goeie vriend.                                                              (2)
___________________________________________________________________
Eienskap van ’n goeie vriend: ______________________________________
___________________________________________________________________

Vraag 2: Visuele teks                                                              [10]
Kyk na die advertensie en beantwoord die vrae. Jy hoef nie in volledige sinne te
antwoord nie.

### Page 5

5

2.1 Op watter kanaal is die program?                                              (1)
___________________________________________________________________
2.2 Wat is die kanaal se webtuiste?                                               (1)
___________________________________________________________________
2.3 Onderstreep die korrekte antwoord:
    Die naam van die program is: Kyk wie (sing / praat).                          (1)

2.4 Hoe laat word die program uitgesaai?                                          (1)
___________________________________________________________________
2.5 Hierdie program gaan oor kinders. Wat in die advertensie wys dit?             (1)
    (Omkring die korrekte antwoord.)
    A. Die blokkies
    B. Die man se bril
    C. Die man se baadjie

2.6 Kyk na die advertensie. Watter tegnieke word daar gebruik om aandag te trek?
    Noem twee.                                                                    (2)
___________________________________________________________________
___________________________________________________________________
2.7 Die slagspreuk van die advertensie is “Uit die mond van die suigeling”, wat
    dink jy, gaan die kinders in die program doen?                                (1)
    Ek dink die kinders gaan ______________________________.

2.8 Mense het altyd gesê: “Kinders word gesien en nie gehoor nie.”
    Stem jy saam met die stelling? Gee ’n rede vir jou antwoord.                  (2)
___________________________________________________________________
___________________________________________________________________

Vraag 3: Opsomming                                                                [5]

Lees weer die verhaal “Abu Ali tel sy donkies” deur.
Voltooi die opsomming van die verhaal deur die ontbrekende feite in te vul.
Skryf slegs een hoofgedagte uit elke paragraaf neer.

### Page 6

6

3.1   Aan die begin van die storie _______________________________________
      ______________________________________________________________
3.2   _____________________________________________________________
      _____________________________________________________________
3.3   _____________________________________________________________
      _____________________________________________________________
3.4   Hy vra sy vriend ________________________________________________
      ______________________________________________________________
3.5   Aan die einde __________________________________________________
      ______________________________________________________________

Vraag 4: Taalwerk                                                             [10]
4.1   Vul die korrekte voornaamwoord in:                                       (1)
      Abu Ali stap dorp toe, _________ koop nege donkies.
4.2   Omkring die regte voorsetsel:                                            (1)
      Abu Ali ry (op / onder) die donkie se rug.
4.3   Vul die korrekte trappe van vergelyking in:                              (1)
      Die donkie waarop Abu Ali ry is (mak) __________________ as die
      ander.
4.4   Herskryf die sin in die verlede tyd:                                     (1)
      Musa lag vir Abu Ali.
      _____________________________________________________________
      _____________________________________________________________
4.5   Voltooi die vergelyking:                                                 (1)
      Abu Ali se donkie sê: “Abu Ali jy is so lig soos ’n _______________.”
4.6   Vul die korrekte teenoorgestelde in die tabel in:                        (1)
                    Skoon                          Vuil
                    Klein
                     Min                           Baie

4.7   Onderstreep die korrekte spelling:                                       (1)
      Wanneer Abu Ali op die donkie se rug sit is hy (höer / hoër) as Musa.

### Page 7

7

4.8    Skryf die volgende woorde in die korrekte alfabetiese volgorde:   (1)
       nege, dom, donkie, agt, Abu, draai.
       _____________________________________________________________
4.9    Herskryf die sin met die korrekte punktuasie.                     (1)
       donkie, waar is jy donkie
       _____________________________________________________________
4.10   Maak die sin langer deur die voegwoord te gebruik.                (1)
       Abu Ali ry op een donkie. Hy gaan huis toe. (want)
       ______________________________________________________________
       ______________________________________________________________

### Page 8

8

                 Graad 5 Afrikaans Addisionele Toets 2022
                               Prestasie evaluering
                       (Vir onderwyser gebruik alleenlik)

Naam en Van: _________________________________ Klas: 5 _______

Vraag 1
                 1.1     1.2     1.3   1.4   1.5      1.6   1.7   1.8   1.9    1.10
Moontlike punt    1       1       1     1     1        2     2     2     2      2
Leerder punt

Vraag 2
Moontlike punt   2.1     2.2     2.3   2.4   2.5      2.6   2.7   2.8
Leerder punt      1       1       1     1     1        2     1     2

Vraag 3
Moontlike punt   5
Leerder punt

Vraag 4
                 4.1     4.2     4.3   4.4   4.5      4.6   4.7   4.8    4.9   4.10
Moontlike punt    1       1       1     1     1        1     1     1      1     1
Leerder punt

## Related documents

- [Grade 5 Afrikaans Memo June 2022](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2022-june-exam-memorandum-afrikaans/442b4252-ac73-456a-9682-b5f7796748e1) — Afrikaans FAL · Memo · 2022 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans Memo November 2022](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2022-november-exam-memorandum-afrikaans/7ffb8bfb-2707-4197-85f5-56f268eb3865) — Afrikaans FAL · Memo · 2022 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans Memo June 2021](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2021-june-exam-memorandum-afrikaans/47dca61e-533d-4720-aea1-95f8be5b03ff) — Afrikaans FAL · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans FAL Mid Year Examination 2021Marking Guidelines](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2021-june-exam-memorandum-afrikaans/b005aba5-11a4-4c95-ad54-287b7feeefa3) — Afrikaans FAL · Memo · 2021 · Afr
- [2013+Grade+5+Afrikaans+FAL+Exemplar+Test](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-5-afrikaans-fal-exemplar-test/4972de05-70dc-4cf3-93f8-2fb439d20881) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL Graad 5 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-graad-5-2012/c3344422-7c28-4089-a355-ce82c4a28737) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr

## More from Grade 5 Afrikaans Fal

- [Grade 5 Afrikaans Memo November 2021](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2021-november-exam-memorandum-afrikaans/20101230-c799-40ce-91b4-a144c7e2c473) — Memo · 2021 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans FAL Final Examination and Marking Guidelines 2019 1](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2019-november-exam-memorandum-afrikaans/59d7d07d-9769-4e5f-8cd4-ab794c4c517e) — Memo · 2019 · Afr
- [2014 ANA Grade 5 Afrikaans FAL Memo](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-5-afrikaans-fal-memo/a1b7690a-0d22-4747-83e3-44dcf230623f) — Memo · 2014 · Afr
- [ANATest+Grade+5+Afrikaans+FAL+2013+Memo](https://www.hlayiso.com/library/anatest-grade-5-afrikaans-fal-2013-memo/d8acdb77-6879-45c9-8054-5b6b8e260783) — Memo · 2013 · Afr
- [2013+Grade+5+Afrikaans+FAL+Exemplar+Test+Memo](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-5-afrikaans-fal-exemplar-test-memo/6e1a760f-6c3e-40af-afdc-e460f3033ac6) — Memo · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL Graad 5 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-graad-5-2012-memo/b8902ee5-ea88-4f83-857a-d5ff7e91c225) — Memo · 2012 · Afr

## Collection

- [Grade 5 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-5/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
