# Afrikaans HL Grade 5 ANA Exemplars 2012 Question Paper

> Grade 5 Afrikaans HL question paper from the ANA Exemplars 2012, 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-hl-2012-ana-exemplars-question-paper-afrikaans/3d48fb07-e752-4d2e-ae87-e648da67883b
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 5
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: ANA Exemplars
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 5](https://www.hlayiso.com/library/grade-5) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-5/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 5 ANA Exemplars 2012 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-hl-2012-ana-exemplars-question-paper-afrikaans/3d48fb07-e752-4d2e-ae87-e648da67883b)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 5 · ANA Exemplars · 2012 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING

           GRAAD 5

      AFRIKAANS HUISTAAL

     2012 MODELVRAE TOETS

### Page 2

Lees die onderstaande leesstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae wat volg.

Patrick het nooit sy tuiswerk gedoen nie. “Te vervelig,” sê hy. Hy sal liewers rugby, krieket en
Play Station speel. Sy onderwysers sê altyd: “Doen jou tuiswerk, anders sal jy niks leer nie.”
Hulle is reg. Somtyds voel hy asof hy nie die vermoё het om te leer nie.

Wat kan hy tog doen? Hy haat tuiswerk!

Een Saterdagmiddag, was sy kat, Wollie, besig om met `n klein poppie te speel. Hy gryp die pop
vanuit Wollie se kloue. Tot sy verbasing, was dit nie ‘n pop nie, maar ‘n baie klein mannetjie. Die
mannetjie het ’n wolhempie en oudmodiese broekie aan, met ‘n hoë punthoedjie net soos ‘n heks
s`n.

Hy skree: “Red my! Moet my nie weer vir daai kat teruggee nie! Ek sal aan jou “n wens gee, ek
belowe!”

         Patrick kon nie sy geluk glo nie! Hier was die antwoord vir al sy probleme Hy sê toe:
         “Slegs as jy al my tuiswerk vir die kwartaal vir my sal doen, al 50 dae. As jy goeie werk
         doen, behoort ek A’s te kry”.

         Die klein mannetjie trek sy klein gesiggie op ‘n frons. “Ag ja, man, ek sal dit vir jou doen,
         Ai!”

Die dwergie het sy woord gehou. Hy het Patrick se tuiswerk begin doen. Daar was net een
probleem. Die dwergie het nie altyd geweet wat om te doen nie. Hy het Patrick se hulp nodig
gehad. “Help my! help my!, roep hy “. Patrick moet dan dadelik gaan help.

“Ek ken nie die woord nie, “skree die dwergie, terwyl hy Patrick se tuiswerk doen.” “Bring vir my
`n woordeboek, of nee, soek jy sommer self die woord op. Klank sommer ook vir my die woord.”

Wanneer dit by Wiskunde kom, was Patrick ongelukkig. “Wat is tafels?” skree die dwergie. Ons
dwergies weet niks daarvan nie. Wat is minus, plus en breuke? Kom sit hier langs my en wys my
hoe mens dit doen!”

“Wat weet ons dwergies van die geskiedenis van julle mense?” So het die dwergie harder en
harder geskree. “Gaan biblioteek toe en kry vir my boeke. Kry sommer baie soorte boeke.Jy kan
dit sommer vir my lees ook.”

So het dit dag na dag aangegaan. Die dwergie was ‘n regte neulkous. Patrick het baie hard
gewerk en dit was niks lekker nie. Hy het nagte omgesit. Hy was nog nooit so moeg nie. Hy
moes skool toe gaan met rooi, opgeswelde oë.

Uiteindelik was dit die laaste dag van skool en die dwergie was vry om te gaan. Daar was ook nie
                                                  1

### Page 3

meer tuiswerk nie. Saggies en skelm sluip hy by die agterdeur uit.

 Patrick het sy A’s gekry. Sy klasmaats was baie verwonderd en sy onderwysers was vol
komplimente. Sy ouers het gewonder wat met Patrick gebeur het. Hy was nou ‘n voorbeeldige
kind. Hy het sy kamer skoon gemaak, al sy takies gedoen en was nooit weer onbeskof nie. Dit
was asof hy ‘n nuwe mens geword het.

Weet jy? Aan die einde, alhoewel Patrick gedink het dat die dwergie al die werk gedoen het, het
hy dit regtig self gedoen.

                                                         [Oorspronklike storie deur: Carol Moore]

1     Omkring die letter wat voor die korrekte antwoord staan.                                      (1)

      Watter titel sal die mees gepaste wees:   Patrick he t...

      A       sy tuiswerk gedoen.
      B       rugby gespeel.
      C       krieket gespeel.
      D       met sy kat gespeel.
                                                                                                    (2)

2.1   Omkring die letter wat voor die korrekte antwoord staan.

      Hy het gedink dat dit ... was.

      A       lank
      B       moeilik
      C       vervelig
      D       interessant                                                                           (1)

2.2   Omkring die letter wat voor die korrekte antwoord staan.

      Watter van die volgende karaktereienskappe beskryf die dwergie die beste?

      Klein en ...

      A   vriendelik
      B   oulik
      C   knorrig
      D   gelukkig                                                                                  (1)
                                                2

### Page 4

3.    Omkring die letter wat voor die korrekte antwoord staan.

      Waarheen het die dwergie vir Patrick gestuur om boeke te gaan haal?

      A    skool
      B    winkel
      C    biblioteek
      D    kafee                                                            (1)

4.1   Omkring die letter wat voor die korrekte antwoord staan.

      Die dwergie het Patrick vir ... skoolweke gehelp.

      A     agt
      B     tien
      C     nege
      D     sewe                                                            (1)

4.2   Omkring die letter wat voor die korrekte antwoord staan.

      Hy wou hê dat Patrick moet ...

      A     druip
      B     sy eie werk doen.
      C     slim word.
      D     in die moeilikheid kom.                                         (1)

5.1   Omkring die letter wat voor die korrekte antwoord staan.

      Die dwergie was so slu soos `n ...

      A     slang.
      B     jakkals.
      C     hond.
      D     kat.                                                            (1)

                                                  3

### Page 5

5.2   Omkring die letter wat voor die korrekte antwoord staan.

      Patrick het so rats soos `n ... sy kamer skoon gemaak sodat hy weer tuiswerk kan gaan
      doen.

      A    vlieg
      B    mot
      C    kat
      D    by                                                                                 (1)

6.    OORSAAK en GEVOLG beteken dat as jy die een ding doen, dit iets anders sal laat
      gebeur.

      Voorbeeld: Oorsaak: Jy eet te veel lekkers.

                   Gevolg:    Jy kry maagpyn.

      Skryf in elke geval `n GEVOLG neer vir die OORSAAK wat gegee word.

6.1   Patrick het in al sy vakke A`s behaal.                                                  (2)

      OORSAAK:_____________________________________________________________

      GEVOLG:
      _______________________________________________________________________

6.2   OORSAAK:                                                                                (2)
      __________________________________________________________________

      __________________________________________________________________

      GEVOLG:      : Die dwergie het `n wens aan Patrick gegee.

                                                 4

### Page 6

Lees die onderstaande leesstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae wat
          volg.

          In dorpe en stede, oral oor die wêreld, word rommel op vullishope gegooi. ‘n Vullishoop is ‘n
          plek waar rommel gelos word vir `n lang periode. Dit word op die grond of in diep gate
          gegooi. Die gate word opgevul met vullis. Dit word jaar na jaar gedoen, totdat daar nie meer
          plek vir meer vullis is nie. Dan word ‘n nuwe vullishoop begin. In sommige dorpe is daar nie
          meer plek vir enige rommel nie. Rommel moet vanaf een dorp na ‘n ander vervoer word.
          Een van die grootste probleme met ouer vullishope is dat dit ontstaan het nog voordat daar
          wette en regulasies ingestel was. Hierdie vullishope is vol chemiese afvalstowwe. Hierdie
          chemikalieë het in die grond gesuipel en in die water gespoel. So onstaan dan
          waterbesoedeling.

7.    Die bostaande teks vertel ons meer oor ...

      Omkring die letter wat voor die korrekte antwoord staan.

      A     mense

      B     dorpe

      C     vullis
                                                                                                     (1)
      D     chemikaliё

8.1   Omkring die letter wat voor die korrekte antwoord staan.

      Waarheen word die vullis van die meeste dorpe gestuur?

      A     vullishope

      B     vullisdromme

      C     riviere

      D     see

                                                                                                     (1)

                                                    5

### Page 7

8.2   Omkring die letter wat voor die korrekte antwoord staan.

      Wat gebeur met die vullis as die vullishope te vol raak?
      A    vullishope raak vol en onbruikbaar.

      B    dit word na `n nuwe vullishoop gestuur.

      C    chemikaliё word binne in die vullis gegooi.

      D    dit word in riviere gestort.                                                      (1)

8.3   Omkring die letter wat voor die korrekte antwoord staan.

      Wat is die grootste probleem met die ouer vullishope?

      A    Dit is te oud om nog vullis te berg.                                              (1)

      B    Daar is `n diep gat waarin jy kan val.

      C    Dit stink.

      D    Besoedelde chemikaliё is alreeds daarin neergestort.

9.    Sjokolade koekieresep                                                                  (3)

      Nommer die volgende sinne van 1 tot 6 in die blokkies, om die regte volgorde van die
      resep aan te dui.

                                     STAPPE                                   ANTWOORD

       1. Vorm `n sagte deeg, rol dit uit en sny met `n koekie drukker.

       2 Voeg hawer en klapper by die bottermengsel en klits tot
       romerig.

       3. Bak teen 1800C in `n voorverhitte oond vir 30 minute.

       4. Klits 250g botter en `n ½ koppie versiersuiker totdat dit romerig
       is.

       5. Smeer die gesmelte sjokolade bo-oor, nadat dit klaar gebak is.

                                                    6

### Page 8

6. Sif 2½ koppies meel en ¼ koppie kakao by die hawer en
          klappermengsel.

10.1   Skryf die volgende sin oor vanaf die teenwoordige tyd na die verlede tyd.

       Mrs Naidoo bak heerlike koekies.

       _______________________________________________                                           (2)

10.2   Skryf die sin vanaf die verlede tyd na die teenwoordige tyd oor.

       Die kinders het dit geniet om koekies te bak.

       _______________________________________________                                           (2)

11.    Verbind die volgende twee sinne om een goeie sin te vorm.

       Moenie die voegwoord ‘en’ gebruik nie.

       Die graad vyf klas bak koekies..Dit het gereёn.

       _______________________________________________                                           (2)

12.    Skryf die onderstaande kort paragraaf oor deur die korrekte punktuasie in te vul.

       patrick het `n waardevolle les geleer hy het vir sy ma gesê ek sal my tuiswerk elke dag
       doen is ma gelukkig daarmee

       ________________________________________________________________________

       ________________________________________________________________________                  (3)

13.    Skryf die volgende sin oor in die Indirekte Rede.

       Leon sê, “Ek is so bly om my dogter te sien.”

       ________________________________________________________________________                  (2)

                                                   7

### Page 9

14.   Bestudeer die onderstaande grafiek wat handel oor die aantal leerders by Patrick se skool (5)
      wat nie hulle tuiswerk gedoen het nie.
      Voltooi die volgende paragraaf deur van die woorde in die blok gebruik te maak.

Op Dinsdag het ____% van die leerders nie hulle tuiswerk gedoen nie. Die aantal wat nie tuiswerk
gedoen het nie het _____ vanaf Dinsdag tot Woensdag. Op ______ het die minste leerders nie hulle
tuiswerk gedoen nie. Op _______ was daar 40% van die leerders wat nie tuiswerk gedoen het nie..
 _______het die meeste leerders hulle tuiswerk gedoen.

                                        WOORDEBANK

35%                                         Vrydag                                      Maandag

afgeneem               Woensdag                     toegeneem

                                                8

### Page 10

15.   Skryf 2 paragrawe van 8 tot 10 sinne oor die waardevolle les wat Patrick geleer het.
      Jou paragraaf gaan gemerk word volgens die onderstaande kriteria.
         a. Sinskonstruksie
         b. Logiese sinne
         c. Korrekte taalgebruik, spelling en punktuasie
         d. Voldoende aantal sinne
      Begin jou paragraaf met die volgende sin:

      Patrick het tuiswerk gehaat en hy het swak in sy toetse gevaar, totdat hy besef het wat die
      waarde van tuiswerk werklik is.
      _________________________________________________________________________
      _________________________________________________________________________
      _________________________________________________________________________
      _________________________________________________________________________
      _________________________________________________________________________
      _________________________________________________________________________
      _________________________________________________________________________
      _________________________________________________________________________
      _________________________________________________________________________
      _________________________________________________________________________
      _________________________________________________________________________
      _________________________________________________________________________
                                                                                             (10)

                                                  9

## Related documents

- [Grade 5 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-hl-2012-ana-exemplars-memorandum-afrikaans/650fc8f7-9696-4e8f-8c2a-1b871ecf74fb) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr
- [Afrikaans HL Graad 5 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-graad-5-2012-memo/c472acc4-4aee-49e5-9e5f-28325f7ce023) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr
- [2013+Grade+5+Afrikaans+HL+Exemplar+Memo](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-5-afrikaans-hl-exemplar-memo/4eb3bc8c-bcc2-41ba-be61-09f61d4c170e) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [Gr 5 Afr HL voorbeeld memo](https://www.hlayiso.com/library/gr-5-afr-hl-voorbeeld-memo/2c35cf65-19e1-4d52-90b8-763cfb64b70b) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr
- [Afrikaans Taal Graad 5](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-taal-graad-5/37419aff-74c7-4e8f-860b-3a79eac84264) — Afrikaans HL · QP · 2011 · Afr
- [Afrikaans Term 4 Eksamen memorandum](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-hl-2020-november-exam-memorandum-afrikaans/c44ecd9e-adf9-44bd-ae1b-a3175c89d604) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 5 Afrikaans HL

- [2014 ANA Grade 5 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-5-afrikaans-hl-memo/d1f525f4-6ac4-460a-aa19-f6331c66d2c6) — Memo · 2014 · Afr
- [ANATest+Grade+5+Afrikaans+HL+2013+Memo](https://www.hlayiso.com/library/anatest-grade-5-afrikaans-hl-2013-memo/c86110a1-844e-4436-8073-4c4a3c5aabf2) — Memo · 2013 · Afr
- [Afrikaans Taal Graad 5 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-taal-graad-5-memo/c26c3fd0-68c0-4095-9181-7f04ace50d75) — Memo · 2011 · Afr

## Collection

- [Grade 5 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-5/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
