# Afrikaans HL Grade 6 ANA 2013 Question Paper

> Grade 6 Afrikaans HL question paper from the ANA 2013, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2012-test/d267fdf5-7da4-440b-ae89-70df02e6b9a1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 6
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: ANA
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 6](https://www.hlayiso.com/library/grade-6) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-6/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 6 ANA 2013 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2012-test/d267fdf5-7da4-440b-ae89-70df02e6b9a1)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 6 · ANA · 2013 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                                                PUNTE

                   JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013
                       GRAAD 6 AFRIKAANS HUISTAAL
                                  TOETS

PUNTE: 75

TYD: 1½ UUR

PROVINSIE ____________________________________________________________________

STREEK _______________________________________________________________________

DISTRIK _______________________________________________________________________

NAAM VAN SKOOL ____________________________________________________________

OBIS-NOMMER (9 syfers)

KLAS (bv. 6A) _____________________________________________________

VAN ___________________________________________________________________________

NAAM _________________________________________________________________________

                     SEUN                            DOGTER
GESLAG (✓)

GEBOORTEDATUM               C    C    Y    Y    M    M     D    D

              Die toets bestaan uit 13 bladsye, die voorblad uitgesluit.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

Instruksies aan die leerder

1.    Lees al die instruksies noukeurig deur.
2.    Beantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word.
3.    Die onderwyser(es) sal jou deur die oefenvoorbeeld lei voordat jy met die toets
      begin.
4.    Die toets duur is 1½ uur.
5.    Skryf netjies en leesbaar.

Oefenvoorbeeld

1.   Omkring die letter van die korrekte antwoord.

     Watter land word deur die sokkerspan Bafana Bafana verteenwoordig?

      A Australië

      B Suid-Afrika

      C Kameroen

      D Nigerië

Jy het die vraag korrek beantwoord as jy    BB       omkring het.

                            Die toets begin op die volgende bladsy.

Grade 6 Afrikaans HL Test                        1

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

AFDELING A: BEGRIP

Lees die onderstaande storie en beantwoord vrae 1–10.

Tshepiso was 'n waterdraer. Hy het in die dorpie, Osaka, gewoon. Hy het 'n belangrike taak
gehad. Hy het daagliks vars water vir sy familie aangedra. Hy het twee groot potte aan 'n stok
oor sy skouers gedra. Een pot het 'n kraak in gehad, terwyl die ander een heel en perfek was.
Toe hy by die dorpie gekom het, was die gekraakte pot net halfvol met water. Vir twee volle
jare het Tshepiso elke dag vars water in die potte vir sy familie aangedra. Sy familie was nie
tevrede met die halfvol, gekraakte pot nie.

Die perfekte pot was trots op sy werk en het komplimente ontvang. Dit is mos waarom hy
gemaak is. Hy het net so belangrik soos 'n mens gevoel en het die stukkende pot op sy
selfsugtige manier geïgnoreer. Sy grootpratery het die gekraakte pot minderwaardig laat voel.
Hy het vanaf die stroompie tot in die dorpie die helfte van sy water uitgelek. Die gekraakte pot
het die perfekte pot gevra om hom te help om sy kraak reg te maak, maar die perfekte pot
was altyd net te besig en kon nie help nie.

Na twee jaar het die gekraakte pot sy gevoelens met Tshepiso gedeel. Hy het nutteloos
gevoel. "Ek is skaam oor die kraak in my sy; dit lek water al die pad na julle huis toe. Ek het
geen waarde meer nie en moet weggegooi word."

Tshepiso het hartseer gevoel. Hy het nie geweet hoe nutteloos die gekraakte pot gevoel het
nie. Hy het geglimlag en sagkens aan die gekraakte pot gesê: "Het jy opgemerk dat daar
slegs aan jou kant van die pad pampoene groei en nie aan die kant van die ander pot nie. Ek
het altyd van jou swakheid geweet, daarom het ek pampoensaad aan jou kant geplant. Jy
gooi die pampoensaad elke dag nat. Sonder jou swakheid sou ek nie pampoene kon kweek
nie. "

                                         [Aangepas uit Oxford English for Success Grade 6]

Grade 6 Afrikaans HL Test                       2

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

1.        Omkring die letter van die korrekte antwoord.

          Wat is die beste titel vir die storie?

          A     Kweek van groente

          B     Twee perfekte potte

          C     Die gekraakte pot

          D     'n Swaar vrag                              (1)

2.        Omkring die letter van die korrekte antwoord.

          2.1 Wie is die hoofkarakters in die storie?

              A    Tshepiso en die perfekte pot.

              B    Tshepiso en die gekraakte pot.

              C    Tshepiso en sy familie.

              D    Tshepiso en die inwoners van Osaka.     (1)

          2.2 Wat is die hoofgedagte van die storie?

              A    'n Gekraakte pot wat nutteloos voel.

              B    'n Seun wat groente kweek.

              C    Twee potte wat baklei.

              D    'n Perfekte pot wat nutteloos voel.     (1)

          2.3 Waar vind die storie plaas?

              A     in 'n groot stad

              B     in 'n dorpie

              C     in 'n sirkustent

              D     in 'n skool                           (1)

Grade 6 Afrikaans HL Test                          3

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

3.        Nommer die vier sinne in die volgorde soos dit in die storie gebeur het.

           Tshepiso verduidelik dat hy pampoensade geplant het.           ___________

           Die gekraakte pot praat met die waterdraer.                    ___________

           Die gekraakte pot voel beter.                                  ___________

           Tshepiso stap daagliks na die stroom toe vir water.            ___________
                                                                                          (2)

4.        Dui aan of die volgende Waar of Onwaar is:

          4.1 'n antoniem vir die woord 'groot' is reusagtig. __________________          (1)

          4.2 'n sinoniem vir die woord 'spog' is grootpraat. _________________           (1)

5.        Beantwoord die volgende vrae:

          5.1 Skryf die teenoorgestelde vorm van die woord tussen hakies deur 'n
              voorvoegsel by te voeg.

                Die gekraakte pot was __________________ (gelukkig).                     (1)

          5.2 Skryf die woord 'spog' oor deur 'n agtervoegsel by te voeg.

                Die (spog) pot het gedink dat hy die beste was.

                _________________                                                        (1)

6.        Beantwoord die volgende vrae:

          6.1 Identifiseer die vergelyking in paragraaf twee en skryf dit neer.

                ____________________________________________________                    (1)

          6.2 Identifiseer die alliterasie in paragraaf een en skryf dit neer.

                _____________________________________________________                   (1)

Grade 6 Afrikaans HL Test                        4

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

7.        Onderstreep die korrekte antwoord.

          7.1 "Die perfekte pot het gespog met die uitvoering van sy taak" is 'n
                voorbeeld van (personifikasie/metafoor).                           (1)

          7.2 Die perfekte pot het daarvan gehou om sy eie (drom/beuel/kitaar)
              te blaas.                                                            (1)

8.        Som die storie in 3-4 sinne op (ongeveer 30 woorde).

          ___________________________________________________________
          ___________________________________________________________
          ___________________________________________________________
          ___________________________________________________________
          ___________________________________________________________                (3)

9.       Voltooi die volgende sin.

         As die gekraakte pot nie water gelek het nie, sou   __________________

         ____________________________________________________________                (1)

10.      Watter les kan jy uit hierdie storie leer?

         ____________________________________________________________

         ____________________________________________________________                (1)

Grade 6 Afrikaans HL Test                         5

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

Bestudeer die advertensie en beantwoord vraag 11–16.

                Sterk, pragtige tekkies
                                                      Wees in die mode
                 Sag en kleurvol vir die              met hierdie
                      seisoen!!!!                     gemaklike tekkies!!!

              Vir die tiener met styl!     Koop een paar en kry een paar gratis!

11.      Watter produk word hier geadverteer?
         _________________________________________________________
                                                                                   (1)

12.      Sal jy hierdie produk koop? Gee 'n rede vir jou antwoord.

         ________________________________________________________
         ________________________________________________________                  (2)

13.      Omkring die letter van die korrekte antwoord.

         Vir watter groep mense is hierdie advertensie spesifiek geskryf?
          A        Tieners met styl

          B        Olimpiese swemmers

          C        Babas met styl

          D        Sakemanne                                                        (1)

Grade 6 Afrikaans HL Test                       6

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

14.       Beantwoord die volgende vrae:

          14.1     Wat belowe die advertensie jou indien jy een paar koop?
                   __________________________________________                            (1)

          14.2     ''Koop een paar en kry een paar gratis'' is 'n voorbeeld van watter
                   taalverskynsel?
                   _________________________

                   _________________________                                             (2)

15.       Skryf drie byvoeglike naamwoorde (beskrywende woorde) neer wat in die

          advertensie gebruik is.

          15.1     ________________________________                                      (1)

          15.2     ________________________________                                      (1)

          15.3     ________________________________                                      (1)

16.       Skryf die sin in die direkte rede oor.
          Sipho het gesê dat hy van sy tekkies gehou het.
          Sipho het gesê: "Ek ________________________________________”.                 (3)

                                                                   TOTAAL AFDELING A: 32

Grade 6 Afrikaans HL Test                          7

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

AFDELING B: TAALSTRUKTURE

Lees die leesstuk hieronder en beantwoord vraag 17–27.

               Wenke oor hoe om die Suid-Afrikaanse vlag te hang

      Wanneer die vlag horisontaal vertoon word, moet die swart driehoek aan jou

      linkerkant wees en die rooi gedeelte aan die bokant. As die rooi gedeelte aan

      die onderkant is, is jou vlag onderstebo.

      Die vlag mag nie beskadig word deur daarop te skryf nie. Enige woorde moet onder
      of langs die vlag geskryf word.

      Die vlag moet altyd met respek behandel word. Die vlag mag nooit:

      •   Toegelaat word om die grond of vloer te raak nie.
      •   Gedrapeer word oor tafels, podiums, relings, ens nie.
      •   Gebruik word as bedekking vir monumente, standbeelde, ens. nie.
      •   Gebruik word om onderklere, badmatte te maak of op ander materiale gedruk word
          nie.
      •   Gebruik word vir advertensies wat disrespekvol is nie.

                            [Aangepas uit http://www.southafrica.info/about/history/flag.htm]

17.         Skryf die volgende sin oor en maak die spel- en leestekenfoute reg.

            die Suid-Afrikaanse vlag moet as volg gerespekteer word: dit maag nie die
            vloer raak nie oor voorwerpe of standbeelde gebruik word as bedekking nie.
            ____________________________________________________________
            ____________________________________________________________
            ____________________________________________________________                   (3)

Grade 6 Afrikaans HL Test                         8

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
18.       Besluit watter tipe naamwoord in die onderstaande sinne onderstreep is. Kies
          die korrekte antwoord uit die woordblok en skryf dit in die oop lyntjies.

           soortnaam;             eienaam;               abstrakte selfstandige naamwoord

          18.1     Die kleur rooi verteenwoordig gewoonlik liefde.
                                                                                            (1)
                   _______________________________

          18.2     Suid-Afrika is 'n diverse land.

                   _______________________________                                          (1)

          18.3     Ons vlag is baie kleurvol.

                   _______________________________                                          (1)

19.       Onderstreep die korrekte werkwoord in die onderstaande sinne:

          19.1     Baie mense (respekteer/respek) ons landsvlag.                            (1)

          19.2     Suid-Afrika (sal/is) 'n mooi land.                                       (1)

20.       Skryf die korrekte vorm van die woord tussen hakies.

          Alle Suid Afrikaners (moet, sal) _________ ingelig (word, sal word)
          _________ oor hulle regte.
                                                                                            (2)

21.       Vul die korrekte voorsetsel in deur dit vanuit die teks te verkry.

          21.1 Die vlag mag nie ________ tafels of stoele vertoon word nie.                 (1)

          21.2   Niemand mag _________ die vlag skryf nie.                                  (1)

Grade 6 Afrikaans HL Test                            9

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

22.       Skryf die onderstaande sinne oor en verbind dit deur gebruik te maak van
          die regte voegwoord.

          22.1   Die vlag mag nie as onderklere gebruik word nie. Dit moet op die
                 regte manier vertoon word.
                 ____________________________________________________
                 ____________________________________________________                 (1)

          22.2   Daar mag nie op die vlag geskryf word nie. Jy mag wel onder of
                 langsaan skryf.
                 ____________________________________________________
                 ____________________________________________________                (1)

          22.3   Die vlag moet gerespekteer word. Dit is 'n simbool van ons land.
                 ____________________________________________________
                 ____________________________________________________                (1)

23.       Kies die korrekte voornaamwoorde in die woordblok om die sinne te
          voltooi.

                    hierdie;                    ons;                  sy

          23.1     Die vlag is pragtig ontwerp; _________________ is trots op ons    (1)
                   vlag.
          23.2     Die vlag het _______________ eie unieke ontwerp.                  (1)

          23.3     Ons moet altyd __________ punte onthou.                           (1)

24.       Onderstreep die korrekte vorm van die werkwoord tussen hakies.

          24.1   Ek (staan/verstaan) dat reëls gevolg moet word.                     (1)

          24.2   Jy moet altyd jou vlag (respekter/respekteer).                      (1)

Grade 6 Afrikaans HL Test                       10

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

25.       Skryf die sin oor in twee enkelvoudige sinne.

          Dit is belangrik om reëls te volg, want dit is 'n teken van respek.
          Sin 1:_____________________________________________________                      (1)
          Sin 2: _____________________________________________________                     (1)

26.       Kies die korrekte tydsvorme vir die onderstaande sinne. Gebruik die
          woorde in die woordblok en skryf dit in die oop lyntjies.

                  verlede tyd;       teenwoordige tyd;   toekomende tyd
                   Verlede tyd;    Teenwoordige tyd; Toekomende tyd

          26.1     Die President kyk na die vlag.

                   _______________________                                                   (1)

          26.2     Ek sal ons vlag respekteer.
                   _______________________                                                   (1)

          26.3     Ons skoolvlag het korrek gehang.

                   _______________________                                                   (1)

27.       Identifiseer die tipe sinne deur die korrekte woord uit die woordblok te kies.

                        stelsin;            bevelsin;                vraagsin

          27.1     Wat simboliseer die Suid-Afrikaanse vlag?

                   _________________                                                         (1)

          27.2     Moenie ons landsvlag oneer aandoen nie!

                   _________________                                                         (1)

          27.3     Ons vlag het ses verskillende kleure.

                   _________________                                                         (1)

                                                                TOTAAL AFDELING B: 28

Grade 6 Afrikaans HL Test                           11

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

AFDELING C: SKRYF

28.    Skryf 'n dagboekinskrywing van twee paragrawe (ongeveer 8-10 sinne).
       Beskryf in jou dagboekinskrywing hoe jy by die skool deur iemand in 'n hoër
       graad geboelie is. Beskryf wat gebeur het en hoe jy daaroor gevoel het.
       Onthou om die regte formaat, taal en spelling te gebruik.
       ______________________________________________________________________
       ______________________________________________________________________
       ______________________________________________________________________
       ______________________________________________________________________
       ______________________________________________________________________
       ______________________________________________________________________
       ______________________________________________________________________
       ______________________________________________________________________
       ______________________________________________________________________
       ______________________________________________________________________
       ______________________________________________________________________
       ______________________________________________________________________
       ______________________________________________________________________
       ______________________________________________________________________
       ______________________________________________________________________
       ______________________________________________________________________
       ______________________________________________________________________
       ______________________________________________________________________
       ______________________________________________________________________
       ______________________________________________________________________

                                                            TOTAAL AFDELING C: 15
                                                                   GROOTTOTAAL: 75

Grade 6 Afrikaans HL Test                      12

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

PUNTETOEKENNING VIR VRAAG 28           MAKSIMUM   LEERDER SE
                                       PUNT       PUNT

28.1   FORMAAT VAN DAGBOEK                  3

28.2   WOORD-EN SINSVLAK                    3

28.3   GETAL SINNE                          3

28.4   TAALSTRUKTUUR EN-GEBRUIK             3

28.5   INHOUD                               3

TOTAAL                                      15

Grade 6 Afrikaans HL Test         13

## Related documents

- [ANATest+Grade+6+Afrikaans+HL+2013+Memo](https://www.hlayiso.com/library/anatest-grade-6-afrikaans-hl-2013-memo/ef6dc713-ae75-48b6-aded-2039f3f7fc83) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [2013+Grade+6+Afrikaans+HL+Exemplar+Test](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-6-afrikaans-hl-exemplar-test/c389acf3-0abb-4077-a0be-29f784976a7c) — Afrikaans HL · QP · 2013 · Afr
- [2014 ANA Grade 6 Afrikaans HL Test](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-6-afrikaans-hl-test/56a66d8e-e2d8-4354-ae12-dfbc9a51c55d) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans HL Graad 6 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-graad-6-2012/2831b23f-e6c6-46ed-9359-b768ebd13cd7) — Afrikaans HL · QP · 2012 · Afr
- [Afrikaans Taal Graad 6](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-taal-graad-6/afe3c756-805d-4066-97de-38e92b3b936f) — Afrikaans HL · QP · 2011 · Afr
- [2013+Grade+6+Afrikaans+HL+Exemplar+Memo](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-6-afrikaans-hl-exemplar-memo/b733c06e-1430-428b-9454-51d82c8be98c) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr

## More from Grade 6 Afrikaans HL

- [Afrikaans HL MG June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2024-north-west-june-exam-question-paper-afrikaans/fa8f3827-b75a-4391-9e2d-f02a26b61f28) — Memo · 2024 · Afr
- [AFR HL P2 GR6 MEMO NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-memo-nov2018-d/53d742d1-9f86-4ef1-bdb9-284e38c4be6e) — Memo · 2018 · Afr
- [AFR HL P3 GR6 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr6-memo-nov2018/633a64e4-5a21-406a-85df-29790cc7931a) — Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 MEMO NOVEMBER 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo-november-2017/7871f2a1-b789-457c-bee9-08c9365615ab) — Memo · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-nov2017/cf555b7a-c965-4ecc-ad4a-b424c70f4bf0) — Memo · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp/b36abc2e-ee17-4480-a8b7-d825ab1ad052) — QP · 2017 · Afr

## Collection

- [Grade 6 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-6/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
