# Afrikaans HL Grade 6 North West June 2024 Question Paper

> Grade 6 Afrikaans HL question paper from the North West June Exam 2024, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2024-north-west-june-exam-question-paper-afrikaans/7d8c7c3a-e5d3-4a73-9c5e-9d7f8513b69d
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 6
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: North West June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 6](https://www.hlayiso.com/library/grade-6) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-6/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 6 North West June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2024-north-west-june-exam-question-paper-afrikaans/7d8c7c3a-e5d3-4a73-9c5e-9d7f8513b69d)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 6 · North West June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                    GRAAD 6

                             AFRIKAANS HUISTAAL
                             RESPONS OP TEKSTE
                                    JUNIE 2024

 PUNTE: 50

 TYD: 2 uur

NAAM EN VAN          : ______________________________________________
SKOOL                : ______________________________________________
LEO                  : ______________________________________________
DISTRIK              : ______________________________________________

                       Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans HT/Respons op tekste               2                            NW/Junie 2024
                                         Graad 6

   INSTRUKSIES EN INLIGTING

  1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae:

       VRAAG 1:                       LEESBEGRIP                                   [20]
       VRAAG 2:                       VISUELE TEKS                                 [10]
       VRAAG 3:                       OPSOMMING                                    [5]
       VRAAG 4:                       TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES IN              [15]
                                      KONTEKS
                                      TOTAAL:                                      [50]

  2. Beantwoord ALLE vrae

  3. Lees al die vrae noukeurig deur.

  4. Waar een-woord antwoorde nodig is, skryf net die korrekte woord.

  5. Vir meervoudigekeuse-vrae, omkring SLEGS die korrekte letter (A–D)
     langs die vraagnommer.

  6. Gee spesiale aandag aan korrekte taalgebruik.

  7. Skryf netjies en leesbaar.

       VRAE                           TOTAAL PUNTE         LEERDERPUNTE
  1.   Leesbegrip                         20
  2.   Visuele teks                       10
  3.   Opsomming                           5
  4.   Taalstrukture en -
                                             15
       Konvensies in konteks
       TOTAAL:                               50

                     Die vraestel begin op die volgende bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans HT/Respons op tekste                    3                                     NW/Junie 2024
                                              Graad 6

  VRAAG 1: LEESBEGRIP

 Lees die volgende teks sorgvuldig deur en beantwoord die vrae wat volg.

                     TiKToK BEPERK SKERMTYD VIR JONG GEBRUIKERS

                                          2 Maart 2023

  1.   TikTok het Woensdag bekendgemaak dat hulle ŉ outomatiese daaglikse
       skermtydsbeperking van 60 minute gaan instel vir gebruikers wat jonger as 18 is.
  2.   Dit volg na aanleiding van die skerp kritiek wat TikTok in die gesig staar oor die
       verslawende eienskappe van die sosialemediaplatform onder veral jonger
       gebruikers.
  3.   “Die nuwe funksie sal in die komende weke ingestel word op elke rekening wat
       aan gebruikers jonger as 18 behoort, en dit sal outomaties op ŉ daaglikse
       beperking van 60 minute gestel word,” het Cormac Keenan, TikTok se hoof van
       veiligheid, gesê.
  4.   Tieners sal ŉ wagwoord moet insleutel as hulle na ŉ uur nog video’s op die
       platform wil kyk, en gebruikers wat jonger as 13 is se ouers of voog sal ŉ
       wagwoord moet insleutel om ŉ bykomende 30 minute van tyd vir hul kind te kry.
  5.   As die kind deur ŉ gesinsrekening (family pairing) toegang tot TikTok verkry, sal
       ouers ŉ maksimum skermtyd vir hul kind kan opstel, na gelang van die dag, het
       die platform bygevoeg.
  6.   Douyin, die Chinese weergawe van TikTok, is beperk tot 40 minute se daaglikse
       gebruik vir kinders jonger as 14, en is heeltemal ontoeganklik vir hulle tussen
       22:00 en 06:00.
  7.   Die nuwe funksie is by bestaande maatreëls gevoeg om jongmense te help om
       hulle skermtyd te beperk. TikTok het verlede jaar kennisgewings ingestel wat
       tieners vra of hulle hulp benodig om hul skermtyd op die platform te bestuur, en
       ŉ weeklikse kennisgewing wat gebruikers se skermtyd opsom. Tog kan jonger
       gebruikers steeds kies om nie die tydsbeperkingsfunksie in te stel nie, of net oor
       hul ouderdom te jok, soos op talle ander sosialemediaplatforms.
  8.   Die Chinese sosialemediaplatform het kritiek gekry oor die stygende hoeveelheid
       tyd wat kinders tussen 4–18 jaar spandeer om deur video’s te blaai wat die
       platform op grond van hul smaak en algoritmes aan hulle voorstel.
  9.   Volgens ŉ onlangse studie deur die ouerbeheer-app, Qustodio, het minderjariges
       in 2022 gemiddeld 1 uur en 47 minute per dag op TikTok spandeer.
                [Bron: https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/tiktok-beperk-skermtyd-vir-jong-gebruikers/]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans HT/Respons op tekste                  4                             NW/Junie 2024
                                            Graad 6

 1.1       Onderstreep die korrekte antwoord.

           Skermtyd word daagliks/weekliks ingestel.                                        (1)

 1.2       Wat beteken die woord “skermtydsbeperking” in paragraaf 1? Toon die
           regte antwoord deur A, B, C of D te omkring.

           A         Jy het meer tyd om jou skerm te gebruik.

           B         Jy het geen skermtydsbeperking.

           C         Jy het minder tyd om jou skerm te gebruik.

           D         Jy het geen tyd om jou skerm te gebruik.                               (1)

 1.3       Waarom word skermtydsbeperking ingestel?

                                                                                            (2)

 1.4       Op watter gebruikers se rekening sal dit ingestel word?

                                                                                            (1)

 1.5       Vir hoe lank gaan dit daagliks ingestel word? Toon die regte antwoord deur
           A, B, C of D te omkring.

           A         30 minute

           B         20 minute

           C         60 minute

           D         50 minute                                                              (1)

 1.6       “Gebruikers jonger as 13 kan langer as ‘n uur op die platform kyk”.

           Hierdie stelling is onwaar. Staaf waarom hierdie stelling onwaar is.

                                                                                            (2)

 1.7       Wat word die Chinese weergawe van TikTok genoem?

                                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans HT/Respons op tekste               5                                NW/Junie 2024
                                         Graad 6

 1.8       Noem twee verskille tussen TikTok en die Chinese weergawe van TikTok.

                           TikTok                          Chinese weergawe
           a)                                      a)
           b)                                      b)
                                                                                            (4)

 1.9       Op grond van wat word die video’s voorgestel aan gebruikers?

                                                                                            (2)

 1.10      Verduidelik in jou eie woorde wat jy dink is die funksie van die ouerbeheer-
           app?

                                                                                            (2)

 1.11      Wat beteken die woord minderjariges?

                                                                                            (1)

 1.12      Dink jy jong gebruikers volg die skermtyd daagliks? Motiveer jou antwoord.

                                                                                            (2)

                                                                   TOTAAL VRAAG 1: 20

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans HT/Respons op tekste                     6                                     NW/Junie 2024
                                               Graad 6

 VRAAG 2: VISUELE TEKS

 Bestudeer die visuele teks en beantwoord die vrae wat volg.

 [Bron: https://www.netwerk24.com/netwerk24/sake/tegnuus/twitter-tiktok-tjirp-al-hoe-meer-so-gebruik-sa-
                                                                           nou-sosiale-media-20220705]

 2.1       Noem een van Suid-Afrika se gewildste sosiale media platforms.

                                                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans HT/Respons op tekste              7                               NW/Junie 2024
                                        Graad 6

 2.2       Watter sosialemedia-platform word die minste gebruik?

                                                                                          (1)

 2.3       Wanneer gebruik mense die internet die meeste en deur watter geslag
           word dit die meeste gebruik?

                                                                                          (2)

 2.4       Waarom gebruik hierdie geslag die internet die meeste?

                                                                                          (1)

 2.5       Waarom teken die meeste mense aan op slimfone?

                                                                                          (1)

 2.6       Hoekom teken mense minder aan op die speletjiekonsole?

                                                                                          (1)

 2.7       Vir watter rede gebruik mense sosialemedia die meeste?

                                                                                          (1)

 2.8       Waarom dink jy gebruik mense hierdie rede wat in vraag 2.7 genoem is, die
           meeste op sosialemedia?

                                                                                          (2)

                                                                   TOTAAL VRAAG 2: 10

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans HT/Respons op tekste                    8                                    NW/Junie 2024
                                              Graad 6

 VRAAG 3: OPSOMMING

 Lees die onderstaande risiko’s van TikTok deur en maak ŉ opsomming deur die
 instruksies te volg.

                  Ouers moet bewus wees oor die risiko’s van TikTok

 1. TikTok-gebruikers teken in met ‘n telefoonnommer, e-pos adres, Facebook- of
    Instagram-rekening.

 2. TikTok se hooffokus is musiek en dans, soms met eksplisiete lirieke.

 3. As gevolg van die aantal kinders onder 13 wat van die platform gebruik maak, het
    die ontwikkelaars ŉ aparte afdeling van die toepassings vir kinders geskep wat hulle
    slegs toelaat om saamgestelde, “skoon” video’s te kyk. Hulle kan nie kommentaar
    lewer, die soek-funksie gebruik op hul eie video’s plaas nie. Die afdeling is slegs
    geaktiveer as kinders hul werklike geboortedatum gebruik, maar kan omseil word
    indien ŉ valse geboortedatum gebruik word.

 4. Daar is die opsie om die rekening privaat te maak, wat verseker dat slegs mense
    wat jou kind volg die inhoud kan sien.

 5. As ŉ ouer kan jy ŉ buffer wees tussen jou kind en negatiewe inhoud deur saam met
    jou kind die video’s te kyk en te skep. In plaas van om jou kind te verbied om die
    app te gebruik, omhels die platform saam met hulle deur te leer hoe om die platform
    te gebruik.

         [Aangepas uit https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/skull-breaker-op-tiktok-ouers-moet-weet/]

 1.         Begin elke sin met ‘n hoofletter en eindig met ‘n punt.
 2.         Som VYF veiligheidsmaatreëls op van hoe ouers hul kinders kan
            beskerm op TikTok in 60–70 woorde.

 3.         Die veiligheidsmaatreëls moet PUNTSGEWYS in vyf volsinne
            neergeskryf word.

 4.         NOMMER jou sinne van 1-5.

 5.         Skryf eers jou eerste poging rofwerk.

 6.         Bring veranderinge op die rofwerk aan en sorg dat jy binne die riglyne
            van 60-70 woorde bly.

 7.         Skryf die finale poging.

 8.         Skenk aandag aan taalgebruik.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans HT/Respons op tekste       9                            NW/Junie 2024
                                 Graad 6

            Eerste poging:

 1.

 2.

 3.

 4.

 5.

                                             Aantal woorde: _______

            Finale poging:

                                           Aantal woorde: _________

                                                 TOTAAL VRAAG 3:       5

Kopiereg voorbehou                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans HT/Respons op tekste                     10                                     NW/Junie 2024
                                                Graad 6

 VRAAG 4: TAALSTRUKTURE EN –KONVENSIES IN KONTEKS

 Die volgende vrae is gebaseer op die onderstaande leesstuk.

                                Monitor kinders se gebruik

1.     Indien jy nou na die “blackout challenge” op TikTok soek, word ŉ gebruiker
       na ŉ bladsy herlei wat waarsku dat sommige uitdagings gevaarlik,
       ontstellend of selfs nagemaak kan wees.

2.     Sosialemediawebwerwe soos TikTok bevorder inhoud op grond van ŉ
       gebruiker se voorkeure, het dr. Loise Lee, ŉ lid van die Amerikaanse
       Pediatriese Raad oor Besering, Geweld en Vergiftingsvoorkoming, aan
       The New Times gesê.

3.     Sonder ouerbeheer kan kinders dus blootgestel word aan ŉ
       verskeidenheid van inhoud, ook video’s wat hulle dalk nie verstaan nie.

4.     Die organisasie stel voor dat ouers hul kinders se sosialemediagebruik
       dophou en skermtyd beperk. As kinders boonop sien dat ŉ klomp mense
       van ŉ video gehou het, kan hulle dalk dink dit is veilig en pret om te
       probeer doen, sonder om ŉ benul te hê van die gevolge.

5.     Veral laerskoolkinders het nie die kennis of insig om te besef wanneer iets
       werklik gevaarlik is nie.

        [Bron:https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/tiktok-moet-verduidelik-na-uitdaging-glo-
                                                                             jong-lewens-eis/]

 4.1        Skryf die Afrikaanse woord vir die woord “challenge” soos in
            paragraaf 1.

                                                                                                   (1)

 4.2        Skryf ‘n ANTONIEM vir die woord “gevaarlik” soos in paragraaf 1.

                                                                                                   (1)

 4.3        Skryf ‘n SINONIEM vir die woord “onstellend” soos in paragraaf 1.

                                                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans HT/Respons op tekste             11                                NW/Junie 2024
                                        Graad 6

 4.4      Breek die woord op in LETTERGREPE soos in paragraaf 2.
          “sosialemediawebwerwe”

                                                                                      (1)

 4.5      Skryf die AFKORTING “dr.” voluit soos in paragraaf 2.

                                                                                      (1)

 4.6      Skryf die sin in paragraaf 2 oor in die DIREKTE REDE.
          Sosialemediawebwerwe soos TikTok bevorder inhoud op grond van
          ‘n gebruiker se voorkeure, het dr. Loise Lee, gesê.

                                                                                      (1)

 4.7      Skryf die STAMWOORDE in die woord “ouerbeheer” soos in
          paragraaf 2.

                                                                                      (1)

 4.8      Skryf die VERKLEININGSVORM vir die woord “video’s” soos in
          paragraaf 3.

                                                                                      (1)

 4.9      Skryf die sin in die TOEKOMENDE TYD:

          Sonder ouerbeheer kan kinders dus blootgestel word aan ŉ
          verskeidenheid van inhoud, ook video’s wat hulle dalk nie verstaan nie.

                                                                                    (2)

 4.10     Skryf die sin hieronder uit in die ONTKENNENDE VORM:

          Die organisasie stel voor dat ouers hul kinders se sosialemedia
          gebruik dophou en skermtyd beperk.

                                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans HT/Respons op tekste              12                               NW/Junie 2024
                                         Graad 6

 4.11      Ontleed die sin hieronder uit deur die VOORWERP te identifeer:

           Ouers moet sosialemediagebruik dophou.
                                                                                     (1)

 4.12      Brei die hieronder uit deur ŉ BYVOEGLIKE NAAMWOORD in die sin
           te voeg:

           Veral kinders het nie kennis om te besef wanneer iets gevaarlik is nie.

                                                                                     (1)

 4.13      Verander die volgende sin in ‘n VRAAGSIN:

           Laerskoolkinders het nie die kennis of insig om te besef wanneer iets
           werklik gevaarlik is nie.

                                                                                     (2)

                                                              TOTAAL VRAAG 4: 15
                                                                GROOTTOTAAL: 50

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL MG June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2024-north-west-june-exam-question-paper-afrikaans/fa8f3827-b75a-4391-9e2d-f02a26b61f28) — Afrikaans HL · Memo · 2024 · Afr
- [2014 ANA Grade 6 Afrikaans HL Test](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-6-afrikaans-hl-test/56a66d8e-e2d8-4354-ae12-dfbc9a51c55d) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [Grade 6 Afrikaans HL 2012 Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2012-test/d267fdf5-7da4-440b-ae89-70df02e6b9a1) — Afrikaans HL · QP · 2013 · Afr
- [2013+Grade+6+Afrikaans+HL+Exemplar+Test](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-6-afrikaans-hl-exemplar-test/c389acf3-0abb-4077-a0be-29f784976a7c) — Afrikaans HL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans HL Graad 6 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-graad-6-2012/2831b23f-e6c6-46ed-9359-b768ebd13cd7) — Afrikaans HL · QP · 2012 · Afr
- [Grade 6 Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2012-ana-exemplars-question-paper-afrikaans/77578219-50ca-4195-9832-206e50e6abe3) — Afrikaans HL · QP · 2012 · Afr

## More from Grade 6 Afrikaans HL

- [AFR HL P2 GR6 MEMO NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-memo-nov2018-d/53d742d1-9f86-4ef1-bdb9-284e38c4be6e) — Memo · 2018 · Afr
- [AFR HL P3 GR6 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr6-memo-nov2018/633a64e4-5a21-406a-85df-29790cc7931a) — Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 MEMO NOVEMBER 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo-november-2017/7871f2a1-b789-457c-bee9-08c9365615ab) — Memo · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-nov2017/cf555b7a-c965-4ecc-ad4a-b424c70f4bf0) — Memo · 2017 · Afr
- [Gr6 AFRHL P2 N16 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p2-n16-memo/23f3439d-5d22-4ac4-a5d8-6485c8745872) — Memo · 2016
- [Gr6 AFRHL P3 N16 Memo](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p3-n16-memo/0dcad7cf-b7d9-4420-be0d-9bb2b9e4c6d0) — Memo · 2016

## Collection

- [Grade 6 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-6/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
