# Afrikaans HL Grade 6 North West November 2024 Question Paper

> Grade 6 Afrikaans HL question paper from the North West November Exam 2024, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2024-north-west-november-exam-question-paper-afrikaans/0881348c-9560-46ca-b4fe-d7fd4555a2c9
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 6
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: North West November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 6](https://www.hlayiso.com/library/grade-6) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-6/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 6 North West November 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2024-north-west-november-exam-question-paper-afrikaans/0881348c-9560-46ca-b4fe-d7fd4555a2c9)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 6 · North West November Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                    GRAAD 6

                             AFRIKAANS HUISTAAL
                             RESPONS OP TEKSTE
                                 NOVEMBER 2024

 PUNTE: 50

 TYD: 2 uur

NAAM EN VAN          : ______________________________________________
SKOOL                : ______________________________________________
LEO                  : ______________________________________________
DISTRIK              : ______________________________________________

                       Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans HT/Respons op tekste               2                      NW/November 2024
                                         Graad 6

  INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae:

      VRAAG 1:              LEESBEGRIP                                             (20)
      VRAAG 2:              VISUELE TEKS                                           (10)
      VRAAG 3:              OPSOMMING                                              (5)
      VRAAG 4:              TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES IN KONTEKS                (15)

 2. Beantwoord AL die vrae.

 3. Lees al die vrae noukeurig deur.

 4. Waar een-woord antwoorde nodig is, skryf net die korrekte woord.

 5. Vir meervoudigekeuse-vrae, omkring SLEGS die korrekte letter (A–D)
    langs die vraagnommer.

 6. Gee spesiale aandag aan korrekte taalgebruik. Skenk veral baie aandag
    aan spellling en sinskonstruksie.

 7. Skryf netjies en leesbaar.

      VRAAG                       TOTAAL             LEERDERPUNTE
 1.   Leesbegrip                      20
 2.   Visuele teks                    10
 3.   Opsomming                        5
 4.   Taalstrukture en -
                                        15
      Konvensies in konteks
      TOTAAL:                           50

                      Die vraestel begin op die volgende bladsy.

 Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans HT/Respons op tekste               3                           NW/November 2024
                                         Graad 6

VRAAG 1: LEESBEGRIP

Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      OLIMPIESE SPELE 2024: PARYS GEREED OM DIE WÊRELD SE GROOTSTE
                       SPORTBYEENKOMS AAN TE BIED

 1.    Parys word die stad van liefde genoem, maar oor minder as twee maande gaan dit
       die stad van Olimpiese aksie wees.

 2.    Dis byna tyd vir die wêreld se grootste sportskouspel om af te skop. Vir beter
       goedvoeldoepa as die Olimpiese Spele in Parys kan ’n mens beswaarlik vra.

 3.    As daar een ding is wat die wêreld aangryp, inspireer en verenig, is dit die jong mans
       en vroue wat soms geweldige persoonlike uitdagings oorkom in hul strewe na goud.
       Die pandemie het ’n lang skaduwee oor die 2020-spele in Tokio gegooi. Eers is dit
       uitgestel en toe moes atlete in byna leë stadions meeding.

 4.    Hopelik sal dié donker dae vergete wees wanneer die Olimpiese vlam op 26 Julie in
       Parys se Stade de France aangesteek word.

 5.    “Games wide open” is die slagspreuk vir die 33ste Olimpiese Somerspele – en
       dit beloof om ’n onvergeetlike geleentheid te wees. Die Franse hou immers
       daarvan om dinge met flair te doen, en hulle belowe ook verskeie eerstes.

 6.    Vir die eerste keer ooit gaan die openingsoptog buite ’n stadion plaasvind – en die
       verhoog gaan Parys se imposante Seine wees. Dis reg, die plan is dat die duisende
       atlete op ’n armada van 160 bote sal vaar, met die stad en sonsondergang as
       dramatiese agtergrond.

 7.    Die rivieroptog sal 6 km lank wees. Tot 325 000 toeskouers sal na verwagting die
       oewers volpak en die internasionale televisiegehoor word op ’n miljard kykers
       geraam.

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans HT/Respons op tekste                  4                              NW/November 2024
                                            Graad 6

 8.    “Ek dink dit gaan een van die beste openingseremonies ooit wees, indien nie die
       heel beste nie,” voorspel die Olimpiese atleet Usain Bolt. Hy het juis verlede jaar
       met die Olimpiese fakkel op die Seine gevaar vir die laaste skof van die
       oorhandigingseremonie aan die gasheerland. “Stel jou voor hoe almal buite en
       op die brûe staan en die atlete toejuig. Dis nog nooit voorheen gedoen nie.”

 9.    Die rivieroptog sal by die Trocadéro-plein oorkant die Eiffeltoring eindig. Dié
       wêreldbekende baken is versier met reuse- Olimpiese ringe, gemaak van herwonne
       Franse staal.

10.    In die geval van ’n ernstige terreurbedreiging sal die seremonie na die Trocadéro-
       gebou of die Stade de France verskuif word, met slegs toesprake en geen optog nie.
           [Bron: https://www.netwerk24.com/huisgenoot/nuus/olimpiese-spele-2024-parys-gereed-om-die-
                                              wereld-se-grootse-sportbyeenkoms-aan-te-bied-20240531]

1.1      Wat word Parys genoem? Kies EEN van die volgende opsies:

          A    Die stad van hartseer.
          B    Die stad van woede.
          C    Die stad van liefde.
          D    Die stad van teleurstelling.                                                      (1)

1.2      Wanneer begin die Olimpiese spele? Kies EEN van die volgende opsies:

          A    26 Junie
          B    26 Julie
          C    26 Augustus
          D    26 September                                                                      (1)

1.3      Waarna verwys die woord “goud” in paragraaf 3?

                                                                                                 (1)

1.4      In watter stad is die Olimpiese spele die vorige keer gehou?

                                                                                                 (1)

1.5      Wat dink jy bedoel die skrywer met “die donker dae”?

                                                                                                 (2)

 Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans HT/Respons op tekste               5                        NW/November 2024
                                         Graad 6

1.6      Die volgende stelling is ONWAAR. Staaf waarom die stelling onwaar is.

         Atlete het in oorvol stadions meegeding.

                                                                                        (2)

1.7      Verduidelik wat ‘n slagspreuk is in jou eie woorde.

                                                                                        (1)

1.8      Die hoeveelste Olimpiese spele sal dit die jaar wees?

                                                                                        (1)

1.9      “Die Franse hou immers daarvan om dinge met flair te doen. ” Wat dink jy
         beteken die woord “flair”?

                                                                                        (1)

1.10     Watter tyd van die dag is sonsondergang?

                                                                                        (1)

1.11     Beskryf die openingsoptog in jou eie woorde.

                                                                                        (2)

1.12     Haal EEN woord uit die teks aan wat vir ons sê dat die Olimpiese spele deur
         kykers regoor die wêreld gekyk gaan word.

                                                                                        (1)

 Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans HT/Respons op tekste              6                           NW/November 2024
                                        Graad 6

1.13     Wat het die Franse opening anders gemaak as al die vorige Olimpiese spele
         openinge?

                                                                                         (1)

1.14     Dink jy die Franse is voorbereid vir die Olimpiese spele? Haal EEN sin uit
         die leesstuk aan om jou antwoord te staaf.

                                                                                         (2)

1.15     Beskryf hoe die Eiffeltoring as baken versier was.

                                                                                         (2)

                                                                 TOTAAL VRAAG 1: 20

 Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans HT/Respons op tekste               7                           NW/November 2024
                                         Graad 6

VRAAG 2: VISUELE TEKS

Bestudeer die visuele teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         SA OLIMPIESE SPAN VIR PARYS 2024

  SWEM (9)                       PLUIMBAL (1)                STOEI (1)

  FIETSRY (8)                    SKAATSPLANKRY (3)           SKERM (1)

  SEWESRUGBY (30)                HOKKIE (36)                 JUDO (1)

  ATLETIEK (26)                  GHOLF (4)                   PERDRY (1)

  GIMNASTIEK (1)                 KANO (4)                    ROEI (3)

  SPORTKLIM (4)                  DRIEKAMP (3)                BRANDERPLANKRY (3)

  BOOGSKIET (1)

                                                                             [Aangepas uit:
https://www.google.com/url?sa=i&url=https%3A%2F%2Fwww.netwerk24.com%2Fnetwerk24%2Fsport%
                                                                         2Folimpiese-spele]

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans HT/Respons op tekste               8                           NW/November 2024
                                         Graad 6

2.1      Hoeveel spanne gaan deelneem aan die Olimpiese spele in Parys?

                                                                                            (1)

2.2      Watter sportsoort het die meeste deelnemers?

                                                                                            (1)

2.3      Noem die sportsoort waar ‘n dier gebruik word.

                                                                                            (1)

2.4      Watter sportsoort volgens die teks word met ‘n ovaalbal gespeel?

                                                                                            (1)

2.5      Noem TWEE sportsoorte waar deelnemers planke gebruik?

                                                                                            (2)

2.6      Wat dink jy behels die sportsoort “Judo”?

                                                                                            (1)

2.7      Noem die sportsoort waaruit die vlagdraer gekies was vir die opening van
         die Olimpiese spele 2024 in Frankryk.

                                                                                            (1)

2.8      Watter sportsoort volgens die teks, is jou gunsteling? Gee ‘n rede vir jou
         antwoord.

                                                                                            (2)

                                                                  TOTAAL VRAAG 2:           10

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans HT/Respons op tekste                  9                              NW/November 2024
                                            Graad 6

VRAAG 3: OPSOMMING

Lees die teks hieronder en maak ŉ opsomming.

                                 DIE GROEN OLIMPIESE DORP
1. Die Olimpiese- en Paralimpiese verblyf sal oor dele van drie stedelike gebiede
   versprei wees: Saint-Denis, Saint Ouen en L’Île-Saint-Denis. Meer as die helfte van
   die strukture wat vir die Spele gebou of opgeknap word, insluitend die dorpie, is in
   Seine-Saint-Denis, die armste streek van die land.
2. Die dorpie, so groot soos 70 sokkervelde, is aan albei oewers van die Seine. Dit sal
   14 250 atlete en afrigters huisves gedurende die Olimpiese Spele, en 8 000
   gedurende die Paralimpiese Spele.
3. Daar is geen lugversorging nie – doeltreffende isolering en sonskerms hou die
   vertrekke koel. Ondervloerse waterpype, gekoppel aan ’n geotermiese
   kragopwekker wat koel water uit die grond onttrek en deur die pype sirkuleer, help
   met dié taak.
4. Die dorpie het sy eie watersuiweringsentrum, wat afvalwater sal opvang en suiwer
   vir tuingebruik. Een eksperimentele gebou, bekend as “die kringloopgebou”, sal
   gesuiwerde reënwater gebruik vir toilette. Hierdie toilette sal urine en ontlasting skei
   en laasgenoemde in kunsmis omskep.
5. Die atlete se bedkassies is gemaak van herwinde pluimbalballetjies. Maaltye sal op
   borde sonder logo’s bedien word sodat dit ná die Spele hergebruik kan word.
   Wanneer die atlete groet, sal die dorpie in 2 500 nuwe huise omskep word om 6 000
   mense te huisves, asook kantore vir 6 000 werkers.
      [Verwerk uit: https://www.netwerk24.com/huisgenoot/nuus/olimpiese-spele-2024-parys-gereed-om-
                                         die-wereld-se-grootse-sportbyeenkoms-aan-te-bied-20240531]

INSTRUKSIES:

1.          Begin ELKE sin met ‘n hoofletter en eindig met ‘n punt.
2.          Som VYF omgewingsvriendelike maatreëls op in 60 tot 70 woorde.
3.          Skryf die omgewingsmaatreëls PUNTSGEWYS in vyf volsinne neer.
4.          NOMMER jou sinne van 1 tot 5.
5.          Skryf eers jou eerste poging rofwerk.
6.          Bring veranderinge op die rofwerk aan en sorg dat jy binne die riglyne
            van 60 tot 70 woorde bly.
7.          Skryf die finale poging.
8.          Skenk aandag aan taalgebruik.

 Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans HT/Respons op tekste      10                       NW/November 2024
                                 Graad 6

           Eerste poging:

1.

2.

3.

4.

5.

                                             Aantal woorde: _______

           Finale poging:

                                           Aantal woorde: _________

                                                 TOTAAL VRAAG 3: 5

 Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans HT/Respons op tekste                 11                              NW/November 2024
                                            Graad 6

VRAAG 4: TAALSTRUKTURE EN –KONVENSIES IN KONTEKS

Die vrae wat volg, is op die leesstuk hieronder gebaseer.

                                  DIE SLEGTE REUKIE

  1. Dis dalk veilig óp die rivier, maar wat van ín die water? Die plan is dat die
     oopwaterswem (’n 200 m-vryslag- en 200 m-hindernisnommer) en die
     swemskofte van driekampnommers in die Seine sal plaasvind. Maar
     besoedelingsvlakke is ’n probleem – twee vooraf toetsbyeenkomste is
     verlede jaar weens buitensporige E. coli-vlakke gekanselleer.
  2. ’n Groot opruimingsoperasie van R28,5 miljard is begin. Nuwe
     watersuiweringeriewe sal glo teen 1 Junie in werking wees. Gedurende die
     spele sal watergehalte daagliks getoets word.
  3. Die Seine was laas veilig om in te swem toe Frankryk die Olimpiese Spele
     in 1924 aangebied het. Parys se burgemeester, Anne Hidalgo, en die
     Franse president, Emmanuel Macron, het belowe om self in die die rivier
     te swem om te wys dis veilig.
           [Aangepas uit: https://www.netwerk24.com/huisgenoot/nuus/olimpiese-spele-2024-
             parys-gereed-om-die-wereld-se-grootse-sportbyeenkoms-aan-te-bied-20240531]

4.1     Gee ‘n ANTONIEM vir die woord “veilig” in paragraaf 1.

                                                                                            (1)

4.2     Skryf die VERBINDINGSWOORD neer vir die volgende sin in
        paragraaf 1:

        Die plan is dat die oopwaterswem en die swemskofte van
        driekampnommers in die Seine sal plaasvind.

                                                                                            (1)

4.3     Verander die volgende sin in paragraaf 1 na ‘n vraagsin:

        Twee toetsbyeenkomste is verlede jaar gekanselleer.

                                                                                            (1)

4.4     Skryf die ONDERWERP, GESEGDE en VOORWERP in die volgende
        sin uit paragraaf 1 neer:

        Die oopwaterswem sal in die Seine plaasvind.

        ONDERWERP: ________________________________________
        GESEGDE:   ________________________________________
        VOORWERP: ________________________________________                                  (3)

 Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans HT/Respons op tekste               12                         NW/November 2024
                                          Graad 6

4.5     Breek die woord          “opruimingsoperasie” in   paragraaf   2 op in
        LETTERGREPE:

                                                                                    (1)

4.6     Skryf die volgende sin in paragraaf 2 oor deur ‘n BYVOEGLIKE
        NAAMWOORD by te voeg:

        Die Seine was laas veilig om in te swem.

                                                                                    (1)

4.7     Skryf die STAMWOORD vir die woord “getoets” uit paragraaf 2 neer.

                                                                                    (1)

4.8     Skryf die sin hieronder oor in die ONTKENNENDE VORM:

        Gedurende die spele sal die watergehalte getoets word.

                                                                                    (2)

4.9     Skryf die sin hieronder oor in die VERLEDE TYD:

        Nuwe watersuiweringsgeriewe sal teen 1 Junie in werking wees.

                                                                                   (2)

4.10    Skryf die TRAPPE VAN VERGELYKING vir die woord “veilig”.

        VERGROTENDE TRAP: ____________________________________

        OORTREFFENDE TRAP: ___________________________________                     (1)

 Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Afrikaans HT/Respons op tekste             13                        NW/November 2024
                                        Graad 6

 4.11    Skryf die sin hieronder oor in die DIREKTE REDE:

         Die president het belowe om self in die rivier te swem.

                                                                               (1)

                                                             TOTAAL VRAAG 4: 15
                                                               GROOTTOTAAL: 50

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL MG June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2024-north-west-june-exam-question-paper-afrikaans/fa8f3827-b75a-4391-9e2d-f02a26b61f28) — Afrikaans HL · Memo · 2024 · Afr
- [2014 ANA Grade 6 Afrikaans HL Test](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-6-afrikaans-hl-test/56a66d8e-e2d8-4354-ae12-dfbc9a51c55d) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [Grade 6 Afrikaans HL 2012 Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2012-test/d267fdf5-7da4-440b-ae89-70df02e6b9a1) — Afrikaans HL · QP · 2013 · Afr
- [2013+Grade+6+Afrikaans+HL+Exemplar+Test](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-6-afrikaans-hl-exemplar-test/c389acf3-0abb-4077-a0be-29f784976a7c) — Afrikaans HL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans HL Graad 6 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-graad-6-2012/2831b23f-e6c6-46ed-9359-b768ebd13cd7) — Afrikaans HL · QP · 2012 · Afr
- [Grade 6 Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2012-ana-exemplars-question-paper-afrikaans/77578219-50ca-4195-9832-206e50e6abe3) — Afrikaans HL · QP · 2012 · Afr

## More from Grade 6 Afrikaans HL

- [AFR HL P2 GR6 MEMO NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-memo-nov2018-d/53d742d1-9f86-4ef1-bdb9-284e38c4be6e) — Memo · 2018 · Afr
- [AFR HL P3 GR6 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr6-memo-nov2018/633a64e4-5a21-406a-85df-29790cc7931a) — Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 MEMO NOVEMBER 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo-november-2017/7871f2a1-b789-457c-bee9-08c9365615ab) — Memo · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-nov2017/cf555b7a-c965-4ecc-ad4a-b424c70f4bf0) — Memo · 2017 · Afr
- [Gr6 AFRHL P2 N16 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p2-n16-memo/23f3439d-5d22-4ac4-a5d8-6485c8745872) — Memo · 2016
- [Gr6 AFRHL P3 N16 Memo](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p3-n16-memo/0dcad7cf-b7d9-4420-be0d-9bb2b9e4c6d0) — Memo · 2016

## Collection

- [Grade 6 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-6/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
